Oktober 2012
Me Corrie Labuschagne van die R10 Stoetery het ’n haarfyn rekord van elke dier by die onlangse Obaro Brahman-stoetdag gehou. Lees meer op bl 9.
2
Oktober 2012
Die vooruitsig vir Limpopo Landbou 2013 — Dries Enslin (Hoof- uitvoerende beampte: Agri Limpopo) kan wel sê dat AgriSA druk besig is met gesprekke om die plan in ‘n rigting te stuur wat ons ten gunste is. Daar is egter geen waarborge in die proses nie. Ons sal egter fyn moet onderskei tussen politieke retoriek en goeddeurdagte denkrigtings. Nasionalisering Dit wil voorkom of daar twee gedagterigtings binne die ANC is ten opsigte van nasionalisering. Tydens AgriSA se kongres het die ANC se sekretarisgeneraal dit duidelik gestel dat nasionalisering nie ANC-beleid is nie. Hy het egter wel die deur oopgehou vir strategiese nasionalisering, dit wil sê waar die staat ‘n minderheidsbelang in ‘n besigheid bekom. Die Minister van Landbou, Me Tina Joemat-Pietersen, het dit weer gestel dat daar geen nasionalisering, nie eens strategiese nasionalisering gaan wees nie. Net die tyd sal leer wat die waarheid is. Geadministreerde pryse Geadministreerde pryse speel ‘n reuserol in die winsgewendheid van landbou. Elektrisiteit, diesel en minimumlone is die drie grootste sondaars. Hierdie drie kommoditeite speel ‘n baie groot rol in landbou, veral in die intensiewe groente- en vrugtebedryf. Die gevolge is tweeledig, naamlik grootboere gaan groter word en kleinboere gaan verdwyn. gs, skoue, in er ad rg ve n Stuur datums va . sie Die tweede aspek is dat ika bl pu n ons vir gratis die beginvlak vir ‘n nuwe ensovoorts, aa by dakteur Skryf aan die re boer dramaties opgeskuif .us.com jean@bulletin word. Met ander woorde, die sukses van opkomende EP RO EG DI , : Letsitele SITRUS-STU boere gaan baie skraal van elke maand g da ns Di te Eers wees. l Constantia-saa Koste van wetgewing Sedert 1994 is daar verVEILING ES BE LE : VA nd RUBBER n elke maa va g da skeie nuwe wette geproer nd Die eerste Do mulgeer. le Rubberva Elke wet op sy eie gesien het nie noodwendig ‘n EP groep by STUDIEGRO okado studie Av reuse-invloed nie. Kumur: be em 13 Nov . n van die jaar latief is dit egter ‘n perd ee te as La 2. ZZ van ‘n ander kleur. Hoeveel koste het die
Dit is ongetwyfeld dat 2013 ‘n uitdagende jaar vir landbou in die provinsie gaan wees. Daar is vele uitdagings wat stadig maar seker tot ‘n punt gaan kom. Georganiseerde landbou gaan die wysheid van Salomo en die werkywer van miere nodig kry. Enkele faktore wat ‘n rol gaan speel en landbou daad werklik gaan beïnvloed is grondhervorming, nasionalisering, geadministreerde pryse, koste van wetgewing, myne en water. Grondhervorming 2013 is die sogenaamde 100 jaar-baken van die “Native Lands Act van 1913”. Die “Native Lands Act” van 1913 het nie-blanke mense verhoed om eiendom te besit of te bekom. Die ANC gaan hierdie datum gebruik om sy nuwe grondhervormingplan van stapel te laat loop. Daar is nog geen sekerheid wat in die plan gaan staan nie. Ons
is ’n publikasie van
Bulletin Redakteur: Jean Aucamp jean@bulletin.us.com Bemarker: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
volgende wetgewing tot gevolg: arbeidswet, Nema, water, munisipale grondbelasting, ensovoorts? Hierdie lysie is veel langer, maar dit is nie noodwendig nodig om hier daarop uit te brei nie. Hierdie wetgewing saam met geadmistreerde pryse speel ‘n baie groot rol in die winsgewendheid van landbou. Myne Mynregte in Limpopo word links en regs uitgedeel. Die Soutpansberg-steenkool- en gasvelde, die Waterberg se steenkoolvelde en die platinum in die Burgersfort-omgewing is van die bekendste. Mynwese is roekeloos en neem geen gevangenes nie. Gaan kyk maar wat gebeur in Mpumalanga se hoë potensiaal produksiegebiede. Myne en landbou ding albei mee vir die waardevolste kommoditeit in die provinsie, naamlik water. Daar is eenvoudig geen bykomende water beskikbaar vir nuwe mynbou-ontwikkeling nie. Daar gaan ‘n groot aanslag op landbou se water wees. Water Effektief is ons waterregte reeds met die Waterwet van 1998 van landbou af weggeneem. Gelukkig sukkel die regering om die wet tot sy volle implikasies te implimenteer. Die implimentering gaan egter in een of ander stadium sy beslag kry. Landbou sal moet seker maak hy behou sy regmatige deel van water. Sonder water kan ons nie produseer nie. Bogenoemde punte is nie noodwendig alles omvattend nie, maar dit speel ‘n reuserol in ons bedryf. Die boere sal ‘n verenigde front moet vorm, om ‘n daadwerklike plan op die tafel te plaas om bogenoemde te hanteer. Georganiseerde landbou se hand sal gesterk moet word, nie net deur individuele boere nie, maar ook deur die sekondêre landbou. Dat die komende jaar ‘n miernes van bedrywighede gaan wees, is om dit lig te stel. Agri Limpopo is daadwerklik besig om sy voetspoor groter te maak. Ons sal onsself in ‘n posisie moet plaas waar ons die belange van ons sektor kan beskerm. Dit sal net gedoen kan word met ondersteuning, harde werk en genade. • Dries Enslin (HUB Agri Limpopo) kan gekontak word by 079 494 6927 of driesenslin@gmail.com of info@ agrilimpopo.co.za
Jou lewensrisiko’s hoef nie jou boerdery te laat swaarkry nie
Hoe Sanlam jou help geld spaar op jou motor- en huishoudelike versekering
Sanlam bied pasgemaakte oplossings vir boere. Boere met professionele kwalifikasies, wat aan sekere vereistes voldoen, kan kwalifiseer vir Sanlam se laagste tariewe.
Sanlam het kragte saamgesnoer met Santam om jou ’n pasgemaakte en baie aantreklike versekeringsoplossing te bied – meer dekking vir jou geld. Dit is ’n volledige korttermyn-versekeringsoplossing wat ontwerp is om jou lewe te vergemaklik en terselfdertyd geld te spaar.
Ons kan jou help met: • Dekking teen Funksionele Inkorting • Gevreesde Siektedekking • Lewensdekking
• Ongeskiktheidsdekking • Inkomstebeskerming • Ongeluksdekking
Deon Pretorius
Vir meer inligting, kom gesels gerus met ons.
Korttermyn-spesialis 015 296 0899 082 577 6418
Tel 015 291 3812 Faks 015 291 2340 E-pos nita.mills@sanlam4u.co.za
dpbrokers@telkomsa.net
Fraser en Genote BlouSter Finansiële Adviesdienste
GEMAGTIG DEUR SANLAM LEWENS, ’N GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE
As jy meer wil weet van hoe hierdie aanbod vir jóú kan werk kontak my vir meer inligting.
Lim-Insure BlouSter Finansiële Adviesdienste
GEMAGTIG DEUR SANLAM LEWENS, ’N GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE
3
Oktober 2012
Zim onder ICSID-druk oor boere se vergoeding Nederlandse boere wat tussen 2000 en 2002 van hul grond in Zimbabwe ontneem is, het ‘n veldtog begin om die Zimbabwiese regering te dwing om hulle te vergoed. Radio Nederland berig die boere het hul saak by die internasionale raad van nywerheidsontwerpgenootskappe (ICSID) ingedien. Die ICSID het in 2009 in hul guns beslis en Zimbabwe beveel om €8,8 miljoen (sowat R74 miljoen) aan die boere te betaal. Daar moet ook 10% bygevoeg word vir elke jaar ná die boere ontneem is. Volgens die verslag is die groep nou al geregtig op €23 miljoen (sowat R250 miljoen) en die Nederlandse regering het die afgelope twee jaar druk op Zimbabwe gesit om hierdie bedrag te betaal. ‘n Spesiale groep afgevaardigdes is aangestel om met Zimbabwe se amptenare te onderhandel. Mnr Tendai Biti, Zimbabwe se minister van finansies, het vroeër vanjaar belowe om ‘n betalingsvoorstel saam te stel, maar het tot op hede dit nog nie gedoen nie, ten spyte daarvan dat die Nederlandse regering hom in ‘n brief gevra het om dit te doen. “Ons is nou siek gewag en ons het nou besluit om stappe te doen, om vir Zimbabwe te wys dat ons ernstig is,” het die groep se voorsitter, mnr Lion Benjamins, gesê. Die groep het hul eie webtuiste, justicezimbabwe.com, geskep en dring daarop aan dat die Europese Unie nie hul sanksies op Zimbabwe lig voordat hul vergoeding betaal is nie.
Bekende Tzaneense dokter is ook ’n knap Bonsmara-teler Retha Nel Dr Alex Revelas, ‘n bekende ortopeed in Tzaneen, is nie net ‘n knap spesialis nie, maar ook ‘n baie suksesvolle beesboer. Revelas bedryf hierdie stokperdjie nou al vir ongeveer ses jaar, maar het met beeste grootgeword en ‘n liefde vir hulle ontwikkel. Hy het ook ‘n lewendige belangstelling in beesteling en beesgenetika. Revelas is ‘n Bonsmara-junior keurder en bedryf ‘n Bonsmara-stoetboerdery op Werkkraal, ‘n plaas tussen Thabazimbi en Ellisras. Aangesien hy ‘n praktyk in Tzaneen het, kan hy nie heeltyds op die plaas wees nie. Hy het dus ‘n bestuurder wat hom help. Bosmaras is van die mees wetenskaplikgeteelde beeste in die wêreld en die enigste ras waarvoor daar dokumentasie en foto’s van die begin van die teelproses tot die totstandkoming van die ras is. Van geboorte af word alles van die bees gemeet, wat tot goeie genetiese teling bydra. As gevolg van die Bonsmaras se wetenskaplike teelproses mag hulle nie aan skoue deelneem nie. Bonsmara-telers glo dat die beesras op grond van prestasie en voorkoms beoordeel moet word en nie net op voorkoms (soos op skoue) nie. Die Bonsmara is spesifiek vir die Suid-Afrikaanse kli-
maat geteel en maak dit ‘n baie geharde beesras, aangesien dit orals kan aanpas. Ongeveer 60% van vleisbeeste is Bonsmaras en 70% van beeste in die voerkrale (wat hoofsaaklik vir vleis aangehou word) is Bonsmarabeeste of ‘n kruising daarvan. Revelas en sy pa boer al dertig jaar met Bonsmaras en fokus veral op vrugbaarheid, hoë speenmassas en goeie teelwaardes onder hul vroulike diere. Omdat hulle slegs stoetbulle in die teelproses gebruik en so ‘n goeie genetika opgebou het, het hulle besluit om die diere in 2007 te registreer en die Revelas Bonsmara Stoet is begin. Revelas het hierdie jaar by die eksklusiewe Bosveld Bonsmara Groep aangesluit en is ook deel van die Bonsmara-groep, waar hulle die meeste van hul beeste verkoop. Die uitdagings wat Revelas, soos menige ander beesboer, in die gesig staar is droogtes, siektes en ongediertes. Revelas se beeste is egter spesiaal. Hulle word nie gevoer nie, maar vreet in die veld. Dit maak hulle gehard teen siektes soos hardwater en rooiwater. Die Revelas-stoet bevat baie hoë gehalte beeste en was verlede jaar ‘n Limpopo-finalis (in topsestien van twee honderd) in die ARC/LNR Beef Cattle Improvement Herd of the Year Award 2011.
4
Oktober 2012
Rudamans Letsitele —
nou groter en beter tot u diens Retha Nel Rudamans Letsitele, ‘n alles-in-een winkel vir die agrisektor en huiseienaar, bied nou ‘n groter verskeidenheid produkte aan. Die winkel, by die Junction naby Letsitele, het onlangs verbeterings aan hul winkelruimte aangebring wat die vloeroppervlakte verdubbel, om selfs meer aan klante te bied.
Rudamans verkoop alles van grassnyers en hengelgerei tot ‘n groot verskeidenheid beskermende klere. Met die onlangse uitbreiding kan klante nou uit ‘n groter reeks besproeiingtoerusting, ‘n groter reeks boute en moere en ‘n verskeidenheid trekkers, wat Deutz Fahr en SAME insluit, kies. Rudamans gaan binnekort ook ‘n groter reeks olie-, diesel- en lugfilters in voorraad hou. Daar is ‘n groter werkswinkel, wat tesame met die winkel uitgebrei is, wat beteken dat klante na selfs beter diens kan uitsien. Met hierdie uitbreidings bied hulle ook nou die gerief om hidrouliese pype op te maak. Ander dienste sluit in herstelwerk op alle grassnyers, bossiekappers, kragsae en vele meer. Skakel Rudamans by 015 345 1959 of besoek hul perseel om self die veranderings te bekyk.
BO: Met dubbel die vloeroppervlakte wat hulle voorheen gehad het, kan klante uitsien na die uitbreiding van verskeie reekse produkte. LINKS: Met die uitbreidings aan hul werkswinkel kan Rudamans Letsitele nou ook hidrouliese pype opmaak. REGS: Klante kan nou uit ‘n groter reeks besproeiingtoerusting kies.
NOW EVEN BIGGER & BETTER! Come see for yourself The Junction Letsitele
Tel: (015) 345 1959 Fax: 086 577 6496 Johan: 084 584 4634 Jannie: 082 888 9560 johann@rudamans.co.za
Kyk na toekomsregte, vra AgriLetaba Die regering handhaaf ‘n stil front oor vername landbousake soos grondeise en die Groenskrif, in afwagting op groot politieke woelinge soos Mangaung, terwyl AgriSA voortgaan om positiewe voorstelle vir die toekoms hiervan saam te stel. Mnr Pieter Henning, belas met grondsake, het by AgriLetaba se vergadering gesê die groot stryd tussen AgriSA en die regering lê by mineraleregte wat Tzaneen nie regstreeks raak nie. Hy het egter gewaarsku dat die uitslag in hierdie stryd deeglik dopgehou moet word. Dit sal die grondslag vorm vir komende uitsprake oor groter kwessies soos waterregte en eiendomsreg. Die voorsitter van AgriLetaba, mnr Dries Enslin, het gesê AgriSA bestee groot bedrae geld in sy stryd om mineraleregte, maar dit is min in vergelyking met wat boere in die land uiteindelik op vele vlakke kan verloor. Enslin het lede daarop gewys dat ‘n nuwe waardasierol binne die volgende ses maande deur die owerhede saamgestel gaan word. Elkeen moet deeglik daarna kyk en sorg dat dit reg gekategoriseer en van toepassing is. ‘n Bydrae deur mnr Roger Stones, Eskom se verteenwoordiger in Tzaneen, het nuwe lig op die bepaling van kragtariewe gewerp. Volgens hom word die bepalings deur NERSA aan Eskom voorgelê, maar is vasgestel op kragtoevoer na ‘n bepaalde gebied. Omdat ‘n kraglyn na plase net enkele punte bedien teenoor ‘n lyn wat byvoorbeeld ‘n hele dorpsgebied van krag voorsien, moet daar ‘n prysverskil beding kan word. Hy het AgriLetaba aangemoedig om met NERSA oor die moontlike hersamestelling van kragtariewe na plase te onderhandel. Stones het bygevoeg dat die regte bestuur van kragverbruik nog steeds nie betekenisvol onder verbruikers posgevat het nie, ondanks verskeie veldtogte. Hy en sy tegnici is bereid om enigeen te help wat graag minder krag op die plaas of in die huishouding wil gebruik.
5
Oktober 2012
Nuwe generasie tamatievariëteite — ’n oplossing vir die bedryf Die grootste bydrae tot die sukses van ‘n tamatie-oes lê opgesluit in die keuse van die regte tamatievariëteit vir die regte tyd en plek. Hierdie keuse word bemoeilik deur verskeie faktore waarvan die nuwe “Tomato curly stunt virus” (ToCSV) maar een is. Terselfdertyd is daar ‘n magdom nuwe tamatievariëteite. Van die variëteite is nie behoorlik beproef nie, met gepaardgaande teleurstellende resultate. In die wêreld van genetika gebeur dit dat ’n nuwe merkwaardige variëteit die lig sien. Daniela is ’n goeie voorbeeld van hierdie uitskieters wat gelei het tot ’n totale omwenteling in die tamatiewêreld. Om ’n nuwe tamatievariëteit op die mark te plaas neem normaalweg tot sewe jaar. Gedurende hierdie ontwikkelingstydperk sal enige saadmaatskappy wat sy sout werd is ‘n variëteit se geskiktheid vir die Suid-Afrikaanse mark bepaal, die aanpasbaarheid vir die verskillende produksie-areas, opbrengs, siektebestandheid, gehalte en bemestingsbehoeftes. Eers as die variëteit homself beter bewys het as dit wat reeds in die mark beskikbaar is, behoort ’n nuwe variëteit vir vrystelling oorweeg te word. As ‘n ISO 9001 maatskappy is Sakata daartoe verbind om hierdie proses te volg. Baie jare se intensiewe werk word nou beloon deur die vrystelling van twee nuwe variëteite wat werklik ’n oplossing bied vir vandag se probleme in tamatieproduksie. Die gunstige klimaat wat nodig is vir tamatieverbouing, soos in die Laeveld, skep ook die ideale toestand vir verskeie peste en plantpatogene. Die belangrikste is die tamatievirus “Tomato curly stunt virus” (ToCSV) wat tans veral in die noorde en noord-ooste van die land voorkom en versprei word deur die witvlieg (Bemisia tabaci), asook Tamatie kromnekvirus (TSWV) wat versprei word deur die bekende blaaspootjie en tans in die meeste produksiegebiede voorkom. Daar is verskeie maniere om die bogenoemde vektore te beheer - chemiese beheer, kulturele praktyke en weerstandbiedende materiaal is voorbeelde hiervan. Chemiese beheer is baie moeilik weens die wye gasheerbron van die witvlieg en die blaaspootjie. Die beste en veiligste oplossing bly steeds weerstandbiedende variëteite. Met hierdie probleme as agtergrond, is die nuwe generasie van onbeperkte varsmark tamaties nou vrygestel. Esty* en Durene* is variëteite wat albei oor ToCSV-weerstand beskik. Hierdie virus het groot probleme veroorsaak in die Laeveld en Mooketsi valleie, sodat ekonomiese produksie nie meer moontlik is sonder weerstand teen ToCSV nie. Soos wat FA 593 landswyd standaarde gestel het vir gehalte en opbrengspotensiaal, is Esty* en Durene* besig om vruggehalte en groeikrag te illustreer wat tot vandag ongekend was en wat nodig is vir suksesvolle volhoubare tamatieverbouing. Esty* is sekerlik een van die min onbeperkte variëteite waar die telers, ondanks die volledige siektepakket, steeds die opbrengs, vruggrootte en gehalte behou. Die vrugte, wat oor ‘n langraklewe beskik, se massa is 160 g tot 220 g, wat dit uiters geskik maak vir ooplandproduksie, selfs gedurende die koeler seisoen. Die sterk groeiwyse maak dat die plant minder vatbaar is vir blaarsiektes en bemesting beter benut. Esty* beskik oor weerstand teen Tamatie yellow leaf curl virus (TyLCV), Tamatie mosaïekvirus, Nematodes, Verticillium en Fusarium ras 1 en 2, en Blaarroes (vlek). Durene* is ‘n nuwe generasie met uitstekende vruggehalte en weerstand teen die grootste virusbedreiging in die meeste produksiegebiede - Tamatie kromnekvirus (TSWV), Tomato yellow curly virus“ (TyLCV) wat deur die witvlieg oorgedra word en Tabak mosaïekvirus. Die plante beskik oor ‘n besonder sterk groeiwyse, wat dit minder vatbaar maak vir blaarsiektes. Die langraklewe vrugte is van hoë gehalte, sonder groen skouers met ‘n massa van 160 g tot 220 g. Durene* beskik verder oor weerstand teen Nematodes, Verticillium en Fusarium ras 1 en 2. • Vir meer inligting, skakel Sakata se verteenwoordiger, Leon Labuschagne, by 083 585 1181, of besoek Sakata se webwerf by www.sakata.co.za.
*Eksperimenteel: Hierdie variëteit is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse kultivar lysting. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe en die omgewing, insluitend bestuurspraktyke, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
Bulletin120518B&Ter
6
Oktober 2012
Die Constantia-studiegroep en Yield bied inligtingsessie aan LINKS: Mnr Ernest Davey van Yield was een van die sprekers wat die inligtingsessie gelei het. REGS: Die studiegroep het aandagtig na die besprekings geluister. REGS: Rudamans het Kubota-trekkers uitgestal.
BO: Mnre Johan Gerber en Hannes Lambrechts het ’n uitstalling van Lambrechts Messe en biltongkerwers gehou. LINKS: Mnre Ernest Davey (areabestuurder van Yield in Limpopo) en Koos van Wyk (verkope by Yield in Letsistele).
REGS: Mnre Jannie Maré, Hercules du Plooy en Johann Gerber van Rudamans staan hier by een van hul trekkers by hul trekkeruitstalling. ONDER: Mnre Louw Swanepoel, Ivan Joubert en Anton Fourie (Eureka Snoeiers) het ook die inligtingsessie bygewoon.
BO: Klein Ben Vorster het die trekkers net so geniet.
LINKS: Mnre Johan Kellerman en Don Coetzee van UniFrutti van Hoedspruit was by die inligtingsessie.
REGS: Mnr Jacques van Wyk van Mahela het twee skoonhede by die Yield/Constantia-studiegroep se inligtingsessie geselskap gehou. Hulle is mee Marchelle Linde en Yolandie Dreyer.
LINKS: Mnre Luan Labuschagné. Niel Jacobs en Adolf Smith was in ligte luim na afloop van die inligtingsessie. BO: Mnre Heinrich Muller, Jannie Maré, Johan Wentzel en Hercules du Plooy het die geleentheid gekry om die dors na die inligtingsessie te les.
Oktober 2012
7
8
Oktober 2012
Limpopo scoops two national LandCare Awards A young Dorper sheep farmer from Bochum in the Capricorn District’s Blouberg Municipality, Mphai Rapholo received the Best Young Entrepreneur Award, whilst Nokane Primary School from Dichosing in Mopani District’s Letaba Municipality received the Junior LandCare Awareness Award at Mmabatho Convention Centre in Mahikeng recently.
The awards were received in a gala dinner that closed the national LandCare conference which commenced from the first of October. Rapholo was recognised for practising proper veld management on his allocated 20 hectare communal land where he keeps more than 300 sheep. The school was acknowledged for its role in creating awareness for the need to care for the land and environment to learners. This comes after the Limpopo Department of Agriculture (LDA) was crowned Best Provincial Institution in the country for its implementation of the Promotion of Access to Information Act (PAIA) in this year’s Golden Key Awards hosted by the South African Human Rights on 28 September 2012 in Park Town, Johannesburg. About both Awards, the Head of the Department for Limpopo Department of Agriculture, Mr Mortimer Mannya, says “Under the leadership of MEC Marule, the recipients of our services and information are taken seriously. We are pleased someone somewhere does recognize the change”. “I want to congratulate our land carers who won and our team in records that leads us all in the access to information. Hats off for them.” For more information, contact Ms Mashudu Mabata at 083 256 3244 or 015 294 3260
The LDA scoops PMR Awards once again Hardly a week after two Limpopo Department of Agriculture (LDA) supported projects received National Kamoso Awards for their sterling performance in implementing the Expanded Public Works Programme (EPWP), the LDA has scooped two Diamond Arrow Awards at PMR Africa Awards in Polokwane recently. A random survey found the LDA as the Provincial Department that has been most effective in achieving its goals and earned the first diamond award. The second diamond award is a reward for the LDA’s commendable initiatives specifically the Limpopo DAFF Female Entrepreneur of the Year Project. The sample was over the past 12 months. The Head of the Department (HOD) of the LDA, Mr Mortimer Mannya credits the commitment and teamwork of the LDA staff to the achievement. “It is humbling but gratifying to be recognised in ensuring our rural people’s lives are improved. The award is a contribution of the whole team of officers on the grounds who make it happen so that livelihoods are sustained and improved. “Thanks to the leadership and the entire staff on the team; Agriculture. Although acknowledging these awards, we desire to reach more people to jobs and food security,” he indicates. This is the cherry on top for the LDA which has received an unqualified audit report from the Auditor General for the previous financial year; an achievement it received three years in succession. For more information, contact Mr Kenny Mathivha at 082 450 1331 or 015 2943190.
The farmer stays ahead of the rest with
9
Oktober 2012
Brahmane bruis op Obaro se boeredag Die wonderwêreld van die beesboer en sy kudde is wetenskapfeite en wêreldwye prestasiegegewens. onlangs weer uitgelig op die plaas van mnr Llewellyn Hy het vroeër met rooi Brahmane geboer met ‘n Labuschagne en sy vrou Corrie in die Letsitele-gebied, soortgelyke resep, maar sy kudde verkoop toe alle uitwaar die maatskappy Obaro ‘n Brahman Stoetdag aangebied het. Labuschagne se R10-stoetery, wat spog met byna net soveel medaljes as beeste op die plaas, word steeds beskou as een van die toppresteerders in wêreldwye Brahmankringe. Nagenoeg ‘n honderd boere, kenners en handelaars het opgedaag vir ‘n inligtingsdag van formaat. Dit was ‘n onderskrywing van Suid-Afrika se vermoë om ‘n ingevoerde beesras vol foute tot ‘n superras reg te teel. Llewellyn Labuschagne het in 1970 sy beroep as onderwyser in metaalwerk opgegee en die volgende jaar met twee Brahmanbulle ‘n praktyk begin. Met die toevoegMnr Jan de Jongh van ENB se landbou-afdeling ing van geselekteerde koeie het hy deur die jare heen in Johannesburg het ‘n demonstrasie van goeie beeseienskappe gelewer. ‘n gene-poel ontwikkel wat reeds vir dekades internasionaal bokant die vleisras se hoogwatermerk pryk. Die vermoë om ‘n superkudde tot stand te bring, is juis dagings oorwin was. op die Obaro-boeredag blootgelê met die verskyning Deesdae wei daar weer ‘n klein groepie rooies tussen van ‘n dragtige koei saam met van haar afstammelinge. R10 se beroemde wit Brahmane. Op aandrang van sy Dis ‘n stamboekverhaal wat menige vleisprodusent laat vrou het Labuschagne onlangs ‘n rooi bul en drie koeie hoendervleis kry het. in Botswana gaan haal Dit is uit die stoetery van mnr Die nege kalwers uit haar buik het uiteindelik gesorg Rowland Munger en sy seun Rowland Jr naby Francisvir ‘n reeks kampioenbulle en -verse op nasionale vlak, town. Uit teelrekords het dit geblyk dat hierdie beeste wat baie geld ingebring nog die genes dra van Lahet. Bykans almal was buschagne se oorspronkpryswenners op skoue in like rooi stoet, al is dit SA, danksy die koppeling selfs in die vierde of vyfde met gehalte teelbulle en geslag. haarfyn teelbestuur. Nog ‘n merkwaardige Labuschagne sê die verwikkeling by die R10grondslag vir die sukses stoetery wat deur Corrie was in drie faktore opgeLabuschagne aan die gang Die kampioen-kinders van die 1999 sluit. Dit was die teler se gesit is, was die behoud koei paradeer voor die besoekers. oog op wen-eienskappe, van ‘n kampioenkoei wat
na ‘n onderonsie ‘n permanente heupbesering gehad het. Die koei was in 2006 junior en opperste kampioen op die Royal Show in Natal. In 2010 is sy gekroon as senior en opperste kampioen in Pretoria, totdat die noodlot toegeslaan het. As normale praktyk word ‘n presterende dier buite aksie vankant gemaak, soos in die geval met kalwers wat nie aan die gerigte standaarde voldoen nie. Corrie het egter gekeer en die koei is behou. Sy het met embrio-spoelings daarin geslaag om kalwers by Friese en Jerseys te laat voortbring, met buitengewone eienskappe. Die ses kalwers kan nou ook aan R10 se suksesdak gehang word. Benewens die geslaagde embrio-resultate sit hulle met oorblywende materiaal van die kruppelkoei in die vrieskas, wat haar puik nageslag verder kan vergroot. Labuschagne is onlangs weer aangewys as president van die SA Brahman Telersgenootskap. Hy is ‘n deurwinterde Brahman-teler en het Amerika — die “broeiplek” van die ras — reeds sewentien keer besoek.
‘n Kalf word deur ‘n spesiale toestel onthoring.
10
Oktober 2012
TLUSA reageer op Zuma-toespraak Pres Zuma is tereg bekommerd oor stygende voedselpryse. Dit word egter tot ’n groot mate bepaal deur vraag en aanbod. Meer produksie kan onder andere help om pryse laer te maak, maar ook slegs as ander noodsaaklikhede in plek is, soos voldoende en gesonde water en doeltreffende en betroubare infrastruktuur. Dit is egter sake wat op die weg van die Staat lê. Landbou kan nie die regering se taak oorneem om sosiale toelaes uit te deel nie. Landbou is ’n ekonomiese bedryf, nie sosialisties nie. Slegs minder as die helfte van die 11 000 nuwelinge wat volgens pres. Zuma reeds op hoewes gevestig is, dra by tot landbou produksie. Dit verteenwoordig dus geen vooruitgang in produksie nie en maak dié skema ’n oefening waarvan die sukses ernstig bevraagteken kan word. TLU SA ondersteun die gedagte dat onderbenutte grond in kommunale gebiede in kommersiële produksie gebring moet word. TLU SA herhaal egter sy standpunt dat dit ook on- en onderbenutte staatsgrond moet insluit, hetsy dit onder beheer is van die sentrale regering, provinsiale – of plaaslike regeringsinstellings. Dit impliseer dat die verlangde grondoudit dringend aandag moet kry, aangesien dit al geblyk het dat die Staat self geen benul het van die grond onder sy be-
heer nie. Mnr Zuma se gedagte van Distriksgrondhervormingkomitees skep twyfel: boere moet boer, dae is reeds te kort en internasionale mededinging te hoog. Om produktiewe produksietyd te wil aanwend vir vergaderings om ander grondbesitters in wese te benadeel deur hulle grond te identifiseer om uiteindelik vir minder as markwaarde te laat verloor, kan selfs as oneties beskou word en skep die moontlikheid vir spanning binne gemeenskappe en vermindering in voedselproduksie. Om grond te koop, van wie ook al, teen 50% van markwaarde, kom neer op onteiening of selfs nasionalisering. Van hierdie gronde kom uit boedels, wat beteken dat weduwee en wees benadeel sal word. Dat kommersiële boere wat deelneem aan hierdie projek, SEB status sal kry en hulle grond veilig sal wees, kom neer op afpersing. “Help ons om ander boere te identifiseer en te verwyder, en jy is veilig”. Boere wat dalk nie die vermoë het om hierby in te skakel nie, loop dan dus die risiko om tog onderwerp te word aan knellende wetgewing. Om verbande vir ’n termyn van 40 jaar toe te ken, klink nie ekonomies verantwoordbaar nie. ‘n Boer bly daardeur letterlik sy hele lewe in grondskuld, en finan-
sieringinstellings loop die gevaar van verliese met afsterwe voor die grond afbetaal is. Die koste van grondhervorming kan nie voor deur van kommersiële boere gelê word nie. As die Staat wil hervorm, moet hy fondse voorsien, hy kan nie van slagoffers verwag om daarvoor te help betaal nie. Dit sal boere effektief uit landbou haal, produksie verminder en juis voedselsekerheid onder druk plaas. In geheel gesien is pres. Zuma se voorstelle nie haalbaar nie en kan selfs kontra-produktief wees ten opsigte van voedselsekerheid. TLU SA herhaal sy kommer dat emosionele en onhaalbare verwagtings geskep word wat uiteindelik nie volhoubaar blyk te wees nie. Die land sal ‘n groot guns bewys word as meer realistiese en haalbare doelwitte gestel word. Wat die landbou tans nodig het, is langtermyn stabiliteit, gegrond op ekonomiese beginsels. Terwyl die wêreldekonomie, soos dié van Suid-Afrika, tans onstabiel voorkom, moet daar nie gepeuter word met modelle wat oor dekades en eeue heen suksesse opgelewer het nie. Nuwe boere sal ruimskoots tot die landbou kan toetree deur normale vryemarkaktiwiteite. Enige gedwonge versteuring hiervan, loop die gevaar van mislukking, soos 95% van die grondhervorminggevalle reeds getoon het.
R3 miljard vir grondhervorming gehou; wil 700 plase koop Johannesburg — Die departement van landelike opsygesit vir die koop van meer as 700 plase in ontwikkeling en grondhervorming het R3 miljard Limpopo, vir grondhervormingsdoeleindes.Die meeste van die plase is op die randjie van ineenstorting weens ‘n gebrek aan vaardigheid en binnegevegte. Rirandzu Shilote, ‘n senior bestuurder in die departement, het gesê die regering het met die herkapitalisasieprogram as ‘n manier om begunstigdes by te staan, vorendag gekom. Van dié projekte maak volgens Shilote gebruik van ervare kommersiële boere, wat as mentors optree en help om die begunstigdes op te lei.
Goliat van Gat: plant nou Besoek ons by www.bulletin.us.com
Alle belangstellendes word herinner dat die tyd uitloop vir mense wat nog ‘n pampoenpit of drie wil plant, vir die jaarlikse Goliat van Gat Pampoengroei-kompetisie. Die kompetisie is vir klein en groot, oud en jonk, baas en klaas. Meer inligting en ‘n volledige ‘resep’ is beskikbaar om kwekers in ‘n japtrap touwys te maak. Vanjaar se wenner se allemintige pampoen het 366 kg geweeg! Skakel 015 293 9804 of kontak wilma@ntlu.co.za vir pampoenpitte om te plant.
11
Oktober 2012
Proper planning must be on radars Farmers need to shift to proper business succession planning rather than being unprepared for the future, says Willie du Plessis, Standard Bank’s head of agriculture. A recent study published by the South African Institute of Race Relations shows that the country’s commercial farmers account for 95% of local food production, making them the present custodians of South Africa’s food security. “In our view, this imposes a responsibility on commercial farmers to put in place pro-active succession planning, rather than leaving the fate of the farm to highly personalised mechanisms such as wills and testaments, or ad-hoc and often urgent retirement decisions,” says Du Plessis. Succession planning is a priority in most business sectors. In South Africa however, because most farms are family businesses or run by sole proprietor farmers, there isn’t the same focus on ensuring business continuity for succeeding generations. “At a macroeconomic level, this exposes South African consumers to randomised supply. At the level of each individual commercial farm, a lack of succession planning can, quite simply, waste the work of all the preceding generations of owners. Together with the effect on the farm, labourers can also lose jobs and homes and local economies can suffer,” Du Plessis says. Succession planning is all the more important in
South African agriculture because most commercial farms have reached a state of maturity. “Most commercial farms are running at optimal capacity, are nicely diversified, have appropriate technologies, and have the right balance of input costs and commodity prices. They generally have a sensible mix of permanent, contract, and seasonal employees, and the optimal mix of markets and distribution facilities,” he says. “While every farm can be made more productive, and innovation should never stop, the state of maturity of most commercial farms represents a vast investment — the time, skill, insight, experience, intellectual capital, funding, and relationship building that has often been developed over several generations”. The depth of this investment on so many fronts constitutes a wealth creation asset or resource, and shouldn’t be squandered by not planning for who will take over the management of it. Succession planning in agriculture can be extremely emotional, because the farmer tends to personify the farm. For this reason, Du Plessis recommends that farmers bring in external consultants who can place the process of succession planning on an objective footing, and also ensure that everyone within the farmer’s family who might have an interest in the farm is included in the succession discussions. “Not everyone in a farming family wants to run a farm. But they may want to benefit from the farm’s success. They may want to receive dividends, or live on part of the property. And not everyone in the family who wants to run a farm has the skill and experience to do so. Training or mentoring may be necessary. “For the succession plan to work, it is vital that every-
one is consulted upfront and that consensus is reached as to who will get what, who will do what, how it will be done and by when. This consensus must be recorded and lodged with third parties.” Given that the kind of inclusive negotiations that are necessary for succession planning can take a long time, he recommends that they be started as soon as possible, certainly well before the incumbent owners and managers have any intention of leaving the operation. “Succession planning for a farm can be counter-productive if it is rushed. Also, there may be aspects that are not considered or obvious at the outset and time is needed for all input to be received, considered, and add value. “In an ideal world, succession planning should start when there’s no thought of current ownership changing, so that when the need for the change does arise, everything is already settled and handovers can be minimally disruptive to the operation.” He notes that in this way the incumbent owner or manager can be certain that his or her own legacy will not only continue but be built upon. In addition, the incoming owner or manager will be assured of the support of all the role players on whom his or her success is dependent.
12
Oktober 2012