AgriBulletin August 2011

Page 1

Augustus 2011

Koffiekapitaal - bl 2 & 3

‘n LiN Groep Publikasie • A LiN Group Publication


2

Augustus 2011

Koffie uit Tzaneen Die koffieplante op Alôn is nog nie drie jaar oud nie, maar staan in volle drag vir die jaar se Bessie-oes.

Alôn geplant. LiN Nuus/Bulletin ’n Koffieplaas pryk in die groen heuwels tussen Tzaneen “Die plante was bestand teen die elemente van die en Modjadjiskloof – een van net vier in Suid-Afrika en natuur en het uit die staanspoor floreer asof hulle die enigste koffieprodusent in Limpopo. steeds in die grond van die vallei gestaan het.” Dit is op die Alôn Landgoed, waar twee swaers agt jaar Dit neem gewoonlik vyf tot ses jaar vir ’n koffieplant gelede met ‘n honderd koffieplantjies “bloot eksperi- om sy eerste sade te lewer, maar dié aanplanting het menteel” begin boer het. Vandag staan daar minstens binne een jaar reeds vyf kg bone gelewer. Die volgende 4 000 koffiebome met ‘n potensiële opbrengs van twee jaar was die opbrengs 25 kg, die jaar daarna 250 kg ton. en so het die produksie Benewens Alôn is net drie kommersiële koffieMnre Pieter Nel en Gad geklim tot waar dit vanBen-Avi is in beheer van plase aktief in Suid-Afrika. Die grootste hiervan is dag is. dié besondere projek en Beaver’s Creek naby Port St Johns in KwaZulu/ Dit word streng megalewer hul eindproduk Natal, waar sowat 60 000 bome jaarliks geoes nies verbou en geen inonder die handelsnaam word. Die ander twee is Sabie Valley Coffee en sekdoders of ander chemiCrown landwyd. Dit is ‘n Verster Koffie naby Bosbokrand in Mpumalanga. kalieë word in die boorde matige tot sterk koffie met Alôn is die enigste waar koffie op meer as 1 000 gebruik nie. Elke plant is ‘n vrugtige geur wat eie voorsien van ‘n deklaag meter bo seevlak geproduseer word. is aan die plantegroei van stikstofgewende plantjies die streek. Nel is in beheer van die boerdery self, terwyl van skaars drie sentimeter hoog, wat natuurlike voeBen-Avi, klankingenieur van Alôn, die koffie rooster en ding voorsien. bemark. Nel sê al die plante kom uit die vallei en floreer sonder Die oorsprong van die koffieplante het ‘n eiesoortige uitsondering. Die hoofboord is tussen twee-en-’n-half verhaal. Nel sê jare gelede het ‘n hele paar koffieplase en drie jaar oud, terwyl twee nuwe boorde van andergoeie sake in Limpopo gedoen, maar almal het metter- half jaar ook reeds swaar in drag is. woon tot ‘n einde gekom. Nog ’n klein boord is onlangs aangelê waar ’n klomp In ‘n vallei op Alôn het hy eendag op ‘n klompie bloekombome eens gestaan het. Dit noem Nel sy “gekoffiebome in die veld afgekom – oorblyfsels van ‘n heime boord”, omdat dit tussen die natuurlike planboerdery baie jare gelede. Hy het die klein opslag- tegroei versteek lê. plantjies uitgehaal en ‘n honderd teen die hange van Oestyd is nou aan die gang en net die ryp bessies wat REGS: Mnr Pieter Nel is in beheer van die koffieboerdery. Hier kyk hy na die sondroging van die koffiebone.

le aand: Rubberva dag van elke m er ling nd ei ev Do ve te rs Ee Alldays , es ic rv Se e nley Wildlif 26 Augustus: Ha ers, Vaalwater co Game Deal ja ou Ol s: stu gu 27 Au lub, Pretoria Sk kk bo er sveld Bo 31 Augustus: Bo ep ro Lietsjie-studieg ep 1 September: trusstudiegro Constantia Si r: be k oe 6 Septem es sb o-bemarking 11 Oktober: Av roep adamia-studieg ak M r: be to 13 Ok ep ro eg ango-studi 18 Oktober: M aan s, skoue, ens. van vergadering Stuur datums . blikasie ons vir gratis pu s.com an@bulletin.u je by r eu kt da re e di n aa f Skry


3

Augustus 2011

se boonste rakke donkerrooi is, word gepluk. Dit word dan vir 48 uur in ‘n houer met water geplaas, waar die buitewand van die bessie met gisting losgemaak word. ‘n Spesiale masjien word gebruik om die skil van die kern te stroop, voor dit gewas en vir 24 uur in die skaduwee drooggemaak word. Dan word dit in houers vir minstens nege dae in die son gedroog. Dit kan selfs tot 18 dae duur, afhangende van die weer. Elke aand word dit bedek om die bone teen klammigheid of dou te beskerm. Feitlik elke dag word die voginhoud van die sade gemeet en sodra net twaalf persent vog oor is, is die sade gereed om gerooster te word. Elke pluksel wat gedroog word, het sy eie geur en karakter. Dit stem baie ooreen met die wynmaakproses, waar druiwe uit ‘n sekere land ‘n ander karakter het as dié in die stuk land langsaan.

Coffea Arabica het sy oorsprong in Ethiopië (vroeër bekend as Kaffa), waar die koffieplant ‘n duisend jaar V.C. deur ‘n bokwagter met die naam Kaldi ontdek is. Hy het gesien hoe die bokke die rooi bessies vreet en dan wulps raak. Koffieplante het later na Jemen in die Arabiese skiereiland versprei, waar die koffiebone vir die eerste keer gerooster is. Hulle het koffie gemaak en bevind dit laat hulle langer ure werk. Hiervandaan het dit na Egipte en Turkye versprei en vandag word die Coffea Arabica wêreldwyd kommersieël verbou. Nel en Ben Avi het ‘n hegte werksverhouding en skakel gereeld om toe te sien dat die koffie deur die bes moontlike proses gepluk en gedroog word, sodat die eindproduk onverbeterlik is. Hulle konsentreer op gehalte eerder as volume en hanteer die koffieprojek met ‘n buitengewone passie. Ben Avi is ‘n koffieghoeroe. Hy het in verskeie koffieproduserende lande oorsee gewerk, waar hy die proses intensief bestudeer het. Hy werk met ‘n koffierooster wat teen R80 000 van Turkye ingevoer is en proe-toets elke sarsie geroosterde bone wat voortgebring word. Die koffie was aanvanklik net bestem vir Alôn se restaurant Yum Yum in Tzaneen, waar koffiebone feitlik daagliks gelewer word om die varsheid daarvan te verseker. Nou lewer hulle aan koffiewinkels tot in Johannesburg en Kaapstad, maar net aan selektiewe klante. BO: Groot klem word gelê op gehalte van die eindproduk. ‘n Nuwe proefneming is om die koffie eers in sy omhulsel te droog voor dit verder verwerk word. LINKS: Mnr Gad Ben-Avi, koffieghoeroe, staan voor die gebou waar die koffie gerooster en verpak word.

REGS: In die lente is die koffieboorde oortrek met spierwit blomme wat dit soos ‘n tuinparadys laat lyk. Die geur van die blomme is soet en ruik soos jasmyn, wat familie van die koffieplant is. Foto’s: Louis Roux


4

Augustus 2011

Proteas floreer in Soutpansberg LiN Nuus/Zoutpansberger Weggesteek in die golwende hange van die Soutpansberg sal jy Suid-Afrika se nasionale blom, die protea, op die plaas van mnr Barry en me Danelle Fourie kry. Fourie het sowat tien jaar gelede JB Fourie Blomme op Mnr Barry Fourie die been gebring en sedertdien bewys dat die proteas wat in die Soutpansberg gekweek word, met dié van die Kaap kers kan vashou. Hul sukses het eers na ‘n groot terugslag gekom. Ná die verwoestende vloede wat die streek in 2000 getref het, het sy avokadoboerdery ‘n kwaai knou gekry. Water was toe ook ‘n probleem op die plaas en hy het ‘n alternatiewe gewas gesoek wat met min water en in swak grond kan floreer. Hy het eers gekyk na sampioene, ander subtropiese vrugte en

stervrugte en toe blomme. Met blomme sou hy hom “bankrot aan swamdoders spuit”, omdat die plaas in ‘n misgordel geleë is. Die blomme-idee het vasgesteek en hy het besluit om proteas op die proef te stel, nadat hy gesien het dat daar drie soorte proteas, wat inheems in die Soutpansberg is, voorkom. Hy het vir hom klomp verskillende proteasaad bestel en in die grond gedruk. Dit was ‘n groot waagstuk. Nie net vat ‘n proteaplant drie jaar om te blom nie, maar hy moes homself leer van proteaboerdery. Hy het wyd gelees en by die enigste ander kweker in die omgewing, prof Koos van Rooyen, gaan kers opsteek. Vandag kan min mense hom iets leer van proteaboerdery in die Soutpansberg en deel hy graag sy kennis met ander opkomende proteaboere in die omgewing. Fourie het voortgegaan met die koningprotea en met die saad van die proefplante kon hy 3 000 plante kweek. Die eerste oes het hy aan plaaslike bloemiste verkoop en van die res weer saad gemaak. Dit

BO: Saailinge word op betreklike arm grond gekweek, sodat dit sterk wortelstelsels kan ontwikkel en makliker op die landery kan aanpas.

was eers in 2005 dat hy sy plante na 10 000 kon opstoot. Dié plante staan tans op een en ‘n halwe hektaar. ‘n Lekker meevallertjie is dat die Soutpansberg spog met twee oes-seisoene in die winter en somer. Veral waterbeheer is baie belangrik. ‘n Volwasse proteaplant benodig vyf liter water per week en kan liewers geen water as te veel water kry. Dit is in hierdie opsig wat ‘n protea ‘n avoboom verbysteek. Dit gesê, kan mens nie 100 ha onder proteas steek nie, want die blomme is bestem vir ‘n nismark. Daarom, met ‘n oog op die uitvoermark, het Fourie ander boere in die omgewing betrek sodat daar genoeg blomme vir uitvoer is. Hy self het reeds sy plante na 25 000 opgestoot, waarvan die eerste volgende jaar in produksie sal kom. Slim organiese boerderypraktyke en streng waterbeheer het bygedra tot Fourie se sukses. Hy snoei nie net produksiekoste op plaagdoders en kunsmis nie, hy het ook ‘n kwekery waar hy sy eie saad en stiggies maak. ‘n Nuwe plantjie in die kwekery word nie gepamperlang met spesiale grond en byvoeding nie. ‘n Plant wat nie presteer nie word uitgegooi. Kunsmis gewys is die protea ook ‘n baie dankbare plant. Sy plante kry net 100 g organiese kunsmis per jaar. Ongelukkig is die grond nog nie gesond genoeg nie en moet die proteablare elke twee weke met ‘n swamdoder gespuit word om te voorkom dat kolletjies op die blare vorm. Blomme met hierdie kolle op kry nie ‘n goeie prys op die mark nie en kwaliteit blomme is iets waarop Fourie roem. Nog iets wat die prys van blomme beïnvloed, is voëlmis op die skutblare. Die probleem het Fourie opgelos deur van die ou avobome in die landery te los. “Die voëls hou daarvan om op die hoogste bosse te sit en pronk in die paarseisoen,” het hy verduidelik. Water word in die landerye bestuur deur middel van watermeters wat gekoppel is aan ‘n rekenaar. Sodoende word die plante nie onnodige water gegee nie. Gesnyde gras word ingespan as deklaag en verbeter nie net die grond se waterhouvermoë nie, maar onderdruk ook onkruidgroei.

Koningproteas word teen 2ºC gestoor in Barry se koelkamer, reg om na die blommemark in Johannesburg gevat te word. Bloemiste wat die blomme koop maak self weer die blomme oop deur dit in ‘n warm vertrek te stoor.


Augustus 2011

5


6

Augustus 2011

Emerging Pinzgauer breeders Gr ootboom have own study group LiN News/Bulletin A great opportunity for emerging cattle breeders was created by the Pinzgauer Stud Breeders Association in establishing a special study group, accommodated by ZZ2 farms. The study group started in 2008 and consists of

21 members. They are all cattle owners – selected Pinzgauers suitable for proper breeding purposes – grazing on farms that belong to ZZ2. Their objectives are to develop their own breeding studs and acquire their own farms in the near future. The chairman is Mr Element Mashai, while the secretary, Mr Isaiah Ramothwala, and treasurer, Mr Albert Noffke, are directly involved in ZZ2’s Pinzgauer Stud on the farm Grootboom in Mooketsi. Part of the study group are three members who speAdvocate Andries Mokobi of Masilo Pinzgauers (a senior member of the study group established cialize in the breedin 2008), Mr Isaia Ramothwala of ZZ2 (secretary of the Pinzgauer study group) Ms Nobbi Hlahla ing of the recently (a study group member of Polokwane) and Mr Clement Mokobi (an emerging Pinzgauer breeder registered Pinz²yl from Mokopane). cattle.

LiN Nuus/Bulletin ‘n Inligtingsnaweek vir telers van stoetbeeste is onlangs op die plaas Grootboom Landgoed van ZZ2 in die Mooketsi-distrik gehou. Die saamtrek van drie dae was hoofsaaklik vir telers van Pinzgauer- en Pinz²yl-beeste wat onderskeidelik uit sestig en 38 geregistreerde lede bestaan. ZZ2 Veeboerdery was die aanbieders, met mnr Paul Bester, president van die Pinzgauer Stoettelersgenootskap, as die gasheer. Die doel van die saamtrek was om tegniese inligting oor die verbetering van die twee beesrasse oor te dra en om hegter bande in die genootskappe te smee. Vier hoofsprekers was die kern van die byeenkoms, wat die groot getal boere van die jongste inligting voorsien het. Hulle was mnre Martin Seyfferdt, Francois de Chalain, Stefan van Wyk en Johan Linde. Na besoeke aan die Pinzgauer-kudde van Grootboom het Seyfferdt sy kennis as wêreld-erkende keurder en beoordelaar van Pinzgauers aan die boere vrygestel. Hy het hulle aan beoordeling laat deelneem en die fyner detail uitgewys.

Josef, seun van Mr Silence, word beskou as die grootkampioen van die toekoms.

Mnre Dave Henderson van Reddersburg en Louis Kleynhans van Roodepoort was deel van die opleidingsnaweek op Grootboom.


7

Augustus 2011

hou boeresaamtrek Dit is opgevolg deur De Chalain, erkende beoordelaar en ‘n kundige in karkaskompetisies. Hy sal ‘n deurslaggewende rol speel wanneer die nasionale karkaskompetisie vroeg in Oktober in Polokwane aangebied word. Die resep vir die teling van die betreklik nuwe Pinz²ylras is deur Van Wyk hanteer. Hy is ‘n stigterslid van die ras en het ook ‘n lang pad met Pinzgauers geloop. Linde is ‘n kenner op die gebied van voerkrale en verteenwoordig die maatskappy Voermol in Limpopo. Hy het ‘n studie op voerosse van die Pinz²yls gedoen en verbasende resultate daaroor bekend gemaak. Bester sê die opleidingsnaweek was van groot belang vir die telers. Dit was veral opkomende beesboere wie se kuddes nog op geleende veld moet wei, wat daarby gebaat het. Hulle is almal geregistreer, behoort aan die studiegroepe en het groot planne met die uitbreiding van albei rasse in Limpopo.

Mnr Francois De Chalain

Hier is die room van Grootboom Landgoed. Voor staan Mr Silence, veelbekroonde kampioen Pinzgauerbul in SA, gevolg deur sy seun Golden Boy wat onlangs vir R500 000 verkoop is, en nog ‘n seun Josef (20 maande), wat ‘n blink toekoms gaan hê.


8

Augustus 2011

Groot kool kry steeds markvoorkeur LiN Nuus/Bulletin Die Suid-Afrikaanse markvoorkeur vir “groot” kole veroorsaak dat nuwe variëteite moeilik bekombaar is. Die meeste ander kool-produserende lande verkies die kleiner Europese tipes en internasionale teelprogramme konsentreer dus op die teling van hierdie kleiner variëteite. Gelukkig beskik Suid-Afrika oor ‘n paar uitstekende variëteite wat wel die gevraagde 4 tot 5 kg koppe kan lewer waarna die kopers soek en dan ook die beste pryse behaal. Sakata wat vir baie jare beskou word as een van die leiers in koolvariëteite verduidelik die verbouingsriglyne wat die produsent in staat kan stel om wel die groter koppe te produseer. Dit is belangrik om altyd ingedagte te hou dat kool ‘n koelweer gewas is. Kopkool aard die beste in ‘n koel, vogtige klimaat, dit is redelik bestand teen ryp en kan minimum temperature so laag as -3ºC weerstaan, mits daar nie vinnige verskille tussen die dag- en nagtemperature voorkom nie. Kopkool kan dwarsdeur die jaar verbou word, met inagneming van die volgende: In dele met koue winters, soos die Hoëveld en koue dele van die binneland, behoort kool nie gedurende April tot Julie gesaai te word nie, dit is bloot te koud vir normale plantontwikkeling. Waar uitermatige hoë somertemperature voorkom, soos in die Laeveld word gevind dat die koppe geneig is om te bederf as gevolg van bakteriese siektes waarvan Xanthomonas campestris wat swartvrotsiekte veroorsaak sekerlik van die grootste ekonomiese belang is. Die belangrikste bly steeds die keuse van die regte variëteit vir die tyd van die jaar waarin die kool aangeplant word. Kole wat ontwikkel is vir hoë temperature sal, indien dit in die winter aangeplant word, swak

ontwikkel en maklik saadskied. Die teenoorgestelde is ook waar, koelweer variëteite sal in die hitte klein, swak ontwikkelde koppe vorm (met ‘n lae siekteweerstand) en geneig wees om spruite en/of los koppe te ontwikkel. Saailinge Dit is vandag algemene praktyk om kopkool saailinge vanaf ‘n kwekery te bekom. Dit is baie belangrik dat die plantjies nie ouer as ongeveer 5 weke word nie. Saailinge wat te oud in die saailaaie geword het, is geneig om bekwaam te raak en dit ontwikkel baie stadig. Insektebeheer op die saailinge is baie belangrik. Saailinge se groeipunte word dikwels deur insekte beskadig en sulke plante ontwikkel in hartlose plante wat geen koppe vorm nie. Koolprodusente streef na ‘n eenvormige oes. Om dit te bereik moet plantjies wat baie swak is of ander abnormaliteite toon nie geplant word nie. Plantspasiëring Plantspasiëring van kopkool word bepaal deur die voorkeur van kopgrootte van die mark waarvoor daar geproduseer word. Waar groot koppe verlang word, word ‘n plantestand van ongeveer 25 000 tot 30 000 plante per hektaar gebruik. ‘n Tipiese ryspasiëring vir groter koppe is ‘n ryspasiëring van 600 tot 700 mm tussen die rye met die plante ongeveer 450 mm uitmekaar. Vir die produksie van kleiner koppe kan hierdie plantestand verhoog word tot ongeveer 40 000 plante per hektaar. Bemestingsbehoeftes van kopkool Kopkool kan op ‘n groot verskeidenheid gronde verbou word maar op goed-gedreineerde leemgronde word die beste resultate verkry. ‘n pH van 5,5 tot 7 word aanbeveel. Koolgewasse het hoë voedingsvereistes veral ten opsigte van stikstof en kalium. Dertig ton koolkoppe sal byvoorbeeld ongeveer 120 kg stikstof, 20 kg fosfor, 100 kg kalium en 85 kg kalsium

9

Augustus 2011

Groot, aantreklike, ferm ronde koppe beskik oor ‘n besonderse landhouvermoë. Bobcat is die nuutste toevoeging tot die Sakata koolfamilie - ideaal vir uit die grond onttrek. Sonder ‘n grondontleding is dit die somer saaislot. Die uitstaande kenmerk van Bobnie moontlik om ‘n spesifieke bemestingsprogram vir cat is die groot (tot 7 kg) eenvormige, ronde koppe en die produksie van kopkool daar te stel nie. Die volgen- soos Tenacity, die verdraagsaamheid teen Swartvrot de kan dus hoogstens as ‘n riglyn dien: en houvermoë op die land sonder om te bars. Bobcat presteer op sy beste Soort Lae toediening Kg/Ha Hoë toediening Kg/Ha Wanneer in die Tenacity slot, Kopkool N P K N P K maar kan tot aan die Basiese bemesting 60 90 60 80 120 80 Met plant Kopbemesting 20 0 0 20 0 0 3 weke na plant einde van Januarie Kopbemesting 20 0 0 20 0 0 8 weke na plant in die Laeveld streke gesaai word. Die Dit is belangrik om te let op die mikro element be- groeitydperk wissel van 85 tot 110 dae. hoeftes van koolgewasse. Hierdie gewasgroep is veral Markvooruitsigte* sensitief vir tekorte aan Boor, Molibdeen en Yster. ‘n TeGebaseer op die huidige prystendense, word daar kort aan van hierdie mikro elemente kan swak ontwik- voorsien dat die gemiddelde prys vir kool vir die volkelde plante tot gevolg hê. gende 3 maande kan tot 15 % hoër wees as dieselfde Die keuse van die regte variëteit tydperk verlede jaar en tot 34 % hoër as die langtermyn Conquistador bly steeds een van die mees aange- gemiddelde prys op die mark. plante variëteite weens die aanpasbaarheid en eenvorIn die langtermyn daal koolpryse geleidelik vanaf Mei migheid van hierdie variëteit. Alhoewel Conquistador tot ‘n laagtepunt in September. Vanaf September styg eintlik ‘n koelweer variëteit is wat op sy beste presteer die prys tradisioneel tot in Januarie/April. in die herfs en vroeë winter en deur die winter in rypVerwagte pryse op die Johannesburgse mark per ton: vrye gebiede, word dit in gebiede met ‘n matige somer Augustus R1809, September R1541, Oktober R1938 regdeur die jaar verbou. Die gevaar bestaan altyd dat en November R1552 indien ‘n hittegolf in die somer voorkom, ‘n sekere persentasie van die aanplanting klein koppe sal vorm en selfs spruite mag ontwikkel. Conquistador is steeds die leier variëteit en niks in ons proewe kon hierdie variëteit klop as dit by aanpasbaarheid, opbrengs en eenvormigheid kom nie. Tenacity is een van die koolvariëteite wat oor die beste hitteverdaagsaamheid en houvermoë beskik wat vandag in die mark beskikbaar is. Hierdie wyd aangepaste somervariëteit beskik oor besonderse Swartvrot verdraagsaamheid en bly ‘n moet vir somerproduksie.

*Inligting soos voorsien deur Agrimark Vir meer inligting oor Sakata se koolvariëteite of produktereeks, skakel ons gerus by 0861 100 458 of besoek ons webwerf www.sakata.co.za. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees

eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.


10

Augustus 2011

Speedling groei vorentoe LiN Nuus/Bulletin Die oudste kommersiële kwekery van groentesaailinge in die land sit op die rand van Tzaneen, vanwaar dit groenteplantjies aan die hele Limpopo en buurlande soos Mosambiek, Zimbabwe, Botswana en Angola verskaf. Speedling Kwekery is reeds in 1977 deur wyle Max Bothma geregistreer. Hy was ook ‘n stigterslid van die Saailing Kwekersvereniging van SA (SGASA), ‘n organisasie waaraan die kwekery vandag nog behoort.

Me Leonie Viljoen is die eienaar en die kwekery word bestuur deur haar seun, mnr Duncan Bothma. Hulle het groot planne om die besigheid uit te brei. Bothma is op die oomblik besig met verbeterings wat die kwekery in lyn sal bring met die jongste vereistes van Globalgap, die wêreld se waghond wat gesonde standaarde vir voedselproduksie handhaaf. Speedling voldoen aal alle vereistes van SGASA en is die houer van ‘n fito-sertifikaat van die departement van landbou wat bepaal dat alle saailinge die kwekery

skoon en virusvry verlaat. Hulle kweek alle soorte groentesaailinge aan die breë publiek, maar het hoofsaaklik kontrakte met groot produsente. Hulle gebruik ingevoerde saad wat deur twaalf of meer saadmaatskappye gelewer word. Hulle sê die vraag na saaBothma ilinge raak al gro-ter omdat dit nie meer lonend vir produsente is om hul eie plantjies te kweek nie. In die kwekery groei die plantjies vinnig teen ‘n eweredige stand, wat groter finansiële voordele vir die kommersiële produsent inhou. Dit beteken ook dat die produsent se groeiseisoen korter is. Sy hoofkweker is mnr Stephen Becker wat reeds langer as twintig jaar in die bedryf is. Speedling is op die Georges Valley-pad net Becker buite Tzaneen en maklik bereikbaar. Die kantoornommer is 015 307 5062/3 of 083 676 2911 of 082 907 8331. Becker en Bothma kan ook persoonlik geskakel word by onderskeidelik 076 071 4016 en 083 444 7659.

Hoenderboere kry aandag Die Suider Afrikaanse Pluimveevereniging het onlangs by AgriSA geaffilieer en hou sy opleiding in samewerking met die KwaZulu/Natal Pluimvee-instituut (KZNPI). Kursusse word in September, Oktober en November aangebied in Gauteng, KZN en die WesKaap. Onder die kursusse wat aangebied sal word, is broeierybestuur, hantering van die kommersiële lêhen, telerbestuur en braaikuikenproduksie. Meer inligting kan verkry word by hendrien@sapoultry. co.za of telefoon 011-795 2051.


Augustus 2011

11

Onkruid maak landbougrond histeries LiN Nuus/Bulletin ‘n Onkruid met sy oorsprong in die subtropiese dele van Amerika het die wêreld ingevaar en bedreig landbougebiede wat die mens van kos moet voorsien. Die ding se naam is Parthenium hysterophorus en word reeds langs paaie in Limpopo gewaar. Dit is ‘n vinniggroeiende bossieplant wat natuurlike grasvlaktes kan vernietig. Dit kan tot 100 000 sade per plant voortbring, wat met welige groei tot 340 miljoen sade op een hektaar kan loslaat. Australië het reeds ‘n groot stryd teen dié indringerplant, waar meer as agt miljoen hektaar in Queensland daarmee besmet is. Die Parthenium groei maklik op wenakkers, langs hoofpaaie en op oorbeweide grond en versprei vinnig. Tydens vloedreën kan die sade ook oor ‘n groot gebied weggevoer word. Dit hou ‘n groot bedreiging vir graanlande in, waar die saad in die eindproduk kan beland en die gehalte van die graan vir bemarkingsdoeleindes kan verlaag. Australië het die afgelope klompie jare streng veiligheids-

maatreëls ingestel om graan- en ander oeste vry van waartydens nege verskillende insekte saam met twee die onkruid te hou. Onkruiddoders word ingespan en roesswamme ingespan is Dit is egter nog nie genoeg dit kan tot sewe jaar duur voor ‘n besmette produk- om die onkruid mee uit te wis nie. Twee goggas, die blaarbesie Zygogramma bicolorsieland se oes weer aanvaarbaar vir uitvoer kan wees. Die voorskrif is dat onkruiddoders gebruik word voor ata en die stingelmot Epiblema strenuana, is sover die doeltreffendste. Die besie verskyn die onkruid in blom is, in die laat lente en woed voort tot sonder om gunstige geherfs, terwyl die mot deurentyd in wasse nadelig te raak. alle Parthenium-gebiede daarop Die saad van die Parthevoed. nium versprei maklik by Verskeie ander insekte word ook wyse van landboumasjiningespan, maar met minder sukses. erie, die bande van voerDie onkruid kan ook met beheerde tuie en selfs in die huide brande uitgeroei word, maar dan en hoewe van vee. Dit ontword natuurlike gras ook vernietig. kiem maklik, maar kan ook Dit skep dan nuwe groeiplek vir vir ‘n jaar of langer dormant die Parthenium en word ‘n groter oorleef tot groei gunstiger gevaar as voor die brande. raak. Die Parthenium kan in gunstige toestande binne Biologiese beheer is vier weke begin saadskiet en is giftig vir vee. Dit is reeds as verbode onkruid die afgelope twintig jaar Die stuifmeel van die onkruid kan allergieë soos in Australië verklaar, en in sekere in Australië ondersoek, velaandoenings, hooikoors en asma by mense dele is boere verplig tot omvatveroorsaak. Die sdade versprei maklik by wyse tende maatreëls om die onkruid te van toerusting, vee, graanoeste en veevoer. beheer. The Census 2011 will take place during 10 tot 31 October this year, with the information collected that will assist government and the private sector (inclu-ding the agricultural sector) in the planning, evaluation and monitoring of programmes and policies. The information will be kept confidential and will not be shared with other research agencies and government structures. Stats SA’s enumerators can be identified by their Stats ID cards, census overskirts for field workers (yellow), field supervisors (blue) and yellow satchels and caps. AgriSA will keep its members up to date with the necessary information.


12

Augustus 2011

Gif skuil in die sitkamer

LiN Nuus/Bulletin ‘n Lowergroen tuinplant met kleurige blare en ‘n dik stam dra die naam Dieffenbachia. Dit is ook ‘n gewilde potplant en pryk in patio’s en sitkamers wêreldwyd. In werklike gedaante is dit een van die giftigste plante vir mens en dier, as ‘n deel van die blare in jou maag sou beland. Daar word gesê dat die inname van dié blare ‘n kleuter binne ‘n minuut kan laat sterf en volwassenes binne vyftien minute kan doodmaak. Die wêreldnaam daarvoor is “Dumb Cane” en word wyd deur kwekers onder die publiek versprei. Plantkenners meen egter dat die skrik veel groter is as die werklike bedreiging, omdat mense nie juis geneig is om hul eie sierplante te eet nie. Dit kan dalk net deur ‘n kleuter spontaan ingekry word. Die vergiftiging lei tot ‘n geswel wat die lugweë versper en versmoring tot gevolg kan hê. Gevalle is elders in die wêreld aangemeld dat huisdiere aan dié plante gevreet en daarna gevrek het. Die hantering van die plant met die kaal hande en aanraking met die oë het ook gelei tot erge brand en swelling, maar in die meeste gevalle is die simptome na behandeling onder beheer gebring. Tuiniers, huisvroue en plantliefhebbers word nietemin gemaan om die geilgroeiende Dieffenbachia met omsigtigheid te hanteer en buite bereik van klein kinders te hou.

AgriSA and climate change Given the peculiar position of the agricultural sector in relation to climate change, AgriSA’s president Johannes Moller pinpointed several aspects to be addressed as part of a future process in preparation for the international UNFCCC meeting to be held in Durban later this year. He said agriculture that is adversely affected by climate change shoud get official recognition as it has a huge potential to provide solutions to climate change mitigation and adaption. A commitment is needed for substantial increase in investments in and support for agriculture. The sector must be prioritized in international strategies as well as in budgets in order to increase agriculture’s resilience to climate change while boosting economic growth. He also asked for recognition of farmers’ organisations as partners, as the link between farming communities and the international carbon market, and as a link to the international institutions. The ability of the agricultural sector to contribute to renewable energy and biofuels in particular should as required by the New Growth Path and the Industrial Policy Action Plan (IPAP2) be subjected to renewed scrutiny.


13

Augustus 2011

Tweede Thabazimbi Wildsveiling ook ’n groot sukses LiN Nuus/Kwêvoël Die tweede Thabazimbi Wildsveiling tydens die Thabazimbi Landbou skou was soos verlede jaar, ‘n groot sukses. Met ‘n omset wat bykans R 2,5 miljoen gehaal het, was Johan Vosser, hoofdirekteur van Vleissentraal Bosveld baie in sy skik. Die krale is onlangs vergroot om ‘n reuse veiling moontlik te maak. Met heelwat raar spesies, kon wildboere aan al hul behoeftes voldoen. Die juweel van die veiling was die koningswildebees, geteel deur Jan Trichardt. Die bul is verkoop teen R500 000. Die koningsblou wildebeest het ‘n wit bles en ligte strepe. Twee swart rooibokramme is verkoop vir R100 000 elk. Twee swartwitpensbulle is verkoop teen R26 000 en R20 000 elk. ’n Livingston elandbul is verkoop vir R22 500. Koedoebulle is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R11 786 met die hoogste prys van R15 000. ‘n Elandbulletjie het R11 000 behaal. Waterbokbulle is verkoop teen R 9334 gemiddeld met die duurste bul wat R 10 000 behaal het. Twee tsetsebe bulle het elk R 8 000 behaal. Nyala bulle het R 6 500 gemiddeld behaal. Rooibokramme is teen R1586 verkoop en jong ramme teen R1050. Daar was heelwat vroulike diere te koop. Twee goue blouwildebeeskoeie is verkoop teen R370 000 elk. Die diere, in teenstelling met die koningsblouwildebees, is goud van kleur, met ‘n goue kuif en vel. Blouwildebeeskoeie wat die gekleurde gene dra, word Splits genoem en een koei is verkoop teen R 9 000. Doodgewone blouwildebeeste is verkoop teen R 2 646 gemiddeld met die mooistes wat R 2 900 behaal het. Kameelperde is verkoop teen gemiddeld R16 750 en die

Die juweel van die veiling was die koningswildebees, geteel deur Jan Trichardt. Die bul is verkoop teen R 500 000.

REGS: Die Ranza wit Brahman-bul het die titel van reserwe junior bul verwerf en is deur mnr Rohan Beukes van Thabazimbi geteel. By hom is mnre Ian en Rohan Beukes.

duurste koei het R17 500 gekos. Hartwater-bestande springbokke is verkoop teen R7 500. Rooihartbeeste is verkoop teen R5 600 elk. Elande het R5 550 gemiddeld behaal. R5 250 is betaal vir gemsbokkoeie. ’n Groot trop zebras is verkoop teen R 4 600 gemiddeld. Waterbokkoeie het R 4 100 gemiddeld behaal. ‘n Groot groep koedoekoeie is verkoop teen R 3 188, met R 3 400 as hoogste prys. Vier volstruise is verkoop teen R 1 300 elk. Rooibokooie is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R 1 167, met die hoogste prys van R 3 000.


14

Augustus 2011

Toyota vurkhysers nou in Tzaneen beskikbaar LiN Nuus/Bulletin Toyota vurkhysers, die topverkoper in sy klas, is nou in Tzaneen in die gedaante van sy nuwe Agt-reeks beskikbaar.

Voorheen moes klante Polokwane toe ry vir aankope en diens, totdat Letaba Plaasprodukte besluit het om die agentskap hier te open. Die vurkhysers is diesel-, elektries en gasaangedrewe, met ‘n drakrag van 1,8 ton tot 8 ton. Volgens mnr Willem van der Vyver van Letaba Plaasprodukte het dit ‘n lang leeftyd en is veral gewild in die talle pakhuise in

REGS: Mnr Willem van der Vyver staan by ‘n Toyota vurkhyser met ‘n drakrag van 2,5 ton. Sy sakeonderneming, Letaba Plaastoerusting, is ook die agent vir Deutz Fahr, wat vanjaar by verre die grootste trekker op die Letaba Expo ten toon gestel het. Die Europese reus van 202 kW (275 perdekrag) word hoofsaaklik in SA se graangebiede ingespan vir die verwerking van duisende ha op groot kommersiële plase.

Limpopo. Sy maatskappy het reeds ‘n voorraad beskikbaar en diens ook die masjinerie elke 250 werkure. Baie klante huur die masjinerie, maar vir kopers is daar ook finansieringsopsies beskikbaar. Een van die kenmerke van die nuwe reeks is dat dit sy eie vrag weeg en die operateur in staat stel om te sien wanneer die maksimum belading opgetel word. Letaba Plaasprodukte is ook die verspreiders van Same-trekkers en is langs die Lydenburgpad geleë, sowat vyf kilometer buite Tzaneen.


15

Augustus 2011

Beesboere móét boekhou vir moontlike wetgewing LIN Nuus/Die Pos Bees­boere móét die monitor-lei­sels sty­wer trek om vrek­tes weens snot­siekte te pro­beer voor­kom. Mnr. Japie Ellis, voor­sit­ter van die Lim­po­po Rooi­vleis­ pro­du­sen­te Or­ga­ni­sasie (RPO), het gesê die ant­woord lê in deur­lo­pen­de op­na­mes onder bees­boere om vas te stel hoe­veel beeste aan die siek­te vrek. Dié in­ligting is no­dig vir die moont­like daar­stel­ling van wet­ge­wing, wat die saak van die bees­boer kan be­vor­der. Ellis het ge­waar­sku dat beeste wat snot­siekte op­ge­ doen het, onder geen om­stan­dig­hede by ’n slag­pale ge­slag of aan die pu­bliek ver­koop mag word nie. “Streng wet­ge­wing is in­ge­stel om oor­tre­ders vas te vat,” het Ellis in ’n ver­kla­ring gesê. Vol­gens hom kan snot­siekte tot so vêr as ’n ki­lo­meter van­af wilde­beeste aansteek. Dit ver­oor­saak dat tot so veel as een derde van ’n plaas bloot­ge­stel is as daar wil­

de­beeste op ’n buur­plaas is. “Dit maak effek­tie­we wei­ding­be­stuur feitlik on­moont­ lik en ver­oor­saak dat die wei­ding nie alles ge­bruik kan word nie,” het Ellis gesê. Die probleem het vol­gens hom in 1993 ont­staan toe die re­ge­ring die be­heer oor die ver­skuiwing en ves­ti­ ging van wilde­bees­te opgehef het. Dit was ook nie meer nodig om snot­siekte aan te meld nie. Sedert­dien is daar op ver­skeie plekke in die land ge­vind dat die ves­ti­ging van wilde­bees­te met ’n ver­ho­ging in snot­ siekte op na­bu­rige plase ge­paard gaan. “Die vraag kan ge­vra word of die regering nie verant­ woor­de­lik­heid moet aanvaar vir die groot­skaalse toe­ name in die voor­koms van die siekte nie. Moontlik kan die in­stel van ’n mo­ra­to­ rium op die beweging van wilde­ beeste die begin­

punt wees.” Ellis het ’n be­roep op alle bees­boere gedoen om vrek­ tes by Lim­po­po RPO se kan­tore aan te meld sodat ’n data­ba­sis saam­ge­stel kan word. Bel me. Wil­ma Prins­loo by (015) 297-3749. Die epos is prinsloo1@mweb.co.za(.) Snotsiekte (Eng: Bovine malignant catarrhal fever) is ’n akute en do­de­like virus­siekte van bees­te ge­ken­merk deur et­terige neus- en oog­af­skei­ding sowel as oog­ let­sels. Min diere in ’n groep word aan­ge­tas, maar die siekte is do­de­lik in feitlik alle ge­valle. Die oor­saak van die siekte, geassosieer met wilde­ bees­te, is ’n her­pes­virus. Daar is geen medi­kasie of ent­ stof teen snot­siekte nie.


16

Augustus 2011


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.