Mei 2015
Betaal vir water Pioneer blueberry project Ban on hunting cargo
2
Mei 2015
Meganiese snoei groei fluks ’n publikasie van Bulletin
Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset
Twee snoeimasjiene met vier rolsaaglemme Masjien nommer dertien het pas sy verskyning gemaak in Northern Motors se boord- is gebou en suksesvol ingespan, gevolg deur snoeistal en hierdie een is ‘n wenner, sê mnr ‘n swaardiensmasjien wat groter bome met Andrew Thornhill van Tzaneen. dikker takke kon snoei. In 2007 het Thornhill Israel besoek om meer Hy het die snoeibedryf tien jaar gelede saam met mnr Gerhard van der Gryp begin. Vandag kennis oor meganiese snoei in te win. Hy dreun hul snoeimasjiene op feitlik al die groot het ‘n rotasiesnoeimasjien na Suid-Afrika inkommersiële vrugteplase in Limpopo, en selfs gevoer, maar dit moes aangepas word met ook by tye in ander provinsies. Thornhill sê hy en Van der Gryp is reeds sedert 2000 saam in besigheid met die verkoop van gebruikte trekkers en lugdruk-snoeitoerusting. In 2005 het hulle navorsing oor meganiese snoeitoerusting gedoen en besluit op masjiene wat met rehabilitasie- en instandhoudingsnoeiwerk ingespan kan word om neut- en vrugteboorde te takel. Baie boorde was oorgroei, moeilik om te snoei en die vrugte te oes en hulle was minder produktief. Gerhard van der Gryp en Andrew Thornhill.
Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Your agri advertising solution provider
Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Die eerste snoeitrekker van 2005 loop steeds.
versterkings vir die robuuster toestande in Limpopo. Hul snoeiwerk het al gewilder geword by groot vrugteboere, omdat dit vir die produsente nie lonend was om die duur masjiene op eie houtjie aan te skaf nie. Nog ‘n groot voordeel was dat snoeiwerk baie gou na oestyd gedoen kon word, wat lei tot vroeë blomtyd en vrugset en gevolglike hoër opbrengs. Dit het ook beteken dat chemiese beheer in boorde doeltreffender toegepas kon word. “Ons brei steeds uit, want nuwe boorde kom jaarliks by ongeag die storms wat rondom grondhervorming woed. Minstens een produsent brei sy jaarlikse avo-aanplantings met ‘n honderd hektaar per jaar uit.” Hy sê hulle probeer om snoeikontrakte tot Limpopo te beperk en werk van Marble Hall tot by Pontdrif, Musina, Levubu en met groot kontrakte in Mooketsi, Tzaneen en Hoedspruit. Hulle werk egter ook tot by Malelane in die ooste. “Ons het onlangs ‘n versoek uit Worcester in die Kaap gekry om ‘n perskeprodusent se boorde te doen, maar dit is nie vir ons lonend nie. Benewens die dae wat die masjiene op vragmotors moet deurbring, kan dit ook ander logistieke nadele inhou.” Van der Gryp doen self die modifikasies in hul Tzaneen-werkswinkel en het volgens Thornhill reeds wondere verrig. Die jongste toevoeging is ‘n masjien wat in een rigting bome aan alle kante kan snoei en baie tyd bespaar. Die maatskappy doen ook snipperwerk (mulching) van gesnoeide takke, sodat dit as materiaal vir bemesting in die boord kan agterbly. Alle toerusting het spesiale veiligheidseienskappe met sterk kajuite. ‘n Paar masjiene het al op skuins terreine omgeval, maar in die tien jaar het hulle nog geen beserings gehad nie, sê Thornhill.
3
Mei 2015
Betaal vir water of boer droog Die volhoubare benutting van besproeiingswater is net moontlik as dit op grondvlak reg bestuur word, sê mnr Nic Knoetze, die uitvoerende hoof van die Assosiasie van Watergebruikersverenigings van SA. Hy was die hoofspreker by ‘n inligtingsdag oor watersake in Polokwane, wat deur AgriLimpopo aangebied is. Knoetze het perspektiewe gegee oor die bestuur van water onder die ou wet, asook uitgewys hoe sake onder die nuwe wet bestuur moet word. Hy het benadruk dat die klem in die toekoms al meer gaan val op die noodsaaklikheid van samewerking tussen landbouers onderling en die komponente van die gemeenskappe waarbinne hulle boer. Watergebruikersverenigings (WGV’s) is kragtens die Waterwet die liggaam wat water op grondvlak bestuur. Volgens die wet word gebruikers van water in twee kategorië verdeel, naamlik die wat ‘n reg op water het (huishoudings/menslike gebruik) en die wat ‘n vergunning het om water te gebruik (landbou, mynbou, nywerheid). Wgv’s kan ‘n bepalende rol speel waar botsing van belange tussen mynontwikkeling en landbou ontstaan. Die voorwaarde is natuurlik dat daar ‘n WGV in so ‘n gebied moet wees wat kragtens die wet opgerig, goedgekeur en bedryf word. Hoewel WGV’s nie op gebruikers afgedwing word nie, is die stigting en bedryf daarvan wel in belang van alle gebruikers van water. Volgens die wet is almal wat wettig water gebruik, onderhewig aan die reëls en bepalings soos neergelê deur die WGV van daardie omgewing. Reëls neergelê deur WGV’s is bindend genoeg om in ‘n hofgeding te kan staan. Watergebruikers behoort die magte en pligte van WGV’s tot hul voordeel te gebruik. Waar ‘n WGV statistieke oor ‘n lang tydperk versamel het, kan sulke inligting van onskatbare waarde wees in hofgedinge oor water. Besproeiïngsrade was veronderstel om reeds omgeskakel te wees na WGV’s. Dié rade word nie deur die nuwe wet erken nie. Dit is raadsaam vir sulke rade om tydig die omskakeling te doen, voordat hulle gedwing word daartoe. Die omskakeling sal nie tot nadeel van hul bestaande werksaamhede wees nie. Knoetze het landbouers aangeraai om toe te sien dat alle water vir landbougebruik, deur WGV’s bestuur word. Dit is in landbou se belang om toe te sien dat
water oordeelkundig gebruik word. Opvanggebiedbestuursagentskappe (CMA’s) word toenemend in plek gestel. In dié strukture behoort landbou deur WGV’s verteenwoordig te word. CMA’s neem die funksies van die ou streekskantore van waterwese oor. Omdat water nie ‘n reg vir landbou is nie, sal landbouers in die toekoms moet seker maak hul belange word in dié strukture gedien. Dit gaan nie vanselfsprekend gebeur nie. Benoemings vir landbouverteenwoordigers indie CMA’s se rade is ‘n netelige saak. Verteenwoordigers moet tydig benoem word. Dit is verder belangrik dat hierdie persone onderlê moet wees in die Waterwet en grondige kennis van watergebruik in landbou moet hê. Dit is aan te beveel dat die persone ook die pad moet loop van waar die sogenaamde “steering committee” met sy werksaamhede begin. Dit is juis hierdie stuurkomitees wat binne die CMA die praktiese uitvoering en besluite gaan beïnvloed. Daarom moet landbou daar verteenwoordig wees en ‘n positiewe bydrae lewer. Die wanopvatting dat die afwesigheid van ‘n WGV watergebruikers meer vryheid gee en hul vrystel van waterbelastingbetalings, is uitgewys. WGV’s kan wel as invorderingsagente registreer by die departement water en sanitasie (DWAS), maar dit is hul keuse en kan vir die vereniging bykomende inkomste beteken. Dit is egter nie hul primêre funksie nie. Met of sonder ‘n WGV bly wettige gebruikers betaalpligtig. Waar betalings nie aan DWAS gemaak word nie, loop landbouers die risiko dat hul reg tot watergebruik teruggetrek kan word. Waar watergebruik wel geregistreer is maar waterbelasting nie betaal is nie, word agterstallige geld van die verkoper verhaal, as voorwaarde vir die afhandeling van
die verkooptransaksie wanneer hy daardie grond wil verkoop. Waar ‘n grondeienaar verkies om geen gebruik te registreer nie, beskou waardeerders en finansierders sulke plase as veegrond. Die wet is duidelik daaroor dat slegs kategorie een gebruik (huishoudelik en veesuiping) in landbou nie geregistreer hoef te word nie. Sulke plase word dan waardeer as veeplase en nie as besproeiïngsplase nie. Grondeienaars behoort hierdie aspek deeglik in ag te neem wanneer hulle besluite neem oor waterregistrasie al dan nie. Volgens die president van AgriLimpopo, mnr Leon Borcherds, is water van kardinale belang vir landbou in Limpopo. “Beskikbare water vir landbougebruik kom toenemend onder druk weens groter aansprake daarop deur dorpe, stede en mynbou,” het hy op die inligtingsdag gesê. WGV’s is volgens Knoetze die aangewese struktuur om binne die Waterwet soos hy nou staan, vir landbou sy regmatige kwota water te beding. Water is skaars in ons land en die gebruikers word al meer. Daar gaan toenemend aangedring word op effektiewe en spaarsamige gebruik deur die landbou. “Deur WGV’s kan landbou aan die wetlik voorgeskrewe proses van waterbestuur deelneem en voorkom dat die sektor uitgelewer word aan onoordeelkundige besluit-neming wat dit tot nadeel kan strek,” het mnr Willem van Jaarsveld, die hoof- uitvoerende beampte van AgriLimopo gesê.
4
Nguni-ras maak stem dik Die Nguni-beesras het vroeër dié maand weer die kollig gesteel, toe die gunstige eienskappe daarvan by Nampo by Bothaville aandag geniet het. Dis ‘n geharde bees wat so goed in die Afrikaklimaat aangepas het dat dit doeltreffend in sy omgewing kan oorleef en voortbestaan. Dit is bestand teen interne en eksterne parasiete en het ‘n sterk immuniteit teen siektes. Die Nguni Beestelersvereniging (NCBA) is reeds dertig jaar gelede by die SA Stamboekvereniging ingesluit, en stel deesdae streng standaarde vir die voortbestaan en verbetering van die ras. Die NCBA sê die bees het die geskikste moederlyn vir ekonomiese vleisproduksie, terwyl die bulle weens lae gewig op enige ander ras gebruik kan word. Die hoofkantoor is in Bloemfontein en hulle is bereikbaar by www.ngunicattle.info.
Mei 2015
AgriSA kry vars breinkrag
AgriSA het sy uitvoerende bestuurspan met ‘n paar nuwe swaargewigte gelaai, om georganiseerde landbou in SuidAfrika met nuwe krag op koers te hou. Mnr Omri van Zyl neem oor as uitvoerende direkteur by mnr Hans van der Merwe, wat einde November aftree. Van
Zyl het ‘n regsgraad, MBA en sertifikate in projekbestuur en misdaadintelligensie. Hy spog met ‘n reeks toekennings vir sy werk en is ‘n senior vennoot in die Deloitte-groep. Nog ‘n nuweling is mnr Christo van der Rheede, wat saam met mnr Johan Pie-naar as adjunk-uitvoerende direkteur diens sal doen. Van der Rheede is die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en ‘n leier in die opvoedkunde en gemeen-
skapsdiens. Nog ‘n toevoeging tot die bestuurspan is mnr Thabi Nkosi, wat as senior ekonoom aangestel is. Die nuwe aanstellings is vroeër die maand deur mnr Johannes Moller, die president van AgriSA, bevestig. Hy het gesê AgriSA het besluit om sy kapasiteit op uitvoerende vlak te versterk met die fokus op kommersiële sake wat die bestaansreg van die sektor raak, asook die ontwikkelende en sosiale aspekte wat verband hou met die heersende debat oor transformasie.
SAA ban on hunting cargo slammed
The decision by SAA that was followed by Emirates Airlines, not to transport hunting cargo in future came at a very wrong time for the hunting industry in South Africa as the 2015 hunting season just started, AgriLimpopo warned last week. “Our country, and the hunting industry in particular, depends heavily on income derived from international hunters visiting our game farms. This income supports job creation and management of wildlife numbers and diversity in our industry,” said Mr Pieter Vorster, vice president of AgriLimpopo and game farmer from the Gravelotte area. “The multiplier effect of spendings from visiting hunters can and should not be neglected when putting a monetary value to the negative impact on our economy coming from decisions like this,” Vorster added. AgriLimpopo believes that airlines opting for decisions like this should have entered into discussions with role players in the affected industries like hunting and hospitality, to discuss their motivations for their drive towards such decisions. To see this as a way to curb the illegal trade in endangered species and rhino horn, is to simplify a complex situation. “We appreciate the willingness from airlines to contribute towards solutions to these problems, but it is not in the hands of airlines or any other international transporters of hunting cargo to solve matters that should be solved by stakeholders like PHASA, WRSA, Chasa, departments of environmental affairs and specialised policing units,” Vorster said. He extended a hand of support to these organisations by saying: ”As organised agriculture we will join hands with these stakeholders to serve the interests of our members and that of the affected industries. It is to the benefit of our country that we have to work together towards proper solutions to poaching and illegal trade in endangered species. But not by harming legal hunting and tourism as these decisions by airlines will do”.
5
Mei 2015
Callegra kiwis are flourishing until his death on 19 December The production of kiwi fruit for the South African market is flourishing last year, due to an asbestose related illness. The couple’s ashes in the Magoebaskloof near Haenertsburg, where a bigger crop is rest in a special gravestone erected in the garden of the estate. expected this year. During the decline in their One of the main producers is the farm Callegra about ten kilo’s health their only daughter, Grazia, was summoned from Dubai outside Haenertsburg, where the Draghi family started growing kiwi to take over the enterprise. She and her husband, Mr Kevin Cass, fruit for the local market many moved to SA and he settled in years ago. Italy is the largest exporter of kiJohannesburg as the owner of a wis and Mr Aldo Draghi applied his construction group. Grazia moved to Callegra and is Italian born skills to establish a well now running the family business managed operation. He did not consider the export market and be- The dragon is depicted on the entrance to under the brand name. It also inthe Draghi estate. lieved in producing export quality clude avo’s and blueberries. fruit to the local South African consumer. Kevin comes home every fortnight, while their two Sadly, Aldo’s SA born wife, Helen, passed on in August children, Jordan and Jade, are completing their studies 2013 and his interest in the business pined away rapidly at universities in Rome and Kopenhagen.
Helen and Aldo Draghi
The ashes of the Draghi couple, who established the kiwi farm, was laid to rest in this tombstone on the estate.
The man who is in charge of the kiwi business is Mr Paul Sehwana. He worked for the Draghi family for 22 years and knows every inch of the 163 ha farm. Last year production took a decline due to nematodes attacking the Ms Grazia Cass is the owner root system of the kiwi of Callegra Farm near Haenertsburg, where high quality plantations, reducing the kiwi fruit for the SA market is harvest to a mere twenty produced. tons. This year they are looking forward to a yield of between 35 and 40 tons. Sehwana says the orchards are prone to blight because of the cold weather in the high lying area, but they have means of countering the damage. Their product is marketed under the name of Callegra and is available on all the major municipal markets in South Africa.
Kiwi fruit from Callegra.
Mr Paul Sehwana is the manager on Callegra.
6
Mei 2015
Blueberries blossom in Limpopo Commercial farming with blueberries are gaining ground in South Africa. Local farming with its 2 000 tons per year is still on a small scale in comparison with regions such as South America, with its annual export running into more than 125 000 tons to the rest of the world. After a comprehensive entrance by farmers in the Eastern Cape such as Amathole Berries on Thornhill Farm near Stutterheim a few years ago, the keenness is now also seen in Limpopo. A handful of existing producers are joined by new entrepreneurs to push up production in the province. (See page 8) Blueberries have been known in Blueberries are kept under netting to control temperatures and prevent frost the hills of Magoebaskloof near damage. This farm belongs to Mr Claudio Draghi next to the Magoebaskloof road Haenertsburg for a number of years, outside Haenertsburg. where they are part of exhibitions
and festivals held during the year. Commercial farming with blueberries is nonetheless a highly capital intensive business. The market is controlled internationally by limiting the available plant material to approved growers all over the world. There are several species, but they are expensive and are priced up to more than R40 per plant. Establishing a single hectare can cost you up to R2,7 million when plant material, computerized irrigation systems, netting and soil preparation is taken into consideration. A farmer from Trichardtsdal, Mr Stefan Botes, did some research on the berry industry with plans to enter the blueberry market, but has his doubts after calculating the overall costs. Amathole Berries in the Eastern Cape followed a slightly different route some seven years back and has already planted several hectares of a planned ten year programme to grow 225 ha of berries. It is estimated that a density of between 3 300 and 5 500 plants per hectare is normal. Amathole grew their plants in 20 litre plastic bags and fitted up to 26 800 plants into one hectare, expecting a yield of between 15–18 ton/ha.
The plants are ready to be pruned for the next season which starts in October.
The entrance to Blueberry Heights, a landmark near Haenertsburg.
‘n Nuwe bemarkingstrategie vir die uitvoer van bloubessies word later vanjaar wêreldwyd verwag, wanneer die internasionale bloubessie-organisasie (IBO) sy vyfde jaarlikse spitsberaad in Coffs Harbour, Australië, hou. Klem sal gelê word op nuwe variëteite en kostebesnoeiing om die winsgewendheid in die bedryf te verhoog.
7
Mei 2015
Geld stroom in vir Subtrop-navorsing Geld vir navorsing op subtropiese vrugte groei jaarliks teen so ‘n tempo dat Subtrop nou pro-aktief kan optree pleks om vure dood te slaan, sê dr Gerhard Nortjé, tegniese bestuurder van Subtrop in Tzaneen, wat na die produsente van makadamias, avo’s, mango’s en lietsjies omsien. “Ons is verheug oor die R4,5 miljoen wat vir die volgende jaar vir avo’s en makadamias beskikbaar is. Hiervan is R1,6 miljoen net vir makadamias.” Hy sê dis duidelik dat die produsente en owerhede begin besef dat die vier assosiasies tot stand gekom het om juis meer navorsing te doen en voor te bly in die stryd om oorlewing. Nuwe peste en plae kom gereeld na vore en dis noodsaaklik dat die produsente op die wenpad bly. Volgens Nortjé bly die stinkbesie by neute en avo’s steeds die plaag wat die grootste skade jaarliks aan oeste aanrig. Dit is hoog op die voorkeurlys en word hoofsaaklik chemies bestry, hoewel Subtrop se spanne ook biologiese teenmiddels soos vlermuise en feromone ondersoek. Die Amerikaners het reeds ‘n feromoon ontwikkel wat suksesvol teen ‘n spesifieke stinkbesie ingespan word. Subtrop voorsien ook groter samewerking met die waternavorsingskommissie oor die volgende vyf jaar, wat ingestem het om twee keer meer geld vir navorsing beskikbaar te stel. “Ons het ook vir die eerste keer ‘n behoorlike beraad tussen die bedrywe en chemiese maatskappye gehou,
Mnr Diek Coetzee, jarelange verteenwoordiger in die chemiese bedryf in Letsitele, is vanjaar weer gekroon as BASF se topverkoper in Limpopo en Suid-Afrika. Hy en drie groepe boere het die maatskappy Destrimix minder as drie jaar gelede gestig as deel van BASF in Letsitele, met ‘n verspreidingsgebied tot in Komatipoort. In dié kort tydperk het hy reeds die Limpopo-kroon drie keer gewen en die SA prys twee keer. Destrimix se twee belangrikste produkte wat hiertoe aanleiding gegee het is Cabrio teen swartvlek by sitrus en Hunter, wat blaaspootjie by alle gewasse beveg.
sodat die vervaardigers vorentoe ‘n beter begrip het wat produsente van hulle verlang. So ‘n raamwerk het nie voorheen bestaan nie.” Een van die groot deurbrake wat die afgelope jaar met navorsing gemaak is, was die teenvoeter vir bloeiselmisvorming by mango’s. Heelwat navorsing is daaroor gedoen, maar die deurslaggewende een het gekom met proewe wat mnr Theuns
Botha, mangoprodusent van Lapland buite Tzaneen, op verskeie plekke met die middel Lima gedoen het. Dit is ‘n fosforsuur-mengsel en word in samewerking met die maatskappy QMS beskikbaar gestel. Ander kwale in die mangobedryf is die snuitkewer en galvlieg, waarop deurlopende navorsing gedoen word. Dit en die welslae teen bloeiselmisvorming sal besprekingspunte wees op die jaarlikse mango navorsingsimposium, wat op 24 Junie by Swadini gehou word. ‘n Mango-kenner uit Amerika, me Noris Ledesma van Florida, sal as gasspreker oor nuwe variëteite en die wêreldwye verspreiding van mango’s praat.
8
Mei 2015
Tzaneen boasts pioneer blueberry project A prestigious blueberry estate is emerg- 50 and 80 hectares in the near future. and feeding system and ing on the outskirts of Tzaneen, which is According to Hayes the blueberry suitable plant material, the seen as a pioneer project for the berry business is expensive and the correct cost of which can be estiBlueberries planted in December 2014 flourish on the farm industry in the region. mated at R650 in Hamawasha. Tzaneen Blueberry 000 per hecFarm (TBF) is in the tare without netting or plas- from this at an early stage. The plant material is supplied under Hamawasha area, bortic coverage. When netting is dered by avo, litchi, considered, the cost can run licence by a Stellenbosch company and may not be distributed to unlicenced banana and mango up to twice as much. farms. Hayes explained that three growers. The berry harvest is delivered The enterprise belongs early varieties are grown in directly to the Stellenbosch company, to three partners who Tzaneen which are suitable who exercises strict control on the distrihave up to the present for the temperatures and bution of the product. “The largest producers are in the invested thoroughly in climate of the area. They are getting the business Snowcatcher, Emerald and Western Cape: Blue Mountain Berries in Mr Henry Hayes The early flowers appear within one year. on the right track from Jewel, which will produce George, delivering outstanding crops, the beginning. They are berries as early as August Villiersdorp and Stellenbosch. Then there messrs Henry Hayes, each year when market pric- is Amathole Berries near Stutterheim in Nino Burnelli and an es are favourable for produc- the Eastern Cape, who entered the blueoverseas partner known ers. Blueberries well looked berry market by growing many hectares. Hayes said TBF employs 32 permanent as Misty Holdings. Hayes after can deliver its first harhas been involved in vest within a year, but reach- workers at this stage, but the biggest rungrowing blueberries in es full harvest between three ning expences are during harvest time, when a large number of contract workers the Haenertsburg area and four years. before and has paid his The industry in South Africa is are employed. “Harvesting is an ongoing process, be“school fees” in masterstill minute in comparison with ing the techniques of the USA, the largest producer, cause berries do not ripen at the same Mr Darlington Masata is the supervi- One of many outlets in the computthe trade. and Chili in South America as time and each row in the orchard is vissor on the farm. erized irrigation and feeding system. At this stage a total well as Australia, which feeds ited several times.” They expect a yield of between 12–15 of 25 hectares are blooming in their technical preparations are necessary to the eastern countries with blueberries. The first and second year, while the owners grow them successfully. This include soil worldwide demand for blueberries exceeds tons per hectare, but up to twenty tons are are anticipating a final unit of between preparation, a computerized irrigation the supply by far and TBF thrives to benefit also expected in sections of the plantation.
9
Mei 2015
A Legend is born
• • • • • • • • • •
Smoked tail light design Stainless steel front nudge bar Stainless steel rear step bumper Towbar Matt black side steps Exclusive Legend 45 badging Colour-coded door handles & chrome finish mirrors Multi-spoke 17-inch anthracite alloy wheels Skeepsvervoer van SA vrugte na bestemmings in die Wide range of exterior colours including Ooste soos Viëtnam kan dalk binnekort deure vir die Tonneau cover and rear styling bar available as a uitvoer van sitrus na dié land laat oopswaai. cost option (Legend 45 Plus) ‘n Afvaardiging van die Sitrus Kwekersvereniging Likewise when it comes to the interior, Legend 45 (CGA) en Fruit SA het Viëtnam onlangs besoek en models are tastefully and liberally specced: gunstige reaksie vir toekomstige handel in sitrus • Full black interior for the cabin including dashontvang. Dit word verwag dat die Viëtnamese Suidboard finish Afrika voor die einde van die jaar sal besoek terwyl • Black leather with silver contrast stitching on the die sitrus-plukseisoen nog aan die gang is, om die seats, door panels, steering wheel etc uitvoerbal aan die rol te sit. • Reverse camera now added to Xtra Cab Legend Mnr Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die 45 models as well the 2.7 VVTi Legend 45 modCGA, sê ingevoerde vrugte in Viëtnam se winkels en els (standard on all other Double Cab Legend 45 supermarkte is duur. Dis meestal vrugte uit Amerika models) en word ingevlieg, wat aanleiding tot die hoë pryse It’s worth noting that in terms of kit, the Hilux is one of gee. Die meeste invoerders in Viëtnam is skepties oor the most generously equipped pick-ups on the market skeepsvrag, hoewel dié wat daarmee te doen gehad with all 3.0 D-4D and 4.0 V6 Double Cab models comhet, glo heel in hul skik is. Vrugte per skip kan teen ing standard with a full suite of luxury and safety acbaie laer pryse op die rakke beland, tot voordeel van cessories ranging from automatic climate control, auto SA produsente. lights, multi-function steering wheel and display audio (with reverse camera) to six airbags and stability E-mail cor.greyling@wenkem.co.za control. Reg № 1988/003854/07 steve.smuts@wenkem.co.za (EDMS) BPK. (PTY) LTD • Visit or call Trophy Motors in Modjadjiskloof to arrange for a test drive Vir `n volledige reeks: of the Legend 45 or to • Mikro-element blaarvoeding discuss a trade-in or the • Na-oesbederfmiddels purchase of the special • Plaagdoders edition of SA’s No 1 seller • Swamdoders in the popular “bakkie” • Citrosol Wakse market.
Wenkem S.A.
agri©10161wk150227dm
For over 45 years, thirteen million Toyota Hilux LDV’s have been forging trails around the globe from the Arctic tundra to the deserts of the Kalahari. This unstoppable vehicle has earned the highest trust and admiration for its off-road capabilities, endurance and overall ability. And now, to celebrate 45 years of ‘bundu bashing’ excellence, Toyota South Africa is pleased to announce the introduction of the aptly named Legend 45. Applied to 100 percent of all Raider (high spec) production, this value-for-money, special edition 45 package is available in 4x2 Raised Body and 4x4 formats and across all variants — Single Cab, Xtra Cab and Double Cab. In total there are thirteen different Legend 45 model variants. Distinguishing it from the rest of the Hilux range, the Legend 45 gets the following exterior treatment: • New headlamp and front fog lamp design with Call Trophy Motors on black-out detail 015 309 9258.
Viëtnam kan sitrus lok
Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269
10
Mei 2015
11
Mei 2015
Botterskorsies bly aan die wenkant Sakata se teelprogram op F1 baster botterskorsies stel nuwe standaarde in die wêreld van hierdie gewilde groentesoort. Die resep is eenvoudig, dit gaan oor ‘n goeie opbrengs, interne kwaliteit, eenvormigheid in vruggrootte en vorm en die groeikragtigheid van die plant. Hierdie reeks bestaan uit die volgende variëteite: ATLAS (2 – 3 kg) is ‘n unieke bastervariëteit weens sy vruggrootte, opbrengs en uitstaande interne gehalte. Hierdie variëteit het hom reeds in die markplek en verwerkingsbedryf gevestig. Die plant is groeikragtig en lewer uitstekende opbrengste en die interne gehalte maak dit moontlik om vrugte vir maande op te berg. Weens die sterk wortelstelstels moet daar teen oorbemesting gewaak word. Doen besonders goed met halforganiese bemesting. Waar groot vrugte vir verwerking verlang word, word ‘n plantpopulasie 10 000 tot 12 000 plante per ha voorgestel. PLUTO (0.9 – 1.5 kg) is vir alle praktiese doeleindes ‘n kleiner weergawe van Atlas met medium grootte vrugte met dieselfde uitstaande vruggehalte en eenvormigheid as Atlas. Die sterk groeiende basterplante is wyd aanpasbaar en weerstandbiedend teen Poeieragtige meeldou. Die opbrengspotensiaal van Pluto is hoog en opbrengste van meer as 50 t/ha is al in kommersiële proewe verkry. Vrugte set oor ‘n lang groeitydperk en die vrugvorm is soortgelyk aan Waltham. Pluto doen besonders goed met half-organiese bemesting. Ideale plantestand is 12 000 plante per ha. Dit is gewild vir uitvoer en verwerking weens die eenvormige vrugte met ’n goeie interne gehalte en hoë suikergehalte. Pluto is ‘n markwenner wat ‘n nuwe hoofstuk skryf in die produksie van botterskorsies. Voorgestelde plantpopulasie is 10 000 tot 12 000 per hektaar.
VEENAS (0.6 – 1.2 kg) is ‘n kleiner weergawe van Pluto, en is spesifiek ontwikkel vir die uitvoermark en vir verpakking vir die kettingwinkelgroepe. Die vrugte is klein tot medium met ‘n eenvormige vruggrootte. Vrugte het ‘n basiese Waltham vorm. Soos Pluto en Atlas beskik dit oor die hoogste vruggehalte wat ‘n voorvereiste is vir die uitvoermark. Die plante is sterk groeikragtig wat oor ‘n lang tydperk vrug set en bied weerstand teen Poeieragtige meeldou. Dit doen goed met half-organiese be-
Pluto se uitstaande vrugkwaliteit en eenvormigheid maak van hierdie botterskorsie ‘n markwenner.
mesting. Voorgestelde plantpopulasie is 12 000 tot 15 000 plante per ha. Veenas moet verkieslik gedurende die somer verbou word aangesien die vrugte kleiner word gedurende koeler groeitydperke. COSMOS (0.8 – 1.2 kg) is die eerste bostipe botterskorsie in die mark. Hierdie eienskap maak verbou-
ing soveel makliker deurdat dit tot op ‘n laat stadium meganies geskoffel kan word. Cosmos het weerstand teen Poeieragtige meeldou. ‘n Plantestand van tot 15 000 plante per ha kan met gemak gehandhaaf word. Cosmos het ‘n goeie opbrengs van eenvormige vrugte van ongeveer 8 vrugte per sak. By uitstek geskik vir vroeë seisoen produksie om vroeg in die mark te wees. Cosmos word slegs aanbeveel vir varsmark produksie teen ‘n voorgestelde plantpopulasie van 15 000 plante per ha. APOLLO (1.5 – 2.2 kg) beskik oor medium-groot vrugte (in vergelyking met Pluto en Waltham) met uitstekende vruggehalte en eenvormige vrugte. Die plante is sterk groeikragtig met weerstandbiedendheid teen “Zucchini Yellow Mosaic Virus” (ZYMV) en “Papaya Ringspot Virus” (PRSV). Vrugset is uitstekend oor ‘n lang produksieseisoen. Vrugte weeg tussen 1.5 – 2.2 kg en die vrugvorm is uniek aangesien die nek verleng is en sodoende verbruikersvriendelik is. Beskik oor ‘n besonderse geur, tekstuur en diep-oranje kleur wat dit by uitstek geskik maak vir verwerking, soppe en botterskorsiekoekies. Sodanige aanplantings sal goeie medium grootte vrugte met uitstekende vorm en eenvormigheid verseker. Apollo sal groot tot ekstra groot vrugte produseer indien dit in die lente en somer geplant word. Voorgestelde plantpopulasie van 12 000 plante per hektaar. Apollo is ideaal om in die laatsomer en winter (in rypvrye gebiede) geplant word. Kontak gerus vir Leon Labuschagne by sel: 083 585 1181, hy kan u van meer inligting verskaf oor hierdie variëteite, en beskik oor ‘n magdom tegniese kennis om u in staat te stel om die beste opbrengs en kwaliteit uit u oes te verkry.
AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
Grassaad vir die herwinning van veldgras Die genetika van grassaadspesies is aangepas by die omstandighede van die teikenomgewing. BiomosomeTM saadmengels bied ‘n groot verbetering vanaf die veldsaadmengsels wat algemeen beskikbaar is. Plantegroei tipes in Suid-Afrika, wat as biome bekend staan, word as volg geklassifiseer: • soortgelyke plantgemeenskappe, ten opsigte van die voorkoms en mate van teenwoordigheid van spesies, • struktuur, na gelang van variasie en lengtegroei, en • deelname in soortgelyke ekologiese prosesse soos jaarlikse reënval, reënseisoen, voorkoms van ryp, natuurlike blaarvreters en intensiteit van weerlig. Voordat herwinning begin, moet die oorsaak van agteruitgang vasgestel en regstellende aksie geneem word. Voorbereiding vir herwinning vereis los grond om ‘n saadbed mee voor te berei en om waterindringing en belugting te bewerkstellig. Die implemente en trekkers op die meeste plase en rehabilitasieterreine is gewoonlik geskik. ‘n Mate van modifikasie mag noodsaaklik wees. Indeel van tyd is belangrik, aangesien doeltreffende grondvoorbereiding klam grond vereis en daar moet genoeg tyd voor die volgende droë seisoen wees vir saad om te ontkiem en plante te vestig.
In dorre gebiede gebeur dit soms nie, maar tog word daar ontkiemingsresultate in opvolgende seisoene verkry. In dorre gebiede het die skottelmetode, waar die grond met tussenposes langs die kontoer eers gebreek en dan gelos word, doeltreffend gewerk — dit kan met handgereedskap gedoen word. Waar die terrein dit toelaat kan die werk met ‘n trekker gedoen word.
effek van toerusting wat skep ‘n dun, dog hoogsgekompakteerde lagie vorm, wat waterindringing beperk. Op herwinningsterreine wat deur bosindringing benadeel is, of op ontbosde uitheemse boomplantasies soos swartwattel, is die onderdrukking van boomplantjies deur graskompetisie van uiterste belang. Grasgroei wat genoegsaam is om brandstof vir ‘n brandprogram teen
Op ligte grond is ‘n skotteleffek verkieslik. ‘n Dis of ‘n swawelstertskaar is doeltreffend. Op swaarder grond, 20 % klei of meer, is ‘n tandimplement meer doeltreffend bevind, omdat die smeer-
oorlewende boompies te voorsien, is net so belangrik. Onmiddellik na die grond losgemaak is word die saad op die bewerkte gedeeltes gestrooi. Die bolaag met die oppervlak-
kig toegediende saad word vasgerol, om ‘n ferm saadbed te verkry. Dit word gedoen deur met die wiele in die rye met ‘n trekker oor die area te ry. As die werk per hand gedoen word, word ‘n ferm saadbed verkry deur die grond met die voet, en toepassing van volle liggaamsgewig vas te trap. Breedwerpige toediening van organiese materiaal, soos kraalmis, is voordelig. Dit help in besonder by verspoelde areas waar die organiesryke A-horison van die grond verloor of benadeel is. Die pak van takke sal die plante beskerm onder meer teen beweiding, voordat hulle gevestig het. Dit sal ook die plante toelaat om die grond te stabiliseer, veral waar daar gronderosie was. BiomosomeTM herwinningsmengsels is ontwerp om by die plant-suksessieproses in te pas. Met verloop van tyd sal ander spesies hulle op die terrein vestig, òf vanaf die natuurlike saadbank, òf vanaf saad van die omliggende plantegroei, òf vanaf elders toegedien. Bestuur van die plantsuksessieproses is belangrik om die grootste voordeel uit die moeite en koste van herwinning te trek. Dit sal ook verhoed dat die terrein na die voormalige degradeerde toestand terugkeer. Skakel gerus MayFord se Hulplyn by 0861 100 456 vir meer inligting.
12
Mei 2015