AgriBulletin July 2011

Page 1

July 2011

‘n LiN Groep Publikasie • A LiN Group Publication


2

July 2011

Blomme straal in tamatiestraat LiN Nuus/Bulletin Die valley en heuwels tussen Modjadjiskloof en Mooketsi is vir jare reeds getint in groenrooi blokke tamaties – die produksievenster van groot kommersiële boere soos ZZ2 en Montina Boerdery wat die res van die land van vars tamaties voorsien. Toe kom ‘n Hollander van Brits in Noordwes en druk ‘n klomp blombolle naby Mooketsi in die grond. Vandag pryk etlike hektaars swaardlelies en sonneblomme langs die Giyani-pad, skaars tien kilometer van Modjadjiskloof. Die blomkoning tussen die groenteboere is mnr Bas Oostdam van Platteland Trust, wat sy produkte onder die naam Barestho bemark. Hy het ‘n groot blommeplaas naby Brits, maar het besluit om in die subtropiese weerstoestande van die Laeveld te belê. Me Marisa van der Gryp en haar man Sico is in beheer van die blommeplaas en sorg dat tot 10 000 swaardlelies elke dag op die blommemark in Johannesburg afgelewer word. Sico sê die vervoerkoste is hoog, maar die groter produksie in die warmer klimaat maak dit steeds die moeite werd. “Die grond is puik en hier’s genoeg water. Jy kan die gladiolas amper hoor groei.” Alle saadbolle word van Holland ingevoer en word net een seisoen gebruik. Na die eerste blomdrag verloor die bol sy groeikrag en lewer ‘n swakker blomloot in die volgende seisoen. Dit word in die grond gelos om te ont-

bind en word uiteindelik kompos. Die swaardlelielote word vroegoggend gepluk terwyl die blomoksels nog toe is. Wanneer dit by die mark afgelewer word, is daar hoogstens een oksel wat al na ‘n blom begin lyk. Dit word gelewer aan Multiflora in Johannesburg wat dit daagliks van die hand sit. Swaardlelies kan tot twee weke lank in die huis se blomvaas mooi vertoon. Oestyd is ses dae per week van Januarie tot Desember. Pryse vir swaardlelies wissel namate aanbod styg of daal, maar die leweringsprys is gemiddeld R1 per stingel. In die blommewinkel kan dit tot R4 haal. Wit is die gewildste kleur onder kopers, maar hulle kweek ook pienk, rooi, roomkleurige en geel swaardlelies. ‘n Swart variëteit sal ook eersdaags op die mark verskyn. Die Van der Gryps kweek ook sonneblomme vir die blommemark. Dis ‘n maklike

LiN MEDIA Me Marisa van der Gryp bestuur die swaardlelieplaas langs die Giyani-pad.

LiN MEDIA

groeier en effens kleiner as die normale sonneblom, met ‘n laer eenheidprys. Wanneer ‘n mens tussen die blombeddings deurstap, lyk die ou lande mooier as die vars aangeplante dele, want swaardlelies van gister staan in volle kleure en wapper. Hulle is egter te oud en nie meer mooi genoeg vir die stad se blommemark nie. REGS: Die swaardlelies word in ‘n vroeë stadium gepluk voor die blomme oopgaan en in bondels mark toe gestuur.

nd. ag van elke maa Eerste Donderd g: lin ei ev ve e us Rubberval n: 3 August eredag, Tzanee t 6 Augustus Letaba Expo Bo to 4 n: 11, Tzanee 20 po Ex November ba ta Le Augustus en 2 24 n: ee an Tz AgriLetaba, ep: 2 Augustus stus trusstudiegro oedtan: 3 Augu Constantia Si studiegroep, R es us st be gu ng jo Au a5 ar ane: Vlakte Bonsm veiling, Polokw Augustus bulklub Nguni g, Alldays: 10 lin ei pv oe gr Limpopo Veld ie ud St ild w rs Skaa gustus Soutpansberg elkrivier: 19 Au Wildveiling, M rs gustus de Au ee 20 Br d: hy Trop ng, Warmba ili ve ou Sk te stus Springbokvlak ldays: 26 Augu e Services, Al us st gu Au 27 : Hanley Wildlif er lers, Vaalwat ea D e gustus am Au G 31 Oljaco ia Skou: bokklub, Pretor er Bo d el sv Bo blikasie. s vir pu oue, ens. aan on vergaderings, sk n va s.com s .u m tu tin lle da r @bu Stuu dakteur by jean Skryf aan die re


July 2011

3

Laeveld-grenadellas loop landwyd

LiN Nuus/Bulletin Die suikergehalte is effens laer, maar die opbrengs is Plantasies se leeftyd op kommersiële vlak is so drie tot Grenadellas, die passievrug van Suid-Amerika, het heel- uitstekend. vier jaar voor dit vervang word. wat meer om die lyf as net die pragtige blom, bloupers Die oorgrote meerderheid van die oes is geskik vir die Booyse plant sy saailinge digter as die voorgeskrewe skil en geurige inhoud. metode, maar sorg met noukeurige snoeiwerk en die mark. ‘n Klein deel wat nie bemarkbaar is nie, word aan Dit is in die 18e eeu in die tropiese dele van Suid- regte voeding dat die plante optimum oeste lewer. versappers gelewer, wat dit as sap of pulp aan die bakAmerika ontdek en kersbedryf beskikbaar stel. aangewend as medisyne Booyse sê sy eerste aanvir verskeie kwale asook as planting was 3 000 grenkalmeermiddel. adellas. Na sowat agt tot nege maande het dit ‘n Op Johannesburg se varsproduktemark (JoBurg opbrengs van meer as 3 Market) word duisende 000 kartonne gelewer. kartonne jaarliks verkoop Ander groot grenadelteen pryse wat wissel van laboere is in Hoedspruit. R20 tot selfs R50 per karLevubu en BelaBela. ton. Die meeste van dié Die ander groot bevoorraad kom van boere drywigheid op Booyse se in Limpopo. hoewe is die kweek van Een van hulle, mnr Japie snoeptamaties (cocktail Booyse van Mieliekloof tomatoes) onder nette. Dit buite Tzaneen, het onword in 250 mm houers langs hiermee begin boer verpak en mark toe gestuur, terwyl hy ook aan en oes deesdae ‘n karton plaaslike afsetpunte lewer. grenadellas per plant. Dit is ‘n gewilde produk “Ek het eendag vir ‘n buurman gaan kuier, toe en die plante kan tot derhy my ‘n paar plante wys tig meter hoog word. Hy wat besonder groot vruggelei die groei horisontaal te dra. Dit was van sade en benut sy beskikbare wat hy iewers uit die suide LINKS: Karina Booyse (7) wys hoe dra haar pa se snoeptamaties. REGS: Matheus Booyse (16) staan by die grenadella- ruimte op die hoewe opaanplanting in Mieliekloof. van Suid-Amerika gekry timaal. het.” Hy het ‘n paar steggies gepluk en dit laat vermeerder. Vandag spog hy met ‘n welige grenadellaboord wat die JoBurg Market en etlike winkels in die TzaneenDie Spanjaarde het tydens hul ontdekkingsvaarte in van die Tien Apostels (Judas en Petrus uitgesluit) en omgewing voorsien. Suid-Amerika op die grenadella afgekom, waar dit die drie stempels het die drie spykers teen die kruis Hy sê die grenadella word ook geteister deur peste deur die inboorlinge as medisyne en kalmeermiddel verteenwoordig. en plae, maar nie so verwoed soos met ander subin hul kos gebruik is. Navorsing op die grenadella het getoon dat die sap tropiese vrugte in die omgewing nie. Dis hoofsaaklik Tydens hul terugvaart het hulle die blare van die en ‘n ekstrak uit die blare help teen hoë bloeddruk, blaaspootjie en roes, maar word maklik onder beheer grenadella gebruik as slaapmiddel in stormagtige terwyl bestanddele in die blom ‘n kalmerende en slagebring. perige effek op die mens het. seetoestande. Blou-ape is egter ‘n groot las. Hulle byt die vruggies Die geel grenadella se skil is suksesvol ingespan om Rooms-Katolieke sendelinge in Suid-Amerika het stukkend. As dit nog te suur is, word dit beskadig agdie vruggies passion fruit gedoop. Die kroondrade van kankerselle te beveg, terwyl dit ook asmaverligting tergelaat. Selfs bosvarke kom vreet snags heerlik aan die blom het hulle beskou as ‘n simbool van die do- bring. In een proefneming het dit tot 75% verligting die plante se stingels. ringkroon tydens die kruisiging, terwyl die vyf meel- aan asmalyers gegee. Hy lê hom toe op die hibried Ester, ‘n vrug wat aanNog ‘n kwaal wat suksesvol daarmee behandel is, is drade die wonde tydens die kruisiging verteenwoorsienlik groter is as die klein perskleurige grenadella dig. Die vyf kroon- en vyf kelkblare was die simbool osteo-artritis in pasiënte se knieë. (Passiflora edulis) wat byna in elke huistuin voorkom.

Die passievrug maak gesond ook


4

July 2011

Polisie en AgriSA Letaba Expo gaan ’n stel plan bekend bul van ’n fees wees LiN Nuus/Bosveld Bulletin Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het verlede Vrydag ‘n Landelike Beveiligingsstrategie bekendgestel. Dié strategie sal voortaan gebruik word om ‘n veiliger landelike gebied te skep. Polisiëring, wat verbeterde misdaadvoorkoming insluit, misdaadondersoeke en vinnige reaksie, sal met die strategie drasties verbeter word asook kommunikasie met rolspelers soos die boerderygemeenskap. Mnr André Botha, voorsitter van Agri SA se Landelike Beveiligingskomitee, het die bekendmaking van die strategie verwelkom. “Landelike veiligheid en veediefstalbekamping sal met die strategie aansienlik bevorder word aangesien alle rolspelers op ‘n gekoördineerde wyse voortaan sal saamwerk,” sê Botha. Hy het ook gesê dat Agri SA in noue samewerking met die polisie aan die strategie gewerk het en waardering daarvoor het dat verskeie van Agri SA se aanbevelings in die strategie opgeneem is.

“Die sukses van die strategie sal grootliks afhang van die praktiese implementering daarvan deur plaaslike polisie. Ek doen ‘n beroep op die Minister om toe te sien dat bekwame en entoesiastiese polisiebeamptes met die nodige toerusting aangewys sal word om hierdie strategie op plaaslike vlak te implementeer. “Agri SA en sy lede is gereed om met die polisie saam te werk en die nodige ondersteuning te bied”, sê Botha. Botha verwelkom dit ook dat die strategie voorsiening maak vir lede van die boerderygemeenskap wat as reserviste kwalifiseer, om in die sektore waar hulle woon en werk aangewend te word om die polisie by te staan. Hy het ‘n beroep op die Minister gedoen om die reservistebeleid vinnig te finaliseer en te implementeer. Hy is van mening dat die sukses van die Landelike Beveiligingstrategie afhang van die effektiewe ontplooiing van reserviste om saam met die polisie uitvoering daaraan te gee.

LiN Nuus/Bulletin Besoekers aan volgende week se Letaba Expo in Tzaneen kan hulle regmaak vir ‘n bees van ‘n fees, waar landbou vanjaar weer sy ereplek sal volstaan. ‘n Totaal van meer as 150 beeste van agt verskillende rasse sal op die Expo te sien wees, met afsonderlike beoordeling van elke ras. Dit sal op Saterdag 9 Augustus ‘n hoogtepunt bereik wanneer Tzaneen sy eerste interras-kampioenskap aanbied. ‘n Goue Beker-toekenning vir die kampioen-bees onder die kampioene sal ook gemaak word. Die beker word deur ZZ2 geskenk en die wenner kan dit huis toe neem. Onder die beeste wat hul staanplekke bespreek het, is agt PinZ²yls, tien Pinzgauers en tien Santa Gertrudisbeeste van ZZ2, elf Hugenote van M Coetzee se J3stoet in Levubu, vier Hugenoot-bulle van mnr Fanus de Bruin van die Harmonieblok, ‘n Simmentaler-bul en koei van mnr Kobus Erasmus van Ellisras en agt Limousin-beeste van mnr Kobus en me Maryn van Tonder van Pumba Limousins. Die grootste verteenwoordiging van ‘n beesras is dié van Brahman-telers. Nie minder nie as 85 Brahmane sal op die Expo kom lyf wys. Hulle is van Nylstroom, Naboomspruit, Potgietersrus, Thabazimbi, Dendron en die R10 spogkudde van Letsitele. Tussen tien en twaalf Nguni-beeste uit die Tzaneen-omgewing word ook verwag. Dit is ‘n Afrika-bees wat die afgelope paar jaar al meer na vore getree het in toonaangewende teelprogramme. Ander lewendehawe op die Expo is uit-

soekdiere uit die skaap- en bokkuddes van verskeie telers in Limpopo. Wat die bokke betref, sal topgehalte Kalahari Reds hulle verskyning maak. Mnr Pieter Vorster se mooi rooies gaan meeding met van die bestes uit Louis Trichardt, terwyl boerbokke uit ander streke ook gaan kopstamp. Op Donderdag word die skape en bokke beoordeel en Vrydag word hulle onderwerp aan ‘n interras-kompetisie. Die skape kom van Warmbad, Burgersfort en Hoedspruit, terwyl boktelers van Letsitele, Hoedspruit, Polokwane en Levubu sal opdaag. Me Corrie Labuschagne van R10 stoetery is in beheer van die diere in vanjaar se Expo en het berge versit om alles vlot te laat verloop. Sy sê ‘n belangrike komponent is om opkomende en beginnerboere by die verrigtinge te betrek met die oog op deelname in die toekoms. Hulle het ‘n aparte deel in die vee-afdeling met vyf diere per kraal, wat beoordeel sal word. Die wenners sal met sertifikate vir goud, silwer en brons beloon word. Nog ‘n nuutjie by die Expo is die vertoning van Pedi-skape. Die Expo skop af met ‘n boeredag op 3 Augustus, wanneer ‘n plaas-atmosfeer op die skouterrein sal heers. Die skeer van skape sal aan toeskouers gewys word, terwyl etlike ander plaasdinge die oog sal vang. ‘n Opskop om van kennis te neem, is die Agatha Safety and Security (SAS) se byeenkoms langs die oewer van die Letabarivier, waar bier, potjiekos en ligte musiek die wenkombinasie sal wees.


5

July 2011

R54m agricultural project for Matsila Village ABOVE: Chief Livhuwani Matsila (left) and Minister Tina Joemat-Pettersson (right) feed the goats at the Matsila Community Farms Project. RIGHT: Minister Tina Joemat-Pettersson (left) officially launched the Matsila Community Farms Project last Sunday. With her in the photo are the chairperson for the National Lotteries Board, Prof Alfred Nevhutanda (third from right), Limpopo First Lady Mokgadi Mathale (second from right) and traditional leader Chief Livhuwani Matsila (right).

LiN News/Limpopo Mirror The Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries, Mrs Tina Joemat-Pettersson, said that the new Matsila Community Farms Project will fight unemployment in the area. She officially opened the project at Matsila Village in the Masia area on 17 July. She added that the project, which is funded by the National Lottery to the tune of R54million, was the first phase, as more money will be pumped into the region. She presented eggs that were coming from the same project to destitute children during the event. “I do not want to see children going to bed hungry. This project must ensure that members of the community have food at their homes,” she said. She mentioned that in the next phase, her department will assist the project with tractors, so that it can also start with crop farming. “Agriculture has the ability to feed the people. I want to see the project selling its eggs and meat to schools, prisons and other government institutions. We want to see this project creating more jobs,” she appealed. At present, the project, which has been hailed by the

minister as a roaring success, involves chicken farming, cattle farming, fish farming, tomatoe and lettuce farming. The project comprises 180 goats, a herd of cattle with 50 Nguni cows, two bulls and 4 000 free-range chickens, with a capacity to lay 3 000 eggs per day. The minister was also excited when she saw the cattle being bred at the project. “Madiba is passionate about Nguni cattle. He feels the breed must not be allowed to die,” she said. The project presently employs 300 workers, who were drawn from the local community. Local traditional leader Chief Livhuwani Matsila said he was excited about the assistance from the government. “With such help, the sky is the limit for us,” he added. He said he could see the project employing 1 000 workers in the near future. The project was also hailed by Professor Alfred Nevhutanda of the National Lottery Fund.

“This is by far the biggest project we have funded in Limpopo, and looking at its success so far, this is money well spent,” he said. Accompanied by Limpopo First lady Mokgadi Mathale, the MEC for Agriculture, Dipuo Letsatsi Duba, Vhembe District Executive Mayor Florence Dzhombere and Makhado Municipality Mayor Mavhungu Luruli, the minister inspected all the projects. The Matsila Community Development Trust was established by the Matsila Royal Family in consultation with the community, to facilitate and coordinate socioeconomic development activities within Ha-Matsila Village and the surrounding communities. The Matsila Community Development Trust, in collaboration with Resource Africa, is currently involved in a comprehensive rural development programme, which is funded by the National Lottery Board.


6

July 2011

Colorweis serves your gardening needs LiN News/Bulletin Ever wondered where that beautiful fresh bunch of flowers comes from? Well, it might just be from Colorweis wholesale nursery in Mieliekloof just outside Tzaneen. The nursery is situated on an 85 ha farm and takes up two hectares of beautiful colours. Colorweis has established its products among garden centres from as far as Bloemfontein and Cape Town, but its main clientele are from the Gauteng, Mpumalanga and Limpopo. The nursery grows anything from 400 to 500 different flowers, and the owner, Mr Bernard van den Dool, has made the Colorweis products available to the public at the charming Purple Daisy nursery in Tzaneen. Van den Dool said that his motivation came from the access to the large amount of plant genetics. This

means a wider colour variety, and bigger and longer lasting flowers for all flower admirers. Colorweis employs seventy workers that work in the nursery prepa-

ring, planting, growing and pruning the flowers. Van den Dool said that Tzaneen was a twelve month gardening town due to its warm climate and that people should be gardening all the time.

LEFT: The Double Petunia which is a mix of the white and purple petunia flowers. BELOW: The Black Petunia which is a result of plant breeding using stem cells.

ABOVE: Messrs Ibit Sewape and Daniel Mokgwathi, just two of the seventy employees, with the Daisies at the Colorweis wholesale nursery. BELOW: Mss Sarah Chabalala and Mapula Shai are also employed at Colorweis.


7

July 2011

Japan-trekker kry ’n Vakbonde kan nuwe staanplek kosverskaffing knou ‘n Gewilde handelsmerk in die wêreldmark vir kleiner trekkers het nou ‘n nuwe staanplek in Letsitele. Kubota se agentskap vir Tzaneen is deur Rudamans oorgeneem en sal voortaan by die Junction net buite Letsitele beskikbaar wees. Die reeks trekkers wat wissel van 12 kW tot 100 kW asook die RTV900 nutsvoertuig sal voortaan deur dié maatskappy versprei word. Die Kubota Korporasie is een van die oudste trekkervervaardigers in die wêreld. Dit is in 1890 in Japan gestig en het gegroei tot ‘n naamleier in die mark vir landboumasjinerie. Dit word sedert die vroeë 1970’s deur

die maatskappy Smith Mining Group in Suid-Afrika versprei en baie van die eerste ingevoerde modelle doen vandag nog diens in die landbou. Sedert Augustus 2000 het Smith Power Equipment die amptelike invoerder en verspreider vir Suidelike Afrika geword. In die afgelope twee jaar het Kubota se verkope in dié streek verdriedubbel. In die suidelike halfrond geniet Kubota-trekkers van 37 kW en kleiner vyftig persent van die markaandeel. Onder die modelle wat by veral vrugteboere in die Laeveld aandag geniet, is die L39 TLB, die B1820, B2530 en M7040.

LiN Nuus/Bulletin Vakbonde se inmenging in georganiseerde landbou is besig om te ontaard in ‘n aftakelende afdraand wat voedselverskaffing in Suid-Afrika uiteindelik die nekslag kan toedien. Dié verskynsel is waarskynlik een van die hoofredes hoekom etlike boere uit die land padgee en hul landboubedrywe na lande soos Mosambiek verskuif, terwyl bestaande kommersiële boere moedeloos toekyk hoe vakbondlede op sommige plase in voorkeurposte aangestel word. In ‘n gesprek met dr Theo de Jager, vise-prsident van Agri SA, het dit na vore gekom dat vakbonde se eise vir boere onhoudbaar geword het en dat redes deesdae gesoek word om te staak. “Hulle maak boerderysake seer en kniehalter winsgewendheid. Jarelange reëlings tussen boere en hul werknemers word omvergegooi en selfs referendums is nie meer vir hulle aanvaarbaar nie.” Hy së beplanningsessies is gereël tussen boere met soortgelyke probleme, maar eenstemmigheid word belemmer deur boere wat in vakbonde se hande werk. Volgens sy inligting is daar groot

boere wat vakbondlede as personeelbestuurders aangestel het, wat meebring dat regstreekse skakeling uit die boerderykantoor en die bestuur van vakbonde geskep word. Dis vir ander boere nie aanvaarbaar nie, want so lek alle inligting na die vakbonde uit. “Ons sit reeds met meer as 800 Laeveldboere met plase in Mosambiek weens die bedreiging van vakbonde en duur elektrisiteit. Daar betaal hulle net 15% van wat krag hulle hier sou kos. In die afgelope vier jaar het kragpryse in Mosambiek net met 13% gestyg, danksy die kraglewering uit die Cahora Bassa-dam.” De Jager sê etlike boere uit Tzaneen (macadamias, mango’s, sitrus en hout), Hoedspruit, Hazyview, Witrivier en Nelspruit (veral piesangs) het hulle in Mosambiek gevestig. Laer kostes, beter gehalte en hoër opbrengste in piesangproduksie in Mosambiek het reeds die piesangprys in SA tot ‘n laagtepunt gedwing. Ander produkte uit die buurland wat hier gelewer word en plaaslike produsente knou, is vleis en babagroente. Van die Laeveld se grootste boere vind dit meer lonend om hul besigheid daarvandaan te bedryf.

Die boer bly ingelig met


8

July 2011

Wees gereed vir kragonderbrekings LiN Nuus/Bosveld Bulletin Eskom krag bly die goedkoopste elektrisiteit in SuidAfrika, selfs al gaan pryse met ‘n 100% op, sal dit steeds die goedkoopste wees. So sê mnr Mornay Koch van GenSol kragopwekkers in Mokopane. Die probleem met Eskom krag is dat dit nie meer betroubaar is nie en dít maak van ‘n goedkoop bron ook ‘n baie hoë risiko in die bestuur van ‘n besigheid. Koch vertel dat boere toenemend oor die afgelope

vier jaar begin staatmaak het om bystand kragopwekkers om pakhuise, koelkamers, melkerye en pompstelsels aan die gang te hou wanneer Eskom hulle in die steek laat. Hy en sy broer, Riaan, bou en installeer dieselkragopwekkers regoor suidelike Afrika, en hoewel hulle die eerste is om te noem dat dieselkrag nie goedkoop krag is nie, kan hulle stapels getuigskrifte wys van kliente – veral boere – wat vertel hoe ‘n bystandkragopwekker hul besighede en produkte gered het tydens onvoorsiene kragonderbrekings. Koch sê hulle gebruik uitsluitlik dieselenjins vir die bou van kragopwekkers omdat diesel ‘n veiliger brandstof is waar elektrisiteit betrokke is. ‘n Dieselenjin is ook meer ekonomies teen die revolusies wat kragopwekkers werk. Hulle het nie ‘n voorkeur vir ‘n spesifieke dieselenjin nie. “Ons hou daarvan om na die kliënt se bestaande masjinerie en behoeftes te kyk. Dit sal mos nie sin maak om vir iemand wat by ‘n Cummins enjin sweer ‘n Volvo kragopwekker te gaan voorskryf nie. Iemand wat weer ‘n vloot Scania vragmotors het verkies gewoonlik ‘n kragopwekker met ‘n Scania enjin.” Kragopwekkers kom in alle groottes. Van ’n klein brandstofaangedrewe opwekker, wat aan basiese behoeftes voldoen, tot groot stoomturbine-kragopwekkers wat veral in die industrie gebruik word om swaar masjinerie in fabrieke van elektrisiteit te voorsien.

Vir voornemende kopers van kragopwekkers maan die Koch-broers teen kitsoplossings uit die ooste. “Laat ’n deskundige jou besoek, ‘n deeglike behoeftebepaling van jou besigheid of boerdery doen en wag dan eerder vir ‘n week of twee vir ‘n pasmaak kragopwekker wat vir jou behoeftes geïnstalleer word.” Bystand kragopwekkers is ook nie iets wat deur elke Jan Rap en sy maat geïnstalleer kan word nie. ‘n Gekwalifiseerde elektrisien moet die elektriese kant van die installasie behartig – en op plase is dit dikwels nodig dat die ou sy storie ken wanneer dit by 3-fase krag kom. “In baie gevalle is selfs ‘n paar minute tussen die afgaan van Eskom krag en die aanskakel van ‘n kragopwekker genoeg om ‘n besigheid skade te doen – veral waar daar meganiese toerusting of verkoeling ter sprake is,” sê Mornay. “In sulke gevalle moet ‘n mens die bystandkragopwekker outomaties laat aanskakel sodat daar byna geen vertraging in kraglewering is nie. Dan is daar gevalle waar die kragopwekker rustig in ‘n stoor kan staan en wag om ontplooi te word waar en wanneer daar ‘n behoefte is. Dit is hier waar mobiele eenhede tot hul reg kom. Koch sê die jag- en safaribedryf is nogal lief om sulke kragopwekkers aan te skaf. So ‘n kragopwekker kan agter ‘n voertuig aangesleep word en enige plek in die veld krag lewer of dit nou is om ‘n tentkamp te verlig of om ‘n sweismasjien in die middel van nêrens te laat werk.

Boere wat wil help, moet aansoek doen Boere het tot en met 30 Augustus om aansoek te doen om as mentors vir grondhervormingsboere op te tree. Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het hierdie week in ‘n verklaring gesê dat mentors en strategiese vennote benodig word om plase wat sedert 1994 deur die program vir herkapitalisering en ontwikkeling bekom is, weer produktief te maak. Vennote word benodig om verhoogde produksie, bemarkingstrategieë en weldeurdagte sakeplanne daar te stel. Die doel van die program is om kleinboere in kommersiële boere te ontwikkel en werk in die landbousektor te skep. Mense wat as mentors wil optree, kan by die naaste kantoor van die departement aansoek doen of Samfana Mahlangu by 012 312 9406 skakel.


July 2011

9


10

July 2011

Krulblaar kan beheer word LiN Nuus/Bulletin Die swam wat krulblaar veroorsaak, oorwinter as askospore of dikwandige konidia op die boom, tussen die skutblare van die ogies. Gedurende lente spoel of waai hierdie spore na jong weefsel, waar dit die ontwikkelende blare en ander plantorgane direk deur die kutikula of huidmondjies penetreer. Soos die weefsel verouder, raak dit weerstandbie-

dend teen enige verdere infeksie. Infeksie vind dus net plaas vir ‘n kort tydjie nadat die ogies begin oopmaak. Die toestande wat krulblaar bevoordeel is gewoonlik lae temperature (tussen 10 en 21°C, 18°C is optimaal) en hoë humiditeit of presipitasie. Die simptome word binne ‘n maand na bot waargeneem. Besmette blare is 2 tot 3 maal groter as normale blare met gepaardgaande simptome. Blare is verdik en verskrompeld en meestal ontwikkel dit ook ‘n rooi of pers kleur. Ouer blare raak nekroties, en val voortydig af. Besmette lote verdik, en sterf af, terwyl blomme en vrugte wat besmet word ook vinnig val. Al hierdie

simptome lei tot ontblaring van die boom, met gepaardgaande oes-verliese. Krulblaar word uiters doeltreffend beheer met die toediening van ‘n koper-bespuiting by knopswel, opgevolg met ‘n Thiram 750 WP van Dow Agro-Sciences teen 150g/100L water by 10% ballon.


July 2011

Boere kry formule vir loonvasstelling LiN Nuus/Bulletin Sektorale vasstellings vir die betaling van lone aan plaasarbeiders laat verskeie boere nog kopkrap, omdat ‘n werker op ‘n plaas met gediversifiseerde bedrywe soms meer as een soort werk doen. Agri SA het in Julie die kwessie met die departement van arbeid bespreek om uitklaring te kry hoe boere dit moet hanteer. Wanneer ‘n boer byvoorbeeld ‘n plaaswerker het wat toegangsbeheer op ‘n plaas toepas, ‘n gastehuis op die plaas bedryf en gewone plaaswerk het, is een voorbeeld van die probleme wat aan die departement uitgewys is. Die aanvanklike reaksie was dat die sektorale vasstelling wat die gunstigste is, van toepassing moet wees. Die dilemma is egter dat die betrokke plaaswerker net ‘n klein rukkie aan die ander soort werk bestee en die res van die tyd met sy gewone poligte voortgaan. Dit kan lei tot konflik met mede-plaaswerkers as ‘n hoër loon hier ter sprake kom. Volgens die departement kwalifiseer sekuriteitswagte net vir hul loonvasstellings as hulle aan ‘n private sekuriteitsfirma behoort. Die knoop lê egter daarin dat ‘n boer se veiligheidswag ook by die sekuriteitsraad geregistreer moet wees. Die departement het onderneem om ‘n formule te ontwikkel wat boere kan gebruik in gevalle waar werkers verskillende funksies verrig wat deur die sektorale vasstellings gereguleer word. Dié formule sal aan arbeidsinspekteurs verskaf word om verwarring uit te skakel.

Wêreld se boere in SA LiN Nuus/Bulletin Agri SA is die gasheer vir die eerste algemene vergadering van die World Farmers’ Organisation (WFO), waarby wêreldlande se landbou-organisasies inskakel om beleidstandpunte te ontwikkel wat kan bydra tot die ekonomiese welstand van boere en die lewensvatbaarheid van landelike gemeenskappe. Die WFO is ‘n maand gelede formeel in Rome, Italië geregistreer. Die oorgangsdireksie bestaan uit mnre Ron Bonnett van Kanada (voorsitter), Hans van der Merwe van Agri SA (ondervoorsitter), Hirofumi Kobayashi van Japan (tesourier) en Martin Haworth van Brittanje, wat as algemene saakgelastigde sal optree. Landbou-organisasies van regoor die wêreld toon groot belangstelling in September se vergadering te midde van ‘n spektrum ekonomiese en ontwikkelingsvraagstukke wat die landbou op globale vlak bedreig.

Beter Telkomdienste op plase gevra Landelike gebiede in SA staan ver agter in die ry vir kommunikasiedienste van Telkom en moet met die minimum geriewe klaarkom. Volgens mnr Kobus Visser, direkteur van korporatiewe skakeling by Agri SA, neem gebrekkige Telkom-infrastruktuur en –dienslewering ernstige afmetings aan. ‘n Vergadering is nou met Telkom se bestuur aangevra om vas te stel hoe dit verbeter kan word. Visser sê doeltreffende telekommunikasie kan bydra tot groei in die landbousektor. Toegang tot markinligting, vir transaksies en veral veiligheid- en sekuriteitsdoeleindes is hoë voorkeur in landelike gebiede. Ongelukkig ontbreek veral outomatiese geriewe in baie boerderygebiede, waar geen telefoon-, faks-, e-pos- en internetgeriewe beskikbaar is nie. In baie gebiede is selfoon-ontvangs nie beskikbaar nie en die mense is afhanklik van Telkom se dienste. Agri SA het verskeie vergaderings met lede van Telkom in 2008 en 2009 gehou, maar sedertdien is daar min gedoen om die diens te verbeter.

11


12

July 2011

Die samestelling van wit- en swartryp Noudat die winter in alle erns hier is, is daar ’n paar benoude boere - veral as die gesprekke om temperature onder vriespunt draai! En natuurlik word hier ook verwys na die gevreesde winterverskynsel van ryp. As jy so tussen die plase ry en jy sien ’n oormaat tweedehandse Dunlops al om die aartappellande, dan weet jy hiérdie boere maak reg vir

daardie wit kristalletjies wat vroegmôre uit die lug val. Maar weet ons regtig wat ryp is en hoe dit gevorm word? Daar bestaan ’n hele paar mites soos dat ryp gevriesde dou is. Die feit is ryp is nié dou wat gevries het nie. Dit is nog minder oppervlakwater op blare wat gevries het. Gevriesde dou en water lyk heeltemal anders as ryp. Daar is hoofsaaklik twee tipes ryp: • Swartryp gaan hoofsaaklik met redelike sterk winde en temperature onder vriespunt gepaard. Wolke mag teenwoordig wees. Temperature daal vinnig weens ’n laag yskoue lug wat ingewaai word en dan nog verder afkoel weens energieverlies. Uiteindelik daal temperature só laag dat die selsap van plantselle vries en bars. Geen ys is op die plante teenwoordig nie, omdat die lugvog naby die grondoppervlak te laag is. Die volgende oggend as die son begin skyn, sien ons donkergroen tot swart gekleurde plante en blare. Dit is swartryp. • Witryp word hoofsaaklik tydens wolklose nag-

te en sonder wind gevorm. Temperature daal vinnig weens uitstraling vanaf die aardkors. Die aarde verloor met ander woorde energie en gevolglik koel die hoogste lug die vinnigste af. Wanneer witryp egter voorkom, vind die omgekeerde plaas, naamlik dat die lug naaste aan die grondoppervlak die vinnigste afkoel en temperature onder vriespunt bereik. Indien die humiditeit hoog genoeg is, sal die ‘ryppunt’ ook relatief hoog wees, maar laer as 0ºC. Hoe laer die humiditeit (droër) hoe laer die ‘ryppunt’. Die ‘ryppunt’ is die temperatuur wat die lug moet bereik om atmosferiese vog te laat vries (nie kondenseer). Kondensasie na water, in hierdie geval, is dou. Witryp is dus die oorgang van atmosferiese vog vanaf die gasfase (vog) direk na die vaste fase, naamlik yskristalle. Yskristalle vorm in die lug, gewoonlik rondom bakteriekerne, maar word ook op plantoppervlaktes en ook grondoppervlakte gevorm. Witryp is altyd kristalle en nie gevriesde water of dou nie. Witryp kan met sneeu vergelyk word. Nes ryp is sneeu nie reëndruppels wat vries nie. Reëndruppels wat vries is hael. Voorkoming van witryp met chemikalieë: Yskristalle word gewoonlik rondom bakteriekerne in die lug of op plant- en grondoppervlaktes gevorm. Indien die aantal bakterieë verminder kan word deur bakteriedoders soos COPSTAR 120 SC op plante te spuit, sal die ryp ook ‘ligter’ wees, tot by ’n minimum temperatuur van ongeveer -2ºC. By laer temperature as dit, sal chemikalieë nie help nie. In sommige Europese lande en in Amerika is dit redelik algemeen om koperswamdoders te gebruik. COPSTAR is in Suid-Afrika ook suksesvol tot en met -2ºC gebruik, veral op aartappels en sitrus. Artikel in samewerking met Laeveld Agrochem

LINKS BO: Die blomme het uiterlik terwyl dit aan die plant was geen skade getoon nie. Die foto is van onder geneem nadat blomme afgebreek is. Die regterkantste blom kom uit ‘n warmer kweekhuis as die linkerkantste blom. Daar is vriesskade by die linkerkantste blom waar swart ryp ‘n probleem was. Die beskadigde blom sal binne enkele ure nadat dit uit die koelkamer kom verlep. REGS BO: Anders as swartryp is witryp sigbaar.


July 2011

13


14

July 2011

So lyk vriende van onkruiddoders Die doeltreffendheid van onkruiddoders word dikwels deur omgewingstoestande gestrem, maar ‘n reeks hulpmiddels is beskikbaar om dit in ‘n groot mate uit te skakel. Dit is egter belangrik om die regte ingeligte keuse te maak watter hulpmiddels gebruik moet word. Die hulpmiddels besit geen plantdodende eienskappe nie, maar speel ‘n belangrike rol om die werking van onkruiddoders te verbeter. Dit kan die verskil tussen geen of uitstekende beheer beteken. Onder die hulpmiddels is benatters wat die oppervlaktespanning van die spuitoplossingsdruppel verlaag. Dit lei tot beter verspreiding en behoud van die druppel op die blaaroppervlakte. Hulpmiddels met ‘n oliebasis sluit petroleum-olie en plant-olie in. Die doeltreffendheid van olie wissel na gelang van die hoeveelheid benatter in die formulasie en die

olietipe. Olie kan die wasagtige lae van die kutikula beskadig om opname in die blaar te bespoedig. Dit kan egter ook die druppel versprei. Anti-verdampingsmiddels word gebruik om te verseker dat soveel moontlik spuitoplossing die teiken bereik en om skade aan aangrensende sensitiewe gewasse te beperk. Buffers en versuurders is nuttig wanneer die onkruiddoder-etiket versuring aandui. Sekere van die geregistreerde produkte bevat benatters wat ook kan help met die onkruiddoder se verspreiding en indringing. Kleefmiddels laat die onkruiddoder op die plant vaskleef om afloop deur reën en verlies deur wind te beperk. Dit verleng ook die onkruiddoder se leeftyd op die blaaroppervlakte. Vir meer inligting oor dié hulpmiddels kan die naaste kantoor van Laeveld Agrochem geskakel of besoek word. Hulle is die verspreiders van die middels.

Wraak teen brandgevaar

Vanaf 1 Augustus tot einde Okto- die verlede het dit al dikwels gebeur ber word geen bos- of veldbrande dat ‘n brand op ‘n nie-lid se grond deur die Letaba Fire Protection ontstaan en dan uitbrei na buurAssociation (LFPA) toegelaat nie, plase met gevolglike groot skade. ‘n Bakkiesakkie is relatief duur, terwyl die kanse gering is dat hulle spesiale toestemming vir beheerde maar grondeienaars word sterk brande in dié tydperk sal toelaat, sê aangeraai om dit aan te skaf. mnr Butch Baker van die LFPA. Die Tzaneen-omgewing is goed toegerus teen wegholbrande, met ‘n helikopter en geleidingsvliegtuig wat gereed staan. Die meeste groot maatskappye en boere met plantasies en bebosde gebied beskik oor “bakkiesakkies” en ander toerusting wat deur trekkers gesleep kan word. Van hulle het twee of meer eenhede van dié toerusting en is altyd op bystand wanneer ‘n wegholbrand sou uitbreek. Dit is egter so dat verskeie plase sonder dié toerusting is en ook Bakkiesakkies is beskikbaar met ‘n 5,5 nie aan die LFPA behoort nie. In pk Honda-motor en enkel- of dubbelsta-

diumpompe, of met ‘n hoëdruk- en hoëvolume-suierpomp. Die waterhouvermoë wissel van 500 liter tot 700 liter, toegerus met swaardienspype. Die handelaar Rudamans by The Junction in Letsitele het albei beskikbaar teen spesiale pryse. Die kontakman is Jannie Maré by 082 888 9560.


July 2011

15

Westfalia National Tritech Science and Technology Fair 2011

Tritech is a science and technology fair that was launched in 2009. Learners from Grade 7 – Grade 12 enter projects within the 27 sub-categories provided that covers a broad field of scientific and technology related subjects. Learners participate in School, Regional Circuit and National Rounds where they will have the chance to showcase their own scientific investigations to learners from other schools, parents and other interested people. In 2009 the participants at national level started with 75 learners. In 2010 an additional 9 schools entered for nationals and the total number of learners increased to 180. This year we are expecting no less than 250 learners from as far a field as Welkom in the Northern Free State. The vision is to develop enthusiastic scientists that is able to address relevant issues by using technology

skills. The aim of this event is to stimulate learners to become scientists that will have a positive impact on the environment, be it socially or economically. Young scientists that participate in this event will be required, to think critically, identify a challenge and a need, collect data, analyse information, find solutions with the aid of technology and communicate findings effectively. Through the Tritech event, the learners will increase their awareness of the wonders of Science, add to their knowledge and broaden their scientific horizons. On the 24th of September you can join us at Merensky Highschool where the learners will showcase their projects. We would like to encourage more businesses to be-

Rekords spat by Sun City-wildveiling LiN Nuus/Die Pos Die Sun City wildveiling behoort aan mnr Mike Englezakis en sy seun Dimo. Englezakis se eerste veiling is reeds in 1982 gehou. Hy het ‘n paar jaar oorgeslaan en nie veilings gehou nie. Naas mnre Peter en Howard Knott van Tshipise se veiling is die veiling die tweede oudste veiling in Suid Afrika. Engelezakis beskik ook oor ‘n Oos-Afrika buffelkudde waaruit kuddes in die land hul oorsprong gehad het. Hy het twee van die buffelkoeie op die veiling aangebied. Een van hulle het ‘n horinglengte van 37,5dm gehad en is vir ‘n SA rekordprys van R2 700 000,00 verkoop, terwyl die ander een se horinglengte 35dm was. Sy het ‘n klein bulkalf by haar gehad en hulle is vir R2 200 000,00 verkoop, wat toon dat die kudde merkwaardig is. Soos gewoonlik was daar kopers vanoor die land en die veiling was die suksesvolste veiling wat Englezakis nog

aangebied het. Ander rekords wat verbeter is, is ’n Goue wildebeesbul wat vir R900 000,00 verkoop is asook rooi ribbokke wat vir R5 000,00 elk verkoop is. Die buffelkoeie is deur mnr Hanru Strydom van Shambala Game Reserve aangekoop. Die Goue wildebeesbul is deur mnr Durand Botha van Thabamanzi aangekoop en die rooi ribbokke deur mnr Willie Broodryk.

Die buffelkoei wat vir R2,7m verkoop is.

come involved and would like to invite you to become sponsors. Different sponsorship levels are offered. The children have a tremendous amount of fun each year and this year will be no exception. They will be spoilt with fun activities and theme evenings. Please contact Michelle Bredenkamp on 015 309 0000 if you want to come aboard as a sponsor. For any additional information regarding Tritech please contact Willie Stevens on 072 388 3549 or Ada Venter on 083 519 9100.


16

July 2011

Kongo-trekboere staan oorgehaal LiN Nuus/Bulletin Die boeretrek uit Suid-Afrika na die Kongo staan voor ‘n laaste ravyn wat eers oogesteek moet word voor hulle kan vertrek. Dit is finansiering vir die verskeie aspekte van die landbouskuif wat nog uitgeklaar moet word tussen die drie hoofspelers wat die geld moet voorsien. Dit is Afgri, die SA Charter Bank en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK). Samesprekings is die afgelope twee weke deur die drie instansies gehou om die trekwiele op die regte spoor te plaas. ‘n Vierde vennoot in die Afrika-landbouplan, die Duitse Ontwikkelingsbank, is nog nie regstreeks betrokke nie en spits hom toe op langtermynbeleggings in vrugte- en houtproduksie deur SA boere in die Kongo. Nagenoeg 41 boere het reeds kontrakte geteken vir 55 000 ha landbougrond wat deur die Kongolese regering aan hulle beskikbaar gestel het. Voorlopig sal drie boere onder leiding van mnr Wynand du Toit hulle permanent daar gaan vestig. Die ander boere sal bestuurders en verteenwoordigers daarheen stuur om die belange aan die gang te sit, maar nie self daarheen verhuis nie. Du Toit het reeds ‘n gastehuis in die gebied beplan, wat besoekende boere sal huisves. Nog agtien boere wag op die Kongolese regering vir

die goedkeuring van 25 000 ha landbougrond voor hul belange daar gevestig gaan word. Dit is nie in dieselfde streek nie, maar lê ook in ‘n vrugbare vallei binne bereik van die nodige infrastruktuur. Die finale onderhandelings om die geldsake in orde te kry, sal na verwagting binne die volgende week of twee afgehandel word. Intussen is SA boere deur nog vier Afrika-lande genooi om te kom help boer en die landbouproduksie uit te brei. Noord- en Suid-Soedan het uitnodigings gerig, wat op die oomblik deur georganiseerde landbou in SA bestudeer word, sê dr Theo de Jager, adjunk-president

Die Kongorivier met Kinshasa in die agtergrond. PROMOSIE

van AgriSA. “In dié geval moet ‘n gebalanseerde benadering versigtig gehandhaaf word sodat voorkeure nie ter sprake sal wees nie.” Hy sê Noord-Soedan is droog, maar het groter stabiliteit. Dit is beter ontwikkel en beskik ook oor ‘n goeie infrastruktuur. Dit het ‘n gevestigde suikerbedryf, met nagenoeg ‘n miljoen ha suikerplantasies wat deur vloedbesproeiing uit die Blou Nyl gevoed word. Die land is egter op aandrang van Egipte verplig om minder druk op die waterbron te plaas. Nou soek hulle SA kundigheid om dié bedryf te help ontwikkel. Dit sluit ook vier raffinaderye in, met nog twee wat vir die gebied beplan word. In Suid-Soedan is feitlik geen infrastruktuur nie en die land is minder stabiel. Die grond is egter vrugbaarder en daar is volop water. “Dis uitstekende beeswêreld, maar die markte is swak ontwikkel en die logistiek in die land is ‘n nagmerrie,” sê De Jager. Die ander twee lande wat SA genader het vir die vestiging van boere is Gaboen en Sierra Leone aan die westekant van Afrika. Gaboen se aanbiedinge is soortgelyk aan dié wat SA boere in die Kongo gekry het, terwyl Sierra Leone ‘n piepklein landjie langs Guinee is. Dit het ‘n magdom minerale en daar word dikwels na dié land verwys as die Klein Kongo.

CT Services is the name in forklift tyres Forklifts are important components on most commercial farms in Limpopo, without which several warehouses on fruit farms cannot go without. A provincial service provider, CT Services, established itself in Tzaneen and concentrates on the delivering and repair of forklift tyres and spares. Tiaan Pretorius, Riaan Koekemoer and Elanna Oosthuizen started business in December last year and developed an impressive clientele basis up to now. They have the sole agency in Limpopo and offer a wide range of tyres for any

forklift brand and other agricultural tyre needs. They are well stocked and fit the tyres on the spot, wherever the customer may be. One of their first big clients was Ruto Mills, where they fitted new tyres on a large number of forklifts. The feedback they received was good news to CT Services, as Ruto’s new set of tyres reached a much higher performance rate than previously. Tiaan can be reached on 082 543 1570 and Riaan on 073 033 4588.

RIGHT: The management of CT Services are Mr Tiaan Pretorius, Ms Elanna Oosthuizen and Mr Riaan Koekemoer.


July 2011

17


18

July 2011

Kosboek vir boer en mevrou in veld óf kombuis LiN Nuus/Die Pos Die kosskrywer Annette Human klink so bietjie soos Meryl Streep in die epiese rolprent Out of Afica. Streep sê: “I had a farm in Africa at the foot of the Ngong Hills…” Human sê: “Ons woon op ’n baie mooi plaas in ’n baie mooi omgewing. Die Here is vir my so goed om al die mooi te gee, ek wil dit deel…” Dit is haar en haar man, Chris Wagner, se Hoogland in die Waterberg duskant Bela-Bela, wat sy mildelik deel in spys en dank. Hoogland se heilsaamheid lê tussen die bladsye van Human se nuwe boek Welgedaan! in 170 uitsoekresepte, hulle wêreld in 259 foto’s. So iets van twee in een. Kosboek en natuurboek. Kykboek en kuierboek. Veldgids en handboek vir boer en mevrou. Gebaai in natuurlike lig en son, is Human se kos “vir gewone mense”, vir iemand se kosmaakdag. Aards en lekker. Feestelik in sy eenvoud. Maklik om te maak. Ekonomies is die wagwoord, gewone bestanddele die norm. Die ronde kaasbroodjie lyk aptytlik met sy roosmaryn en gekapte uiegras. Neffens hom, die Senecio venosus-blom wat van klipperige veld hou. In die lente kan jy groot bosse pluk vir enige vaas. Saam met Human se vrugteverkwikker, kry jy die patrysblom in. Hoogland se vonds in die herfs en vroeë winter. Hulle kruip in grasveld weg terwyl die koedoe baljaar waar hy wil. By die geelwortelmuffins. Langs die vinnige vlasous. Die spatsels kleur van die vlamrooi-koraalbome soek jy by die rys-en-kaas-kluitjies en die Vleidam se blink by die stokvis met sy kaaskors. Die diep oranje van die kappertjies langs die skottel, ’n onverwagte bonus.

Leer ken op die koop toe ’n ware tongknoper. Dis die rooirugstreepkoppiemannetjie. Hy hou hom baas op die blad van Human se kraaklekker hoenderboudjies, wat haar man terloops ook eet. Bedien dit op kerrierys saam met koolslaai en ’n ryp vy se baldadige lekkerte. Die blokkiesbrood lyk na hap, Human se broccoli kry ’n sampioensous en die lamstjops ’n blatjangbedruipsous met heuning en kruie. Op dieselde blad is een van haar blink wenke vir opgekikkerde rys vir kuiermense of sommer net. Roer gekapte neute wat liggies gebraai is by of stampkoring met gebraaide sonneblomsaad. Ons is terug by Human, die foto’s in

die stoor en Bessie se borde. “Ek bly maar ’n ou vir gewone kos. Die uitdaging is om dit so lekker moontlik te maak. Selfs wit rys. Vir haar is ’n gunsteling resep “die goed waarvoor ons lief is. Dis maar ons kos”. ’n Gunsteling op die tafel? “Biltong.” Waarvoor daar nié ’n resep in

die boek is nie. Human vertel oor die maak van die boek (“sy aan sy met my man”) en “John (Fourie, sakeman op Bela-Bela) se aandeel” om dit te laat verskyn (“anders was dit nog op DVD in die kluis.”), van haar man se foto’s en die “mooie Waterberg-Bosveld as inspirasie”. “Die Liewe Heer het vir ons sonlig gegee.” Dit is wat hulle gebruik het vir die kosfoto’s met die stoor se skuifdeure oop, die tafelblad op emmers, genoeg tafeldoeke en van Bessie se borde om hare aan te vul vir elke keer se anders lyk. Vir die kere wat ’n wolk voor die son ingeskuif het, “het Chris gaan werk”. En teruggekom as die lig weer perfek was. Die kosboek se naam kom van Human se dink. Dit moes sê: “Ons het lekker geëet. Ons het welgedaan.” Welgedaan! was toe nie die maklikste baba nie, erken Human, weens die uiteenlopende onderwerpe wat moes saamsmelt soos gladde witsous sonder die klonte. Aan die een kant was daar die resepte. Aan die ander kant “ons lewe” op Hoogland. Nou, nadat die slag gelewer is, is die natuurfoto’s vir Human iets soos die “aanwyser na die resep toe”. Die knarsappelpoeding is by Saartjie en Leentjie (die Wagners se hondekinders. Ook genoem Sausage en Sening. “Want Saartjie word al ronder en Leentjie bly die ou skraletjie”) en die klappergenot by die rooi blom. Human se resepte kom deur “dink en proe”. Haar man is die proefkonyn. Tans is dit wafels en nog wafels. Natuurlik maak sy ook flops. “Vra vir Chris. As ek moeg is, moet ek nie begin nie.” Vir haar as kosskrywer het dit destyds by Huisgenoot en Wenresepte begin en sedertdien is daar 27 titels onder haar naam. Volgens Human is haar mark “doodgewone kokke, gewone mense wat gewone bestanddele in die trollie pak. Dié wat elke dag die huishouding aan die gang hou. “Ja, daar is olyfolie in my boek, maar kookolie sal ook deug. Soos doodgewone bruin asyn. Nie balsemasyn nie.” Haar moet-kruie in die kas is tiemie, lourierblare en gemmer. Sonder eiers, uie en ’n blikkie sardyne in tamatiesous kan dit ook nie. “Ek is nie ’n regte kok nie, ek is ’n boervrou met ’n ding oor gewone kos.” En daarmee trap Human kosspore gemaklik oor enige Drakensberg. Die uitgewer is Protea Boekhuis.


19

July 2011

Rimmon se masjiene werk wyd LiN Nuus/Bulletin Die ontbosting van 1 200 ha grond ter voorbereiding vir ‘n bio-dieselprojek in Malawi was ‘n projek van twee jaar waar die eienaar van RS Plant Hire in Tzaneen, mnr Rimmon Schoeman, waardevolle ondervinding opgedoen het. RS Plant Hire is ‘n grondverskuiwingsfirma wat met verskeie projekte in Limpopo besig is. Hulle is veral betrokke met grondvoorbereiding vir opkomende boere en bou selfs sokkervelde vir skole in die omgewing. Schoeman sê die voorbereiding sluit in die breking van grond (met skeurploeë), ploeg en die skep van kontoerwalle tot die grond reg is om beplant te word. Die eerste van dié projekte was by Ma-

fara naby Dan Village, waar nagenoeg R13m aan opkomende boere beskikbaar gestel is om die grond te ontwikkel. Die voorbereiding is pas voltooi. In trustgebiede berei hull grond by skole voor vir die bou van sokkervelde, vlugbal- en tennisbane voor dit deur ander kontrakteurs vir bouwerk oorgeneem word. RS Plant Hire aanvaar ook werk vir die herstel van gronddamme wat na groot reën gebreek of beskadig is. Die besigheid het in 2004 begin en hulle beskik vandag oor twaalf groot masjiene en twaalf opgeleide drywers wat verskeie take kan verrig. Hulle doen ook werk in myne en klipgroewe.

ONDER: Mnr Rimmon Schoeman, eienaar van RS Plant Hire. Mnr Jacques Steyn is aanlegbestuurder van RS Plant Hire. Die administrasie word behartig deur me Chantall Reid.

LINKS EN BO: So lyk van die masjinerie wat deur RS Plant Hire ingespan word.


20

July 2011


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.