Í5+È-A-AHT-FG02MÎ 2
1 1 1
-
A
-
A
H
T -
F
G
0
2
AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS: LETTERKUNDE Graad 11
Afrikaans Huistaal Fasiliteerdersgids: Letterkunde
Aangepas vir KABV
2 111 - A - A H T- F G 0 2
Í5+È-A-AHT-FG02MÎ
Graad 11
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 LESELEMENTE .................................................................................................................. 5 JAARPLAN ......................................................................................................................... 6 EENHEID 1: POËSIE ........................................................................................................ 10 Les 1: Literêre begrippe............................................................................................... 10 Les 2: Gedig: “Bontvisvanger” (Johan Lodewyk Marais) ............................................. 16 Les 3: Gedig: “Afrika, my Afrika” (Daniel Hugo) ........................................................... 16 Les 4: Gedig: “Gebed tot die bome” (Vincent Oliphant) ............................................... 17 Les 5: Gedig: “Winternag” (Eugène Marais) ................................................................ 17 Les 6: Gedig: “Aragnoïde” (Zandra Bezuidenhout) ...................................................... 18 Les 7: Gedig: “As jy weer skryf” (Ingrid Jonker) ........................................................... 18 Les 8: Gedig: “pa” (Marlise Joubert) ............................................................................ 18 Les 9: Gedig: “Vroegherfs” (Joan Hambidge) .............................................................. 19 Les 10: Gedig: “Die Godsbesluit” (Totius) ................................................................... 19 Les 11: Gedig: “Medea” (Sarina Dönges) .................................................................... 20 EENHEID 2: DRAMA – Mirakel (Reza de Wet) ................................................................ 21 Les 12: Inleiding tot Mirakel ......................................................................................... 21 Les 13: Die drama: Mirakel.......................................................................................... 25 Les 14: Die drama: Mirakel.......................................................................................... 25 Les 15: Die drama: Mirakel.......................................................................................... 26 Les 16: Die drama: Mirakel.......................................................................................... 26 Les 17: Die drama: Mirakel.......................................................................................... 27 Les 18: Kontekstuele vrae en langvrae: Mirakel .......................................................... 27 EENHEID 3: ROMAN – Droomdelwers (Esta Steyn) ...................................................... 29 Les 19: Literêre begrippe............................................................................................. 29 AKTIWITEIT 1 ......................................................................................................... 29 Les 20: Inleiding tot die roman .................................................................................... 31 AKTIWITEIT 2: Hoofstuk 1 ...................................................................................... 35 AKTIWITEIT 3: Hoofstuk 2 ...................................................................................... 37 AKTIWITEIT 4: Hoofstuk 3 ...................................................................................... 39 AKTIWITEIT 5: Hoofstuk 4 – 7 ................................................................................ 41 AKTIWITEIT 6: Hoofstuk 8 – 12 .............................................................................. 42 AKTIWITEIT 7: Hoofstuk 13 .................................................................................... 44 Les 21: Langvrae ......................................................................................................... 45 AKTIWITEIT 8: Langvrae ........................................................................................ 47
© Optimi
1
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
VOORWOORD VOORGESKREWE BOEKE Die volgende boeke word saam met die handleiding gebruik: • • • • •
Droomdelwers, E. Steyn Trits: Mis, Mirakel, Drif, R. de Wet Trits: Mis, Mirakel, Drif. Literatuurgids Guidelines, W. Theron Om die aarde aan te haal en ander gedigte, C. Janse van Rensburg X-Kit Presteer, Letterkunde studiegids: Om die aarde aan te haal en ander gedigte
Die drie genres van letterkunde wat in graad 11 bestudeer word, is as volg: •
Poësie (les 1 – 11) Die bundel Om die aarde aan te haal en ander gedigte word gebruik om die gedigte te behandel. Die leerders moet die vrae in die bundel en die vrae in X-Kit Presteerstudiewerkgids beantwoord (dit word by elke les in hierdie handleiding aangedui). Tien gedigte o “Bontvisvanger” – Johan Lodewyk Marais o “Afrika, my Afrika” – Daniel Hugo o “Gebed tot die bome” – Vincent Oliphant o “Winternag” – Eugène Marais o “Aragnoïde” – Zandra Bezuidenhout o “As jy weer skryf” – Ingrid Jonker o “pa” – Marlise Joubert o “Vroegherfs” – Joan Hambidge o “Die Godsbesluit” – Totius o “Medea” – Sarina Dönges
•
Prosa: Drama (les 12 –18) Die drama Mirakel in die bundel Trits: Mis, Mirakel, Drif deur Reza de Wet. Gebruik die notas in die handleiding saam met die notas in die bundel self en ook die aantekeninge in die studiewerkgids Trits: Mis, Mirakel, Drif. Literatuurgids Guidelines. Die vrae in die bundel Trits: Mis, Mirakel, Drif en die vrae in die studiewerkgids deur Guidelines beantwoord word.
© Optimi
3
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
•
Prosa: Roman (les 19 – 21) Droomdelwers deur Esta Steyn. Bestudeer die notas in die handleiding en ook die notas wat by die roman ingesluit is.
By die drama en roman word vrae oor bedrywe/hoofstukke gegee. Die leerders moet notas oor gebeure en belangrike aspekte van die drama en roman maak, veral vir hersieningsdoeleindes. Notas • Die leerders moet twee werkboeke vir letterkunde hê: een vir poësie en een vir prosa (drama en roman – verdeel ’n boek in twee vir elke genre). • Maak seker van die tydsduur wat in die onderrigplan aangedui word. Aanpassings sal vir die leerders gemaak moet word, indien nodig.
© Optimi
4
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet (geneem uit KABV).
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
BELANGRIK Verduidelik misverstande/moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE Enige bykomende inligting om die leerder deur die leerproses te begelei.
AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
© Optimi
5
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
JAARPLAN WEEK
DATUM BEGIN
LES KWARTAAL 1 Taalstrukture en -konvensies Les 1 – aktiwiteit 1 Les 1 – aktiwiteit 2 Les 1 – aktiwiteit 3
1–2
Les 1 – aktiwiteit 4 Les 1 – aktiwiteit 5 Letterkunde Poësie – Les 1: Literêre begrippe Prosa – drama: Les 12 Prosa – roman: Les 19 (aktiwiteit 1) Taalstrukture en -konvensies Les 1 – aktiwiteit 6
3–4
Les 2 – aktiwiteit 7 Les 2 – aktiwiteit 8 Letterkunde Poësie – Les 2: “Bontvisvanger” (Johan Lodewyk Marais) Prosa – drama: Les 13 Prosa – roman: Les 20 (aktiwiteit 2) Taalstrukture en -konvensies Les 3
5–6
Les 4 – aktiwiteit 9 Les 4 – aktiwiteit 10 Letterkunde Poësie – Les 3: “Afrika, my Afrika” (Daniel Hugo) Prosa – drama: Les 14 Prosa – roman: Les 20 (aktiwiteit 3) Taalstrukture en -konvensies Les 5 – aktiwiteit 11 Les 5 – aktiwiteit 12
7–8
Les 5 – aktiwiteit 13 Letterkunde Poësie – Les 4: “Gebed tot die bome” (Vincent Oliphant) Prosa – drama: Les 15 Prosa – roman: Les 20 (aktiwiteit 4)
© Optimi
6
DATUM VOLTOOI
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
Taalstrukture en -konvensies Les 6 – aktiwiteit 14 9 – 10
Les 6 – aktiwiteit 15 Hersiening Letterkunde Poësie – Les 5: “Winternag” (Eugène Marais) Prosa – drama: Les 16 Prosa – roman: Les 20 (aktiwiteit 5) KWARTAAL 2 Taalstrukture en -konvensies Les 7 – aktiwiteit 16
11 – 12
Les 7 – aktiwiteit 17 Les 7 – aktiwiteit 18 Letterkunde Poësie – Les 6: “Aragnoïde” (Zandra Bezuidenhout) Prosa – drama: Les 17 Prosa – roman: Les 20 (aktiwiteit 6) Taalstrukture en -konvensies Les 8 – aktiwiteit 19
13 – 14
Les 8 – aktiwiteit 20 Les 8 – aktiwiteit 21 Letterkunde Poësie – Les 7: “As jy weer skryf” (Ingrid Jonker) Prosa – drama: Les 18 Prosa – roman: Les 20 (aktiwiteit 7) Taalstrukture en -konvensies Les 9 – aktiwiteit 22 Les 10 – aktiwiteit 23 Letterkunde
15 – 16
Poësie – Les 8: “pa” (Marlise Joubert) Prosa – drama: Hersien les 12 tot 15 Prosa – roman: Les 21 (aktiwiteit 8) Taalstrukture en -konvensies Les 10 – aktiwiteit 24 17 – 18
Hersiening Letterkunde Poësie – Les 9: “Vroegherfs” (Joan Hambidge) Prosa – drama: Hersien les 16 tot 18
19 – 20
© Optimi
Junie-eksamen
7
1
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
KWARTAAL 3 Taalstrukture en -konvensies Les 11 – aktiwiteit 25 Letterkunde
21 – 22
Poësie – Les 10: “Die Godsbesluit” (Totius) Prosa – roman: Hersien les 20 (aktiwiteit 1) Taalstrukture en -konvensies Les 12 – aktiwiteit 26 Letterkunde
23 – 24
Poësie – Les 11: “Medea” (Surina Dönges) Prosa – roman: Hersien les 20 (aktiwiteit 2) Taalstrukture en -konvensies 25 – 26
Les 13 – aktiwiteit 27 Letterkunde Prosa – roman: Hersien les 20 (aktiwiteit 3) Taalstrukture en -konvensies Les 14 – aktiwiteit 28
27 – 28
Les 14 – aktiwiteit 29 Les 14 – aktiwiteit 30 Letterkunde Prosa – roman: Hersien les 20 (aktiwiteit 4) Taalstrukture en -konvensies
29 – 30
Les 15 – aktiwiteit 31 Letterkunde Prosa – roman: Hersien les 20 (aktiwiteit 5) KWARTAAL 4 Letterkunde
31 – 32
Poësie – hersien les 1 tot 3 Prosa – drama: Hersien les 12 en 13 Prosa – roman: Hersien les 20 (aktiwiteit 6) Taalstrukture en -konvensies Hersiening
33 – 34
Letterkunde Poësie – hersien les 4 tot 7 Prosa – drama: Hersien les 14 en 15 Prosa – roman: Hersien les 20 (aktiwiteit 7)
© Optimi
8
1
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
Taalstrukture en -konvensies Hersiening 35 – 36
Letterkunde Poësie – hersien les 8 tot 11 Prosa – drama: Hersien les 16 en 17 Prosa – roman: Hersien les 21 (aktiwiteit 8) Taalstrukture en -konvensies Hersiening Letterkunde
37 – 38 Prosa – drama: Hersien les 18
Doen hersiening van poësie en die roman soos nodig. 39 – 40
© Optimi
Novembereksamen
9
1
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
EENHEID 1: POËSIE Les 1: Literêre begrippe LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die leerders die volgende unieke kenmerke van gedigte verstaan: • tipografie, bou van ’n gedig, enjambement, rym, rymskemas, vrye vers, herhaling, die verskil tussen spreker en skrywer, progressie en inversie • tradisionele digsoorte: die Italiaanse sonnet • beeldspraak volgens ooreenkomste en assosiasies stylfigure, bv. antitese/teenstelling, paradoks, klimaks, antiklimaks, hiperbool, litotes, eufemisme, herhaling, woordspeling, inversie, retoriese vraag, ironie, sarkasme, metonimia en sinekdogee Voordat ons met gedigte kan werk, is dit belangrik om die verskil tussen prosa (bv. ’n roman) en poësie (gedigte) te verstaan. Albei het spesifieke kenmerke. BELANGRIKE TERMINOLOGIE: POËSIE Die leerders moet die onderstaande kenmerke bestudeer sodat dit makliker in die gedigte toegepas en geïdentifiseer kan word. Gebruik hierdie lys as verwysingsbron wanneer die voorgeskrewe gedigte bestudeer word. Hoe moet ek ’n gedig lees? • Kyk na die titel van die gedig – dit gee reeds ’n idee van waaroor die gedig gaan. • Lees die hele gedig vinnig sodat jy weet waaroor dit gaan. • Lees die gedig vir ’n tweede of derde keer deur en merk die moeilike dele of begrippe. • Gebruik ’n woordeboek om die moeilike woorde na te slaan en die betekenisse neer te skryf. • Lees die gedig weer deur – sommer hardop – en probeer agterkom hoe die dele bymekaar inskakel, en wat die gedig vir ons probeer sê. • Let ook op na hoe die gedig uitgelê is (uiterlike bou), en watter tegnieke stylfigure gebruik is (innerlike bou). 1.
DIE BOU VAN ’N GEDIG
1.1
’n Gedig word opgebou uit versreëls. Versreëls word onder mekaar gedruk, nie aaneenlopend soos in prosa nie. Die onbedrukte wit gedeelte aan weerskante sluit die versreël af.
© Optimi
10
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
1.2
Eenheid
1
Die einde van ’n versreël val nie noodwendig saam met die einde van ’n sin nie. Wanneer die sin sonder onderbreking na die volgende versreël oorloop, noem ons dit enjambement. Die funksie van enjambement is om die rym te verdoesel (weg te steek of die aandag van die rym af te lei) en om beweging te ondersteun.
1.3
Die lang reeks versreëls wat onmiddellik op mekaar volg en wat deur tipografiese wit van mekaar geskei word, word strofes genoem. • ’n Strofe met twee reëls is ’n koeplet. • ’n Strofe met drie reëls is ’n tersine. • ’n Strofe met vier reëls is ’n kwatryn. • ’n Strofe met ses reëls is ’n sekstet. • ’n Strofe met agt reëls is ’n oktaaf.
2.
TIPOGRAFIE Dit is die manier waarop ’n gedig uitgelê is, vir ’n sekere effek. Dit beteken dat daar gekyk moet word na hoe die gedig letterlik lyk – die uiterlike bou van die gedig. Visuele tekens tot die teks is onder meer spasiëring, leestekens, hoofletters en kleinletters. Soms gebruik die digter tipografies ’n oop ruimte in ’n gedig. So ’n oop ruimte word tipografiese wit genoem. Die funksies is veral om stilte te suggereer en om die leser vir ’n oomblik te laat ophou lees.
3.
RITME EN RYM: DIE ASSOSIASIE MET KLANKE
3.1
Ritme Die ritme van ’n gedig dui die pas aan en moet by die betekenis van die gedig pas. ’n Stadige ritme weerspieël ’n somber betekenis en ’n vinnige pas kan op ’n gelukkige gemoedstemming dui. Wanneer versreëls ewe veel lettergrepe bevat, skep dit ook goeie ritme. Bv. hoe / la / ter / hoe / kwa / ter wie’s / daar / in / die / wa / ter?
3.2
© Optimi
Rymskema Paarrym: Kruisrym: Omarmde rym: Gebroke rym: Slagrym: Verslingerde rym:
aabbcc abab abba abcb aaaa abaabcbccb 11
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
Om die rymskema van ’n gedig te bepaal: • Onderstreep die laaste woord in elke versreël. • Ken die alfabetletter “a” toe aan die eerste woord en aan elke versreël (van die strofe) waar die woord ook soos daardie woord klink. • Doen dieselfde met die volgende rymwoorde en kyk of jy ’n patroon sien. Voorbeeld Duiwe Bali se singende duiwe Omsingel die maan in hul vlug En hang, ’n tros donkerblou druiwe Aan die hoë prieel van die lug.
a b a Kruisrym b
I.D. du Plessis
3.
Halfrym
3.3.1
Alliterasie Alliterasie is die herhaling van dieselfde klanke van konsonante/medeklinkers, gewoonlik aan die begin van woorde in dieselfde reël. Omdat halfrym oor die herhaling van dieselfde klanke eerder as oor die herhaling van dieselfde letter gaan, is die herhaling van byvoorbeeld “v” en “f” in dieselfde reël alliterasie. Bv. Die valse voëls foeter deur die venster.
3.3.2
Assonansie Assonansie is die herhaling van dieselfde klanke van vokale/klinkers binne-in woorde. Onthou, halfrym gaan oor klanke, nie letters nie. As ons “rus” in die volgende voorbeeld ontrond, is dit assonansie: Bv. Dis die rus wat in die bosveld is.
4.
Die herhaling van woorde/sinskonstruksies/versreëls/strofes het onder meer die volgende twee belangrike funksies: 1) Dit beklemtoon ’n sekere aspek. 2) Dit ondersteun progressie.
5.
In elke gedig is daar ’n spreker aan die woord. Die spreker is nie die digter van die gedig nie, behalwe wanneer die gedig dit uitdruklik sê of biografiese inligting bevat. Die digter skep ’n spreker in die gedig en stel die spreker aan die woord. ’n Mens kan gewoonlik baie duidelik uit die gedig aflei wie/wat die spreker is. Soms praat die spreker in die gedig met iemand. Dié iemand word die aangesprokene genoem. Wanneer die spreker in die gedig in ’n gesprek met homself of ’n stilswyende tweede party gewikkel is, word dit ’n monoloog of alleenspraak genoem.
© Optimi
12
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
6.
Die meeste gedigte bevat progressie. Progressie is die ontwikkeling wat in ’n gedig voorkom wanneer die gegewens in die gedig tot ’n klimaks oploop.
7.
Wanneer ’n digter ’n woord uit sy normale sintaktiese posisie haal (die gewone woordorde verander), word dit inversie genoem. Inversie word meestal vir beklemtoning gebruik – die woord word in die bevoorregte posisie aan die einde van die versreël geplaas waar dit die klem ontvang. Dit word agterplasing genoem. As die woord eerste in die sin staan, is dit voorplasing. Wanneer inversie bloot ten doel het om ’n rymprobleem op te los, is dit rymdwang.
8.
TRADISIONELE DIGSOORTE
8.1
Die Italiaanse (Petrarkaanse) sonnet Uiterlik bestaan die Italiaanse sonnet uit twee kwatryne met omarmde rym wat gesamentlik ’n oktaaf vorm. Die oktaaf word gevolg deur ’n sekstet met die rymskema cdccdc of efgefg. Innerlik word in die oktaaf ’n beeld of natuurbeskrywing gegee en in die sekstet kom daar ’n wending in die vorm van ’n toepassing, teenstelling of verdieping in perspektief.
8.2
Engelse sonnet ’n Gedig wat bestaan uit 14 reëls met drie kwatryne (vier reëls elk = kwatryn) en ’n rymende eindkoeplet (twee reëls). In die drie kwatryne word die beeld/storie vertel, maar in die eindkoeplet vind daar ’n hoogtepunt plaas.
9.
BEELDSPRAAK Wanneer twee uiteenlopende sake met mekaar geskakel word op grond van een of ander verwantskap, het ons met beeldspraak te make.
9.1
Vergelyking ’n Vergelyking is die langsmekaarstel van ’n voorwerp en die beeld wat ’n sekere ooreenkoms daarmee toon. Sleutelwoorde wat gewoonlik in vergelykings voorkom, is “so”, “soos”, “nes” of “asof”. “ … Dis laat en lang ligvaandels wapper oor die straat soos oor ’n dam die blinkpad na die maan.”
9.2
Elisabeth Eybers (“Busrit in die aand”)
Metafoor In ’n metafoor word twee verskillende goed met mekaar vergelyk, maar ’n sekere eienskap van die beeld word direk op die voorwerp oorgedra. Die woorde “soos”, “nes” of “asof” kom dus nie voor nie. “Ek sit daagliks gekluister aan my rekenaar – ’n getroue en geteisterde Penelope”
© Optimi
13
Lina Spies (“Geen luitoon”)
Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
9.3
Eenheid
1
Personifikasie Personifikasie is waarin menslike eienskappe aan lewelose voorwerpe, diere en natuurverskynsels gegee word. “Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, …”
Uys Krige (“Ken jy die see …”)
10.
STYLFIGURE
10.1
Inversie (omgekeerde woordorde) Inversie kom voor wanneer die woordorde doelbewus verander word om byvoorbeeld ’n woord in ’n rymposisie te plaas, of ’n woord na die begin of einde van ’n versreël te skuif ter wille van beklemtoning.
10.2
Simbool Dit is ’n teken/voorwerp wat ’n ander saak verteenwoordig, byvoorbeeld, ’n kruis is ’n tradisionele simbool, wat soos beeldspraak na die werklikheid verwys, maar ook ’n dieper betekenis kry omdat dit na iets anders verwys. Kruis: Tradisionele simbool wat met Christenskap geassosieer word, maar dit het ook ’n dieper betekenis, bv. dit dui moontlik op liefde, opoffering, ens.
10.3
Onomatopee/klanknabootsing Dit is woorde wat die klanke van ’n geluid weergee, soos sis, miaau, woef, kadoef.
10.4
Ironie Ironie is ’n vorm van humor. Dit is gebaseer op die gebruik van woorde wat die teenoorgestelde van hul letterlike betekenisse bedoel. Met ander woorde, dit is wanneer jy die teenoorgestelde sê van dit wat jy bedoel of iets is die teenoorgestelde as wat mens verwag. Voorbeeld: Die skepper van ’n verslankingsdieet is oorgewig.
10.5
Kontras (ook antitese of teenstelling genoem) Dit is ’n stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word om ’n sekere effek te bereik, bv. hoe meer haas, hoe minder spoed.
10.6
Satire (spot) Dit is ’n manier om spottend die foute en dwaashede van individue of die wanbestuur van ’n samelewing oop te vlek; ’n hekelende/spottende manier van kritiek lewer.
10.7
Sarkasme Dit is om op ’n skerp, bytende manier met iemand te spot om seer te maak of met minagting op iemand se foute te wys.
© Optimi
14