AgriBulletin June 2011

Page 1

Junie 2011

0 0 0 00

R5

Wêreldrekord bl 2 l Vuurwapenlisensies bl 7 l Mamba! bl 11

‘n LiN Groep Publikasie • A LiN Group Publication


2

June 2011

Goue bul bereik halfmiljoen Rand LiN Nuus/Bulletin Limpopo se Mooketsi-distrik het ‘n goue bul opgelewer wat die koppe van baie stoettelers in die nabye toekoms gaan laat draai. Die Pinzgauer-bul

Golden Boy van die ZZ2 Pinzgauer-stoetery van Bertie van Zyl (Edms)Bpk is onlangs vir ‘n SA rekordprys van R500 000 aan ‘n stoetery van Roodepoort verkoop. Dit is volgens beskikbare inligting ook die hoogste prys wat vir ‘n Pinzgauer-bul wêreldwyd behaal is. By ontleding van die jong bul se geskiedenis en herkoms is die halfmiljoen Rand nie vergesog nie. Sy pa, Mr Silence, spog met ‘n hele rits kampioenpryse op SA se grootste landbouskoue. In 2009 is hy op KZN se Royal Show in Pietermaritzburg gekroon as die interraskampioen en wenner van die goue beker. Dieselfde toekenning is in 2009 en 2010 op die Pretoria Skou aan Mr Silence gemaak en word as die trots van die Pinzgauer Beestelersge-

nootskap beskryf. In 2010 is Golden Boy as Breedplan, LandbouWeekblad en Pfizer se Suider-Afrikaanse teelbul van die jaar gekroon. Hy is ook SA se reserwe en junior raskampioen, terwyl sy pa die senior titel dra. Tydens Fase C-toetsings by die Landbounavorsingsraad (LNR) in Irene is ‘n regop V-teken op Golden Boy se linkerblad aangebring. Dit is ‘n goue merietetoekenning. (Wanneer die V-teken horisontaal en na onder wys, is dit vir silwer en brons). Sy voeromsetverhouding (VOV) indeks is 109% en sy groei daaglikse toename (GDT) is 115%. Dit beteken kortliks dat hy 5,12 kg voer inneem om ‘n kilogram vleis aan te sit en dat hy teen 2,264 kg per dag groei. Die nuwe eienaars is mnre Louis Kleynhans en Rynier Nel, bekende Pinzgauer-telers van Roodepoort, wat die bul se genetika gaan inspan om hul kudde te verbeter. Die teler is mnr Paul Bester van Grootboom Boerdery, waar hy ZZ2 se Pinzgauer-stoetery saam met mnr Albert Nöffke bestuur.

Hishtil is aan voorpunt

LiN MEDIA

LiN MEDIA

LiN Nuus/Bulletin Die enting van groentesaailinge is ‘n betreklik nuwe ontwikkeling in Suid-Afrika, maar word reeds wêreldwyd op groot skaal gedoen. Die leiers in dié sektor is die kwekery-reus Hishtil van Israel, wat sy eerste SA tak in 2007 in Mooketsi geopen het. Die hoofbestuurder van die tak, mnr Shlomo Zuker, vertel met trots dat hul vennootskap met ZZ2 op ‘n gesonde vlak vorder. Hishtil span gevorderde kweek- en entmetodes in wat ‘n groot tegnologiese sprong vir alle Suid-Afrikaanse boere beteken. Hulle produseer geënte saailinge soos tamaties, rissies, waatlemoene, spanspekke en komkommers. Alle saailinge word op bestelling gekweek en word so fyn bereken dat ‘n boer sy planttyd tot op die dag kan bepaal. Hishtil is reeds in tien verskillende lande bedrywig, met sy vier hooftakke in Israel. Hulle beplan om nog ‘n tak in Johannesburg in die nabye vooruitsig te open. In AgriBulletin van Julie sal ‘n volledige berig en foto’s oor die bedrywighede van Hishtil gepubliseer word. LINKS: Saailinge word in spesiale houers gekweek om reguit wortels te ontwikkel. REGS: Mnr Shlomo Zuker is hoofbestuurder van Hishtil SA in Mooketsi.

ber en 2 Novem pruit) 24 Augustus Julie (Hoeds 20 ’s go AgriLetaba: an M maand. e: ke ep el ro n dieg Donderdag va te Subtrop Stu rs Ee g: 1 Julie veeveilin ng, Ellisras: Rubbervale okklub, veili rb oe B ld ve Julie Bos 8 Julie , Ellisras: 1 wildveiling: siële veiling er lie m Hoedspruit Ju m 1 ko s: , rbokklub iling, Allday Bosveld Boe afaris Wildve S r du an B o& Tshwarelan ng: 6 Julie ngbeesveili Vaalwater Jo 8 Julie lie wildveiling: a Bela: 9 Ju Hoedspruit eiling by Bel sv en itp tw ar w S tte lo Grave Julie esveiling: 14 ity: 15 Julie Vivo Jongbe iling, Sun C ve ild W is ak ez gl En e Mik 16 Julie Wildveiling: 22 Julie Groblersdal , Mooketsi: ng ili ve es be ng lie Jo Ju 2 28 ZZ ng: ngbeesveili Julie 29 : bi Warmbad Jo im ie. az iling, Thab s vir publikas Skou-wildve ens. aan on e, ou sk , gs erin tin.us.com s van vergad jean@bulle Stuur datum dakteur by re e di n aa Skryf


3

Junie 2011

ZZ2 se PinZ²yl-beesras is ’n wenner

ZZ2 se opwindende nuwe beesras, die PinZ²yl, vaar volgens sy ontwikkelaars “verstommend” goed in Suid-Afrika. Mnr Paul Bester, bestuurder van ZZ2 se Pinzgauer-stoetery en “vader” van die nuwe ras, sê die PinZ²yl bly in die nuus en lok al meer telers. LiN Nuus/Bulletin Die Bulletin het verlede jaar oor die beesras berig, kort nadat dit vir die eerste keer aan SA beesboere bekend gestel is. Dit het byna veertien jaar se intensiewe navorsing en seleksie gekos om die ras tot stand te bring en geregistreer te kry. Die produk is ‘n kruising tussen een van die oudste beesrasse in Europa (die Pinzgauer) en die oudste ras in Afrika (die Nguni). Die resultaat was ‘n bees wat ekonomies en teen lae koste vleis aan Afrika kan lewer. Mnr Paul Bester sê agtien maande gelede is die PinZ²yl vir die eerste keer saam met ses telers bekendgestel. ‘n Jaar gelede het die getal telers tot twaalf aangegroei en vandag staan dit op 48 telers in al nege provinsies van die land. Dit is bekend vir sy gehardheid in die bergagtige streke van KwaZulu/Natal en Kaapland tot die warmste streke van die Karoo tot in die Laeveld. Die ontwikkeling van die ras het ook

gepaard gegaan met verskeie impakstudies om die gehalte-eienskappe daarvan te bevestig, waarvan sekere studies steeds voortgesit word. “Ons het ‘n beesras geteel met sekere aansprake wat

’n PinZ²yl-bul pronk in die veld by Mooketsi.

deur die owerhede erken word. Nou moet ons kan bewys dat al ons aansprake waar is.” Een van die studies wat nou aan die gang is, is melklewering. ‘n Groep PinZ²yl-koeie word elke aand van hul kalwers geskei en vroegoggend gemelk, voor hulle weer saam veld toe gaan. Die doel is om te bewys dat die dier vir die landelike bevolking beskikbaar is vir melk, maar terselfdertyd ook vleis ekonomies produseer. Nog ‘n studie het die PinZ²yl se gehardheid teen hitte bewys. Vier beesrasse – Pinzgauer, PinZ²yl, Nguni en Santa Gertrudis – is in ‘n onbeskutte kraal gelos, met net ‘n paar skadunette in een hoek. Soos die dag warmer geword het, het die Pinzgauer eerste by die nette gaan koelte soek, gevolg deur die Santa Gertrudis, die Nguni en die PinZ²yl heel laaste. Bester sê die teel van die nuwe bees was ‘n baie makliker taak as om die dier in SA gevestig te kry. Sy aanpasbaarheid het egter gewys wat in hom steek en sy gewildheid is besig om vinnig uit te kring.


4

June 2011

Die Pitaya is ’n wondervrug LiN Nuus/Bulletin Die Pitaya of “dragon fruit” is ‘n relatief onbekende vrug in Suid-Afrika, maar is een van Viëtnam se suksesvolste uitvoerprodukte. AgriBulletin het in sy vorige uitgawe foto’s van die vrug geplaas en lesers versoek om meer lig op dié pragtige vrug te werp. Ons het verskeie oproepe ontvang en selfs vasgestel dat op groot skaal met dié vrug in die Mooketsi-distrik geboer word. Mnr Des Altona van Politsi het die regte spelling verskaf. In Meksiko staan dit bekend as Pithahaya, terwyl die woord Pitaya roja in die land van oorsprong, Sentraal Amerika, en in die

Ooste gebruik word. Me AJ Geldenhuys van Mooketsi sê in haar tuin groei ook van die vrugte. Sy vermoed die sade is van die Pitaya-boerdery van mnr Douglas Reed deur vlermuise of bye oorgedra. Die pitaya (Hylocereus undatus) is ‘n tropiese vrug wat aan die rankende kaktusfamilie behoort. Dit blom eenmalig in die nag, wat bestuiwing uiters gering maak. In kommersiële aanplantings word bestuiwing met die hand gedoen om ‘n oes te verseker. Die blom word tot 30 cm lank en is welriekend, wat gelei het tot name soos

“Lady of the night” en “moonflower”. Die vrug wat ontwikkel, is die prooi met ‘n vlesige wit inhoud gevul met klein swart sade. Die vrug is soet, met ‘n effense surigheid, en word koud bedien. Benewens ‘n groot vitamien C-inhoud het die vrug volgens oorlewering ook verskeie medisinale eienskappe. Dit verbeter sig en voorkom hipertensie. Die klein swart sade help om glukosevlakke in die bloed te beheer in die geval van mense met ‘n sekere soort cholesterol en help ook vir maagaandoenings.

Milk producer prices a concern LiN News/Bulletin Concern is expressed by the Milk Producers’ Organisation (MPO) regarding producer prices for milk which have not yet increased this season. International producer prices increased significantly over the past three months and import parity is R4,00 and above for most products. The managing director of the MPO in

SA, Mr Bertus de Jongh, said unusual seasonal circumstances are currently also affecting milk production negatively. Winter conditions were experienced late this year, which could result in the winter season continuing later and longer. Producers in previously drought stricken areas are struggling to keep afloat and recover from the financial impact of the drought. This has resulted in many milk producers converting to other disciplines, which will have a negative impact on milk supply in future. De Jongh said a number of responsible milk buyers with a long term vision have already increased producer prices in order to ensure sufficient milk production over the next 18 months. If the upward trend in global prices continues, imports could become unaffordable in the foreseeable future. He appealed to the role players in the industry to act responsibly in the interest of the long term sustainability of the milk industry.


Junie 2011

5


6

June 2011

Leader of the Bonsmara pack LiN News/Zoutpansberger In less than a century the Bonsmara breed, by means of strict selections, have become renowned for its economical features such as fertility, good growth and most importantly its high adaptability and beef yield. For thirty years now Mr Gavin Bristow, from Bristow Bonsmara situated in the Bandolierkop area in the Soutpansberg district, manages one of the oldest thoroughbred Bonsmara herds in the country. It all started when Mr Ridgeway Bristow, Gavin’s grandfather collaborated with Prof Jan Bonsma, the father of the Bonsmara, in the early 1920’s in establishing a breeding programme to develop a beef breed which could produce economically in the sub-tropical regions of the then Transvaal. At the time the British beef breeds did not perform as well in the scorching weather. They were also more susceptible to tick-borne diseases, to which the Transvaal is no stranger. On the other hand, the hardy indigenous Afrikaner breed proved to be well adapted and had a high resistance against diseases. Following pilot trials, Prof Bonsma decided to continue with the better performing Hereford and Shorthorn cross-breeds. These studies were conducted at the Mara Research Station in the Soutpansberg area. Ultimately three-quarter Afrikaners were mated to half breeds to obtain progeny with 5/8 Afrikaner and 3/8 Hereford or Shorthorn blood. With this combination, gold was struck and within 20 years after the initial cross-breeding trials a superior cattle breed for

Africa, performing better than other breeds in the bushveld of the Northern Transvaal, had been established. The first results were already encouraging. Under the management circumstances prevailing at Mara in those days, the weaning weights of the crossbred cows were on average 195kg at 240 days (about 20% higher Mr Gavin Bristow has been managing the Bristow Bonsmara herd for 30 years, one of the oldest herds in the country. than those of the three parent breeds). Likewise the calving percentages of the tablish a Bonsmara herd in Zimbabwe and after 28 years crossbred cows were appreciably higher. The calf mor- he held his first production sale at Gaaroskraal. During 1980 Gavin took charge of the herd after John’s tality was much lower than in the British Beef breeds death and has been managing the herd ever since. and close to that of the more resistant Afrikaners. Gavin managed to expand the herd as far as South In his grandfather’s time, says Bristow, some of the most promising bulls from Bonsma, were progeny test- America by the exporting of Bonsmara embryo’s in 1995. By the following year the first calf was born outed in the Bristow herd. When Ridgeway Bristow died side of South Africa. The success of the Bonsmara lies in its ability to adapt in an air crash during 1945, his two sons took over the herd. to harsher environments and to turn grass into feed. “It is a commercial breed that grows fast and produces John Bristow, Gavin’s father, became one of the first farm- good beef,” says Bristow. “But it is important not to pamers to be co-opted by Mara in per the herd too much. Strict selection methods are in a programme to test Bonsmara place to ensure that every cattle in the herd performs.” The herd is also managed under natural extensive bulls in selected herds. For this purpose six bulls were received conditions in which no supplementary feeding or licks on loan from Mara. This inclu- are given. “What you see is what you get, an animal that ded no. 406; the sire of Edelheer can adapt and perform,” Bristow says. These days, computer technology is also utilized to T342, which is regarded as the “father” of the Bonsmara breed. match the cows to bulls as well as for sire and dam In the 50s John helped to es- evaluation.


7

Junie 2011

“Te veel lisensies afgekeur” – kenner LiN Nuus/Bosveld Bulletin Sowat 46% van alle aansoeke vir vuurwapenlisensies vanaf 1 Oktober 2010 is afgekeur. Mnr George Nell, prokureur en kenner van die nuwe Wet op Beheer van Vuurwapens, meen dat te veel lisensies die afgelope paar maande afgekeur word. “Dit is ongelukkig so dat beamptes nie hul werk ordentlik doen nie. Ons sien dit met die appèlsake waar lisensies toegeken word omdat personeel gefouteer het.” Nell glo ook dat polisieminister Nathi Mthethwa se sperdatum van einde Julie vir die verwerking van alle aansoeke om lisensies, druk op die sentrale vuurwapenregisterkantoor plaas en aansoeke dus foutiewelik afgekeur word. Dit blyk uit die polisie se amptelike syfers dat verlede maand 61,5% van appèlle toegestaan is. Die wet bepaal dat ‘n aansoeker binne 90 dae moet appèlleer. Die koste is R500 per appèl. Tydelike oplossing vir vuurwapenlisensie Om deesdae ‘n nuwe vuurwapen te koop beteken dat jy tot drie jaar kan wag voor ‘n lisiensie uitgereik word. Daar is egter ‘n wet wat bepaal dat ‘n vuurwapeneienaar

Mynbouplanne bekommer boere LiN Nuus/Bosveld Bulletin Boere in die omgewing van Mokopane is bekommerd oor die moontlike impak wat ‘n beplande oopgroefmyn 18 km suid van die dorp op waterbronne en die omgewing gaan hê. Tydens ‘n onlangse gemeenskapsdeelname-vergadering het boere gewaarsku dat die projek Mokopane en Mookgophong se waterbronne asook die Nylrivier in gedrang kan bring. Sylvania Resource Bpk en sy filiaal, Pan Palladium SuidAfrika, beplan om twee oopgroef-platinamyne op die plase Volspruit 326KR en Zoetveld 294KR te begin. Die gebied huisves tans intensiewe landbouaktiwiteite en boere vrees dat die beloofde finansiële voordele van die projek nie werklik die daling in grondwaarde weens ‘n toestroom van mynwerkers gaan uitbalanseer nie. Hulle argumenteer die voordele van so ‘n myn is net op die aandeelhouers van die projek van toepassing en nie op die inwoners van die omgewing nie. Tydens die vergadering is belanghebbendes daarop gewys dat al die reëlings en besluite aangaande die projek nog hangende is en geen finaliteit is bereik nie.

tydelike magtiging toegestaan mag word om ‘n vuurwapen te besit. Die vuurwapenwet, Wet 60 van 2000, bevat ‘n artikel, bekend as Arikel 21, wat bepaal dat tydelike magtiging uitgereik mag word. Volgens mnr Willem Smit, ‘n advokaat van die hoëhof, mag ‘n persoon wat reeds in besit is van ‘n bevoegdheidsertifikaat, die registrateur nader om ’n tydelike magtiging aan hom uit te reik om onmiddellik die vuur-

wapen te mag besit en te gebruik. Kontak gerus jou plaaslike registrasiekantoor. Regulasie 23 (2) (a) bepaal dat tydelike magtiging minstens sewe dae voor die beplande datum waarop besit van die vuurwapen geneem word, ingedien word. Die registrateur en sy beamptes het dan sewe dae om ‘n aansoeker se aansoek te ondersoek, te beoordeel en tot ‘n besluit te kom. Die aansoek kos R140.

Radio’s sal boere veiliger hou LiN Nuus/Bosveld Bulletin Die veiligheid van nagenoeg 720 boere en 6 500 plaaswerkers in die Lephalale-gebied het pas ‘n hupstoot gekry, deur ’n geldelike skenking van die Agri Securitas Trustfonds vir die oprigting van ’n radiokommunikasienetwerk. Die netwerk sal die gemeenskap in staat stel om vinnig te reageer in noodsituasies soos plaasaanvalle, vee- en wilddiefstal en wildstropery. Die grootte van die gebied wat nagenoeg 19 000 km² beslaan, noodsaak ‘n gemoderniseerde radiokommunikasienetwerk om onder meer lugondersteuning te aktiveer

wanneer nodig. Goeie werksverhoudings bestaan tussen die boerderygemeenskap en die polisie en daarom het die trustfonds radio’s aan die landbouvereniging beskikbaar gestel, vir die polisie om met boere te kommunikeer. Die Sektor 2-polisiëringseenheid (Onverwacht) het ook navrae gedoen om radio’s te bekom. Radio’s word geïnstalleer teen ‘n minimum bedrag van R65 per maand vir die volgende vyf jaar. Sodra die radio afbetaal is word dit die eiendom van die boer. Dit sal tot voordeel van die hele gemeenskap strek as elke boer in die area toegang tot die noodkanaal het.


8

June 2011

Youth urged to take Beautiful soil = beautiful fruit farming as a career LiN News/Bulletin Beautiful fruit starts with beautiful plants, and beautiful plants start with beautiful soil. But where on earth will you get beautiful soil? South Africa is known for not having large amounts of organic matter in the soil and to make matters even worse, in certain areas, for having a low phosphate count. A chicken manure based product, Terra Bueno, is enriched with soft rock phosphate and will give a soft alternative to conventional chemical based fertilizers to better the condition of the soil. As part of the organically inclined Terra range, with no chemical enrichment, comes Hygrotech’s answer to having a beautiful healthy soil. Terra meaning soil and Bueno meaning beautiful, is believed to be the answer.

Terra Bueno consists of an average analysis of 3% N, 3% P and 3% K, giving many options when it comes to building a better soil. Terra Bueno is best used as a soil conditioner with the added bonus that you can subtract the nutrients from your total fertilizer program. Some benefits include slow release of organic nutrients, improved cation exchange and water holding capacity in soil. It also serves as a soil conditioner, keeping it weed and pathogen free. The easy-to-use pellets stimulate micro-organisms in the soil, root growth and cell division. It consists of between 3% - 6% organic acids. It is a clean and safe range and the answer to organic shortages in soil. Contact Hygrotech in Tzaneen for more information.

LiN News/Limpopo Mirror South Africans are the laziest people compared to foreigners and rot in poverty, despite the abundance of land at their disposal, said the mayor of Giyani, Mr Pat Hlungwani. Hlungwani officiated at the Young Aspirant Farmer of the Year Awards for the Mopani district, held at the Giyani Community Hall in June. The competition, which forms part of Youth Month activities in the district, aims to encourage the youth to take up farming as a career. Hlungwani said the South African youth had the mentality of working in

offices in the comfort of air conditioners, rather than getting their hands dirty doing manual work. “We have thousands of unemployed youths, but only a few offices in the municipality and the district,” he said. He added that it was high time the youth changed their mentality and started doing things for themselves. “Most famers in rural areas have fields where they usually plough during summer. You can easily turn those into profitable businesses, or better still, yards at your homes, most of which are huge, especially in rural areas,” he said. The overall winner in the category of top producer in the informal market, 21-year-old Thembani Makhotani of Homu village near Giyani, received R5 000. He owns a 15-hectare piece of land in his village that produces vegetables, which he sell to the supermarkets in Giyani.

Top farmer Thembani Makhotani (left), receives the award for the best overall winner in the informal market. The award is being handed over by the mayor of Greater Giyani, Pat Hlungwani.


Junie 2011

9


10

June 2011

SA het twintig varsmarkte Suid-Afrika het twintig geregistreerde varsproduktemarkte met ‘n totale omset van R6 miljard, waarvan Johannesburg se Jo’Burg Market die grootste is met R2 miljard. Sewe van die markte is in private besit, terwyl die res onder munisipale bestuur is. Die sogenaamde groot vyf, met ‘n omset van meer as R250 miljoen, is Jo’Burg Market (korporatief ), Tswane (Pretoria), Kaapstad (Epping, privaat), Durban (eThekwini) en Springs (Ekurhuleni). Die medium groep markte met ‘n omset van meer as R100 miljoen is Pietermaritsburg (Msunduzi), Klerksdorp, Bloemfontein (Mangaung), Port Elizabeth (Nelson Mandela Metro), Oos-Londen (Buffalo City) en

Welkom. Die kleiner markte wat ‘n omset van minder as R100 miljoen hanteer, is Vereeniging, Nelspruit (privaat), Sol Plaatje (Kimberley), Witbank, Kei Mark (Mthatha, privaat), George (privaat) en Noordeinde in Port Elizabeth (privaat). Onder dié groep is ook Uitenhage, wat op die oomwat beoog word, is Alice, Philippi, Port Shepstone, Brits blik die oudste private mark in die land is. Nuwe markte wat voltooi of onder konstruksie is en en Harrismith.


11

Junie 2011

Black Mamba — free pest control LiN News/Kruger2Canyon The Black Mamba has a reputation of being an aggressive and dangerous reptile. A reptile that many say is more intelligent than any other snake and will calculate and plan an attack on humans.

snakes, getting bitten the most. Secondly it’s snake collectors and people who work with snakes, and lastly it’s you walking through the bush and accidentally being bitten. The golden rule is to stand still and let the snake pass.

most potent venom

mouse eradicator

Some believe that these snakes have the most potent venom of all African snakes and that it takes mere seconds to kill. It is also said that the Black Mamba lives within a well protected territory and that it will defend this territory by attacking anyone nearby. People say that the Black Mamba has super strength and is able to move about using a small section of its tail on the ground with most of its body in the air and that it will bite onto its tail to form a hoop and roll down hills to chase after you. Another common belief is that the Black Mamba intentionally sits in a tree above a path through the bush waiting to bite unsuspecting people and animals that passes by. And can you believe it some people even say that Black Mambas are able to move like the wind? It’s said by some that an innocent dust devil caused by temperature inversions is a Black Mamba moving about seeking to destroy anything in its path.

strong, fast and agile It’s no wonder that people are afraid of Black Mambas! Can you blame them with all these horrific stories being told? The truth is if any of these stories were in fact true, then we would be in trouble. Black Mambas do not eat humans and they are not territorial. So, for what reason would they attack humans? To defend themselves against an enemy. You should understand that if you attacked or tried to kill the snake, it would first try everything in its power to move away from you. Black Mambas are strong, fast and agile reptiles that live their lives mostly off the ground out of reach in trees, so a real dangerous encounter hardly ever happens. There is no mistaking that the Black Mamba’s venom is lethal and that it takes a small amount to kill a person in sometimes less than an hour. However, in South Africa an average of only 14 people per year die of snake-bite, of these hardly any by the Black Mamba. Snake-bite in South Africa has been categorized into three basic groups, with people killing

The Black Mamba is active throughout the year, they live in warm climate regions and although they do not hibernate, they do become a little less active through winter. The Black Mamba will eat throughout the year and is considered the most efficient mouse eradicator in the animal kingdom. A single snake will eat approximately 4000 or more rodents in its lifetime, rodents that would have bred and multiplied one hundred times over. Without Black Mamba, we would have serious problems in agriculture as the rats and mice they prey on damage crops and eat a large amount of grain every year. Rodent poisoning can result in serious secondary poisoning of other animals. Besides, rodents learn and teach their young not to eat these poisons. It is much more effective to let Black Mambas and other snakes be to take care of rats and mice in a cheap, cost effective way. Khamai Reptile Centre near Hoedspruit will always, where possible, send someone to capture and relocate your Black Mamba or any other reptile, should it be necessary. Contact Khamai at reptile@yebo.co.za or 015 795 5203.


12

June 2011

Voëls vlieg hulself binne die atlas in

LiN Nuus/Die Pos Waar kom watter voëls voor? En bly hulle per­ma­nent daar? Omdat voëls kan vlieg, be­weeg hulle vin­niger as ander lewende wesens. Die swerf­valk duik by­voor­beeld op sy prooi af soos ’n tor­pedo. Ná ’n paar krag­tige vlerk­slae vou hy sy vlerke op teen sy stert en skiet op sy prooi af teen ’n spoed van 250 tot 380 km/h. Selfs in ge­wone vlug is baie voëls vinniger as die vin­ nig­ste land­dier, die jag­luiperd. Dit is te ver­stane dat voëls rond­trek — nie alleen wan­ neer somer­be­soek­ers aan Suid-Afrika na die noorde migreer in ons herfs en winter nie, maar ook binne­lands be­weeg voëls van hulle ge­wone habitat na ander streke. So kom daar dees­dae voëls in Pretoria en Johan­nes­burg voor wat nie vante­vore daar waar­ge­neem is nie. Ge­duren­de die af­ge­lope vyftien jaar het die ver­sprei­ dings­ ge­ biede van voëls in Suider-Afrika meer ver­ ander as in die vorige 30-40 jaar. Dit is weens vin­niger ver­ander­ings aan die omge­wing, wat voëls se habi­tat ver­nietig (dorps­ontwik­kel­ing, myn­bou) of wat nuwe woon­ ge­ biede vir voëls oop­ maak (stede­ like tuine, parke). Klimaats­ver­ander­inge en die be­skik­baar­heid van kos speel ook ’n rol in die ver­sprei­ding van voëls. Die Animal Demo­graphy Unit van die de­parte­ment Dier­kunde aan die Univer­siteit van Kaap­stad het in 1987 ’n voël­sen­sus­pro­jek ge­loods en dit die South African Bird Atlas Project 1 ge­noem. Dié pro­jek het tot

1991 ge­duur en die resul­tate is in 1997 in twee volumes ge­publi­seer. Daarin word die ver­sprei­ding van voëls in Suid-Afrika aan­ge­toon. Die sukses van SABAP 1 het ge­lei tot ’n voort­ge­set­te op­name van voël­ge­tal­le en hulle ver­sprei­dings­pa­trone. In Junie 2008 is SABAP 2 ge­loods. Die opper­vlak van Suid-Afrika is op die kaart in 17318 blok­ke ver­deel, elk 5 min x 5 min. Hierdie blokke word pen­tads ge­ noem. Lede van voël­klubs en ander be­lang­stel­len­des word voor­sien van kon­trole­lyste met voël­name en ander be­ son­der­hede. Die waar­nemer teken op die lys aan watter voëls in ’n be­paal­de pen­tad waar­ge­neem is in ’n be­paal­ de periode, en die be­son­der­hede word aan die orga­ niseer­ders van SABAP 2 ge­stuur. Op 21 Maart vanjaar is reeds 50 000 kon­trole­lyste van 876 waar­nemers terug ontvang, wat 50% van die atlas­ opper­vlak­te dek. Uit hierdie ge­gewens kan reeds ’n goeie, be­trou­bare voël­atlas op­ge­stel word. Die pro­jek gaan steeds voort, want hoe meer in­lig­ting in­ge­samel word, hoe meer vol­ledig en be­trou­baar is die atlas. Die Bos­veld Voël­ klub van Modimolle neem ywerig deel aan dié voël­atlas­pro­jek. Be­ langstellendes wat aan die op­ names wil deelneem, kan be­son­der­hede

kry by die web­blad http://sabap2.adu.org.za of hulle kan me Riko Sny­ders bel by 014 715-2697, me Anna­ tjie Becker by 014 736-4374, of me Magriet Le Roux by 083 454 5543.

Wêreld se Pinzgauertelers kom SA toe Die Internasionale Pinzgauer Telersgenootskap hou sy wêreldkongres in SuidAfrika in 2013, wanneer honderde van die wêreld se voorste telers van dié beesras in die land verwag word. Die groot saamtrek sal in Mooketsi

wees, waar ZZ2 die gasheer sal wees. Dit begin in Kaapstad, waarna die afgevaardigdes eers na Pietermaritzburg se Royal Show sal vertrek voor hulle by die hoofverrigtinge in Mooketsi aansluit. Volgens mnr Paul Bester, president van die SA Pinzgauer Stoettelersvereniging, het die beesras die afgelope tyd baie goed in Suid-Afrika gevaar en die wêreld se telergenootskappe met nuwe oë na die plaaslike bedryf laat kyk. Dit is veral die ontwikkeling van die nuwe Pin²Zylras in Mooketsi wat internasionale aandag geniet.


Junie 2011

13


14

June 2011

Groen eiervrugte — ’n droom word waar LiN Nuus/Zoutpansberger Tien jaar gelede het hy die idee gekry om groen eiervrugte in Suid-Afrika te begin plant, maar dit was nie sommer net vir plant nie. Só vertel mnr Neels van Vuuren, ‘n boer van Louis Trichardt. Vir jare het hy oor die gedagte getob en planne gemaak om saad in die hande te kry. Hy moes egter eers spesiale toestemming van Hygrotec kry om die saad die land binne te bring. Van die voorwaardes sluit in dat hy mag plant en die vrug verkoop, maar nie die saad nie. Begin verlede jaar is Van Vuuren se droom bewaarheid toe hy ‘n paar honderd saadjies ontvang het. Dit is in die grond gedruk, laat groei en meer saad is van die vrugte gemaak. Intussen het Van Vuuren in vennootskap gegaan met mnr. Piet van der Merwe, ‘n boer van die Levubu-omgewing. Die subtropiese klimaat van die Levubuvallei was meer geskik vir die plant

van eiervrugte en in April vanjaar is die eerste 3 500 saailinge geplant. Die saailinge is deur Van Vuuren gekweek. Dit is opgevolg met ‘n tweede aanplanting van 4 500 saailinge.

“Ek is baie opgewonde oor die eerste oes,” het Van Vuuren hierdie week gesê. Hul eerste oes sal na verwagting teen einde Julie afgehaal word. Voorlopige aanduidings is dat daar ‘n definitiewe mark vir die spesifieke groen eiervrug bestaan, met onder meer Fruit & Veg City by die Pretoria Mark wat wag vir die eerste oes. Daar is ook reeds begin om met ander groot kettingwinkels te gesels. “Ek glo dit sal werk. Lekker is hy flippen lekker!” het Van Vuuren gesê. Eiervrugte is nou verwant aan die tamatie en aartappel en kom oorspronklik vanuit Indië en Sri Lanka. Dit is juis deur ‘n kontak in Indië wat Van Vuuren die saad bekom het. Botanies word die eiervrug as ‘n bessie geklassifiseer. Glo dit of nie, maar die bitter smaak wat die vrug kan hê is as gevolg van sy nikotien-inhoud. Mens moet egter

Mnre Piet van der Merwe en Neels van Vuuren in die kweekhuis waar die vrug gelos word om saad te maak.


15

Junie 2011 darem amper 9 kilogram eiervrug eet om die selfde hoeveelheid nikotien in te kry as een sigaret. Suid-Afrikaners is veral vertroud met die donker pers eiervrug, maar hoekom die groen eiervrug en wat maak dié variant so spesiaal? Soos genoem kan ‘n eiervrug ietwat bitter wees. Die groen eiervrug is egter soet en ‘n groter gunsteling by verbruikers. Dit is egter, volgens Van Vuuren, glad nie op die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar nie en is hulle, volgens sy kennis, die eerste boere wat begin met die aanplant van die vrug. Die vrug self is ryk aan vitamiene en minerale en kan selfs dien as plaasvervanger vir vleis. Van Vuuren en Van der Merwe kyk derhalwe ook ernstig na die vegetariër

mark. Die eiervrug bevat ook chlorogeniese suur wat dit kankerwerend maak en cholesterol se nadelige gevolge kan teenwerk. “Ons kyk na die moontlikheid om die eiervrug ook noord van die Soutpansberg te begin plant weens die gunstige warm toestande, maar is bevrees die vrug sal so groot word dat ons dit nie deur die Hendrik Verwoerd-tonnels sal kry nie,” skerts Van Vuuren. Intussen gaan hy voort met die kweek van saailinge. Vir verkoop word die vrug gepluk voordat dit plantbare saad kan produseer.

Vir meer inligting, skakel Van Vuuren by 073 029 6688 of Van der Merwe by 073 177 0969. LINKS: Van Vuuren en Van der Merwe beplan om hul eerste oes einde Julie af te haal. ONDER: Die groen eiervrug is soet in vergelyking met sy donker pers boetie en maak vir ‘n lekker versnapering in ‘n pan gebraai met ‘n degie om.

Ape, varke maak amok Ape in die Tzaneen-omgewing het klaarblyklik die afgelope paar jaar so aangeteel dat hulle nou ‘n bedreiging vir vrugteboere geword het. Dit is veral avokadokwekers met geënte boorde wat deurloop, want die ape breek die entstukke af. Die voorvalle kom wyd voor en dis veral kleiner boere wat die skade die meeste voel. Produsente in die Yamorna-distrik het die afgelope jaar erge las van die ape gehad. Een van die boere, mnr Barrie Williams, sê dis pure vernielsugtigheid in hul soeke na kos. “Die apebevolking het te groot aangewas. Dis nie meer troppe nie, maar kolonies met troppe wat elk uit meer as vyftig ape bestaan. Die bewaarders van ape kan gerus kyk na die probleem, anders sal die boere self ‘n plan of twee moet begin maak.” Hulle bespring die jong boompies, druk dit plat en breek die entstukkie aan die bopunt af. Dan moet daar opnuut geënt word, terwyl die boompies reeds skade opgedoen het. Williams sê selfs voëlneste en die broeineste van tarentale loop deur. Die ape vreet die eiers voor die voet. Die ape is ook ‘n las in piesangboorde. Waar die piesangtrosse in blou sakke toegebind is, skeur hulle die sakke oop op soek na ryp piesangs. Uit frustrasie byt hulle aan die groen vrug en gee dan pad tot by die volgende sak. Weens die aap se speeksel word die gebyte piesang vroeër ryp en die knape keer ‘n paar dae later terug om te kom oes. Nog ‘n kopseer vir piesangboere tussen Tzaneen en Modjadjiskloof is die vernietigingswerk van bosvarke. Sedert die Sapekoe-teelandgoed die afgelope ses jaar toegegroei het, het dit ‘n geil skuilplek vir bosvarke geword. Hulle het in groot getalle aangeteel. Met die opruiming van die teeplantasie wat ‘n paar maande gelede begin het, het hulle begin padgee en in die aangrensende piesangboorde gevaar. Die kerndeel van jong piesangbome word tot op die grond uitgevreet, terwyl die plante ook omgedolwe word vir die wortelgedeeltes. Hulle is hoofsaaklik nagplunderaars en moeilik om te verjaag.


16

June 2011

Groen vingers met groente

Duif-ertjies

LiN Nuus/Bulletin ‘n Meubelvrou met lowergroen vingers is besig om ‘n lap grond in Deerpark, buite Tzaneen, in ‘n lushof te omskep. Net waar jy kyk, staan aarbeie, pietersielie en blaarslaai regop tussen rye vinkel vir die plaaslike en nasionale groentemarkte. Me Elsie Marx is skaars ‘n jaar aan die gang, maar lewer reeds aan markte in Johannesburg, Durban en Kaapstad. Marx en haar gesin het enkele jare gelede saam met haar ouers na die plaas Greystone langs die Deerparkpad verhuis. Sy was ‘n bemarker in die meubelbedryf, maar haar bejaarde pa het eersterangse ervaring van groenteboerdery gehad. Na sy dood verlede jaar het Marx besluit om die kennis wat sy van hom opgedoen het, op die plaas toe te pas. Met haar man en oudste seun in die konstruksiebedryf, het sy besluit om hand aan die ploeg te werp en op haar eie begin boer. “Alles wat ons hier plant, word organiese gedoen met feitlik geen kunsmis of ander chemikalieë nie. Dit was altyd my pa se wenresep.”

Na net meer as ‘n jaar staan die verskillende soorte pietersielie en fraaislaai (fancy lettuce) pronkend. Eenkant staan die aarbeiplantjies kerngesond en gereed om bemark te word. Die aarbeie het so gewild onder kopers geword dat Marx dit oorweeg om ‘n mangoboord te sloop vir groter ruimte. “Ons het met die eerste advertensie in die Bulletin kopers so ver as Louis Trichardt en Marble Hall vir die aarbeiplantjies gekry.” Die ander produkte word aan die varsproduktemarkte van Durban, Johannesburg en selfs Kaapstad gelewer waar sy uitstekende pryse daarvoor kry. Dit is veral haar duif-ertjies (pigeon peas) wat groot aanhang onder Durban se Indiërkopers geniet. Die bome lewer ‘n klein peul met soeterige ertjies en het feitlik geen sorg op die land nodig nie. In dié stadium het Marx net een permanente werker. Mnr Cohen Mkhabele is haar regterhand en hanteer die hele besproeiingsnetwerk op die plaas. Minstens tien seisoenwerkers uit die onmiddellike omgewing word ingespan om die oeste in te samel. Hulle is middeljarige vroue wat dag-op-dag getrou by die werk opdaag. “Met die verwerking en verpakking kon ek reeds meganiese toerusting ingespan het, maar op my boeremanier gebruik ek die werkers sodat hulle ook ‘n vaste inkomste kan hê.” Marx ervaar reeds vinnige groei in haar boerdery en voorsien dat die bedrywigheid in die nabye toekoms in ‘n groot onderneming kan ontwikkel. Sy strewe eintlik na ‘n aarbeiplaas, waar besoekers tydens pluktyd self hul aarbeie kan kom uitsoek. “Dis net jammer my pa is nie meer met ons om te sien hoe sy wenresep werk nie,” sê Marx.

Me Elsie Marx boer vrou-alleen met groente buite Tzaneen.

Mnr Cohen Mkhabele is die enigste permanente werker op die plaas.


Junie 2011

17


18

June 2011

Boere kyk na nuwe handwapen LiN Nuus/Bulletin ‘n Nuwe handwapen vir selfverdediging, waarvoor jy nie ‘n lisensie nodig het nie, is deur ‘n maatskappy van Pretoria aan Letaba se boere bekend gestel. Dit is gas-aangedrewe en skiet ronde balle so groot soos albasters teen ‘n hoë snelheid op die teiken af. Mnr Riaan Coetzee van Fortis Pro-active Defence Solutions sê dit word aangewend as ‘n nie-dodelike wapen om veral boere en hul gesinne in plaasaanvalle en soortgelyke bedreigings te help. Die Defender-gasgeweer is spesifiek vir self- en tuisverdediging ontwerp en maklik om te hanteer. Dit gaan gepaard met ‘n deeglike opleidingsprogram om te sorg dat die gebruik daarvan aan alle wetsvereistes voldoen. Coetzee sê die geweer het genoeg slaankrag om ‘n aanvaller op sy knieë te dwing. Van die balle is met sterk peper gelaai en bars oop wanneer dit die teiken tref. Dit stel die aanvaller onmiddellik buite aksie as hy dit inasem. Verskeie lede van AgriLetaba het groot belangstelling in die nuwe wapen getoon. Veiligheidskenners meen egter dat die polisie eers deeglik van die wapen kennis moet neem voor dit veilig genoeg sal wees vir mense om dit te gebruik sonder om summier vervolg te word.

Coetzee sê elkeen wat opleiding ontvang, sal ‘n sertifikaat kan toon wat die hantering van die wapen regverdig. Dit lyk soos ‘n speelding, maar kan met volgehoue aanwending ernstige beserings aanrig en selfs dodelik wees. Die verdedigingsmetode is geskoei op proaktiewe optrede. Die opleidingskursusse is so saamgestel dat dit misdaad verhoed sonder om Mnr Bennie van Vuuren van die Harmonieblok was een van die boere by AgriLetaba se vergadering wat die Defender-gasgeweer op die proef gestel het. skote af te vuur. Volgens Coetzee is die kursusse in ‘n reeks van vyf sillabusse verdeel en word by. Nie net plaasaanvalle nie, maar ook kleiner misdade oor ‘n tydperk aangebied soos wat dit die kursusgang- soos diefstal word aangevat. Dit sal vinnig die woord ers pas. Vroue word ook betrek as ‘n noodsaaklike kom- laat versprei dat ‘n spesifieke gebied nie meer geskik is ponent van die veiligheidsplan. vir misdadigers se kommervrye optredes nie.” “Hoe doeltreffender die eerste linie (patrollies) teen Die koste per persoon beloop R500 en Fortis is bereikmisdaad kan wees, hoe meer baat die omgewing daar- baar by 076 353 9220.

Vasvat-leiers

Mnre Pierre Broodryk, Lucas McLean (voorsitter), Awie Engelbrecht en Francois Vorster (sekretaris) is die nuwe bestuur van die Groter Tzaneen Boerevereniging (GTBV) wat onlangs op ‘n herstruktueringsvergadering verkies is. Die GTBV is by verre die grootste boerevereniging in die AgriLetaba-streek, maar het die afgelope jaar tot stilstand gekom. Met 58 opbetaalde lede oorskry dit die meeste ander boereverenigings in Limpopo, terwyl etlike boere in die gebied nog nie by die vereniging ingeskakel is nie. Die voorsitter van AgriLetaba, mnr Dries Enslin, het vanjaar ingegryp en dinamiese jong boere gemobiliseer om die vereniging weer op stryk te bring. Die streek word deur ‘n groot verskeidenheid soorte boerdery gekenmerk, wat samehorigheid bemoeilik. In ‘n sitrusgebied soos Letsitele het die meeste boere ‘n gemeenskaplike belang en kan makliker ‘n eenheid vorm. Dit was dus geen geringe taak nie om Tzaneen se boere weer byeen te kry. Die vooruitsigte is egter goed dat die vereniging voortaan van krag tot krag sal groei. Die voorsitter, mnr Lucas McLean van Westfalia, beskik oor ‘n breë kennis van die omgewing se boerderypraktyke en het ook goeie skakeling met boere op ‘n wye basis. Sy sekretaris, mnr Francois Vorster, is verbonde aan Mahela Boerdery en boer suksesvol met piesangs, avokado’s en makadamias tussen Tzaneen en Mo djadjisk lo of. Hy is een van die opkomende boere in die distrik en ‘n waardevolle toevoeging tot die vereniging. Die bestuur kom eersdaags byeen om ‘n volle vergadering vir die GTBV te reel, waarna die vereniging ‘n nuwe en pasgewende rigting sal inslaan.

is die boer se vriend.


June 2011

Chloor red koemkwat-oes LiN Nuus/Bulletin res van hul sitrusplaas, wat die koemChloorbehandeling was die reddings- kwats moontlik kon benadeel. boei vir mnr Pieter Rautenbach en sy “Ons het chloor op die koemkwats invrou Amanda vir hul jaarlikse koemkwat- gespan en oes dit ook heelwat later as oes, toe lugbespuiting van sitrus die in die verlede om skoon vrugte te lewer. Europese invoerders die skrik op die lyf Toetse het reeds getoon dat die vruggies nie deur enige lugbespuiting geraak gejaag het. Die Rautenbachs boer reeds jare al met word nie.” Hulle het boorde van 6 000 bome wat dié gewilde klein sitrusvruggie op hul plaas Rooister Boerdery naby die Eiland dié tyd van die jaar met die oranje vruggies oortrek is. Dit word in kartonne Spa in die Letsitele-omgewing. Anders as met gewone sitrus word die van twee kilogram verpak en uitgevoer. koemkwat (Citrus fortunella) met skil en Dit is een van die grootste koemkwatsal geëet. Derhalwe word die regstreekse boorde in die Laeveld en hoofsaaklik toediening van chemiese middels en vir die Europese mark bestem, hoewel waksbedekking op die vrug nie inter- plaaslike varsproduktemarkte ook nasionaal toegelaat nie, al is dit net so voorsien word. onderwerp aan al die siektes en plae wat Benewens die koemkwats boer die lemoene en pomelo’s teister. Dit word Rautenbachs hoofsaaklik met sitrus, per vliegtuig uitgevoer omdat dit ‘n veel met Valencias wat nou aan die beurt is. ‘n Nuwe en moderne pakhuis is drie jaar korter raklewe het. Die skil en vruggie is soet, met ‘n ef- gelede opgerig en dit gaan klopdisselboom. fense suur smakie wat aan die binAnder vertakkings van die boerdery is nekant van die skil soetrissies, skorsies, voorkom. Die koembotterskorsies en kwart word bemark rissies. as ‘n lekkerny en Die egpaar het ‘n word ook vir konfyt, tweelingseun en – slaaie en piekels gebruik. Die jaarlikse dogter wie se harte opbrengs is tussen ook sterk vir Rooi40 en 50 ton. ster Boerdery klop. Me Rautenbach Natasja is reeds op sê verlede jaar het die plaas en Tommie invoerders beswaar sal hom na sy stuaangeteken oor lug- Me Amanda Rautenbach staan by een dies by die boerdery van die 6 000 koemkwatbome. bespuiting op die aansluit.

19


20

June 2011


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.