1 minute read

Aktiwiteit 130: Woordsoorte

3. Maak jou eie sinne wat met die volgende woorde begin.

3.1 Wie 3.2 Wat 3.3 Waar 3.4 Waarom

Aktiwiteit 130: Woordsoorte

Teken ’n breinkaart oor al die woordsoorte in jou werkboek.

Beantwoord die vrae dan in jou werkboek.

1. Watter woordsoorte word beskryf?

1.1 Dit is woorde wat aksies aandui. 1.2 Dit word in die plek van iemand se naam gebruik. 1.3 Woorde wat die selfstandige naamwoord beskryf. 1.4 Die name wat ons vir mense, plekke en dinge gee. 1.5 Woorde wat meer oor ’n aksie vertel. 1.6 Kort woorde wat die posisie van iets aandui. 1.7 Hierdie woorde verbind sinne of sinsdele. 1.8 Woorde wat getalle aandui. 1.9 Dit word voor selfstandige naamwoorde gebruik om aan te dui of iets bepaald of onbepaald is.

2. Lees die paragraaf en identifiseer die woordsoorte. Wees so spesifiek as moontlik.

“Dawie, hoe kan jy my alleen los?” John siendiebeer begin nader kom. Gelukkig het die beer reeds ’n paarsappige salms geëet, so hy snuffel net rond uit nuuskierigheid.

2.1 Dawie 2.2 hoe 2.3 my 2.4 sien 2.5 die 2.6 beer 2.7 het 2.8 paar 2.9 sappige 2.10 nuuskierigheid

This article is from: