1 minute read

LES 1.2: Mag, magsverhoudings, manlikheid, vroulikheid en gender

6. Jou vriend het ’n negatiewe uitkyk op die wêreld en homself. Hy sien net ’n droewige toekoms. Skryf ’n kort paragraaf oor die voordele van positiewe denke. Jy kan na die artikel deur Brian Tracy verwys.

Enige VIER verwante voordele wat ’n kort verduideliking insluit.

• Besluit om gelukkig te wees en ontwikkel ’n positiewe ingesteldheid

omdat ’n gelukkige persoon of ’n optimis probeer om die positiewe in

elke probleem of moeilikheid te sien.  • Begin om positiewe gedagtes te dink wat jou sal help om die

waardevolle les te soek wat jy uit elke terugslag of probleem kan

leer.  • Leer jou brein om nie negatiewe gedagtes te dink nie omdat die

goedvoelhormone (endorfiene) wat ’n gelukkige brein vrystel jou

anders na die wêreld sal laat kyk.  • Omring jouself met positiewe mense en jy sal uiteindelik hulle positiewe ingesteldheid aanneem.  (4 × 1) = (4)

[20]

LES 1.2: Mag, magsverhoudings, manlikheid, vroulikheid en gender

Hierdie les verken geslagsrolle in ons samelewing. Leerders moet fokus op die feit dat die samelewing sekere verwagtinge het oor hoe ons moet optree, aantrek en onsself gedra op grond van ons toegewese geslag, wat stereotipering genoem word. Hierdie les gee ook inligting oor die invloed van mag in verhoudings. Leerders moet verstaan dat wanneer iemand mag het, dit beteken dat daardie persoon ander makliker kan beïnvloed en die ander persoon dinge laat doen wat hulle gedoen wil hê. Dit kan tot manipulasie en beherende gedrag lei, wat skadelik vir eiewaarde kan wees.

LEERDOELWITTE

Aan die einde van hierdie les moet leerders:

• die invloed van geslagsidentiteit en geslagsrolle verstaan • die invloed van stereotiperende geslagsrolle verstaan • verstaan hoe geslagsongelykheid en die misbruik van mag in verhoudings tot seksuele mishandeling kan bydra • die begrippe van mag, magsverhoudings, manlikheid, vroulikheid en gender kan definieer

DEFINISIES

Gaslighting: ’n Taktiek en vorm van mishandeling waar ’n persoon ’n ander persoon manipuleer in die hoop om mag en beheer oor hulle te kry. Die manipulasie veroorsaak dat die slagoffer sy eie werklikheid en persepsies bevraagteken. Gender: Die reeks eienskappe wat op manlikheid en vroulikheid betrekking het en daartussen onderskei.

This article is from: