AgriBulletin_121130

Page 1

November 2012


2

November 2012

Arbeid en landbou: waar staan ons? deur Dries Enslin, Hoof- uitvoerende beampte: AgriLimpopo toe die situasie reeds ‘n gemors was. Die minimumloon is nie deel van die departement van landbou se werksaamhede nie). Die sektorale vasstelling kan nie binne twaalf maande na die laaste vasstelling verander word nie. Dus: in die praktyk beteken dit dat die volgende verhoging eers op 1 Maart 2013 in werking kan tree. Die huidige vasstelling — “Sektorale vasstelling No 13” — het op 1 Maart 2012 in werking getree en is vir twaalf maande geldig. Die wetgewing is spesifiek, onder meer ten opsigte van die konsultasieproses wat gevolg moet word. Dit is ‘n konsultasieproses en nie ‘n onderhandelingsproses nie. Hierdie proses is van nature ‘n lang proses. Dit wil sê dit is nie moontlik om oornag die minimumloon te verhoog nie. Normaalweg word die proses elke drie jaar gedoen. 1 Maart 2012 was die begin van die huidige driejaar-siklus. Hierdie driejaar-periode is egter nie ‘n wetlike voorskrif nie en kan te enige tyd verander word. Landbou is nie deel van ‘n gesamentlike bedingingsraad soos byvoorbeeld die mynbousektor nie. Dit wil sê die minimumloon word deur die sektorale vastellingproses beheer en nie deur onderhandeling tussen werkgewer en werknemer nie. Wat gebeur nou? Op 15 November 2012 het die minister van arbeid in die Staatskoerant haar intensie aangekondig om Sektorale vastelling No 13 te kanselleer en versoek sy dat belanghebbende partye skriftelike insette voor 30 November 2012 moet maak. Op 15 November 2012 het die minister van arbeid ‘n verdere aankondiging in die Staatskoerant gemaak, dat die minimumloon ondersoek gaan word. Skriftelike insette moet weereens binne 15 dae gemaak word. AgriSA is reeds in proses om die nodige inligting, regsadvies, ensovoorts, te bekom, om ‘n skriftelike inset voor die einde van die 15 dae-periode te kan lewer. Enige individuele boer kan ook sy eie skriftelike insette aan die departement van arbeid ten opsigte van bogenoemde aspekte maak. Met bogenoemde in ag geneem is die verdere vraag of ons hier in Limpopo gevrywaar is van politieke onrus en stakings? Die antwoord is: Nee, ons is nie. Ons is deel van ‘n groter samelewing waar dienslewering veral vanaf munisipale vlak Middel Dap Naude totaal ontoereikend is. KorLetaba

Waar staan ons met arbeid in die landboubedryf? Moet die opskrif nie eerder lees “Landbou en Arbeid” nie. Andersom, wie is die hoofvennoot in hierdie verwantskap? Die logiese ekonomiese redenasie is dat landbou die hoofkomponent is, want landbou verskaf werkgeleenthede aan mense. Wetgewing en politieke magspeletjies het egter hierdie ekonomiese feit verwring, waar die arbeid/politici nou die terme en voorwaardes dikteer. November 2012 sal in die toekoms gekenmerk word as die draaipunt in die verhoudings tussen werkgewer en werknemer in die landbousektor. Die Wes-Kaap was groot nuus die afgelope paar weke. Die vraag is egter, wat is die werklike probleem? Al die aanduidings is daar dat dit ‘n politieke spel was om politieke mag in die Wes-Kaap te bekom. Landbou was die gemaklike voertuig beskikbaar om gemoedere op te sweep, met ongelooflike finansiële skade en ‘n vertrouensbreuk. Dit wil verder voorkom of die kern van die stakers aangery is na die verskillende dorpe, waar hulle dan veral seisoenswerkers betrek en geïntimideer het. Permanente werkers is verhoed om hul normale dagtaak te verrig. Dit is ook net in areas gedoen waar steenvrugte en tafeldruiwe nou gepluk moet word. Die aard van die bedryf laat nie toe dat die vrugte ‘n week of twee later gepluk kan word nie. Die druk op die landbougemeenskap was dus ongelooflik. Ministers, politici en vakbondverteenwoordigers het die situasie verder misbruik, om hulself vir Mangaung te posisioneer. Dit wil voorkom of die werklike doel was om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak, en die minimumloon is net gebruik om die gemoedere en emosies op te sweep. ‘n Paar feite om die prentjie duideliker te maak: Slegs die departement van arbeid het beheer oor minimumloon- en sektorale vasstelling. (Dié departement het eers aan die einde tot die gesprek toegetree,

Stand van Damme | Dam Levels

75.4%

Blyd River Poort 100.30%

Ebenezer

Merenskey

64.70%

101.20%

Klaserie

Tours

95.70%

95.00%

• CCTV • Clocking Symptoms • Top Tv • Electric Fencing • Security Products • Access Control System www.crusadertechnologies.co.za

75.50%

Vergelegen

0.70%

is ’n publikasie van

Ohrigstad

100.00%

Bulletin

62.90% bulletin7822ct121130wb

Tzaneen

rupsie en politieke opportunisme vier hoogty. Armoede neem toe. Ons moet dus kennis neem dat die gebeure in die Wes-Kaap ‘n onherroeplike invloed op (landbou) arbeid in ons land het. Maar die Wes-Kaap het ook gewys hulle slaan waar dit die seerste maak, dit wil sê met pluktyd. Ons provinsie is hoofsaaklik ‘n winter- produserende streek, met die uitsluiting van druiwe (Desember) en mango’s (Januarie tot Maart). Ons kan nie hierdie situasie op ‘n negatiewe wyse bestuur nie. Arbeid en hul welsyn was vir ons as produsente nog altyd belangrik en dit moet so bly. Ons moet wilde politieke uitsprake veral in die volgende maand in aanloop tot Mangaung met ‘n knippie sout neem. Die feite sal wel via ons Boereverenigings na ons lede deur gestuur word. Die wêreld en publiek is onder die indruk dat alle arbeid net minimumloon ontvang. Ons moet hierdie indruk regstel. Die boodskap wat ons as produsente moet uitdra is dat die minimumloon die intreevlak is, vir ‘n ongeskoolde arbeider sonder ondervinding. Soos wat die werker meer ondervinding opdoen en opleiding ontvang, verhoog die loon. Die meeste van ons kan getuig dat senior arbeid substantieel meer ontvang as die minimumloon en dat die gemiddelde loon op ‘n normale produserende plaas hoër as die vasgestelde minimum is. Elke boerdery het ook sy eie ekonomiese realiteite en besluite ten opsigte van arbeid moet in dié konteks geneem word. Ons moet dus nie meegesleur word deur emosies nie. Besin die situasie op ‘n rustige wyse, wanneer die sektorale vasstelling via ‘n Staatskoerant aangekondig word. U moet nie huiwer nie om kundige advies te bekom as dit nodig is. Enige bespiegeling met hoeveel die minimumloon verhoog gaan word is in hierdie stadium onvanpas en ongegrond. Daar is groter markkragte wat van toepassing is, wat deur die departement van arbeid ook in ag geneem moet word. Dat dit wel verhoog gaan word, kan ons redeliker wys as feit bestempel. Dit is belangrik dat elke boer sy verhoudings met sy werknemers op ‘n gesonde basis en met wedersydse respek binne die bestaande wetgewing van die land uitbou. Ons moet die leiding neem binne die groter gemeenskap, om die welsyn van die gemeenskap te bevorder. Ons moet die inherente positiewe eienskappe van landbou op elke moontlike vlak uitdra, want daarin lê ons toekoms gesetel. U weet, landbou is die grootste stabiliserende faktor in die platteland — al wil niemand dit erken nie.

Redakteur: Jean Aucamp jean@bulletin.us.com Bemarker: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset

Jacques de Beer 072 731 4084

jacquesdb@crusadertechnologies.co.za

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

, skoue, n vergaderings Stuur datums va publikasie. n ons vir gratis ensovoorts, aa dakteur by Skryf aan die re .us.com tin jean@bulle SIUM LIETSJIESIMPO lietsjiesimpoternasionale in de er Die vi nderdag by Do Sondag tot n va d or w sium r gehou. otel in Witrivie die Winkler H BEESVEILING RUBBERVALE elke maand: nderdag van Do Die eerste Rubbervale


3

November 2012

Kontrakwerkers bly ‘n struikelblok Die onbeskikbaarheid van plaaslike arbeid en die gesukkel om werkers oor die grense hierheen te kry, is ‘n gesukkel wat boere in Limpopo derduisende rande uit die sak jaag . Dit was een van die kernpunte op AgriLetaba se jaareindvergadering in Tzaneen, waar enkele kwessies kop uitgesteek het. Arbeid bly ‘n kwessie in oestye, veral vir sitrusboere se plukseisoen. Hier is dit ‘n gesukkel om werkers van lande soos Mosambiek en Zimbabwe vir kontrakwerk geregistreer te kry. “Limpopo het genoeg werkers vir die plukseisoen, maar hulle is weens gerieflike staatstoelaes en allerlei ander redes nie vir die werk beskikbaar nie. Mense uit die buurlande is meer as bereid om te kom werk, maar om hulle vir werk geregistreer te kry, bly ‘n uitdaging wat soms tot ses maande duur.” ‘n Verteenwoordiger van die departement van arbeid het die vergadering bygewoon, maar hy kon nie juis antwoorde op die kwelvrae gee nie. Dit word enersyds ‘n politieke probleem geag, omdat plaaslike werkgeleenthede onder druk geplaas word, en andersyds as ‘n finansiële kwessie, omdat die buitelanders vir selfs die geringste salarisse diens sal doen. AgriLetaba het vanjaar se program op ‘n ekonomiese vriendelike wyse afgesluit, deur die jaarlikse toekennings aan boere uit te skakel. Net die uitstaande boerevereniging in die gebied is uitgesonder, met die beplanning om die volledige reeks toekennings elke tweede jaar aan te bied. Vanjaar se wenner in die prestasiereeks van boereverenigings was Constantia by Letsitele, wat met hul byeenkomste en studiegroepvergaderings die beste gevaar het.

REGS: Mnr Dries Enslin, die voorsitter van AgriLetaba, staan by die voorsitter van die Constantia-boerevereniging, mnr Pieter Vorster, met die toekenning vir die voortreflikste boerevereniging in Letaba. Regs is die president van AgriLimpopo, mnr Leon Borcherds. Die toekenning is tydens AgriLetaba se afsluitingsvergadering wat in Tzaneen gehou is, oorhandig.

Bulprys vir Revelas se bul Die sewentiende Bosveld Bonsmara-groep se veiling van die diere wat baie skraal was. Die aanvraag was by Northam het ‘n vet prys vir ‘n bul van dr Alex Reve- egter goed, omdat die gehalte vir die kondisie van die las (ortopeed) van Tzaneen gesien. diere vergoed het. Die groep bestaan uit mnr John Leichti, dr Archie en mnr Johan Kritzinger, mnre Pieter Beith en Jan de Beer en van vanjaar af ook Revelas. Revelas se bul, REV 09 215, het R55 000 gehaal. Die koper was mnr Johan Buitendag van Blinkwater Bonsmaras van Swartruggens. ‘n Totaal van 34 bulle is verkoop, teen ’n gemiddelde prys van R27 088. Dit was die eerste keer in die sewentien jaar van die groep dat nie 100% verkope behaal is nie. Slegs twee bulle kon nie verkoop word nie. Vier dragtige stoetkoeie is vir R10 000 elk verkoop, en twee dragtige stoetverse het R11 000 stuk gehaal. Dat dele van die Bosveld en veral Dwaalboom baie Mnre Johan Buitendag, Alex Revelas en Fanie du Toit, Revelas se bestuurder, by die wenbul. min reën gehad het, was duidelik aan die kondisie


4

November 2012

Langs die Oever word groter en beter Die afgelope twee jaar het die Langs Die Oever Boeredag bewys dit is dié groot geleentheid in Limpopo vir twee dae se praktiese demonstrasies van landboutoerusting en voertuie wat spesiaal vir die boer bedoel is. Noue interaksie tussen verskaffers en die boere maak

dit ‘n aangename geleentheid vir almal, om self te kom sien hoe voertuie en toerusting in verskeie kategorieë met hul vernuf en krag meeding. Vir 2013 word ‘n groter, beter, omvangryker Langs Die Oever Boeredag belowe. Met praktiese demonstrasies en vele ander aktiwiteite beloof die Langs Die Oever Boeredag om nie net vir die boeregemeenskap van waarde en baie interessant te wees nie, maar inderdaad vir die hele gesin. Merk gerus nou al 21 & 22 Maart 2013 op die kalender, want almal sal welkom wees om die twee dae mee te maak. Op die oewer van die Letabarivier is daar keuses van kiosks vir

maatskappye om hul produkte of dienste aan te bied. Groottes is 5 x 5 meter teen R500 en groot ruimtes van 20 x 20 meter kos R1 000, met geriewe. Die Boeredag word weer op mnr Kallie Erasmus se plaas Montrose, tussen Letsitele en Die Eiland, aangebied. Kontak Mirka by mirka@langsdieoever.com of bel haar by 015 307 5000 vir staanplekbesprekings. As u voorstelle het of ‘n borgskap oorweeg, skakel Riaan Barnard by 073 693 2969 of skryf aan hom by riaan@ langsdieoever.com, of loer by www.langsdieoever.com. Verdere besonderhede sal in die media aangekondig word, oor demonstrasies, kommersiële veilings, kampioen beeste, vee, skape en bokke, vermaak vir die dames en kinders, ensovoorts. • Absa het intussen ook bevestig dat hulle die hoofborg van die dag sal wees.

Mahela Boerdery van die Letsiteleomgewing het hul jaarlikse sertifikaatseremonie gehou, waar werkers se prestasies erken is. Permanente en seisoenwerkers volg gedurende die jaar verskeie kursusse, wat tussen twee dae en drie maande kan duur. Noodhulp, brandbestryding, HIV-berading en gesondheid-en-veiligheid is van die kursusse wat deur Riverwalk Training vir die werkers aangebied word. Vanjaar het 195 werkers sertifikate ontvang, met sommige wat selfs twee of drie verwerf het. Hier wens die grootbaas van Mahela, mnr Edward Vorster, een van die werkers geluk met sy

goeie werk en prestasies. Mnr Simeon Shikwambana het ‘n sertifikaat ontvang vir gevorderde brandbestryding en hantering van die masjien wat vruggroottes bepaal.


5

November 2012

IDC cultivates growth in Agro-Industries The IDC has a R4.5 billion portfolio in Agro-Industries, providing support

foreign food companies use South Africa as a production hub. The

for the sustainable growth and equitable development of the agro-

creation of value chains across our borders forms part of this strategy.

industrial value chain. Rian Coetzee, Head of the Agro-Industries Strategic

t

Business Unit (SBU), outlines its strategy.

Value addition – It is important that maximum beneficiation is localised in South Africa. At this stage we focus on the labour-intensive horticultural sector and the grain industry.

The Agro-Industrial sector is an important part of the South African Industrial

t

Import replacement – Food imports remain an area of concern and we

landscape. It represents around 18% of manufacturing gross domestic

need to ensure that we competitively replace these imports with local

product (GDP) and around 20% of jobs in the manufacturing sector. What

production. At this stage the IDC is targeting seed-oil processing and

makes this sector unique is its relationship with the rural economies and

malt production.

the primary agricultural sector of South Africa. It provides market access to

t

New emerging industries – IDC is known for innovatively facilitating

many commercial as well as smallholder farmers. It is through this link that

the creation of new industries. Our focus at this stage is to develop the

the sector plays a critical and strategic role in addressing the growth and

marine aquaculture sector, which will address specific development challenges of our smaller coastal towns.

development challenges of our rural economies. About 8.5 million people are directly or indirectly dependent on agriculture for their employment or income. The industry is also important from a food security point of view.

t

Rural/poor linkages – Agro-industrialisation should be linked to resource-poor small-scale farmers, to maximise its potential impact on rural South Africa. We have specific initiatives through which we facilitate

The South African Agro-Industries sector is highly dualistic. On the one hand

the linkage between agro-processors and these farmers.

there are a few large modern, dynamic, vertically integrated and diversified agro-processing companies contributing to more than 70% of turnover in the

Special IDC development funds further drive the IDC’s efforts to promote

sector; and on the other hand around 7 000 food processors; smaller-scale

development of poor rural areas. The R100-million Agro-Processing Linkage

unintegrated processors, often outside the formal retail chain. Whilst it is of

Scheme (APL) incentivises agro-processors to source raw material directly

critical importance to facilitate the growth and development of the large

from resource-poor farmers. This creates direct linkages between agro-

companies – to ensure that South African food brands benefit from opening

processors and resource-poor farmers through mechanisms such as

markets in the rest of the continent and other trade partners – it remains

contract farming.

important to address the barriers-to-entry and barriers-to-growth that these smaller companies face.

g Competitiveness Com The Agro-Processing Fund (APCF) enhances competition, growth and development evelo in the agro-processing sector by providing finance

Focus areas for the Agro-Industries SBU include agro-processing, beverages

to non-dominant dom players, stimulating job creation and increasing rural

and aquaculture, with a spotlight on localised value addition. Our objective

activity, tivit while also contributing towards food security and affordable

is to facilitate pro-poor and pro-rural agro-industrialisation by creating new

basic foodstuffs. b

industrial capacity that will have as its main outcome the creation of job opportunities. Whilst the Landbank focuses on primary agriculture, the IDC DC

Despite challenging economic conditions, the activities and funds of the IDC

focuses on food and non-food agro-processing. Our definition of agroro-

Agro-Industries SBU successfully develop increased capacity in the agro-

processing includes on-farm, first-tier processing as well as backward wa

industrial sector, both creating and saving jobs. Our intention is to invest

integrated projects.

around R1 billion per annum in this highly important sector.

Five main strategies are implemented, which facilitate pro-poor ro and pro-rura pro-rural Chillibush8586IDC

industrialisation. These include: t

Internationalisation – Efforts to assist industryy leaders le to take advantage of marketing opportunities in Africa and Brazil, zil Russia, India, China and South Africa (BRICS). We also facilitate foreign g direct investment, where

Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za


6

November 2012

International litchi symposium to be held next week The Fourth International Symposium on Lychee, Longan and Other Sapindaceae Fruits will be held at the Winkler Hotel in White River from Sunday until Thursday (2-6 December). Litchi researchers from a number of countries including SA, China, India, Brazil, Mexico and Australia will be presenting papers on topics ranging from cultural practices to genetics and breeding, to pests and diseases. The programme has been structured to provide both scientific and practical information so that it is relevant to

growers, packers, marketers and other service providers within the industry. There will also be a mid-symposium field trip to farms in the Malelane area. The symposium will be held under the auspices of the International Society for Horticultural Science, and is organised by the SA Litchi Growers’ Association and the ARC Institute for Tropical and Subtropical Crops. For full programme and registration details visit www.lychee2012.com or contact Susie Prangley at susie@lychee2012.com or on 083 285 0505.

Boere leer meer by NTK ekspo NTK in Tzaneen het onlangs hul heel eerste ekspo onder die nuwe bestuur van mnr Frikkie van Vuuren gehou. Verskaffers aan NTK (van so ver as Johannesburg) het die dag meegemaak en demonstrasies van hul onderskeie produkte aangebied. Die dag was ‘n groot sukses met meer as R10 000 se geskenkpakkies wat aan besoekers uitgedeel is. Tzaneeners het ook van die geleentheid gebruik gemaak om van hul eie produkte uit te stal. Van Vuuren het hul lang lys verskaffers vir hul volgehoue ondersteuning, in besonder vir mnr Christo Dames, asook die publiek wat tot die reusesukses van die dag bygedra het, bedank. BO: Mnr Christo Dames van Hy sê hulle wil die ekspo in die toekoms twee keer per Bayer. ONDER: Verskaffers jaar aanbied. van Felco en Pro-Max.

Tri-mX – vat Valskodlingmot vas! TM

TM

• Tri-mX is die enigste biologiese behandeling wat gemik is op die eierstadium van Valskodlingmot; TM

• Tri-mX voorkom bederf deur Valskodlingmot te elimineer voor die larwes uitbroei; • Tri-mX word;

TM

kan maklik met ander beheermetodes geïntegreer

TM

Kontak Vital Bugs vandag om jou Tri-mX te bestel! TM

TM

• Tri-mX laat geen chemiese residu agter en is 100% omgewingsvriendelik.

Vital Bugs CC, Lushof Plot 16, Tzaneen | 087 751 0279 info@vitalbugs.co.za| www.vitalbugs.co.za HV1210h


7

November 2012

ZZ2 spog met hul avokadoboorde Die tempo waarin die tamatiereus ZZ2 sy avokadoaanplantings uitbrei, is die week by Mooketsi aan die voorste avo-produsente in die gebied voorgestel. Indrukwekkende boorde, wat slegs twee jaar na aanplanting reeds tien ton per hektaar lewer, is aan lede van die SA Avokadokwekersvereniging (SAAGA) se Letaba-studiegroep gewys, wat hul laaste byeenkoms vir die jaar by ZZ2 gehou het. Die nagenoeg sestig lede het die boorde besoek, onder leiding van mnr Bertie van Zyl, ‘n kleinseun van ZZ2 se stigter. Die jong boord in sy derde jaar word gevoed deur drie druplyne, om vroeg ‘n gevestigde wortelstelsel te ontwikkel. Dit sal ‘n vierde druplyn kry, vir verdere wortelontwikkeling, al is die boord reeds gevestig. Die studiegroep het ook die maatskappy se oudste boorde op die plaas Wagendrift besoek, waar die kultivars Fuerte en Hass reeds in 1981 as saailingbome ge-

vestig is. Met die regte snoeimetodes — onder meer a-simmetriese snoeiing — lewer die boorde steeds ‘n opbrengs van tussen 18 en 22 ton per hektaar. SAAGA het ‘n goeie oesjaar gehad, met ‘n opbrengs van 12,4 miljoen kartonne vir die uitvoermark. Dit is ‘n drastiese verbetering op verlede jaar, toe veral erge haelskade die oes tot 6,7 miljoen kartonne beperk het. Die herkose voorsitter van die studiegroep, mnr Kosie Eloff van Soekmekaar, het by die geleentheid gesê: “Danksy SAAGA se besluit om minder geld aan bemarking in Brittanje te bestee, is R700 000 vir markte in Suid-Afrika bewillig. Dit het gelei tot ‘n stewige binnelandse opbrengs”. Volgens Eloff word ‘n gesonde bemarkingstrategie in die buiteland voortgesit. Binne die volgende drie jaar is toegang tot die omvattende Amerikaanse mark moontlik, terwyl die markte in China en die Verre Ooste ook ondersoek word. In die Midde Ooste bly Israel egter ‘n moeilik klant, omdat die Israeli’s byna die hele

jaar lank avo’s kan produseer. ‘n Faktor wat produsente na aan die hart lê, is die heffings wat jaarliks deur SAAGA ingevorder word. Op uitvoere beloop dit 70c per karton, wat as heel billik beskryf word. “Eintlik moes dit al tussen R2,50 en R3,00 gewees het,” meen Eloff. Vir plaaslik gelewerde avo’s dok produsente 1,5% van die bruto verkoopprys op. Dit vergelyk gunstig met die heffing op uitvoer. Produsente wat regstreeks aan groot winkelgroepe en private verspreiders lewer, betaal ‘n heffing van 10c per kilogram. Lof is ook toegeswaai aan produsente soos ZZ2, Westfalia en ander groot verbouers van avo’s wat op eie koste proefnemings met bestaande en nuwe kultivars onderneem, tot voordeel van die bedryf en sonder om ‘n sent daarvoor te ontvang. SAAGA, ‘n vereniging onder die vaandel van Subtrop, bestee jaarliks R2 miljoen aan navorsing wat nie altyd vir produsente sigbaar is nie, maar die bedryf kerngesond hou.

Die ankers by die avo-studiegroep se ontmoeting was dr Pieter Pieterse (ZZ2), mnre Andrew Thornhill (snoeikundige), Bertie van Zyl (ZZ2) en Kosie Eloff (voorsitter). LINKS: Mnr Richard Nelson, ‘n Suid-Afrikaner, is SAAGA se verteenwoordiger in Europa. By hom is mnr Derek Donkin, voorsitter van Subtrop in Tzaneen. REGS: Drie druplyne voed ‘n jong avokadoboord wat reeds op twee jaar ‘n oes van tien ton/ha gelewer het.

Mnr Francois Vorster, me Wilna Stones en mnre Edrean Ernst en Henk du Toit is herkies tot die bestuur van SAAGA se Letaba-studiegroep.


8

November 2012

Die lietsjie-oes is vanjaar kleiner Die komende lietsjieseisoen lyk minder rooskleurig vir produsente as verlede jaar, met ‘n gemiddelde afname van nagenoeg 10% landwyd. In die vorige seisoen is 1,8 miljoen kartonne lietsjies uitgevoer en goeie pryse is deurgaans gehandhaaf. Vanjaar se oesskatting word op nagenoeg 1,62 miljoen kartonne geraam. Volgens mnr Gerhard Nortjé van Subtrop lyk die drag in die Tzaneen-omgewing beter as die vorige seisoen,

maar by Hazyview en Kiepersol kan dit tussen 2530% laer wees. Dit word toegeskryf aan haelskade en boorde wat uitgehaal is. Hy sê die betrokke streek loop jaarliks onder haelstorms deur, terwyl verskeie produsente besluit het om hul lietsjiebedrywighede op te skort en ander produkte aan te plant. Daar is nie veel sprake van peste en plae nie, hoewel lietsjieprodusente ook geraak word deur die verskyning van die aggressiewe vrugtevlieg Bactrocerus in-

vadens, wat nou reeds deeglik in Limpopo en Mpumalanga gevestig is. Die vrugtevlieg val nie lietsjievrugte aan nie, maar die plant speel gasheer daarvoor. As ander vrugte weens die voorkoms daarvan onder kwarantyn geplaas word, sal die lietsjieboere binne ‘n afstand van vyf kilometer ook daardeur geraak word. Bactrocerus invadens word die afgelope tyd intensief met die omgewingsvriendelike insekdoder GF120 bestry.

SA avo’s klop Peru in Europa Peru is Suid-Afrika se grootste mededinger in die Eu- pas gekom. ropese mark vir avokado’s, maar die afgelope seisoen ‘n Brokkie nuus van Nelson wat die wenkbroue van die Letaba-studiegroep vir avo’s laat lig het hulle lelik tweede gekom. So sê mnr Richard Nelson, die SA Avohet, was vertragings wat die afgelope jaar met skeepsvrag tussen SA en Europa kadokwekersvereniging (SAAGA) se ondervind is. Vragte op minstens drie verteenwoordiger in Europa. Hy is reeds vyftien jaar hiermee belas en hou nougroot skepe is aan die begin van die uitvoerseisoen vertraag, omdat hulle ‘n stakeurig bemarkingstatistiek van elke geregistreerde avo-uitvoerder in SA. diger snelheid na Europa gehandhaaf het, Nelson sê die Peruviane het die afom brandstof te bespaar! “Dit was nie eenmalig nie, want die gelope dekade groot tot die avobedryf toegetree. Hulle het vroeër as SA hul bevragskepe kon met hul heen-en-weer vaarte nie weer die agterstand van etlike sendings Europa toe gestuur, om ‘n groot dae inhaal nie. Hulle het miljoene rande in deel van die marksegment in te palm. Hul besendings het egter rypwordprobleme brandstofkostes bespaar, maar dit kon vir die avobedryf groot negatiewe implikaweens onvolwasse vrugte ondervind en Nelson sies gehad het. Gelukkig was dit gering.” die land moes sy aanvanklike plukdaIn sy oorsig oor die Europese mark sê tums na later verskuif. In die proses het een van die belangrikste afset- Nelson dat daar ook enkele gevalle was waar avo’s punte, die Amerikaanse mark, reeds versadig ge- uit SA te lank geneem het om ryp te word. Hy het dit raak. Hulle moes in Europa bemark, wat weens die daaraan toegeskryf dat die vrugte te groen gepluk is, afstand veel duurder was en dit het SA baie goed te al het die besendings die streng toetse geslaag.


November 2012

9


10

11

November 2012

Braai y a aw

RARE RUMP STEAK WITH SALSA VERDE AND BABY POTATOES 4 (200g each) rump steaks 2 Tbsp (30ml) Westfalia Garlic Avocado Oil Salt and milled pepper

Salsa verde: 1 cup (250ml) flat-leaf parsley 1 cup (250ml) basil 2 tsp (10ml) dijon mustard 1 clove garlic 1 Tbsp (15ml) white wine vinegar 2 Tbsp (30ml) capers ½ cup (125ml) Westfalia Natural Avocado Oil To serve: 500g baby potatoes, cooked

13

Serves 4

1 Rub steaks with Westfalia Garlic Avocado Oil. Season well. 2 Griddle, fry or grill steaks over coals until done to your liking. Set aside to rest. 3 Place all salsa ingredients into a food processor and pulse until roughly chopped. Season. 4 Serve steaks with potatoes and salsa verde.

4 (about 200g each) pork-neck steaks 3 Tbsp (45ml) Westfalia Chilli Avocado Oil 1 Tbsp (15ml) ground cumin 1 Tbsp (15ml) ground coriander 1 tsp (5ml) cinnamon Salt and milled pepper 2 Tbsp (30ml) white wine vinegar 2 Tbsp (30ml) Westfalia Organic Avocado Oil 2 tsp (10ml) castor sugar 1 cucumber, seeded and shaved into ribbons 2 Tbsp (30ml) fennel, chopped ¼ cup (60ml) mint leaves

SPICY PORK NECK & CUCUMBER SALAD Rub steaks with oil and spices. Season. Griddle or cook on a braai until cooked through. Mix vinegar, oil and sugar together to make a dressing. Toss cucumber, fennel and mint with the dressing. Allow to marinate for 10 -15 minutes before serving with steaks. Serves 4

Makes 2 cups

MUSHROOM SAUCE 3 Tbsp (45ml) Westfalia Avocado Oil garlic-flavoured infusion 1 small onion, finely chopped 2 tsp (10ml) chopped rosemary 1 packet (250g) mushrooms, sliced 2 Tbsp (30ml) green peppercorns, drained 3 Tbsp (45ml) brandy (optional) 1 carton (250ml) cream

Heat Westfalia Avocado Oil garlic-flavoured infusion in a saucepan and sauté onion, rosemary, mushrooms and peppercorns until soft and mushrooms have browned. Add brandy if using and simmer until liquid has reduced by a third. Stir in cream, increase heat and simmer until thickened. Adjust seasoning if needed and serve with steak or chicken and chips to dip.

MIELIE BREAD ½ cup (125ml) maize meal MIELIE BREAD 2 cups (500g) our ½ cupself-raising (125ml) maizeflmeal cups (500g) self-raising ½ tsp (3ml) 2salt flour 13/4 cups (450ml) buttermilk ½ tsp (3ml) salt (450ml) buttermilk 13/4 cups ½ cup (125ml) Westfalia ½ cup (125ml) Westfalia Natural Avocado Oil Oil Natural Avocado 1 cupcheddar (250ml) cheddar 1 cup (250ml) cheese cheese 1 can (410g) whole corn kernels 1 can (410g) whole corn kernels

Preheat oven to 180°C. Grease and line a 23cm loaf pan. 1Mix Preheat oven to all 180°C. Grease andtoline a 23cm loaf pan. together ingredients form a batter. 2 Mix together all ingredients to form a batter. Do not over-mix. Do not over-mix. prepared tinbake andforbake 45-60 minutes 3Pour Pour into into prepared tin and 45-60for minutes until golden andand cooked through.through. ororuntil golden cooked Cook’s tip: Serve mielie bread toasted, with a generous dollop of Westfalia Guacamole.

34

Avo_Booklet_baking_corr2.indd 34

Braai Master Tips Even the best braai masters need one or two tips to stay on top of their game. Here are a few of our suggestions for separating yourself from the braai master wannabe’s and staying ahead of the ‘braai’ pack:

1. Keep your braai grid clean by rubbing it down with half a raw onion or half a raw lemon when the braai grid gets up to heat. You will look like a pro to your friends and add a nice flavour to the meat while you’re at it. 2. Braai meat should have a specific order of appearance. Chicken takes the longest to cook, steak takes the shortest, so always put chicken on the braai first, and steak on last. Between the two, you can throw on the wors, chops, sosaties and whatever else you’re braaiing. 3. Never mess with another man’s braai! All guys have their own way of braaiing, so when you’re not the one in charge, it’s best to stand back and drink your beer. If you really want to display your braai master skills, get a bag of Charka and impress your mates with a braai of your own. 4. When braaiing your meat, always have braai tongs in one hand and a good drink in the other – all true braai masters need only one hand to flip the meat. 5. Once you have cooked some of your meat and need to get the next batch on the braai, rest the cooked meat on a bed of fried sautéed onions. This will ensure

that your meat doesn’t dry out and adds great flavour to the meat as well! 6. If you enjoy the large flames and ambience of a wood fire before cooking, place the charcoal first (as a base), then build your braai master/ friend impressing pyramid of wood above the charcoal. This way you get to enjoy the wood fire and by the time the flames have died down, your coals will be ready for braaiing. 7. A tip for defrosting your meat – DON’T! A true braai master always chooses fresh meat over meat which has been sitting in the freezer. 8. True braai masters never leave a braai unattended, not even to fetch a drink. To avoid this problem, place a large cooler box next to the braai, fill it with ice, water and of course lots of drinks. Alternatively you can always designate your kids, younger siblings or mates that owe you a favour, to make regular trips to the fridge. 9. If you’ve ever had a problem with your friends helping themselves to too many of your drinks, try turning your washing machine into a top secret cooler box. Fill the washing machine halfway with ice and place your beers, cold drinks etc inside. When the braai is over, the ice will melt and can even be used to do your next load of washing! 10. Wors is known to burst open on the braai, resulting in the wors losing its tasty juices, and drying out! To prevent this, dip the wors in water right before cooking it. This will make the skin more elastic and prevent it from bursting open during the braai.

11. Last but not least, the best tip for any braai, is to always, and we mean always, make sure you have lots of good friends, plenty to drink, great meat and a bag of Charka or Braaimeester. Do this and the best braai is in the bag!

Info: www.charka.co.za

12/3/10 12:08:49


12

November 2012

Effektiewe, natuurlike manier om mot te beheer Valsdkodlingmot (VKM) is een van die belangrikste plae op sitrus in Suid-Afrika. Dit kom ook verder noord in Afrika voor, en word nou al tot in Israel gevind, waar dit ‘n groot plaag op granate is. Dit is ook ‘n plaag op ‘n verskeidenheid ander gewasse, soos avo’s, lietsjies, makadamias, pekanneute, koejawels, steenvrugte en selfs mielies (in sekere dele van Afrika). Omdat dit inheems aan Afrika is, is dit ook ‘n belangrike fitosanitêre plaag — en besendings vrugte met lewende VKM-larwes word summier verwerp deur meeste oorsese lande waarheen sitrus uitgevoer word.

Derhalwe is dit nie net ‘n voor-oes plaag nie (sien foto) , maar ook na oestyd, tydens die uitvoer van vrugte. Verskeie landbou-chemiese middels is al in die verlede teen die plaag geregistreer, met ‘n wisselende mate sukses. Die mot is bekend vir sy vermoë om weerstand teen chemiese bespuitings te ontwikkel en kruisweerstand is ook al aangeteken. Die probleem met meeste van die huidige bestuursmaatreëls is dat hulle slegs werk onder ligte tot matige VKM druk; gevolglik word produsente aangeraai om ‘n verskeidenheid maatreëls te kombineer, om optimale beheer te verseker. Saam met gereelde boordsanitasie behoort vrylatings van natuurlike eierparasitoïde die hoeksteen van effektiewe VKM-beheer te vorm. Nie net is dit koste-effektief nie, maar dit is ook vinnig en maklik om toe te dien. Boonop kan makadamiaboere dubbele werking van dié insekte verwag, deurdat dit twee motplae gelyktydig onderdruk (makadamianeutboorder — MNB en VKM).

Die kolonie Trichogramma eierparasitoide (Trichogrammatoidea cryptophlebiae) wat Vital Bugs teel, is plaaslik versamel in die Letsitala-omgewing, en is gevolglik ideaal aangepas om te oorleef in SA vrugte-/ neutaanplantings. Vital Bugs, en sy voorganger, Ceder Biocontrol van Citrusdal, teel die insek al verskeie jare met groot sukses. Die groot voordeel van die insek is dat dit die eierstadium van die mot aanval (sien lewensiklus), wat in dié stadium deur min ander beheerstrategieë geteiken word. Gevolglik word voorkom dat die vrug deur die VKM-larwe gepenetreer word en word bederf sodoende voorkom. ‘n Ander voordeel van die eierwespetjie is dat dit goed integreer met verskeie ander beheermetodes van die mot, waaronder paringsontwrigters, granulovirus en lok-en-vrek metodes. Navorsingsresultate het getoon dat VKM-besmettings in nawellemoene met met die gebruik van Trichogramma met tussen 50% en 70% kan afneem. As Trichogramma gevestig is in ‘n boord, sal hulle aanhou om vars Valskodlingmoteiers te soek en te parasiteer. As geen verdere eiers gelê word nie, kan produsente gerus wees dat hulle nie ‘n nuwe plaag sal veroorsaak nie. Hulle sal bloot wegvlieg, op soek na kos (vars eiers) of vrek. Soveel as drie Trichogramma-wespe kan uit ‘n enkele Valskodlingmoteier uitbroei. Behandeling van VKM/MNB met Trichogramma in Limpopo moet verkieslik tussen November en Januarie begin, om sodoende optimale beheer te verseker. Trichogramma is verkrygbaar van Vital Bugs onder die handelsnaam Tri-mX™. Dit is ook verkrygbaar by Nulandis-agentskappe regdeur die land. Kontak Stephan gedurende kantoorure by 087 751 0279, besoek www.vitalbugs.co.za of e-pos na info@vitalbugs.co.za. VKM-larwe in lemoen, met miskorrels langsaan.


November 2012

13


14

November 2012

Tzaneen-masjiene maak kompos Doer Onder ‘n Maatskappy in Tzaneen wat komposmasjiene ontwerp en bou, het ‘n deurbraak in die Australiese mark gemaak, met die uitvoer van ‘n komposdraaier na Melbourne in die Victoria-provinsie. Compost Matters in Tzaneen se nuwe nywerheidsgebied het reeds naam gemaak met sy rekenaar-ontwerpte komposmasjiene wat al landwyd gebruik word. Hulle het sowat ‘n jaar gelede ‘n kantoor in Australië geopen, waar die LINKS: Die groot komposdraaier is ontwerp en gebou deur Compost Matters in Tzaneen en word nou stuk-stuk na Australië uitgevoer, waar komposbereiding deesdae groot aandag geniet.

maak van kompos uit organiese materie die afgelope tyd groot aandag geniet. Daar word munisipaliteite verplig om kompos net van organiese stowwe te produseer. Die komposdraaier is ‘n groter weergawe van ‘n reeks wat reeds in SA gebruik word. Dit is ingevoer deur Enviromix, wat ingeskakel is by die Australian Organics Recycling Association (AORA). Volgens mnr Brett Ehlers van Compost Matters is dit die eerste masjien uit hul stal wat in Australië beland— en nog ‘n bestelling is reeds ontvang. Die masjien word op die oomblik stuk-stuk afgetakel en vir die besending verpak.

Valke ondersoek ongerymdhede met grondtransaksies

Mahela Boerdery van die Letsitele-omgewing het hul jaarlikse sertifikaatseremonie gehou. Permanente en seisoenwerkers volg gedurende die jaar verskeie kursusse wat tussen twee dae en drie maande kan duur. Noodhulp, brandbestryding, HIVberading en gesondheid-en-veiligheid is van die kursusse wat deur Riverwalk Training vir die werkers aangebied word. Vanjaar het 195 werkers sertifikate ontvang, met sommige wat selfs twee of drie verwerf het. Die afdelingsbestuurders het ook die seremonie bygewoon. Hier staan mnre Thys Katzke, Barend Vorster, Frank Mashimbye, Edward Vorster, Johan Dreyer, Herman Pieterse en Joubert Katzke. Voor hulle kniel mnre Pieter en Francois Vorster. Foto: Retha Nel

Verdagte transaksies van miljoene rande vir grond in Mpumalanga word nou deur die Valke ondersoek. Die Bulletin het betroubaar verneem dat die Valke reeds beslag gelê het op verskeie dokumente wat daarmee verband hou. Dit blyk dat verskeie maatskappye en provinsiale regeringsinstansies daarby betrokke is. Inhegtenisnemings kan binnekort volg. Dié ondersoek kom nadat die Openbare Beskermer (OB) vroeër deur die DA in die provinsie versoek is om onwettige grondtransaksies by munisipaliteite — veral die provinsiale departement van menslike nedersetting — te ondersoek. In een van die transaksies is ’n plaas van 414 ha naby Ermelo verlede jaar vir R11,9 miljoen deur die maatskappy Bongiveli CC gekoop. Kort daarna is dit met ’n wins van meer as R24 miljoen (teen meer as R36 miljoen) aan die regering verkoop. Die transaksies en oordrag het glo binne ses minute plaasgevind. By Malelane het die maatskappy Misty Sea Trading 70 ha teen R5,8 miljoen gekoop en vir R41 miljoen aan Bongiveli verkoop. Bongiveli het dit op hul beurt teen R50 miljoen aan die departement van menslike nedersettings verkoop. Al drie transaksies is in dieselfde jaar beklink. Die OB is versoek om die ondersoeke uit te brei na alle grondtransaksies in die provinsie, wat deur die departement van menslike nedersettings hanteer is. Die DA is ook besig met ’n ondersoek na soortgelyke transaksies in die ander provinsies. • In April verlede jaar het soortgelyke transaksies in Limpopo die aandag getrek, toe die provinsiale regering 49 ha by Dendron vir meer as R58 miljoen (R1,2 miljoen/ha) gekoop het van Thubelisha Homes, ’n maatskappy wat glo deur ANC-hooggeplaaste politici besit word. • Vir nog ’n stuk (onontwikkelde) grond wat by Modjadjiskloof van ’n ANC-sakeman gekoop is, het die regering R172 830/ha betaal. Die totaal was R14 miljoen vir 81 ha wat die sakeman vir R281 500 gekoop het. • Boere in KwaZulu-Natal het verlede jaar versoek dat Kwanalu ’n grondtransaksie by kwaMbonambi ondersoek, waar die regering R105 000/ha betaal het!


November 2012

15


16

November 2012

Die verbouing van kopkool — en die korttermyn-markvooruitsigte Die Suid-Afrikaanse mark se voorkeur vir “groot” koolkoppe veroorsaak dat nuwe variëteite moeilik bekombaar is. Die meeste ander kool-produserende lande verkies die kleiner Europese tipes en internasionale kweekprogramme konsentreer dus op die kweek van die kleiner variëteite. Gelukkig het ons ‘n paar uitstekende variëteite wat wel die gevraagde 4 kg- tot 5 kg-koppe kan lewer, waarna die kopers soek en dan ook die beste pryse behaal. Sakata wat vir baie jare beskou word as een van die leiers in koolvariëteite, bespreek in dié artikel die verbouing-riglyne wat die produsent in staat kan stel om wel die groter koppe te produseer. Dit is belangrik om altyd in gedagte te hou dat kool inder-

waarheid ‘n koelweer gewas is. Kopkool aard die beste in ‘n koel, vogtige klimaat, dit is redelik bestand teen ryp en kan minimum temperature so laag as -3ºC weerstaan, mits daar nie vinnige verskille tussen die dag- en nagtemperature voorkom nie. Kopkool kan dus dwarsdeur die jaar verbou word, met inagneming van die volgende: In dele met koue winters, soos die Hoëveld en koue dele van die binneland, behoort kool nie gedurende April tot Julie gesaai te word nie, dit is bloot te koud vir normale plantontwikkeling. Waar uitermatige hoë somertemperature voorkom, soos in die Laeveld, word gevind dat die koppe geneig is om te bederf weens bakteriese siektes waarvan Xanthomonas campes-

tris, wat swartvrotsiekte veroorsaak, sekerlik van die grootste ekonomiese belang is. Die belangrikste bly steeds die keuse van die regte variëteit vir die tyd van die jaar waarin die kool geplant word. Kole wat ontwikkel is vir hoë temperature sal, indien dit in die winter geplant word, swak ontwikkel en maklik saad skiet. Die teenoorgestelde is ook waar: koelweer variëteite sal in die hitte klein, swak ontwikkelde koppe vorm (met ‘n lae siekteweerstand) en geneig wees om spruite en/of los koppe te ontwikkel. Saailinge Dit is vandag algemene praktyk om kopkoolsaailinge van ‘n kwekery te bekom. Dit is baie belangrik dat die plantjies nie ouer as sowatr vyf weke word nie. Saai-linge wat te oud in die saailaaie geword het, is geneig om bekwaam te raak en dit ontwikkel baie stadig. Insektebeheer op die saailinge is baie belangrik. Saailinge se groeipunte word dikwels deur insekte beskadig, en sulke plante ontwikkel in hartlose plante wat geen koppe vorm nie. Koolprodusente streef na ‘n eenvormige oes. Om dit te bereik moet plantjies wat baie swak is of ander abnormaliteite toon, nie geplant word nie. Plantspasiëring Plantspasiëring van kopkool word bepaal deur die voorkeur van kopgrootte van die mark waarvoor geproduseer word. Waar groot koppe verlang word, word ‘n plantestand van ongeveer 25 000 tot 30 000 plante per hektaar gebruik. ‘n Tipiese ryspasiëring vir groter koppe is ‘n ryspasiëring van 600 tot 700 mm tussen die rye, met die plante ongeveer 450 mm uitmekaar. Vir die produksie van kleiner koppe kan die plantestand verhoog word tot ongeveer 40 000 plante per hektaar. Bemestingbehoeftes van kopkool Kopkool kan op ‘n groot verskeidenheid grond verbou word, maar op goed-gedreineerde leemgrond word die beste resultate verkry. ‘n pH van 5,5 tot 7 word aanbe-veel. Koolgewasse het hoë voedingsvereistes, veral ten opsigte van stikstof en kalium. Dertig ton koolkoppe sal byvoorbeeld ongeveer 120 kg stikstof, 20 kg fosfor, 100 kg kalium en 85 kg kalsium uit die grond onttrek. Sonder ‘n grondontleding is dit nie moontlik om ‘n spesifieke bemestingsprogram vir die produksie van kopkool daar te stel nie. Die volgende kan dus hoogstens as ‘n riglyn dien: Soort Kopkool Basiese bemesting Kopbemesting Kopbemesting

Lae toediening Kg/Ha N P K

Hoë toediening Kg/Ha N P K

60 20 20

80 20 20

90 0 0

60 0 0

120 0 0

80 0 0

Tyd van toediening Met plant 3 weke na plant 8 weke na plant

Dit is belangrik om te let op die mikro-elementbehoeftes van koolgewasse. Dié gewasgroep is veral sensitief vir tekorte aan Boor, Molibdeen en Yster. ‘n Tekort aan van hierdie mikroelemente kan swak ontwikkelde plante tot gevolg hê. Conquistador bly steeds een van die mees aangeplante variëteite, weens die aanpasbaarheid en eenvormigheid van die variëteit. Alhoewel Conquistador eintlik ‘n koelweer variëteit is wat op sy beste presteer in die herfs en vroeë winter en deur die winter in rypvrye gebiede, word dit in gebiede met ‘n matige somer regdeur die jaar verbou. Die gevaar bestaan altyd dat as ‘n hittegolf in die somer voorkom, ‘n sekere persentasie van die aanplanting klein koppe sal vorm en selfs spruite mag ontwikkel. Conquistador is steeds die leier-variëteit en niks in ons proewe kon die variëteit klop as dit by aanpasbaarheid, opbrengs en eenvormigheid kom nie. Tenacity is een van die koolvariëteite met die beste hitteverdaagsaamheid en houvermoë wat vandag in die mark beskikbaar is. Hierdie wyd aangepaste somervariëteit beskik oor besonderse Swartvrot-verdraagsaamheid en bly ‘n moet vir somerproduksie. Groot, aantreklike, ferm ronde koppe beskik oor ‘n besondere landhouvermoë. Vir meer inligting oor Sakata se koolvariëteite of produkreeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek die webwerf www.sakata.co.za. Afwysende klousule: Bostaande inligting is op Sakata se waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee Sakata geen waarborg, uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar Sakata enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat te wyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.


17

November 2012

Plukmasjien wys gesig in Tzaneen ‘n Spesiaal-ontwerpte mobiele plukmasjien is onlangs aan lede van die Letaba Avostudiegroep in Mooketsi bekend gestel. Die amptelike demonstrasie van die masjien word op 5 Desember by die Agatha Saagmeul buite Tzaneen gehou. Die driewiel het ‘n verstelbare hefboom en vergemaklik die pluk van vrugte in boorde met hoë bome, waar dit dikwels moeilik is vir handplukkers om die hoë vrugte te bereik. Dit is ontwerp deur Protea Engineering van Natal en word op aandrang van mnr Niek Human hier aangebied. Die plukbak aan die punt van die hefboom huisves al die kontrolemeganismes en die masjien word net deur een werker beheer. Die twee voorwiele het elk sy eie dryfmeganisme, terwyl die agterwiel net as stuur dien. Dit is maklik hanteerbaar en kan selfs met sekere verstellings teen hellings ingespan word. Die masjien staan bekend as die Mobile Cherry Picker.

Tanapole takes to the road Lonza Wood Protection is placing an emphasis on product awareness and education, particularly among the agricultural sector and pole treaters, as part of its launch of the umbrella Tanapole™ wood preservative treated pole brand. To date the campaign has received an overwhelmingly positive response from as far afield as Zimbabwe (at a Lonza pole seminar) and locally during the hosting of farmer awareness evenings with Kaap Agri and Outeniqua Pale in vineyard areas at Robertson and McGregor in the Western Cape. “We were invited to present Tanapole™ information and this opportunity provided us with the perfect platform to explain the Tanalised™ wood preservative treatment options and address any concerns,” said Gerard Busse, the marketing manager of Lonza Wood Protection. Polokwane, which is home to a large scale of vegetable and citrus farmers, is another focal area for the introduction and growth of Tanapole™ preservatives in the treated wooden pole market. With this in mind, Lonza got on board as one of the sponsors at the Limpopo Agri bi-annual congress and gala dinner and used the opportunity to present the numerous Tanapole™ bene-fits and offerings. Many of the farmers in this area, and around the country, are now moving towards shade netting with new plantings in order to protect their investments. The Tanapole™ is therefore ideally suited with its waterborne wood preservative treatment that does not have an adverse effect on the netting material itself. “Judging by the positive response received from armers in Limpopo, we feel confident that Tanapole™ preservatives are well placed to become the farmer’s treated pole of choice,” said Busse. As part of Lonza Microbial Control, Lonza Wood Protection specializes in products for the industrial pretreatment and surface protection of wood and has global operations in North and South America, Europe, key markets in Africa, the Middle East and Asia Pacific. Lonza’s approach to business is characterized by innovative products, valued brands and exceptional customer service, including: The broadest range of industrial wood treatments in the world Products which improve the performance of wood, one of the world’s most sustainable natural resources Treatments which make wood resistant to termites, fungi, mold, fire and moisture Products which sustain the natural appearance of wood Engineering and marketing services to help customers grow Broad global regulatory expertise and world-class

Andrew Mentis Ambrosia farm in Hoedspruit where they farm lemon trees under 110 ha of shade netting.

toxicology and analytical chemistry skills, offering customers solutions that contribute to the sustainability of their own products and services Many products that satisfy green building and sustainability standards With its 26 production and research and development facilities and more than 3,000 employees, Lonza Microbial Control is the global leader in microbial control with the broadest portfolio of active ingredients and registered formulated products, including market leadership positions in wood treatment, water treatment, personal care, hygiene and materials. Lonza is one of the world’s leading suppliers to the pharmaceutical, healthcare and life science industries. Lonza is headquartered in Basel, Switzerland. Further information: www.lonza.com.


18

Geluk Eskom; dink nou aan die boere Eskom behoort geluk gewens te word met die feit dat hy in die laaste ses maande tot September vanjaar dit kon regkry om ten spyte van minder aanvraag in elektrisiteit (nogal deur die wintermaande) dit kon regkry om ’n wins van R12,6 miljard te toon. So sê die TLUSA in ‘n verklaring. “Eskom het skynbaar voorsiening gemaak vir ’n daling in die vraag na elektrisiteit en daardie daling was inderdaad meer as wat verwag is. Nietemin maak Eskom voorsiening vir ’n toekomstige styging na die vraag van elektrisiteit en voer dit as rede aan vir die aangevraagde tariefstyging oor die volgende vyf jaar. “Dit wil dus voorkom of verbruikers inderdaad gehoor gee aan Eskom se versoek om elektrisiteit te bespaar. Bowendien is die stygings van die laaste paar jaar genoeg rede vir enige verbruiker om verdere besparings in werking te stel. “Gevolglik kan aanvaar word dat Eskom se voorsiening vir die volgende vyf jaar nie realisties is nie wat beteken dat geen verdere verhoging nodig is nie. “In die lig van sy winsgewendheid en moontlik verkeerde aannames en berekeninge, doen TLUSA ’n beroep op Eskom en op Nersa om nie enige verdere tariefverhogings in werking te stel nie, en dat ’n moratorium op enige verhogings geplaas sal word vir die volgende drie jaar. Boere gaan reeds ernstig gebuk onder hoë insetkoste en lae produkpryse, en verligting op die elektrisiteitsrekenings kan net hulle druk help verminder en bydra tot volgehoue voedselsekerheid,” luidens die verklaring.

November 2012

Landbou by Merensky groei en groei en... Die landbouseksie van die Hoërskool Merensky spog volgende jaar met twee nuwe toevoegings tot sy personeel, asook ‘n nuwe landbouvak. Me Stephanie Perold sal algemene landbou vir gr 8-leerlinge aanbied en landbouwetenskap vir gr 10 en gr 11. Sy sal ook me Willemien van Niekerk by die gr 12’s se landbouwetenskapklas help en verder sal sy ook die Sitrus Akademie oorneem. Perold het ‘n B Sc-graad in Landbou aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, met hortologie en grondkunde Perold as hoofvakke. Sy het die afgelope sewe jaar by Westfalia Fruit Estates gewerk, waar sy poste in die navorsingen voorverpakkingafdelings beklee het. Sy is lief vir hokkie, die buitelewe en fotografie. Me Christelle van der Westhuizen sal algemene landbou vir gr 9 aanbied, asook landboubestuurspraktyke vir gr 9 en gr 10. Sy sal ook me Elza le Roux in die aanbieding van AMP vir gr 12 bystaan. Van der Westhuizen

Van der Westhuizen het veekunde aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en is besig met haar onderwyskwalifikasie aan Unisa. Sy spesialiseer in die onderrig van dier- en plantkunde. By Merensky sal sy ook betrokke wees by die uitbou van die diereproduksie-afdeling met spesiale aandag aan skape en pluimvee. Mnr Faan Beeslaar, onderwyser by Merensky, sal landboutegnologie as matriekvak aanbied en betrokke wees by die skool se bywoning en deelname aan skoue. Hy sal ook die skool se besoek aan Nampo lei. Die nuwe vak bestryk onder meer veiligheid in die werkplek, materiale, elektrisiteit en alternatiewe krag, waterbenutting en -suiwering, konstruksie, gereedskap en toerusting, kommunikasie, tekeninge en kalibrasies. Tien leerlinge begin volgende jaar met ‘n nasionale sertifikaat in Gemengde Boerdery (Megro Learning). Dit eindig na twee tot drie jaar met ‘n nasionale diploma. Beeslaar


November 2012

19


20

November 2012


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.