Gr 7- Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Fasiliteerdersgids

Page 1


Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Owned and published by Optimi, a division of Optimi Central Services (Pty) Ltd.

7 Impala Avenue, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

Apart from any fair dealing for the purpose of research, criticism or review as permitted in terms of the Copyright Act, no part of this publication may be reproduced, distributed, or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or any information storage and retrieval system without prior written permission from the publisher.

The publisher has no responsibility for the persistence or accuracy of URLs for external or third-party internet websites referred to in this publication, and does not guarantee that any content on such websites is, or will remain, accurate or appropriate.

There are instances where we have been unable to trace or contact the copyright holder. If notified, the publisher will be pleased to rectify any errors or omissions at the earliest opportunity.

Reg. No.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Fasiliteerdersgids

Graad 7

Aangepas vir KABV
D Bonechans

Sample

G07 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe.

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

SampleBELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.

Voorwoord

Die handleiding en fasiliteerdersgids dek al die werk van graad 7 Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT). Die boeke is saamgestel in lyn met die KABV-riglyne wat die Departement van Basiese Onderwys vereis.

Die KABV gee ’n uiteensetting van die minimum werk wat gedek moet word. Die handleiding en fasiliteerdersgids bevat soms meer inligting as wat die KABV vereis.

Die handleiding is in vier eenhede en 18 lesse verdeel. Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (8 uur) en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Eenheid 1 en 2 is in handleiding 1/2 en eenheid 3 en 4 is in handleiding 2/2. Daar is net een fasiliteerdersgids.

Aan die einde van eenheid 2 en eenheid 4 (kwartaal 2 en 4) skryf die leerders eksamen (verwys na die portefeuljeboek).

Die onderwerpe wat gedek word, is daarop gemik om die leerders se belangstelling te wek en om hulle opgewonde oor Afrikaans te kry.

Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse.

• Les 1: Nuus!

• Les 2: Veg of vlug?

• Les 3: Robotte

• Les 4: Legendaries!

• Les 5: Aanhouer wen!

Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse.

• Les 10: Bly aan die veilige kant

• Les 11: ’n Nuwe werkplek

• Les 12: Waar daar ’n rokie is ...

• Les 13: Kan tyd vlieg?

• Les 14: Oos wes, tuis bes Eenheid 2 bestaan uit vier lesse.

• Les 6: Wik en weeg

• Les 7: In die ou dae

• Les 8: Tik-tok

• Les 9: Verhoudings

Eenheid 4 bestaan uit vier lesse.

• Les 15: Selfverdediging

• Les 16: Selfbemagtiging

• Les 17: Droom!

• Les 18: Gaan groot of gaan huis toe!

Die lesse is in aktiwiteite opgedeel – wat die leerinhoud asook vrae daaroor bevat.

Elke les bestaan uit vier afdelings:

• Luister en praat

• Lees en kyk

• Skryf en aanbied

• Taalstrukture en -konvensies

Afdeling 1: Luister en praat

Luister en praat is integraal in alle tale. Hoe meer ’n nuwe taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word dit aangeleer. Elke les begin met die bespreking van ’n onderwerp, wat die les inlei. Ander besprekings in lesse kan as mondelinge hanteer word in plaas van ’n gesprek/bespreking. Hoe meer leerders oefen om mondelinge te skryf en te lewer, hoe makliker sal dit vir hulle in take en eksamens wees. Hulle selfvertroue sal ook verbeter hoe meer hulle voor ’n gehoor praat.

Dit is belangrik om woorde duidelik en korrek uit te spreek wanneer tekste hardop gelees word. Help leerders ook reg indien hulle sinskonstruksie of woordgebruik verkeerd is wanneer hulle praat. Moedig

Fasiliteerdersgids

G07 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

leerders aan om een keer ’n week ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister.

Dit is verder belangrik om kennis van die luisterproses te neem, wat veral in hoër grade tydens luistertoetse toegepas word. Die luisterproses word in aktiwiteit 2 uiteengesit. Neem kennis van wanneer die leerders notas mag neem.

• Luisterproses: Volg die luisterproses vir die eerste paar weke en kyk hoe die leerders vorder. Indien dit nie vir hulle nodig is om drie keer na die teks te luister nie, hoef die teks nie vir ’n derde keer gelees te word nie. Die proses moet egter in take/eksamens gevolg word.

• Lees hardop: Leerders gee soms vir mekaar ’n informele punt met die rubriek by die aktiwiteit en ander kere assesseer jy hulle informeel. Die rubriek in die bylae (addendum) kan ook hiervoor gebruik word. Let wel dat leerders wat minder gevorderd is dalk nie die hele teks sal kan lees nie – neem altyd die leerder se leesvaardigheid in ag. Die doel van die informele assessering is om leerders se lees te verbeter.

Afdeling 2: Lees en kyk

Hoe meer die leerders met Afrikaanse tekse omgaan, hoe makliker gaan hulle die taalgebruik verstaan en dinge soos spelpatrone optel.

Dit is belangrik dat leerders Afrikaanse tekste selfstandig lees. Verleen altyd hulp met die uitspraak of betekenis van woorde wanneer leerders selfstandig lees.

Leerders moet buiten die voorgeskrewe roman Vis & tjips van Jaco Jacobs elke kwartaal ’n boek selfstandig lees (dit word deur die jaar in die fasiliteerdersgids genoem) en dan ’n resensie daaroor skryf of lewer. Moedig hulle aan om meer as een boek per kwartaal te lees, asook boeke in hul huistaal (en in Engels, indien dit nie hul moedertaal is nie).

Indien daar nie genoeg tyd is om al die taalaktiwiteite in ’n les te doen nie, maak seker nuwe werk word behandel voordat vorige taalwerk ingeoefen word.

Afdeling 3: Skryf en aanbied

Sample

Hoe meer die leerders skryf, hoe beter. Wanneer ’n mens skryf, is jy meer daarop gerig om grammatika en spelling korrek te gebruik. Let op die skryfproses, wat in die handleiding en fasiliteerdersgids uiteengesit word. Moedig leerders aan om soveel as moontlik in Afrikaans te skryf. Hulle kan byvoorbeeld elke dag, apart van ander aktiwiteite in die handleiding, ’n paragraaf skryf oor wat hulle die vorige dag ná skool gedoen het, of dit kan met die aktiwiteite van die dag skakel.

Die leerders word ook aan ’n verskeidenheid soorte tekste blootgestel, waarop hul kennis vir die res van die Senior Fase en die VOO-fase gebou word.

Afdeling 4: Taalstrukture en -konvensies

Deur in interaksie te kom met Afrikaans in gesproke of geskrewe formaat, word die grondslag vir grammatika gelê. Alhoewel al die inhoud vereis deur die KABV in die handleiding gedek word, is dit raadsaam om bykomende taaloefeninge vir die leerders te gee. Dit hoef nie ’n aktiwiteit te wees nie; dit kan informele hersiening van die vorige dag se werk wees (byvoorbeeld ’n oefening waar die leerders sinonieme moet gee, of laat hulle die vertaling van Afrikaanse woorde gee).

Dit is uiters belangrik dat taalaspekte goed vasgelê word – dit vorm die basis vir alle taalwerk tot in graad 12 (die werk word in elke graad net moeiliker). Hoe meer leerders met die verskeie taalaspekte in aanraking kom, hoe beter word dit vasgelê.

Let ook op dat leerders meer selfstandig begin werk soos die jaar vorder. Verleen hulp indien nodig.

TYDSTOEKENNING

Volgens die KABV moet leerders 4 uur per week in Afrikaans EAT onderrig word, dus 8 uur per les (wat oor twee weke strek). Dit beteken dat huiswerk nie hierby ingesluit is nie. Indien leerders dus die aktiwiteite nie tydens onderrigtyd klaarkry nie, moet hulle dit as huiswerk voltooi.

Verder moet daar 2 uur aan luister en praat spandeer word, 3 uur aan lees en kyk, 2 uur aan skryf en aanbied en 1 uur aan taalstrukture en -konvensies. Soos reeds genoem, vereis die KABV dat taalstrukture en -konvensies binne konteks aangeleer word, dus is die tyd hiervoor ingesluit in die KABV se voorgestelde tye vir die verskillende afdelings.

Let wel dat die tydstoekenning by die aktiwiteite nie noodwendig tot 8 uur per tweeweeksiklus optel nie. Dit is omdat die tyd wat aan ’n aktiwiteit afgestaan word deur die getal leerders in die klas bepaal word. Sommige aktiwiteite vat ook langer, waar die fasiliteerder die leerders se lees assesseer, die voordra van ’n gedig, mondelinge, ensovoorts. Hier kan die aktiwiteit oor ’n paar dae strek sodat alle leerders kans kry om die aktiwiteit te voltooi.

Gebruik eie oordeel om seker te maak dat leerders deur al die werk kom. In sommige gevalle strek werk oor meer as een periode – wees oordeelkundig in hoe om hierdie lesse aan te pak.

BEPLANNING

Die fasiliteerder moet seker maak dat die tydsberekening vir elke les reg is. Die aktiwiteite kan aangepas word na aanleiding van die getal leerders in die klas. Die aktiwiteite kan in volgorde gedoen word, maar kan ook rondgeskommel word soos nodig. Die fasiliteerder kan aktiwiteite byvoeg of weglaat soos nodig, en nie alle lees- en luistervaardighede hoef gedoen te word nie.

Indien die leerders sekere vaardighede goed bemeester het, hoef hulle nie al die aktiwiteite te doen nie.

WOORDESKAT EN SPELLING

Sample

Leerders maak hul eie woordeboek aan die begin van die jaar. Hulle kan met die vorige jaar se woordeboek aangaan indien hulle dit nog het. Waar aangedui, moet hulle die woorde met hul betekenisse, die Engelse woord gee, of ’n sin of prentjie in die woordeboek skryf/teken. Die leerders moet gereeld ’n woordeboek gebruik om seker te maak hulle spel woorde reg.

Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van elke les. In plaas hiervan kan hulle elke dag of aan die einde van elke week ’n speltoets skryf.

As deel van die voorbereiding, moet leerders met ’n glimpen (highlighter) uitlig waar hulle moontlik verkeerd kan spel.

Fasiliteerdersgids

G07 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

WOORDELYSTE

Die woordelyste in die bylae agterin die boek is vir verwysing. Daar is lyste met trappe van vergelyking, sinonieme en antonieme, geslag, vergelykings, ensovoorts. Dit is ’n goeie idee dat die leerders sover moontlik die inligting in die bylae leer (nadat die werk in die handleiding behandel is). Dit brei hul woordeskat uit en dit is kennis wat hulle tot in graad 12 gaan gebruik, asook in die alledaagse lewe.

OOR DIE TEKSTE

• Die nodige toestemming is verkry om die spotprente in die boek te gebruik.

• Waar daar nie erkenning gegee word nie, het die skrywer van die boek self die stories/gedigte geskryf.

ANDER

’n Paar aspekte om van kennis te neem:

• Elke les het ’n tema. Probeer om die tema so lewendig as moontlik vir die leerders te maak – die klas/vertrek kan byvoorbeeld volgens die tema van die les versier word. Betrek die leerder by die les deur hulle te vra om leesstof, gedigte, koerantberigte, prente en muurversierings klas toe te bring.

• Daar is ’n tabel aan die begin van elke les in die fasiliteerdersgids. Hierdie tabel bevat die aktiwiteite waarin die aspekte hoofsaaklik behandel word, saam met die tydstoekenning. Hierdie aspekte (byvoorbeeld sinonieme en antonieme) kan ook in ander aktiwiteite in die les voorkom (soos in die leesbegripvrae), maar dit is nie die hoofaktiwiteit nie en word nie in die tabel gelys nie. Waar verskillende aspekte in een aktiwiteit voorkom, word die tydstoekenning slegs die eerste keer gegee wat die aktiwiteitnommer voorkom.

• Baie aktiwiteite vereis dat leerders in pare, groepe of as ’n klas werk. Indien daar slegs een leerder is, moet die fasiliteerder instaan.

• Leerders moet tydskrifte en koerante gereeld gebruik. Stel hulle vroegtydig in kennis om dit klas toe te bring. Maak ook voorsiening om tydskrifte en koerante in die klas te hou.

Sample

• Die woordeskat van sommige woorde in die tekste word gegee. In die eerste paar lesse word definisies gegee, en later word meer vertalings gegee en definisies van slegs die moeiliker woorde. Die woorde wat ’n definisie/vertaling het, is in vetdruk in die teks. Die woorde in die woordeskat verskyn in die volgorde waarin die woorde in die teks voorkom. Dit word ook binne konteks van die teks en in die tydsvorm van die teks gegee.

• By sommige tekste word die uitspraak van woorde gegee. Hierdie klanke tussen aanhalingstekens is Afrikaans, nie Engels nie.

• Leerders kan tussendeur die aktiwiteite kort, informele toetse oor taalaspekte skryf, byvoorbeeld oor geslagsvorme, intensiewe vorme, ensovoorts.

• Die opskrifte in die handleiding is sover moontlik volgens die KABV se opskrifte. Al staan daar “dra ’n gedig voor”, moet die teks in die handleiding gebruik word.

• Meer gevorderde leerders kan deur die jaar navorsing doen, ’n plakkaat oor die onderwerp maak en vir die klas daarvan vertel. Byvoorbeeld, hulle doen navorsing wat by “vir die nuuskieriges” gegee word. Hulle kan ook opdrag gegee word om inligting oor ’n spesifieke digter of skrywer te doen.

Byvoorbeeld by ’n gedig kan die leerder meer navorsing oor die digter doen, soos:

o Wie was die digter?

o Waar is hy gebore?

o Waaroor gaan die gedig?

o Wat is die rymskema?

o Is daar vergelykings in die gedig? Wat beteken dit?

WERKBOEK

Elke leerder kort ’n lyntjiesboek (’n skrif) met 72 bladsye om die aktiwiteite in te doen. (Hulle mag dalk later die jaar nóg ’n werkboek benodig.) Dit kan ook ’n swart hardebandboek wees.

Daar word aanbeveel dat leerders belangrike aspekte in hul werkboek oorskryf en nie net die aktiwiteite voltooi nie (byvoorbeeld wat ’n sinoniem is of hoe ons ’n selfstandige naamwoord uitken). Hulle kan ook die antwoorde van elke bespreking in afdeling 2 in hul werkboek skryf ná die bespreking afgehandel is.

Leerders moet ook ’n A5-lyntjiesboek (of ’n A4-boek) vir hul eie woordeboek hê (sien “Woordeskat en spelling”). Indien hulle nog die vorige jaar se woordeboek het, kan hulle met die boekie aangaan.

VOORGESKREWE EN AANBEVOLE BOEKE

Jaco Jacobs se jeugroman Vis & tjips is vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal voorgeskryf.

Leerders moet toegang tot ’n goeie, verklarende woordeboek (soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal – HAT) hê, asook ’n tweetalige woordeboek. ’n Tesourus is ook voordelig.

Soos reeds genoem, word daar van leerders vereis om minstens een leesboek per kwartaal te lees. Dit kan enige toepaslike boek van die leerder se keuse wees. Soos reeds gestel, hoe meer daar gelees word, hoe makliker en beter word die taal aangeleer. As leerders lees, brei hulle woordeskat uit en hul spelling verbeter.

FORMELE ASSESSERING

SampleGeen aktiwiteit in die handleiding word as formele assessering gedoen nie. Raadpleeg die portefeuljeboek vir alle formele assessering.

Eksamens

Daar is twee eksamens in graad 7 – die Junie-eksamen en die Novembereksamen. In beide eksamens skryf die leerders drie vraestelle.

• Vraestel 1: (word in die loop van die kwartaal voltooi): Mondeling (lees hardop / luisterbegrip/ toespraak / rolspeel, ens.)

• Vraestel 2: Reageer op tekste (leesbegrip van ’n teks, leesbegrip van ’n visuele teks, opsomming, taalstrukture en -konvensies)

• Vraestel 3: Skryf (opstel en transaksionele teks, soos dialoog, dagboekinskrywing, boodskap, ens.)

1

3

LES 1: Nuus!

LES 2: Veg of vlug?

LES 3: Robotte

LES 4: Legendaries!

LES 5: Aanhouer wen!

Jaarplan

10: Bly aan die veilige kant

LES 11: ’n Nuwe werkplek

LES 12: Waar daar ’n rokie is …

LES 13: Kan tyd vlieg?

4 LES 15: Selfverdediging

LES 18: Gaan groot of gaan huis toe!

EENHEID 1: Week 1 – 2

Les 1: Nuus!

Vaardighede

Luister en praat

Bekendstelling

Luister na ʼn kortverhaal

Beantwoord vrae

Aktiwiteit Tydstoekenning

Aktiwiteit 1 20 minute

Aktiwiteit 2 25 minute

Aktiwiteit 3 25 minute

Speel ʼn taalspeletjie Aktiwiteit 4 20 minute

Vertel ’n storie oor Aktiwiteit 5 30 minute

Lees en kyk

Lees ʼn storie Aktiwiteit 6 40 minute

Kenmerke en strategieë Aktiwiteit 7 40 minute

Leesbegrip en -strategieë Aktiwiteit 9 40 minute

Lees hardop

Skryf en aanbied

Aktiwiteit 10 30 minute

Selfstandige lees Aktiwiteit 11 30 minute

Hoe om ’n paragraaf te skryf Aktiwiteit 15 30 minute

Skryf ’n verhalende opstel

Taalstrukture en -konvensies

Woordvlakwerk

Selfstandige naamwoorde

Werk met sinne

Die stelsin: Teenwoordige tyd

Die stelsin: Verlede tyd

Spelling en leestekens

Hersiening

Speltoets

Sample

Skryf in jou eie woordeboek

Aktiwiteit 16 2 uur

Aktiwiteit 8 30 minute

Aktiwiteit 12 20 minute

Aktiwiteit 13 30 minute

Aktiwiteit 14 20 minute

Aktiwiteit 17 20 minute

Aktiwiteit 18 10 minute

Aktiwiteit 19 15 minute

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1: Bekendstelling

20 minute

Skop die jaar af met ʼn les oor die formele en die informele bekendstelling (introducing yourself formally and informally) in Afrikaans.

ʼn Informele bekendstelling (introduce yourself informally) is gepas wanneer vriende en familie sosiaal verkeer (being social). ʼn Formele bekendstelling (introduction) word gebruik om ʼn spreker aan ʼn gehoor voor te stel, of by formele funksies soos prysuitdelings (prize-giving ceremonies) waar beoordelaars en pryswenners bekendgestel word.

Tydens (during) informele bekendstellings is die atmosfeer gewoonlik ontspanne. Vra die leerders om aan sosiale situasies te dink waar die atmosfeer rustig en ontspanne is (byvoorbeeld ʼn verjaarsdagpartytjie, ʼn speletjiesaand, ʼn kuiertjie by vriende).

Die leerders kan hulself dan op ʼn informele manier aan die klas voorstel. Hier onder is ʼn paar voorbeelde van frases wat hulle kan gebruik. Skryf dit op die bord en laat die leerders dit in hul werkboek oorskryf. Die leerders kan dit nou saam lees en herhaal. Die idee is om hierdie frases so gereeld as moontlik in die klas te gebruik. Hersien die frases daagliks vir die volgende twee weke. Daarna kan hulle dit weekliks oefen of wanneer daar weer mondelings in die klas gedoen word.

Informele bekendstelling

Hallo

My naam is ...

Dit is my beste vriend, ...

Bly om jou te ontmoet! / Bly te kenne!

Aangename kennis!

Hoe gaan dit?

Hello

My name is ...

This is my best friend, ...

Nice to meet you! / Pleased to meet you!

How do you do?

Brei die leerders se woordeskat uit deur hulle die volgende frases te leer. Hulle herhaal dit hardop en oefen dit (hulle kan ook in groepe of pare werk):

Sample

• Ek is ... jaar oud – I am ... years old

• My gunstelingkleur /-motor /-land is … – My favourite colour / car / country is ...

• Ek wil eendag ʼn … word – I want to be a ... one day

• Ek woon in ... – I live in ... woon (permanent) – live bly (tydelik) – stay

Vra dan die leerders om die bekendstelling te herhaal, maar dié keer op ʼn formele wyse. Gee vir hulle formele frases om te gebruik, soos op die volgende bladsy aangedui, en skryf dit op die bord. Praat oor wanneer formele bekendstelling nodig is en gee ook voorbeelde van formele geleenthede (soos troues, vergaderings en afsprake) waar ʼn formele bekendstelling gepas is.

Laat die leerders toe om ʼn informele rolspel te doen en beurte te maak om hulself of ander by ʼn formele geleentheid bekend te stel. Die leerders kan in pare/groepe werk en oefen om mekaar te groet, te verwelkom en bekend te stel met die frases in die tabel hier onder. Hulle kan die sinne self voltooi deur ’n naam of ander inligting in te voeg waar nodig, byvoorbeeld: “Baie welkom aan Milla!”

Formele bekendstelling

Groet

• Goeiedag

• Goeiemôre

• Goeiemiddag

• Goeienaand

• Goeienag

Verwelkoming

• Baie welkom aan ...

• Verwelkom asseblief ...

• Welkom by ...

• Dames en here, hartlik welkom!

Bekendstelling

• Ek stel aan u bekend ...

• Ek vra nou dat ons hoofseun Jack asseblief na die verhoog toe sal kom.

• Ons volgende spreker is ...

• Volgende aan die beurt ...

• Klap asseblief hande vir ...

Greeting

• Good day

• Good morning

• Good afternoon

• Good evening

• Good night

Welcoming

• A warm welcome to ...

• Please welcome ...

• Welcome to ...

• Ladies and gentlemen, welcome!

Introduction

• I introduce to you ...

• I now ask our head boy Jack to please join us on stage.

• Our next speaker is ...

• Next in line ...

• Give a round of applause to ...

Leerders kan dit soveel oefen as wat hulle wil en deur die loop van die kwartaal kan elke leerder ’n kans kry om iemand informeel en formeel bekend te stel.

Aktiwiteit 2: Luister na ’n kortverhaal

25 minute

Interessante feit: Op 15 Januarie 1876 het die eerste Afrikaanse koerant verskyn. Nuus en ander relevante stories het van daardie oomblik af die koers van Afrikaans as taal verander

Sample

koerant (newspaper) van daardie oomblik af (from that moment on) koers (direction / course) verander (change)

Die Afrikaanse Patriot

• A complete guide with all the texts for comprehension exercises, speeches, and reading included.

• Use with Jaco Jacobs’ Vis & Tjips for the prescribed literature component.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities.

• Interesting themes for Grade 7s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.