Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
•
Eenheid
1
Post-lees: Wys hoofgedagtes uit. Maak ’n opsomming om hoofgedagtes te kan herroep. Dink na oor die onderwerp en stel vrae daaroor op. Maak nou seker of jy die teks verstaan. Nou behoort die leser vrae te kan beantwoord, te kan vergelyk, kontraste te kan identifiseer en die inhoud te kan evalueer. Eers nadat die leesproses volledig deurgewerk is, kan daar van leesbegrip gepraat word.
Aktiwiteit 3: Kortverhaal
Crayola washables ook vir my seun Marelize Swanepoel
“Ek wil hê julle moet vir my ’n monster teken,” sê juffrou Erasmus en kyk met groot oë na haar graad 5-klas, “maar nie sommer enige monster nie. Hierdie monster moet gemaak word uit verskillende dele van ander diere en enige iets anders wat julle aan kan dink. Gebruik julle verbeelding!” Juffrou het uiteindelik na my idee geluister wat ek aan die begin van die jaar in die idees-boks gegooi het, jippie! Eugene is ʼn oulike, slim en baie eiewyse seunskind. Hy het wilde swart hare soos sy pa ... jy weet, voordat hy grys geword het. Eugene is baie lief daarvoor om te teken; vandat hy kan onthou, teken hy al. Sy pa het vir hom sy eerste vetkryte op 3-jarige ouderdom gegee. Kort daarna moes hy uitvind dat hy nie op die eetkamermuur mag teken nie. Sy pa het vir sy klein kunstenaartjie ʼn fotoraam uitmekaar gehaal en daardie “prentjie” geraam, net daar op die muur. Hy het nou nog daardie raam met ʼn foto van die prentjie wat hy destyds geteken het. “Haai, Eugene, aarde na Eugene, was jy al weer in daardie wêreldjie van jou?” Marelca, sy maatjie sedert kleuterskool kyk met haar groot blou oë na hom, “Juffrou het al 5 minute gelede gesê dat ons moet begin met ons prentjie.” “Marelca, jy weet mos ek doen my beste werk as ek eers na my wêreldjie toe gaan!” Ek kan sien dat sy reg is om my ʼn klap te gee. Ek kyk na die groot papier op my tafel en die moontlikhede is oneindig. Ek maak my tas oop en haal my Crayola washable markers en my Crayola twistables uit. Ek haal my HB-potlood uit en trek my eerste streep. Idees kry vorm in my kop, verskillende diere en hulle gedeeltes vlieg voor my oë verby. My strepe kry vorm op die papier: ʼn groot vis vir ʼn lyf, vier baie groot oë (jy weet om hulle beter te kan sien, :) ) en drie pote wat lyk soos hoenderpote. Ek teken vir die vis groot driehoekige tande met ʼn groot glimlag. Juffrou het mos gesê ons moet ʼn monster teken, maar nie dat die monster onvriendelik moet wees nie. My pa het my van kleins af geleer dat mens nie bang hoef te wees vir monsters nie, jy moet hulle net so verander dat jy vir hulle kan lag. Ek begin my “monster” inkleur, dit moet helder en baie kleurvol wees – vir hierdie monster sal daar gelag word. “Jinne, Eugene, maar is dit nou nie ʼn vriendelike en kleurvolle monster nie! Wat noem jy hierdie gedrog?” Juffrou Erasmus kyk glimlaggend na hom. “Dis ʼn Hansviswors juffrou,” sê Eugene vol selfvertroue, “dis ʼn vis gekruis met ʼn hanswors. Ons moenie toelaat dat monsters ons bangmaak nie, juffrou. As jy vir hulle kan 13
© Impaq