
1 minute read
Aktiwiteit 4: Skryf ’n verhalende opstel
ONTHOU:
Dit mag jou dalk ’n paar ekstra minute vat om hierdie metode die eerste keer toe te pas, maar jou volgende opstelle gaan soveel makliker wees om te skryf. Jy moet met elke opstel wat jy skryf’nbeplanning,eerstepoging,bewysvanredigeringenfinaleskryfstukinhandig.
Verhalende opstel
Dis ‘n interessante vertelling van ‘n storie of gebeurtenis (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Argumenterende opstel
Die skrywer het ‘n spesifiekemening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dis ‘n subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/ haar gesigspunt te deel.
Beskrywende opstel
Die skrywer beskryf iets/ iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie). Die skrywer behoort ‘n prentjie met woorde te teken. Gebruik jou sintuie.
Bespiegelende opstel
Die skrywer oorweeg/ deurdink ‘n idee/ lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Hierdie opstel sal subjektief wees. Gevoelens en emosies speel ‘n baie belangrike rol.geskryf word.
Beredenerende opstel
Dis objektief en probeer om ‘n gebalanseerde gesigspunt vanuit albei kante van ‘n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die toon moenie emosioneel wees nie.duidelik wees. Dis ‘n subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/haar gesigspunt te deel.
Aktiwiteit 4: Skryf ’n verhalende opstel
Kies EEN van die volgende drie onderwerpe en skryf ’n verhalende opstel van 200 – 250 woorde. Maak seker dat jou opstel uit vyf paragrawe bestaan. Toets jou verhaal aan die kontrolevorm hieronder – as jy op alles JA kan antwoord, MOET jy goeie punte kry!
Onderwerp 1: ’n Storie wat soos volg eindig – “As ek tog maar na my ouers geluister het!”
OF
Onderwerp 2: ’n Slapelose nag OF