Maart 2013
2
Maart 2013
Grondhervorming
– wat gaan in 2013 gebeur? – Sedert 1994 word boere gereeld onder druk ge-plaas ten opsigte van grondhervorming. Ons word alwewig daarvoor uitgekryt dat ons nie grond vir grondhervorming wil afstaan nie. Die afgelope paar jaar was die “Groenskrif op Grondhervorming” gereeld onder bespreking. Oor die tyd was daar verskeie weergawes en Dries Enslin, Hoof- Uitvoerende bespiegelings. Tot nou Beampte, AgriLimpopo toe is daar nog nie finaliteit verkry nie. Wat ons wel weet is dat die finale dokument op 19 Junie bekendgestel gaan word. Verder weet ons ook dat die gewillige verkoper/koper beginsel geskrap is en vervang is met “just and equitable” vergoeding. Hoe laasgenoemde gaan vorm aanneem moet nog gesien word. Ons weet ook dat ‘n “Office of the Valuer-General” gevestig gaan word om toesig te hou oor die vasstelling van die vergoeding. En ons weet ook dat grootskaalse beplanning gedoen word ten opsigte van die “viering” van die “1913 Native Lands Act”. Op die webblad van “Rural Development and Land Reform” verskyn die volgende: “The year 2013 marks 100 years since the Natives Land Act of 1913 which was enacted in South Africa. The Act became law on the 19th of June 1913 limiting African land ownership to 7% which later increased to 13% through the 1936 Native Trust and Land Act of South Africa. The Act restricted black people from buying or occupying land except as employees of a white master. It however gave white people ownership of 87% of land and leaving black people to scramble for a mere 13%. That piece of legislation made life horrendous for the black populace until the Commission of Restitution was established in 1994 to provide equitable redress to victims of racially motivated land dispossession, in line with the provisions of the Restitution of Land Rights Act, 1994 (Act No. 22 of 1994). In the year 2013 the Department of Rural Deve-lopment and Land Reform will be marking the centenary of this act. The theme for the Project 2013 is “Reversing the legacy of 1913 Natives Land Act”.” Hier is twee punte van belang: Die sogenaamde 13% van grond wat aan Afrikane behoort; Tweedens gaan ons gedurende vanjaar baie druk vanaf die ANC en die regering oor grondhervorming verduur.
is ’n publikasie van Bulletin
Redakteur: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Bemarking: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: David Morrison david@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Kortliks die agtergrond van die “1913 Native Lands Act”. Die wet is deur die Unie van Suid-Afrika aanvaar. Dit is dan ook waar die datum vandaan kom in die Restitusiewet ten opsigte van die grondeiseproses. Hierdie wet is in die tagtigerjare deur president PW Botha geskrap. Die kern van die wet lees soos volg, en dit word veral deur die ANC gebruik om gemoedere op te jaag; “A native shall not entered into any agreement or transaction for the purchase, hire or any other acquisition from a person other than a native of any such land or of any right thereto, interest therin, or servitude thereover” Die “Rural Development and Land Reform” is reeds besig met beplanning wat tot ‘n klimaks gaan kom op 19 Junie vanjaar. In Oktober 2012 het daar ‘n dokument op “Rural Development and Land Reform” se webblad verskyn, met die volgende title: “Reversing the legacy of the 1913 Natives’ Land Act — a Pledge. 5-6 October 2012”. Die laaste paragraaf van die dokument lees soos volg: “We pledge to reverse the legacy of the 1913 Natives Land Act and call upon all our fellow South Africans — all other national, provincial departments and municipalities and communities — to join us in working towards this noble goal!” Die vraag is hoe effektief was die berugte wetge-wing oor die beperkings op grondbesit deur Afrikane? Jacob Dlamini het ‘n artikel in die Business Day van 11 Maart 2011 geskryf, met die titel “Was Natives Land Act SA’s original political sin? In die artikel haal hy navorsing van Harvey Feinberg en Andre Horn soos volg aan; “The authors say the 1913 land act failed to stop Africans from buying land outside of the native areas. They find that African land ownership actually increased outside the reserves between 1913 and 1936, and conclude that the failure of the act raises questions about the extent to which the colonial state was able to impose rural territorial segregation. They say, ultimately, the act’s failure revealed the limits of white power.” Dit blyk volgens die artikel dat heelparty plase aan Afrikane deur wit grondeienaars verkoop is. Daar was ‘n streng keuringproses waaraan die kopers moes voldoen en die regering moes toestemming gee. Volgens Dlamini het Afrikane 3 200 plase/eiendomme buite die tuislandgebiede tussen 1913 en 1936 gekoop. Bogenoemde is interesante inligting maar dit gaan niks verander nie aan die algemene opvatting dat die 1913-wetgewing teen Afrikane gediskrimineer het. Ons moet erken dat dit baie moeilik was vir Afrikane om grond te bekom nadat hierdie wetgewing aanvaar is.
Soos reeds genoem gaan die druk op grondhervorming vanjaar baie groot wees. Emosies gaan opgejaag word en gemoedere gaan moeilik in bedwang gehou word. Daar gaan gedurig aan kommersiële boere gevra word wat hul bydrae gaan wees ten opsigte van grondhervorming. Ons gaan onder druk geplaas word om kompromieë aan te gaan. Maar wat het gebeur sedert 1994? Die Restitusiewet is aanvaar in die laat negentigerjare en dit het gelei tot vele politiek, problematiek en negatiewe druk oor voedselsekerheid. Vele syfers is uit die lug gegryp, om politieke myle te haal vir verkiesings, ensovoorts. Die laaste vier jaar is daar heelwat in die georganiseerde landbou, sowel as in regeringskringe oor ‘n grondoudit gepraat. Hoeveel grond is werklik oorgedra? Daar is gesê solank die oudit nie afgehandel is nie, sal niemand weet waar ons staan nie. En ja, dit dra vir seker waarde. Maar ek glo daar is genoegsame bewyse dat die kommersiële boer wel sy kant bring. Hier wil ek graag verwys na syfers wat Minister Gugile Nkwinti op 19 Februarie 2013 in die Parlement geopenbaar het. Hy het genoem dat sedert 1994 en Jan 2013 is die volgende hoeveelheid plase ingevolge regeringsprogramme bekom: Grondoordrag in die herverdelingproses = 4 813 plase Grondoordrag in die restitusieproses = 4 001 plase. In totaal is daar dus 8 814 plase oorgedra, of te wel 5,5 miljoen hektaar. Dit is egter net die plase wat volgens regering programme bekom is. Privaat transaksies is hiervan uitgesluit. Hoewel daar nie amptelike syfers beskikbaar is nie, is al die aanduidings dat dit ‘n beduidende hoeveelheid is — dalk meer as in regeringsprogramme. Dit blyk ook dat grond in die herverdelingproses goedkoper bekom is as in die restitusieproses. Die herverdeling verloop ook baie vinniger as die restitusieproses. Daar kan met reg gevra word hoekom klou die regering aan die restitusieproses as hulle grond goedkoper en makliker in die ope mark (herverdelingproses) kan bekom? Die Minister het verder genoem dat 22% van grond in regeringbesit is. Dit impliseer dat 78% in privaat besit is. Ongelukkig weerspieël die Minister se syfers nie die rasverdeling nie. Verder kan ook gevra word hoeveel grond behoort aan nie-landbouers soos mynhuise en semi-staatinstellings? Waar is kommunuale gronde ingereken — staatbesit of privaat besit? Die Minister erken dat hulle nie weet hoeveel grond is in swart besit nie. Die 13% soos vroeër na verwys, is die grond wat voor 1990 in swart besit was. Waar en hoe die syfer (%) verkry word is egter ‘n ope vraag. Die grondoordrag wat na 1990 geskied het is nie hierby getel nie. Dit sal my nie verbaas nie as ons die magiese 30%-doelwit reeds bereik het, veral in Limpopo, Mpumalanga en KwazuluNatal Dit is vir landbou kritiek belangrik om ‘n grondoudit af te handel, sodat almal presies kan weet waar ons staan. Dit sal bespiegelings, wilde aantygings en die gryp van syfers uit die lug hokslaan. Dit gaan nie help om die aantygings oor die 1913wet met vuur te baklei nie; dit gaan die politici net meer myle en skietgoed gee. Ons kan ook nie grondhervorming teenstaan nie, want dit gaan petrol op die vuur wees. Ons sal ons huiswerk moet doen, om politieke argumente met feite te weerlê of te bewys soos die situasie dit vereis. Ons gaan die proses met ‘n sagte dog ferm hand moet bestuur. Landbou gaan in 2013 moet vasstaan ten opsigte van ‘n regverdige bedeling vir almal en die behoud van vryemark beginsels. Nugter denke en gesonde besluite moet op stuk van sake seëvier.
3
Maart 2013
AgriLetaba bespreek 2013-kwessies Verskeie dringende landboukwessies is op AgriLetaba se eerste vergadering vir 2013 deeglik bespreek. Boere het hul kommer oor, onder meer, grondeise en loonverhogings
uitgespreek. Die grootste kwessie onder bespreking was die moontlikheid van nuwe grondeise. Mnr Dries Enslin, die voorsitter van AgriLetaba, het die
lede ingelig dat dit in Junie die honderjaar-herdenking van die bekragtiging van die Wet op Naturelle-grond is. Die verwagting is dat die herdenking heelwat emosionele
eise gaan aanwakker. Plase wat in die vorige ronde eise oorgeslaan is, kan moontlik deur die nuwe vlaag eise geraak word (lees Enslin se boodskap op bladsy 2).
Farmsecure & boere kuier saam Mnre Pieter Rautenback en Willem Brits van Rooi Ster Boerdery en mnr Evert Louw van Laeveld Sitrus het ook die opening van Farmsecure se nuwe tak in Letsitele bygewoon.
Boere van die Letsitele-omgewing wat lekker saamekuier tydens die opening van Farmsecure se nuwe depot. Hier is mnre Werner Welthagen, Gustav van Veijeren en Ben Vorster.
Farmsecure, ‘n sambreelorganisasie met ‘n hand in verskeie dele van die boerderysektor, het in Maart ‘n nuwe depot in Letsitele geopen. Ter viering is boere van die omgewing na ‘n bekendstelling en ete genooi. Hier is die die Farmsecure-span: agter staan mnre Appel van Zyl (direkteur: Farmsecure Agri Science Irrigation), Jaco Botha (bedryfsbestuurder: Noord, Farmsecure Agri Science Irrigation), Schalk Grobbelaar (landboukundige, Kynoch Kunsmis) en Niel Kruger (bemarkingsbestuurder, Terason). Voor kniel mnre Theunis Steyn (besproeiingskeduleerder, FASI) en Nico Classens (landboukundige, Farmsecure Agri Science).
Mnre Pierre Welthagen (Letsitele Signs) en Paul van den Berg (Bekmar) het tydens die opening van Farmsecure se nuwe Letsitele depot met mnr Appel van Zyl van Farmsecure gesels. Farmsecure is betrokke in verskeie aspekte van boerdery en mik om boere met met hul produkte “van die grond tot op die rak” te help.
Daar is egter nou ‘n tendens dat eisers nie die grond kry nie, maar op ander maniere vergoed word. Daar is ook genoem dat baie eise betrekking het op die toegang tot plekke van historiese belang, veral grafte. AgriLetaba is tans besig om ‘n protokol saam te stel en wil onderhandel dat slegs ‘n gedeelte van plase wat hierdeur geraak word, geëis kan word — en nie die hele plaas nie. Omdat gerugte vinnig versprei en maklik paniek kan saai, is grondeienaars gemaan om hulle nie aan gerugte oor moontlike grondeise te steur nie. Hulle is gevra om eerder met AgriLetaba te skakel, om die feite te bevestig. ‘n Ander kwessie wat boere bekommer is die verhoging van sowel die minimum loon as elektrisiteitstariewe. Volgens Enslin beteken die gelyktydige verhogings groot moeilikheid vir besproeiingsboere, wat grootliks van arbeid en elektrisiteit afhanklik is. Daar is deur AgriLetaba voorgestel dat die las van prysverhogings deur drie groepe gedra word — 7% vir verbruikers (inflasiesyfer) en 9% vir aandeelhouers, wat beleggers en die staat is.
Een van die laaste sake op die agenda, die waardasies van plase, het groot debat ontlok. Die Groter Tzaneen Munisipaliteit en die Groter Letaba Munisipaliteit het onlangs die nuwe munisipale waardasierolle bekend gemaak. Die waardasie van grond weërspieel die markwaarde daarvan en bepaal hoeveel eiendomsbelasting die eienaar betaal. Dit is dus belangrik dat eienaars die rolle so gou moontlik nagaan. Appèl moes voor einde Februarie aangeteken gewees het, maar AgriLetaba het aansoek gedoen om uitstel. Grondeienaars moet baie deeglik die voor- en nadele van onder- of oorwaardering nagaan, aangesien dit ‘n impak op vele terreine het, soos in die geval van versekering of die verkoop van ‘n plaas. Eienaars moet ook seker maak dat die grond in die regte afdeling geplaas is, byvoorbeeld nywerheid of boerdery (agriculture), aangesien die belasting daarop verskil. Vorms om appèl aan te teken is by die onderskeie munisipaliteite beskikbaar. Vir meer inligting besoek AgriLetaba se webwerf by www.agriletaba.co.za of skakel 082 941 4136.
— Retha Nel
retha@bulletin.us.com
4
Maart 2013
Die Boeredag lok goeie Boere, belangstellendes, nuuskieriges en kinders het Donderdag in getalle die derde jaarlikse Langs die Oever Boeredag besoek. Die dag is weer op die plaas Montrose by Constantia (naby Die Eiland) gehou en fokus op die landboubedryf. Van vroegdag was daar reeds rye voertuie en het boere, pa’s, ma’s en die kleinspan by trekkers, kraampies en diere gestop. Verskeie maatskappye soos Agribox, NTK en Vital Bugs,
Maart 2013
getal belangstellendes voertuigmaatskappy soos Mercedes-Benz, BB Motors en John Deere, asook skole soos die Laerskool Dr Annecke en die Hoërskole Ben Vorster en Merensky het uitgestal. Daar was swaarvoertuigdemonstrasies, wat die boere gelok het, ritte in die passasiersitplek van ‘n 4 x 4-vragmotor op ‘n hindernisbaan en verskeie interessanthede by maatskappye se kraampies. Vir die honger besoekers was daar meer as genoeg om aan te peusel en die geur van ‘n skaap op die spit het monde behoorlik laat water. Dorstiges kon by die teetuin iets te drinke kry of langs die rivier by die biertuin ‘n draai gaan maak. Kinders is ook deeglik vermaak om ouers die kans te bied om uitstallings te besigtig. Hokke met pluimvee en hasies het die kinders in vervoering gehad, terwyl Trippe Trappe Drome die kleineres met touknoop, gesigverf en springkastele besig gehou het. ‘n Miniatuur ponie is ingespan vir perdekarritte en het groot glimlagte op talle gesiggies gelaat. Kampe met skape, bokke, beeste en selfs ‘n perd of twee het verbygaandes se belangstelling geniet. Die diere het later ook in ‘n parade deelgeneem as deel van die vermaaklikhede. Vanjaar is uitdunne vir die Limpopo -ploegk ampioenskappe ook gehou en moes boere hul storie ken om ‘n goeie uitslag te kry en te wys dat hulle kan ploeg.
5
6
Maart 2013
Aasvoëls gehelp met nuwe vlughok Ná ure se harde werk en sweet kan die Blouberg Natuurreservaat nou met ‘n nuwe vlughok vir hul reeds-bekende aasvoëlrehabilitasieprojek spog. Die nuwe vlughok was die breinkind van die Vriende van Blouberggroep (VvB), ‘n nie-winsgewende organisasie wat
in samewerking met die BirdLife Soutpansberg Voëlkykersklub op die been gebring is. VvB is gestig om die natuurreservaat by te staan en te help geld insamel vir projekte waarvoor die reservaat se staatsbegroting nie voorsiening maak nie.
VvB steun veral op borge van privaatinstansies en die helpende hande van vrywilligers. Dit is ook hoe die nuwe vlughok die lig gesien het. Vrywilligers van VvB het hier en daar ‘n tydjie afgeknyp en self die hok gaan bou op die reservaat. Blouberg Natuurreservaat staan
tans aan die voorpunt van die bewaring van aasvoëls, en meer spesifiek die bedreigde kransaasvoël wat op die hange van Blouberg nes maak. Die reservaat het meer as tien jaar gelede ‘n projek begin waarin plaaslike gemeenskappe betrek en vergoed word, ten opsig-
Kitsstorm beskadig piesangs
Die vinnige, maar hewige storm van 7 Maart, het heelwat skade in Tzaneen veroorsaak. Terwyl die res van die omgewing onder reën deurgeloop het, het daar ook hael in Tzaneen geval. Die storm het slegs twintig minute geduur en in Yamorna/Hamawasha is daar 22 mm reën gemeet. Mnr Chris Ras, wat met piesangs boer op sy plaas by Yamorna/ Hamawasha, het redelike skade aan die vrugte gekry. Veral trosse wat nog nie met blousakke bedek was nie, is deur die hael geraak. Die haelbui het van wes na oos getrek en daarom
die westekant van die bome beskadig. Volgens Ras was dit gelukkig fyn hael en skade aan piesangtrosse is beperk tot oppervlakkige, klein merkies. Die beskadigde trosse is egter na tweedegraad afgegradeer en is nie meer vir nasionale markte geskik nie. Die piesangs se blare is ook tydens die storm vertorring, maar die skade beïnvloed nie fotosintese en plantgroei nie. Twee of meer piesangblare kom uit gedurende die warm maande en dus is die blaarskade reeds toegegroei. — Retha Nel
retha@bulletin.us.com
te van die bewaring van aasvoëls. Aasvoëls, wat gesog is vir muti-mengsels, word van die gemeenskap teruggekoop, gesond gemaak en weer in die natuur vrygelaat. Die nuwe aasvoëlvlughok sal die reservaat in staat stel om meer aasvoëls te rehabiliteer. Le-
sers kan na ‘n kort videogreep gaan kyk by www. zoutpansberger.co.za hoe Gerd Botha, die hoof ontwerper van die hok, vertel van die rehabilitasieprogram wat aasvoëls volg as hulle na die reservaat gebring word. — LiN Nuus / Zoutpansberger
The Greater Tzaneen Municipality won two awards at the Department of Agriculture’s Extension and Advisory Services conference last week. They were judged the best team as well as best municipality in Limpopo. The representatives proudly displaying their certificate and trophy at the awards ceremony are Messrs Charles Mamashela, Kenny Foforane and Ms Nontokozo Zwane. In the back are Messrs Jacob Marule (MEC for Agriculture) and Mortimer Mannya (Head of the Limpopo Department of Agriculture).
Photo: Retha Nel
Extension & advisory services rewarded The Limpopo Department of Agriculture honoured the hard work of their extension and advisory services at the fourth annual extension and advisory services conference held at Karibu Lodge near Tarentaal. Extension officers, researchers and experts in the field of extension met during a two-day conference to discuss is-
sues regarding their field of expertise, innovations and new approaches to improve service delivery. This year’s theme was Extension Service as a key to effective Agricultural Cooperative for sustainable agricultural development. Experts from different institutions addressed the delegates and shared their knowledge. The conference mainly
targeted field workers in the extension and advisory services department across the 25 local municipalities in Limpopo. Field workers include animal scientists, crop technicians, crop scientists and natural resource management technicians. The awards ceremony was incorporated with a gala dinner, which various stakeholders and representatives from the different municipalities attended. The guest of honour was the MEC for Agriculture, Mr Jacob Marule, who was also one of the conference’s speakers. In a rousing speech during the gala dinner, Marule urged extension workers to do their best as their jobs impact agriculture. He stressed that food security is very important and when it
Photo: Retha Nel
is lacking, it can lead to instability in a country. “Extension services can also be seen as community workers as they assist in sustainable community development in rural communities,” he said. Delegates were warned that the time and space for lazy people was gone. Marule also stressed that extension services should act as humble ambassadors and that it is an honour and a privilege to be a public servant. The highlight of the evening was the awards ceremony, where individuals, teams and municipalities were honoured for good work. The Greater Tzaneen municipality performed very well and won two categories, best team and best municipality.
Representatives of the Greater Tzaneen Municipality proudly received their awards for best team and best municipality at an awards ceremony last week Thursday. The Department of Agriculture held their fourth annual Extension and Advisory Services conference, where the GTM’s department won two of the five categories. Posing here with their award is Mr Charles Mojela, Ms Nontokoza Zwane, Messrs Mdudizi Malomane, Kenny Foforane, Ishmael Baloyi and Charles Mamashela.
7
Maart 2013
Die Rooivleisbedryfsforum versoek dringend dat: • Alle vee-invoere korrek gemerk word met die voorgeskrewe ‘N’-nasionale brandmerk en naspeurbaarheidsoorplaatjies • Alle vragmotors wat vee oor die grense heen ver-voer korrek verseël word, met die seëlnommer aangebring op die uitvoerdokumentasie en dat seëls net by die finale eindbestemming gebreek word; • Die eindbestemming duidelik gespesifiseer word op ‘n invoerpermitaansoek; • Die eindbestemming verskyn op die dokumentasie wat deur die Namibiese Staatsveearts onderteken word; • As die vee vir teeldoeleindes ingevoer word, hulle vergesel sal word deur ‘n invoerpermit wat uit-
gereik is deur die registrateur en die nodige gesondheidssertifikaat toepaslik op daardie gegewe oomblik; • As die vee bestem is vir ‘n voerkraal, dit net ‘n goedgekeurde voerkraal sal wees (minimum kapasiteit van 1 000 kop, ‘n lid van die SA Voerkraalvereeniging of bekend aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye); • Die vee gevoer word vir ‘n minimum van sestig dae voordat dit bemark word aan ‘n abattoir; • Proefsteekkontrole gedoen word by veeverkopings en dat die verkoper en die vee-agent verantwoordelik gehou word as die ooreenkoms nie nagekom word nie.
agri5173jsp110325dm
MARANATA PANELBEATERS
NC O
is, slegs uitgevoer kan word na een van drie eindbestemmings: Direk aan ‘n abattoir vir onmiddellike slagting; Direk aan ‘n erkende voerkraal vir uiteindelike slagting: of As teeldiere vir veeverbetering, indien vergesel deur die korrekte stoetteeldokumentasie Gedurende die afgelope paar maande verskyn al hoe meer vee met die Namibiese ‘N’-brandmerk op die nek, maar waarvan die na-
SO
Die Rooivleisbedryfsforum doen ‘n beroep op alle rolspelers in die veebedryf om te voldoen aan die ooreenkoms wat onlangs gesluit is tussen Suid-Afrika en Namibië, oor die verhandeling van vee tussen die twee lande. Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, verteenwoordigers van die Namibiese Vleisraad, die Namibiese Landbou-unie en die Lewendehawe Produsente Organisasie is dit eens dat die vee wat vir Suid-Afrika bestem
USTICA 1124 CC t/a
TECHNO PARK
Vee-invoere uit Namibië georden
speurbaarheidsoorplaatjies verwyder is, op die SuidAfrikaanse veeverkopings in verskeie van die Noordelike Provinsies. Dié vee word te koop aangebied deur verskeie spekulante wat tans ondersoek word vir die weergee van vervalsde uitvoerinligting. Die Rooivleisbedryfsforum doen ‘n beroep op sy ledeorganisasies om ‘n aktiewe rol te speel in die versekering dat vee wetlik gemerk word en versoek die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die SAPD se Veediefstaleenhede om die Wet op die Identifikasie van Diere en die Wet op Veediefstal streng toe te pas op alle vee-eienaars en veekopers by veeverkopings en abattoirs, en oortreders swaar te beboet of te vervolg.
Jean Small: 083 411 1774 TEL: 015 307 6640 | FAX: 015 307 4354
17 Kudu Street, Industrial Area, Tzaneen
MBH
8
Maart 2013
ADVERTORIAL
ADVERTORIAL
BREAKING NEWS
A silent terror stalks society Cashing in on power
S
oweto, Kliptown - “Careful here. Watch out there. The earth is live,” warned Kabelo as he moved through the narrow alleyways. Kabelo and his partner, John, are just two of the many “street electricians” using their qualifications and experience to cash in on households, small businesses and residents a c r o s s J o h a n n e s b u rg , o ff e r i n g t h e m c h e a p e l e c t r i c i t y. C h e a p e r e l e c t r i c i t y i n t h i s instance of course means stolen. Kabelo and John are always on call when residents
or bypassing of power meters remain the choice of many residents and businesses t o a c c e s s e l e c t r i c i t y. S o m e a r e m o t i v a t e d b y t h e n e e d t o h a v e a c c e s s t o e l e c t r i c i t y, o t h e r s c l a i m p o v e r t y, a n d s o m e a r e p u r e l y motivated by greed to reap more profits for their businesses. Whatever the reason given to justify t h i s c r i m i n a l b e h a v i o u r, t h e f a c t r e m a i n s t h a t i t ’s a b r e e d i n g g r o u n d f o r c r i m i n a l s to “build their businesses” and cash in on this practice. It is a crime that has
and businesses need to connect electricity or fix a malfunctioning illegal line. They charge a flat rate of R200 as a connection fee. There are even “maintenance fees” ranging from between R50 to R100 a month, and there is a cost for replacing wires if these are burnt. Despite the dangers that they pose, illegal connections and the tampering with
become a societal norm, but has a dire impact on fair competition in business and agriculture, puts innocent lives at risk, and interrupts the power supply that must keep the wheels of the economy turning. The crime is not unique to informal settlements and townships. It affects suburbs, businesses and farms, where
OPERATIONKHANYISA.CO.ZA
the theft is more difficult to detect and requires a trained eye to spot the carefully tampered meters and transformers. A campaign is under way to combat electricity theft and is in hot pursuit of perpetrators like Kabelo, John and their customers. The mission of Operation Khanyisa is to mobilise all South Africans to become legal, safe and efficient power users. T h e c a m p a i g n ’s a p p r o a c h i s n o t o n l y to address culprits, but also get lawabiding citizens to acknowledge their responsibility and inspire them to take action against electricity theft. Operation Khanyisa has teamed up with Crime Line to provide a platform for South Africans to report electricity t h e f t a n o n y m o u s l y. B y s e n d i n g a d e t a i l e d S M S t o 3 2 2 11 ( R 1 / S M S ) S o u t h Africans can help combat electricity theft. To join the campaign visit operationkhanyisa.co.za, like facebook. c o m / O p e r a t i o n . K h a n y i s a o r f o l l o w t w i t t e r. com/@Op_Khanyisa. For more info e-mail:info@operationkhanyisa.co.za
DIAL * 228466# (ACTION) FOR MORE INFORMATION ON ELECTRICITY THEFT.
IF YOU COULD SPEAK OUT, WHY WOULDN’T YOU? REPORT ELECTRICITY THEFT ANONYMOUSLY. SMS 32211
( R1/SMS )
10000174SM
THE POWER IS IN YOUR HANDS. operationkhanyisa.co.za
9
Maart 2013
FMD free zone status In September 2012, the SA Veterinary Services applied to the World Organisation of Animal Health (OIE) for official recognition of a FMD-free zone without vaccination. Following the meeting of the Scientific Commission of the OIE in February, the commission concluded that the proposed FMD-free zone in SA does not fulfil the relevant international requirements as defined in the Terrestrial Animal Health Code of the OIE. The main concerns raised by the OIE include aspects of the application including the consistency of the area defined as free, the test used for the surveillance and, the vaccine used in the handling of the outbreak in KwaZulu-Natal. The department is attending to the questions. The SA Veterinary Services is requesting further details from the OIE and will consider all the feedback in detail, in order to address all the issues raised.
Descendants of the Khoisan people are seemingly getting ready to flood the government with new land claims in the Western Cape. They claim, it is alleged, that they were by far and over the centuries the biggest population group in die Cape and that the land was invaded by whites and other groups when they were in fact the vast majority. An interesting piece of history regarding their numbers is to be found in the Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Caper Town. The following is quoted verbatim: The Smallpox Epidemic of 1713 Smallpox epidemic strikes the refreshment station at the Cape, after arriving with the crew on a Dutch ship. The disease wreaks irreparable havoc amongst the in-
Smallpox epidemic strikes at the Cape digenous and colonist population of the Cape Peninsula and adjacent interior. Hardest hit are the indigenous Khoisan people. They appear to have much less resistance to the disease than the slaves and the colonists have and suffer huge losses to their numbers. On 13 February 1713 something as unlikely as the dirty linen of the crew of a Dutch ship that had stopped at the refreshment station of the Cape, wreaked irreparable havoc amongst the indigenous and colonist population of the Cape Peninsula and adjacent interior. The crew, under the
command of Commissioner Johannes van Steeland, had come down with smallpox, a disease that was fatal at the time. Their clothing and other linen were sent to the slave lodge of the Dutch East India Company (VOC) to be laundered. Within weeks the Company slaves were succumbing at the rate of about eight persons a day to the disease. White colonists were also beginning to be affected. By May 1713 the smallpox disease had reached pandemic proportions. The dead could not be buried in coffins, as there was a shortage of wood at the Cape.
By June 1713 the epidemic was largely contained on the Cape Peninsula. However, it spread into the adjacent interior. The white settler farmers were the first to be affected. Farming came to a standstill. Emergency supplies had to be imported from Batavia. However, at the end of 1713 the disease was no longer a threat to the white population. Nevertheless approximately a quarter of the colonist population had died. As soon as the epidemic was over for the European people, the Cape authorities ordered the immediate reconstruction of the affected ar-
eas. However, the indigenous Khoisan people were not as fortunate. They appeared to have much less resistance to the disease than the slaves and the colonists had. The disease was foreign to the Khoikhoi. Hence they had no recourse to indigenous medicines that could be used for this disease. It appears that they felt that the colonisers were actively visiting this evil and death upon them. So the Khoi fled the Peninsula with all their belongings in the hope of escaping the smallpox. But this was in vain: even as they took ill they died almost immediately. The unaffected Khoi groups whom they encountered in the interior to which they had fled, were terrified of the consequences of contact, and consequently killed the fleeing Khoi. By February 1714 the few Khoi survivors reported to the Governor of the Cape that not even ten percent of the original Khoi population of the south-western Cape had survived the epidemic. Whole clans were annihilated in most instances. In other instances, the few survivors could not reconstruct a coherent clan as even the captains had died. For this reason, the indigenous clan names were lost. Instead the Khoikhoi became known by the derogatory term “Hottentotsâ€?. As the smallpox epidemic decimated most of the Khoikhoi, what remained of their economic strength after colonisation was further eroded. Settler farmers moved into areas previously inhabited by the Khoi and started a new existence for themselves with the aid of the Cape government. References: • Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Cape Town: NASOU, 4, p. 378.
10 Water- en grondoorloë kan in Afrika-state suid van die Sahara uitbreek, weens groot maatskappye en ander lande se vraag na grond, sê prof Johann Tempelhoff*. Nie-regeringsorganisasies (NRO’s) wat in die belang van menseregte en die omgewing in veral Afrika suid van die Sahara werk, berei hulself voor om swaarde te kruis met
Maart 2013 regerings en gewetenlose beleggers wat wins uit grond- en beskikbare watervoorrade wil maak. Sedert 2008, met die wêreldwye styging in kospryse, het private beleggers en selfs regerings van ontwikkelde en ontwikkelende lande groot geld in grond belê. NRO’s en navorsers konsentreer in die laaste paar maande meer noukeurig
Die vere gaan op die verskynsel van grondvergrype.
Waar die buitelandse beleggers nie grond koop nie, onderhandel hulle om dit teen gunstige pryse te huur. Dit wil voorkom asof veral grond met ’n oorvloed
waterbronne in die visier is van die beleggers en hul agente, gewoonlik spekulante in grond wat met plaaslike omstandighede vertroud is. Lande soos Ethiopië, Zambië, Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, en selfs Suid-Afrika in ’n mindere mate het reeds die slagoffer geword van die tendens. Wanneer ’n transaksie met beleggers gedoen word, beteken dit dat die voortbestaan van landelike en tradisionele gemeenskappe in die weegskaal is. Ook in Suid-Afrika is daar woelinge. In die georganiseerde landboubedryf het verskeie boere reeds, soms in samewerking met die SA regering en dié van lande in Suider-Afrika, toestemming gekry om groot landbouprojekte dáár te bedryf. Die projekte word gekenmerk deur ooreenkomste dat die boere die grond bewerk, al die toerusting, saad en kunsmis voorsien en produseer met die oog op (word te kenne gegee) die bevoordeling van plaaslike verbruikers en die uitvoermark. In baie dele van Afrika hou grond- en watervergrype egter min voordeel in vir die inheemse bevolking. Beplanners in SA is reeds besig om buitelandse grond- en waterverkryging met hul toekomsvisie vir SA te integreer. In die jongste uitgawe van die nasionale waterplan vir Suid-Afrika het beplanners van die departement van waterwese voorsiening gemaak dat Suid-Afrikaanse water meer vir nywerheidsontwikkeling as kosproduksie ge-
bruik word. Virtuele water — die akademiese woord vir water wat gebruik word om kos te produseer — is die vloeibare goud wat ingevoer gaan word, om die beskikbare waterbronne van SA eerder vir nywerheidsontwikkeling te oormerk. Meer as 50% van SA se water word tans vir besproeiingsboerdery gebruik. Beplanners redeneer dat ons eerder besproeiingwater vir nywerheidsontwikkeling kan gebruik. Hulle meen SA moet industrialiseer, krag uitvoer en kos van sy noordelike bure invoer. Die regering en die georganiseerde landbou sal noukeurig oor dié strategie moet besin. Afhanklikheid van eksterne voedselvoorsiening is ’n veiligheidsrisiko. Voedselsekerheid kom regstreeks in die gedrang. Een ding is seker: Die vere gaan kort voor lank begin waai. Sedert 2012 is agentskappe van die Verenigde Nasies (VN), soos die voedsel- en landbou-organisasie (FAO), die Wêreldbank en verskeie NRO’S, onder meer Spanje se Grain, besig om die prosesse te monitor. Hulle werk aan planne in die belang van behoeftige landelike en inheemse gemeenskappe in Afrika suid van die Sahara, om hulle te beskerm teen heethoofdige regerings en onetiese beleggers. Baie van die grond word gebruik vir die produksie van biobrandstof. In Europa word biobrandstof toenemend gewild in die lugvaartbedryf. Intussen word grond in Afrika geoormerk om te
voorsien in die voedselbehoeftes van mense in SuidKorea, China, Indië, SaoediArabië en selfs ontwikkelde lande van Wes-Europa en Noord-Amerika. Lester Brown, ’n gerekende omgewingswetenskaplike en toekomskundige, skryf in die eerste 2013-uitgawe van die Amerikaanse tydskrif The Futurist dat streekoorloë oor grond, veral in Afrika suid van die Sahara, kan uitbreek as stappe nie gedoen word nie. In die wetenskaplike tydskrif Water Alternatives is in Augustus 2012 ’n hele uitgawe gewy aan watervergrype wat regstreeks met die grondvergrype in ontwikkelende lande verband hou. Gevallestudies in Suid-Amerika en lande in Afrika suid van die Sahara word in detail bespreek. Statistiek oor die vergrype is nie geredelik beskikbaar nie. Gevolglik het die meer as honderd NRO’s wat tans op die verskynsel werk, begin om databasisse saam te stel. Nuusberigte, handel- en nywerheidsverslae en landbounavorsing word gebruik om indrukke te kry van die omvang van grond- en watervergrype. Dit is duidelik dat die lande wat in grond belê, in die belang van hul eie voedsel- en brandstofbehoeftes optree. Vir groot maatskappye soos Suid-Korea se Hyundai Heavy Industries, die Egiptiese beleggingsmaatskappy Citadel Capital, Indië se Karuturi Global en Saoedi-Arabië se buitelandse boerdery-inisiatief, gaan dit oor winsgewende
Advertorial
Beheer witluis op ‘n natuurlike manier Sitrusboere is goed bekend met witluis en sy skadelike nagevolge: misvormde vrugte; roetskimmel en rooi stippels op pomelo’s. Daar is wel ‘n eenvoudige, natuurlike manier om die balans in ‘n sitrusboord te herstel, deur die witluis se natuurlik vyand die harde werk vir jou te laat doen. Per-mX™ parasitoïide is deel van die Encyrtidae- familie en is ‘n uiters effektiewe klein wespe wat witluis nimfe parasiteer (en mutileer) en sodoende op ‘n natuurlike manier witluis-skade voorkom. Per-mX™ wespe val slegs witluis aan, en het geen effek op ander voordelige insekte nie. Per-mX™ laat geen che-
miese residu en dis vinnig en maklik om in boorde te versprei . Hierdie ywerige wespe kan ook witluise bereik in beskutte areas, soos onder die bas of kelkblare van vrugte, waar spuitmiddels nie kan bykom nie. Per-mX™ word verpak in eenvoudige karton boksies, wat direk in die boord geplaas word. Die Per-mX™ wespe broei na ongeveer drie dae uit en verlaat die houertjie om kos (witluise) te soek. Om meer uit te vind oor Per-mX™ en om bestellings te plaas, kontak Stephan Honiball by Vital Bugs (087 751 0279) of e-pos info@vitalbugs.co.za Meer inligting is ook beskikbaar by www.vitalbugs.co.za.
11
Maart 2013
nog waai beleggings- en ontwikkelingsmoontlikhede. In die geval van Midde-Oosterse beleggings soek hulle grond om water te kry vir kosproduksie. Vir beleggers in grond en water in die ontwikkelende wêrelddele is daar groot risiko’s. Gebrekkige kennis oor plaaslike omstandighede, onbekende plantsiektes, gebrekkige kommunikasie-infrastruktuur en onkunde oor plaaslike hidrologiese omstandighede is enkele probleme. Gevolglik staar groot uitgawes beleggers in die gesig voordat die grond en beskikbare water in produktiewe bedrywe op dreef kan kom. NRO’s is veral gefokus op menseregte wat met grond- en watervergrype in die slag kan bly. Daar word geredeneer dat onverantwoordelike regerings selde in die belang van burgers optree. Verdienstes uit grondverkope of verhuring vul dikwels die sakke van korrupte amptenare en politici. Daar word ook aanvaar dat as goeie etiese grondslae in werking gestel is, kan internasionale landbou-ontwikkeling in Afrika suid van die Sahara gebeur. Die proses kan dan heelwat bydra om armoede, voedselnood en die vraag na werkgeleenthede te pak. Maar dan sal ’n wen-wen-situasie vir al die deelvennote voorrang moet geniet. Sedert 2012, na aanleiding van VNgeïnisieerde onderhandelings tussen regerings en finansieringinstellings is hard gewerk om ’n stel etiese riglyne te skep. Daar sal van voornemende beleggers verwag word om hulle aan sekere voorwaardes te verbind, voordat hulle openlike goedkeuring vir hul bedrywighede kan kry.Een gevolg van die stappe wat
nou onderhandel word, is dat internasionale grondvergrype besig is om toe te neem. Beleggers vrees dat grondpryse die hoogte sal inskiet en allerhande beperkings sal geld op die wyse waarop hulle hul grond gebruik, sodra daar internasionale konsensus verkry word oor die korrekte wyse van grondverkryging. Nog ’n gevolg is dat daar reeds aanduidings is dat sommige beleggers hul ooreenkomste met regerings skoei op meer verantwoordelike grondslae. Menseregte en die eweredige verdeling van voordele uit grondgebruik word gerespekteer. ’n Algemeen aanvaarde stelsel van grondbenutting en gelykheid sal nog lank neem om in werking te kom, maar NRO-waghonde monitor voortdurend wat aan die gang is. In SA is ook navorsers wat reeds ’n geruime tyd op buitelandse beleggings in grond fokus. In Desember 2012 het ’n navorsingsverslag verskyn waarin grondbesitpatrone in SA redelik noukeurig uiteengesit word. Daar is duidelik leemtes in die inligting en die Suid-Afrikaanse verslag het plek-plek ’n gebrek aan noukeurige inligting. Dit is duidelik dat ongebreidelde grondvergrype en die watervergrype wat daarmee saamgaan in die afsienbare toekoms skerp in die soeklig in die internasionale gemeenskap gaan kom. * Prof. Tempelhoff is ’n water-historikus in die Skool vir Basiese Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoek-kampus in Vanderbijlpark.
12
Maart 2013