Graad 8 Handleiding Afrikaans Huistaal

Page 16

Eenheid

1

Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal

ONTHOU: Dit mag jou dalk ’n paar ekstra minute vat om hierdie metode die eerste keer toe te pas, maar jou volgende opstelle gaan soveel makliker wees om te skryf. Jy moet met elke opstel wat jy skryf ’n beplanning, eerste poging, bewys van redigering en finale skryfstuk inhandig.

Verhalende opstel

Beskrywende opstel

Dis ‘n interessante vertelling van ‘n storie of gebeurtenis (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Die skrywer beskryf iets/ iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie). Die skrywer behoort ‘n prentjie met woorde te teken. Gebruik jou sintuie.

Argumenterende opstel Die skrywer het ‘n spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dis ‘n subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/ haar gesigspunt te deel.

Bespiegelende opstel

Die skrywer oorweeg/ deurdink ‘n idee/ lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Hierdie opstel sal subjektief wees. Gevoelens en emosies speel ‘n baie belangrike rol.geskryf word.

Beredenerende opstel Dis objektief en probeer om ‘n gebalanseerde gesigspunt vanuit albei kante van ‘n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die toon moenie emosioneel wees nie.duidelik wees. Dis ‘n subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/haar gesigspunt te deel.

Aktiwiteit 4: Skryf ’n verhalende opstel Kies EEN van die volgende drie onderwerpe en skryf ’n verhalende opstel van 200 – 250 woorde. Maak seker dat jou opstel uit vyf paragrawe bestaan. Toets jou verhaal aan die kontrolevorm hieronder – as jy op alles JA kan antwoord, MOET jy goeie punte kry! Onderwerp 1: ’n Storie wat soos volg eindig – “As ek tog maar na my ouers geluister het!” OF

© Impaq

Onderwerp 2: ’n Slapelose nag OF 18


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.