Maart 2014
2
Maart 2014
is ’n publikasie van Bulletin
Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Joernalis: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: David Morrison david@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Your agri advertising solution providers
Reën bring verligting én geringe skade aan sitrus Die mildelike reën oor die afgelope drie maande het vir die groente- en vrugteboere van Tzaneen en omgewing groter vreugde as skade gebring. Goeie oeste is nou in die vooruitsig. Daar was egter mindere probleme wat op etlike plase ontwriging gebring het, soos bruinvrot by sitrus aan laaghangende vrugte, wat veral by pomelo’s skade veroorsaak het. Die ander kopseer was dat boere nie landerye kon betree nie weens die baie water en pluktye met ‘n week of wat uitgestel het. Mnr Christie Landman van Letsitele sê hy kon eers dié week begin suurlemoene pluk weens die nat toestande, maar die oes lyk goed. Die baie water het gehelp dat die vrugte tot
ordentlike groottes kon swel en die oorsese markte lyk goed. Wat pomelo’s betref, is die oes vanjaar kleiner as verlede jaar se byna rekord opbrengs, maar die vrugte is groter. Dit sal byval by die oorsese kopers vind en die ooraanbod van verlede jaar tot normale vraag stabiliseer. Boere in Letsitele het dié week aan nawels begin oes waar die klimaat van die boorde dit toelaat, hoewel die jaarlikse plukseisoen van sitrus amptelik op 1 April begin. Soos verlede jaar het produsente vanjaar weer vir plukkers geadverteer, sodat die invordering van die oes vlot kan verloop. Mnr Eddie Vorster van Mahela Boerdery sê ‘n geslaagde vergadering oor plukkers is
onlangs gehou, waar bepaal is wat plukkers in die verskeie kategorieë van plukhouers sal verdien. Die rede vir advertensies vir plukkers is om plaaslike arbeid die geleentheid te gee om voorkeur tot dié arbeidsmark te kry. As dit nie bevredigend bereik word nie, kan kommersiële produsente by die departement van binnelandse sake om permitte vir werkers uit buurlande aansoek doen. Dit moet dan deur die department van arbeid goedgekeur word, waarna soveel as 200 per slag uit omgrensende lande vir die plukseisoen in Limpopo toegelaat sal word. Vorster sê die sitrusoes lyk goed en stem ooreen met verlede jaar s’n, behalwe dat die reën beter swelling van vrugte meegebring het.
Sitrus-uitvoer is 117 jaar oud
Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Thinus van Deventer 083 611 6292 thinus@bulletin.us.com
Chicken LITTER Huge volumes available Can be used for cattle feed and compost
Contact: 082 826 6668
bulletin©9312cl140328tb
Sitrusvrugte is ‘n groot staatmaker in die Suider Afrikaanse landbou-uitvoermark en bestaan reeds 117 jaar. Daar word bereken dat nagenoeg 1 400 sitruskwekers in Suid-Afrika, Zimbabwe en Swaziland deel is van dié uitvoermark, wat sowat 100 miljoen kartonne sitrus per jaar na 45 lande uitvoer, buiten die vrugte wat vir prosessering en plaaslike verbruik gelewer word. Die bedryf word bevoordeel in SA omdat dit in verskeie bemarkingstye gelewer kan word weens die diversiteit van die landsklimaat, met winteropbrengste in die suide, someroeste in die noorde, byna-woestynstreke in die weste en subtropiese toestande in die ooste. Valencias word die meeste verbou en maak 40% van die totale oes uit. Dit kom hoofsaaklik uit die noorde (Limpopo), terwyl die suidelike deel grootliks sagte sitrus produseer. Die ooste is bekend vir suurlemoene en nawels. Uitvoer geskied hoofsaaklik deur die hawens van Kaapstad, Durban en Port Elizabeth, terwyl ‘n groot deel wat vir
Durban bestem is, deur die hawe van Maputo in Mosambiek uitgevoer word. Die bedryf se bruto buitelandse verdienste word op sowat R5 miljard geraam en sorg vir naastenby 100 000 werkgeleenthede per jaar. Volgens berigte het die EU Suid- Afrika weer in Februarie op die gevaarlys vir swartvlek gesit. Dit kom te midde van groot ontevredenheid by die produsente op eie bodem, wat voel dat dit onnodig en sonder gronde gedoen word. Verder doen hulle ‘n beroep op die EU om hul riglyne ten gunste van die produsente aan te pas. Swartvlek is, sover navorsing strek, skadeloos vir mens of vrug, en beïnvloed slegs die voorkoms van die vrug. Swartvlek mag selfs ‘n invloed hê op die opbrengs per boom wat besmet is. Dit is reeds bevestig dat Europa glad nie vir swartvlek vatbaar is nie.
3
Maart 2014
Die son is bye se kompas Die vrugteboer se beste vriend is ‘n sosiale insek wat waarskynlik die meeste deur mense bestudeer is en wat meer as 20 000 jaar deel van die mens se kultuur uitmaak. Apis mellifera, oftewel die heuningby, se soet stroop versier die etenstafels wêreldwyd, maar die ingewikkelde proses tot die vorming van heuning is aan min mense bekend. As bestuiwers van blomme is hulle onmisbaar in die natuur en ‘n kernfaktor in die voortbestaan van landbouproduksie wêreldwyd. Daar is egter groot kommer dat die byebevolking stadig maar seker al minder word. Oorbevolking deur die mens, ongunstige klimaatstoestande weens die wangebruik van chemikalieë en ‘n pes genaamd vuilbroedsiekte wat in Amerika sy kop uitgesteek het, is besig om miljarde bye daagliks uit te roei. Inligting oor die werking en gedrag van bye is deesdae legio, maar een hiervan wat veral leersaam kan wees vir die dikwelse rigtingloosheid van die mens, is die by se navigasievermoë. Vir vrugteboere is die plasing van byekorwe vir bestuiwing belangrik om die strategie van korwe so korrek moontlik te bepaal. Bye vlieg nie reguit na blomme toe nie, maar soek en vlieg draaie. Hulle land op blomme en vlieg dan voort tot hulle uiteindelik kos kry, waar hulle die krop vol nektaar en die mandjies vol stuifmeel maak voor hulle reguit nes toe vertrek. Om dit reg te kry, moet die werkerby deurentyd haar afstand en rigting van beweging teenoor die son bereken. Sy moet ‘n presiese ingeboude tydmeter hê om met tydsverloop tred te hou en daarmee te kompenseer vir die hoekverskuiwing van die son, wat ure kan duur.
Dit is vir bye moontlik om die son selfs deur die wolke raak te sien, want hul oë kan gepolariseerde lig van ongepolariseerde lig onderskei. Hulle het ‘n komplekse navigasierekenaar, ‘n akkurate chronometer, ‘n teodoliet (waterpas, kompas, teleskoop) en ‘n fyngekalibreerde sekstant. En dit alles in ‘n ruimte so groot soos ‘n speldekop. Terug in die nes kan die werkerby in die stikdonker van die korf al die inligting aan ander bye oordra. Sy doen dit met ‘n herhaalde dans wat die rigting na die blomme voorstel. Die aantal stertswaaie dui die afstand na die kos aan en ‘n wind van voor word as bykomende afstand aangegee. Hierdie laaste vermoë is veral uitsonderlik, want die enigste keer wat die by die rigting op pad nes toe gevlieg het, het sy die wind van agter gehad. Die ander bye wat die dans verstaan, gaan dan uit en oes stuifmeel. Met hul terugkeer doen hulle dieselfde danse en so word die meeste werkers in die kolonie gewerf om kos in te samel. Die roetedanstaal van bye is jare gelede deur ‘n Oostenryker, ene Von Frisch,
ontdek. Die Nobelprys is destyds daarvoor aan hom toegeken. Dit is deesdae ook bekend dat bye in geografies verwyderde gebiede “dialekte” ontwikkel en kan derhalwe nie mekaar se danstale reg vertolk nie. Van die inligting hierbo is onttrek uit Inseklopedie van Suider Afrika, ‘n publikasie deur die entomoloog prof Eric Holm van Pretoria.
4
Maart 2014
Stervrug (Karambola) is gesond, dog nier-onvriendelik Die subtropiese klimaat van Tzaneen en omgewing maak dit uiters geskik vir die vestiging van eksotiese plante en vrugte van Oosterse en SuidAmerikaanse oorsprong. Een van hulle is die karambola, beter bekend as stervrug, wat die afgelope klompie jare gereeld op die rakke in plaaslike vrugtewinkels te sien is. Dit is ‘n stervormige vrug met ‘n smaak wat wissel tussen dié van appel, peer, druiwe en sitrus. Die vrug is krakerig, ferm en baie sappig. Dit het nie growwe vesel nie en die tekstuur is soortgelyk aan dié van druiwe. Die karambola (Averrhoa carambola) kom oorspronklik van Maleisië en is ook inheems aan die Filippyne, Indië,
tri-mX
R
Vat Valskodlingmm vas, natuurlik • Trichogramma eier parasiete, ‘n natuurlike vyand van VKM • ‘n Noodsaaklike deel van ‘n geintegreerde (IPM) benadering • Verminder oesverlies met tot 60% Nou ook verkrygbaar by:
www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | info@vitalbugs.co.za
Bangladesj en Sri Lanka. Dit is later versprei na SuidAmerika, die Karibbiese eilande en die suidelike dele van Noord- Amerika. Die vrug het vyf lobbe wat in die vorm van ‘n ster gerangskik is. Wanneer dit ryp word, verkleur die lobbe in ‘n liggeel tot donkergeel kleur. Dit het ‘n soet smaak, maar is nie oorweldigend nie, omdat die suikerinhoud omtrent vier persent is. Dit is ryk aan anti-oksidante, potas en vitamien C. Dit beskik ook oor antimikrobiese elemente wat kieme soos E.coli, stafilokokkus en pseudomonas beveg. Mense met nierprobleme word egter gewaarsku om van die karambola weg te bly. Dit bevat oksaalsuur, wat skadelik is vir mense met nierversaking, nierstene en pasiënte wat nierdialise ontvang. Verskeie sterftes in sulke gevalle is reeds wêreldwyd aangemeld. Die plant floreer in tropiese en subtropiese gebied, waar dit tot 1 200 meter bo seespieël geplant kan word. Dit verkies volle sonlig, met baie water en goedgedreineerde grond. Dit word so ses meter uit mekaar geplant en minstens drie keer per jaar bemes. Die bome groei vinnig en bereik wasdom binne vier tot vyf jaar, wanneer tot 180 kg per plant geoes kan word. Maleisië is die wêreldleier in produksie en voer dit op groot skaal na Asië en Europa uit. Die karambola word ook as sierplante in tuine gebruik, weens die helderkleurige en stervormige vrugte. Die sap van die suurder variëteite kan gebruik word om roes en aanpaksels van metale (veral brons) te verwyder, terwyl dit ook vlekke uit materiaal haal.
083 307 2076 | www.agriboxlimpopo.co.za bulletin©9266ab140228wb
5
Maart 2014 Advertorial
Kartonvoorsieners in nuwe pakhuis Tzaneen Carton Erecting Centre, ‘n maatskappy wat kartonne vou en aan die grootste produsente van vrugte en groente in Limpopo verskaf, het nou sak en pak na Tzaneen geskuif om nader aan die meeste van hul klante te wees. Die maatskappy het die afgelope negentien jaar vanuit Nkowankowa gewerk, maar het nou na die pakhuis van die eertydse Tzaneen Fruit Packers in Ou Stasieweg verskuif. Die pakhuis is ‘n paar jaar gelede deur Westfalia oorgeneem, maar staan die meeste van die tyd onbenut. Die plaaslike fabriek hanteer die kartonne wat deur Mpact van Johannesburg vir die landbou- en nywerheidsektor vervaardig word. In dié stadium word
hoofsaaklik op die landbou toegespits, maar hulle sal uitbrei om ook aan die nywerheidsektor te voorsien. Die kartonne word by die fabriek afgelewer, waar gespesialiseerde masjiene dit in verskeie groottes vou. Hierna word dit aan produsente gelewer. ‘n Hele paar masjiene is ook beskikbaar wat na ‘n klant se pakhuis vervoer kan word, waar een van hul eie operateurs die vouwerk op die klant se perseel kan doen. Dit is veral toepaslik tydens oestyd van ‘n bepaalde vrug, wanneer tyd ‘n belangrike rol speel. Die fabriek word deur Bibi en Gerda Britz bestuur. Hulle is bereikbaar by 082 882 7511 of 084 391 7039.
Die fabriekspan by Tzaneen Carton Erecting Centre
Mnr Bibi Britz, bestuurder
Me Gerda Britz, in- Mnr Deon Zwanepoel, Mnr Hardus van Zyl, terne verkoopsdame verteenwoordiger areabestuurder (083 809 1601) (083 626 6320)
Klaargevoude kartonne staan reg om aan gekontrakteerde klante gelewer te word
6
Maart 2014
Bek-en-klouseer swaard oor beesvleis gelig in buiteland Die goeie nuus vir rooivleisprodusente dat die swaard van bek-en-klouseer voorlopig terug in sy skede is, het moontlikhede gebring wat swaar verliese weer in wins kan omskep. Benewens die oop markte vir vars vleis na buurlande, kry handelaars in velle en huide ook geleentheid om weer op internasionale vlak sake te doen. Onder die groter geledere van rooivleisprodusente, soos die gerekende beestelers, is die opgewondenheid veel groter. Gesogte genetiese materiaal kan nou plekke in die wêreld bereik waar dit voorheen net ‘n droom was. Mnr Paul Bester, in beheer van die beeste-afdeling by ZZ2, sê Suid-Afrika het van die beste genetiese materiaal van talle rasse wat op die wêreldmark meeding. “Ons het genetika waarna internasionale telers smag, maar die verdomde bek-enklou-ding het alles kom befoeter. Nou kan ons weer kop optel, maar die verwatering van verhoudings moet eers aandag kry.” Hy sê die rooivleisbedryf is groot dank verskuldig aan die mense wat stilweg hard
gewerk het om die saak reg te stel. Hy dink veral aan die hoofstaatsveearts, dr Grietjie de Klerk en haar span by Onderstepoort, wat bresse geslaan het om die verbod opgehef te kry. Talle ander mense en instansies het ewe hard aan die kwessie gewerk. In Suid-frika is talle beestelersgenootskappe met bewese rekords van genetika wat in die buiteland in aanvraag is. Bester sê diere is van oorsee ingevoer en geneties puik ontwikkel. Nou wil die lande van herkoms graag dié suksesvolle genetika in hul graslande terug hê. Hierdie is ‘n geleentheid vir plaaslike telers om hul regmerkies oorsee te gaan wys, solank Suid-Afrika kan vashou aan die beleid om bek-en-klouseer met gesag uit die beeskrale te hou. “Ons moet nie weer hierdie ding laat deurglip nie,” sê Bester. Hy is in beheer van ZZ2 se Pinzgauers, PinZ²yl en ‘n paar ander rasse, maar sê die Bonsmara uit Suid-Afrika is veral in goeie aanvraag by beestelers uit verskeie lande.
Bepaal self die skop in jou geweer Hoe sterk is die skop in jou geweer? In die skietsport word verwys na die reaksie as terugslag. Fisika leer ons dat daar vir elke aksie ‘n gelyke en teenoorgestelde aksie is. Dit beteken dat die momentum van ‘n geweer se reaksie presies gelyk sal wees aan die momentum van die koeël en gasse wat by die loop uitgeskiet word. Die geweer se gewig is ‘n belangrike faktor in die terugslag-vergelyking, en omgekeerd eweredig aan die terugslag. Verhoog die geweer se gewig met 25% en die terugslag verminder met 25%. Dus vind mens dat vuurwapens
in minder kragtige kalibers dikwels ligter gebou word as die kragtiger kalibers. Kies dus ‘n geweer met ‘n gewig wat geskik is vir die kaliber as jy van plan is om baie te skiet. Benewens die geweer se gewig word die waarneembare terugslag deur verskeie ander faktore beinvloed. Een hiervan is die pas en fatsoen van die geweerkolf. ‘n Goeie slagkussing kan help om die skop teen die skouer te versag. Gasaangedrewe semi-outomatiese aksies verminder ook terugslag deur die verspreiding daarvan oor ‘n langer periode.
Dan is daar ook etlike verskillende ladings vir enige gegewe koeëlgewig in ‘n patroon wat dieselfde snelheid produseer, maar ‘n ander hoeveelheid terugslag lewer. Die meeste kenners stem saam dat ‘n terugslagfaktor van meer as twintig voet/pond ‘n ernstige wankel (flinch) by meeste skuts sal veroorsaak wat swak koeëlplasing kan meebring. Vyftien voet/pond is waarskynlik die maksimum terugslag-energie waarmee meeste skuts gemaklik sal voel, veral op die skietbaan. Terwyl die terugslag-energie bepaal hoe hard die slag teen die skut se skouer voel, is dit die terugslag-snelheid wat bepaal hoe skielik die slag teen die skouer voel. Met ‘n goed ontwerpte kolf voel die terugslag-snelheid soos ‘n sterk stamp teen die skouer eerder as ‘n skielike stoot. Vyftien voet/pond van vrye terugslag-energie en tien voet per sekonde van terugslag-snelheid verteenwoordig die boonste perk van gemaklik skiet. Bokant dié vlak begin terugslag toenemend opdringerig raak. Hoe langer jy skiet en hoe harder die geweer skop, hoe sterker is jou kanse om te wankel. Hierdie is belangrike dinge om te onthou by die skietbaan en wanneer verskillende kalibers met mekaar vergelyk word. — Uit die nuusbrief Pot-Shot
7
Maart 2014
Feeding Africa with biogenetics Crop biofortification is the new magic word applied for feeding the nearly 300 million people of Sub-Saharan Africa, as well as improving their health. Most of the people depend on sorghum as a staple crop, but they do not have access to another staple that provides the essential nutrients that sorghum lacks. The research group Du Pont Pioneer in Johannesburg has made groundbreaking progress in enhancing pro-vitamin A stability in sorghum through their African Biofortified Sorghum (ABS) initiative. The group’s scientists are working with other researchers in America and Africa to improve the nutritional value of crops through plant breeding or biotechnical methods. In the next several years, the ABS initiative is expected to benefit millions of Africans that rely upon sorghum, which traditionally is deficient in key nutrients. Vitamin A deficiency, in particular, is the leading cause of preventable blindness in children and increases the risk of disease and death from severe infections. In Africa, up to half a million children become blind from vitamin A deficiency and nearly 600 000 women die from childbirth-related causes, many from complications that could be reduced through better provision of vitamin A. Established in 2005 with funding from the Bill and
Melinda Gates Foundation, the ABS initiative has developed the world’s first system of genetic transformation of sorghum, which improved the ability and time needed to successfully introduce pro-vitamin A into sorghum. As the ABS initiative gains momentum, there is continued need for collaboration to improve the food and agriculture value chain in Africa. “Beyond increasing nutrition of a staple crop for millions, the initiative aims to improve agricultural seed systems to deliver seed to farmers and promote productivity,” said Mr Paul Schickler, president of Du Pont Pioneer. Pioneer has worked closely with Africa Harvest, a Kenya-based non-profit organization that promotes the use of advanced science and technology products to improve sustainable agricultural development in Africa. While Pioneer continues to contribute expertise, organizations such as Africa Harvest continue to play a critical role in this humanitarian effort. Known to a limited audience in the higher circles of agriculture, Du Pont Pioneer is the world’s leading developer and supplier of advanced genetics. They provide agronomic support and services to help increase farmer productivity and develop sustainable agricultural systems for people everywhere.
Kongo-boer Wynand maak sy hart oop Daar is hoop vir die Suid-Afrikaanse boere in die Kongo, ondanks sogenaamde negatiewe beriggewing wat die afgelope tyd in die gedrukte media verskyn het. Mnr Wynand du Toit, voorbanker in die boere se optog na die Kongo, het onlangs ‘n spesiale uitgawe van die boere se maandelikse nuusbrief uitgereik, waarin hy en sy vrou Frances hartroerend van hul swaarkrydae vertel. Terselfdertyd skets hy ‘n prentjie van hoop en vasberadenheid om hul baanbrekerswerk in die vreemde land erken te kry. Die Du Toits boer op die plaas Belle Terre naby Moukangastasie in die Makabana-streek van die Kongolese republiek, waar die eerste twee jaar se oeste nie gunstig verloop het nie. Verskeie ander SA boere het dieselfde stelle afgetrap weens finansieringsplanne wat nie gerealiseer het nie. Die eerste groep boere het net meer as twee jaar gelede in die Kongo aangekom en die sowat 830 ha konsessiegrond saam-saam met vier trekkers ontbos en bewerk. Beloofde kunsmis vir die voornemende mielieoes was laat en hulle het besluit om sonder kunsmis te plant. “En daar, sonder kunsmis, saam met die mielies, is die eerste twyfel en tweespalt gesaai. Dit was ‘n besluit wat ons klein gemeenskap sou verdeel (verskeur) en wat byna tot die einde van ons projek gelei het.”
Du Toit sê die eerste jaar was ‘n wip- korrekte metodes is toegepas. Wat nou “Ons is Kongo-boere. Ons het klaar gat plank van emosies. Dit was ‘n swak oes, nodig is, is dat die boere moet saam- geskop. Ons is reeds hier en het die plek met onenigheid en groepvorming tus- staan en vorentoe beweeg. al halfpad getem.” sen boere wat wantroue laat hoogty vier het. Sommige boere het na SA teruggekeer. “Toe word die bestuur tydens die jaarvergadering vervang, gevolg deur die verpletterende nuus dat net sekere boere voortaan gefinansier sou word. Die manne met sekuriteit, die manne wat reeds het….” Hy sê om ‘n pionierboer in die Kongo te wees, is harde werk met ‘n onwrikbare geloof in die Skepper. Geld sal nie oornag gemaak word nie. In dié stadium is net een groep boere suksesvol en produktief. Dit is Todi River Farms wat gunstige finansiering geniet. “Natuurlik is baie van ons teleurgesteld dat ons nie deel van hierdie groeifase kon wees met die nodige finansiering nie. As ons goeie raad volg, gaan nuwe boere nie weer dieselfde skoolgeld hoef te betaal nie. “Dis die finansierder se eie keuse en voorskrifte oor watter boere geskik is vir finansiering. Desondanks is daar positiewe verwikkelings op die finansiële front en lede gaan kwalifiseer, mits hulle sekere veranderings aanbring en jonger manne betrek.” Volgens hom is die jongste aanplantings belowend, die werk is netjies en die
Piesangboere stig studiegroep Die piesangboere van Tzaneen het hul eie forum gestig om vordering en uitdagings in die bedryf eerstehands te takel. Dit sal bekend staan as die piesang-studiegroep en kwekers sal maandeliks byeenkom om die bedryf onder die loep te neem. Volgens mnr Francois Vorster is die groep nog nie aktief nie, maar sal binne ‘n maand of twee op die jaarlikse kalender van studiegroepe in die omgewing wees.
8
Maart 2014
AgriSeta slyp aan plaaswerkers Die AgriSeta speel jaarliks ‘n groot rol in die opleiding van plaaswerkers landwyd, wat beter vakmanskap en ‘n string ander kwalifikasies aan arbeid op plase verskaf. Mahela Boerdery van Letsitele gebruik dié opleiding reeds ‘n hele paar jaar om groter trefkrag aan sy arbeidsmag te gee. Onlangs is 231 werkers van die boerdery se sewe plase met sertifikate vereer vir opleiding wat hulle van die diensverskaffer Riverwalk Training ontvang het. Volgens die eienaars is dit ‘n groot aanmoediging vir die personeel en dit dien ook as ‘n goeie verwysing wanneer hulle in die toekoms na ‘n ander werkplek verhuis. LINKS: Mnr Francois Vorster (regs in die foto) van die piesangplase Inzana en Hamasita en sy span werkers wat sertifikate ontvang het.
Onder die sertifikaatwenners, administrasie en bestuurders by Mahela se toekennings was (voor) mnr Thomas Maluleke, mee Constance Mushwana, Mariette van der Westhuizen (menslike hulpbronne), Marlize de Meyer (Riverwalk), mnre Patrick Sebola, Francois Vorster (direkteur), Louis van Schalkwyk (bestuurder) en Elias Nukeri. In die middel is mnre Albert Soveka, David Mabunda, Frank Mashimbye, Moses Seshaka, Eric Baloyi en Hugo Endemann (entomoloog). Mnr Louis van Schalkwyk staan by die span werkers van die plaas Nagude wat sertifikate Agter staan mnre Juan Rossouw, Willem Stolp en Joubert Katzke (bestuurders). ontvang het.