NGK Keimoes Gedenkboek

Page 1

VESTIGING EN WORDINGSJARE: 1916 – 1966 VAN BUITEWYK NA ’N SELFSTANDIGE GEMEENTE In die dae toe die donkies nog dig geloop het, het Keimoes sy staan digby die Oranjerivier kom kry. Die reisiger wat vanaf Upington ry, reis deur ’n wye landskap, een met onverwagse klipkoppies wat hier en daar puntjie staan in die verte, oor duine en blinde bulte, met die soom van die rivier altyd in die oog. Die groen, boomryke dorpie wat die oog begroet, nadat die laaste bult afdraand loop, is ’n welkome verrassing.

O

p die pad vanaf Kenhardt, waar ’n skurwe landskap Die streek Gordonia, wat vroeër Koranaland1 geheet met ruwe ysterklipkoppies ’n mens vir ’n lang tyd laat het, was die grootste distrik in die destydse Kaapkolonie. wonder oor die harde natuur, vou die wêreld ­eensklaps Die gebied is in die laaste helfte van die 18e eeu, veral in in ’n groen ­­­ omsoomde panorama oop, met die persblou koppe die suide teen die Oranjerivier, deur verskillende Koranawat veraf brandwag staan om die mooi vallei. Al langs die stamme bewoon. Die voortdurende strooptogte en onderlinge pad van Kakamas af, verby die oker-gebrande koppe van twis tussen die verskillende Koranastamme het gelei tot Bobbejaankrans, koggel die mooi grasvlaktes en berglandskap ­opeen­volgende oorloë tussen 1870 en 1878. op die horison die reisiger om die langpad klaar te kry. Dan, Nieteenstaande die onrus het die Nederduitse skielik na ’n lang draai, lê die dorp se hoofstraat uitgestrek Gereformeerde Kerk (NGK) in 1872 ’n sendingstasie by voor die oog. Olyvenhoutsdrift gestig, waar eerw. Christiaan W.H. Schröder, Een van die opvallendste kenmerke van die boomryke seun van ’n Rynse sendeling in Namakwaland, as sendeling dorpie is die talle riviereilande wat dig aan hom koester. Die merkwaardige werk verrig. Dié gebied is in 1885 as deel van Oranjerivier vorm ’n breë vertakking van gevlegte strome Brits-Betsjoeanaland verklaar en as die distrik Gordonia tussen Upington en Kakamas, wat baie eilande met uiters geproklameer, ter ere van die premier van die Kaapkolonie, vrugbare grond tot gevolg het. Sommige is klein, ander weer Gordon Sprigg. groter. Die eilande, waarop vroeg reeds besproeiings­boerderye Keimoes het reeds sedert die laat-1800’s ontwikkel as ’n gevestig is, sou inderdaad baie bydra tot die dorpie se vooruitstrewende boerderygemeenskap. Landbougrond in en uitbreiding. Naby Friersdale is daar talle eilande wat deel om Keimoes, was van vroeg af baie gesog. In 1879 is daar in vorm van die gemeente. Elimeiland, Fosterseiland, Klipeiland, Keimoes reeds £75 per morg vir besproeibare grond betaal. Kassapeiland en Swart Piet-eiland het sprekende name wat Met eerwaarde Schröder se aankoms in Upington in 1883, hul herkoms betref. was mense klaar besig om landerye te bewerk met leiwater Rondom die dorp is eilande soos Keimoeseiland, Bradwell- uit die rivier. Lawrence Green skryf dat Robbie Frier landerye so vroeg eiland, Rooikop- en Skanskopeiland, Brakboseiland en Rondemuiseiland, wat almal vroeër onder Keimoes se as 1885 met behulp van ’n kanaal by Friersdale besproei het. Frier was ’n handige man wat die geleentheid om die vrugbare gemeente geval het. 1872 Eerw. C.W.H. Schröder vestig sendingstasie by Olyvenhoutsdrift. Hy besoek Keimoes teen 1883 en vind ­landbougrond in Keimoes reeds onder besproeiing.

2

NG GEMEENTE KEIMOES – EEU VAN GENADE Gedenkboek

1889 Sendingkerk op Keimoes gebou deur eerw. C.W.H. Schröder en Keimoes word as buitewyk van Upington verklaar.


’n Westelike panorama van die klein dorpie, Keimoes, met Neusberg in die agtergrond. Só het die dorpie aan die begin van die 1900’s gelyk. 3 Junie 1938

3 Junie 1938


Hierdie foto van Keimoes in die vroeë 1900’s is vanaf die koppie waar die ‘Overlook-gastehuis’ nou is, geneem en gee ’n beeld op die oostelike deel van Keimoes. Waar die klipkrale is, is nou woonhuise gebou wat teenaan die hoofstraat geleë is.

grond te bewerk, ten volle benut het. Druiwe, groente, tabak en ander gewasse het welig op sy landerye gegroei. Mens en dier het langs die oewer van die ou Grootrivier lafenis kom vind en ’n tuiste geskep.

Die belowende landboupotensiaal van die gebied het vir ’n toestroming van mense gesorg. Besproeiingsboerdery het oral teen die rivier vinnig toegeneem, alhoewel dit aan­vanklik bloot bestaansboerderye was. Kapitaalkragtige Teen 1893 het Keimoes so uitgebrei dat ’n dorpsraad sindikate, gelykstaande aan vandag se maatskappye, het gestig is, en in 1900 was daar al sowat 13 Afrikanergesinne eers sommige van die bewerkbare riviereilande van die staat skrap gevestig. Na die Anglo-Boereoorlog het al hoe meer gehuur en later gekoop. Hierdie grond is verdeel in besproeiblanke2 nedersetters hulle in dié omgewing gevestig. Die ingserwe en onderverhuur aan boere. So is Rooikopeiland in 1903-­toelatingsregister van die eerste blanke skool in Keimoes 1906 en Brakboseiland in 1917 bewerkbaar gemaak en in dui op vanne soos Hanekom, Brits, Jacobs, Engelbrecht, ­winsgewende besproeiingslanderye omskep. Kanoneiland en Booysen, Theron, Siepker, Steenkamp, Kühn, ­Van Zyl en Visser. Skanskopeiland is later van tyd ontwikkel, hoofsaaklik deur eiehulp en selfwerksaamheid. Natuurlik het die sukses van die arbeidskolonie in Kakamas, Winkeliers, sakemanne, smouse en boere het almal planne wat onder die waaksame oog van die NG Kerk gevestig is, die vrugbaarheid van die landbougrond teen die rivier onder baie gemaak om vooruit te gaan. Dit was ’n pioniersamelewing mense se aandag gebring. Dié besproeiingsnedersetting is as in ’n harde wêreld waar net die taai mense, wat uithou en ’n wapen teen die groeiende blanke armoede gesien. Dit was aanhou verstaan het, kon oorleef. Die nedersetter, wat die trouens só merkwaardig dat eerw. B.P.J. Marchand in 1904 wildernis teen die rivier moes tem en die grond moes mak voor die Gekose Komitee oor die armblankevraagstuk verskyn maak om daarop te boer, het geweet dat sy beste hulp was het om te getuig oor die sukses wat daar met die bekam­ping om self skouer aan die wiel te sit. Met sy twee hande en ’n van armoede behaal is. ­onblusbare gees moes hy ’n bestaan maak. Harde arbeid, 21 Maart 1890 Vrouwen Zendingbond kom as vroueaksie binne die NGK tot stand.

4

NG GEMEENTE KEIMOES – EEU VAN GENADE Gedenkboek

1893 Keimoes se Nederduitse Gereformeerde Gemeente stig af. Die Keimoes Dorpsraad gestig.


Die eerste foto van die ‘kerkie op die rant’. Algaande is die kerkgebou aangepas en verbeter na gelang van die groei van die gemeente.

kromskouer staan en spiere bult was deel van die daaglikse sleur om te bestaan. As jy nie méér kon nie, het jy geweet jy moet net nog ’n éntjie uithou, dan kan jy weer baie versit. Die versengende hitte, asook die tye van droogte en verspoelings, het hierdie pioniernedersetters net al hoe meer vasberade gemaak om die natuur te tem en hul eie te maak. Op sy beurt moes die veeboer in die afgeleë gebiede ­selfversorgend wees en die die natuur se weë instinktief verstaan om vooruit te gaan. Hier het die oewerpionier en die veldmens elk ’n eie aard ontwikkel, gehard geraak en homself diep in die gruisgrond ingewortel soos die ­kameeldoringboom van die omgewing. ’n Verknogtheid aan die harde landskap het in sy binneste kom kooi maak. ’n Bewustheid van ’n aardse tuiste, al was dit eenvoudig, het hulle omvou en ’n geborgenheid geskep. Hier kon hulle ’n holte vir die voet vind, ’n neersitplek vir die bondeltjie dragoed kry en ’n lêplek vir ’n moeë lyf soek. Die eerste inwoners kon amper as kosmopolitaans bestempel word. Iere, Australiërs, Jode, Duitsers, Engelssprekendes, Afrikaners, asook ’n verskeidenheid ander inheemse bevolkings­groepe is hier saamgegooi. Die Joodse, Engelse en Duitse sakemanne se sakebedrywighede het waarskynlik baie daartoe bygedra dat dié afgeleë gebied so vinnig ontwikkel het. Vanne soos Frank, Siepker, Bendheim, Frier, Hirschberg, Loxton, Sisskind, Scharff, White, Jacobson en Gottschalk is ’n goeie aanduiding van die verskillende nasies wat hier verteenwoordig was. In 1919 het die Direkteur van Besproeiing, A.D. Lewis, opgemerk dat die area rondom Keimoes as die mees ontwikkelde deel van besproeiingsboerdery teen die rivier tussen Upington en Kakamas bestempel kan word. Maart 1894 ACVV (Afrikaanse Christelike Vrouevereniging) kom tot stand.

HOOFSTUK 1: Vestiging en wordingsjare: 1916 - 1966

Dit duidelik dat daar ’n lewenskragtige gemeenskap aan’t groei was. Dit was veral die landboubedryf teenaan die rivier, asook die in die buiteveld, wat die hartklop van die dorp was. Nie net het die NG Kerk uitgebrei nie, maar talle ander ­kerk­genootskappe was ook werksaam onder die dorpsbewoners en inheemse bevolkingsgroepe, soos veral die Rooms-Katolieke Sendingkerk, wat reeds vanaf 1911 in Keimoes gearbei het.

SOVEEL BLYE DAE Die NG Gemeente van Keimoes vier in 2016 hul 100-jarige bestaan met dankbaarheid en vreugde. ’n eeu van sinvolle gemeentelike samesyn word uiteraard deur heelwat ­interessante gebeure voorafgegaan. Daar was die v­ estigingsen wordingsjare waarin die opbou van kerk en gemeenskap hand aan hand geloop het. Die goeie, goue jare het daarna gevolg; rustige groei en vooruitgang, gebou op die fondament van die verlede. Kom ons loop nou terug op die voetspore van die v­ oorlopers, padbrekers en koerswysers – soos Gerhard Beukes die ­voormense van die gemeente so mooi beskryf het – wat die afgelope 100 jaar met soveel toewyding gearbei het om die gemeente te vestig en stewig te anker. Die pad wat hulle geloop het, was dikwels opdraand, soms afdraand. Partykeer was daar steiltes wat vastrap gekos het en ander kere weer rustige vlaktes van egalige gelykdraf. Af en toe moes hulle eers so staan-staan rus om weer asem te skep vir die vorentoe beur. Elke predikant wat hier in Keimoes as herder en leraar bevestig is, het ’n eie unieke bydrae tot die groei van die gemeente gemaak. Soos die profete van ouds, is hulle telkens 1897 Runderpes breek uit en lei tot geweldige veeverliese en verarming.

5


Die Malans op 16 of 26 April 1924. Agter van links: Bella Lenhoff, Toy Malan, Adriaan Roux, Alie Roux, Maria Botes, Maria Malan, Kate Malan, Trynie Jacobs, Ben Jacobs, Baby Hankey, Moelie Lenhoff. Middel: Outool Malan, Jan Malan met Duif Botes op die skoot, Piet Malan met Baby op sy skoot, S.F Malan (1849*) met Trynie Roux op die skoot, Ouma Trynie Malan met Sam Lenhoff op die skoot, Piet se vrou, Hendriena Malan, met Kowie op die skoot, Jan se vrou. Annie Malan, Outool se vrou, Miemie Malan, met hul grootmaakkind ­ Ragel. Voor: Dummel Jacobs, Michael Lenhoff, Stefanus Jacobs (klein Fana), Fana Lenhoff, Jan Malan, Pietjie Malan, Andries Malan, Maud Malan, Henkie Malan, Esther Malan.

3 Junie 1938Jan) Visser, sy vrou, Lettie, en hul Jan (Rooi Plaasregistrasies in ‘Het District Mooirivier’ seun Jannie. Jannie Visser (*1910) sou diep spore in Keimoes se gemeenskap trap.

6

EEU VAN GENADE Gedenkboek

3 Junie 1938en haar eerste man, Henry Faul. Nadat haar man Magtild Elizabeth (née) Faul ‘Het District Mooirivier’ haar ontval het, isPlaasregistrasies sy later getroud in met Gideon Christiaan Grobler.


Die Groblers was een van die pioniergesinne wat hulle in Keimoes kom vestig het. Nasate van hierdie familie bly vandag steeds in Keimoes. Magtild Grobler het die name onderaan die foto aangeteken.

T.N. Hanekom met sy 11 seuns. Agter van links: Tobias, Sakkie, Willem en Jurie. 3 Junie ry: 1938 Tweede Albert, Tobias (snr.) en Pieter. Plaasregistrasies ‘Het District Mooirivier’ Derde ry: Schalk,inHendrik en Daantjie. Voor: Theunis en Jan. Hy het ook vyf dogters gehad. Hulle was Sannie, Alida, Bettie, Martha en Regina. HOOFSTUK 1: Vestiging en wordingsjare: 1916 - 1966

Hendrina Malan (née Klem), die vrou van ­ Piet Malan, wat die kerk se nagmaalwyn gemaak was die ma van tien kinders, vyf seuns en vyf dogters, onder meer Kowie Malan en Baby Combrinck. Sy is in 1937 oorlede.

Die De Wet-gesin van Friersdale voor die wynkelder op die plaas Akkerboom, ca. 1912. Agter van links: Baby, Kolie, Suzie, en Gienie. Middel: Annie, Jan 3 Junie 1938 Gerrit. Voor: Jannie en Frikkie. (vader), Nick, Bettie (moeder), Plaasregistrasies in ‘Het District Mooirivier’

7


Hierdie groep, wat onder die naam van ‘Eerste Bondsvergadering’ gefotografeer is, is vermoedelik lede van die Afrikanerbond, ’n ­politieke party wat in 1878 deur ds. S.J. du Toit gestig is en wat in 1898 in die Kaapkolonie aan bewind gekom het, met W.P. Schreiner as Eerste Minister. Talle prominente pioniers van Keimoes verskyn op die foto. Hulle is onder meer Stefaans Malan, Sarel Hanekom, Gert Levien, Gert Maasdorp, Piet Malan, Tobie Hanekom, Christiaan Cloete, Tobias Hanekom, Andries Coetsee, F. Diergaardt, Gert Compion, ­ Stefaans Stadler, Schalk Burger, Christiaan Grobler, Bennie Scharff, Coenraad Biel, Jan le Hane, Jurie Kotzé en Barend Grobler. Hierdie party na Uniewording in 1910 met die Suid-Afrikaanse Party (SAP) o.l.v. genl. Louis Botha saamgesmelt het.

Lede van die Unieverdedigingsmag wat in Keimoes teen die Rebelle van 1914 - 1915 opgetree het.

aangespoor deur ’n vaste geloof in hul roeping, wat soos ’n goue draad deur al hierdie roetes gevleg het; ’n geloof in die Hoër Hand wat hulle daar geplaas het, sowel as die selfopgelegde taak om die koninkryk van die Here ook in hierdie verafgeleë gebied uit te brei, het hul onvermoeid in hul gang gerig en gelei. Die kerk het as ’n ligbaken in die donker sy plek ingeneem. Party predikante het ’n kort tydjie vertoef, ander het langer gebly. Van party word daar meer vertel as ander. Tog was elkeen van hulle geroepenes van die Here, wat ’n taak gehad het om te verrig, altyd in ootmoedige afhanklikheid van die Skepper. Dikwels was daar dae wat dit moeilik gegaan het,

want ons predikante was in die eerste plek mense met gawes, maar ook gebreke. Daar was egter ’n onwrikbare vertroue in die Here, die Skepper van hemel en aarde. ’n Vaste wete dat die genadige Vader ryklik in alle behoeftes sal voorsien. Daardeur was die predikant se dienstyd sinvol met baie vrugbare dae en kon hy telkens sy gemeente met blymoedigheid bearbei, want hy het geweet hy kon maar net die plantwerk en die versorging doen. Dit is God wat laat groei.

1898 Kakamas Arbeidskolonie deur NGK gevestig om aan armblankes ’n heenkome te gee.

11 Oktober 1899 Anglo-Boereoorlog breek uit en duur tot 1902. Die ­­verskroeide aarde-beleid lei tot verdere verarming van die landelike bevolking.

8

NG GEMEENTE KEIMOES – EEU VAN GENADE Gedenkboek

Die storie van die NG Gemeente Keimoes het in 1916 as ’n klein stroompie begin. Mettertyd het die verhaal van groei en vooruitgang nes die rivier deur ’n woelige netwerk van


Die sendingkerk in die hoofstraat van Keimoes is in 1889 deur eerw. C ­ .W. Schröder gebou. Hy het hom reeds voor 1883 as ­sendeling onder die Korana in Olyvenhoutsdrift gevestig.

gebeure gekronkel. Dikwels was daar in die ontwikkelingsgang ’n stroomversnelling. Dan weer rustige gelykwater, met hier en daar ’n droogte of ’n kwaai vloed wat die uitbreiding effens gestrem het, totdat die gemeente sy eeuwording in 2016 bereik het.

GEMEENTESTIGTING — ’N KLEIN ­SAAILAND, ’N GROOT OES Die NG Gemeente Upington, waarvan Keimoes ’n buitewyk was, het aanvanklik tot geen Ring behoort nie, omdat die gemeente buite die grense van die Kaapse of enige ander NG Kerk geval het.3 Die gemeentelede was pioniers, wat soos die Voortrekkers van ouds, ’n gemeente gestig het. Mettertyd is hierdie gemeente tot die Ring van Britstown gevoeg, wat uit sowat twaalf gemeentes bestaan het, 31 Mei 1902 Die Vrede van Vereeniging gesluit.

HOOFSTUK 1: Vestiging en wordingsjare: 1916 - 1966

naamlik Britstown, Vosburg, Prieska, Marydale, Kenhardt, Strydenburg, Niekerkshoop, Upington, Keimoes, Kakamas en twee gemeentes in die destydse Suidwes-Afrika, Gibeon en Moria.4 Eerw. Christiaan W. Schröder, wat in 1883 as ­sendeling in Olyvenhoutsdrift begin werk het, het reeds in 1889 die sendingkerk in Keimoes gebou, waar alle kerkdienste gehou is. Gemesselde steenbanke het sitplek verskaf en is met Nagmaalsviering netjies afgesmeer met mis. Besoekende predikante soos ds. A.G.T. Schoevers, die eerste predikant op Upington, sowel as ds. J.H. Hugo, het dikwels dienste vir ­hoofsaaklik blanke gemeentelede in dié kerk gehou. Bekwame en gewillige gemeentelede van dié buitewyk is gou ingespan om katkisasie en selfs kerkdienste waar te neem wanneer die predikante nie beskikbaar was nie. Een van dié merkwaardige manne was Piet Malan, die oudste seun van een van die eerste inwoners, Stephanus Francois Malan. 19 Augustus 1903 Eerste blanke skool in Keimoes open sy deure.

9


In 1916 is die eerste brug, wat Keimoeseiland met die dorp verbind, oor die Keimoesspruit gebou. Dit is in 1956 vervang deur die sogenaamde ‘Witbrug’. Regs is die twee brûe langs mekaar tydens die 1957-vloed.

Soos in enige ander gemeenskap, was tweespalt onder mettertyd in die meeste provinsies gestig. In hierdie tyd is die die inwoners van Keimoes nie ongewoon nie. Dit was veral gemeente gestig en was dit omtrent harde werk om die vrede ­politieke verskille wat vir heelwat verbittering gesorg het. tussen die verskillende politieke ondersteuners te bewaar. Die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) en die Rebellie van 1914 Een van die belangrikste Afrikanerorganisasies het ook in het ’n diep merk op die gemeenskap gelaat. Junie 1918 tot stand gekom. Gestig onder die naam Jong ZuidAfrika, sou die Afrikaner Broederbond, soos dit vanaf 1920 *** Politieke ywer het ook in swart geledere nesgeskop en hul bekend gestaan het, ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse politieke aspirasies het ’n tuiste gevind in die African politiek en samelewing speel. Dié elite binnekring is later deur National Congress wat in 1912 in Bloemfontein gestig die media as die “Superafrikaners” bestempel. *** is. Die Afrikanerbond het sy volgelinge gehad, net soos die Suid-Afrikaanse Party onder leiding van genl. Louis Botha In 1916 is die eerste brug oor die spruit gebou, wat en die latere bekende wêreldstaatsman, genl. J.C. Smuts, Keimoeseiland met Keimoes verbind, skryf Maria de Beer sowel as die eerbiedwaardige genl. J.B.M. Hertzog, wat die in haar boek oor Keimoes. Die hoofstroom en die twee Nasionale Party in 1914 tot stand gebring het. Manie Maritz systrome het Rooikopeiland, Skanskopeiland, Brakboseiland se ­verskyning op Keimoes tydens die Rebellie was groot nuus en Neilersdrift met mekaar verbind. Om Kenhardt te bereik, en het die verdeeldheid in die gemeenskap opnuut laat opvlam. moes al hierdie rivierstrome oorgesteek word en is daar Skermutselings tussen die regeringstroepe en die rebelle het aanvanklik van ’n pontstelsel gebruik gemaak. Die brug oor sommer knap by die voordeur van die dorpie plaasgevind. die spruit wat Brakboseiland met Neilersdrift verbind, is in Daarby was die Groot Oorlog, soos die Eerste Wêreldoorlog 1919 gebou, terwyl Groblersbrug en die twee korter brûe eers in die volksmond bekend gestaan het, sedert 28 Julie 1914 in in 1934 voltooi is. volle swang. Asof dit nie genoeg was nie, het die vroue wat die Die buitewyk Keimoes het reeds lank voor die eerste Nasionale Party se beginsels ondersteun het, in 1915 onder ­fluisterings van ’n selfstandige gemeente gehoor is, hul beywer die leiding van Johanna Brandt die Vrouwen Nasionale vir ’n eie kerkgebou. Die lank begeerde selfstandigheid van Party in Transvaal gestig. Talle vroue het hiertoe behoort, of die gemeente is nie vinnig verwesenlik nie. Byna tien jaar in die geheim die party en sy beginsels ondersteun. Takke is het verloop alvorens hulle hul rustig in hul eie kerkgebou die April 1906 Ontwikkeling gebaseer op ’n pagstelsel begin op Rooikopeiland onder leiding van Anton Siepker.

10

NG GEMEENTE KEIMOES – EEU VAN GENADE Gedenkboek

31 Mei 1910 Die Unie van Suid-Afrika kom tot stand. Die Laerskool Friersdale word op die plaas Warmzand opgerig in 1910.


bediening van die Woord kon aanhoor. In die middel van 1907 is daar reeds by die dorpsbestuur aansoek gedoen om ’n standplaas vir die oprig van die NG Kerk te bekom, maar die aansoek is geweier. Eers in Mei 1914 het die dorpsnotules weer melding gemaak van so ’n kerk, toe die ­kerkboukommissie suksesvol was in hul aansoek om ’n standplaas waarop ’n kerk gebou kon word. Jannie Visser het in sy herinneringe vertel dat families gevra is om boumateriaal te skenk om ­sodoende boukoste te spaar. Die kerkboufonds het ’n stewige hupstoot gekry tydens die Dankfeesbasaar in dieselfde jaar en boumateriaal is aangekoop. Kort voor lank het die gemeente in 1916 ’n eie kerksaal, wat ook as kerk sou dien, gebou teen die boukoste van ongeveer £860, waarvan £400 op skuld was. Ds. J.H. Hugo en ds. J.A. Pienaar se onvermoeide ywer vir hierdie projek het ’n groot bydrae gelewer tot die beplanning en oprigting van die gebou. Die ‘kerkie op die rant’, soos die kerk bekend sou staan, het volgens Jannie Visser se herinnering drie toegangsdeure gehad: Aan elk van die ooste-, suide- en westekant was ’n deur, met die preekstoel aan die noordekant. Die agterste banke aan die ooste- en westekant is vir bruinmense gereserveer, uit respek daarvoor dat hul kerk soveel jare deur die blanke inwoners vir kerkdienste gebruik is. Lidmate moes huur vir hul sitplek betaal. Wee diegene wat ’n ander se sitplek toegeëien het! Dié praktyk, wat ook in die Upington Gemeente tot ongeveer 1937 geldig was, is in 1945 gestaak. Die kerk is voor die koms van elektrisiteit deur paraffienlampe, twee groot kandelare en muurlampe verlig. Die kerk waarvoor só lank gespaar is, is in Maart 1916 feestelik betree. Ons mense weet mos van vroeg reeds hoe om fees te vier. In die ouer feesbundels word die dag se verrigtinge mooi beskryf: Eers is daar in die sendingkerk ’n mooi afskeidsdiens gehou. ’n Mens kan maar net dink hoe daar toesprake gehou is, bedankings uitgeruil is, gegroet is. Daarna het die plegtige optog in gelid in die stofstraat na die nuutgeboude kerkie geloop, gelei deur Jurie Kotzé wat die Bybel versigtig en met eerbied na die nuwe kerk gedra het. Die vroue het, getrou aan hulle aard, reggestaan met die verversings. Dit was ’n groot gebeurtenis vir die klein buitewyk, want inderwaarheid het die bou van die saal die verwagting van die stigting van ’n eie gemeente verskerp. 1911 Rooms-Katolieke Sendingkerk in Keimoes gevestig; Maria Malan stig die eerste tak van die CJV in Keimoes.

HOOFSTUK 1: Vestiging en wordingsjare: 1916 - 1966

EERSTE TREE NA ’N EIE GEMEENTE Op 10 Julie 1916 het die kerkraad van die NG Gemeente Upington ’n ongewone versoek ontvang, naamlik ’n petisie van die buitewyk Keimoes, om as afsonderlike en selfstandige gemeente verklaar te word: Nu kom’t ter tafel ’n petisie van de wyk Keimoes, waarin het versoek aan de Kerkraad wordt gedaan om tot ’n afsonderlike gemeente te worden gesticht. Die kerkraad van Upington het op 25 September 1916 sy goedkeuring aan hierdie versoek geheg. Hierdie petisie is na die Ring van Britstown, waaronder hierdie gemeente geval het, verwys sodat ’n Ringskommissie oor hierdie aansoek kon beslis. Wat ’n blye dag moes dit nie gewees het toe die Ringskommissie op 8 November 1916, tydens ’n sitting in Keimoes waarby bykans die volle gemeente teenwoordig was, die buitewyk tot ’n selfstandige NG gemeente verklaar het nie? Die vergadering is geopen met die lees van Ps. 25 en 1 Kor. 3. As slotgesang van die vergadering is Gesang 20:9 op die bekende liederwysie van Ps. 134 (Laat Heer u seën op hul daal) gesing: Komt! treen wij dan gemoedigt voort In vast vertrouwen op zijn woord Hoe moeilik ons de weg ook schijn’ Het eind sal seker zalig zijn Keimoes was hiermee die 155ste gemeente van die NG Kerk in Kaapland.5 Die Ringskommissie het terselfdertyd die grense van die nuwe “saailand van God” uitgestippel. Die Kaapprovinsie se gemeentes, veral dié in die binneland, het dikwels wyd gestrek oor berge en uitgestrekte vlaktes. Daarom was dit nie vreemd dat die jong gemeente Keimoes se grense van Dyasonsklip aan die Oranjerivier, tot aan die grens van die huidige Namibië naby Nakop, met die Oranjerivier as suidgrens afgebaken is nie. Die eilande suid van die hoof­ stroom, Neilersdrift en ’n paar plase aan die suidoewer is deur die Ring bygevoeg, omdat hulle te ver van Kenhardt was en beter geestelik bearbei kon word deur die plaaslike gemeente. Die predikant van Upington is as konsulent aangewys. Daarby het die Ringskommissie die kerkraad benoem. 8 Januarie 1912 Stigting van African National Congress.

11


3 Junie 1938 3 Junie 1938 Foto’s van die ou treinbrug in Upington, wat dikwels as meetbaken vir die vloedhoogte gebruik is, hier tydens die 1917-’18-vloed. Plaasregistrasies in ‘Het District Mooirivier’ Plaasregistrasies in ‘Het District Mooirivier’

12

EEU VAN GENADE Gedenkboek


Koortzensput

Langklip

Lutzputs Upington

Riemvasmaak Riemvas-

Louisvale Kanoneiland Augrabies Keimoes Kakamas

Blaauwskop

Neilersdrift

Die grys area is ’n aanduiding van die wye grense van die gemeente, soos uitgestippel deur die Ringskommissie en beskryf in die dagboek van ds. Wasserfall.

In Desember 1917 en Januarie 1918 het die Oranjerivier in vloed afgekom. In daardie tyd het die mense die gereelde vloedwater as ’n gegewe beskou en hul lewens daarna geskik. Die omvang van dié twee vloede, wat tussen 6,5 m en 7,1 m hoog geloop het, word weerspieël in die meegaande vloedfoto. Na die stigting van die nuwe gemeente is sommer gou

HOOFSTUK 1: Vestiging en wordingsjare: 1916 - 1966

oorgegaan tot die beroep van ’n eie predikant. Tydens die eerste ­genotuleerde kerkraadsvergadering op 16 April 1917 is ds. J.H. Hugo van Vanwyksdorp beroep. Hy het die beroep bedank. Die tweede en derde beroepe is eweneens nie aanvaar nie. Die kerkraad het ten einde laaste op 24 Desember 1917 proponent J.J. Wasserfall suksesvol beroep.

13


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.