Í5+È-E-EAT-FG02EÎ 2
1 1 1
-
E
-
E
A T -
F
G
0
2
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL FASILITEERDERSGIDS: LETTERKUNDE Graad 11
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Fasiliteerdersgids: Letterkunde
Aangepas vir KABV
2 111 - E - E AT- F G 0 2
Í5+È-E-EAT-FG02EÎ
Graad 11
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 LESELEMENTE .................................................................................................................. 4 JAARPLAN ......................................................................................................................... 7 EENHEID 1: POËSIE ........................................................................................................ 10 Les 1: Literêre begrippe ................................................................................................. 10 AKTIWITEIT 1 ......................................................................................................... 15 Les 2: Gedig: “Son en maan” (Hennie Aucamp) ............................................................ 15 Les 3: Gedig: “Droogte in Namakwaland” (Thomas Deacon) ........................................ 17 Les 4: Gedig: “Krisis” (Elisabeth Eybers) ....................................................................... 18 Les 5: Gedig: “Eksamenlokaal” (Suzaan Laing) ............................................................ 18 Les 6: Gedig: “Die hanswors” (S.J. Pretorius) ............................................................... 19 Les 7: Gedig: “Die boodskapper” (Peter Snyders) ......................................................... 20 Les 8: Gedig: “kleurblind” (Carina Stander) ................................................................... 21 Les 9: Gedig: “Die nuwe kind” (Pieter Strauss).............................................................. 22 EENHEID 2: Roman – Die Pro ......................................................................................... 24 Les 10: Aantekeninge .................................................................................................... 24 AKTIWITEIT 10.1 .................................................................................................... 25 AKTIWITEIT 10.2 .................................................................................................... 26 Les 11: “Virusse en bakterieë” ....................................................................................... 33 AKTIWITEIT 11 ....................................................................................................... 34 Les 12: “Mikrofiete en fikofiete”...................................................................................... 36 AKTIWITEIT 12 ....................................................................................................... 37 Les 13: “Briofiete” .......................................................................................................... 37 AKTIWITEIT 13 ....................................................................................................... 38 Les 14: “Pteridofiete” ..................................................................................................... 39 AKTIWITEIT 14 ....................................................................................................... 40 Les 15: “Spermatofiete” ................................................................................................. 41 AKTIWITEIT 15 ....................................................................................................... 41 Les 16: “Invertebrata” .................................................................................................... 42 AKTIWITEIT 16 ....................................................................................................... 42 Les 17: “Invertebrata (nog ’n paar)” ............................................................................... 43 AKTIWITEIT 17 ....................................................................................................... 44 Les 18: “Vertebrata” ....................................................................................................... 45 AKTIWITEIT 18 ....................................................................................................... 45 Les 19: “Vertebrata (Aves)” ........................................................................................... 46 AKTIWITEIT 19 ....................................................................................................... 46 Les 20: “Vertebrata (Mammalia)” ................................................................................... 47 AKTIWITEIT 20 ....................................................................................................... 47 Les 21: “Selkerne en nukleïensure” ............................................................................... 48 AKTIWITEIT 21 ....................................................................................................... 48 Les 22: “Seldeling”......................................................................................................... 49 © Optimi
1
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
AKTIWITEIT 22 ....................................................................................................... 49 Les 23: “Genetika” ......................................................................................................... 50 AKTIWITEIT 23 ....................................................................................................... 51 Les 24: “Voortplanting van die mens (gr. 12-werk)” ....................................................... 51 AKTIWITEIT 24 ....................................................................................................... 52
© Optimi
2
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
VOORWOORD Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 11. Hierdie handleiding dek beide die poësie- en romangedeeltes. Hierdie letterkundehandleiding is ontwikkel om aan al die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV of CAPS) te voldoen. Die klem in formele letterkunde-onderrig hang af van die gekose genre/voorgeskrewe werk. Die doelwitte van hierdie handleiding is om: • die unieke kenmerke van gedigte te verduidelik (’n gedig het ander kenmerke as wat ’n prosateks het); • figuurlike en retoriese taalgebruik in verskillende tekste te identifiseer en verduidelik, soos beeldspraak (vergelyking, personifikasie en metafoor) en stylfigure (inversie, simbool, karikatuur, onomatopee/klanknabootsing, ironie, kontras, spot, satire, sarkasme, antiklimaks, eufemisme, hiperbool, woordspeling, sinekdogee, metonimia en onderbeklemtoning); • die skrywer se bedoeling te identifiseer; en • die kenmerke van soorte gedigte verduidelik, en hoe versreël- en strofebou, rym, halfrym (alliterasie en assonansie), ritme, herhaling, beeldspraak en stylfigure met die tema/boodskap verband hou. Bogenoemde aspekte word breedvoerig in les 1 bespreek. Daarna word elke gedig in ’n afsonderlike les behandel. UITEENSETTING VAN BOEKE Verskillende ikone word in die handleiding en fasiliteerdersgids gebruik om die leselemente aan te dui. Sien die verduideliking op die volgende bladsy.
© Optimi
3
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors.
AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
© Optimi
4
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
ALGEMEEN • Vir letterkunde moet elke leerder ’n werkboek van ongeveer 72 bladsye hê. • Deel die boek in twee: een helfte vir die gedigte en die ander helfte vir die roman. As alternatief kan die leerders ’n aparte werkboek vir elke genre hê. UITEENSETTING VAN LETTERKUNDE •
EENHEID 1: POËSIE (les 1 – 9) Agt gedigte: o “Son en maan” – Hennie Aucamp o “Droogte in Namakwaland” – Thomas Deacon o “Krisis” – Elisabeth Eybers o “Eksamenlokaal” – Suzaan Laing o “Die hanswors” – S.J. Pretorius o “Die boodskapper” – Peter Snyders o “kleurblind” – Carina Stander o “Die nuwe kind” – Pieter Strauss
•
EENHEID 2: ROMAN Die Pro – Leon de Villiers o Dit is uiters belangrik dat die leerders die roman lees. o Dit word sterk aanbeveel dat die leerders nie die rolprent van Die Pro kyk nie. Dit verskil baie van die boek en sal hulle net verwar. o Die aantekeninge en besprekings in die handleiding is breedvoerig en behoort genoegsame insig te gee. o Die vrae en antwoorde oor die gedigte en roman is volgens die KABV opgestel.
ASSESSERING/NASIEN/KONTROLE/BEOORDELING Die behoorlike voltooiing van ALLE werk, oefeninge, werkstukke en skryfstukke is die leerders se verantwoordelikheid. Jy kan die leerders help om ’n rooster op te stel om te verseker dat hulle by die tydskedule hou en verseker dat al die werk afgehandel word. Deur die jaar sal daar van die leerders verwag word om verskillende portefeuljetake te voltooi, wat dan saam die jaarpunt sal uitmaak. Die leerders se jaarpunt tel uiteindelik 25% van hul totale punt vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Alle ander aktiwiteite is juis daar gestel om die leerders te help met die voorbereiding vir die Novembereksamen. Die leerders gaan deur die loop van die jaar egter nie net portefeuljetake doen nie, maar ook gedigte en ’n roman, Die Pro, behandel. In elke genre moet die leerders kontekstuele vrae kan beantwoord. Hierdie afdelings word in vraestel 2 van die eksamen geassesseer. Vraestel 1 fokus op die leerders se leesvaardigheid, hul kennis van visuele tekste, hul vermoë om tekste op te som, asook hulle taalkennis. Vraestel 3 is ’n skryfvraestel waarin alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele tekste) geassesseer word. © Optimi
5
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Vraestel 4 word voor die Novembereksamen afgehandel, aangesien dit eintlik net ’n samestelling van al die leerders se mondelingpunte deur die loop van die jaar is. Die leerders moet elke aktiwiteit in die handleiding getrou voltooi nadat die gegewe leerwerk hanteer is. ’n Rooster met halfuurperiodes (30 minute) word hieronder gegee. Help die leerders om hul eie rooster volgens die lesbeplanning en hul ander vakke op te stel. Periode
Dag 1
Dag 2
Dag 3
Dag 4
Dag 5
Dag 6
Dag 7
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Onthou: Die bogenoemde tydtoekenning is slegs ’n voorstelling vir die onderrig van ’n nuwe vaardigheid. Dit sluit glad nie huiswerk of die voltooiing van enige werksopdragte in nie. Leerders kan self die jaarplan voltooi. Neem persoonlike aktiwiteite en ander vakke in ag.
© Optimi
6
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
JAARPLAN WEEK
DATUM BEGIN
LES KWARTAAL 1 Taalstrukture en -konvensies Les 1 Les 2
1–2
Les 3 Les 4 Letterkunde Poësie – Les 1: Literêre begrippe Prosa (Die Pro): Les 10: Aantekeninge Taalstrukture en -konvensies Les 5 Les 6
3–4
Les 7 Letterkunde Poësie – Les 2: “Son en maan” (Hennie Aucamp) Prosa – Les 11: “Virusse en bakterieë” Taalstrukture en -konvensies Les 8
5–6
Les 9 Les 10 Letterkunde Poësie – Les 3: “Droogte in Namakwaland” (Thomas Deacon) Prosa – Les 12: “Mikrofiete en fikofiete” Taalstrukture en -konvensies Les 11 Les 12
7–8
Les 13 Letterkunde Poësie – Les 4: “Krisis” (Elisabeth Eybers) Prosa – Les 13: “Briofiete” Taalstrukture en -konvensies Les 14
9 – 10
Les 15 Les 16 Letterkunde Prosa – les 14: “Pteridofiete”
© Optimi
7
DATUM VOLTOOI
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
KWARTAAL 2 Taalstrukture en -konvensies Les 17 11 – 12
Les 18 Les 19 Letterkunde Poësie – Les 5: “Eksamenlokaal” (Suzaan Laing) Prosa – Les 15: “Spematofiete” Taalstrukture en -konvensies Les 20
13 – 14
Les 21 Les 22 Letterkunde Poësie – Les 6: “Die hanswors” (S.J. Pretorius) Prosa – Les 16: “Invertebra” Taalstrukture en -konvensies Les 23
15 – 16
Les 24 Les 25 Letterkunde Poësie – Les 7: “Die boodskapper” (Peter Snyders) Prosa – Les 17: “Invertebra (nog ’n paar)” Taalstrukture en -konvensies Les 26 Les 27
17 – 18
Les 28
19 – 20
Voorbereiding vir die eksamen: • Hersien poësie (les 1 – 7) • Hersien prosa (les 10 – 17) Junie-eksamen
Letterkunde
KWARTAAL 3 Taalstrukture en -konvensies Les 29 Les 30 21 – 22
Les 31 Letterkunde Poësie – Les 8: “kleurblind (Carina Stander) Prosa – Les 18: “Vertebrata”
© Optimi
8
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies 23 – 24
Les 32 Les 33 Letterkunde Poësie – Les 9: “Die nuwe kind (Pieter Strauss) Prosa – Les 19: “Vertebrata (Aves)” Taalstrukture en -konvensies
25 – 26
Les 34 Les 35 Letterkunde Prosa – Les 20: “Vertebrata (Mammalia)” Prosa – Les 21: “Selkerne en nuklïensure” Taalstrukture en -konvensies Les 36
27 – 28
Les 37 Letterkunde Prosa – Les 22: “Seldeling” Prosa – Les 23: “Genetika” Taalstrukture en -konvensies Les 38
29 – 30
31 – 32
Les 39 Letterkunde Prosa – Les 24: “Voortplanting van die mens (gr. 12werk)” KWARTAAL 4 Letterkunde Hersien poësie (les 1 – 4) Hersien prosa (les 10 – 17) Taalstrukture en -konvensies
33 – 34
Hersiening Letterkunde Hersien poësie (les 5 – 9) Taalstrukture en -konvensies
35 – 36
Hersiening Letterkunde Hersien prosa (les 18 – 24)
37 – 38 39 – 40
© Optimi
Hersiening Novembereksamen
9
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid
1
EENHEID 1: POËSIE Les 1: Literêre begrippe LEERDOELWITTE
• •
•
Aan die einde van hierdie les moet die leerders: die skrywer se bedoeling te kan identifiseer die kenmerke van soorte gedigte te kan verduidelik, en hoe versreël- en strofebou, rym, halfrym (alliterasie en assonansie), ritme, herhaling, beeldspraak en stylfigure met die tema/boodskap verband hou terme te kan identifiseer
Let wel: Die leerders moet met die lees van elke gedig die literêre aspekte en definisies ook hersien. Dit is die beste om hierdie begrippe met die lees van elke gedig te integreer om sodoende te verseker dat die leerders dit reg verstaan en kan identifiseer. • • •
Die leerders moet deur die literêre begrippe en agtergrond werk. Die leerders moet die vrae in hul werkboek beantwoord. Werk saam met die leerders deur die antwoorde en maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is.
LITERÊRE STYLMIDDELS Voordat ons gedigte kan ontleed en bestudeer, is dit belangrik om sekere kenmerke van poësie te verstaan. Digters het in sekere omstandighede geskryf, daarom praat ons van “digters en hul tyd”. Deur poësie reflekteer digters oor die gebeurtenisse en idees wat ’n indruk in hulle lewens gemaak het. As ons die tydperk waarin die digter gelewe het verstaan, sal ons sy/haar idees en agtergrond – en ook sy/haar gedigte – beter verstaan. So byvoorbeeld het die sogenaamde “driemanskap – Jan F.E. Celliers, Totius en C. Louis Leipoldt – net ná die Anglo-Boereoorlog baie gedigte geskryf, veral oor Afrikanernasionalisme. Verder het digters soos Totius en T.T. Cloete oor godsdiens en die psalms se beryming gedig, terwyl digters soos Breyten Breytenbach ’n Sestiger was en D.J. Opperman graag oor Afrikaner-nasionalisering geskryf het. Oswald Mtshali het weer sy ervaring van en teenstand teenoor die apartheidsera in sy skryfwerk uitgebeeld. Werk saam met die leerders deur die poëtiese begrippe van Verskuns vir Eerste Addisionele Taal (Best Books studiewerkgids). © Optimi
10
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid
1
1.
Hoe moet ek ’n gedig lees? • Kyk na die titel van die gedig – dit gee reeds ’n idee van waaroor die gedig gaan. • Lees die hele gedig vinnig sodat jy weet waaroor dit gaan. • Lees die gedig vir ’n tweede of derde keer deur en merk die moeilike dele of begrippe. • Gebruik ’n woordeboek om die moeilike woorde na te slaan en die betekenisse neer te skryf. • Lees die gedig weer deur – sommer hardop – en probeer agterkom hoe die dele bymekaar inskakel, en wat die gedig vir ons probeer sê. • Let ook op na hoe die gedig uitgelê is (uiterlike bou), en watter tegnieke stylfigure gebruik is (innerlike bou) – sien volgende bladsy.
2.
Ontleding van poësie (analysis of poetry) Die volgende inligting gaan jou en die leerders help om gedigte te kan ontleed sodat die dieper betekenis duidelik na vore kom. 2.1 Tema of hoofgedagte (theme/main idea) Elke gedig het ’n hoofgedagte of tema. ’n Tema dra die kernboodskap of bedoeling van die digter oor. ’n Gedig kan ’n verhalende of ’n liriese gedig wees. 2.2 Vorm (form) ’n Gedig is in ’n spesifieke vorm geskryf. Gedigte is in reëls geskryf. Ons praat in Afrikaans van versreëls of reëls. Hierdie reëls word in strofes gegroepeer. In vrye vers, veral moderne vrye vers, skep die digter sy/haar eie vorm. Daar is geen beperking met betrekking tot ritme, rym of patroon nie. Enjambement of reëls wat oorloop na die volgende reël kom slegs in poësie voor. Dit word meestal gevind aan die einde van ’n reël waar daar geen leestekens is nie. (’n Gedig kan wel sonder leestekens geskryf wees sonder dat daar enjambement is.) Die gevoel duur gewoonlik voort in die volgende reël en die digter se gedagtes bly ongebroke. 2.3 Woordkeuse (diction / choice of words) Die digter se woordkeuse skep ’n bepaalde atmosfeer en plaas die gedig in die regte tyd en plek. Woordkeuse beïnvloed ook die ritme en luim van die gedig. In ’n rymende gedig is goeie woordkeuse belangrik. Brabbeltaal en slengtaal (slang) word vir effek gebruik. Kaapse Afrikaans is ’n algemene verskynsel en dien ook ’n belangrike doel. 2.4 Gevoel of toon (feeling/tone) Die gevoel of toon van ’n gedig weerspieël die digter se subjektiewe gedagtes en houding. Soos in ander vorme van letterkunde kan die toon vriendelik, skerp, sarkasties, ironies, woedend, humoristies of neerhalend wees. Die toon help baie om die luim en atmosfeer te skep.
© Optimi
11
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
2.5
Eenheid
1
Stemming/atmosfeer (atmosphere) Gemoedstoestand – watter emosie die gedig uitdruk.
TERME WAT VIR ELKE GEDIG GEKEN MOET WORD
Die uiterlike bou van ’n gedig (hoe die gedig aan die “buitekant” lyk en hoe dit uitgelê is – die tipografie) Gedigte word op ’n sekere manier uitgelê, waar die woorde byvoorbeeld ’n prentjie vorm. By die uiterlike bou kyk ons na die strofebou en versbou van die gedig (hoeveel strofes die gedig het en hoeveel versreëls elke strofe het), wat die rympatroon van die gedig is, en wat die ritme is. Dinge soos die gebruik van leestekens (of leestekens wat ontbreek), tipografiese wit en alleenplasing is ook deel van die uiterlike bou van ’n gedig. 1.
Strofebou • ’n Strofe met twee reëls = koeplet • ’n Strofe met vier reëls = kwatryn • ’n Strofe met ses reëls = sekstet • ’n Strofe met agt reëls = oktaaf
2.
Rympatroon (rhyme scheme) • aaaa Slagrym • aabb Paarrym • abab Kruisrym • abba Omarmde rym • abcd Gebroke rym / vrye vers (enige uitsondering) (’n Gedig met geen vaste rym, geen vaste strofebou, geen vaste verslengtes en soms geen vaste hooflettergebruik het nie, is vrye vers, free verse.)
3.
Halfrym: die assosiasie met klanke (sound devices) Halfrym gaan oor die klanke en nie die letters nie (bv. woorde met f en v in dieselfde reël is alliterasie, al verskil die spelling). Indien jy gevra word om halfrym aan te haal/dui, moet jy die letters onderstreep waarin die halfrym voorkom. 3.1 Alliterasie (alliteration) Alliterasie is die herhaling van dieselfde konsonante/medeklinkers, gewoonlik aan die begin van woorde in dieselfde reël, bv. Dis die ding met Danie. 3.2 Assonansie (assonance) Assonansie is die herhaling van vokale/klinkers binne-in woorde, bv. Die mossie mik-mik en pik dan teen ’n blik.
© Optimi
12
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid
1
4.
Ritme (rhythm) Die ritme van ’n gedig dui die pas aan en moet by die betekenis van die gedig pas. ’n Stadige ritme weerspieël ’n somber (sombre, sad) betekenis, terwyl ’n vinnige pas op ’n gelukkige gemoedstemming kan dui. Wanneer versreëls min of meer ewe veel lettergrepe bevat, skep dit ook ritme, bv. hoe / la / ter / hoe / kwa / ter EN wie’s / daar / in / die / wa / ter?
5.
Tipografiese wit (white space) Wit gedeeltes in ’n gedig, tussen strofes en ook in ’n strofe self.
6.
Alleenplasing (the placement of a single word in a line) ’n Enkele woord in ’n versreël.
7.
Voorplasing/agterplasing (placement at the beginning or end of a line) ’n Woord word voor/agter in ’n reël geplaas om dit te beklemtoon.
Die innerlike bou van ’n gedig (die inhoud of die “binnekant” van die gedig) Die inhoud van die gedig en die stylfigure/beeldspraak wat gebruik word, verwys na die innerlike bou van ’n gedig. STYLFIGURE/BEELDSPRAAK (poetic devices) 1.
Herhaling (repetition) Herhaling beklemtoon die inhoud in ’n gedig en skep ’n spesifieke vorm of patroon. Reëls of strofes word deur herhaling aanmekaar verbind. Herhaling kan die stemming in ’n gedig versterk, bv. “... van haar eerste, haar heel eerste soen ...”
2.
Vergelyking (simile) Twee begrippe/dinge wat met mekaar vergelyk word. Net soos die woorde “as” of “like” in Engels die simile aandui, dui die woorde “soos”, “net soos” of “nes” die vergelyking aan, bv.: Hy loop soos ’n krap. Hy is net soos ’n politikus. Haar vel is nes dié van ’n krokodil.
3.
Metafoor (metaphor) Twee begrippe/dinge wat met mekaar vergelyk word, sonder die woorde “soos”, “net soos” of “nes”, bv.: Hy is ’n vark.
4.
Personifikasie (personification) ’n Menslike eienskap/handeling word aan lewelose dinge gegee, bv. die tafel roer, die ketel sing.
5.
Sinekdogee (synecdoche) Sinekdogee is wanneer daar na ’n deel van iets verwys word in plaas van die geheel, bv.: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – ons bedoel eintlik: Gee ons vandag alles wat ons nodig het.
© Optimi
13
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid
1
6.
Metonimia (metonymy) Metonimia kan maklik met sinekdogee verwar word. Metonimia is wanneer ons na een saak verwys wat baie na aan ’n ander saak staan en amper as een aspek gesien word, bv.: Die ketel kook, maar dit is eintlik die water in die ketel wat kook. Nog ’n voorbeeld: Hy het die bottel lief, maar hy het eintlik die drank in die bottel lief.
7.
Klanknabootsing/onomatopee (onomatopoeia) Dit is die namaak van klanke in woorde. Sulke woorde help ons om in ons verbeelding ’n prentjie te vorm van die dinge, mense en plekke wat beskryf word, bv. kaplaks, tjirp en tiengelieng.
8.
Ironie (irony) Die bedoelde betekenis van woorde is die teenoorgestelde as die eintlike betekenis van die woorde, bv.: Die naam van die grootste hond in Suid-Afrika is “Kleintjie”.
9.
Kontras (contrast) Twee woorde/beelde/uitdrukkings/idees in kontras, bv. lank en kort.
10.
Simboliek (symbolism) ’n Woord wat ’n beeld voorstel of andersom, bv. duif = vrede.
11.
Paradoks (paradox) Skynbare teenstrydigheid, bv.: Om die waarheid te sê, moet ek lieg (ironiese inslag/ agtergrond).
12.
Wending (turn of thought or argument) Verandering, gewoonlik aangedui deur die woord “maar”.
Ander terme wat jy moet ken: Konflik (conflict) 1. Innerlik: Konflik binne ’n karakter oor keuses/besluite/emosies. 2. Uiterlik: Fisiese konflik tussen twee karakters (woorde of baklei). Spreker (speaker) In elke gedig is daar ’n spreker (speaker). Die spreker is wie die gedig “vertel”. 1. 2.
Eerstepersoonsverteller (vertel uit sy/haar eie oogpunt) Alomteenwoordige verteller / Derdepersoonsverteller (asof die verteller alles sien/hoor/ervaar en weet wat al die karakters voel/ervaar/dink) Onthou: Die spreker is nie noodwendig die digter nie.
Universeel (universal) ’n Term wat aandui dat iets algemeen is. Alle mense kan hulself daarmee assosieer.
© Optimi
14
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid
1
AKTIWITEIT 1 1.
Waarom is dit belangrik om te verstaan in watter tydperk die digter die gedig geskryf het? Wat is die tema van ’n gedig? Skryf die sinne oor en voltooi dit. Onderstreep die woorde wat jy invul. Gedigte word in reëls geskryf. Hierdie reëls word _____ in gedigte genoem. Die reëls word saamgegroepeer om _______ te vorm. Die woordkeuse (watter woorde die digter kies) het ’n paar funksies. Noem hulle. Verduidelik die volgende begrippe en gee ’n voorbeeld by elkeen: 5.1 Alliterasie 5.2 Assonansie
2. 3.
4. 5.
Memorandum 1.
Dit gee ’n oorsig oor die digter se intensie met die gedig. Dit help om beter begrip te kry ten opsigte van die betekenis van die gedig, of van ’n literêre beweging, soos die Sestigers. Die tema dra die kernboodskap/bedoeling van die gedig oor. Versreëls en strofes. Dit skep ’n bepaalde atmosfeer, plaas die gedig in die regte tyd en plek en beïnvloed die ritme en luim van die gedig. 5.1 Alliterasie is die herhaling van dieselfde konsonante/medeklinkers (repetition of consonant sounds) gewoonlik aan die begin van woorde in dieselfde versreël, bv.: Dis die ding met Danie. 5.2 Assonansie is die herhaling van vokale/klinkers (repetition of vowel sounds) binne-in woorde, bv.: Die mossie mik-mik en pik dan teen ’n blik.
2. 3. 4. 5.
Les 2: Gedig: “Son en maan” (Hennie Aucamp) LEERDOELWITTE
• • •
Aan die einde van hierdie les moet die leerders: die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord
Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Behandel “Son en maan” saam met die notas in die gedigontleding. • Die leerders beantwoord die vrae in hul werkboek. © Optimi
15