
4 minute read
Aktiwiteit 3: Kortverhaal
• Post-lees: Wys hoofgedagtes uit. Maak ’n opsomming om hoofgedagtes te kan herroep. Dink na oor die onderwerp en stel vrae daaroor op. Maak nou seker of jy die teks verstaan. Nou behoort die leser vrae te kan beantwoord, te kan vergelyk, kontraste te kan identifiseer en die inhoud te kan evalueer. Eers nadat die leesproses volledig deurgewerk is, kan daar van leesbegrip gepraat word.
Aktiwiteit 3: Kortverhaal
Crayola washables ook vir my seun
Marelize Swanepoel
“Ek wil hê julle moet vir my ’n monster teken,” sê juffrou Erasmus en kyk met groot oë na haar graad 5-klas, “maar nie sommer enige monster nie. Hierdie monster moet gemaak word uit verskillende dele van ander diere en enige iets anders wat julle aan kan dink. Gebruik julle verbeelding!” Juffrou het uiteindelik na my idee geluister wat ek aan die begin van die jaar in die idees-boksgegooihet,jippie!Eugeneisʼnoulike,slimenbaieeiewyseseunskind.Hyhet wilde swart hare soos sy pa ... jy weet, voordat hy grys geword het. Eugene is baie lief daarvoor om te teken; vandat hy kan onthou, teken hy al. Sy pa het vir hom sy eerste vetkryte op 3-jarige ouderdom gegee. Kort daarna moes hy uitvind dat hy nie op die eetkamermuur mag teken nie. Sy pa het virsykleinkunstenaartjieʼnfotoraamuitmekaargehaalendaardie“prentjie”geraam,net daaropdiemuur.Hyhetnounogdaardieraammetʼnfotovandieprentjiewathydestyds geteken het. “Haai, Eugene, aarde na Eugene, was jy al weer in daardie wêreldjie van jou?” Marelca, sy maatjie sedert kleuterskool kyk met haar groot blou oë na hom, “Juffrou het al 5 minute gelede gesê dat ons moet begin met ons prentjie.” “Marelca, jy weet mos ek doen my beste werk as ek eers na my wêreldjie toe gaan!” Ekkansiendatsyregisommyʼnklaptegee.Ekkyknadiegrootpapieropmytafelendie moontlikhede is oneindig. Ek maak my tas oop en haal my Crayola washable markers en my Crayola twistables uit. Ek haal my HB-potlood uit en trek my eerste streep. Idees kry vorm in my kop, verskillende diere en hulle gedeeltes vlieg voor my oë verby. My strepe kry vorm op die papier:ʼngrootvisvirʼnlyf,vierbaiegrootoë(jyweetomhullebetertekansien,:))en drie pote wat lyk soos hoenderpote. Ek teken vir die vis groot driehoekige tande met ʼn grootglimlag.Juffrouhetmosgesêonsmoetʼnmonsterteken,maarniedat diemonster onvriendelik moet wees nie. My pa het my van kleins af geleer dat mens nie bang hoef te wees vir monsters nie, jy moet hulle net so verander dat jy vir hulle kan lag. Ek begin my “monster” inkleur, dit moet helder en baie kleurvol wees – vir hierdie monster sal daar gelag word.
“Jinne,Eugene,maarisditnounieʼnvriendelikeenkleurvollemonsternie!Watnoem jy hierdie gedrog?” Juffrou Erasmus kyk glimlaggend na hom.
“Dis ʼn Hansviswors juffrou,” sê Eugene vol selfvertroue, “dis ʼn vis gekruis met ʼn hanswors. Ons moenie toelaat dat monsters ons bangmaak nie, juffrou. As jy vir hulle kan
lag, is jy nie meer bang vir hulle nie.”
“Ditisʼnbaieinteressantemaniervankyknadielewe!” “Jong, kleur hom gou-gou in.” Juffrou stap na haar tafel toe en gaan haal haar goue sterretjies uit haar boonste laai. Eugene hou van juffrou Erasmus, sy laat hom toe om homself te wees. Eugene hou nie daarvanominʼnboksiegedruktewordnie.Syouershethomgeleerdatomselfstandigtedink. Pa het hom geleer dat Swanepoels nie bang is om individue te wees nie. Die beste persoon wat jy kan wees is die persoon wie jy op aarde gesit is om te wees. En hy leef dit 100% uit. Dis een van die redes hoekom juffrou Erasmus so baie van Eugene hou. Hy is haar sterretjieindieklas.Hysorgaltydvirʼnvarsbriesindieklasmetsyandersemaniervandink.
Syverwelkomdit.Hyhetalʼnhelepaarverskilleteweeggebringinhaarklas.Chester wil nie meer soos Jimmy wees nie, hy is nie meer skaam om homself te wees nie. Marelca het opgehouomwegtekruipenhaarnatuurlikeleierseienskappehetnavoregetree;syisreedsʼn moontlikekeusevirhoofdogteringraad7.Ja-nee,hierdieseunskindgaannogʼngrootverskil in hul klein dorpie maak. Almal van ons het daardie dag sterretjies gekry, my kunswerk en so paar ander se prentjies is ingeskryf vir die kunswedstryd. My monster hang geraam in my seun se kamer metʼngouesterretjieenʼn“Mooiso!”indiehoek.EkhetbaiegougeleerdatCrayolawashables ook vir hom sal werk.
Lees die verhaal “Crayola washables ook vir my seun” en beantwoord die vrae wat volg.
1. Wie gee vir die klas instruksies? 2. Die kinders moet ’n monster teken. Wat maak hierdie monster anders as normale monsters? 3. Die juffrou sê dat die kinders hulle verbeelding moet gebruik. Wat bedoel sy hiermee? 4. Wie se idee was hierdie monster-opdrag? 5. Hoe het die juffrou hierdie idee in die hande gekry? 6. Beskryf Eugene se karakter in twee sinne. 7. Is die volgende stelling waar of onwaar. Motiveer jou antwoord. Eugene se pa het bruin hare. 8. Wat het Eugene vir sy derde verjaarsdag by sy pa gekry? 9. Wat het Eugene na sy derde verjaarsdag uitgevind? 10. Eugene se pa het die “teken op die muur”-situasie baie goed hanteer. Hoe sou jou ouers die situasie hanteer het as dit jy was? 11. Hoe weet jy dat Marelca ’n goeie vriendin van Eugene is? 12. Waarna dink jy verwys hulle as hulle praat van Eugene se “wêreldjie”? Hoe stem dit ooreen met juffrou Erasmus se instruksies aan die begin? 13. Wat presies is “Crayola washable markers”? 14. Hoekom sou Eugene se ouers eerder vir hom Crayola washable-inkleurpenne koop? Gebruik ’n voorbeeld uit die storie om jou antwoord te staaf. 15. Die verteller gee ’n baie goeie beskrywing van hoe Eugene se monster lyk. Volg hierdie instruksies en teken die “monster” in die onderstaande spasie.