Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Skeppende Kunste
Handleiding
Graad 8
Aangepas vir KABV
LM van der Walt
Í2(È-A-CRA-SG01xÎ
INHOUDSOPGAWE
SAMPLE
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE:
Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER:
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK:
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE:
SAMPLE
Enige inligting anders as die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT:
Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING:
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD:
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word.
STUDEER / HERSIENING:
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
SAMPLE
INLEIDING
Skeppende Kunste bied blootstelling aan en die studie van ’n reeks kunsvorms. Die hoofdoel is om leerders in kreatiewe en verbeeldingryke individue te ontwikkel. In graad 7 tot 9 word twee ure per week aan Skeppende Kunste toegestaan. Jy gaan net twee kunsvorms bestudeer. Impaq bied jou die geleentheid om van graad 10 tot 12 Dramatiese Kunste en Visuele Kunste as vakke te neem. Ons gaan dus net hierdie twee kunsvorms van graad 7 tot 9 behandel en bestudeer. Dit is volgens die KABVbepalings. Jy moet ’n minimum van 10 lesure per kwartaal aan elke kunsvorm spandeer.
Die lesse in die Studiegids is so uiteengesit dat daar aan elke les ’n bepaalde tydsduur toegeken is. Jy kan dit organiseer soos dit jou pas. Dit is jou en die fasiliteerder se besluit hoe die werk gedoen word. Die enigste vereiste is dat al die temas deur die kwartaal gedek sal word.
Let wel: Daar is geen kwartaaltoetse nie, maar wel ʼn Junie-eksamen asook ʼn Novembereksamen.
Dramatiese Kunste word in ’n aantal onderwerpe verdeel:
Onderwerp 1 – Dramatiese ontwikkeling
Dit behels stemontwikkeling en fisiese ontwikkeling
SAMPLE
KABV vereis dat leerders elke week aan die begin van elke dramales 15 minute hieraan spandeer. Dit moet in totaal 2,5 ure per kwartaal beslaan
Onderwerp 2 – Drama-elemente in toneelskepping
Dit behels die vorm en ontwikkeling van die toneel en die verkenning van relevante temas. Vereiste kontaktyd is 6.5 ure per kwartaal vir hierdie tema.
Onderwerp 3 – Interpretasie en uitvoering van gekose dramatiese vorms
Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste
Die interpretasie en uitvoeringtegnieke van volksverhale. Besinning oor eie opvoering. Voorgestelde kontaktyd: 6,5 ure per kwartaal.
Onderwerp 4 – Waardering en besinning
Skryf ’n resensie oor ten minste EEN opvoering of film. Kontaktyd: 1 uur
Onderwerp 5 – Media en loopbane
Verken verskillende loopbane in drama. Kontaktyd is 1 uur per kwartaal.
Die onderwerpe word egter tussen die kwartale verdeel en sal duidelik by elke les aangedui word. Jy kan dus jou lesse elke week self beplan en dit hang van jou af hoe vinnig of stadig jy daardeur werk.
Visuele Kunste werk op dieselfde wyse as Dramatiese Kunste. Die onderwerpe is as volg:
Onderwerp 1 : Skep in 2D
Waarneming en interpretasie van eie en wyer wêreld.
Gebruik van kunselemente.
Onderwerp 2 : Skep in 3D
Drie-dimensionele kunswerke en projekte wat op eie wêreld gebaseer is.
Temas om belangstelling te verken.
SAMPLE
Konstruksie en modelleringstegnieke.
Manipulasie van verskillende materiale.
Besorgdheid oor die omgewing.
Onderwerp 3 : Visuele geletterdheid
Kommunikasie deur kuns.
Interpreteer, analiseer en herken simboliese taal.
Die rol van die kunstenaar in die gemeenskap.
Ontwikkel navorsingsvaardighede.
Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste
Die kontaktye per onderwerp verskil van kwartaal tot kwartaal en sal duidelik by elke kwartaal aangedui word
Ek hoop dit gee jou ’n duidelike riglyn van Skeppende Kunste en al die onderwerpe wat hierdie jaar behandel gaan word.
Jy moet in jou beplanning jou kontaktyd vir elke onderwerp per kwartaal in ag neem en dit vir jouself so verdeel dat jy deur al die werk kan kom!
JAARPLAN
1 1 Opwarming in drama
2 Monoloog
3 Resensie
4 Graffiti en letterwerk
5 Skep van eie graffiti
6 Rol van die kunstenaar in die gemeenskap: Kunsvlyt
7 Skep van ’n knypbakkie
8 Geskiedenis van die Griekse mitologie
2 9 Opwarmingsroetine
10 Inheemse gedigte
11 Modes van die hede en verlede
12 Kunstenaar as sosiale kommentator
3 13 Opwarmingsoefeninge
14 Die genres in drama
15 Figuurtekeninge
16 Loopbane in kunste
17 Oppervlakversiering
4 18 Opwarmingsroetines
19 Dialoog, prosa en storievertelling
20 Die vorme van media
21 Tonale tekening
22 Boodskappe deur kuns uitgedruk
23 Formele assesseringsprojek
SAMPLE
SAMPLE
EENHEID 1: Sosiale kwessies in drama en die rol van die kunstenaar in populêre kultuur
LEERDOELWITTE:
INLEIDING
SAMPLE
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
’n Toneelstuk wat verband hou met sosiale kwessies te ontwikkel en uit te voer.
Krities kan besin oor die skepping en opvoering van ’n toneelstuk.
Die rol van die kunstenaar in die gemeenskap kan herken en ’n bespreking daaroor voer.
Kunselemente en ontwerpbeginsels in kreatiewe letterwerk soos graffiti kan identifiseer.
Jou eie letterwerk of graffiti te skep.
Die belangrikheid van funksionele houers vanuit die mitologie kan identifiseer.
Jou eie mitologiese funksionele houer kan skep.
Die eerste deel van die eenheid sluit opwarmingsoefeninge vir drama in. Dit stem ooreen met die opwarmingsroetines wat jy in graad 7 gedoen het. Dit is dus ’n hersiening van die vorige jaar se werk. Daar is oefeninge wat bygevoeg word. Die KABV vereis dat jy 15 minute per week aan die opwarmingsroetine sal spandeer.
In die voorwoord is gemeld dat Skeppende Kunste in onderwerpe ingedeel is. Die onderwerpe is in lesse verdeel, sodat jy nie deurmekaar raak nie.
Daar is ook by elke les ’n tydstoedeling en dit maak dit vir jou makliker om ’n rooster op te stel, sodat al die lesse in die kwartaal gedek word.
Die drama in die eenheid fokus veral op die sosiale kwessies wat in ons land voorkom. Jy kan enige sosiale kwessie aanspreek
Jy gaan dan ’n toneelstuk skep, wat een van hierdie kwessies aanspreek. Ons gaan ook krities kyk na ’n film wat relevant tot vandag is en dit ontleed.
Visuele Kunste fokus in hierdie eenheid op veral twee temas. Die eerste tema is die rol wat die kunstenaar in die gemeenskap speel en hoe veral letterwerk en graffiti gebruik word om hulle boodskap uit te druk.
Die tweede tema gaan oor die gebruik van verskillende funksionele houers, en veral houers vanuit die mitologie. Jy gaan ook leer hoe om jou eie houer te skep en met mitologiese figure te versier.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
DRAMA
Onderwerp 1: Dramatiese ontwikkeling (2,5 ure)
1.1. Les 1: Opwarmingsoefeninge vir drama
’n Opwarmingsroetine is om verskeie redes belangrik:
SAMPLE
Alle nuwe terminologie word in die DEFINIEER blokkie vir jou uiteengesit.
o Dit voorkom beserings. In drama gebruik jy jou stem, asook jou liggaam. Dit is dus belangrik dat albei goed opgewarm is voordat jy met jou roetine begin.
o Deur op te warm verhoog jy die volume suurstof wat deur jou liggaam opgeneem word. Dit bevorder jou uithouvermoë en help ook om te voorkom dat jy uitasem klink.
o Opwarming help jou fokus op die taak wat voorlê.
o Dit is ’n manier om jou tegniese vaardighede in te oefen en te ontwikkel.
o Dit verlig die spanning en angs wat jy voel voor die uitvoering van die taak.
Jy moet selfs vir drama jou hele liggaam opwarm, nie net jou stem en gesig nie.
Die dele wat jy moet opwarm is:
LIGGAAM
Voete
Knieë
Bene
Heupe
Bolyf
Arms
Nek
Kop
GESIG
o Lippe
o Tong
o Wange
STEM
Artikulasie
Diafragma
Die volgende ontspanningsoefeninge kan vir die lippe, tong en wange gedoen word
Lippe
Tuit die lippe en blaas die lug met ’n sterk aksie uit.
Gee ’n groot glimlag en direk daarna ’n harde frons. Herhaal die aksie ’n paar keer.
Tong
Staan regop en hou jou gesig vorentoe. Lek nou in die volgende rigtings: neus, linkeroor, regteroor en ken.
SAMPLE
Probeer nou die volgende aksies met jou tong: lek na die dak (boontoe), die linkerkantse muur, regterkantste muur en die grond. Doen die aksies terwyl jy doodstil staan en jou kop stil hou.
Probeer nou jou tong vorentoe strek en die voorwerp voor jou lek, soos bv. die muur.
Wange
Verbeel jou jy het ’n reuse suiglekker in jou mond. Suig dit nou denkbeeldig met sterk suigbewegings. Onthou die suiglekker pas skaars in jou mond!
Nou moet jy dit begin kou! Dit pas nie in jou mond nie, so jy moet jou mond ooprek en dit met stadige bewegings begin kou. Hou vir ongeveer een minuut aan met die bewegings. Verbeel jou nou die lekker word kleiner en jy kan dit nou makliker begin kou. Kou nou vinniger en vinniger, totdat jou wange warm en los begin voel.
Die volgende is ’n aantal asemhalingsoefeninge wat jy kan doen:
1) Staan regop in die neutrale posisie. Plaas jou hande onder jou ribbekas. Hou jou nek en skouers ontspanne. Haal nou diep asem en asem uit vir 10 sekondes. Herhaal die oefening en verleng elke keer die telling, bv. asem uit in 15 sekondes en asem dan uit in 20 sekondes. Jy sal voel hoe jou hele liggaam ontspan!
2) Asem in oor drie sekondes. Hou jou asem vir drie sekondes. Asem nou uit, terwyl jy hardop tot 10 tel. Gebruik jou boonste maagspiere om jou asem te beheer. Dit help as jy jou ribbekas uitstoot. Jou boonste maagspiere beheer jou diafragma.
3) Lȇ in ’n gemaklike posisie op jou rug. Plaas ’n voorwerp, soos ’n boek, op jou pelvis. Terwyl jy asemhaal, kyk hoe die boek op en af beweeg. Herhaal dit ’n paar keer.
Artikulasie-oefening:
Plaas jou vuis in jou diafragma (tussen jou ribbes en maag).
Sȇ die volgende so vinnig soos jy kan: (Jy moet die woorde amper uitspoeg)
Pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah
Sȇ die volgende so vinnig as moontlik: Mani mani mani mani mani
Artikuleer nou duidelik terwyl jy die volgende sȇ: Babble babble bobble bubble
Herhaal die bogenoemde oefening, maar vervang die eerste letter van die woorde met ander letters bv. d, s, k, l ens.
SAMPLE
Die volgende is voorbeelde van oefeninge wat tot jou fisiese ontwikkeling bydra. Fisiese opwarmingsoefeninge help om die liggaam te ontspan en aan te wakker.
1) Oefening 1:
Staan regop en ontspan jou skouers.
Laat sak jou kop na jou bors. Buig nou jou rug ontspannend na vore, totdat jou liggaam ontspanne vooroor hang.
Jou hande moet amper die grond raak.
Buig jou bene effens.
Doen die aksie nou weer terug na jou oorspronklike posisie.
2) Gaan kniel op die grond. Maak jou liggaam so klein as moontlik.
Spring nou in ’n “ontploffing” na boontoe, terwyl jy probeer om so hoog as moontlik te spring. Herhaal dit drie keer
3) Kry vir jou ’n maat om die volgende oefening te doen. Staan agter mekaar. Die voorste persoon voer ’n aantal aksies uit en die persoon wat volg moet dit naboots. So kan julle beurte maak en julle eie bewegings skep!
4) Jy kan ook beelde gebruik om jou te help met opwarming, bv. gebruik die beeld van ’n nar. Maak asof jy ’n nar is – ontwikkel ’n ″optrede″ en gebruik dit as opwarming. Jy kan jou stem hierdeur opwarm deur jou stemtoon te verander en ook jou liggaam gebruik om snaakse aksies uit te voer.
DEFINIEER:
Artikulasie: Dit is die wyse waarop die spraakorgane saam gebruik word om klank tydens spraak te vorm.
Ritme: Dit is die wyse waarop klank vloei en beweeg. Dit word bepaal deur tempo, spoed, pouse en klimaks.
Projeksie: Dit is die volume waarvolgens klanke na die gehoor oorgedra word
KERNINHOUD:
’n Akteur se stem en liggaam is sy of haar instrument. Daarom is dit baie belangrik om dit goed op te warm.
Dit is belangrik om stem en liggaam op te warm, selfs in drama. Dit is ook belangrik om ’n veilige omgewing te skep waarin jy opwarm en werk.
SAMPLE
In drama moet jy jou verbeelding fisiek, visueel en emosioneel oefen. Opwarming geskied stuk-stuk en dit is ’n goeie idee om vir jouself ’n roetine te skep wat jy elke keer kan doen voordat jy met jou dramawerk begin.
Jou liggaam pas dan vinniger aan by die opwarmingsroetine en dit berei jou voor vir die werk wat volg!
AKTIWITEIT 1:
Ontwikkel ’n bewegingspeletjie wat jy vir jou maats en jou fasiliteerder kan aanbied.
Die opdrag is nie vir assessering nie. Dit is net vir die pret!
Gebruik die volgende prentjie as jou eerste stap in die ontwikkeling van ’n speletjie. Jy sal nou baie kreatief moet dink!
( www.wikispaces.com )
SAMPLE
Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure)
Voorgestelde hulpbronne: Koerante en tydskrifte – enige artikels oor sosiale kwessies in Suid-Afrika.
2.1. Les 2: Navorsing oor sosiale kwessies en die skepping en opvoering van ’n dramatiese monoloog
Suid-Afrika het verskeie sosiale kwessies wat baie aandag geniet. Daar is die kwessie van HIV/ Vigs, kindermishandeling en -molestering, armoede en die besoedeling van ons land. Dit is maar net ’n paar van die kwessies.
1) Die MIV/Vigs-kwessie.
Lees die volgende artikel:
3,4% van SA studente het MIV/Vigs
2010-03-29 21:45
Deur: Alet Rademeyer
Sowat 3,4% van studente en 1,5% van akademici aan 21 van die 23 Suid-Afrikaanse universiteite het MIV/Vigs, is in ’n opname onder meer as 23 000 studente en personeellede bevind.
Die verslag oor die bevindings van ’n studie oor Vigs in die hoëronderwyssektor is gister in Johannesburg uitgereik, aan die vooraand van die regering se veldtog om soveel moontlik burgers binne ’n jaar vir dié sindroom te laat toets.
SAMPLE
Die navorsing is deur die MIV-Vigsprogram in die hoër onderwys (HEAids) in samewerking met die departement van hoër onderwys en opleiding, Hesa, en die Europese Unie (EU) gedoen. Die EU het R230 miljoen bewillig.
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het gesê die bekamping van Vigs vereis ’n meervoudige benadering omdat daar nog onduidelikheid is oor watter boodskappe en ingrypingsplanne die doeltreffendste is.
In die studie is bevind hoewel die voorkoms van MIV/Vigs in die hoëronderwyssektor laer is as die algemene bevolking se 16,9%, is daar kommer oor die hoër voorkoms onder swart mense en veral dienswerkers by instellings.
Sowat 9,9% van alle dienswerkers, soos skoonmakers en tuinwerkers, by universiteite en 4,4% van administratiewe personeellede het die sindroom.
Dr. Gail Andrews, program-direkteur van HEAids, het gesê daar is kommerwekkende tendense wat toon sekere streke en instellings het meer uitdagings as ander.
Dit beteken meer spesifieke benaderings moet gevolg word om ’n verskil te maak.
Wat die syfers in die verskillende streke betref, is bevind meer studente in die OosKaap (6,4% van die studente) en KwaZulu-Natal (6,1%) het MIV/Vigs as in ander provinsies.
Dieselfde geld dienswerkers, waar 10,7% van dié in die Oos-Kaap, 14,1% in die Vrystaat en 20,3% in KwaZulu-Natal MIV/Vigs het.
Die studie het voorts bevind MIV/Vigs se voorkoms is hoër onder swart studente (5,6% van dié studente het MIV/Vigs) en akademiese personeellede (5,9%).
In KwaZulu-Natal is dit 8,7% van swart studente en 9,6% van swart akademici.
Nzimande het gesê die bevindings wys geen instelling kan ontspan wat pogings betref om die siekte te bekamp of om hulp, steun, behandeling en berading aan studente en personeellede te gee wat dit het nie.
“As Vigsprogramme nie deel van die proses is om vaardighede aan jongmense oor te dra nie, berei ons hulle vir die graf eerder as die werkplek voor.”
Elke instelling wat betrek is, sal ’n verslag kry oor sy eie MIV/Vigs-scenario.
Unisa en die Tshwane-universiteit van Tegnologie was nie betrokke nie.
SAMPLE
Bevindings by universiteite
MIV/Vigs neem met ouderdom toe. Vir tussen 18- en 19-jariges is die infeksiekoers 0,7% en ná 25 jaar 8,3%.
Vroue het ’n twee keer groter risiko (4,7%) om die siekte te kry as mans (2%).
(Geneem van : www.beeld.com )
Suid-Afrika het die meeste MIV/Vigslyers ter wêreld. Aan die einde van 2007 was dit reeds ’n geskatte 5.7 miljoen mense (www.mieliestronk.com)
Wat is MIV/Vigs?
Vigs staan vir Verworwe Immuniteitsgebreksindroom. Die MI-virus veroorsaak skade aan die immuniteitstelsel. Die mense wat met MIV besmet is, ervaar ’n geleidelike verlies aan immuniteitsfunksie. Dit lei tot die ontwikkeling van allerhande siektes, wat by ’n gesonde persoon vinnig genees kan word. Die persoon met MIV genees egter nie so vinnig nie, omdat sy immuniteitselle afgetakel is.
Daar is ’n aantal anti-retrovirale middels beskikbaar vir die behandeling van die virus. Die middels kos ongelukkig baie geld en dit veroorsaak dat baie mense dit nie kan ontvang nie.
Vigs word veral deur seksuele kontak oorgedra, en die volgende aktiwiteite hou geen risiko in nie:
Net gewone aanraking soos handskud.
’n Gewone soen op die mond, waar speeksel nie uitgeruil word nie.
As jy iemand net omhels.
As jy bloed skenk. Al die naalde is gesteriliseer en veilig.
Jy kan nie die virus kry deur bv. ’n drinkglas te deel nie.
2) Kindermishandeling en -molestering
Kindermishandeling is een van die ernstigste probleme in ons land. Lees die onderstaande berig.
Pta-dagmoeder sit dalk lank oor 'mishandeling'
2012-09-20 09:30
Johannesburg – ’n Dagmoeder het Woensdag in die Pretoria-streekhof verskyn op aanklagte van kindermishandeling, het ’n berig Donderdag gelui.
SAMPLE
Linda Mans (36) van die Teddy Winks-kleuterskool in Suiderberg, is op 16 Augustus in hegtenis geneem nadat sy glo twee babas in 2011 by die skool aangerand het, berig Beeld.
Mans het glo die agt maande oue Keylaene-Maré Schreiber “herhaaldelik en hard” op die boude, bene, laerug en arms geslaan.
In daardie tyd het Mans aan die baba se ouers, Daryl en Bernadine Schreiber, gesê een van haar werknemers het “die baba geslaan omdat sy nie wou slaap nie”.
Sy is ook aangekla van die aanranding van Divan Myburgh, wat 10 maande oud was, nadat hy in die gesig geslaan is.
Mans het ’n geskrewe verskoning aan Myburgh se ouers gegee vir die merke wat op sy gesig gelaat is, waarin sy gesê het dit was eintlik vir haar eie kind bedoel.
Landdros Maryke de la Rey het Mans gewaarsku oor die erns van die aanklagte en het gesê sy kan vir 10 jaar tronk toe gestuur word.
(Geneem uit: www.news24.com )
Uit die artikel kan ons duidelik sien hoe ’n ernstige probleem kindermishandeling is. Hierdie jong kinders is selfs by hulle kleuterskool mishandel. Dit is ’n plek waar hulle veronderstel is om veilig te voel. Daar is egter ook baie kinders wat deur hulle eie ouers mishandel word. Mishandeling kan fisiek of verbaal wees.
Fisieke mishandeling beteken dat die kind liggaamlik skade aangedoen word. Die kind word rondgeruk of geslaan. Die kind word ook mishandel as hy/sy in ’n klein spasie toegesluit word of nie gevoed en geklee word nie.
Verbale mishandeling is wanneer iemand die kind emosioneel afkraak deur die kind byvoorbeeld sleg te sê. ’n Opvoeder is ook verantwoordelik vir die ontwikkeling van ʼn kind se selfbeeld en daarom is dit mishandeling as die opvoeder enigsins die kind se selfbeeld bewustelik afkraak.
Molestering is ook deel van mishandeling. Kindermolestering is ’n probleem wat ernstige gevolge vir die kind kan hê. Dit kan lei tot ’n aantal emosionele probleme.
3) Besoedeling
SAMPLE
(www.mieliestronk.com)
Besoedeling maak ons aarde dood! Daar is verskeie vorme van besoedeling: lugbesoedeling, grondbesoedeling en water-/seebesoedeling. Dit kan die lewe van mens, dier en plant baie ernstig benadeel.
Ons het nou ons navorsing voltooi oor die sosiale kwessies. Ons gaan nou die kennis gebruik om ’n drama genre – ’n monoloog – te skep en op te voer.