Februarie 2015
2
Februarie 2015
Turksvye se uitvoermark lê aan skerwe Die uitvoermark vir sappige Suid-Afrikaanse turksvye lê aan skerwe, met min hoop dat dit ooit weer sal herstel. Die twee grootste uitvoerders, mnre Josef Unterpertinger van Haenertsburg (foto hierby) en Doug Reed van Mooketsi, wend nou hul turksvyplantasies aan vir beesvoer. Saam het hulle jaarliks tot ’n publikasie van 250 000 kartonne na Europa uitgevoer. Bulletin Unterpertinger skryf dié Uitgewer: ineenstorting hoofsaaklik Francois Aucamp toe aan die verswakte Eueditor@bulletin.us.com ropese ekonomie, terwyl Redakteur: die plaaslike wit en geel Louis Roux louis@bulletin.us.com variëteite ook nie meer in Bemarking: die Europeërs se smaak Jacques Smuts val nie. Hulle verkies die jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: rooi variëteit Algerian. David Morrison “Turksvye is, anders david@bulletin.us.com as sitrus, appels en Crownstraat 8, Tzaneen, sagtevrugte, in ‘n nismark 0850 015 307 7248 wat beperk is tot ‘n sekere 015 307 7684 deel van die verbruikerswww.bulletin.us.com mark. Ons geel Gymno Drukker/Printer: PaarlColdset Carpo- en wit Morado-varLaeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Your agriadvertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
iëteite het so teen die rooi noordelike variëteit uitgesak dat die pryse meer as vyftig persent laer was.” Nog ‘n terugslag vir die turksvyboere was die EU se verbod op die gebruik van chemikalieë soos Suprathion vir die beheer van skarlakenluis (Cochineal), ‘n klein skaalinsek wat op kaktusplante soos die turksvy teer. ‘n Biologiese teenvoeter vir skarlakenluis is die skilpadbesie Cryptolaemus montrouzieri wat in die sitrusbedryf wyd teen witvlieg ingespan word. Die probleem hiermee, sê Unterpertinger, is dat skarlakenluis eers in die turksvyboord teenwoordig moet wees om die besie mee te voed. Teen die tyd dat die besie sy werk gedoen het, is van die vrugte reeds beskadig. Die geringste merkie op ‘n uitvoerturksvy is nie in Europa aanvaarbaar nie. Ander faktore het ook bygedra tot die val van die uitvoermark vir SA produsente. Oestyd in Limpopo is tussen Desember en Februarie, wanneer die Europeërs in die sneeu rondloop. “Hulle hou nie van koue vrugte in die winter nie. Italië en lande langs die Middellandse See bemark hul turksvye van April tot Junie en die gereelde verbruikers is bereid om hul lus vir turksvye tot dan uit te stel.” Mexiko is ‘n groot turksvyproduseerder, maar voer sy vrugte hoofsaaklik na Amerika en Kanada uit. Hulle is ook nie so streng op fitosanitêre maatreëls soos Europa nie en die bedryf is daar goed aan die gang. Wat die plaaslike verbruik betref, kan net klein volumes na die markte gestuur word om die prys konstant te hou. Die geringste ooraanbod druk die prys af tot ver
onder die produksiekoste. In teenstelling met ander vrugte, het die prys van turksvye hier en oorsee die afgelope klompie jare min verandering getoon. “Die vrug is hier voorlopig gedoem. Dit is nie geskik vir suiwer sap nie. Dit lewer ‘n goeie gehalte konfyt, maar die mark hiervoor is uiters beperk. Granor Passi in Letsitele het reeds daarin geslaag om ‘n konsentraat uit die vrugte voor te berei vir toevoeging tot ander vrugtesappe, maar die toekoms hiervan is nog onbekend.” Unterpertinger sê die Brasiliane het reeds ‘n nut vir die blare vir menslike gebruik gevind. Hulle oes die jongste blare en kook dit tot die meeste slymagtige inhoud verwyder is en eet dit soos ingelegde boontjies. Die blare word ook gebruik vir toevoegings in die kosmetiese bedryf. Hy en sy seun, Terence, gaan hul boorde behou en dit as veevoer vir beeste gebruik. Met die toevoeging van proteïene is dit uitstekende veevoer, terwyl die beesmis in die boorde teruggeplaas word vir groter groei. Omdat turksvye op “arm” grond floreer, groei dit waar ander gewasse nie verbou kan word nie. Met die bemesting kan dié grond dermate verbeter dat dit later ook vir groente en ander gewasse benut kan word. Unterpertinger sê hy sien ‘n toekoms vir die vrug as dit baie intensief op klein skaal aangepak word. Hulle het verskeie vergaderings met regeringsdepartemente gehou, om boerdery met turksvye na beginnerboere in veral die ou tuislande te neem, maar van al dié planne het daar sover niks gekom nie.
‘Kleurvolle’ gogga gee sy kleur weg Skarlakenluis (cochineal) het sy oorsprong in Suid-Amerika, waar dit vir eeue lank as kleursel op materiala aangewend word. Neerslae van die gogga kom in ‘n wit vorm voor, maar dis ‘n waslaag wat as beskerming bo-oor die luise sit. Binne-in die luise is ‘n maroen vloeistof, wat verwyder word om as kleursel gebruik te word. Eeue gelede het die vroeëre Meksikane dit eksklusief vir hul kleredrag gebruik, totdat Spanjaarde daarop afgekom en die materiaal na Europa geneem het. Dit het ‘n gesogte
artikel geword en was byna goud werd. Spanje het die monopolie gehad en die invoer van dié luise uit Amerika was verbode. Na 250 jaar is die monopolie verbreek, toe ‘n Fransman die gogga na Haïti gesmokkel het. Daarvandaan het dit na verskeie ander lande versprei. Die kleursel is ook in kos gebruik, soos varkwors, pasteie, gedroogde vis, pille en konfyte. In die 1870’s is dit bedreig deur sintetiese kleurstowwe wat uit koolteer vervaardig is,
maar dit was van korte duur. Wetenskaplikes het bevind dat die nuwe kleurstowwe kankerwekkend was en die skarlakenluis het sy plek herwin. Vandag word die skarlakenluis steeds deur inboorlinge van Suid-Amerika vir die kleurstof geteel as ‘n spesiale nasionale kunsvorm.
d
Isuzu Truck 5 Ton, 2008 R185 000
75 Landini Tractor
35 MF Tractor
R75 000
R55 000
Mazda Drifter 4x4, 2004 R78 000
Nissan 3L Double Cab, 4x4, 2007 R95 000
Ford Ranger 3L Double Cab, 4x4, 2007 R128 000
Tow-in • Field Service • Panel Beater • Used Car Sales MOOKETSI
015 395 2112 / 2335 | Fax: 015 395 2175 | Dirk: 082 490 0439
3
Februarie 2015
Boere se krag lê in studiegroepe Studiegroepe van Tzaneen en Letsitele se vrugteboere het die afgelope klompie jare na vore gekom om ‘n kernrol te speel in die oplossing van probleme, kennisuitruiling en die verbetering van boerderytoestande. Boereverenigings het in die verlede byeen gekom om produsente se besware aan te hoor, terwyl tussentydse salf deur die koöperasies aangesmeer moes word. Soos spesialisering in die boerdery saam met tegnologie gevorder het, moes produsente hulle al meer na kenners op bepaalde gebiede wend. So het studiegroepe vir elke produksiereeks in die landbou hul beslag gekry. In AgriBulletin se verspreidingsgebied is etlike studie-
BJV bied reeks skietkursusse aan Die Letaba-tak van die Bosveld Jagtersvereniging bied ‘n reeks senior kursusse in die skietkuns vir sy lede by die plaaslike skietbaan aan. Lede en voornemende lede kan gerus die volgende datums in die dagboek aanteken: 11 Maart – teorie-eksamen (17:30 – 18:00) 14 Maart – praktiese skiet na teorie-eksamen 15 April – teorie-eksamen (17:30 – 18:00) 06 Junie – praktiese skiet na teorie-eksamen Die kostes vir die kursusse is R120 per handboek en R200 vir die oorhandiging van sertifikate. Navrae oor die kursusse kan gerig word aan Nadia by 071 871 4710 of letaba@bosveldjagters.co.za
groepe bedrywig. Dit sluit genooide sprekers in, wat dikwels uit ander provinsies hierheen ontbied word om eersterangse kennis oor te dra. Dit is nie ‘n gegewe nie, maar in die meeste gevalle word studiegroepbyeenkomste met ‘n gesellige braai afgesluit. Die sitrusboere van Letsitele se Constantia Boerevereniging spog met ‘n lewendige sitrusstudiegroep, wat byna sonder uitsondering op die eerste Dinsdag van elke maand gehou word. Hulle het twee vergaderplekke, naamlik die Boeresaal in Constantia en die Junction net buite die dorp. Subtrop in Tzaneen sorg dat elkeen van sy vier onderafdelings gereeld studiegroepbyeenkomste hou. Dis die
produsente van avo’s, mango’s, lietsjies en makadamias. Hul vergaderingdatums vir 2015 is: SAAGA (avo’s): 3 Maart, 7 April, 5 Mei, 2 Junie, 7 Julie, 4 Augustus, 1 September en 28 Oktober. SALGA (lietsjies): 10 Maart en 10 November. SAMAC (makadamias): 17 Maart en 10 September. SAMGA (mango’s): 26 Mei, 21 Julie en 13 Oktober. Dit is ‘n voorlopige lys van datums en bykomende vergaderings kan vorentoe gereël word. Die makadamia-groep is ook vanjaar gasheer vir die Internasionale Makadamia-kongres, wat op 16 en 17 Augustus in Skukuza in die Nasionale Krugerpark (NKP) aangebied word.
Nuwe VLV-tak is vuur en vlam Letsitele se nuutgestigte Valencia VLV-tak is vol planne vir die jaar wat voorlê en het reeds ‘n besige program saamgestel om dié dinamiese groep vroue aan die gang te hou. Volgens die skakelbeampte, me Louise Genis, gaan gereelde demonstrasies aangebied word in hekelwerk, mosaiek, seepmodelwerk en suikerkuns. Maandelikse kompetisies sal aangebied word waar bekwaamheid met die maak van lekkernye soos ‘fudge‘ en kolwyntjies getoets sal word. “Ons gaan eintlik leer uit mekaar se foute,” sê Genis. Hulle vergader elke eerste Woensdag van die maand om 18:00 by die AGS in Letsitele. Die bestuur van die nuwe VLV-tak in Letsitele is (agter) mee Zerilda Smit (sekretaresse),Christine Boshoff (tesourier) en Phia Oosthuizen (beoordelings). Voor is mme Adri Joubert (voorsitter) en Louise Genis (skakelbeampte).
4
Februarie 2015
Piesangboere trap suutjies teen Panama-pes Die gevreesde Panama-siekte by piesangs in Mosambiek is onder beheer, maar dis geen waarborg dat die pes nie na Suid-Afrika kan versprei nie. ‘n Enkele verkeerde voetspoor kan die swam hier laat beland. Piesangboere in Tzaneen en Mpumalanga hou asem op vir die patroon wat die verspreiding van die siekte in die toekoms kan inhou. Die TR 4-swam het reeds groot
vernietiging in die Ooste agtergelaat en het sy eerste Afrika-kuierplek in Mosambiek gekry. ‘n Piesangprodusent van Tzaneen, mnr Francois Vorster van Mahela Boerdery, sê daar is groot waardering vir owerhede en navorsers wat ingespring het om die Panama-verwelksiekte in Mosambiek te beperk tot die nagenoeg sestig ha waar dit uitgebreek het. Die beheer moet egter baie intensief wees, want selfs ‘n modderspoor uit ‘n stewel kan die swam uit ‘n besmette gebied dra en elders versprei.
Meer as 40% van Mosambiek se piesangs word in SuidAfrika bemark. Dit kom egter uit die suidelike dele van Mosambiek, waar die swam nog nie vastrapplek gekry het nie. Met die vrye beweging van werkers in Mosambiek is enigiets egter moontlik en produsente in SA hou die situasie fyn dop. ‘n Vroeë verskynsel van die swam, die TR 1, het etlike dekades gelede groot verwoesting in Suid-Amerika gesaai en is ook in Limpopo en die res van Afrika teenwoordig. Dit het egter nie ‘n invloed op die Cavendishvariëteit waarmee hoofsaaklik geboer word nie.
New group to break avo export barriers A pioneer committee was established by SA and the United States to obtain the necessary approvals for the importation of Hass avo’s into America. This is the first agricultural committee of its kind between the two countries and could pave the way for other African countries such as Kenia, Mozambique, Tanzania and Zimbabwe to enter the US markets. Co-chairman of the US-SA Avo Committee (USSAAC),
Mr Zac Bard of Westfalia, told Fresh Fruit Portal it signals an exciting new era of innovation and partnership in bringing high quality SA avo’s to America. USSAAC comprises top US and SA grower, packer, exporter and importer companies. The other binational co-charman is Mr Jim Donovan of Mission Produce in California. The animal and plant health inspection services of
America’s department of agriculture and SA’s agriculture department (DAFF) are in the process of developing a pest risk assessment in order to export Hass avo’s to America. Other South African members in the committee include Messrs Mark Baker of HL Halls in Nelspruit, Trevor Dukes of Univeg in Tzaneen, Clive Garrett of ZZ2 in Mooketsi and Wiedse Kruger of Afrupro in Tzaneen.
Minister Zokwana invited to open summit Bookings for the summit are nearly Citrus producers responded well on the announcement of a summit meeting completed, although a few reservations which will be held by the Citrus Growers are still available. The minister of agriculture, Mr Senzeni Association in Phalaborwa on 11 and 12 March. Zokwana, has been invited to open the
summit officially, while Ms Carolina Dawson, a researcher at the world renowned CIRAD in Paris, France, will outline the trends that will frame the future of the global citrus world. This was announced by the CEO of the CGA, Mr Justin Chadwick, last week. He predicted that Dawson’s presentation will be the talking point for a long time to come. Growers are also encouraged to contact Mr Fanie Meyer on 082 855 9949 to be included in the golf day preceding the summit on 10 March, which will be played on one of South Africa’s best golf courses in Phalaborwa. Minister of agriculture Senzeni Zokwana Photo: http://www.gcis.gov.za
5
Februarie 2015
The conditions of employment and minimum wages for farm workers in South Africa are regulated by the Sectoral Determination No 13: Farm Worker Sector, South Africa. The sectoral determination stipulates that: •
Farm workers should not work more than 45 hours per week and not more than 15 hours overtime per week
•
Farm workers are entitled to leave as stipulated in the Sectoral Determination 13: Farm Worker Sector, South Africa
•
The minimum wages for farm workers which starts on 1 March 2015 are as follows: R13.37 hourly; R120.32 daily; R601.61 weekly and R2 606.78 monthly
•
A farmer may deduct an amount not exceeding 10% of the employee’s wage for food and accommodation provided on a consistent and regular basis, provided that the accommodation has a roof that is durable and waterproof; has a glass window that can be opened; electricity and water on tap is available inside the house; and a flush toilet or pit latrine is available inside or in close proximity to the accommodation
•
Farmers are required to give the farm workers pay slips and written particulars of employment.
website: www.labour.gov.za | facebook: Department of Labour | twitter: @deptoflabour
6
Februarie 2015
Pomegranate production grows The pomegranate industry in South Africa looks set to reach new heights in the coming years as the country’s young trees become more productive and demand follows an upward trend. The chairman of the board of pomegranate producers Pomasa, Mr Jack Wittles, said in an interview with Fresh Fruit Portal export increased by around 40% during 2014 and he did not expect this growth to subside any time soon. Pomegranates reach full production in about their
eighth year. SA production are now in a phase where a considerable growth can be expected each year. Wittles estimated around 75% of the country’s 800 ha of production land are located in the Western Cape, with the majority of the remainder spread out in the Northern and Eastern Cape and Mpumalanga. While SA is currently able to enjoy a unique commercial window in the Southern Hemisphere for a few weeks with some early varieties such as Acco and Herskovitz, Wittles said the opportunity was only temporary
as South American producers had now planted at least one of the cultivars as well. However, a positive for the industry is the growing demand at home and abroad and the possibility of opening up the US market in the future. The harvest season starts in February and pomegranates enter the market together with other fruit varieties like grapes and pome fruit. The expected production for 2015 is estimated at 12 000 metric tons.
Limpopo-lemoene gaan VSA toe Visit amarok.co.za and fi nd us on facebook.com/AmarokSA
Think of it as a bull with a bowtie.
Die Loskopvallei se sitrusboere gaan die eerste in Limpopo wees om ‘n toetsbesending sitrus vir bemarking na Amerika te stuur, nadat die Amerikaanse inspeksiediens vir diere- en plantgesondheid ingestem het om sitrus uit swartvlek-geteisterde gebiede toe te laat. Tot dusver is net WesKaapse sitrus daar toegelaat. Die besturende direkteur van die GOGO-sitrusgroep in die Loskopvallei, mnr Eben Kruger, sê hulle is vol verwagting dat die besending goed ontvang sal word. Die variëteite Cambria en Midnight sal vir dié doel verpak word en sal van uitstaande gehalte wees. Die Loskopvallei is nog nie lank in die sitrusbedryf nie, maar het in volume reeds gegroei tot die tweede grootste produserende gebied in die land.
Labour saver
The new Amarok 4x2 Automatic, now available at Lannie Motors. Power and luxury meet in the new 4x2 Amarok. Volkswagen’s Germanengineered 132kW BiTDI engine and 420Nm of torque has been paired with its class-leading 8-speed automatic gearbox, making it one of the toughest, smartest double cabs yet. With standard features such as off-road ABS, Hill Start/Descent Assist, a generous payload and rear park distance control, finished off with a luxurious interior and Volkswagen AutoMotion Service Plan, the new Amarok Automatic 4x2 is undoubtedly a cut above the rest. Contact Lannie Motors to book a test drive today.
A revolutionary macadamia nuts harvester which will be cutting costs in harvesting nuts on the ground with more than 50%, was released in Limpopo recently. The manually handled roller picks up the nuts and store it in an ordinary picking crate, which can be filled within five minutes. It was developed by MacRidge Farm near Louis Trichardt, with the help of Mr Chris Tromp of Alon in Modjadjiskloof. The MacRidge macadamia finger wheel harvester will be demonstrated and displayed on 17 March at the next macadamia study group meeting near Tzaneen. The venue has not yet been established, but will be communicated to SAMAC members in the area.
Amarok. Not just tough, smart. FOR SALE
Macridge Macadamia Finger Wheel Harvester - A First For Limpopo! • Revolutionary Super Fast Manual Macadamia Nut Harvester Machine
OGILVY CAPE TOWN 72386/E
cuts harvesting labour costs by well over half • Picks up a crate in 5 min! • Uses normal 20 kg lugbox • Very tough, light-weight for South African conditions • All spares readily available. Available at very low price as locally developed in Limpopo by farmers to respond to rising labour costs. Demonstrations can be arranged, will be shown at SAMAC Farmer Day in March 2015 Price: R3 500 Chris (at Eden Nurseries) 082 355 0000 or Pierre Nel at 071 678 7830
Februarie 2015
7
8
Februarie 2015
Botterskorsiereeks is markwenners Soos met die meeste bedrywe het die ontwikkeling in die tegnolgie van die afgelope aantal jare totale nuwe wêrelde in die groentebedryf geopen. In die kweek van hul nuwe botterskorsiereeks het Sakata se kwekers groot deurbrake in die verbetering in opbrengs, siekteweerstand, gehalte (wat voorkoms en eenvormigheid insluit), smaak en verhoogde gesondheidseienskappe gemaak. ATLAS (2 tot 3 kg) is ‘n eiesoortige bastervariëteit weens sy vruggrootte, opbrengs en uitstaande interne gehalte. Hierdie Cosmos* beskik oor groeikragtige plante met ‘n uitstekende variëteit het hom reeds in die markplek en verwerkingsbedryf gevestig, weens hieropbrengspotensiaal vir ‘n bostipe botterskorsie.
die redes. Die plant is besonder groeikragtig en lewer uitstekende opbrengste en die interne gehalte maak dit moontlik om vrugte vir maande op te berg. Weens die sterk wortelstelstels moet daar teen oorbemesting gewaak word. PLUTO (0,9 tot 1,5 kg) is vir alle praktiese doeleindes ‘n kleiner weergawe van Atlas met medium grootte vrugte met dieselfde uitstaande vruggehalte en eenvormigheid as Atlas. Die sterk groeiende baster plante is wyd aanpasbaar met uitstekende weerstand teen Poeieragtige meeldou. Die opbrengspotensiaal van Pluto is hoog en opbrengste van meer as 60 t/ha is al in kommersiële aanplantings verkry. Ideale plantestand is 12 000 plante per ha. Besonder gewild vir uitvoer en verwerking weens die eenvormige vrugte met ’n besonderse interne gehalte. Pluto is ‘n markwenner wat ‘n nuwe hoofstuk in die produksie van botterskorsies skryf. QUANTUM (800 tot 1,2 kg) kan in alle opsigte as ‘n kleiner Pluto beskou word, en beskik oor dieselfde eienskappe wat opbrengs en gehalte betref. Quantum val meer in die Waltham-klas vir daardie markte wat ‘n ietwat kleiner vrug verkies. Die aanpasbaarheid en gehalte van Quantum maak dit uiters geskik vir somerproduksie waar ‘n medium grootte vrug verlang word. Quantum beskik oor ‘n goeie weerstand teen Poeieragtige meeldou wat beslis bydra tot die lang oesperi-
Pluto se uitstaande vrugkwaliteit en eenvormigheid maak van hierdie botterskorsie ‘n markwenner.
ode en gevolglike hoër opbrengs. VEENAS (0,6 tot 1,2 kg) is ‘n kleiner weergawe van Quantum en is spesifiek ontwikkel vir die uitvoermark en vir verpakking vir die kettingwinkelgroepe. Die vrugte is klein tot medium met ‘n uiters eenvormige vruggrootte. Soos Pluto en Atlas beskik dit oor die hoogste vruggehalte wat ‘n voorvereiste is vir die uitvoermark. Die plante is sterk groeikragtig wat oor ‘n lang tydperk vrug set en bied weerstand teen Poeieragtige meeldou. . COSMOS (0.8 tot 1.2 kg) is die eerste bostipe botterskorsie in die mark. Hierdie eienskap maak verbouing soveel makliker deurdat tot op ‘n laat stadium meganies geskoffel kan word. Cosmos het weerstand teen Poeieragtige meeldou. ‘n Plantestand van tot 15 000 plante per ha kan met gemak gehandhaaf word. Cosmos het ‘n goeie opbrengs van besondere eenvormige vrugte van ongeveer agt vrugte per sak. Vir meer inligting oor Sakata se botterskorsies of die res van die produkreeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek ons webwerf www.sakata.co.za. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
Februarie 2015
9
10
Februarie 2015
Maluma is tog bobaas Die vyfde jaarlikse Malumadag is onlangs by die Hoërskool Merensky gehou en deur 188 geregistreerde boere, beamptes en sakemanne bygewoon. Die voordele wat dié eg Suid-Afrikaanse produk vir die avobedryf inhou, het na vore gekom in elke voorlegging deur verskeie sprekers. Selfs met die boordbesoeke in die namiddag kon besoekers duidelik gewaar dat dié variëteit ‘n wenner op feitlik elke gebied is.
Mnr Niek Human (met die rooi hemp, rug skuins na die kamera) lig die besoekers in oor sy Maluma-boorde.
Mnr Burtie van Zyl van ZZ2 gesels met van die oorsese besoekers: mnre Ruben Blanco, Odilo Duarte en WR Mathias van onderskeidelik Peru, Spanje en Israel. Regs is mnr Athol Currie van Limpopo.
Mnre Thys Marais, Pieter Pieterse en Marius Schwartz was Me Tracy Campbell van Subtrop in KwaZulu/Natal deel van die avo-boeredag. span die selfoon in vir avo-foto’s.
Die vyfde Malumadag is onlangs onder groot belangstelling by die Hoërskool Merensky aangebied. Mnre Gerrie van der Gryp, Andrew Thornhill en Wicus Thornhill staan by dr André Ernst van Allesbeste Kwekery, onder wie se vaandel die dag aangebied is. Onder Malumadag se sprekers was mnre Edrean Ernst, Abraham, dr André Ernst, Zander Ernst, Bram Snijder, Hannes van Rooyen, Wiedse, Clive Garrett en Pieter Pieterse.
Mnr Hannes van Rooyen (NovaSun) staan by mnr Don Thank- Me Brenda Botha en mnr Piet Visser van Nulandis ge van Woolworths tydens ‘n boordbesoek by die Hoërskool is die verskaffers van Screen Duo, ‘n middel wat Merensky se avo-afdeling. weerstand teen hitte en koue by avokado’s bied.
Mnre Dion Coertzen, Philip Muller, Nelius Human en Heinrich Muller was van die gaste by die Malumadag.
11
Februarie 2015
Maluma is tog bobaas
Mnre Nick Robert, Danie Kok en Wikus Swart van Agri Services het spuittoerusting aan boere tydens die Malumadag vertoon. Dit is ‘n onderafdeling van NCR Agri Services en Sprayrite in Letsitele doen die verspreiding van dié produkte. Die bestuurder van NTK in Tzaneen, mnr Frikkie van Vuuren, was een van die vertoners by die Malumadag by die Hoërskool Merensky. By hom is mnr Frikkie van Vuuren (jr) en me Megan Coetzee.
Mnr Steyn le Grange van Avant het sy veeldoelige ligte masjinerie by die Malumadag vertoon. Die Avant-reeks kan letterlik vir byna enige taak ingespan word.
Mnr Donovan Lewis is verbonde aan Allesbeste, die bekende avokadoplaas van dr André Ernst, waar hy in beheer is van die boerdery se padstal. Hy doen ook bemarking en word beskou as een van die onderneming se raakvatters.
‘n Sproeier van Agri Services wys sy sproeikrag tydens Malumadag by die Hoërskool Merensky.
AgriBulletin Advertising | Advertensies Jacques Smuts 071 268 2543 jacques@bulletin.us.com
Wenkem S.A. Reg № 1988/003854/07
(EDMS) BPK. (PTY) LTD
Isuzu Midnite Edition E-mail cor.greyling@wenkem.co.za steve.smuts@wenkem.co.za
• Mikro-element blaarvoeding • Na-oesbederfmiddels • Plaagdoders • Swamdoders • Citrosol Wakse Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269
agri©10161wk150227dm
Vir `n volledige reeks:
Limited Edition Only 500 will ever leave the factory floor – making them rarer than most supercars. Inside the engine bay of each MIDNITE Edition, is a laser-engraved plaque featuring the unique number of each vehicle. Best in class Based on the Isuzu flagship model, the KB 300 LX, the MIDNITE edition boasts an impressive 3 500kg towing capacity, bestin-class fuel economy, best-in-class payload and legendary Isuzu ride comfort!
12
Februarie 2015
Bulletin130712SM