AgriBulletin November 2011

Page 1

November 2011

The Bug and the Bat - p 2


2

November 2011 In hierdie uitgawe fokus ons op insekte en die effek wat hulle in boerdery het. Lees meer hieronder, asook op bl 3. is ’n publikasie van

Bulletin Redakteur: Jean Aucamp jean@bulletin.us.com Verslaggewer: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarker: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com

Ons voorbladfoto is van ’n stinkbesie (Pentotomidae), wat een van die vlermuis se bronne van voeding is. Ons volgende uitgawe is in Januarie 2012.

Stinkbesies ge-DNS vir vlermuiskos Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Die gebruik van vlermuise vir die biologiese bestryding van stinkbesies in makadamiaboorde kry al meer momentum. Navorsing in dié rigting word reeds ‘n geruime tyd deur die entomoloog dr Peter Taylor in die Levubu-distrik gedoen. In 2010 het die SA Makadamia Kwekersvereniging (SAMAC) hul steun toegesê vir navorsing om vas te stel hoe doeltreffend vlermuise vir die besieplaag aangewend kan word. Navorsing oor die stinkbesie is letterlik ‘n stinkerige storie. Deur die uitskeiding van vlermuise te ontleed, kan vasgestel word op watter insekte hulle voed, asook die hoeveelheid van spesifieke insekte soos stinkluissoorte. Taylor, dr C Schoeman en mnr JN Steyn van die universiteit van Venda het verlede jaar die projek met ‘n groep studente aangepak en reeds honneurs-studies voltooi. Drie nuwe honneurs-projekte en ‘n MSc-studie is op die oomblik aan die gang, waarvan die uitslae in die volgende uitgawe

van die SA Avocado Growers Association (SAAGA) se jaarboek sal verskyn. In hul navorsing op die plase Welgevonden en Laatsgevonden in die Levubu-distrik is vasgestel dat vlermuise ‘n bepaalde seisoenspatroon in makadamiaboorde volg. Hulle is baie bedrywig in Mei, maar raak heelwat stiller in die winter. Die mis van drie verskillende soorte vlermuise is oor ‘n tydperk van vyf maande versamel, waarvan die reste van die splytgesig-vlermuis ontleed is. Dit het aangetoon dat dié soort se dieet uit 20% reste van goggas soos besies bestaan, hoewel stinkbesies nog nie duidelik geëien kon word nie. Dr Schoeman, entomoloog van Univen, is nou besig met die ontleding van vlermuismis om vas te stel watter hoe-veelheid van die inhoud dié van stinkbesies (Pentotomidae) is. ‘n Genetiese DNS-metode word ook ingespan om die oorsprong van vlermuismis se inhoud te bepaal. Om dit te kan doen, word DNS-inligting van ‘n reeks stinkbesies wat in die omgewing voorkom, ook gedoen om ‘n verwysingsraamwerk vir die ontledings byderhand te hê. Nog drie soorte vlermuise se mis sal in die komende jaar ondersoek word om vas te stel hoeveel stinkbesies verorber word. Dit sal uiteindelik lei tot ‘n finale stadium om vas te stel hoe vlermuise regdeur die jaar in makadamiaboorde voed. ‘n Plaas hoër op in die Soutpansberg waar geen plaagdoder gebruik word nie, sal ook by die navorsingsprojek ingesluit word. Selfs radiobeheerde opsporingstegnologie sal ingespan word om die onderskeie vlermuissoorte se bewegings en voedinggewoontes in makadamiaboorde te monitor.

LINKS: Die stinkbesie se eiers word gewoonlik aan die onderkant van blare gelê. Dit is ongeveer 1,4 mm by 1,2 mm groot.


November 2011

3

Thrips show resistance to chemicals Louis Roux

also lost. Hepburn notes that over-utilisation of chemical sprays The control of damage caused by thrips in various crop- also leads to the resurgence of other insect pests such ping systems worldwide, is that populations have built as mealy bug, mites, scale insects and aphids. Newly up a resistance to most of the insecticides used. developed chemical sprays tend to have a lower persisIn addition, many of the chemicals previously used to control pests have been banned to meet international export regulations or reduced to comply with maximum residue levels. Ms Colleen Hepburn, a member of Subtrop’s stink bug committee, says extensive scientific research has been conducted on thrips resistance and cross-resistance in citrus, both in SA and California, USA. Thrips are able to develop resistance to an increasing number of pesticides rapidly – pyrethroids in particular. It has been shown in California that by applying one chemical spray for citrus thrips per season, the population returns to a normal proportion and efficacy of the chemical is still high when used the following season. Low-level citrus thrips resistance to pyrethroids appears to regress in the absence of chemical treatThe different development stages of thrips. ments. It has therefore been suggested that a rotation strategy of chemical applications and alternate means of control be used to manage resistance of citrus thrips. It is important to control the cycle of chemical resistance in thrips because with each that is “lost” to resistance, the flexibility to make pest management more reliable and economical is louis@bulletin.us.com

tence which is important in that they have a lower overall impact on the environment and effects on natural enemies and parasitoids. However, lower persistence also means that additional, careful monitoring of thrips populations is required so treatment(s) can be timed optimally. Growers should also be cautious when using chemical control agents against other insect pests in the orchards because of the possibility of cross-resistance occurring. In macadamia yields, thrips feed on new flush resulting in malformed leaves, poor nut set (which may be partially attributed to thrips) and bronzed nuts. Thrips damage is difficult to quantify and identification of the damaging species is extremely challenging due to the large number of species. More than 5 500 have been described out of 8 000 extant species. Of these, 50% feed on fungi, 40% on dicotyledonous plants or grasses, 9% on mosses, gymnosperms, cycads ore are predatory and less than one percent have been identified as serious pests which include those species which transmit plant viruses.


4

November 2011

Motlanthe praat oopkop oor grondsake Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Die standpunt van adjunk-president Kgalema Motlanthe dat dit nie nodig is om die land se grondwet te verander om die doelwitte van grondhervorming te bereik nie, baan moontlik die weg vir ‘n meer rasionele benadering tot die kwessie as wat die ANC-regering tot dusver gehandhaaf het. Hy het in ‘n onlangse gesprek met die parlementêre persgaleryvereniging gesê bestaande wetgewing is toereikend as dit reg aangewend word. Afdwingbare onteiening is ook nie nodig nie, want indien grond in openbare belang verkry moet word sal redelike vergoeding daarvoor beskikbaar wees. So ‘n proses sal onder die gesag van die hof staan. Dit is lank reeds AgriSA se standpunt dat dit nie die vry-

willige verkoper benadering of grondwetlike waarborge word, is die onbeholpenheid waarmee die proses bestuur vir eiendomsreg is wat in die pad van suksesvolle grond- word, rampspoedig vir die landbou. hervorming staan nie, maar onbevoegdheid, korrupsie en “Die ANC behoort sy Polokwane-resolusie van 2007 om wanbestuur in die department van landelike ontwikkeling die benadering van vrywillige verkoper te skrap, nou teen grondhervorming. rug te trek en op grond van ‘n wetenskaplike feitebasis ‘n Motlanthe se uitsprake word beskou as ‘n vars bries beleid oor grondhervorming te formuleer wat investering in ‘n baie problematiese grondhervormingsomgewing, in landbouproduksie en volhoubaarheid sal bevorder,” lui waarin kommersiële landbou swaar gebuk gaan onder AgriSA se verklaring. onsekerheid, dreigemente van onteiening en swak administrasie. In Kwazulu/Natal, LimDie Rooivleis-nywerheidsforum het on- die Portefeuljekomitee gewend as laaste popo, Mpumalanga en langs die Portefeuljekomitee op Land- uitweg voordat hulle ‘n regsproses begin. Noordwes, waar die hoogbou, Bosbou en Visserye ingelig oor die Adv Epstein, wat die voorlegging naste druk van onafgehanprobleme met siektebeheer onder vee mens die forum gedoen het, het gesê dat delde grondeise ervaar weens die staat se versuim om die wet op daar talle pogings tot interaksie met die dieresiektes en die wet op veiligheid van Minister en die departement was, maar vleis, te implementeer. dat die departement en ministerie nie eers Die forum het hul ernstige besorgd- ontvangs erken het van die forum se skryheid uitgespreek oor die verlies van wes waarin vergaderings aangevra is nie. Suid-Afrika se status as bek-en-klouseer Daar was probleme met die permitvrye land. Hierdie stand van sake lei tot stelsel vir die invoer van diersoorte wat geweldige ekonomiese verliese wat in die ‘n bek-en-klou risiko dra, asook swak inomgewing van R4 miljard per jaar beloop. standhouding van grensdrade. NERPO Dit kan twee jaar neem voordat Suid-Af- en AFASA het die Forum se voorlegging rika se status as bek-en-klouseer vrye land ondersteun. Lede van die komitee was herstel is. Die forum oorweeg regsaksie baie krities teenoor die departement se teen die departement van landbou, bos- versuim van belangrike pligte wat verbou en visserye, maar het hulle nou tot band hou met dieregesondheid.

Regering versuim met siektebeheer


5

November 2011

Besproeiing kry nuwe rolspeler Louis Roux

louis@bulletin.us.com

‘n Nuwe toetreder tot die besproeiingsmark in die Laeveld bied toerusting aan teen pryse wat rolspelers in die hoogs mededingende sektor sal laat kopkrap. Rudamans in Letsitele, wat ‘n verskeidenheid hardeware en Kubota-trekkers verskaf, het toerusting vir besproeiing by sy aanbieding toegevoeg om ‘n groter verskeidenheid produkte aan die landbousektor beskikbaar te stel. Die bemarker is mnr Jan Brits wat etlike jare se ervaring in die bedryf het en ook vertroud is met die boerdery-aktiwiteite in die omgewing. Die besproeiingstoerusting sluit alle pype, koppelings, sproeiers en masjinerie in vir waterleiding in alle vorms van landbou, maar veral vir sitrus en ander hoofbedrywe vanaf Hoedspruit tot by Mooketsi. Die basiese opmetings vir enige besproeiingsnetwerk word deur Brits gedoen, terwyl die ontwerp van die skema deur ‘n geakkrediteerde lid van die SA Besproeiingsinsti-

tuut (SABI) hanteer word. Brits sê deurbrake is reeds by vooraanstaande produsente gemaak vir die lewering van lywige bestellings weens hul billike prysbepalings. Die maatskappy beskik oor ‘n groot verskeidenheid voorraad in besproeiingstoerusting, waarvan sommige klein items selfs minder kos as kougom in die kafee. Brits is ook verantwoordelik vir die bemarking van die Kubota-trekkerreeks, wat wissel van 18 kW tot 85 kW. Dié Japanse trekker bestaan reeds sedert 1890

en onlangse toetse het bevestig dat die Kubota tot 60% minder brandstof gebruik as sy naaste teenstanders in die trekkermark. Rudamans se onderneming is by die Junction net buite Letsitele. Brits is bereikbaar by 084 620 3835.


6

November 2011

Houers al byna 30 jaar oud Carbon taxes are Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Vroeg in 1982 het ‘n groep van 21 boere van Letsitele, Tzaneen en Tshipise in Letsitele byeengekom om ‘n onderneming te stig wat ‘n groot invloed op die hantering van sitrus en ander produkte in die provinsie sou hê. Dit was die ontstaan van Houers Kooperatief (HK) wat in April volgende jaar dertig jaar oud sal wees. Die aanvoerder en eerste voorsitter van die maatskappy was mnr Milan Thalwitzer, wat die omskakeling van ‘n papiersnyfabriek na ‘n kartonvervaardiger as ‘n suksesvolle deurbraak beskryf het. In die eerste twee seisoene het die lede reeds ‘n groot opbrengs uit hul belegging verdien. Verpakkingsmateriaal het in die verlede nog altyd ‘n groot hap uit die opbrengs gehaal as deel van die produksiekoste. Daar is bereken dat die prys van sitruskartonne van 49,68 sent in 1979 gestyg het tot 75,30 sent in 1982.

Houers Kooperatief is opgerig teen ‘n koste van R1 090 771, waarvan 80% deur die stigterslede beskikbaar gestel is. Die bykomende 20% is by die Land Bank geleen. Aan die einde van 1985 het mnr Louis van Rooyen voorsitter geword en dien na 26 jaar steeds in die hoedanigheid. ‘n Groot terugslag het die maatskappy in Junie 1987 getref, toe die fabriek deur ‘n verwoestende brand in puin gelê is. Die fabriek is haastig herbou en kon daarin slaag om weer kartonne vir die 1988 sitrusseisoen te lewer. HK was destyds een van net twee leweraars van kartonne, maar staan vandag uit onder die sewe grootste kartonvervaardigers in die land. Daar is ook verskeie klein fabrieke in dieselfde mark. Die hoofbestuurder van Houers Kooperatief, mnr Wimpie Mostert, sê hul grootste verspreidingsgebied is noord van Pretoria tot in Zimbabwe en Mpumalanga, maar hulle lewer ook hul riffelkarton tot in Upington in die Noord-Kaap, die Oos- en Wes-Kaap.

on the cards

The government recently published its new climate policy, which envisions a “range of economic instruments being employed to support the emission-reduction goals”. This is based on three alternate ways of taxing emissions. They are a direct tax on greenhouse gases emitted from industrial sources, a tax based on the carbon content of fuels and a tax applied to emitters where fuel is burned. The National Treasury said its proposed carbon taxes are an appropriate tool to cut emissions, rejecting opposition to the levy from large companies. “Carbon taxes afford firms the flexibility to undertake emissions reductions according to their specific processes and provide the long-term price certainty which is essential for investment decisions”, said Mr Cecil Morden, chief director of tax policy at the Treasury. He added that a carbon tax at an appropriate level and phased in over a specific time period will help alter consumer and producer behaviour. South Africa is weighing a charge of R75 to R200 per metric ton of carbon emitted. Those numbers were “indicative” and it was too early to speculate what the final charge would be. ArcelorMittal, Africa’s largest steel maker opposing the proposed carbon taxes, said it will have a severe impact on cost of steel produced. Sasol Ltd, the largest producer of motor fuel from coal, said SA must make the transition to a lower-carbon economy while remaining sensitive to the urgent developmental needs of SA. The government agreed in 2009 to reduce its emissions by 34 percent compared with “business as usual levels” by 2020, and by 42 percent by 2025. Total carbon emissions in the country are seen peaking at 614 million metric tons by 2025 and falling to a maximum 428 million tons by 2050.


7

November 2011

Constantia-boere wy saal deeglik in Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Die Constantia Boerevereniging se knus nessie langs die Giyani-pad is na ‘n inspuiting van meer as R100 000 in ‘n feesterrein omgetower, wat dit ‘n vergaderplek met groter slaankrag kan maak. Die Boeresaal staan al baie jare en is die afgelope tyd veral deur die Constantia Sitrusstudiegroep vir hul byeenkomste benut. Die voorsitter van die boerevereniging, mnr Pieter Vorster, het vroeër onderneem om die saal op te knap sodat dit vir vooraanstaande besoekers geskikter sal wees.

Met ‘n kollektesakkie onder die arm het hy verskeie mense en instansies vir bydraes genader en ‘n oorweldigende reaksie gekry. Op die eerste dag van November het Letsitele se boere en ‘n klomp ander belangegroepe daar byeengekom en die “nuwe” Boeresaal met ‘n

REGS: Mnr Niekie Grobler van The Tree Factor het ‘n klomp jong inheemse boompies geskenk wat oral op die terrein aangeplant is. Onder hulle is kremetartbome wat elkeen die name van bekende boere in die distrik dra.

BO: Onder die groot aantal mense wat die amptelike opening van die Constantia Boeresaal bygewoon het, was mnre Kallie Erasmus, Christie Landman, Dawie Grobbelaar en Gustav van Veijeren.

hartlike fees ingewy. Die fees is geborg deur Houers Koôperatief, wat bykans dertig jaar al sorg dat die streek se sitrusboere hul produkte vir die buitelandse markte kan verpak. Die gebou se ingange voor en agter is uitgebrei, die onthaalgedeelte is uitgebrei en spog ook met ‘n netjiese kroeg en kombuis. Die toilette is opgeknap en die Boeresaal het ook ‘n dik laag beskermende verf opgedoen.


8

November 2011

Above average litchi crop expected Over a period of ten years litchi farmers had their weakest crop three seasons ago with a yield of only 2 478 tons, of which less than half reached the export markets. It compared very negative with the production figure for 2002/03, when 8 553,8 tons of litchis were harvested. The export total for that season was 69%, while the rest of the crop was delivered to local municipal markets. According to figures released by

Subtrop this month, the first deliveries to juice factories were recorded in the 2007/08 season, when 1 624 tons of litchi juice were produced. It comprised 19% of that year’s crop of 8584 tons. The past two seasons delivered 5 748 and 5 217 tons, of which 61% and 50% were exported at above average prices on the European markets. This far an above average litchi crop are expected.

Stats show gradual drop in mango crops The latest statistics on mango production over the past 24 years in South Africa has just been released by the industry and Subtrop in Tzaneen, showing a gradual decline since its highest production year during 2004/05. Last season’s crop figures show a yield of 50 592 tons, of which only one percent reached the export market. The juice industry collected 32% of the mango’s produced, while the municipal markets and the dried fruit industry received 26% each.

Fifteen percent, or 7 353 tons were used for processing achar. The record 2004/05 season produced 89 464 tons of mango’s, of which 39% went to juice factories and 19% was used for achar. The export market was still fairly operational between 1991 and 2004, but showed a drastic decline ever since. Producers say although less mango’s reached the municipal markets for consumption, it had very little effect on the price.


November 2011 REGS: Subtrop se jaarlikse bemarkingsimposium is vanjaar in Witrivier gehou, met vooraanstaande sprekers en uitstekende bywoning. Onder die talle mense wat dit bygewoon het, was mnre Wiedse Kruger van Afrupro en Derick Myburgh van RSA Markagente. VER REGS: Onder die mense wat dit ook bygewoon het, is me Alma en mnr Piet Muller van Amana Boerdery en mnr Theo Bekker van Westfalia tegnologiese dienste in Tzaneen. ONDER: Me Jill Whyte en mnr Werner van Niekerk van Green Farms Nut Company en mnr Jan-Louis Pretorius van Groep 91 het die simposium in Witrivier ook bygewoon.

Die ui kom ‘n baie ver pad Die ui is die groentesoort met die kortste naam, maar sy geskiedenis as voedsel oortref byna alle ander groentesoorte. Sover vasgestel kon word, het uie waarskynlik op alle vastelande in die wêreld voorgekom, maar die nut daarvan is eerste iewers in Asië ontdek, nagenoeg 5000 jaar VC. Dit is ‘n knol wat nie sommer in die wintermaande vergaan nie en dit het die voorvaders aangespoor om uie vir kosdoeleindes te plant. In Ou Egipte het die ui hoë status geniet en is aanbid. Hulle het geglo die sfeervorm van die knol en konsentriese ringe het die ewigheid gesimboliseer. Die ou Egiptenare het al hul vrugte- en groentesoorte in yster uitgebeeld as deel van die volkskultuur. Die ui was die enigste groentesoort wat in goud gesmee was. Later het die gebruik van uie na Griekeland versprei, waar atlete dit in grootmaat verorber het om ‘n beter bloedbalans te handhaaf. Nadat die Romeine Griekeland verower het, het die ui ‘n stapelvoedsel in die Romeinse eetpatroon geword. Hul Gladiators is van kop tot tone met uiesap ingevryf om hul spiere te versterk. In die Middeleeue is die ui voorgeskryf teen hoofpyn, slangbyt en selfs haarverlies. Uie was ‘n voedingsbron sowel as medisyne en het saam met die Purityne in die Nuwe wêreld gevestig. Dit word vandag steeds wêreldwyd as stapelvoedsel gebruik en sy medisinale eienskappe is grotendeels wetenskaplik bewys. Die nasionale kankerinstituut het bevind uie bevat anti-oksidante wat kanker kan stuit en dit verlaag cholesterolvlakke.

9


10

November 2011

Windbukse raak windgat Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Windbukse is deesdae nie naastenby meer wat dit in die bestaansjare was nie, maar gesofistikeerde toerusting wat tegnologies penregop langs die ware Jakob gemeet kan word. In toeka se tyd was dit ‘n geweer wat net soos oupa se .22 gelyk het, kompleet met houtafwerking. Al verskil was dat hy ‘n “spring” gehad het wat meer nou as dan gestel moes word. En dit het klein loodagtige pilletjies ver genoeg geskiet om ‘n mossie of meelogie mee te takel. Die goed se visiere was van so ‘n aard dat jy net die kol kon tref as jy hoog links of laag regs gemik het. Elke ou

het sy windbuks se streke geken en niemand anders sou daarmee sukses hê nie. My gesoute nefies op die buurplaas het selfs gespog met tôties en eekhorings, terwyl ou Petrus en Mampie tot die dood toe gesweer het hul dertiende kind het doof geraak toe hy buite Stellenbosch deur ‘n windbukskoeël getref is. ‘n Meer onlangse fase was toe mededinging op hoërskool in skietkompetisies van .22 gewere na windgewere oorgeskakel is. Een van die redes vir dië besluit was dat skerp ammunisie nie in skole toelaatbaar was nie. Die sport het nietemin voortgegaan en verskeie skole in die land spog vandag met die voorste skuts wat hul staal teen die res van die wêreld kan wys. Hulle gebruik

‘n spesiale windgeweer wat met koolsuurgas (CO2) werk en net vir skyfskiet aangewend mag word. Jy kan in die veld gaan skiet, maar streng etiese kodes moet steeds nagekom word. Die gewere is duur en sportief, met ‘n spesiale drasak wat byna soos ‘n uitgerekte skootrekenaar lyk. Hulle kos so R10 000 elk en word oorspronklik veral in die Tsjeggiese republiek vervaardig. In die verloop van jare het die egte windbuks ook fluks vooruit begin ontwikkel. Dit is vandag ‘n afgeronde wapen met korrel-akkuraatheid en doelverrigting wat vir geen regte geweer hoef terug te staan nie. ‘n Reeks windbukse is deesdae by NTK se winkels beskikbaar en hulle lyk soos egte wapens uit ‘n revolusiegeteisterde gebied. Die kleure wissel van swart tot bruin en kamoefleerdrag, met die jongste aanpassings wat dit soos aanvalswapens laat lyk. Daar is selfs rewolwers wat outomaties en semi-outomaties hanteer word, kompleet met teleskope en ander spogstukke. Windbukspatrone is deesdae ook nie meer net die loodvormige koeëltjie wat voor in die loop gegooi word nie. Jy kry allerhande “gelaaide” vorms met verskillende lengtes wat op kort afstand selfs dodelik kan wees. Die regering oorweeg nuwe wetgewing wat die beskikbaarheid van windbukse en ander sportwapens ingrypend kan verander, maar dit kan nog baie maande duur. Intussen kan dié moderne speelgoed op plase gebruik word om die kleinspan paraat te kry in die hantering van vuurwapens.

GVA sluit stil jaar af

Die waghond-organisasie George’s Valley Association (GVA) het ‘n betreklik stil jaar agter die rug, met net enkele gevalle wat aandag nodig gehad het. Die jongste was die aanval op mnr Joseph Wajah, eienaar van die Grys Appel-winkel op die Vergelegen-pad, wat erg beseer is in ‘n rooftog op 22 Oktober, waarin geld en juwele gebuit is. Een van die nuwe projekte wat voorlê, is die bou van ‘n SAS-lapa by AKA Boerdery van mnr Anton Venter en sy vrou Klippe, wat as operasionele sentrum vir die GVA ingespan sal word. Die gewilde 4x4-kompetisie by The Hub was vanjaar weer ‘n groot trekpleister in die gebied en volgende jaar se makietie word vir 16 Junie beplan. Die bestuur van die GVA is net so behou, met Venter as voorsitter, mnr Nile McGaffin as ondervoorsitter en me Klippe Venter as tesourier. Die sekretaresse is me Daleen Oosthuizen. Mnr Kas Nel bly voorsitter van die veiligheidsnetwerk en die 4x4-komitee. Hy word bygestaan deur mnre Willem Oosthuizen en Boertjie Nel.


11

November 2011

New fertilizer upgrades sandy soil Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Unpredictable rainfall patterns are not optimal for crop production in sandy soils such as could be found in Welkom, Free State. Here Mr Werner Pienaar is a grain-farmer who leases field to cultivate sunflowers. Leased fields are often stripped of all nutrients due to a lack in stewardship of previous leasing farmers. Pienaar thus enquired about Hygrotech’s new Transition range of fertilizers. His requirements were a cost effective fertilizer containing more than just NPK, the slow release of nutrients throughout the growing season, and also to provide the necessary nutrients for sandy soils. He wanted a product which eliminates top-dressing and which is easy to apply with the planter. After studying the soil analysis and taking account of specific crop requirements it was decided to use a 131-2 formulation. Ammonium sulphate was used as a nitrogen source. Additional trace elements such as zinc sulphate and boron are also added tot the formulation. The addition of zinc was proven to be indispensable these last few

seasons and in SA the boron levels are always low. Boron helps with calcium uptake and increases the ability of plants to transport photosynthesized sugars to grains. This leads to better quality and higher yield. Transition is an exceptional form of fertilizer because it contains macro plant nutrients such as nitrogen, potassium, phosphate, calcium, sulphur and magnesium. Furthermore it includes arrange of trace elements such as zinc, boron, iron, manganese, copper, molybdenum and silica. The whole spectrum of plant nutrients are complimented and complicated by humic acid which occurs naturally in Transition’s raw materials. The humic acid worth is estimated at R750/ton. It is however not counted for in the product’s price. In spite of the adverse climatic conditions Pienaar still managed to to produce 2 200 kg sunflowers.

Six provinces get R150m flood relief As announced on 25 October 2011 during the Medium Term Budget Policy statement by the Minister of Finance, an amount of R149.560 million, for the financial year up to 31 March 2012, was allocated for flood relief to six provinces. Limpopo will receive R8,475 million. At a meeting on 8 September 2011 of the National Disaster Management Advisory Fo-

rum (NDMAF), of which Agri SA is a member, it was decided that, to ensure proper management of the flood relief funds, there will be two steering committees. One will be at national and one at provincial level, with the national steering committee overseeing the process and reporting to the inter-departmental committee and inter-ministerial committee.

It might sound like an average yield but considering the season it was outstanding. Transition succeeded in the specifications set by Pienaar. In the coming season, Vitazyme will be included to supply additional nitrogen with added soil biology stimulation. To find out more about Transition and how it can work for you, contact your nearest Hygrotech branch in Limpopo.


12

November 2011


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.