1
Eenheid
Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewensoriëntering
2.
Hou ’n joernaal Neem tyd om oor jou gedagtes en gevoelens, jou suksesse en mislukkings van die dag te skryf. Hierdie selfrefleksie sal jou help om te groei en vooruit te beweeg om jou doelwitte te bereik. Terwyl jy nadink, probeer ook dink aan die moontlike invloed wat jou emosies en optrede op ander mense kan hê.
3.
Skryf jou doelwitte en prioriteite neer Leerders moet hul doelwitte baie duidelik en spesifiek formuleer wanneer hulle hul persoonlike ontwikkelingsplan ontwerp. • • • •
Wat is jou doelwitte? Hoe moet jy prioritiseer om hierdie doelwitte te bereik? Wat doen jy wat nie werk nie en wat keer dat jy sukses behaal? Wat moet verander sodat die suksessyfer van doelbereiking verbeter?
LES 1.1.2: Eiewaarde Bespreek met die leerders hoe selfvertroue, eiewaarde, selfrespek en persoonlike waardes hand aan hand gaan. Verwys na die beoordeling van hul eie voorkoms en die invloed van wat hulle oor hulself glo. ’n Positiewe en realistiese siening van jouself is beter vir die instandhouding van betekenisvolle verhoudings.
© Optimi
18