
3 minute read
AFDELING 4: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Onderwerp 3: ’n Storie wat soos volg begin – “En die dag was ...”
VERHALENDE OPSTEL: KONTROLEVORM Ja Nee
Struktuur
1. Is daar ’n opskrif/titel? 2. Is daar reëls oop tussen paragrawe? 3. Is daar vyf paragrawe (inleiding, drie liggaamsparagrawe en ’n slot)?
Inhoud
• Het die inleidingsparagraaf dadelik jou aandag getrek en gehou? • Volg die gebeure logies op mekaar? • Is die storielyn oortuigend? • Is die slot ongewoon/onvoorspelbaar/interessant?
Taal
• Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute • Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute • Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute • Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute • Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute • Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute
TOTAAL uit 10
AFLEIDING 4 TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Bywoorde
’n Bywoord beskryf die hoofwerkwoord. Bywoorde kom altyd in die volgende volgorde voor in ’nsin:tyd,graad/wyseenplek.Jykandiebywoordidentifiseerdeurdievolgendevraetevra:
Die man hardloop nou baie vinnig in die wedloop.
Wanneer werkwoord die onderwerp? Bywoord van tyd Wanneer hardloop die man? nou Hoe werkwoord die onderwerp? Bywoord van graad/wyse Hoe hardloop die man? baie (graad) vinnig (wyse) Waar werkwoord die onderwerp? Bywoord van plek Waar hardloop die man? in die wedloop
Die bywoord van graad verwys na ’n gradering of ’n indeling op ’n spektrum. Vra jouself: In watter mate?
laag meer hoog
Die bywoord van plek vertel vir jou waar die aksie gedoen word. Hier volg ’n paar voorbeelde van bywoorde van plek: buite, binnekant, daarheen, hierheen, links, regs, hierso, daarso, vorentoe, agtertoe, soontoe, oral(s), hiervandaan, ens.
Nog voorbeelde: • Susan sal môre (bywoord van tyd) die skoene buite die winkel (bywoord van plek) oplaai. • Die kinders het netnou (bywoord van tyd) die werk vinnig (bywoord van wyse) in hulle boeke (bywoord van plek) gedoen.
Enkelvoudige sinne
’n Enkelvoudige sin is ’n sin wat uit ’n hoofsin, sonder enige bysinne bestaan. So ’n sin kan in drie dele opgedeel word, naamlik die onderwerp (wie?), gesegde (doen?) en voorwerp (wat?). ’n Enkelvoudige sin het nooit meer as een gesegde nie.
Wie doen wat?
Die onderwerp: Dit is die “wie” wat die handeling uitvoer. Die voorwerp: Die voorwerp volg altyd na ’n oorganklike werkwoord. Hoe identifiseerjydievoorwerp?Wat werkwoord die onderwerp? Die antwoord op hierdie vraag is die voorwerp. Die gesegde: Dit is die werkwoordelike gedeelte. Die hulpwerkwoord en die hoofwerkwoord vorm saam die gesegde.
Voorbeelde: • Susan sal môre die skoene buite die winkel oplaai. Onderwerp: Wie? Susan Gesegde: sal ... oplaai Voorwerp: Wat ww. (sal) die onderwerp (Susan) oplaai? die skoene • Die kinders het netnou die werk vinnig in hulle boeke gedoen. Onderwerp: Wie? Die kinders Gesegde: het ... gedoen Voorwerp: Wat ww. (het) die onderwerp (die kinders) gedoen? die werk
Bysinne
’n Byvoeglike bysin word gewoonlik ingelui deur die betreklike voornaamwoorde: wat, waarop en waarmee. Hierdie betrokke bysin brei die onderwerp-/voorwerp-gedeeltes uit.
Troeteldiere wat geterg word, sal kinders byt. Hoofsin: Troeteldiere sal kinders byt. Byvoeglike bysin: wat geterg word
Mense wat bang is vir die donker, sal skrik as die ligte uitgaan. Hoofsin: Mense sal skrik as die ligte uitgaan. Byvoeglike bysin: wat bang is vir die donker
’n Bywoordelike bysin beskryf die gesegde. As ’n bysin bevat dit daarom ook ’n gesegde. ’n Bywoordelike bysin word deur voegwoorde ingelei. Daar is drie tipes bywoordelike bysinne:
• Bywoordelike bysin van tyd = WANNEER?
Terwyl jy die wenke gelees het, het jy meer geleer oor veiligheid. Hoofsin: Jy het meer geleer oor veiligheid. Bywoordelike bysin van tyd: Terwyl jy die wenke gelees het.
• Bywoordelike bysin van wyse = HOE?
Die hond grom asof hy ’n wilde dier is. Hoofsin: Die hond grom. Bywoordelike bysin van wyse: asof hy ’n wilde dier is.
• Bywoordelike bysin van plek = WAAR?
Jy sal meer oor rekenaarveiligheid leer waar hulle oor die internet praat. Hoofsin: Jy sal meer oor rekenaarveiligheid leer. Bywoordelike bysin van plek: waar hulle oor die internet praat.
Sinonieme en antonieme
Die betekenis van ’n woord kan slegs binne ’n sekere konteks bepaal word, bv. Daardie kos is baie lekker Die boek kos baie duur Die woord kos het in elke sinskonteks ’n ander betekenis.
SINONIEM ’n Sinoniem is ’n woord met min of meer dieselfde betekenis, bv. mooi – pragtig
ANTONIEM ’n Antoniem is ’n woord met min of meer die teenoorgestelde betekenis.