Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
16. 17. 18. 19. 20. 21. 22. 23.
Eenheid
1
Watter belangrike les het Eugene se pa hom geleer oor monsters? Wat noem Eugene die gedrog wat hy geteken het? Watter twee belonings het Eugene gekry vir sy prentjie? Wat beteken dit as jy nie daarvan hou om in ’n boksie gedruk te word nie? Watter positiewe verskille het Eugene se karakter al in die klaskamer teweeg gebring? Wie is die verteller in die kortverhaal? Motiveer jou antwoord. Noem twee ruimtes waar die verhaal afspeel. Waarom is die slotsin van die kortverhaal ironies?
AFDELING 3
SKRYF EN AANBIED
Skryfproses Voordat ’n mens enige skryfstuk begin skryf, MOET jy eers jou gedagtes agtermekaar kry oor WAT jy wil skryf. Wanneer ’n mens aan ’n onderwerp dink waaroor jy wil skryf, kom daar gewoonlik baie idees in jou kop, en dit is juis DIT wat jy moet neerskryf, sodat jy kan sien of dit wat jy gedink het jy wil skryf, wel iets om die lyf het. Wanneer jy ’n verhalende opstel skryf, is daar ’n spesifieke beplanningsmodel wat jy kan gebruik om jou te help om jou gedagtes beter te orden. Die spinnekopdiagram of breinstorm is maar een van baie metodes. Die FAIL-skryfmetode is baie meer suksesvol omdat dit ook die beplanning vir ’n vyf-paragraaf-opstel is. F.A)I.L. staan vir jou “First Attempt In Learning”. Sien jou beplanning en jou eerste poging as jou eerste probeerslag, en daarom mag jy maar foute maak. Onthou ook dat jou beplanning die geraamte is en dat jou eerste poging is waar jy meer vleis aan die geraamte sit. 15
© Impaq