
4 minute read
LES 1.1.2: Eiewaarde
2. Hou ’n joernaal
Neem tyd om oor jou gedagtes en gevoelens, jou suksesse en mislukkings van die dag te skryf. Hierdie selfrefleksie sal jou help om te groei en vooruit te beweeg om jou doelwitte te bereik. Terwyl jy nadink, probeer ook dink aan die moontlike invloed wat jou emosies en optrede op ander mense kan hê.
3. Skryf jou doelwitte en prioriteite neer
Leerders moet hul doelwitte baie duidelik en spesifiek formuleer wanneer hulle hul persoonlike ontwikkelingsplan ontwerp.
• Wat is jou doelwitte? • Hoe moet jy prioritiseer om hierdie doelwitte te bereik? • Wat doen jy wat nie werk nie en wat keer dat jy sukses behaal? • Wat moet verander sodat die suksessyfer van doelbereiking verbeter?
Bespreek met die leerders hoe selfvertroue, eiewaarde, selfrespek en persoonlike waardes hand aan hand gaan. Verwys na die beoordeling van hul eie voorkoms en die invloed van wat hulle oor hulself glo. ’n Positiewe en realistiese siening van jouself is beter vir die instandhouding van betekenisvolle verhoudings.

Fasiliteerdersgids
G10 ~ Lewensoriëntering
Eenheid 1
Kenmerke van ’n gesonde eiewaarde Kenmerke van ’n swak eiewaarde
• ’n Realistiese siening van jou eie potensiaal en die van ander. • ’n Realistiese gevoel van selfvertroue. • Verwoord maklik behoeftes. • Bewus van sterk punte en swakhede, en aanvaar dit. • ’n Positiewe uitkyk op die lewe. • Aanvaar mislukking as deel van die lewe. • Oorkom negatiewe ervarings. • Aanvaar komplimente vriendelik. • Kan sonder moeite “nee” sê. • Die oortuiging dat ander beter as jy is. • Sukkel met selfvertroue. • Sukkel om behoeftes te verwoord. • Fokus net op swakhede. • ’n Algemeen negatiewe uitkyk op die lewe. • ’n Geweldige vrees vir mislukking. • Staan stil op vorige negatiewe ervarings. • Ervaar dikwels skaamte, depressie en angs. • Sukkel om komplimente te aanvaar. • Vind dit baie moeilik om “nee” te sê.
Sosiale media se invloed op eiewaarde
Hierdie afdeling verken sosiale media se grootste invloede op eiewaarde. Die meeste leerders is nie daarvan bewus dat sosiale media ’n voortdurende effek het op hoe hulle gedurende die dag voel en hoe hierdie emosies kan kulmineer om hul eiewaarde en emosionele welstand te beïnvloed nie.
Vergelyking met sosiale media
Maak leerders bewus van die gevare om hierdie betowerende, dog dikwels vals beelde van ’n opwindende leefstyl op Facebook met hul eie lewens te vergelyk en van die effekte op hul selfbeeld en welstand. ’n Virtuele leefstyl is geensins ’n realistiese leefstyl nie. Hul eie lewens is dalk nie so vervelig as wat hulle dink nie.

Gevoel van samehorigheid
Bespreek met leerders dat hulle nie sosiale media heeltemal moet vermy nie, maar dat dit ook gevaarlik is om slegs daarop staat te maak vir ’n gevoel van samehorigheid. Hulle moet ander maniere probeer om ’n sin van samehorigheid te kweek, soos om by ’n klub of groep met gedeelde belange aan te sluit.
Maak hulle daarvan bewus dat hulle moontlik FOMO (Fear of Missing Out) en FOBLO (Fear of Being Left Out) sal ervaar en gee voorstelle van hoe hulle hierdie leemte kan hanteer. Hulle kan ook hulle eie oplossings voorstel.
Bespreek kuberafknouery en hoe om dit te hanteer.
VIR DIE NUUSKIERIGE
Leerders moet die volgende artikel lees. Dit bied statistiek en data oor die gebruik van sosiale media. Hierdie data word ontleed om te bepaal hoeveel tyd hulle op sosiale media spandeer en hoe dit nie net hul emosionele welstand beïnvloed nie, maar hul verhoudings ook. Hulle moet sien hoeveel tyd hulle mors wat hulle eerder vir iets meer interessant kon gebruik het, bv. sport, om met vriende te kuier, ens.
Lees die artikel oor die gemiddelde tyd per dag wat wêreldwyd op sosiale media spandeer word by bit.ly/3s1lvla
Hoe om self my eiewaarde op te bou
Bespreek die waarde van ’n gesonde eiewaarde en moedig leerders aan om die volgende te implementeer om ’n gesonde eiewaarde op te bou.
’n Gesonde eiewaarde is noodsaaklik om ’n gelukkige en suksesvolle mens te wees. Daar is sekere dinge wat jy kan doen om jou eie eiewaarde op te bou en te verbeter.
• Hou op om jou eie grootste kritikus te wees. Begin luister hoe jy met jouself praat. Dit help niks om jouself af te breek nie. Maak ’n definitiewe besluit om op te hou om dit te doen. • Maak ’n lys van jou uitstekende kenmerke en alles wat jy alreeds reggekry het. • Aanvaar komplimente vriendelik. • Hou op om jouself met ander te vergelyk. Wees trots op wie jy is. • Moenie probeer om perfek te wees nie. Niemand is perfek nie. • Waardeer dit wat jou uniek maak en wat jou van ander onderskei. • Ontwikkel ’n positiewe ingesteldheid. Herhaal die volgende dikwels vir jouself: ○ Ek is lief vir en aanvaar myself ○ Ek glo in myself ○ Ek waardeer en respekteer myself (Ackerman, 2020)