November 2013
2
November 2013
is ’n publikasie van
Bulletin Redakteur: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Joernalis: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: David Morrison david@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Your agri advertising solution providers Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Thinus van Deventer 083 611 6292 thinus@bulletin.us.com
Landbou in SA Landbou is die laaste jaar of twee in die spervuur oor al die verkeerde redes. Die nuutste is Mnr Dries Enslin, Hoof- uitvoerende die artikel 77 beampte van AgriLimpopo, skryf: aansoek wat Cosatu by Nedlac ingedien het. Die kern van hierdie aansoek is die stadige transformasie van landbou. Transformasie in landbou het vele gesigte. Ons ken dit as grondeise, verblyfregsekerheid vir plaasarbied, “Water allocation reform” (WAR), minimumloon, BBBEE, ensovoorts. Dit is hierdie spoke wat ons in die nagte wakker hou. Die vraag is wat wil die regering eintlik met bogenoemde aksies bereik? Net soos met regstellende aksie in die werkplek is die regering se oogmerk dat die landbousektor die demografie van die Suid Afrikaanse samelewing weerspieël. Ons in die landbou het nog nie hierdie realiteit regtig besef nie. Ons probeer ons posisie verdedig deur agter voedselsekuriteit te skerm. Maar gaan dit ons regtig red? Nee, ek betwyfel dit. Die landbousektor sal ‘n kopskuif oor transformasie in sy geheel moet maak. Ons voortbestaan is direk gekoppel aan die ontwikkeling van klein kommersiële swart boere. Net soos die ontwikkeling van ‘n swart middelklas die gemiddelde wit middelklas bevoordeel, sal die ontwikkeling van swart
kommersiële boere die wit boere bevoordeel. Verder kan ons vra of grondeise, WAR, ensovoorts, swart kommersiële boere gaan bevoordeel? Die antwoord is nee, dit gaan eerder die proses bemoeilik. Het die regering die vermoë om swart kommersiële boere te ontwikkel? Weereens is die antwoord nee. Die rede is dood eenvoudig omdat die regering die markomgewing te veel wil reguleer. ‘n Té groot deel van die koste van insette word deur die regering beheer, soos elektrisiteit, brandstof, minimumloon, E-tol, ensovoorts. Die direkte gevolge hiervan is dat groot boere groter word en dat die klein boer verdwyn. Die regeringsbeleid bevoordeel dus die makro boer. Vir ‘n swart boer om te ontwikkel in ‘n groot kommersiële boer moet hy eers ‘n klein kommersiële boer wees. Met die huidige regeringsbeleid in die markomgewing kan die opkomende boer nie die skuif na klein kommersiële boer maak nie. Die hoofrede hiervoor is eiendomsreg. Die opkomende boer is hoofsaaklik aktief op kommunale grond waar hy geen eiendomsreg het nie. Hy kan dus nie kapitaal skep deur die grond te verpand nie. Met grondeise word die grond in die regering se naam geregistreer. Weereens kry die swart boer gebruiksreg, maar nie eiendomsreg nie. Effektief haal die regering die groeipotensiaal van landbou uit die stelsel deur hul sosialistiese beleidsrigtings ten opsigte van grondbesit. Dit is ook die dood in die pot vir die swart aspirantboere.
Ons kan vele van hierdie redenasies ophaal en uitdink. Dit gaan egter niks aan ons posisie in die nuwe Suid-Afrika verander nie. Die vraag is wie moet die fasiliteringsrol speel, om die situasie te verander? Die antwoord is eenvoudig: die bestaande klein en mediumgrootte kommersiële boere. Soos reeds genoem bevoordeel die huidige beleid die ontwikkeling van makro boere. Daar is dus nie druk op die makro boer om te verander nie. Die “hoe” lê heel moontlik vasgevang binne die produsente-organisasies. Die suksesverhale met die ontwikkeling van swart boere kan jy gaan haal in die graan-, wol-, en suikerbedrywe. Die ander bedrywe sal hier moet gaan kers opsteek en suksesse met mekaar deel. Dit is tyd dat die klein en medium wit kommersiële boere om ‘n tafel moet gaan sit met die swart opkomende boere, saam met die regering en ander potensiële vennote in die waardeketting en ‘n pad vorentoe beplan. Die plan gaan innoverend moet wees en dat daar opgeoffer moet word is verseker. Die regering kan egter nie ‘n leidende rol speel nie, want sosialistiese beleidsrigtings het nog nooit waarde geskep nie. Die klein en medium kommersiële boer moet die leidende rol speel, via sy georganiseerde strukture. Daar is nie ‘n ander manier om die regeringspoke te verjaag en om die voortbestaan van kommersiële boere te verseker nie.
3
November 2013
Skokkende tamatievermorsing Bykans R200 000 se tamaties word daagliks in ‘n groot deel van Limpopo weggesmyt, weens ‘n gebrek aan verwerkingsgeriewe in die provinsie. Die mense wat aan die kortste ent trek, is veral die kleinboere wat lede is van die Limpopo Tamatie Kwekersvereniging (LTGA). Die meeste van hulle is in die omgewing van Tzaneen en Mooketsi. Al verwerkingsaanleg tot hul beskikking vir die maak van tamatiepuree, -pasta en –poeier is in Politsi, maar die fabriek kan net 100 ton per dag hanteer. Kratte vol tamaties staan in stapels tot vyf dae op die perseel voor dit verwerk kan word, terwyl produsente se voertuie lank moet staan en wag vir leë kratte. Die direksie van Norjax Canning Die verwerkingsmasjien kan 100 ton tamaties per dag hanteer, maar dit is te min vir die groot volume spook reeds maande lank om toegang wat gelewer word. tot finansiële hulp te kry, vir die koop van ‘n groter verwerkingsmasjien. Hulle het bykans alle moontlike kanale gevolg, maar kry nie die verlangde reaksie nie. ‘n Parlementêre oorsigkomitee het
die fabriek onlangs besoek en die hoop gelaat dat geld vir die nuwe masjien beskikbaar sou word. Die masjien kos R12 miljoen, maar kan teen volle kapasiteit van 500 ton per dag glo sorg dat tot 36 000 werkgeleenthede in fabrieke, by boere, kwekerye en vervoer geskep word. Die provinsie se departement van landbou het ook die fabriek besoek en ‘n verslag opgestel, wat aan die LUK, me Rosina Semenya, voorgelê is. Norjax of die LTGA het egter nog niks weer hiervan gehoor nie. Die jongste verwikkeling was dat mnr K Slabbert van Limpopo Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing en Toerisme (LEDET) en ‘n mnr Maake van die Kleinsake-ontwikkelingsagentskap (SEDA) oor hulp aan Norjax sou praat, maar dié ontmoeting van drie weke gelede het nooit plaasgevind nie. Die Bulletin het reeds op 20 September berig dat die verwerkingsbedryf in Limpopo groot skade ly, weens invoere van tamatiepuree en ander produkte
uit China — wat dit teen lae koste in Suid-Afrika stort. Intussen vrot Limpopo se tamaties voort en produsente ly groot skade.
Die direksie van Norjax is mnre MP Phahla, MJ Ramophela, Hennie Kleinhans en PR Moketla (voorsitter).
Die enkele leë kratte is te min om aan produsente te verskaf.
Kratte vol ryp tamaties staan en wag om verwerk te Ryp tamaties word nie deur markte Pitte en skille word verwyder, voordat ‘n Trok van Montina Boerdery staan en wag vir word. leë kratte, nadat ‘n vrag tamaties gelewer is. aanvaar nie en moet verwerk word. tamaties vir puree of pasta verwerk word.
8 Ton Payload*
4 Ton Payload* TATA LPT813
Wishing all an enjoyable Festive Season! General Manager: Ruben Render
TATA LPT1518
R227 760
R347 032
excl. VAT
R25 000 Cashback
13.5 Ton Payload* TATA LPT2523
R506 813 excl. VAT
Incl. 7,2m dropside body excl. VAT
* Valid at Imperial Commercials Polokwane only
Sales Team: Saligna Dressels Herman Koelman Mias van Vuuren Service Manager: Gert vd Merwe 81 19th Ave, Industria Polokwane Tel: 015 297 7046 24-HR Parts: 083 648 0677 Limpopo 24-HR Breakdown Service: 083 644 7223 Fax: 015 297 7045 Imperial Commercials is an accredited Financial Service Provider (FSP 25934)
75 Ton GLM
TATA V3TXF
*
R1 222 919 excl. VAT
TATA Novus ISX 480 HP ENGINE
10m3 Payload
TATA K5DEF
R50 000 R929 340 Cashback excl. VAT
*
* Valid at Imperial Commercials Polokwane only
We’re here to take care of you and in addition to excellent customer service, we provide a 24hr parts line and breakdown service. We also do wheel alignment both on and offsite. Finance options available! Contact Saligna Dressels for further enquiries.
TRUCKING,
PLAIN AND SIMPLE. * Incl. 3 year / 300 000km extended warranty
4
November 2013
TLU-boere knor oor ramphulp Daar moet totaal nuut gekyk word na rampbestuur in Suid-Afrika, omdat dit wil voorkom of die bestaande maniere van optrede nie meer aan die vereistes van die tyd voldoen nie, sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Dit het tyd geword dat die staat aandag moet gee aan ‘n staatsondersteunde versekeringsfonds spesiaal vir landbou. ‘n Dringende beraad hieroor is noodsaaklik om die behoefte te bepaal en die inkoop van alle rolvertolkers te bekom,” sê Van Zyl. Hierdie oproep kom na aanleiding van twee uiterstes wat landbou tans tref. Dit is verwoestende vloede en
ewe verwoestende droogtes. “Klimaatsverandering word reeds in Suid-Afrika gevoel, en die vernietiging van oeste en die vermindering van veekuddes om hierdie probleme die hoof te kan bied, bting voedselvoorsiening, voedselsekerheid en selfs die bekostigbaarheid van voedsel in gedrang.” Hy sê optrede tot dusver is onbevredigend. Dit neem te lank om ‘n gebied tot rampgebied te verklaar, om opnames van skade te doen, en uitbetalings kom dan dikwels eers ‘n jaar later. Boere kan nie meer oorleef op hierdie werkswyse en
omstandighede nie.” Plaaslike permanente rampkomitees behoort deurlopend inligting deur te gee aan georganiseerde landbou, wat op sy beurt weer ‘n oop kanaal na die voorgestelde regeringsondersteunde versekeringsfonds behoort te hê. In die lig van die plaaslike knelpunte is TLU SA ook teleurgesteld dat SA boere afgeskeep word met minder as die helfte van geld wat aan Namibiese boere gegee is. “Ons het begrip vir ons bure-boere, maar ‘n regering se plig lê immers in die eerste plek by sy eie mense,” het Van Zyl gesê.
Mooi mot los lelike letsels ‘n Lastige mot uit die kusgebied van KwaZulu/Natal is weer erg bedrywig in die Tzaneen-omgewing en pla veral die talle kwekers van broodbome. Dit is die motjie met die geel vlerke en die swart kolletjies wat so vrolik tussen die plante vlieg, asof daar niks sal gebeur nie. Sy biologiese naam is Zerenopsis Leopardina en hy verwoes graag broodbome se vars groeiblare, Die mot vlieg rustig om sy “aanvalsgebied” en gaan lê tot vyftig eiertjies op ‘n keer aan die onderkant van sappige jong blare aan die broodboom. Hulle is so mak en blatant dat jy hulle met die hand kan vang. Hulle prooi ook op die noem-noem (Carissa Sp), ‘n inheemse
plant in die Oos-Kaap. Die larwes broei vinnig uit en binne twee dae begin hulle die sappige blare vreet. As vinnige teenmiddels nie toegedien word nie, vreet hulle die mooiste deel van die broodboom disnis en skend die plant se voorkoms. Die skade kan later so ver strek dat die broodboom se lus om te groei afneem en die plant dan maar uiteindelik vrek. Die kleurvolle klein mot het waarskynlik in Limpopo beland met die verskuiwing van besmette plante uit KwaZulu, ‘n klompie jare gelede. Dit word beskryf as ‘n inheemse plaag en kan deur die meeste plaaslik beskikbare insekdoders bestry word.
Photo: Kumbula Nursery
November 2013
Bulletin130712SM
5
6
November 2013
Internasionale deurbraak vir SA Gehaltebeheer in die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf kan nou aansienlik opgeskerp word. Die stelsel hiervoor is enig in sy soort ter wêreld en spoor defekte op wat nie met die blote oog gesien kan word nie. Dit bring groter gerustheid vir ’n bedryf wat enorme volumes vrugte in puik toestand aan buitelandse kopers moet lewer. Die sorteerstelsel ”sien” defekte onder die skilvlak en kan daarvolgens gradeer. Hierdie stelsel, die derde in die wêreld vir sagte sitrus, maar eerste in sy soort vir naveltipes, is in samewerking met ’n vooraanstaande sitrusboer ontwikkel. Pieter Nortje, eienaar van Sitrusrand en ook pionier op die gebied van outomatiese gehaltesortering vir sitrus in Suid-Afrika, het verlede jaar nog een van Greefa se gewilde SmartSort-gehaltesorteerders gekoop en dit met die nuwe iPix sagte- en hardeware laat toerus. Die stelsel werk met swart ultraviolet en bring onsigbare defekte uit, wat deur faktore soos Valskondlingmot, kneusing, kraakskil en verkeerde uitbreek van stingels veroorsaak word. Foto’s van die lemoen se skil wys hoe die skade homself gaan manifesteer, wanneer dit ’n paar dae later met die blote oog waargeneem kan word — in baie gevalle wanneer die besending reeds op pad oorsee is. Gerhard Visagie van MED Automation is sowat ’n jaar gelede deur Nortje versoek om op grond van inligting wat tydens die 2012 seisoen ingesamel is, sagteware te laat verfyn om ook vlekinligting op navel-variëteite te dek. Visagie het Greefa genader en die maatskappy kon aan die versoek voldoen. Hy sê die stelsel help om betyds van tot soveel as 20% van die totale oes (in ekstreme gevalle) wat deur verborge defekte aangetas is, ontslae te raak. Nortje — wat reeds 1,9 miljoen kartonne van 21 variëteite uitvoer en nou na 3,5 miljoen kartonne mik — gebruik iPIX saam met sy bestaande iQS-gehaltestelsel. Die stelsels word tesame op Greefa SmartSort voorsorteerders geïnstalleer en tot 70 iPIX-foto’s word van elke vrug geneem. Op dié manier word vrugte met sowel
Onsigbare defekte in lemoene só bespeur
eksterne defekte (met behulp van iQS) en onsigbare defekte (met behulp van iPIX) uitgeken en verwyder en kan die finale stadia in verpakking onbelemmerd en met groter deurset van die gekeurde produk verloop. “Die uiteindelike gevolg is aansienlike besparings op kapasiteit, arbeid, tyd, materiaal, waks en chemikalieë,” sê Nortje. “En natuurlik ‘n groter gerustheid oor die produk wat jy uitvoer.” Dit wil voorkom of die nuutste tegnologie reeds ‘n uitwerking op Nortje-hulle se oorsese inkomste het. “Die verskeie klasse behaal beter pryse as die gemiddelde, omdat die klant elke keer dieselfde produk met betrekking tot kleur, vorm, grootte en gehalte kry; en weet dat bederf tot die absolute minimum beperk is. Klante bestel dus met groter vrymoedigheid.” Buiten die oorsese markte baat ook hul plaaslike vars- en sapmarkte by die nuwe tegnologie.
Reliable, refrigerated transport. On time, at temperature, every time.
Thanking our clients for their support during 2013. Wishing everybody a Merry Christmas and a prosperous 2014. Your team for Limpopo, Mpumalanga, Swaziland & Mozambique
Jacques Mollentze Cell: 082 523 9143 jacquesm@hfr.co.za
Nico Mostert
Cell: 083 230 7468 nicom@hfr.co.za
Head Office +27 11 306 6000 / 0800 HFR HFR (437 437) www.hfr.co.za
Nortje (ook voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging) reken sy iPIX-masjiene gaan hulself binne die volgende vier of vyf jaar afbetaal. Dus beskou hy die gebruik daarvan as ’n noodsaaklikheid eerder as ’n weelde. “Ek kan nie sien hoe ek daarsonder kan klaarkom nie en sal iPIX by alle verdere installasies insluit, omdat dit sortering grootliks outomaties maak.” Bykomende aanplantings van 450 ha behoort Nortje by sy teiken van 3,5 miljoen kartonne te bring. Die toerusting in die oudste van sy drie pakhuise word vanjaar in sy geheel met toerusting vervang wat ‘n verdere twee Greefa iQS4-sorteerders insluit. Nortje besit tans 5 Greefa- en MED Automation-stelsels, waarvan die oudste binnekort na Columbia verskeep word. Sowat 350 werkers is by die huidige pakhuise in diens en aanstaande jaar kom nog ’n pakhuis by. Ook hiervoor is Greefa- en MED Automation-toerusting bestem. “Ek kom al ’n lank pad met Greefa-sagteware en MED Automation se stelsels. Ek het my eerste Greefa-masjien in 1995 gekoop en hy loop nog elke dag. Die produsent in Colombia wat dit by my oorneem, gaan ook nog baie jare se diens uit dit kry. “Ek moet sê ek is net so tevrede met hul iPIX. Greefa werk deurentyd aan die sagteware en verbeter en gradeer soos dit nodig word,” voeg hy by. “Dis reeds moontlik om defekte van mekaar te onderskei en die waardes kan deur die operateur self verstel word.” Gerhard Visagie en sy bekwame span het in MED Automation se bestaan van tien jaar ’n gerespekteerde kliëntebasis in die Suid-Afrikaanse vrugtemark opgebou (Patrysberg, Ceres Fruit Growers, Laeveld Sitrus, Two a Day en natuurlik ook Pieter Nortje se sitrusbelange onder hulle) en hy sien groot moontlikhede vir stelsels soos iPIX, wat defekte na aanleiding van ’n groep eienskappe identifiseer en outomatisering bevorder. Dit gaan SuidAfrika meer mededingend op oorsese markte maak, voorspel hy.
November 2013
7
8
November 2013
Subtrop had a bright year Headline Industry Stats Stats Headline Industry
South African Avocado Production
Total 35 530 ha
120 000 t
7 000 t
38 000 t
65 000 t
943 000 t
R730 mil.
R 50 mil.
R1.3 bil.
R150 mil. R2.23 bil.
* FOB for export and equivalent for National Fresh Produce Markets
Subtrop has had an excellent year as the umprella organization for the avo, litchi, macadamia and mango industries in South Africa, said its managing director, Mr Derek Duncan, at Subtrop’s annual marketing symposium in White River. The four products cover a total area of 35 530 hectares under production and produced 943 000 tons of fruit and nuts worth R2,23 billion. Macadamias are on top of the list, with 18 000 ha under production. They produced 38 000 tons of nuts and generated an income of R1,3 billion. Avocado’s raised R730 million with 120 000 tons on 15 800 ha, while mango’s produced 65 000 ton on 7 000 hectares for a total of R150 million. The litchi production was 7 000 tons on 1 730 ha, worth R50 million. Donkin said the role of Subtrop’s member associations is to do those things that individuals are not able to do on their own. In order for growers to remain competitive,
120,000 100,000
80,000 60,000 40,000 20,000 -
Year Year
2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012
Export
Nat. Fresh Prod. Markets
Direct to retail
Informal trade
Oil
Guacamole
Juice Juice
National Fresh Produce Markets National Fresh Produce Markets
Exports Exports
South African Macadamia Production
South African Macadamia Production South Production SouthAfrican African Avocado Avocado Production Greenskin & Hass Exports
60000 50000 40000 30000 20000
45000 40000 35000 30000 25000 20000 15000 10000 5000 0
10000
Dry Nut in Shell
1991 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013
7000 ha
9000 10000 8000 9000 7000 8000 6000 7000 5000 6000 4000 5000 3000 4000 2000 3000 1000 2000 0 1000 0
Cracked in South Africa
0
Exported as Nut in Shell
2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013
Greenskins
the associations are working to overcome the limiting factors which are inhibiting potential. The association boards are working hard to focus activities to address limiting factors, such as access to new markets, growth of existing markets and research. The research done is to increase production and improve quality (cultivars, pests and diseases). The boards are also making the best practical information available.
Ons herstel: Enige hidroliese pype Enige tyd • Enige plek Hans van Rooyen 082 769 8254
Irrigation • Besproeiing PVC Piping & Fittings • Galvanised Piping & Fittings • Poly Piping & Fittings • Dripper Piping Drippers & Fittings • Micro Sprinklers • Valves • Pumps • Hoses • Plumbing Products • Garden Irrigation Products • Swimming Pool Products • Various Hardware Products
We m ake irr iga tio ne asy! Tel: 015 307 5990 • Faks: 015 307 4760 11 Koedoe Street, Industrial North, Tzaneen | info@bekmar.co.za
agri9093bm131129tb
Baie dankie aan al ons lojale kliënte vir die ondersteuning in 2013. Mag dit ‘n geseënde Feesgety wees vir almal.
South Mango Production South African African Mango Production
Hass
100000 90000 80000 70000 60000 50000 40000 30000 20000 10000 0 Year
Dried
86/87 87/88 88/89 89/90 90/91 91/92 92/93 93/94 94/95 95/96 96/97 97/98 98/99 99/00 00/01 01/02 02/03 03/04 04/05 05/06 06/07 07/08 08/09 09/10 10/11 11/12 12/13
18 000 ha
Production (tons) Production (tons)
15 800 ha 1 730 ha
140,000
Production (tons)
Mango
Production (Tons)
Value*
Macadamia
Production (tonnes)
Area under production Annual production
Litchi
Volume (tons)
Avocado
SouthAfrican AfricanLitchi LitchiProducti Production South on South African Litchi Production 10000
South African Avocado Production
Achar
Juice
National Fresh Produce Markets
Exports
The role of the growers associations are to play a coordinating role, rather than individual farm consultations. Projects in each area are agreed to by grower area committees and study groups have regular meetings. Farm visits are done on request, while information is available on websites, the Subtrop Journal and e-newsletters.
9
November 2013
Duitsers eet meeste avo’s Germany – Importance in the EU Germany - Importance in the EU Germany – Importance in the EU
Market Analysis Germany Market Analysis Avocado In-/Exports Germany Developing AvocadoMarket In-/Exports Developing Market
Trade Activities
Activities TradeTrade Mailing Trade Mailing Trade Cooperation
Trade Cooperation
Media Activities Media Activities Media Review Media Review Release PressPress Release Media Cooperation Media Cooperation Website Website Radio Program Media RadioRegional Program Regional Media
Source: International Monetary Fund, World Economic Outlook Database, October 2012.
Source: International Monetary Fund, World Economic Outlook Database, October 2012. © mk² gmbh
Die grafiek toon dat Duitsland die hoogste plek op die EU beklee, met ‘n bruto binnelandse produk © mk² gmbh (BBP) van 35 000 miljard Amerikaanse dollars. Dit is ‘n noodsaaklike vastrapplek vir avo’s uit SA.
Duitsland bly die gunstelingmark vir avokado’s uit Suid-Afrika. Dit het ‘n bevolking van 82 miljoen en beslaan 17% van die Europese Unie (EU). Die avo’s bereik Duitsland deur Nederland, wat die grootste invoerder (120 000 ton) van dié produkte in die EU is. Suid-Afrika het die afgelope seisoen 31 400 ton na Nederland gestuur, wat alle ander uitvoerlande van avo’s oortref. Die grootste produsent van avo’s bly steeds Mexiko met ‘n totale uitvoer van 657 000 ton. Dan volg Peru met 83 350 ton, Chile (68 000 ton), Spanje (49800 ton), Suid-Afrika (49 100 ton) en Israel (44 600 ton). Nog ‘n faktor wat Duitsland aantreklik vir uitvoerders maak, is dat avoverbruik in dié land met 30% toegeneem het. Die EU se verbruik van avo’s het gemiddeld met 10% gegroei, terwyl die verbruik in lande soos Pole, die Tsjeggiese republiek en Romenië tot 50% vermeerder het. In Junie vanjaar is regstreekse verbinding met meer as negentig groot handelskontakte in Duitsland en Nederland gemaak. Die fokus was op SA as ‘n uitvoerder met die beste gehalte avo’s. Verslag is ook gelewer oor die vernaamste variëteite en hanteerwenke. Die voordele was die handhawing van bestaande en vestiging van nuwe handelsvennote. Dit het ook handelsvennote en die kleinhandel groter agtergrond oor SA avo’s gegee, en die SA Avokwekersvereniging (SAAGA) as ‘n betroubare en langtermyn vennoot gevestig, sê me Maria Kraus, SA se agent in Europa.
Rukwinde saai verwoesting ‘n Stormwind het vroeër vandeesmaand skade virvrugteprodusente in die Politsi-gebied veroorsaak. Op die plaas van mnr Francois Vorster het piesangbome omgewaai en avo’s het op die grond beland. Sy bestuurder, mnr Etienne de Lange, het gesê hulle het die skade vasgestel en dit lyk op die oog af nie te groot nie.
Van die swaardraende piesangbome het omgewaai. Mnr Calvin Fowler van Westfalia het gesê daar was skade aan die avoboorde, maar kon nie oor die omvang daarvan uitwei nie. ‘n Deel van die storm het ook plase in Deerpark getref, bome ontwortel en vrugte afgewaai, maar minder as in
W E STEEL & Palisade Fencing
RANDOM STEEL LENGTH
bulletin8678wes130726dm
• FLAT & ROUND BAR • SQUARE TUBING SHEETING CHANNELS • ANGLE IRON WELDING • ACCESSORIES • BOLTS • NUTS
Ons het ook b-graad staal
Tel: 015 307 7705 5 Duiker Street, Old Industrial, Tzaneen, 0850
Politsi, het mnr Lucas McLean, ‘n kwekery-eienaar, gesê. Plantasies het ook deurgeloop en verskeie bloekombome is omgewaai. Volgens mnr Willem Hollestein van Komatipoort Plantasies was dit net gering. Wat hulle die meeste ontwrig het, was die kragonderbrekings wat deur die stormwind veroorsaak is.
10
November 2013
Skorsie-gewildheid groei steeds Skorsies het nog altyd ‘n belangrike deel van die SuidAfrikaanse huisvrou se groentemandjie uitgemaak. Die huisvrou van vandag neig om, weens werkdruk, klaarvoorbereide groente te koop, of alternatiewelik vars groente wat makilik en vinnig is om voor te berei. Dit is juis die verbruikersvriendelikheid van botterskorsies en lemoenpampoentjies wat tot die toename in gewildheid van hierdie tipes bydra. Rankgewasse soos botterskorsies en pampoene is warmweer gewasse wat uiters gevoelig is vir rypskade. Die volgende vereistes moet in aanmerking geneem word in die vestiging van hierdie gewasse. Grondvereistes: Rankgewasse sal met goeie bestuur op ‘n wye verskeidenheid van grondtipes goed presteer, mits die grond goed dreineer. Vermy lande waar rankgewasse die vorige jaar geplant is en maak seker van die onkruiddoders wat voorheen gebruik is. Die ideale pH vir rankgewasse is tussen 6.0 en 6.5. Bemesting: Weens die diversiteit van grondtipes en variëteitsbehoeftes is dit onmoontlik om ‘n spesifieke bemestingaanbeveling sonder ‘n grondontleding te maak. Die volgende riglyne moet egter in aanmerking geneem word: Makro elemente Rankgewasse se voedingsbehoeftes per hektaar is ongeveer 80 – 120 kg Stikstof (N), 40 - 90 kg Fosfor (P) en 30 – 80 kg Kalium (K). Dit is van uiterste belang dat voedingstowwe wat in die grond teenwoordig is in ag geneem word, aangesien rankgewasse ‘n aggresiewe wortelstelsel het, wat veral residuële stikstof tot so diep as een meter kan opneem. Te veel stikstof lei tot ‘n te digte blaarbedekking wat bestuiwing van blomme kan bemoeilik,met ‘n gevolglike lae opbrengs. Mikro elemente Plante benodig minimale hoeveelhede mikro-elemente wat noodsaaklik is vir gesonde groei en optimale
produksie. Dikwels vertoon slegs enkele plante mikroelementtekorte. Hierdie tekorte is dan ook moeilik identifiseerbaar, selfs deur grond- en blaarontledings. Molibdeen-tekorte kom dikwels in die Laeveld voor, waar die grond pH neig om laer as 6 te wees. Plante wat hierdie tekort ondervind is gewoonlik onder-ontwikkel, liggroen van kleur en die blaarrante krul opwaarts. Plantestand Plantestand van pampoene en skorsies word beïnvloed deur die planttipe, byvoorbeeld rank of bos, en of die oes onder droëland toestande of onder besproeiing verbou gaan word. Daar word aanbeveel dat die saad net voor plant teen grondgedraagde organismes behandel word. Muise is besonders lief vir pampoensaad en voorsorg moet hiervoor getref word, deur byvoorbeeld lokaas te gebruik. Besproeiing Besproeiing van basterskorsies en pampoenvariëteite is noodsaaklik om maksimale opbrengste te verseker. Daar moet in klam grond geplant word. Grond moet klam gehou word, maar nie te nat nie totdat plante goed gevestig is. Waar besproeiingswater beperk is moet dit
aangewend word vir die kritiese tye tydens blomvorming, vrugset en vrugvorming. Verlaag besproeiing soos wat die vrugte bekwaam raak, om sagte vrugte met ‘n swak gehalte te voorkom. Gedurende warm tydperke dien 25 tot 40 mm water per week toe. Besproei ten minste een keer per week gedurende die kritiese stadiums. Die gebruik van plastiek sal die waterbehoeftes verminder en die laterale verspreiding van die water in sekere grondsoorte bevorder. Bestuiwing en die rol van bye Rankgewasse vorm afsonderlike manlike en vroulike blomme. Blomme open slegs vir een dag vroeg in die oggend en vou toe in die middag (vroeër onder hoë temperature). Dit kom daarop neer dat ‘n blom dikwels slegs vir een dag en soms net ‘n halwe dag vir bestuiwing ontvanklik is. Navorsing dui daarop dat ten minste twee byekorwe per hektaar nodig is om ‘n rankgewasoes te bestuif. Plaas die bye eers as die eerste blomme verskyn, anders kan hulle gevestigde roetes na ander bronne vorm. Chemiese bespuitings moet laat in die namiddag plaasvind, nadat die bye teruggekeer het na die korwe of gedurende bewolkte dae as die bye nie werk nie. Gewilde skorsie variëteite Die gewildheid van Sakata se baster botterskors Atlas, die kleiner weergawe Pluto en die uitvoerwenner Veenas neem jaarliks toe. Vir die Laeveld lê die voordeel daarin dat Atlas juis in die koeler maande pragtige groot vrugte produseer — dit wat die mark verlang. Waar daar van die oopbestuifde Waltham gebruik gemaak word, is dit deesdae van uiterste belang om slegs goeie gehalte ingevoerde saad te gebruik, wat vry verklaar is van enige saadgedraagde siektes. Gemini lemoenpampoentjie dra vrugte baie na aan die kroon en het korter internodes wat ‘n baie hoë opbrengspotensiaal tot gevolg het. Vrugte is medium en rond met ‘n aantreklike donkergroen skil en baie goeie smaak. Gemini het ook ‘n goeie leeftyd as dit opgeberg word. Dit is ‘n voorkeur variëteit by kettingwinkelgroepe. Smarag is ‘n wydaanpasbare, medium bekwame lemoenpampoentjie met ‘n uitstekende opbrengspotensiaal. Barnacle Bill is ‘n baie vroeë bekwame hubbard-tipe baster wat tussen twee en drie weke vroeër as die oopbestuifde tipes bekwaam is. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
11
November 2013
Trekkerverkope vanjaar 5% laer Trekkerverkope van 935 eenhede in Oktober was 7% laer as die 1 009 eenhede wat verlede Oktober aangeteken is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 6% laer as verkope vir die eerste tien maande van verlede jaar. Stroperverkope van 33 eenhede in Oktober, is een eenheid minder as die 34 eenhede wat verlede Oktober verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope 5% hoër as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Redelike wydverspreide reën het in Oktober in die oostelike dele van die land geval en dit het beteken dat baie boere hul somergewasse kon plant. Die meeste van die westelike dele is steeds baie droog en boere het aansienlike reën nodig, voordat hulle in daardie gebiede kan begin plant. Volgens huidige ramings in die bedryf sal trekkerverkope vir die 2013-kalenderjaar sowat 7 500 eenhede, 5% laer as verkope vir 2012, wees. In Tzaneen sê die bestuurder van NTK, mnr Frikkie van
Vuuren, hulle doen uitstekende besigheid. Die afgelope drie maande het hulle ses trekkers per maand oor ‘n wye streek verkoop, en die afgelope maand meer as ‘n miljoen rand se implemente. “Sedert ons samesmelting met VKB sowat ‘n jaar gelede gaan dit uitstekend. Geen poste is in die proses gesny nie en ons kon vanjaar R21 miljoen se dividende aan lede uitbetaal.” Hy sê hul New Holland-reeks is gewild en kry veral aftrek in die Hoedspruit-omgewing.
Rudamans skuif na Letsitele
Die Land Bank het na jare weer by AgriLetaba kom gesig wys. Mnre Brendan Baatjies, bestuurder in Tzaneen, en Daryll Poonawassy, streekbestuurder van Polokwane en Tzaneen, het die laaste vergadering van die jaar op die skouterrein bygewoon.
per-mX
Rudamans in Letsitele gaan in die nuwe jaar groter lyf wys, wanneer hulle in ‘n nuwe gebou oorkant Mati Irrigation vestig. Die bestuurder, mnr Johan Gerber, sê hulle het die gebou gekoop en verander om by hul behoeftes aan te pas. Met verskeie uitbreidings van implemente en diens het die bestaande gebou by Letaba Junction te klein geword en hulle moes ‘n plan maak. Hulle beoog om op 13 Desember oor te skuif na die nuwe perseel, maar sal eers op 6 Januarie van daar af besigheid doen. Rudamans is die verspreider van Kubota-trekkers, asook Same en Deutz. Hulle het hul implemente-reeks uitgebrei en verkoop verskeie fabrikate. Die personeelsterkte bly voorlopig dieselfde, maar sal moontlik volgende jaar vergroot word namate die besigheid groei. Gerber sê alle eer kom die klante van Letsitele toe, vir hul goeie ondersteuning. Dit is hulle wat die verskuiwing en uitbreidings moontlik gemaak het.
R
Bekamp sitrus witluis – natuurlik • Laat geen chemiese residue; • Voorkom weerstandbiedendheid deur die vrylating van parasitiese wespe. Nou ook verkrygbaar by: www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | info@vitalbugs.co.za
Fruit Harvesting on: Avo’s, Macadamias, Litchis and Citrus.
Forestry uses: Pruning and Seed Picking
Baie dankie aan al ons lojale kliënte vir die ondersteuning gedurende 2013. agri9084ts131129dm
TZANEEN SWAARVOERTUIE Sedert 1987 Ou Gravelottepad, Tzaneen Tel: 015 307 5000 • 015 308 0080/1/2 Faks: 015 307 1471 • Cel: 087 751 2282
12
November 2013
Nog ‘n kerf vir kompos Compost Matters van Tzaneen skep ‘n porsie buitelandse valuta met die aflewering van ‘n kerfmasjien en ander toerusting ter waarde van R1,2 miljoen aan ‘n Zimbabwiese maatskappy, vir die verwerking van suikerriet na kompos. Canelands Trust is gevestig in Zimbabwe se driehoek
naby Chiredzi, sowat 300 km noord van Beitbrug. Hulle sit met nagenoeg 400 000 ton suikerriet wat opgekerf moet word, vir die maak van kompos. Dit is oorblyfsels van rietplantasies wat in die moeilike tye van 2000/2001 aan die brand gesteek is en afgesny moes word vir die vestiging van nuwe suikerriet.
Volgens mnr Brett Ehlers van Compost Matters het Canelands Trust nagenoeg R450 miljoen van die EU ontvang, om die projek van vyf jaar aan te pak. Die masjien wat die kerfwerk doen, is spesiaal vir die doel deur hom en sy skoonpa, mnr Lighty Bootha, ontwerp en word aangedryf deur ‘n John Deere-enjin van 140 kW (190 perdekrag). Daarmee saam lewer hulle ook ‘n komposdraaier en sleepwaens af. Die maatskappy was vroeër in die nuus oor ‘n komposmasjien van miljoene rande wat na Australië verskeep is. Dit was ‘n eerste in sy soort ter wêreld. Nou het hulle navraag van ‘n SuidAfrikaanse groep gekry, vir die bou van ‘n soortgelyke masjien, asook ‘n kleiner masjien soos dié een wat vir Zimbabwe bestem is. Ehlers sê nog ‘n projek op die bestelboek is ‘n groot Die John Deere-enjin van 140 kW dryf die houtkerwer aan wat dié naweek deur Compost Matters van Tzaneen in Zim- ‘n Houtkerwer soortgelyk aan dié een, maar met meer wiele, is deur ‘n suikerriet- komposdroeër wat by ‘n pluimveeaanleg ingespan gaan word. maatskappy van Zimbabwe teen R1,2 miljoen in Tzaneen bestel. babwe afgelewer word.
Gifblok tem Bactrocera Die indringer-vrugtevlieg uit Afrika wat SA ‘n paar jaar gelede ingeval het, Bactrocera invadens, word deesdae doeltreffend onderdruk met ‘n lokmiddel wat die manlike vlieë laat vrek en die getalle-aanwas verminder. Dit is bekend as Invader-b-LOK, ‘n blokkie wat behandel is met metiel-eugenol wat manlike vlieë lok. Die blokkie is ook behandel met die insekdoder merkaptotium, wat die vlieg by aanraking laat vrek. Duisende van dié lokvalle is die afgelope jaar in groot dele van Limpopo deur die provinsiale department van landbou aan gewasse en bome aangebring, wat gehelp het om die Bactrocera-getalle beduidend te verminder. Streke is ook lugbespuiting toegedien, wat goeie resultate gebied het. Navorsers het in samewerking met Citrus Research International (CRI) proewe gedoen en vasgestel dat net tien
tot veertien blokkies per hektaar nodig is om beheer uit te oefen. Die vrugtevlieg is aanvanklik in 1996 op Mauritius ontdek. Drie jaar later is die plaag uitgewis, danksy behandeling deur bogenoemde middels. Die Invader-b-LOK is veilig vir die omgewing en die gebruiker. Dis nie skadelik vir visse, voëls of voordelige insekte nie en met ‘n lae digtheid is dit verenigbaar met enige geïntegreerde plaagbestuursprogram (GPB). Dit laat geen residu op vrugte nie en kan sonder beperking voor oestye aangewend word. Die middel word versprei deur River Bioscience, met sy hoofkantoor in Port Elizabeth. Dit is reeds algemeen bekend dat die astrante vrugtevlieg hier is om te bly en na die res van die land sal versprei. Deurlopende beheer moet derhalwe toegepas word, om hul getalle tot die minimum te beperk.
015 307 4420 / brett@compostmatters.co.za / www.compostmatters.co.za QUALITY PRODUCT THAT HAS BEEN MANUFACTURED AND MATURED FOR OVER 12 WEEKS
Kontak gerus die plaaslike bestuurder vir meer inligting: Charles Tosen: Tel: 015 307 6836 Rietbokstraat 5 C, Tzaneen, 0850 , www.kaapagri.co.za