2 minute read

KAPT SL ‘FANIE’ VAN VUUREN

KAPT SL ‘FANIE’ VAN VUUREN

Op 5 Desember 1983, net 5 dae na my laaste matriek eksamen vraestel, word ek ingesweer by die Suid Afrikaanse Polisie Mag. (38 jaar gelede)

Advertisement

Kaptein Kriel was die werwingsoffisier by John Vorster-plein en hy het my by die skool kom sien en al die nodige dokumentasie vooraf afgehandel.

Ek het toe by die kaserne ingetrek en daar gewoon totdat ek kollege toe is in Januarie 1984. Ek was in peloton 11. Sersant Willie Strydom was pel. -sersant en sers Moss was PTI. A/O Siebrits was Bravo-komp se komp bevelvoerder.

Ons was ook die beste peloton van die semester.

Na my kollege opleiding het ek agtergebly vir die 6 weke Spesiale Wageenheid opleiding. Daar het ons behoorlik klippe gekou, maar het dit geniet veral die elke tweede dag se skietoefeninge.

Na die Wageenheid het ek op die volgende stasies gewerk: • Alberton / Mayberry Park (1986/87) • Primrose (1988) word bevorder na sersant • Edenvale (1988/1989) • Tzaneen en Tzaneen DK (1990) • Duiwelskloof (1991-1993) word bevorder na A/O • Hillbrow Kapelane as Jeugwerker (1994 -1997) word bevorder na kaptein.

(Sal later 'n kort getuienis gee hoe die Here my daar gebruik het en hoe ek die pos gekry het. Ek was die tweede Jeugwerker wat aangestel was in die Polisie)

• Area Johannesburg 1997 - 2003 MHB en Sosiale Misdaad Voorkoming. • Brackendowns 2004 - 2007 waar ek bedank het nadat die Here my geroep het vir Sy voltydse diens.

As ek nou terugkyk weet ek dat dit die regte besluit was. By Brackendowns was ek ook die skakeloffisier en het baie nou saam met die media gewerk. Die verslaggewer het my gereeld besoek en kon ons die beeld van die polisie in die plaaslike gemeenskap positief bevorder het.

Een van die eerste projekte wat ek geloods toe ek daar gekom het was om al die kleuterskole uit te nooi na die stasie waar ons die kinders se vingerafdrukke geneem het en by McDonald’s vir hul 'n hamburger en koeldrank geborg het.

Dit was ook by Brackendowns waar ek my grootste arrestasie alleen uitgevoer het, toe ek 4 gewapende bankrowers ge-arresteer het wat by 'n bank ingebreek het en die personeel gyselaar gehou het. Ek het daarna 'n R10 000 beloning ontvang asook 'n mooi sertifikaat vir getroue diens gelewer.

Ek kon die beskermende hand van die Here oor my ervaar het daardie dag. Ek gee aan die Here al die eer dat Hy my geroep het om op 'n baie jong ouderdom by die polisie te kon aansluit het en dat ek by verskeie gemeenskappe kon gedien het. My lekkerste tyd in die polisie was toe ek in Hillbrow gewerk het en mede-lede kon gedien het. • En daarom dat ek die "Police for Christ" : https://www.facebook.com/Police-for-Christ-1612805008971879/ • asook "Adopt A Cop SA" : https://www.facebook.com/AdoptACopSouthAfrica/

Hieronder 'n paar koerant berigte.

This article is from: