October 2015
Mangoes
2
October 2015
’n publikasie van
Mangoboer wys wêreld hoe
Bulletin
Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Botha
‘n Wêreld-deurbraak teen ‘n vernietigende siekte by mango’s het sy oorsprong in Tzaneen en kan ‘n omwenteling in die bedryf ontketen. Dit is die eerste chemiese spuitmiddel teen bloeiselmisvorming wat dié plaag tot honderd persent kan vernietig. Dokumente is reeds aan die regering vir noodregistrasie voorgelê sodat dit betyds beskikbaar kan wees voor vanjaar se mango-oes. Die spuitmiddel is bekend as Lima en is deur jare se intensiewe navorsing en proewe buite Tzaneen ontwikkel. Die deurbraak is gemaak deur mnr Theuns Botha, bekende mangoprodusent en eienaar van die plaas Lapland, waar oorspronklike formules tot die ontwikkeling van die middel ontdek is. Botha het vier jaar aan die projek gewerk, nadat bloeiselmisvorming jaarliks tot 70% van sy mango-oes vernietig het. Hy het pas uit Australië teruggekeer, waar hy die middel aan die wêreld mango-kongres
Wenkem S.A. Reg № 1988/003854/07
(EDMS) BPK. (PTY) LTD
voorgestel het. Lima is ‘n fosforige suur wat deur kalium hidroksied gebuffer word om brandskade aan plante te voorkom. Dit sal deur die maatskappy Villa SA van Kemptonpark ontwikkel en versprei word. Die groot geheim, sê Botha, is om die mangoboom se jong lower te beskerm etlike maande voor vrugvorming. Toediening van die spuitmiddel begin reeds met die eerste jong blare in September en word maandeliks tot Desember herhaal. Na oestyd word dit weer in Maart, April en Mei gespuit. Dit is een van etlike spuitprogramme wat die beste resultate gelewer het. Botha se navorsing en proewe het op Lapland begin en later na ander plase in die omgewing en Hoedspruit uitgebrei. Inligting oor proewe wat reeds 28 jaar gelede deur Dr Joe Darvas gedoen is, maar doodgeloop het, is ingespan om die nuwe middel te ontwikkel. Lima is vernoem na die L-behandeling wat suksesvol was in die eerste proefblok. Die resultate was so suksesvol dat hy sy skade van 70% op die plaas tot net 10% afgebring het. Op Mohlatse, een van die ander plase, het hy bloeiselmisvorming in proewe heeltemal uitgewis. “Vyftien jaar ge-
lede was hier nie sprake van die siekte nie, totdat swak plantmateriaal uit kwekerye en verkeerde snoeimetodes dit laat ontplof het.” Hoewel daar reeds vir noodregistrasie aansoek gedoen is, gaan proewe vanjaar voort om die maksimum residuvlakke (MRL) van die spuitstof verder te bepaal. Die produk is relatief goedkoop en kos sowat R250 per toediening per hektaar. Sewe toedienings is gelyk aan die waarde van twintig kratte mango’s in ruil vir boorde vol vrugte. Botha voer nie uit nie en bemark sy mango’s self aan supermarkte. Hy sê met die nuwe middel sal baie groter oeste met kleiner, be-
markbare vrugte moontlik wees. Hy vertrek volgende week na Egipte vir twee weke, waar hy produsente sal bystaan met die toepassing van die nuwe spuitstof. Egipte het sowat 21 000 ha onder mango’s, omtrent drie keer meer as in Suid-Afrika.
Nagenoeg 80% bloeiselmisvorming is hier te sien.
E-mail cor.greyling@wenkem.co.za steve.smuts@wenkem.co.za
• Mikro-element blaarvoeding • Na-oesbederfmiddels • Plaagdoders • Swamdoders • Citrosol Wakse Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269
agri©10161wk150227dm
Vir `n volledige reeks:
Die resultate op vyf plase in die distrik.
October 2015
3
4
October 2015
Gesogte boksoort raak smokkelbron Suid-Afrika loop die gevaar om sy status as bek- en-k louseer vr ye gebied te verloor weens onwettige smokkel van wild uit buurlande, wat die gevreesde dieresiekte na die land kan terug bring. Dit kan katastro-fiese gevolge vir SA se rooivleisbedryf en die landbou as geheel hê. Die hernieude belangstelling in swartwitpense na aanleiding
van buitengewone rekordpryse wat onlangs op die Sable Park-veiling van mnr Piet Warren in Gravelotte behaal is, dien vermoedelik as aansporing om dié boksoort onwettig te bekom. Twee voorvalle is die afgelope maand aangemeld van pogings om swartwitpense van Zambië af deur
Zimbabwe hierheen te smokkel. In albei gevalle is die smokkelaars in hegtenis geneem. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in SA is erg bekommerd oor dié verskynsel, omdat net die twee voorvalle bekend is. Daar kan ook gevalle wees wat ongemerk die land binnegekom het. SA word sedert Februarie 2014 as ‘n bek-en-klouseervrye sone erken. Voor die tyd het die rooivleisbedryf skade van R4 miljard gely, weens die verbod wat toe op rooivleis, genetiese materiaal, suiwelprodukte, wildsvleis- en veselprodukte geplaas is.
Mnr Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die nasionale RPO, sê in Zambië is bek-en-klouseer endemies. Daar is geen sprake van wettige invoere van swartwitpense uit die gebied nie. Wat die RPO se kommer versterk, is dat verskeie rolspelers waarskynlik saamwerk om die diere uitgesmokkel te kry. Die SA kopers in Zambië weet dit is onwettig en kanale word geskep om die transaksies glad te laat verloop. Volgens Schutte is die RPO in gesprek met die georganiseerde wildbedryf, die nasionale dieregesondheidsforum en staatsdepartemente om teen hierdie gevaar wal te gooi.
Pakmark het puik geldplan vir boere Subtrop, die sambreelorganisasie vir die kwekers van avokado’s, mango’s, lietsjies en makadamianeute, het verskuif na ‘n groter sentrum in Tzaneen. Die nuwe tuiste is in die Letaba Trust-gebou in Peacestraat, reg langs die Bloedbank. Die kantoorkompleks is veel ruimer as die vorige vesting laer af in dieselfde straat. Die gebou is die eiendom van Subtrop en sal werkverrigting vorentoe aansienlik vergemaklik.
Verpakkingsmateriaal word in die voorportaal van Pakmark in Tzaneen uitgestal.
Specialize in...
FERTILIZERS.
Water Soluble Fertilizers Specialise in…. Liquid Blends
• Water Soluble Fertilizers • Liquid Blends Foliar Fertilizers • Foliar Fertilizers • Soil Enhancement Products Soil enhancement products • Formulated Mixes • Coir / Growing Medium Formulated Mixes • Fertilizer Recommendations
Coir/Growing Medium Fertilizer Recommendations
Representative: Werner Smith 072 668 4378 Technical Advisor: Alan Faul 082 881 0301
‘n Ervare leier in die verpakkings- kenings eers oor negentig dae betaalbedryf, mnr KP de Jager van Marble baar is. Hall, is nou in beheer van KaapAgri se De Jager het ‘n finansiële bestuurder Pakmark in Tzaneen en Hoedspruit. in Marble Hall, mnr Sarel van Rooyen, Benewens pakmateriaal vir vrugte wat die rekenings op die boer se plaas en groente bied De Jager en sy span prosesseer en die transaksie binne ‘n wye reeks finansierdae finaliseer. Nog ‘n lid ingsprodukte om te van die span is mnr Hervoldoen aan die uiteenman Franken, ‘n sleutelrekeningspesialis. Hy is lopende behoeftes van op aanvraag beskikbaar hul kliënte. om spesiale pakkette Die primakoers van KaapAgri se bankiers vir groot kommersiële word as basis gebruik by boerderye saam te stel vir spesifieke behoeftes die bepaling van rentekoerse op rentedraende van elke kliënt. Met ‘n omset van meer rekenings. Daar word as R4,8 miljard per jaar deurgaans van gedifferensieerde rentekoerse is KaapAgri (gestig gebruik gemaak. Elke in 1912) een van die grootste landboudienkliënt se sakeprofiel De Jager word in ag geneem by stegroepe in SA. Vir meer besonderhede oor die fidie bepaling van ‘n koers. Pakmark finansier op die pakkette nansieringsplan kan De Jager by 015 saad, kunsmis, bespuitings, diesel en 307 6836 of 082 567 1084 geskakel vele meer. Vir die komende lietsjie- en word. Hy word bygestaan deur twee mango-oeste is rentevrye rekenings ervare dames in die verpakkingsvan dertig dae nou na sestig dae ver- bedryf. Hulle is mee Sarah van Tonder leng, wat eintlik beteken dat die re- en Marina David.
October 2015
5
6
October 2015
Af jaar pla avo-bedryf gering
Die avobedryf in Suid-Afrika bly groei teen ‘n stewige tempo van nagenoeg ses persent per jaar, met gereelde aanplantings in verskeie gebiede wat die opbrengs vorentoe sal vergroot. Volgens die voorsitter van die produk se kwekersvereniging (SAAGA), mnr Derek Donkin, was vanjaar se uitvoergetalle sowat 18% minder as
www.avantsa.co.za info@avantsa.co.za
verlede jaar, omdat dit as ‘n “af jaar” gehanteer is. Dit moet egter onthou word dat 2014 ‘n besondere jaar was, met uitvoere van meer as vyftien miljoen kartonne. Nuwe aanplantings oor die afgelope drie jaar behoort ‘n bestendige groei in produksie te verseker. Minstens 500 ha word jaarliks by die bestaande 15 500 ha gevoeg, wat stelselmatig in produksie sal kom. Donkin sê kwekerye van avo-saailinge het uitgebrei en nuwes het bygekom, wat dui op besliste optimisme in die bedryf. Nagenoeg 95% van SA se uitvoer-avo’s word na Europa uitgevoer, met die res wat in Afrika-lande, die Midde-Ooste en Hong Kong beland. Die vooruitsigte van stewige markte lê egter in Amerika, Japan en China. Donkin voorsien dat afsette na Amerika en Japan binne twee jaar groot inkomste sal verseker, terwyl dit effens later in China bereik sal word. Plaaslike kwekers van saailinge sê die aanvraag bly groot. Die meeste kwekerye het oorgeskakel na kloning van presterende materiaal. Een van hulle is Allesbeste net buite Tzaneen, waar die Ernst-familie die afgelope paar jaar met die nuwe en eg SA produk, Maluma, sukses behaal het. Maluma het reeds op intreevlak presteer en is besig om ‘n groter segment van die mark te bereik. Dis ‘n Hass-tipe avo met gunstige eienskappe vir die produsent. Nagenoeg 60% tot 65% van avo’s wat uitgevoer word, is Hass, terwyl die res aangevul word deur variëteite soos die groenskilsoorte Fuerte, Pinkerton en Ryan.
Chinese experts lead litchi workshop
Weskaap: 021 851 0722/21 | Gauteng: 011 397 1211/1283
The SA Litchi Growers Association (SALGA) invited three professors from the South China Agricultural University, who dedicate their work solely to litchi research and development, to share their knowledge on tree manipulation, soil science, fertilization, breeding and propagation with the participants. The workshop was held in Nelspruit and was aimed at all growers and industry members that wanted to deepen their knowledge and understanding about litchi tree growth, tree manipulation, orchard management practices, pre-and post-harvest fruit handling and cultivar related issues. Participants were invited to contribute to the workshop by shar-
ing their on-farm experience and asking questions related to the following topics: • Fertilization and irrigation: application times and rates, specific cultivar requirements, soil type influences • Tree manipulation: understanding litchi tree phenology, manipulation techniques (girdling, pruning, flush control) • Propagation techniques: timing for propagation, cultivar related propagation techniques • Pre-and post-harvest handling of fruit The one day workshop provided a unique opportunity to learn from world leaders in litchi production.
October 2015
7
8
October 2015
Boere sluit goeie sitrusjaar af Sitrusboere se pakseisoen is iets van die verlede, behalwe vir ‘n klompie laat bydraes in die suidelike streke.. Hulle is tevrede met die oesopbrengs wat ‘n verbetering op verlede jaar se syfers is. Die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging (CGA), mnr Justin Chadwick, sê nuwe tegnieke het meegebring dat vooruitskattings van oeste al meer akkuraat gedoen word. Die vooruitskattings word elke jaar in Maart deur lede van die Variety Focus
Group gedoen en die mikpunt was tot dusver om dit so binne tien persent van die werklike syfers te bepaal. Vanjaar was alle skattings binne dié mikpunt, met drie wat selfs net vyf persent uit die kol was. Valencias was vyf persent meer, navels drie persent minder, pomelo’s ses persent meer en suurlemoene tien persent meer as die aanvanklike skattings, vir die totale opbrengs wat net vier persent hoër was as die skattings in Maart. Chadwick voorsien dat die nuwe
mikpunt vir oesskattings voortaan op vyf persent sal staan. Uitvoervolumes na Noord-Europa het vanjaar toegeneem, terwyl die swakker SA rand gesorg het vir ‘n stewiger inkomste. Intussen is sitrusboere in die Letsitele-gebied reeds hard aan die spook om volgende jaar se vrugte “groot te maak”. Verskeie spuitprogramme is reeds aan die gang en van ruskans is daar nog nie sprake nie.
Die skil raak nie die smaak nie Gebruikers van vars sitrus in SA hou daarvan om ‘n ses kilogram-sakkie lemoene teen ‘n billike prys aan te skaf, maak nie saak of daar ‘n merk of skrapie aan die skil is nie. Die lemoene moet groot en soet wees. Dié inligting kom van mnr John Edmonds in sy gereelde wêreldoorsig oor die sitrusbedryf. Hy is verbonde aan die Sitruskwekersvereniging (CGA) in Durban. Edmonds het kers opgesteek by mnr Hannes de Waal, die besturende direkteur van die Sondagsrivier Sitrusmaatskappy, die grootste verpakker van sitrus in SA. Hulle het vanjaar sowat nege miljoen kartonne sitrus uitgevoer. Volgens De Waal is die kosmetiese voorkoms van sitrus vir Suid-Afrikaners
minder belangrik as die grootte en smaak, terwyl verbruikers in Europa en ander lande daarop gesteld is dat dit mooi moet vertoon, soos van uitvoergehalte verwag word. Die meeste groot kettingwinkels ervaar dat lemoene en ander sitrus nie keurgraad hoef te wees nie. Net enkele markte spesialiseer in die “perfekte” produk, maar dit verteenwoordig net ‘n klein deel van die binnelandse afset. “Mense weet die skil het niks met die smaak te doen nie.” De Waal, sê die bedryf steun hoofsaaklik op uitvoere. Plaaslike verbruik se pryse is nie vergelykbaar met dié in die buiteland nie, maar ‘n oplewing is waarneembaar in Suid-Afrika en ander Afrika-lande.
Edmonds meld ook in sy oorsig dat Spanje vroeg volgende jaar ‘n groot tekort aan suurlemoene te wagte kan wees. Die land het ‘n warm somer beleef, gepaard met droogte en sonbrand. Dis veral bloeisels aan die buiterande van
boorde wat verskroei het. Kleiner en minder vrugte word verwag.
Mahindra shows its new XUV500
Viskonsentrate Beskikbaar Ocean-Fert: Viskonsentraat Sea-Potas: Viskonsentraat + Kalsium
Sea-Phos: Viskonsentraat + Fosfaat
Okita pH Plus: Vloeibare Kalsium Okita Gypflo: Vloeibare Gips Ander bemesting beskikbaar op aanvraag
Adriaan Badenhorst 082 850 2166 Kantoor 083 715 6160 admin@ulibobemesting.co.za
Agribulletin©10395ef150731tb
Sea-Boost: Viskonsentraat + Kelp Mahindra’s popular XUV500 sports utility vehicle series is back with a pleasant facelift, after it was launched in 2011 for the first time. The seven-seater boasts several updates to its original entry into the highly competitive SUV market, offering several new features for more comfort. The grille, headlights, bonnet and fog lamps are redesigned at the front-end, accompanied with new alloy wheels and more elegant door handles. The cabin is also improved with allblack leather upholstery and a full-colour touch-screen display, which provides convenient access to the vehicle’s infotainment features. The XUV500 W8 is the flagship model, with auto-sensing headlights and wind-
screen wipers, fully automatic climate control air-conditioning, remote control locking, cruise control and a multifunctioning steering wheel. It also has electrically operated windows and exterior mirrors, a refrigerated centre console and charging points in all three seating rows. The W8 is fitted with dual front, side and curtain airbags and seat belts for all seating positions, side bars and crash protection crumple zones. Other safety features include ABS anti-lock control, electronic brake force distribution and a electronic stability programme with roll-over mitigation. The four models in the brand new XUV range are the W4, W6, W8 and the W8 AWD. The recommended retail prices are between R262 995 and R359 995.
9
October 2015
WORKSHOP PROGRAMME Day 1 3 Nov 2015 Topic
Departmental Programme and Services Agriculture and Climate Change Coaching and Support to Farmers Soil analysis as a requirement for productive agricultural production The Role of Forestry in Agriculture Department of Water Affairs Water Resource Management
Time
Facilitatior
10:00 – 11:00
Mr. MC Malomane / N Zwane (Department of Agriculture)
11:00 – 12:00 12:00 – 13:00
Dr MR Ramudzuli/ Mr TR Maisha (University of Limpopo) ZZ2: Willem De Beer
13:00 – 14:00
Mokgolo MJ (Tompi Seleka School of Agriculture) Rabothata MF
14:00 – 15:00
Mr Steven Mwihomeke (University of Venda)
15:00 – 16:00
TBC
Day 2 4 Nov 2015 Topic Department of Labour - Public Employment Services - Enforcement and Inspection - Registration Services Agri Business Linking Farmers to markets Land bank Linking Agricultural Colleges with Community Development programs Department of Water Affairs
Facilitatior
Time 10:00 – 11:00
- Lesetja Maake - Matome Shai - Audrey Mboweni/ Thalitha Monageng
11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00
Prof. PK Chauke (University of Venda) Dr. JJ Hlongwane / Mr LJ Ledwaba (University of Limpopo) Tshepo Xashe Mr. Tshwana MP (Tompi Seleka School of Agriculture)
15:00 – 16:00
TBC
- Water Resource Management
Day 3 5 Nov 2015 Topic
Animal Production and Health Management Landbank Department of Labour - Public Employment Services - Enforcement and Inspection - Registration Services
Time
Facilitatior
10:00 – 11:00
Dr. KV LetsoaloMr/ CN Mamashela
11:00 – 12:00 12:00 – 13:00
Thomas Mamabolo - Lesetja Maake - Matome Shai - Audrey Mboweni - Thalitha Monageng
PROGRAMME 01 NOVEMBER 2015 Setting up the Operation Center Build up and Décor Hall A and B Arrival and set up for outdoor exhibitions Arrival of livestock Registration Outdoor and Livestock Exhibitors
09:00 10:00 10:00 10:00 10:00
02 NOVEMBER 2015 Arrival and Registration (Indoor Exhibitions) Set up Hall A and B Set up continues (Outdoor and Livestock Exhibitions) Benching of poultry
09:00 09:00 09:00 16:00
03 NOVEMBER 2015 Exhibition halls open Registrations Show Gates open Workshops Poultry judging GTM Stall Launch Mayoral walk about Exhibitions (Indoor and outdoor)
08:00 08:30 09:00 10:00 10:00 11:00 12:00 09:00 all day
04 NOVEMBER 2015 Exhibition halls open Registrations Show gates open Agri youth Imbizo: Country Lodge Workshops Cattle parade Poultry prize giving Gala Dinner: Hotel@Tzaneen Exhibitions
08:00 08:30 09:00 09:00 (Invites only) 10:00 11:00 TBC 16:00 18:00 (Invites only) 09:00 all day
05 NOVEMBER 2015 Mayors Breakfast and Stakeholder Networking Session: Hotel@Tzaneen Exhibition halls open Registrations Show gates open Exhibitions Workshops Break down begins
07:30 (Invites only) 08:00 08:30 09:00 09:00 10:00 13:00
******************* Show closes at 13:00 ******************
10
October 2015
Belê in landbou, sê ekonoom Die boer het nie beheer oor prysbepalings nie, maar kan dit in toom hou met bestuurstegnieke en wêreldwye tegnologie wat deesdae met die druk van ‘n knoppie beskikbaar is, sê dr Ernst Janovski, landbou-ekonoom van Absa Bank. Hy was verlede week een van die gassprekers by ‘n boeredag buite Tzaneen wat deur Absa Landboudienste en John Deere Financial aangebied is. In sy aanbieding oor beleggingsgeleenthede in die landbou het hy wenke gegee oor hoe produktiwiteit in die boerdery opgestoot kan word. Onder hulle is die versterking van verbruikersvertroue deur sinvolle bemarking, die regte verpakking, smaakverbetering van produkte en verskeidenheid. Die tegnologie maak dit moontlik om op verskeie vlak-
Dr Ernst Janovski gesels met mnr Burgert van Rooyen van Letsitele.
ke die verbruiker ter wille te wees, soos ‘n langer raklewe van produkte, beter bergingsgeriewe, die gebruik van doeltreffende vervoerstelsels, presisieboerdery
deur inligtingstegnologie, biologiese boerderymetodes en genetika. Kennis hieroor is alles elektronies bereikbaar. Wat hom na aan die hart lê, is die ekonomie van skaal. Hoe groter jy produseer, hoe lonender is die besigheid in vele opsigte. Hy sê dis nie nodig vir ‘n boer om noodwendig op eie houtjie nog plase aan te skaf om die skaal van produksie te verhoog nie, maar gaan eerder in vennootskap met ander boere en doen die ding saam. “Ek weet van vier suiwelboere wat saamgespan het om ‘n groter eenheid te vorm. Hulle het verwag om na ‘n jaar se opbrengs gelyk te breek. Dié mikpunt is by verre oorskry en hul opbrengs is vandag na ‘n paar jaar sestien keer groter as voorheen.”
Suid-Korea gee SA pomelo’s ‘n hupstoot Suid-Korea was vanjaar een van die staatmakers op die uitvoerprogram vir sitrus uit Suid-Afrika. Volgens syfers van die SA Sitruskwekersvereniging (CGA) is net 163 380 kartonne sitrus in 2011 vir uitvoer na Suid-Korea goedgekeur. Dit was hoofsaaklik valencias. In 2013 is pomelo’s toegang verleen en die besendings het ‘n totaal van meer as 260 000 kartonne bereik, waarvan 67 790 kartonne pomelo’s was.
In 2014 het die getal pomelo-kartonne gestyg tot 392 015 om die totaal tot 695 665 op te stoot. Teen die einde van Week 38 vanjaar was die syfer na aan ‘n miljoen kartonne, waarvan 594 835 kartonne pomelo’s was. Op die EU-mark het pomelo’s ook goed gevaar en uitstekende pryse behaal. Omdat SA uitvoerders ook ander markte ontgin het, was die afset deurentyd bestendig voor die verskyning van pomelo’s uit die Amerikaanse sektor.
Subtrop focus on CBS-kenner van EU groet SA marketing ‘n Gesant van die Europese Unie in Pretoria wat die SA sitrusbedryf goedgesind was, mnr Roeland van de Geer, is einde verlede maand na Tanzanië verplaas, waar hy as ambassadeur vir die EU sal optree. Die uitvoerende hoof van die CGA, mnr Justin Chadwick, het vroeër die maand gesê Van de Geer het ‘n
kernrol gespeel in die hantering van swartvlek by sitrus (CBS). Hy het die belangrikheid van plantgesondheid en handeldryf in sitrus goed gebalanseer, wat ‘n positiewe uitwerking op die EU-markte verseker het. Dit is ook bevestig deur mnr Ben Vorster van Laeveld Sitrus in Letsitele, wat bygevoeg het dat CBS-
ingrypings vanjaar tot net enkeles verminder is teenoor verlede jaar se meer as dertig, danksy goeie samewerking van produsente en die werk van Van de Geer. Dit is nie bekend wie sy opvolger is nie, maar volgens Chadwick sal die goeie vordering teen CBS voortgesit word.
Several recognized speakers will share the podium at the annual Subtrop marketing symposium, representing avo, mango, litchi and macadamia farming and associated trade and industries in the country. The symposium is the highlight of Subtrop’s annual programme and the conference has recorded maximum attendance figures in the past. It will be held in White River next week (4 November), with the keynote speaker being Dr Henning Gericke, former Springbok rugby sports psychologist. He will focus on how principles of sports psychology can be applied to business. Other presentations will include the US African Growth and Opportunity Act (AGOA) and trade negotiations by Mr John Purchase of the Agricultural Business Chamber, as well as the three year fruit promotion plan in the Far East by the Fresh Produce Exporters’ Forum (FPEF). There will also be an assessment of present and future economic predictions by Mr Ettienne le Roux of Rand Merchant Bank, while Mr Derek Donkin, CEO of Subtrop, will look at access to new markets for litchi, mango and avo growers. He attended the world avo congress in Peru recently, where he had discussions with international market leaders in the field.
Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543 jacques@bulletin.us.com
11
October 2015
Kool gepas vir somerproduksie Kool is oorspronklik ‘n wintergewas wat geplant word gedurende die herfs, deur die winter groei en in die lente ge-oes word. Met die verloop van tyd is nuwe variëteite gekweek wat geskik is vir verbouing regdeur die jaar — selfs deur die somer. Die verskeidenheid van koolsoorte wat vandag beskikbaar is, kan die verbruiker laat kies tussen koolkoppe van verskeie groottes, vanaf babakool tot koppe van 4 kg en selfs groter. Die vorms van die verskeie koppe kan ook wissel tussen spits, plat, semi-rond en rond. Daar is selfs ook ‘n keuse tussen groen kool en rooi kool. Vandag se baster variëteite beskik verder oor goeie siekteweerstand wat nodig is vir die produsent om ‘n goeie oes te verkry en om chemiese bespuiting te verminder. Suid-Afrika en Afrika is uniek in die sin dat ons hou van groot kopkool van 4 kg en selfs groter. Sakata se nuwe variëteit, Optima, bied presies wat die produsent verlang — goeie gehalte groot koppe met uitstekende siektebestandheid: Optima beskik oor weerstand teen swartvrot en is dus hoofsaaklik geskik vir gebiede waar die swartvrot-druk baie hoog is — veral met die huidige wisselvallige klimaatsomstandighede, bied dit die produsent versekering van goeie gehalte koppe. Die sterk groeier neem ongeveer 80 tot 100 dae om bekwaamheid te bereik, nadat dit verplant is. Die groot
raam beskerm die koppe baie goed teen sonbrand en windskade. Koppe is semirond tot rond met ‘n kopgrootte tussen 3 en 5 kg. Oor die jare het Conquistador homself bewys as een van die leier-koolvariëteite in Suid-Afrika. Conquistador is wyd aanpasbaar met groot, groeikragtige plante en blare wat die koppe goed beskerm. Conquistador weerstaan sowel hitte in somer as koue deur die winter baie goed. Die koppe beskik oor ‘n uitstekende houvermoë nadat bekwaamheid bereik is en bars nie maklik nie. Die groot koppe is ‘n blou-groen kleur met ‘n soet smaak en ‘n uitstekende raklewe, wat dit baie aantreklik maak vir smouse. Saailinge Dit is belangrik dat goeie gehalte, sterk saailinge geplant word. Swak saailinge lewer swak en klein koppe wat op stuk van sake ‘n lae opbrengs teweeg bring. Die produsent moet ook seker maak dat die saailing se groeipunt nie beskadig is nie, aangesien dit daartoe kan lei dat die plant geen kop kan vorm nie, of meer as een kop vorm wat nie bemarkbaar is nie. Die saailinge moet ook nie te lank raak in die saailaai voordat dit uitgeplant word nie, aangesien lang saailinge na uitplanting kan verwelk en beskadig kan word deur die son. Indien moontlik moet saailinge op beddings of op walle geplant word. Dit lei tot beter dreinering van water wat minder grondsiektes beteken, asook die
beskikbaarheid van meer suurstof in die grond. Die produsent moet verseker dat die saailinge se stam of wortel nie beskadig word tydens uitplanting nie, aangesien dit kan lei tot die belemmering van groei en die vorming van klein koppe. Die wortelhuisie moet verder ook nie uitdroog tydens uitplanting nie, omdat die saailing se wortels sal vrek en die saai-ling nie sal groei nie. Bemesting Dit is belangrik vir die produsent om ‘n grondmonster te neem en dit te laat ontleed, sodat ‘n sorgvuldige bemestingsaanbeveling dan gedoen kan word. Die korrekte bemestingsprogram kan lei
tot ‘n gesonde oes met ‘n hoë opbrengs gehalte koolkoppe. Vir meer inligting oor Sakata se koolvariëteite bel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek Sakata se nuwe webwerf by www.sakata.co.za.
AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
Hier is ‘n deel van nagenoeg veertig Suid-Afrikaners wat die internasionale avo-kongres van 13 – 18 September in Lima, Peru, bygewoon het. ‘n Groot deel was lede van Saaga en Subtrop, maar verskeie produsente het ook die kongres in hul private hoedanigheid besoek. Heel regs staan mnr Derek Donkin, die uitvoerende hoof van Subtrop.
tri-mX Vat Valskodlingmm vas, natuurlik • Trichogramma eier parasiete, ‘n natuurlike vyand van VKM • ‘n Noodsaaklike deel van ‘n geintegreerde (IPM) benadering • Verminder oesverlies met tot 60% Nou ook verkrygbaar by: www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | info@vitalbugs.co.za
R
12
October 2015