AFDELING 1
12
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
HOOFSTUK 1
VAN WAAR EN VAN VROEG AF
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
13
STUDENTELEWE - WAARVANDAAN?
D
is nie moontlik om oor die kultuurlewe van die NWU Potchefstroomkampus te skryf sonder om te weet waar die Universiteit vandaan kom nie. Die eerste vyf studente van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk het op 29 N ovember 1869 op Burgersdorp aangemeld. Hierdie studente het toe nie geweet dat hulle pioniers so word van derduisende latere studente nie, hulle was ook onbewus van die feit dat die Teologiese Skool sou groei – na vele naamsveranderings en een verhuising – tot die Potchefstroomkampus van die Noordwes- Universiteit nie. In 1877 is die Literariese Departement uit die Teologiese Skool gestig, om ook “personen met literarische grade” op te lei wat vir die gemeenskap van nut kan wees, volgens die sinodebesluit wat die stap voorafgegaan het. Wat die eerste studente wat vanaf 1869 aan die T eologiese Skool van die Gereformeerde Kerk studeer het gedoen het, om die studentelewe soos ons dit vandag ken tot stand te bring en wat hulle buitemuurse aktiwiteite was, is onbekend. In Wonderdaad...! – Die Puk tot 1951: Wording, vestiging en selfstandigheid, die boek deur prof Piet van der Schyff oor die geskiedenis van die Puk, skryf hy dat die eerste georganiseerde studenteliggaam uit 1889 dateer. Daardie jaar, in Augustus, is ’n “Studenten Letterkundige en Debat-Vereeniging” (SLDV) gestig wat tweeweekliks Saterdagaande vergader het. Beide H ollands en Engels is as voertaal gebruik. PH Snijman was die eerste voorsitter en JA van Rooy die sekretaris. Die vereniging het uit ’n klein aantal studente bestaan “van die voorste leerlinge van die VC Skool” en die doel was om kennis van Engels en Hollands
14
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
sowel as die onderskeie letterkundes te bevorder. Wonderdaad...! sê: “Die byeenkomste van die SLV is hoofsaaklik benut om lede te slyp in die kuns van rede en debatsvoering. Ruim g eleentheid is ook gebied vir die voordra van resitasies, opstelle en v oorlesings, terwyl d eelnemers deurlopend blootgestel is aan kritiek van die toehoorders. Een keer per jaar is ’n “Conversatione” g ehou en dit het spoedig tot ’n hoogtepunt op die studentekalender ontwikkel. Twee jaar later, in Junie 1894 het die Korps Veritas Vincet tot stand gekom. Die Korps is gestig met die hoofdoel “dat die ‘senior’ studente darem op ietwat hoër vlak binne die wye en oop ‘studente’- gemeenskap van destyds, insluitende persone van die heel laagste standerds, kon kommunikeer”. Die Korps het tot stand gekom nadat ’n krisis ontstaan het na die afsterwe van prof D Postma. Prof Jan Lion Cachet is in sy plek aangestel, ’n omstrede besluit, aangesien s ommige studente gemeen het ds MPA Coetzee, predikant van Burgersdorp, die pos moes kry. Wonderdaad...! sê dat die oprigting van Korps Veritas Vincent ’n helende invloed op die studentegemeenskap gehad het. Diep in die laaste dekade van die negentiende was die verhuising van Die Teologiese Skool en die Literariese Departement se verhuising was gedurende die 1890’s ter sprake. V erskeie redes is aangevoer; die Engelse gees wat die onderwysstelsel in die Kaap oorheers het, gebrekkige fasiliteite op Burgersdorp en die behoefte aan ’n meer sentrale standplaas. Die Anglo-Boereoorlog het dié planne tot stilstand gebring, maar daarná net meer momentum aan die plan om te verhuis gegee.
HOOFSTUK 1
Die amptelike inwyding van die Teologiese Skool op 13 Februarie 1905 op Potchefstroom. (Foto: NWU Argief)
GEVESTIG OP POTCHEFSTROOM SE GRASVLAKTE
waarvoor P otchefstroom toe bekend was. Hier het Korps Veritas Vincent, soos in Burgersdorp en vir jare daarna, as v erteenwoordigende liggaam van die studente opgetree. Alles was egter nie altyd rose en maanskyn nie en Wonderdaad...! skryf dat die georganiseerde studenteOp 13 Februarie 1905 het die Teologiese Skool en lewe teen die einde van 1916 ’n laagtepunt ervaar. Literariese Departement op Potchefstroom g eopen, in Die V oorbereidende Skool, wat toe deel was van die geboue omring deur die grasvlakte van die d estydse Teologiese Skool, het ’n r egeringskool geword. Daar Groenpunt, dié noordelike, o ngerepte buitewyk was 17 g raadstudente oor, maar die 350 leerlinge van Potchefstroom. ’n Student vertel dat die gras so van – wat later die P otchefstroom G imnasium sou ruig en lank was dat die dou daarop sy broekspype word – het nog k oshuisgeriewe met hulle gedeel en soggens sopnat gemaak het. s portbedrywighede het saam plaasgevind. Oos van die Teologiese Skool en die r ektorswoning Wonderdaad...! verduidelik by monde van JC het die huis gestaan wat ’n v oormalige president van Rooy, later prof Joon van Rooy: “’n Soort van van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek gebou doodsheid het ons bevang. ’n Studentelewe was het. T ussen die Skool en dié huis was die besige daar bijna nie hierdie jaar nie . . . Ons 17-tal het geen grootpad na Johannesburg. Verder noord, in wat later sentrale plek van samekoms; ons het nie ’n plek vir Molenstraat sou wees, was die huis van Piet Malan, die hol van onse voet; ons is verjaagd uit ons schoollater die enigste oorblywende gebou uit dié tyd. Dié gebouw; ons is v erdryf van onse bibliotheek en huis was een van ’n skamele tiental in dié omgeleeskamer. Ons is verban naar ’n gindse uithoek.” wing. Malan se huis is omring deur sy landerye wat Boonop was dit reeds in 1915 duidelik dat meer natgelei is deur die watervoor wat net wes d aarvan d oserende personeel nodig was en o mdat die verbygeloop het. Langs die Mooirivier was die meule Gereformeerde Kerk se middele ontoereikend was
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
15
is daar om staatshulp aansoek gedoen. Hierdie hulp is toegestaan op voorwaarde dat die Literariese Departement van die Teologiese Skool skei. H iermee het die Universiteit die naam gekry waaronder hy baie jare bekend gestaan het: “Het Potchefstroomse Universiteitskollege voor Kristelike Hoger O nderwijs”. In 1921 is die u niversiteit by die U niversiteit van Suid-Afrika ingelyf as die Potchefstroomse U niversiteitskollege, sonder die “van” van die Puk: “vir Christelike Hoër Onderwys”. Dié verlies was ’n groot terugslag en in 1932 het die raad van die Puk ’n private wetsontwerp by die Volksraad ingedien om die naam na die Potchefstroomse U niversiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys te verander. Dit is in 1933 aanvaar. Wonderdaad...! sê dat die studentelewe in 1921 maar bra eina georganiseerd was: “ Behalwe ’n sestal vakkundige klubs (Filosofies, Histories, Dierkundig, Skeikundig, Letterkundig ( juniors) en Teologies), het die hele georganiseerde studentelewe g ewentel rondom Korps Veritas Vincet (KVV) en die A frikaanse Studentebond (ASB). Op sportgebied was daar net ’n ‘Teo’-voetbalklub (rugby) en ’n ‘Teo’-tennisklub, en in die loop van 1922 het daar ook ’n ‘atletiese klub’ bygekom. Wonderdaad...! vertel hoe dit gekom het dat die Studenteraad in die vroeë twintigerjare tot stand gekom het: Die formele omvorming van die Literariese of Kollege Departement tot die Puk vir CHO in 1919 en die daaruit voortvloeiende inkorporasie by die Universiteit van Suid-Afrika, asook die gedeeltelike inskakeling van Normaal studente, het noodwendig ook reorganisasie en skeiding in die studentegemeenskap tot gevolg gehad. Korps Veritas Vincet met sy eksklusiewe, beginselgerigte grondslag sou gaandeweg tog blyk nie die ideale liggaam te wees om die belange van die breë en steeds breër wordende s tudentegemeenskap te
16
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
ehartig nie: ‘Studente het nie meer lede b geword uit oortuiging nie, maar om nie uitgesluit te wees van die georganiseerde studentelewe nie’, terwyl Korps op sy beurt weer sy h oofdoel uit die oog begin verloor het as gevolg van die velerlei administratiewe funksies betreffende die studentelewe. Reeds vroeg in 1923 het die praetor (leier) van die studente ’n samespreking met die rektore van die Puk en die Teologiese Skool aangevra, waartydens hulle geadviseer is om vir elke groep (studente van Puk en Teologiese Skool o nderskeidelik) ’n praetor te kies. Dié twee praetors het toe saam met die bestuur van Korps as Studente V erteenwoordigende Raad opgetree. Hierdie eksperiment het egter nie gewerk nie, onder meer toe te skryf aan ‘die veranderde verhoudinge in die studentelewe’ vanweë die feit dat heelwat van die lede N ormaal studente was. Skynbaar het ’n afsonderlike Studente Verteenwoordigende Raad (SVR) kort hierna sy beslag gekry want in Veritas Vincet se uitgawe van die derde kwartaal 1924 word vertel dat die geskiedenis geleer het ‘dat die Korpsbestuur en die SVR nie kan vereenselwig word nie’ en ‘dat ons bly is dat die studente ’n aparte SVR gevorm het’. Ook dat Korps nie self ‘van die kleinood so swaar verkry’ kon afsien nie en maar ‘stil gesit en wag (het) tot dit hom afgeneem is’, te midde van gevoelens wat hoog geloop het. Dit word gelate so aanvaar. Die nuwe SVR het nog in 1923 op gang gekom want in November dié jaar dien daar ’n geldelike versoek van dié liggaam voor die Senaat, terwyl die Raad in April 1924 ’n bedrag van £15 aan hulle toegeken het vir die aanbieding van “die feestelikheid” tydens gradedag. Die feit dat geen notuleboeke van die SVR voor die middel dertigerjare behoue gebly het nie, bemoeilik die rekonstruering
van die werksaamhede en aktiwiteite van hierdie b elangrike instelling sowel as van die studentelewe in die algemeen. Hoewel die Puk-jaarboek van 1923 A (Abraham) Duvenage as praetor en WJ (Willie) Snyman as visepraetor aandui van Korps Vertitas Vincet, wat ook optree as SVR het dit skynbaar op die situasie gedurende 1922 geslaan. Vir 1923 is die twee posisies gevul deur WJ Snijman en T Spoelstra, met GF (Frikkie) Robbertse as sekretaris. Presies wanneer in 1923 Korps die leisels aan ’n aparte SVR afgestaan het, kon ook nie uit die Korpsnotules vasgestel word nie. Vir die Verteenwoordigende Studenteraad was dit maar ’n opdraande stryd om v astrapplek te kry en daar was geen sprake van die hoë mate van inspraak wat die SSR vandag het nie. Die 1943-Besembos skryf: Wat die bestaan van die Studenteraad geld: die SR is deur die Senaat en Raad van die Puk gemagtig om die studenteliggaam te v erteenwoordig by die Kollege-outoriteite, bestuur van studentesake uit te oefen en die tug in die studentelewe te handhaaf. Die SR is vir al sy handelinge verantwoording verskuldig aan die Senaat en die Raad, wat die SR of ’n SRlid uit sy amp kan ontset of enige handeling van die SR nietig kan verklaar; die Raad en Senaat gryp egter alleen in uiterste gevalle in die gesag en handelinge van die SR in.
Kultuurbedrywighede op die kampus het onder die b eheer van die Studenteraad gestaan, soos vandag nog, en nes die Studenteraad met groeiende studentegetalle gegroei het en talle veranderings ondergaan het, het die kultuurlewe op die kampus eweneens gegroei en veranderings ondergaan om by die behoeftes van die studente van elke era aan te pas.
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
KULTUUR BLOM IN POTCHEFSTROOM Die eerste ‘roersele’ van ’n georganiseerde studentelewe het in die 1890’s op Burgersdorp b egin. Só vertel Wonderdaad...!...! ’n Student, Japie (JD) du Toit, het die aanvoorwerk gedoen om ’n ‘Studenten Muziek V ereniging’ te stig. Japie was niemand anders as die digter, T otius, soos hy later bekendgestaan het nie. Hy was ook Rektor van die Teologiese Skool en sy Literariese Departement van 1911 tot 1919. ’n ‘Vioolband’ het in 1902 op Burgersdorp ontstaan, wat tydens gesellighede musiek v erskaf het. Na die verhuising na Potchefstroom is ‘een string band’ gestig en ‘een piano’ aangekoop. JD du Toit het in 1911 ’n deeltydse professoraat aan die Teologiese Skool op Potchefstroom aanvaar en dieselfde jaar stig hy die Aurora Sang- en Musiekvereniging. ’n Orkes het in die twintigerjare gereeld as deel van die sosiale program van Korps Veritas Vincent opgetree. Dié orkes het bekend gestaan as die ‘Losieshuisorkes’ of die ‘Witbroekorkes’. In 1924 is die PUK-orkes onder voogdyskap van die Senaat geplaas. In Wonderdaad...! skryf prof Piet van der Schyff dat dit die onuitgesproke wens van die orkeslede was dat dié o rkessie sou “groei en bloei”. Hy vertel dat dit “aan die lewe gehou is deur prof JD du Toit (Totius) en mnr G Munstra. “Dit het in 1923 ’n eie d irigent gekry, die destyds alombekende mnr S (Sydney) Richfield. Die orkes se ledetal het tot 24 g egroei en ook die instrumentasie het aangegroei,. Sommige van Totius se gedigte is toe reeds deur Richfield getoonset.” Werke van Richfield is in 1988, met die 150ste b estaansviering van Potchefstroom, ingesluit in ’n konsert, met musiek van Potchefstroomse komponiste, wat deur die Konservatorium aangebied is. Nadat die tennisbane in 1918 tydens die uitbraak van Spaanse Griep vervalle geraak het, moes die oppervlakte van een “hergelê” word. Saam met ’n
17
Voorblaaie van die 1955 en1961 Sangbundels wat deur die ABKK saamgestel is. Dié bundels word in die Alabama-argief bewaar. (Foto: Alabama-argief)
nuwe net en balle het die tennisklub £25 nodig g ehad om aan die gang te kom aan die begin van 1919. So vertel Veritas Vincet se Jubileumuitgawe van 1919. Daar is besluit om in samewerking met die Debat- en Kultuurvereniging ’n toneelstuk, Susanna Reyniers, op te voer. Dit was ’n “skitterende s ukses” en die tennisklub se uitgawes kon betaal word. Dié toneelstuk moes een van die vroegste gewees het wat deur studente van die Puk opgevoer is. Die Amicitia-vereniging is in 1926 gestig met die doel om kultuur met voordragte, lesings, debatte en musiek te bevorder. Die volgende jaar is dit met ’n Musiek- en G eselligheidskomitee vervang. ’n Griekse tragedie is in 1927 in samewerking met die ASB
18
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
opgevoer. Dit lei tot die stigting van ’n Dramatiese Vereniging wat die voorganger van Thalia was. Dit was egter eers in die 1940’s dat k ultuurorganisasies – waarvan sommige vandag nog bestaan – op die Puk in die lewe geroep is. Vanaf 1942 af het vier kultuurorganisasies op die Puk ontstaan, waarvan drie – in veranderde vorm – vandag nog bestaan. Die eerste is ’n M usiekvereniging, wat in 1942 tot stand gekom het. Dieselfde jaar is daar begin met Volkspele. In 1943 is die PUK Alibama Boereorkes gestig en in 1946 is ’n Debatsvereniging en ’n Skaakklub gestig. Die eerste uitgawe van die studentekoerant, Die Wapad, het dieselfde jaar verskyn. A anvoorwerk
Die ‘Vioolband’ wat in 1902 op Burgersdorp bestaan het en tydens gesellighede musiek verskaf het. Hulle is (voor) DJ en L du Plessis, (sittende) A Pienaar, GHJ Kruger, dirigent, J du Plessis, pianiste, JJA Coetzee en HJ van der Walt. Agter staan N van der Walt, JC van der Walt, PJ Lion-Cachet en J Buys. Japie (JD) du Toit was aan die einde van die 1890’s die dryfkrag agter die stig van ’n ‘Studenten Muziek Vereniging’ by die Teologiese Skool op Burgersdorp. Hy het later as die digter Totius bekendgestaan. Du Toit was van 1896 tot 1899, toe hy sy kandidaatseksamen in Teologie afgelê het, student aan die Teologiese Skool op Burgersdorp. Dié strykorkes wat in ongeveer 1916 gestig is, was een van die eerste musiekmakers op die PUK. Totius, toe bekend as prof JD du Toit, sit in die middel agter met ’n viool. (Foto’s: NWU Argief)
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
19
daarvoor is reeds in 1942 vir die uitgee van Die Wapad gedoen, maar dit is deur papiertekort tydens die Tweede Wêreldoorlog gekortwiek. Sedert 1946 het die blad onafgebroke verskyn en oor die jare het Die Wapad beslis bygedra tot die ontwikkeling van die kultuurlewe op die kampus. Die Wapad is nooit as ‘kultuurvereniging’ gereken nie en het van meet af aan direk onder die jurisdiksie van die Studenteraad gestaan, maar het sekerlik ’n leeueaandeel gehad in die bevordering van kultuurbedrywighede op die Puk.
ERKENNING VIR KULTUURLEIERS
In 1955 het die Studenteraad besluit om erkenning te gee aan groepe of persone wat hulle onderskei het op die gebied van kuns en kultuur. Die Wapad skryf op 20 Mei dat die besluit eintlik ’n lang ompad geneem het, nadat daar a anvanklik besluit is om dit vir ’n akademiese p resteerder te gee, maar komplikasies hiermee en besware het die SR van besluit laat verander het. Dié trofee het bekendgestaan as die PW Buys-wisseltrofee en is geskenk deur “Oom Piet Buys”. Die Wapad beskryf die trofee: “Die trofee is heeltemal In 1945 is die Algemene Bestuur vir Kuns en Kultuur uit hout gesny en neem die vorm van die PU-wapen. (ABKK) as onderliggaam van die Studenteraad g estig. Die trofee bestaan hoofsaaklik uit donkerkleurige tambotiehout met ’n deel van die voetstuk gedraai Die 1945 Besembos berig só daaroor: uit olienhout en die vlamme van die kandelaar gesny Die ABKK as skakelkomitee, wat die kuns uit geel seringhout.” en kulturele sake in die studentlewe moet Dit blyk die eerste keer in die geskiedenis van behartig, het hierdie jaar nog nie veel prestdie Puk te wees dat daar aan kultuurpresteerders eer om sy bestaan ten volle te regverdig nie, erkenning gegee word. Die Wapad sê: “Dit bied ook omdat die funksies en belange wat die bestuur nou geleentheid aan seker die breedste massa van die moes b ehartig nog nie presies bepaal was nie. studentelewe om erkenning te kry vir hulle d ienste, Deurdat die konstitusie gedurende die jaar ’n gebied waarop daar voorheen nooit erkenning eindelik voltooi is, sal daar egter van aanstagekry is nie.” ande jaar af met alle erns gewerk kan word. Van die eerste ontvangers van dié trofee was Thalia Die funksies van die ABKK was om skakeling en PU Musiekvereniging, volgens Die Wapad van 25 te b ewerkstellig tussen die Kultuurraad van September 1956. Benewens die koördinering van k ultuur Potchefstroom, die FAK, die ATKV, die ATKB en ander organisasies, het die ABKK ook – nes sy opvolger, die kultuurorganisasies. Só skryf In U Lig: SR-Kunsteraad vandag – self sekere aksies geloods. Hulle het ook jaarliks ’n program opgestel Een daarvan was om ’n liedjiebundel uit te gee. vir aksies soos sing-songs voor Intervarsity, In 1961 is daar besluit om die ABKK te vergroot. In die deelname aan die ASB-kunstefees, die die jaarverslag van die S tudenteraadsvoorsitter word reël van kultuurfeeste en die samestelling dit só in die Besembos verduidelik: van ’n sangbundeltjie. Die posisie van die ABKK in ons studentelewe Die eerste sangbundeltjie is in 1955 uitgegee. is grondig ondersoek. Daar is besluit op vergroting van die bestuur van twee lede na drie per onderliggaam. Mag die uitbreiding verhoogde aktiwiteit tot gevolg hê.
KOMITEE VIR KUNS EN KULTURELE SAKE GESTIG
20
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
In dié jaar was daar vyf k ultuurorganisasies wat onder die ABKK gefunksioneer het: die PU–Debatsvereniging, PU-Skaakklub, PU-Volkspele laer, Thalia Toneelverenig ing en die A labama- Studenteorkes. Gaandeweg is daar besef dat die verenigingslewe ’n baie belangrike aspek van die studentelewe en die ontwikkeling van elke student is. In 1963 skryf mej AS van der Walt ’n artikel wat in daardie jaar se Besembos gepubliseer is met die titel: “Die invloed van die Verenigingslewe aan die Universiteit op die Student”. Sy skryf: Om selfstandig te kan optree, moet ons eers kan “doen”. Die bedrywighede in die s tudentelewe is hier ’n waardevolle leermeester. Van die kant van die studentebedrywighede behoort hierdie aspek deeglik in die oog gehou word. Die ware leiers behoort die beginsel van goeie liggaamlike en geestelike gesondheid te huldig. Daar is bevind dat vyf-en-twintig jaar na die verkryging van ’n graad, hierdie persone (wat aktief deelgeneem het aan die verenigingslewe) se inkomste ongeveer 20% bo die gemiddelde is, en die wat geen buite-aktiwiteite gehad het nie, 10 % onder die gemiddelde. Gesonde aanraking met ander studente - veral deur middel van die verenigingslewe - is dié ideale skaaf (om karakter te vorm). In 1963 is daar aan FA de Villiers opdrag gegee om ’n ondersoek te loods na die bestaansreg van die ABKK. ’n Verslag daaroor is opgestel saam met NP Heystek en PE Buys. Hierin word daar tot die gevolgtrekking gekom dat “daar wel bestaansregverdigingsgronde is vir ’n saambindende instansie vir die behartiging en bevordering van Kuns en Kultuur aan hierdie Universiteite en na buite, dit wil sê die ABKK”. In die motivering vir die stelling word genoem dat die ABKK ’n belangrike rol speel om s kakeling te bewerkstellig tussen onderskeie liggame, om a spekte soos jaarprogramme en begrotings te hanteer, maar
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
veral die “uitstryking van onderlinge datumverskille tussen die onderliggame”. Daar word gemeld dat ’n “direkteur van kulturele aangeleenthede” behulpsaam kan wees met die werksaamhede, sowel as met die skakeling na buite. Dit was waarskynlik die eerste keer dat die behoefte aan ’n kultuurorganiseerder geboekstaaf is. Kunstefeeste is ook tydens die sestigerjare deurlopend deur die ABKK aangebied. In U Lig sê dat saam met die Vreugdedagvieringe, wat later K arnaval, en nog later Jool sou word, was dit die basis van die kultuuraktiwiteite op die Puk. Met stygende studentegetalle beleef die Puk in die sestiger- en sewentigerjare ’n reusegroei in kultuurverenigings. Net in 1971 maak vier nuwe verenigings hulle buiging om die getal op nege te staan te bring. Ontspanning word in hierdie jare belangriker. In 1966 was ’n Ontspanningskomitee deel van die werksaamhede van die ABKK. Dié jaar het hulle rolprentvertonings, ’n ‘non-sleperfunksie’ en ’n fietsresies aangebied. In 1963 is ’n diskoteekkomitee gevorm en dit word in 1969 ’n diskoteek- en fliekkomitee. Cine-PUK word in 1975 gestig en bestaan later as die P UK-Filmvereniging met enkele onderbrekings tot in 2006. Die ABKK het in 1966 ’n verwelkomingsdinee vir die eerstejaars aangebied. ’n Verslag d aaroor meld dat eerstejaarsdames blykbaar net die dinee kon bywoon as hulle deur ’n man ‘geskiet’ is. “Anders as in die verlede was die belangstelling in dié aspek van die dinee swak en was daar heelwat e erstejaardames wat die dinee nie kon bywoon nie. Daar is vir 600 gereed gemaak en net 454 het dit bygewoon.” Om 454 mense te onthaal het in 1966 nie veel meer gekos as ’n aandjie uit vir ’n p aartjie v andag nie. Uitgawes behels R283.04 vir die voedsel, R77.08 vir drank en R84.88 vir die huur van die Totiussaal en daar was ’n oorskot van R52.33. Die skade was “volgens kenners” minimaal. Dit sluit 56 g ebreekte glase uit die 600 wat hanteer is, agt asbakkies en een beker van die Queen’s Hotel (deesdae
21
I mpala) én die luik van die kafeteria wat weens die onverantwoordelikheid van ’n eerstejaar gebreek is in.
DIE “KUNSKULTURELE PROJEK” – RIGTINGWYSER VIR KUNS EN KULTUUR Die ABKK het in 1965 opdrag gekry om die moontlikheid te ondersoek van ’n Kunskulturele Projek. Dié projek is geloods nadat “studente onder die huidige omstandighede dit baie m oeilik vind om hulle optrede na buite, weens verskeie faktore, op ’n hoë standaard te bring”. Die doel van die projek was om “die koördinering van kunskulturele instansies op die Universiteit met die doel om onder leiding van, en met die steun van die U niversiteits-owerhede, iets van hoogstaande kunskulturele waarde aan te bied”. Dié verslag oor die loodsing van hierdie p rojek, wat in 1965 bekendgemaak is, kan gesien word as rigtingwyser vir die ontwikkeling van die kunskulturele bedrywighede op die k ampus en het onder meer aanleiding gegee tot die ontwikkeling van Alabama se revues en die formele stigting van die Universiteitskoor. Ter agtergrond wys die verslag die tekortkominge in die aanbied van die operetteprogramme van Alabama uit en sê dat iets aangebied moet word wat die “meer kultuurbewuste stedelike mens sal bekoor”. Twee jaar later is Alabama se eerste revue-styl program op die planke gebring. Die verslag sê ook dat die Puk ’n koor soortgelyk aan die Stellenbosse Universiteitskoor op die been kan bring wat die naam van die PU vir CHO “op hoë kuns-kulturele vlak deur ons land kan dra”. Die volgende jaar is die PU-Koor gestig. Een van die aspekte uit die verslag was die gebrekkige fasiliteite vir die aanbied van kunskulturele geleenthede van hoogstaande gehalte. Die verslag meen dat ’n opelugteater – soos die Amfiteater vandag is – die ideale plek sal wees. Die
22
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
aanbied van ’n projek sou moontlik die bou van so ’n teater verhaas. In die jaarverslag van die ABKK van 1966 word gesê dat dié projek weens die bedrywige j aarprogram dié jaar nie verder gevoer kon word nie. Teen 1966 het die Kunskulturele Projek ontwikkel tot die moontlike totstandkoming van ’n Kunskulturele Stigting. Die notule van die ABKK van 24 Junie 1966 sê dat alhoewel fondse bekom is deur middel van die Skakelkomitee, is dit steeds te min. Die gebrek aan geld en geriewe om ’n “hoë s tandaard van kunsaanbiedinge daar te stel” kortwiek ook die projek. So ’n Stigting sal nie die ABKK vervang nie. Die notule meld voorts: “Dit kan nie gesien word as ’n grootheidswaan as die ABKK hierdie dinge in sy hand wil hou nie, want die studente het tog sekerlik die reg om die inisiatief in die sake te behou”. Wat egter insiggewend is uit hierdie n otule, is dat daar gemeld word dat “dit is reeds op hierdie stadium duidelik is dat die behoefte aan ’n p ermanente organiseerder sterk gevoel word”, veertien jaar vóór die aanstelling van Horst Bütow as Studenteadviseur: Kultuur. ’n Gebrek aan fasiliteite was een van die aspekte wat die verwesenliking van die ideaal om die Kunskulturele Stigting tot stand te bring, gekortwiek het. In dié v erband sê die n otule ook: “Ons moet solank begin dink aan die ideaal van ’n Studentesentrum.” Die Studentesentrum, soos dit vandag nog bekendstaan, is in 1979 in gebruik geneem. Skakeling met die departement Ontwikkeling en Beplanning is vroeg in 1966 gedoen in verband met die verbouing van die verhoog van die T otiussaal. Dit was egter die aanbieding van die Lentekonsert van 1966 wat ’n deurbraak in dié skakeling meegebring het. Die verslag aan die ABKK oor die stigting van die Skakelkomitee vir Kunskulturele Aangeleenthede van Februarie 1967 brei uit: Mnr HM Robinson het van die kant van die Departement Ontwikkeling belanggestel in die uitvoerings van die studente aangesien dit ook ingespan kan word om die Universi-
teit bekend te stel. ’n Tipe konsert soos die Lentekonsert, en die tipe kuns wat aangebied is, sou goed vir hierdie doel dien. Samespreking tussen die ABKK ampsdraers, mnr obinson, prof DP Erasmus (erepresident van die R ABKK) en mnr PG Snyman het plaasgevind: Veral die toer van die Alabama Studente geselskap was hier die middelpunt van b espreking a angesien die departement Ontwikkeling hulle bereid verklaar het om binne hulle vermoë behulpsaam te wees met die beplanning daarvan. Verdere samesprekings het ’n behoefte aan nouer skakeling met die Musiekkonservatorium en die departement Spraakleer en Drama uitgelig. Dit het daartoe gelei dat mnr Robinson die aangeleentheid met die Rektor, prof Hennie Bingle, bespreek het waarop ’n skakelkomitee vir kunskulturele aangeleenthede ontstaan het. Die komitee bestaan uit die v oorsitter en o ndervoorsitter van die ABKK en verteenwoordigers van die onderskeie departemente. ’n Stigtingsvergadering is op 1 Desember 1966 belê waarop die voorgenome aktiwiteite van die komitee uitgestippel is. Dit sou wees: §§ Die koördinering van die belange van die Departement Spraakleer en D rama, die Konservatorium en die ABKK vir kunsopvoerings op die k ampus; §§’n Ondersoek om ’n fonds op die been te bring vir die aankoop van fasiliteite vir kunsopvoerings; §§ Hulp met die keuse van toerstukke vir Alabama en Thalia; §§ Beplanning van toerroetes en verkryging van kontakte op die verskillende dorpe; §§ Bespreking van metodes om die eerstejaars gouer en met groter sukses by die k unskulturele verenigings in te skakel;
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
§§ Die verkryging van nodige kontak ten opsigte van oefenlokale vir kunskulturele verenigings §§ Verder ook die koördinering van datums van alle kunsopvoerings in Potchefstroom.
Die totstandkoming van ’n Kunskulturele Stigting is ook bespreek: Die uiteindelike doel van hierdie samesprekings en die funksionering van ’n skakelkomitee moet ook wees die ontstaan van so ’n stigting met ’n permanente organiseerder om die kunskulturele sake aan die Universiteit te behartig. Teen die einde van die SR-termyn van 1967 word daar in die verslag van die ABKK g emeld dat ’n skakelkomitee vir die kunskulturele d oeltreffend gefunksioneer het en “nouere k ontak bewerkstellig het tussen ABKK, Departement Spraakleer en Drama, die Musiekkonservatorium en die Departement Ontwikkeling en Beplanning. ’n Uitvoerige plan om die bedrywighede van die ABKK vir 1967 aan te voer is opgestel. By die beplanning word talle aktiwiteite ingesluit: §§ deelname aan die ASB-Kunsfees §§ organisering van ’n ABKK-Kunsfees §§’n konsertseisoenreeks §§ verskeie kursusse, onder meer ’n kultuurleierskursus en koorleiers- en volksangkursus §§ die verkryging van fondse vir die koor en vir “fasiliteite op kuns-kulturele vlak” §§ die moontlike instel van ’n landswye wedstryd vir ’n Afrikaanse operette §§ ondersoek na die behoefte vir die beoefening van fotografie en beeldende kunste §§ kunstoere.
23
In 1974 het die ABKK volledig gedesentraliseer en uit elke koshuis is ’n verteenwoordiger benoem om op die ABKK se Interkoshuiskomitee te dien. Enkele Puk-bekendes was lid van dié komitee. Horst Bütow, tans direkteur van PUK-Kunste, staan in die tweede ry derde van links en George Lötter, later professor in Teologie, staan heel regs in dieselfde ry. (Foto: Besembos 1974)
Ten spyte van noue skakeling tussen die ABKK en die Departement Spraakleer en Drama en die feit dat dosente van die departement betrokke was by die regie van Thalia-toneelstukke, meld die verslag van die Studenteraad van September 1965 tot S eptember 1966 dat mnr Theunis Botha van S praakleer en Drama te kenne gegee het dat dit onmoontlik is vir lede van sy departement om hulp aan die ABKK en sy onderliggame te verskaf. Boon-op is die d epartement – en die Konservatorium – nie geneë dat “persone wat aan hierdie d epartement verbonde is, sonder toestemming na buite optree nie”. Vir 1968 is ’n konferensie oor kunskulturele aktiwiteite aan die PU georganiseer. Dit het op 15, 16 en 18 September plaasgevind. Die ABKK, sy onderliggame, die SR, departement Spraakleer en D rama, die Konservatorium, d epartement Opvoedkunde, die A frikaanse K ultuurraad van Potchefstroom die ASB en die departement Kultuurkunde sou uitgenooi word. Die aandag wat kunskulturele a angeleenthede op die Puk in die laat sestigerjare ontvang het, het
24
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
nie net ’n hupstoot aan die k ultuurlewe op die kampus gegee nie, maar ook gesorg dat die studente se toerliggame groter ondersteuning van owerheidsweë gekry het. Die groot groei in studentegetalle het daartoe g elei dat nuwe verenigings gestig is. Herorganisasie bring mee dat die Algemene Ontspanningsbestuur (AOB) in 1973 ontstaan. Van die verenigings wat toe onder die ABKK gepatroneer is, is na die AOB geskuif. In 1974 het Florna en Montium, die Republiek Tarentalia, die Fliek, Diskoteek-, D inee-intertee-, Fees-, Kafeteria-, Spele- asook die Sing-song-komitee onder die AOB ressorteer. Uit die jaarverslag van die Studenteraad vir die termyn 1973/74 blyk dit dat die S tudenteraad dié jaar aanpassings moes maak om die g roterwordende studentegetalle te hanteer. Van 1971 tot 1976 het die studentetal van 4 800 tot 6 474 gegroei. Vir die ABKK het dié groot groei in studentegetalle en die sterk fokus op kulturele aktiwiteite daartoe gelei dat die ABKK in 1974 ten volle desentraliseer in feitlik al hul aksies.
EERBEWYSE VIR KULTUUR
D
ie gebruik om eerbewyse aan studente te maak wat ’n belangrike bydrae op kulturele gebied gelewer het, is in 1971 ingestel. Die Wapad skryf op 29 Augustus 1975. Die aanvanklike ontvangers van die toekenning lees soos ’n ‘Wie’s Wie’ van die PUK: Die bestuur van die ABKK het in 1971 besluit om ’n jaarlikse meriete-toekenning te maak aan s tudente wat hulle op ’n besondere wyse vir die bevordering van die kuns en kultuur aan die PU beywer het. Vir 1971 is die toekennings aan Aalwyn Kraamwinkel, Jorrie Jordaan en Leo van Schaik gemaak. In 1972 het Pieter Mulder, Ryno Louw en Jan Nagtegaal vir die sertifikaat gekwalifiseer terwyl Horst-Peter Bütow, Riaan Odendaal en Marius
Schalekamp vir 1973 die toekennings ontvang het. In 1974 gaan die lourierkransie aan Eric van der Walt, Theuns Eloff en George Lötter en vanjaar word dit toegeken aan Jan Swanepoel, Johan van Rensburg en Peet Ryke. Leo van Schaik was ses jaar, van 1968 tot 1973 in die ABKK hoofbestuur, onder andere as voorsitter daarvan vir die laaste drie jaar. In 1969 was hy stigter van die PU Voortrekkerbeweging en in 1968 was hy stigterslid van die Fotografiese Vereniging. Leo was ook direkteur: Kuns-Kultureel van die ASB-komitee op die PU van 1968 tot 1971. Horst-Peter Bütow en Peet Ryke het hul toekenning ontvang vir die wyse waarop hulle Alabama gelei en bekendgestel het.
Elke k oshuis het ’n verteenwoordiger op die raad met gesag beklee word omstudentebelange op interkoshuiskomitee gehad, wat tot gevolg g ehad het die kuns-kulturele terrein te behartig” en is onder dat alle aksies waaraan daar op ’n interkoshuisbasis meer bevoeg om: deelgeneem het baie glad v erloop het. Die AOB se §§ Seniorprogramaande te reël vir leeftyd is egter van korte duur, want met die heroreerstejaars ter bekendstelling van die ganisasie van die Studenteraad in 1976 verdwyn die kuns-kulturele kring, AOB en sommige verenigings wat onder die AOB §§Toere na konsertopvoerings te reël, en gepatroneer is, val daarna onder die nuutgestigte §§Algemene kulturele belange van die Kultuurraad. studente na om te sien. Die posisie van die ABKK binne die Studenteraad in hierdie jare blyk uit sy Grondwet, dié van die Die ABKK bestaan toe uit die voorsitter, onder Studenteraad en die Huishoudelike Reglement voorsitter, sekretaris, penningmeester, a lgemene van die Studenteraad. Die ABKK is een van die organiseerder, twee lede vir die ABKK- inter hoofbesture van die SR. koshuiskomitee, voorsitters van die gepatroneerde onderliggame en twee verteenwoordigers van die SR Die SR het ook sewe belangekringe geïdentifiseer, wat ook die v oorsitter en/of die lede van die ABKK- waarvan die K unskulturele kring een is. Die ander is: interkoshuiskomitee kan wees. In die jaarverslag van die Studenteraad van 1974 §§ Die Algemene Dienstekring word daar só oor die ABKK geskryf: §§ Die Ontspanningskring ’n Seniorprogramaand, tarentaalspele en §§ Die Korps Veritas Vincet, of Spesifiek ander aksies is soos vorige jare aangebied. Die lewensbeskoulike kring sêrkompetisie is vanjaar deur ±1 500 mense §§ Politieke kring bygewoon. Vanjaar is ook ’n eerstejaarsdebat §§ Sosiaal-Akademiese kring en besoeke aan uitvoerings gereël. Alabama, §§ Sportkring Thalia, die Universiteitskoor en Volkspele het baie suksesvolle toere onderneem. Die Grondwet sê dat die ABKK “deur die S tudente-
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
25
Die brandstofkrisis van 1974 het tot gevolg gehad dat die ABKK se “gebruiklike toer” na die Skouburg in Johannesburg nie kon plaasvind nie. Só berig die voorsitter van die ABKK in sy jaarverslag. Dié brandstofkrisis het ook ingrypende implikasies vir ander toergroepe van die Puk gehad.
ABKK WORD KULTUURRAAD IN 1976
Herorganisasie vind in 1976 plaas en terselfdertyd word die ABKK se naam verander na die Kultuurraad. Dié jaar was daar veertien kultuurverenigings by die Raad g epatroneer. In die jaar waarin die eerste televisie-toetsuitsendings deur die SAUK gemaak is, slaag die Puk daarin om televisiedekking aan beide die Ontheffingsdinee van Eerstejaars en die Kaap-na-Rio-Wedvaart te bewerkstellig. Dit was te danke aan Adriaan Jacobz, o ndervoorsitter van die Kultuurraad. Die volgende jaar sluit die uitgebreide take van die Kultuurraad ook die organisering van ’n Kovsie-Intervarsity en die Lentefees in. Die Raad self bestaan uit 24 persone. In 1981 sê die Besembos dat die Kultuurraad sy taak só gesien het: Om op georganiseerde vlak die spesifieke kuns-, kulturele en ontspanningsbelange van die studentegemeenskap te behartig en om die werksaamhede van die onderliggame te koördineer.
Benewens die verenigings wat onder die p atronaat van die Kultuurraad val, het dié Raad in 1985, v olgens die Puk-gids, ook dié geleenthede gereël: §§ Bekendstelling (van die Kultuurraad) aan eerstejaars tydens die Ontvangsprogram §§ Seniorprogramaand (optredes deur onder andere Alabama, PU Koor,
26
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
PU-Kaners en Thalia) dien as bekendstelling van eerstejaars en alle nuwe Pukke §§ Eerstejaarsverwelkomingskonsert §§ Sêrkompetisies §§ Kultuurraaduitstalling §§Talentfees §§ Kultuurkonferensie saam met afgevaardigdes van ander Afrikaanse universiteite §§ Republiekfees en §§ Lenteaandprogram.
Die Seniorprogramaand is tot 1986 deel van die O ntvangs- en Bekendstellingsprogram. Die samevattende evaluering van die 1987 program b eveel aan dat die “seniorprogramaand waar al die toergroepe optree, net na afloop van die eerstejaarsdinee, geen doel dien nie. In sommige kommentaar word dit as ’n antiklimaks vir die dinee beskryf. Eerstejaars is moeg en stel nie belang nie”. Dit word aanbeveel dat dit verskuif of weggelaat word. Dit word nie ingesluit by die dinee in die program vir 1987 nie. In sy jaarverslag vir die tydperk 1 Oktober 1984 tot 19 Augustus 1985 sê die Kultuurraad dat die nuwe stelsel ten opsigte van voogverenigings wat geïmplementeer is, ’n verbetering was op die bestaande stelsels en dat dit groot vrugte afgewerp het. Dit behels kortliks die volgende: Vir elke kultuurvereniging wat onder die Kultuurraad gepatroneer is, is daar ’n voog op die Uitvoerende Komitee van die Kultuurraad. Die voogde is verantwoordelik vir terugvoer oor enige aspekte rakende hulle voogverenigings aan die Kultuurraadvoorsitter. Die verslag sê verder: Probleme wat opgelos is, is Montium, die Universiteitskoor en Thalia se lokaalprobleem, asook die kwessie van patronaat van Cine-PUK.
Een van die Karnaval-aksies van die laat sewentiger- en vroeg tagtigerjare was ’n Kaap-na-Rio-Wedvaart. Koshuise het elk ’n vlot gebou wat op die Potchefstroomdam te water gelaat is én afgesien daarvan dat dit nie moes sink nie, moes dit die wedvaart wen. In 1978 was die ‘Vlieënde Kasteel’ die wenner.
Hoogtepunte van prestasies is Alabama se suksesvolle besoek aan Taiwan, ook toere in Suider-Afrika deur die Universiteitskoor, Akustic, Alabama en Montium. NB: PU-Kaners het ’n naamsverandering sowel as ’n samestellingsverandering ondergaan en heet nou Akustic. Eerstejaars word in 1985 in die Puk-gids aangemoedig om by die Puk se kultuurorganisasies aan te sluit: Om Puk-student te wees, beteken om g ebalanseerd te wees. Om balans te kan bevorder, bied die Universiteit die geleentheid vir ongekende
k ultuurlewe waarvan jy met volle lewenslus kan deelneem. Die Raad sien sy taak in 1985/86 so: §§ Om die beginsels van die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing op die terrein van die kuns en die kultuur te bevorder met toespitsing op die Afrikaanse kuns en kultuur. §§ Om op ’n georganiseerde vlak die kuns en kulturele belange van die studentegemeenskap te behartig. §§ Om die werksaamhede van die
JAARPROGRAM 1985/86 nn8 Oktober Enkelsêr nn15 Oktober Gemengde sêr nn16 Oktober Lenteaand en voorstellingskompeitisie nn6 Febraurie Seniorprogramaand nn27 Februarie - 2 Maart Amajubafeesviering saam met die Geskiedenis-vereniging
nn3 Maart Eerstejaarskonsertrepetisie: mans nn4 Maart Eerstejaarskonsertrepetisie: dames nn5 Maart Eerstejaarskonsert: dames nn6 Maart Eerstejaarskonsert: mans nn4-12 April Kultuurtoer
nn15 Mei Talentfeeskleedrepetisie nn16 Mei Kampustalentfees nn29 Augustus Kultuurdinee aangebied deur die Kultuurkantoor saam met die Kultuurraad.
nderliggame in die Kultuurraad te o koördineer.
Teen 1987 was 17 onderliggame by die Kultuurraad gepatroneer. Eerstejaarstudente word in die Puk-gids van 1988 ingelig dat die Kultuurraad van 1988 sy doel sien as “om die belange van die Puk-student op k ulturele terrein te b ehartig, en ook om kultuur te bevorder en te koördineer op die kampus”. Dié jaar word die kultuurlewe op die Puk onder ’n eie opskrif beskryf in die Puk-gids. Dit is vroeër genoem onder die a ktiwiteite van die S tudenteraad. Meer inligting word gegee oor die Alabama Studentegeselskap en die P U-Koor. Eerstejaars word uitgenooi om geleenthede wat in die onderskeie lokale van die Puk, die Sanlam-Ouditorium, die Kamertoneel van departement Spraakleer en Drama en die Konservatorium gehou word, by te woon. Die Kultuurraad gee in 1990 ’n klein A6-grootte boekie uit om die Raad en sy sewentien v erenigings bekend te stel. In die i nleiding verklaar die Kultuurraad: Die Puk is voorwaar ’n skatkis van kulturele rykdom, Puk-kultuur is ’n dinamiese proses van voortdurende skepping, versorging, uitbouing en meelewing. Dit is vir die Puk-gesin ’n innerlike lewenswyse en nie ’n geleentheidsaksie nie! Ons leef ons verantwoordelikheid, om ons kultuur te handhaaf en uit te bou, ten volle uit. Kultuur is ’n belangrike prioriteit op die Puk. Dié brosjure word weer in 1992 uitgegee, dié keer in die vorm van ’n volkleur-voubiljet. Toe is daar 17 onderliggame by die Kultuurraad gepatroneer. Akustic wat in 1991 ophou bestaan het, word nog op dié pamflet genoem. Akustic was in die laaste jare van sy b estaan die orkes wat sing-songs tydens intervarsity begelei het. In dié pamflet word die groep, Rendezvous, gelys, wat graag kontemporêre musiek wil bevorder. “Die groep se primêre doel is om die Puk-massa by die sing-songs en intervarsity teen die Kovsies te begelei.”
28
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
In 1996 word eerstejaars in die eerste Wapad van die jaar (20 Januarie) meegedeel: Die Puk brul van kultuur. Hier tussen die eike- en wilgerbome van Potchefstroom is daar talle geleenthede vir ieder en elk om hulle op kultuurvlak uit te leef. Teen 1997 word daar gereken dat: “Die Puk is seker die Universiteit in die land met die rykste kultuurtradisie en daarom word daar ook dikwels na ons verwys as ’n “kultuurmekka.” Die Wapad skryf op 23 Januarie 1999 liries oor die kultuurlewe op die kampus: Om jouself te verdiep in kultuur, is ’n ervaring wat geen persoon homself kan ontneem nie. Veral nie ’n voornemende Puk nie. Die hele aksie van verstrengeling in een of ander kulturele aktiwiteit, is van so ’n aard dat dit heeltemal verslawend is. Vra enige student wat al sy hand daaraan gewaag het, as jy eers deel is, wil jy net aanhou. Menige student het al sy termyn verleng om deel te wees van sy gekose organisasie. In 2002 is daar 16 kultuurliggame wat onder die Kultuurraad ressorteer. In 2004 kom dit op die lappe dat HK’s eerstejaars afraai om die keurings vir toergroepe soos Thalia, Momento, die Serenaders en die C heerleaders by te woon, stappe moes bedink word. Tydens ’n vergadering van Horst Bütow met die Kultuur HK’s van die koshuise, is bekend gemaak dat koshuise punte kon versamel om die kultuurbeker te wen as eerstejaars keurings bywoon. Elke koshuise kry twee punte vir elke eerstejaar wat by ’n t oergroepkeuring opdaag, tot ’n maksimum van 60 punte. Vir elke student wat die keuring slaag, kry die koshuis 30 punte. Die koshuis wat per capita wen, kry vir elke persoon in die koshuis tot ’n maksimum van 250, ’n gratis filmfeeskaartjie van hulle keuse. Na die stigting van die ABKK in 1945, die naamsverandering in 1976 na die Kultuurraad, vind die volgende groot mylpaal in die geskiedenis van
hierdie liggaam in 2007 plaas, toe daar besluit is om van die kultuurliggame wat onder die Kultuurraad gepatroneer is te verskuif na die Verenigingsraad. Só berig Die Wapad op 17 Oktober 2007. Liggame wat nie uitvoerende aktiwiteite het nie, is na die Verenigingsraad geskuif, terwyl dié liggame wat op- of uitvoerings hou daarna onder die Kultuurraad bly. Onderliggame wat na die Verenigingsraad skuif is DAS, Landsdiens, Voortrekkers, Wyngilde, GK267, Dumelang, Le Cercle Francais en die Jagger Bequest Society. Die SR-Verenigingsraadvoorsitter was toe Cyprian Moloto. Die waarde wat die Puk aan sy kultuuraktiwiteite heg, blyk uit ’n berig wat op 1 Mei 2008 in Wapad verskyn onder die opskrif: “Kultuur hou die Puk se hartklop aan die gang”. Leniesé Erasmus het met Marelize Gloy, ’n lid van die SR-Kultuurraad, ’n onderhoud gevoer om die berig te skryf. ‘Kultuur is die gom wat die Puk bymekaar hou,’ sê Marelize Gloy, lid van die Kultuurraad en draai die kalklig op die besonderse rol wat kultuur op die Puk speel. Kultuur en die Potch-kampus van die NWU vorm ’n onlosmaaklike eenheid. Die Puk se identiteit lê in sy kultuuraktiwiteite en die gehalte van prestasie wat studente op hierdie gebied behaal. Die diversiteit van die kultuuraktiwiteite op die kampus voorsien in alle fasette van kultuurbelangstelling. In 2008 bied PUK-Kunste ’n opleidingsprogram vir die SR-Kultuurraad, onderliggame en Kultuur-HK’s aan. Aspekte wat ingesluit is, was: Wat is kuns en kultuur? En wie en wat is die Departement Kultuur? Chris de Bruyn gee teatertegniese opleiding en dit sluit in: inligting oor tegniese aspekte binne ’n teater, dekor, rekwisiete, klank en beligting. Tegniese aspekte van Ouditorium. Studente kry ook o pleiding ’nToneel uit Alabama se produksie is gekies vir die voorblad van die pamflet wat die Kultuurraad van 1992 se bedrywighede bekendstel. (Foto: PUK-Kunste-argief)
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
29
  Johannes Schickerling het in 2004 vir Die Wapad geskryf oor sy ervaring van die kultuurlewe van die PUK-kampus. Dit het op 6 September verskyn.
in projekbestuur in die kunste en leer hoe om ’n uitvoering te beplan, te beheer en te kontroleer. In 2008 sê Chrisjan van den Berg, SR: Kultuur, aan Die Wapad dat koshuise in ’n ‘uiterse goeie gees’ meeding wanneer daar teen mekaar gekompeteer word om aan die einde van die jaar die k ultuurtrofee in te palm. Die berig word op 1 Mei gepubliseer. Marlize Gloy word aangehaal en sê dat die Puk hom onderskei van ander universiteite wat betref die professionaliteit waarmee kultuuraktiwiteite benader word. Van den Berg beaam Gloy se uitlating as hy sê dat verskeie persone wat betrek word by die beoordeling van die kultuuraktiwiteite altyd met lof verwys na die professionaliteit waarmee die studente dit behartig en daaraan deelneem. ‘Die Puk is ’n kultuurmekka,’ sê Van den Berg oor die gehalte van die kultuur op die kampus.
KULTUURRAAD WORD KUNSTERAAD In 2010 word die SR-Kultuurraad se naam erander na die SR-Kunsteraad. Dit volg nadat die v nie-uitvoerende kultuurliggame in 2007 onder die patronaat van die SR-Verenigingsraad ingeskuif is. Die uitvoerende groepe wat toe onder die Kunsteraad gepatroneer was, sluit in Thalia, die PUK-Koor, PUK-Serenaders, Divaco, Disfunctional Beat, Buzzin’ en die PUK-Simfonie-orkes. Alanka Craffert was in 2009/2010 die SR-Kunsteraad se voorsitter. Alanka skryf só oor kultuur op die Puk in haar verkiesingsmanifes in Die Wapad se SR-kandidate bylaag: Wanneer jy deel word van kultuur op die Puk, word jy deel van iets baie groter as jouself. Jy word deel van ’n gemeenskap vol passie en liefde vir die kunste in enige vorm denkbaar. Deur die kunste leer en gee mens uitdrukking aan jou gevoelens en vertel en luister mens na
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
almal se stories op ’n unieke manier. Hierdie passie en liefde vir die kunste moet egter so gekoester, bewaar en ontwikkel word, dat dit op ’n daaglikse basis – tydens en na die Puk – ’n bydrae tot die algehele toepassing van kuns en gekultiveerdheid lewer. Soos vir elke voormalige SR-lid vir Kunste was dié jaar ook vir Alanka vol hoogte- en laagtepunte. A lanka vertel dat hulle in die berekening van die punte vir die Kunstebeker vir 2010 ’n fout begaan het en dat dit op 16 Augustus verkeerd in die Amfi aangekondig is. Op 19 Augustus vra die SR-Kunsteraad formeel in Die Wapad om verskoning en verduidelik hoe die punte bereken word.
Nadat Alabama se toere tot ’n einde gekom het in 2007, is daar vir die eerste keer in 2010 weer ’n studentetoer met ’n ligtemusiekprogram onderneem. Horst Bütow skryf in sy v erslag vir die eerste kwartaal van 2010: ’n Groep van agt van ons kunstestudente het hulle baie suksesvolle produksie Maanmond op ’n uitvoeringstoer geneem na dele van die Vrystaat, Noordkaap en die Wes-Kaap. Die optredes is goed bygewoon en het besonder gunstige kommentaar uitgelok. Die produksie is ’n kombinasie van g edramatiseerde teks, en begeleide sang van werke spesiaal deur twee lede van die groep gekomponeer – alles tekste van Breyten Breytenbach – vandaar die p roduksietitel Maanmond. Die p roduksie en toer is finansieel moontlik gemaak deur bydraes van die voormalige rektor, prof A nnette Combrink, PUK-Kunste en die Dagbreek Trust. Canvas, die jaarlikse kompetisie tussen sleep- koshuise, waar daar aanvanklik op b lokke in L over’s Lane geskilder is en van daar ontwikkel het na ander s kilderwerk, het in 2014 u itgebrei. Daar is ondersoek ingestel om dit dalk in die nuwe duikweg tussen die hoofkampus en die Ingenieursfakulteit te laat plaasvind. Die kunstenaars van hierdie projek kan erkenning kry vir hulle kunswerke indien hulle
31
dit ook vir die Talentfees sou inskryf, ook ’n eerste. Dié m uurskilderye is van ’n baie hoë standaard en in sy maandeverslag moedig Horst Bütow personeel, studente en besoekers om dit te gaan besigtig.
Teen 2014 beskryf die SR die aktiwiteite van die Kunsteraad só op die NWU se webblad: Kunste – die hartklop van die NWU-Puk! Kultuur is onlosmaaklik deel van Puk studentelewe en dit is SR: Kunste se doelstelling om aan elke student die geleentheid te bied om betrokke te raak by iets uniek aan ons kampus. Die Kunsteraad se Uitvoerende Komitee is verantwoordelik vir die aanbied van ses groot aksies, naamlik: Binglesêr, Eerstejaarskonsert, Canvas, Debat, Koshuistoneel en Enkelsêr en is betrokke by die Kampustalentfees wat deur PUK-Kunste aangebied word. S tudente word ook die geleentheid gebied om hul talente te gebruik en hul kreatiwiteit uit te leef by verskeie onderliggame: Buzzin’ Blaas orkes, Disfunctional Beat, Divaco, PUK-Amici, PUK-Koor, PUK-Simfonie-orkes, Boulevard Harmoniste, PUK-Serenaders, en Thalia Toneel. Dit is SR: Kunste se doel om op tradisies wat reeds gevestig is, voort te bou; die kultuur op kampus te bevorder en verder te ontwikkel; om toeganklik te wees vir alle studente, hetsy jy deelneem of ondersteun en dat bogenoemde in goeie gees sal geskied.
HOE HET DIE PUK OOR DIE JARE KULTUUR GESIEN?
In 2008 word daar in die Puk-gids gesê: “Alles in die wêreld roteer om kultuur. Kultuur is meer as mooi sing of goed teken. Dit is wie jy is en waar jy vandaan kom. Dit maak nie saak waarvan jy hou of waarin jy goed is nie, jy het verseker ’n element van kultuur in jou. Kultuur is werklik die hartklop van menswees, maar kultuur kan nie oorleef sonder mense nie.” Die siening van die Puk-owerhede en Studenteraad oor wat kultuur is en hoe dit beoefen moet word, het egter oor die jare dramaties verander. In die tydperk waarin die Puk sy ‘van’ “vir Christelike Hoër Onderwys” as grondbeginsel beskou het vir alles wat by die universiteit gebeur het, was dit natuurlik ook die uitgangspunt vir alles wat op die studentelewe betrekking het. In ’n artikel wat in die Besembos van 1964 verskyn, met die titel “Die Verenigingslewe aan die PU vir CHO”, word dit ook so gesien: In U Lig het vir ons die betekenis dat ons daarna streef (of miskien: behoort te streef) om die Bybel as die Woord van God op alle terreine van die lewe te gehoorsaam. Die skrywer van die artikel, RJP du Plessis, moedig sy lesers aan om betrokke te wees by die wel en wee van die Afrikanervolk en ’n uitstekende manier om dit te doen, is om betrokke te raak by die Afrikaanse Studentebond. Hy sê ook dat daar ’n vereiste aan elke PU-student gestel word om kultureel aktief te wees. Kultuur is egter ’n baie wye begrip en hy skryf voorts: Ons kan ’n idee kry wat ‘kultuur’ behels as ons die sogenaamde ‘kultuuropdrag’ in Genesis 1:28 nagaan: ’Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers daaroor . . .’
‘Kultuur’ snw. (kulture) word in die Verklarende Afrikaanse Woordeboek omskryf as 1. Geestelike Hy verduidelik dat die begrip “kultuur” hier in ’n besit van ’n volk op alle moontlike gebiede. 2. enger sin gebruik word en voeg by: “Eintlik omvat Produkte, u itkomste, skeppings, maaksels van ‘kultuur’ ook kunsuitinge.” Vir die volgende twintig jaar sou daar nie veel menslike werksaamheid en vernuf. 3. Beskawing. 4. Ontwikkeling. 5. Veredeling. kultuurmedium; veranderinge aan die wyse hoe die Puk kultuur en die uitlewing daarvan sien, plaasvind nie. In sy kultuurvereniging.
32
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
jaarbeplanning vir 1985/86 sê die Kultuurraad dat hulle hul taak sien: §§ Om die beginsels van die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing op die terrein van die kuns en die kultuur te bevorder met toespitsing op die Afrikaanse kuns en kultuur. §§ Om op ’n georganiseerde vlak die kuns en kulturele belange van die studentegemeenskap te behartig. §§ Om die werksaamhede van die onderliggame in die Kultuurraad te koördineer.
In 1985 verskyn die eerste volkleur Puk-gids vir eerstejaars. In die hoofstuk oor die Studenteraad word die Kultuurraad só bekendgestel: Beoefen jy kultuur? Elke mens se antwoord op hierdie vraag sal ja wees, want as ons deel is van ’n volk of gemeenskap, moet ons noodwendig deel hê aan hul kultuurbedrywighede.
Julle het seker al elkeen vleis gebraai en biltong geëet, maar het jy al daaraan gedink dat dit ook tipiese eienskappe van ons Afrikanerkultuur is? Ons moet besef dat ons elkeen ’n roeping het om kultuur te handhaaf en uit te bou, en op daardie terrein is daar meer as genoeg geleentheid op die PU vir CHO. Die doel van die Kultuurraad is dan juis om die belange van die Puk-student op kulturele terrein te behartig, asook om kultuur te bevorder en te koördineer op die kampus.
AFRIKANERKULTUUR IN 1985: VERANDER OF VERGAAN Oor ’n wye front blyk dit dat in dié jaar, 1985, waarskuwingsligte begin flikker oor die behoud van
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
die Afrikanerkultuur, omdat die jongmense, wat die jongste beoefenaars en toekomstige b ewaarders daarvan is, nie dieselfde erns daarmee maak en waarde daaraan heg as hulle ouers en voorgangers van enkele dekades gelede nie. Prof PH Kapp, sê in sy referaat, “Jeug en Toekoms: Tussen Handhaaf en Bou” wat hy gelewer het tydens die FAK-kongres wat van 10 tot 12 Julie 1985 in Bloemfontein gehou is, dat dit vanselfsprekend is dat die jeug vir enige gemeenskap, kultuur of volk belangrik is. Bekommernis oor die jeug wen hulle bereidheid, vermoë en gereedheid om die vraagstukke en uitdaginge van die toekoms die hoof te bied, is ’n universele en tydlose verskynsel. Die probleem is so oud soos die beskawing self. Die ‘bekommernis’ word ook gedeel deur die kultuurbeamptes van tersiêre inrigtings. Tydens ’n byeenkoms in 1985 het dr PC van Zyl van die Technikon Pretoria ’n kultuurprofiel gegee van die studente waarmee die kultuurbeamptes werk. Hy sê dat as ’n mens met jongmense oor kultuur gesels, kry jy ’n wye reeks antwoorde oor wat hulle dink kultuur is. Van hulle antwoorde is: §§ Kultuur is iets wat tydens sekere of spesiale geleenthede beoefen word. §§ Dit is iets waarmee die ouer of meer verkrampte deel van die volk hul besig hou. §§ Kultuur is die hou van volksfeeste waar die hoogtepunt lang droë en/ of emosionele toesprake oor ons geskiedenis is. §§ Sommige jongmense weer sal sê dat kultuur bestaan uit swaarwigtige konserte waar klassieke musiek, ernstige tonele, operasang en so meer aan die orde van die dag is. Hulle meen ook dat daar verenigings is, soos die oortrekkers, wat deel uitmaak van kultuur. Kultuur V is ook iets wat jou morsdood verveel.
33
Van Zyl se woorde weerklink in dié van prof PH Kapp: Die kommunikasie- en/of generasiegaping word geïllustreer deur die uiteenlopende waarde en betekenis wat aan die woord kultuur geheg word. Omdat die gemobiliseerde kultuurlewe vir vorige geslagte ’n besondere rol vervul het, het ons bewus of onbewus ’n uiters verskraalde en arm kultuurbeeld aan ons kinders oorgedra. Die styl waarin sommige onderwysinrigtings kultuur beoefen, versterk hierdie beeld. Daarom assosieer baie skoolgaande en ander jongmense die begrip kultuur met vervelige kultuuraande, speletjies, toesprake, preke, praatjies, preutsheid, voordragte en kunswedstryde. Die enorme verskeidenheid, rykdom en diepte van ’n kultuurlewe wat van die intieme inrigting van die huislike lewe tot die sport en politiek strek, gaan by hulle verby. Die assosiasie van kultuur met volksfeeste, Voortrekkeraktiwiteite en ernstige “geleerde” musiek skep ’n valse beeld. Nes ander skrywers, sê dr Van Zyl ook dat kultuur in wese alles is wat die mens doen. Dus beoefen studente ook hulle eie kultuur, deur na popmusiek te luister en van dans te hou – of soos hy dit stel ‘bokjolle of sokkiejolle’ – wat hy as ’n ritmiese kultuur beskryf. Ander aspekte wat by die jongmense se kultuur waargeneem word: §§ Drank speel ook ’n rol. §§ Hulle wil nie graag gebonde voel nie. Aktiwiteite wat op ’n gereelde basis insette vereis, soos byvoorbeeld om te behoort aan ’n Voortrekkerkommando, kry nie veel aftrek nie. §§Aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem sonder om gebonde te voel, word goed ondersteun. ’n Klub, soos ’n stapklub, waar daar nie gereeld
34
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
vergaderings bygewoon hoef te word nie en lede kan kies watter staptogte hulle wil meemaak, kry aftrek. §§Avontuur is ’n uitdaging. §§ By aktiwiteite wil hulleself betrokke wees en self ’n sê in sake hê. §§ Hulle kan met groot entoesiasme bedrywig raak met ’n aktiwiteit as hulle voel dat dit hulle idee is. §§ Hulle soek ideale om na te streef.
Prof Kapp verduidelik waar hierdie nuwe tendense vandaan kom: Sedert die laat vyftigerjare het die handelsen bemarkingswêreld die jeug ontdek. Die opkoms van wat die Amerikaners die teenager industry noem, het ’n nuwe dimensie geskep waarby ’n mutimiljoenbedryf betrokke is. Groot kapitaal en magtige bemarkingsorganisasie wat op groot winste ingestel is, manipuleer die smake en modes van jongmense oor die hele wêreld. Hy voeg egter by dat die Afrikanerjeug nie die w eelde van onbeheerde eksperimentering met idees kan bekostig nie: Die verantwoordelikheid wat ook op hulle skouers behoort te rus in die ingewikkelde patroon van verhoudinge met die talle magte wat vir die vrye voortbestaan van die Afrikaner nie veel omgee nie, beteken dat hulle in hulle geregverdigde adolessente soeke steeds die implikasies van hulle eksperimentering duidelik onder die oë moet sien. In hierdie begrensing tot ewewig het hulle die simpatieke begrip en meelewing van die ouer geslag nodig – ’n houding van luister en in openhartige gesprek tree. Van Zyl stem hiermee saam en sê dat hy die j ongmens wil help om as mens in totaliteit te ontwikkel: In die lesinglokaal word die student vir ’n
beroep voorberei. Ek moet help om hom/ haar vir die lewe voor te berei. Deur middel van die kulturele en sosiale aktiwiteite wil ek die student help om te leer o rganiseer, beplan, uit te voer, persoonlike e ienskappe en talente te ontwikkel, leierseienskappe te ontwikkel, verryk te raak. Hy beveel aan dat om suksesvol te wees om s tudente by kultuuraktiwiteite te betrek, hy die volgende doen: §§ Gaan haal hom daar waar sy belangstellings is en klee dit met inhoude wat u weet van belang is. §§ Wys hom daarop dat dit wat hy doen en waarvoor hy lief is, reeds kultuur is. Dan word kultuur nie iets om van weg te hardloop nie, maar raak dit dinamies deel van sy lewe – iets waaraan hy met trots kan bou. Kapp beaam dit en omskryf wat hy as die heel belangrikste saak beskou: Die behoefte aan ’n inspirerende ideaal vir ons jongmense, nie om hulle daarmee op mars te stuur nie, maar om vir hulle ’n stille inspirerende krag te wees. Kultuurinstellings en-organisasies kan met groot moeite en baie vindingrykheid strategieë beplan, skemas ontwerp en opperplanne opstel om ons jongmense betrek. Dit is mooi en goed dat dit gedoen word. Ons moet ook nie ophou om aktief te werk aan die betrokkenheid en vorming van ons jeug en ook die oordrag van kultuurwaardes en –goedere nie. Ons moet alle soorte geleenthede skep waaraan hulle ’n volle deel kan hê. Ons moet funksies só reël dat die gees en kwaliteit daarvan hulle sal aantrek. Hulle moet by die beplanning, die organisering en die aanbieding aktief betrokke wees.
Dieselfde jaar is ’n Kultuurkonferensie op die Puk aangebied waar onder andere prof Marius Swart,
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
die Rektor, prof Tjaart van der Walt en Horst Bütow opgetree het. In sy toespraak met die titel: “Die wese van kultuur met besondere verwysing na die Afrikaner” sê prof Swart dat daar geen enkele antwoord is op de vraag wat kultuur is nie en dat daar oor die drie honderd uitsprake rakende die begrip kultuur bestaan: Ons sou kon beweer: Kultuur omvat alles wat tot die natuur bygevoeg word en wat dus spesifiek met die mens te doen het. Kultuur is ’n leefwyse, ’n toestand, ’n gesteldheid en nie ’n aksiedaad per geleentheid nie. Kultuur omvat alle menslike bedrywighede van hand en verstand. Kultuur is die gesteldheid van ’n volksgemeenskap en dit omvat dáárdie geestelike en stoflike waardes, instellinge en ander skeppinge wat min of meer noodsaaklik geag word vir die sinvolle instandhouding van ’n samelewing. Van groot betekenis is die feit dat kultuur nie staties is nie, dit is pure dinamiek. Dit bevat altyd die twee pole van tradisie en vernuwing, van behoud en verandering, van toevoeging en weerhouding, van insluiting en uitsluiting, van meerdere belewing of m indere aanvaarding. Daarom beteken kultuur as sodanig berekende, voortdurende skepping, versorging, uitbouing, meelewing, vervarsing en gebondenheid. Kultuur, anders as beskaafdheid en beskawing, is eiesoortig, bloed- en afkomsgebonde, eksklusief, volksgerig. Wie tot sodanige kring toetree, word iets en iemand anders, kultuurgesproke, as wat hy in die kultuurgroep van sy herkoms was. Dat hy self ook ’n veranderende uitwerking kan hê, is gewis en dit bevestig die feit dat kultuur ’n veranderbare meganisme is. In die volgende jare het dié benadering nie veel erander nie en ses jaar later, in 1987, word die taak v van die Kultuurraad só beskryf: Dit is die Kultuurraad se taak om die begin-
35
sels van ’n Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing op die terrein van die kuns en kultuur te bevorder met b esondere klem op die Afrikaanse kultuur. Die Raad behartig ook op georganiseerde vlak die kuns- en kultuurbelange van die s tudentegemeenskap.
SUID-AFRIKA IS ’N MULTIKULTURELE, VEELTALIGE EKONOMIE
and indeed with great difficulty. We harbour caricatures of each other’s identity and culture. Yet we have been ordained to share a land and a time of great challenge. Die destydse rektor van die PU vir CHO, prof Tjaart van der Walt, het in sy toespraak by dié konferensie laat blyk dat die Puk gereed is vir die veranderings wat kom: Dit is gemeenplaas om te sê ons leef in ’n tyd van geweldige stroomversnelling - wêreldwyd, en in Suid-Afrika. ’n Bietjie kultuurfilosofies gestel: Ons leef op ’n skarnier van die g eskiedenis. Die 21e eeu het met krag deurgebreek voordat die 20e eeu (altans kronologies) nog b ehoorlik verby is. ‘Verwag die onverwagse’ is ’n praktiese lewensriglyn.
Teen 1992 het Suid-Afrika groot veranderings begin beleef. Die jaar was die uitvoerende direkteur van Anglo American en ’n bekende toekomskundige, Bobby Godsell, een van die sprekers by ’n konferensie in P retoria oor kultuur wat deur die FAK g eorganiseer Prof Van der Walt sê verder: is. In sy toespraak met die titel “Lessons from the Kultuur mag soms gratis wees, maar dit is workplace” sê hy dat dit baie moeilik is om kultuur altyd kosbaar. Kultuur verryk en verdiep, te definieer en dat hy nie regtig verstaan hoe dit breek k unsmatige mure af, rus mens toe werk nie, maar dat dit ’n deurslaggewende en vir die toekoms. Interkulturele skakeling lewende entiteit is en nie ’n gegewe nie. Hy haal NP is boeiend interessant, maar terselfdertyd van Wyk Louw aan wat gesê het: “die kultuur is die lewensbelangrik - nie net om uiteindelik rustelose en v loeibare, die gedurige hervorming en tog te oorleef nie, maar om iets te hê wat herskepping van die g eestelike waardes in elke mens.” die moeite werd , sinvol, heerlik maak om By monde van Van Wyk Louw waarsku hy: verder daarvoor te leef. ’n Volk (of sy leiers) kan die kultuur beskou as Kultuur is nie ’n eilandjie in die lewe nie. Dit iets wat klaar gemaak is, ’n vaste grootheid raak alles wat ’n mens dink en voel, sê en – ’n hoeveelheid vaste gewoontes, waarhede, doen. Kultuur het iets van tuisvoel tussen en ‘erkende’ kunswerke . . . Maar (kultuur in mense wat dieselfde smaak en belangstelling die bedoeling) sal soos water uit ons vingers as jy het. Terselfdertyd is geestelike inteelt en loop . . . Want . . . elke geslag Afrikaners het introvertisme die doodsteek van enige kultuur. net soveel die plig om uit eie krag kultuur Kultuurskakeling en k ultuurvernuwing gaan te skep as enige voorafgaande geslag. Dit is telkens hand aan hand. ’n voorreg waaraan ons nie kan ontvlug nie. By die Interkulturele konferensie 6 Mei 1992 wat in Afrikaners moet dus daarop bedag wees om steeds by die WNNR sê Karel Prinsloo van die RGN: kultuur te skep. Godsell waarsku egter verder: In ’n vinnig veranderende Suid-Afrika is daar We are a multi-lingual, multi-cultural econnuwe klemplasings sover dit landsprioriteite omy and society. We are deeply suspicious betref en nuwe wyses van optrede wat begin of each other. We communicate imperfectly, vorm aanneem.
36
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
Saamgelees met sy volgende stelling, voorspel dit die groot paradigmaskuif wat daardie jare vir alle Suid-Afrikaners en Afrikaanse instansies, soos die Puk, voorgelê het: In die Afrikaanse kultuur lê vir ’n aansienlike deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap die hartklop van hul motivering en idealisme opgesluit. Prof Hein Viljoen het die konferensie in opdrag van prof Albert Viljoen, Viserektor, bygewoon ten einde ondersoek te doen na die formulering van ’n moontlike kultuurbeleid vir die Puk. In ’n brief op 14 Mei 1992 doen hy so verslag: Dat brûe tussen verskillende kultuurgroepe gebou moet word, is deur feitlik al die referente beklemtoon. Die vraag is egter presies hoe. Die hoofsaak is dat Afrikaanse organisasies (en dit sluit seker universiteite ook in) nou uitwaarts moet begin beweeg en hulle kultuurgrense moet verruim. Die gevare van paternalisme en outokrasie (organisering van bo-af sonder konsultering met ander groepe) kan nie oorbeklemtoon word nie. ’n Ander gesigspunt spreek uit prof (Herbert) Vilakazi se referaat. Veral die klem wat hy laat val op onderdrukking en die ontkenning van ander se menswaardigheid as remmende faktor vir interkulturele skakeling is baie belangrik. Dit is myns insiens ook belangrik om sy waarskuwing teen sekere vernietigende gevolge van Westerse individualisme en kapitalisme ter harte te neem. Vir my persoonlik was een van die belangrikste resultate van die konferensie dat meer klem op ‘dissipline-gerigte’ aksies gelê moet word. Dit wat deurgaan as Afrikaanse ‘kultuurorganisasies’ het dikwels min met kultuur te doen. Een van die probleme is myns insiens dat hierdie organisasies te amorf is
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
en dat hulle doelstellings te vaag is. Kultuur behoort ruimer te wees (nie mense uitsluit op grond van hulle velkleur of kultuur nie), maar moet presieser gedefinieer word. Organisasies vir spesifieke belangegroepe (skrywers, akteurs, joernaliste, skilders volkspelers/dansers, laslappiekombersmakers, kerspitwewers) is myns insiens veel doelgerigter en effektiewer. Prof Albert Viljoen was, in sy hoedanigheid as iserektor, die voorsitter van ’n taakgroep oor V Multikulturalisme. Ander lede van die groep was prof P Möller van Sosiologie, dr NS Jansen van Rensburg van Volkekunde, proff SA Swanepoel van Afrikatale, BJ van der Walt van die Instituut vir Reformatoriese Studies, AS de Beer van Kommunikasiekunde, JG Williams, S tudentedekaan en mnre WC Windell, direkteur van Openbare Betrekkinge, HN Kotzé van die Studentevoorligtingsdiens, Horst Bütow van die Kultuurkantoor en De la Rey Venter van die SSR. In ’n ongedateerde dokument wat deur die Komitee vir Multikulturalisme onder die oë geneem is, g etiteld “Voorlopige raamwerk: B eplande kulturele samewerking (kulturele demokrasie) en d ienslewering aan die PU vir CHO” word ’n doelstelling vir die proses wat die komitee ondersoek, uitgespel. Dit word later aangevul deur ’n byvoeging hiertoe, saamgestel deur prof Fanie Jansen van Rensburg. Hy formuleer die doelstelling só: Om aan die PU vir CHO ’n multikulturele universitêre gemeenskap te skep wat kan bydra tot en voordeel trek uit die universiteitsideaal, soos vervat in sy missie, waardeur Suid-Afrika gedien kan word. Een van die voorbeelde hoe doelwitte bereik kan word wat gestel is, is spesifiek afgestem op die studentelewe: Om die studentelewe en koshuislewe so te organiseer dat dit vir individue van alle kultuurgroepe ruimte en toegang bied. Om egter, indien die behoefte deur hulself uitgespreek word, ook voorsiening te maak vir
37
spesifieke belange- en kultuurgroepe. Die belangrikheid van die ekstra-kurrikulêre rol wat ’n universiteit het word uitgestippel in ’n dokument getiteld “Memorandum: Plek en Rol van die Student aan die PU vir CHO”. Dit is op 29 September 1992 gepubliseer deur ’n kommissie onder voorsitterskap van die Rektor. Die verslag spel die doelstellings of take van die universiteit as volg uit: Die tradisionele take kan, soos deur meeste skrywers gedoen word, onderskei word as o nderrig, navorsing, vorming en beroepsopleiding of voorsiening van hoëvlakmannekrag. Wat ‘vorming’ betref, haal die verslag die intreerede van prof WJ de Klerk aan: Die universiteit (is) alleen volwaardig indien daar op al drie aspekte gekonsentreer word. Daar is ook ander instansies wat die taak het om jeugdiges professioneel en geestelik-kultureel te vorm, maar die universiteit alleen staan onder die verpligting kragtens sy eie-aard om dit wetenskaplik te doen. Die verslag voeg by: Die PU vir CHO beskou die groot aantal en verskeidenheid geleenthede vir studente om in die georganiseerde studentelewe en bestuurstrukture binne die Universiteit betrokke te raak, as ’n besondere bate, wat in ooreenstemming met die wese van die universiteit en ter uitvoering van die algemene vormingstaak van die PU vir CHO gebruik moet word om studente te help om as leiers tot volle diensbaarheid te ontwikkel.
kulturaliteit” is op 25 Februarie 1993 deur die Taakgroep oor Multikulturaliteit” bespreek. Hierin word omskryf wat kultuur alles insluit: Kultuur kan getipeer word as die somtotaal van die wyse waarop die mens met God se skepping (die mens self ingesluit) omgaan. Die resultaat van menslike kulturele aktiwiteit is ’n komplekse geheel. As ons die beeld van ’n ui gebruik en dit begin ‘afskil’, kry ons ten minste die volgende agt lae (1) gewoontes, (2) gedrag, (3) gebruike, (4) materiële en geestelike skeppinge (soos geboue, taal en kunste), (5) instellings (soos die huwelik en die staat met sy wette, (6) waardes en norme, (7) ’n bepaalde lewensvisie, en (8) uiteindelik die religieuse oortuigings van ’n bepaalde groep mense. Van die agt is die buitenste kultuurlae sigbaarder. Hoe dieper ons na die sentrum beweeg, hoe minder sigbaar word die fasette van kultuur. Dit is dus makliker om ’n bepaalde gewoonte te beskryf as die lewensvisie van ’n persoon of bepaalde groep mense. ’n Volgende kenmerk van kultuur is dat die buitenste lae ook makliker verander as die binneste harde kern. Die verslag gebruik hier as voorbeeld die feit dat baie min Afrikane nog die klere van hulle voorvaders dra, maar dat hulle lewensvisie nog deels verband hou met dié van hulle voorgeslagte. ’n Laaste trek van kultuur, sê die verslag, is die volgende: Die binneste, dieper kulturele lae rig en b epaal dikwels die buitenste lae. Jou huweliks- en gesinslewe en die norme wat jy voorstaan, kan nie sonder jou lewensvisie verstaan word nie.
Verskeie omvattende dokumente is deur die aakgroep vir Multikulturalisme, soos die Komitee Veranderings sal aan die Puk moet plaasvind en T voorsien dat dit ingrypend gaan wees. Hoe ingrypend toe b ekendgestaan het, onder oë geneem. ’n Verslag getiteld “Die PU vir CHO as Christelike word geïllustreer deur enkele voorbeelde: “Die hele u niversiteit en die ontwikkeling van m ulti- perspektief van waaruit a lles op die Puk gedoen word, mag nie meer “ons Afrikaanse” wees nie.”
38
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
Benewens invloede op leerplanne, sal ‘heropleiding’ omsien na die belange van sy studente, sy personeel nodig wees om groter respek by dosente en studente en die o ndersteunersgemeenskap wat hy moet dien.” te skep vir die norme en waardes van ander groepe. Onder doelstellings wat studente betref, word gesê In terme van die studentelewe sal personeel “om deur opleiding alle studente te help om moontlike en studente die vryheid moet hê om hulle eie kultuurskok te hanteer en vir ’n verskeidenheid kultuurgroepe te organiseer en godsdienstige groepe aanpassingsprobleme van studente deur opleiding te vorm, anders “as bloot die drie Afrikaanse kerke”. voorsiening te maak”. Die aktiwiteite van die Taakgroep het uitgeloop op Teen 1999 was dié proses van vernuwing in volle ’n volgende dokument getiteld “Die posisionering swang op die Puk, maar dit blyk dat die U niversiteit van die PU vir CHO om kultuurverskeidenheid te nie volledig daarin geslaag het om dié vernuwings en akkommodeer”. Die agtergrond hiertoe verduidelik stroomversnellings, waarvan sy voormalige rektor die proses: gepraat het, kon baasraak nie. Dié jaar is die Dumelang Cultural Society gestig Die PU vir CHO is in sy beplanningsprosesse, as een van die onderliggame van die Puk se wat ’n langtermynplan, 1989 tot 2005, en S R- K ultuurraad. Dié vereniging het sy doel gesien ontwikkelingsplanne vir 1994 insluit, daarop as: “To promote, p reserve, protect and display A frican ingestel om die veranderinge wat reeds in cultures within the PU for CHE”. die land plaasvind en nog gaan plaasvind In Augustus 1999 het die Dumelang Cultural so goed moontlik te verreken. Society ’n “Indaba Discussion” gehou w aartydens Die “doelwitte ter verwesenliking van kulturele daar tot die gevolgtrekking gekom is dat die Puk s amewerking aan die PU vir CHO” word ten ‘kultureel’ meer inklusief moet wees: opsigte van die “doelstellings met betrekking tot There is a Culture, the ‘Puk Culture’ existing studente-aktiwiteite” uitgespel. Dit sluit onder meer and ‘unifying’ students on the Puk campus. in: The concern is raised by the Kultuur Raad §§ Om studente- en koshuislewe so te orabout the lack of involvement by non-white ganiseer dat dit vir individue van alle students in Puk cultural activities – that is kultuurgroepe ruimte en toegang bied a concern to us too. It has been observed and learnt that such activities are, for ob§§ Om, waar die behoefte ontstaan, ook vious reasons, only Afrikaans orientated. voorsiening te maak vir spesifieke As a solution, it is felt that the Puk culture belange- en kultuurgroepe. should begin to inclusive of other cultures, Met veranderings aan die bestaande verslag word particularly African. dit nou getiteld “Diensbaarheid aan die PU vir CHO in die nuwe bedeling – ’n mandaat vir kulturele Die Indaba kon egter nie konsensus bereik oor wat demokrasie”. Dié verslag is in Mei 1993 aan lede van verstaan word onder ‘African culture’ nie. die UK g esirkuleer en kommentaar is terugontvang. In 2000 bestaan daar geheel en al ’n ander prentjie Uiteindelik het ’n werksdokument getiteld “Die wat betref die Puk se siening van die studentekultuur. toekomstige kulturele karakter van die PU vir CHO; In sy voorwoord tot die Besembos skryf die ’n universiteitsgemeenskap met gemeenskaplike Studentedekaan, prof PJJS Potgieter: waardes en belange” in 1993 voor die Taakgroep vir In die sewe jaar wat dit my voorreg was om Multikulturalisme gedien. Studentedekaan te wees, het die kulturele Die verslag sê dat die PU vir CHO “meer moet diversiteit op die Potchefstroom-kampus sterk doen om gemeenskaplike waardes te skep. Dit moet toegeneem. Die georganiseerde studentelewe
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
39
Prof Tjaart van der Walt was vanaf 1977 tot 1988 Rektor van die PU vir CHO.
van die afgelope sewe jaar staan in die teken van voortdurende verandering ten einde die nuwe werklikhede in die studentelewe te akkommodeer. Drie veranderinge kan in hierdie verband uitgelig word: §§ Die herskryf van die SRgrondwet deur ’n inklusiewe grondwetskrywende komitee met die oog op verteenwoordiging van minderheidsgroepe;
§§’n Omvattende herevaluering van koshuiskulture en -tradisies met die oog op die skepping in koshuisgemeenskappe wat sensitief en akkommoderend is ten opsigte van die groterwordende kulturele verskeidenheid;
40
PUK KUNSTE: Die geheim agter die gordyn
Prof Pieter Potgieter het in 1994 Studentedekaan geword toe hy prof John Williams opgevolg het. (Foto’s: NWU Argief)
§§ Die ontwikkeling van ’n gedragskode deur die Studenteraad vir die hantering van eerstejaarstudente in ooreenstemming met die bepalings van die Handves vir Menseregte. Dit beteken nie dat die kultuur van ons studentelewe nou die R ubicon oor is nie, maar ten minste is die formele aspekte in plek gebring op grond waarvan houdingsveranderings oor die langer termyn bestuur kan word.
PUK-Kunste weet dat, soos die Puk-gids van 2008 sê: “Kultuur is werklik die hartklop van menswees, maar kultuur kan nie oorleef sonder mense nie. Waar daar studente is, sal daar altyd nuwe dinge wees en so ook sal die begrip van wat kultuur is en hoe dit uitgeleef moet word, ook nie dieselfde bly nie.” Teen 2014 is die NWU-Puk landwyd bekend vir
die wyse waarop hy studente wat v erskillende tale praat en uit verskillende kulturele agtergronde kom akkommodeer. Die Visekanselier, prof Dan Kgwadi, skryf op die NWU se webblad: “Veeltaligheid en nasiebou: Die NWU het oor die afgelope 10 jaar meer tot hierdie strewe bygedra as enige ander instelling in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) het dit erken en in 2008 ’n spesiale erkenningstoekenning aan die NWU gemaak. In 2010 het die NWU weer ’n toekenning vir tolking en vertaling ontvang.”
HOOFSTUK 1: Van waar en van vroeg af
Afgesien van onderrig het PUK-Kunste oor die jare grootliks bygedra om die NWU-Puk in ’n multikulturele kampus te omskep, waar elke s tudent die geleentheid het om sy kultuur en die kuns van sy keuse te beoefen. Binne ’n land en universiteit wat oor jare ’n paradigmaskuif moes maak om by veranderende omstandighede aan te pas, het PUK-Kunste en sy voorlopers daarin geslaag om studente te inspireer om te vermaak, verryk te word, en op kulturele gebied nasionaal en internasionaal leiers te word.
41