Januarie 2016
2
Januarie 2016
’n publikasie van Bulletin
Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Brusellose is buite beheer in SA, sê veekenners Brusellose, oftewel besmetlike misgeboorte by beeste is buite beheer in Suid-Afrika en ‘n bedreiging vir die veebedryf. Dit is ook aansteeklik vir mense. ‘n Inligtingstuk is onlangs deur die Rooivleisprodusentevereniging (RPO) aan boere in Limpopo gestuur, waarin teen die gevare van brusellose gewaarsku word. Kommersiële beesboere is bewus van die omvang van die siekte en pas streng beheer toe, maar is steeds daaraan blootgestel weens swak beheer onder kleiner boere in veral kommunale gebiede. Dit word deur die kiem Brucella abortis bovus veroorsaak. Koeie en dragtige verse kan permanente draers daarvan word en die siekte oor ‘n lang tyd versprei. Dragtige koeie wat vir die eerste keer besmet word en geen weerstand teen die siekte het nie, aborteer op vier tot sewe maande. So ‘n fetus is dikwels haarloos. Volwasse dooie kalwers kan ook gebore word. In enkele gevalle kan besmette diere vir ‘n tweede keer aborteer. Dr Faffa Malan, ‘n veearts en kenner van die siekte, sê koeie wat draers van brusellose is, toon geen tekens daarvan nie en kan normaalweg kalf. Die gevaar is dat hulle dit lank dra en ander diere aansteek. Besmetting by bulle is seldsaam en van minder belang. Nog ‘n kenner in beeskringe, mnr Paul Bester van ZZ2 by Mooketsi, sê streng beheer word deur produsente met groot kuddes gehandhaaf, maar die kiem kan steeds deur ‘n kleiner buurman se enkele besmette beeste oorgedra word. Hy sê dis ‘n landwye probleem waaroor beesboere nie graag praat nie. “Ons moet saamstaan en kleiner, veral kommunale beesboere, hieroor inlig. Ook die departement van landbou moet bydra om die kleiner boere te motiveer om groter voorsorg te tref.” Brusellose is ook aansteeklik vir mense, maar dit kom selde voor. Dit staan bekend as Malta-
koors of Wisselkoors. Die kiem kan opgedoen word met die inneem van rou melk, roomys, botter en kaas wat besmet is, asook die eet of hantering van besmette rou of halfgaar vleis, biltong of vleisprodukte. Dit kan ook oorgedra word met die aanraking van ‘n besmette dooie kalf, baarmoedervloeistof of nageboorte, terwyl naaldprikke wat entstof bevat, dit ook kan versprei. Dr Clive Bunting, ‘n veearts wat die siekte 33 jaar gelede opgedoen het, sê dit word selde deur mense opgedoen en kan verwar word met griepaandoenings of soortgelyke simptome. Baie geneeshere herken nie die siekte nie of dra min kennis
daarvan. Dis belangrik om jou geneesheer deeglik in te lig oor die omstandighede waarin jy siek geword het. Hy sê dit gaan gepaard met koorsaanvalle en sweetuitbarstings, spierpyne, gewrigs-ontsteking, hoofpyn en gewigsverlies. Dit kan ook lei tot moegheid van ‘n week tot ses maande, chroniese diarree, depressie en slapeloosheid. As die siekte vroeg genoeg gediagnoseer word, kan die pasiënt gou herstel. Beeste word met ‘n bloedmonster getoets. Diere wat positief reageer, moet so gou moontlik geslag word. Toets die kudde elke twee maande totdat twee negatiewe toetse verkry word. Toets weer ses maande later en daarna jaarliks.
Verspreiding kan so voorkom word ‘n Koei wat nie dragtig is nie, is nie aansteeklik weens brusellose nie. Sy is net aansteeklik kort na aborsie of normale kalwing, sê dr Sewellyn Davey, ‘n staatsveearts van die WesKaap. Alle verskalwers moet gemerk word om aan te dui dat sy van ‘n besmette ma gebore is, omdat sy latent besmet kan wees. Sy kan eers positief vir brusellose toets wanneer sy vyf maande dragtig is. Daar is geen kommersiële toetse beskikbaar vir ‘n latente kalf nie. ‘n Boer kan help om sy kudde te beskerm, deur alle verskalwers op vier tot ses maande met Stam 19-entstof te behandel. RB51 is ook ‘n brusella-entstof wat in konsultasie met ‘n veearts toegedien kan word.
Indien ‘n buurman se koeie nie dragtig is nie, is hulle ook nie aansteeklik nie. Dit is belangrik om seker te maak dat jou bulle nie deur die heining breek en die besmetlike koeie dek nie, sê Davey. Die regering is in beheer van die brusellose-bestryding en die volgende wenke word aan die hand gedoen: * Moenie verskalwers tussen 4-8 maande met Stam 19 of RB51 inent nie * Pasop vir die koop van beeste uit kuddes met ‘n onbekende gesondheidstatus * Vermy beeste wat nie ingeënt is nie * Let op drade en heinings wat nie in stand gehou word nie * Vermy vreemde beeste op jou plaas * Wees versigtig met wie jy jou weiding deel.
Januarie 2016
3
4
Januarie 2016
Boer slimmer, sê landbouman Groter behendigheid in landbouproduksie is die sleutel tot oorlewing in die bestaande droogtetoestande en die El Nino-verskynsel, sê mnr Nico Groenewald, die hoof van AgriBusiness by Standard Bank. In ‘n oorsig oor klimaatsverandering sê Groenewald die uiters hoë temperature in 2015 het dit die warmste jaar in die geskiedenis gemaak (sedert 1904, toe data hieroor deur die weerburo begin is). Suid-Afrika is egter ‘n water-
skaars land en droogtes is ‘n integrale deel van die landbousiklus. “Ons boere en landbou-besighede het al bewys dat hulle droogtetoestande met groot vindingrykheid kan oorkom. ‘n Moeilike jaar lê voor en boere moet die droogte gebruik om ondoeltreffende metodes in die praktyk uit te skakel, met alternatiewe roetes tot volhoubaarheid.” Met klimaatsverandering wat weerpatrone moeilik voor-
spelbaar maak, voorsien hy nietemin dat die landbousektor mettertyd sal herstel. Vir die sektore wat ‘n matige seisoen agter die rug het, beveel hy aan om skanse te bou en gebeurlikheidsplanne vir die toekoms saam te stel. “Benewens die onvoorspelbaarheid van weerstoestande is daar ook markskommelinge weens die invloed van nuwe verbruikersgewoontes en ‘n sterk wêreldklem op voedselsekerheid.”
Malumas weer in kollig Die sesde Malumadag oor dié spesiale avokado-variëteit word vanjaar op 9 en 10 Maart deur Allesbeste Boerdery by die Hoërskool Merensky aangebied. Die gewilde avo-soort is ‘n eg Suid-Afrikaanse produk wat in Limpopo ontwikkel is, maar reeds wye erkenning wêreldwyd geniet. Die opedag op 9 Maart gaan gepaard met lesings, verslae en uitstallings deur verskeie nywer-
hede in die landbou, terwyl die volgende dag gewy sal word aan bykomende produksie- en bemarkingslypskole. Die Malumadag is in die verlede deur ‘n groot aantal boere en landboukundiges bygewoon en die organiseerders verwag ‘n groter toeloop vanjaar. Vanjaar se tema vir die aanbieding is “Beginsels en praktyke vir moderne boerdery.”
AgriLim kap Zuma oor die “gesteelde Sitrusboere landbougrond” bly in nood Dr Theo de Jager, die voorsitter van AgriLim‘n Sterk bewoorde verklaring teen pres Jacob Zuma se uitlating oor “gesteelde grond” is deur popo se landbou-ontwikkelingskomitee, het AgriLimpopo uitgereik, waarin dit afgemaak gesê Zuma se uitlating is uiters gevaarlik vir stabiword as kwaadwillige en slegte nuus vir die land liteit en ekonomiese groei in Suid-Afrika. se volhoubare boere. “Wat laat hom glo dat om dieselfde pad as Zimbabwe met grondZuma het tydens die ANC se vierhervorming te stap, is anders as wat ing van hul 104de verjaardag gesê uiteindelik in Zimbabwe gebeur “grond is in Suid-Afrika gesteel en nou moet ons dit terug koop”. het. Bedoel hy dalk dat die hele SA Mnr Leon Borcherds, die presionteien en na die eerste volkere, die Koi en San, gegee word?” dent van AgriLimpopo, sê dit skep AgriLimpopo het die president uitdie indruk by sekere dele van die gedaag om ‘n enkele boer uit te wys gemeenskap dat die verlede regwat sy grond gesteel het. Plase is gestel moet word, deur die boeregemeenskap te vervolg en selfs gekoop en met verbande afbetaal. “Om boere diewe te noem, is uit te moor. nie net gevaarlike rassistiese op“Ons het sedert Oktober 2015 tot sweping nie, maar getuig van polinou ‘n toename in plaasaanvalle Borcherds tieke bankrotskap wat soek na ween moorde ervaar. Ons kan nie uitsprake soos dié bekostig wat pogleiding van swak dienslewering, larisasie aanblaas nie — veral nie van die land se nepotisme en korrupsie ten koste van die armes en die onvermoë om beleid te bestuur.” president nie.”
Sitrusboere bly in die nood oor die gebrek aan goeie reënval en kyk daagliks hoe beskikbare damvlakke daal. Mnr Pieter Vorster, voorsitter van AgriLetaba, sê die sitrusoes lyk belowend, maar die vrugte is aansienlik kleiner. Dit kan beteken dat die uitskot vir versapping vanjaar heelwat meer kan wees. “Ons het ‘n bietjie reën gehad, maar dis gulsig deur die grond opgeslurp en geen afloopwater was vir damme beskikbaar nie.” Hy sê dis noodsaaklik dat damme gevul word om besproeiing in die maande wat
voorlê, in boorde te doen. Intussen sak die Tzaneendam drasties vinnig, wat besproeiingsboere langs die Letabarivier tot groot kommer laat. Boere wag ook op die departement van water en sanitasie se oorsig oor waterkwotas, wat op 18 Februarie deur sy forum vir die Letaba-opvanggebied bekend gemaak sal word. Daar word ook verwag dat verdere gewillige inperkings reeds vandag by die Letaba Waterverbruikersraad verwag kan word, hoewel so ‘n besluit eers deur die departement bekragtig moet word.
5
Januarie 2016
Boorgatbeheer kan landbou red Verstandige boorgatbestuur is die kernbegrip waarmee boere vanjaar die droogte en die El Nino-effek gaan oorleef. ‘n Boorgat is soos ‘n langafstandatleet: die werkverrigting kan net hou as dit egalig oor ‘n lang tydperk versprei word. Kenners van dié noodsaaklike waterbron reken dat dit in sommige streke tot jare kan neem om tot normale watervlakke terug te keer, al val die reën mildelik. Mnr Clive Bacchioni van Watermaat in Tzaneen sê die water van ‘n boorgat met ‘n dalende vlak kan selfs skadelik vir die besproeier wees, weens die voorkoms van hoër soutvlakke dieper ondergronds. “Vars water vul die boonste deel van ‘n boorgat, terwyl mineraalsoute onderdruk word tot die laer vlakke. As die bo-water weggepomp word, kom die hoëkonsentraat water na vore. Dit kan ‘n nadelige uitwerking op oeste hê en bybehandeling is nodig, wat tot groter produksiekoste lei”, sê Bacchioni. Hy het jare se ervaring in die bedryf en spesialiseer in dompelpompe vir boorgate.
“Kyk, ‘n boormasjien-operateur boor nie vir water nie. Hy boor vir geld. Hoe dieper die gat is, hoe meer geld kry hy daarvoor.” ‘n Ewe belangrike komponent in die sink van ‘n boorgat is die hulsels (sleeves) om die gat in stand te hou. Die eerste klompie meters word gewoonlik deur die boorder voorsien.
Die grond-eienaar het egter ‘n keuse om die res te verskaf en koste op die boorproses te bespaar. Dit is dikwels ‘n fout, omdat die keuse van pypmateriaal nie bestand is teen die grond- en waterdruk nie. Sy maatskappy kry gereeld te doen met stukkende dompelpompe. Dit het die afgelope paar maande skerp toegeneem. Volgens Bacchioni kan ‘n ondergrondse waterpomp net behoorlik werk as dit in water is. Wanneer die vlak
erg verlaag, kan dit lug suig en tot oorverhitting, wrywing en skade lei. Bacchioni se raad is om elke boorgat die nodige ruskans te gun, veral in droogtetoestande. Pleks van ‘n uur lank water te onttrek, kan dit verminder word na twintig minute. Dit gee die boorgat kans om sy watervlak aan te vul. Al is die besproeiing op landerye laer as voorgeskryf, kry die boorgat kans om weer water te lewer en lafenis boontoe te bied. Volgens hom is die meeste kommersiële boere van dié tegnieke bewus. Dis dikwels die kleiner produsente wat vasbrand. Oningeligte verbruikers van boorgate is gewoonlik die mense wat die grootste skade ly. Nog ‘n faktor wat ‘n nadelige uitwerking op die beskikbaarheid van water het, is die staat se eienaarskap van alle water en sy grondhervormingsprogram. Daar is produsente wat hul vervreemde grond van begunstigdes terug huur, maar nie gepla is oor die langtermyn standhoudendheid van beskikbare waterbronne nie. In die Letsitele-omgewing is die boormasjien van mnr Carel Minnaar hoogs bedrywig. Hy sê die masjien is maande vooruit bespreek en dit is veral in swart nedersettings waar dit in groot aanvraag is weens die vraag na drinkwater.
6
Januarie 2016
Simposium lok wêreldkenners na Tzaneen Wêreldkenners van avokadoverbouing trek oor minder as drie weke in Tzaneen saam, om die toekoms van dié bedryf uit te stippel. Van hulle sal as sprekers optree by vanjaar se navorsingsimposium van die SA Avokwekersvereniging (Saaga), wat op 17 en 18 Februarie in die Hotel@Tzaneen aangebied word. Onder hulle is prof Carol Lovatt van die Universiteit van Kalifornië. Sy is volgens mnr Derek Donkin, die uitvoerende hoof
van Subtrop, ‘n tuinboukundige van is dr René Sforza van Frankryk. wêreldformaat en spesialiseer in verBekende SA kenners van avokado’s wat skeie afdelings van avokado’s. bydraes sal lewer, is emeritus Lovatt sal simposiumgangprof Giel Laker, dr Gerhard Verers toelig oor wisselende drag doorn en prof Lise Korsten van by Hass-avo’s en die redes vir die Universiteit van Pretoria. op- en af-jare, wat ‘n beduiDie simposium lok jaarliks dende invloed op marklewergroot getalle en registrasie vir ing en prysbepalings het. bywoning moet vroegtydig Nog ‘n buitelandse spreker gedoen word. Geen registramet ‘n groot aanhang onder sies sal op die openingsdag Donkin avoprodusente in baie lande beskikbaar wees nie.
TLU SA Noord kies nuwe bestuur
Die nuwe bestuur vir TLU SA Noord vir 2016 is tydens hul kongres in Polokwane aangewys, met heelwat jong bloed in die geledere. Hulle is mnre Steven Vermaak (streekvoorsitter), Philippie de Beer (ondervoorsitter), Doors le Roux en Stefan Jacobs (streekdagbestuur). Die streekbestuurder is mnr Dricus Botha, met me Wilma Prins-
Donkin sê vanjaar se oesvooruitsigte vir avo’s lyk ondanks die droogte nog belowend. Volgens hom kan kleiner vrugte verwag word in streke waar besproeiing tot die minimum beperk moes word, terwyl die aanhoudende hitte ook plek-plek tot sonbrand op die vrugte gelei het. “Ons groot kommer is egter dat langdurige droogtetoestande ‘n ernstige invloed op volgende seisoen se produksie kan hê,” sê Donkin. loo as sekretaresse. Die streekkomitee se voorsitters is mnre Dewald Eksteen (ekonomies), Dawid Maree (landelike ontwikkeling), Steven Vermaak (omgewingsbestuur), Stephen Hoffman (watersake), Johan de Beer (jongboer), Jan Viljoen (plaaslike regering), Japie Spanio, Doors le Roux en Chris Human (veiligheid).
Many motors are oversized to cope with a maximum demand that rarely or never occurs. Motors, pumps, fans and ventilation systems account for 42% of electricity used in the agricultural sector. Slowing down a fan or pump from 100 to 80% by way of a Variable Speed Drive can reduce motor energy use by up to 50%. Why not talk to one of our Energy Advisors today and let us assist you in devising the most effective energy plan for your farm.
Call our Eskom Contact Centre and request a call from an Energy Advisor on 08600 37566. For more information go to www.eskom.co.za/idm
Eskom Holdings SOC Ltd Reg No 2002/015527/30
Mohlaleng_2575_E
Sometimes a little drive can make all the difference
7
Januarie 2016
Nartjies kry voorkeur in sitrusmark Die wêreldvraag na sagte sitrus het die afgelope paar jaar so toegeneem dat honderde hektaar lemoenboorde in sitrusgebiede deesdae plek maak vir nartjies. Genoeg rede vir dié oorskakeling is die markprys, hoër opbrengs en ‘n verandering in die verbruiker se keuse na “maklike” vrugte. Nartjies verkies ‘n koel tot koue winterklimaat en word versigtig in subtropiese dele soos Limpopo verbou. Tog is daar groot belangstelling by plaaslike boere. Die Vorsters van Mahela Boerdery is reeds besig met die aanplant van nartjies in die Ohrigstad-omgewing. Volgens mnr Pieter Vorster beplan hulle om sowat 200 hektaar binne drie jaar daar te vestig. Dit sal uit verskeie variëteite bestaan. Verskeie ander sitrusboere in Limpopo is glo ook op die nartjiespoor, maar die omvang daarvan is nog nie bekend nie. In Letsitele is reeds verskeie boorde van die Du Roigroep in produksie, met ‘n bemarkingsprogram onder die naam ClemenGold wat landwyd bekend is. Dit is die mandarynvariëteit Nadorcott wat sy oorsprong in Marokko het en wye produksieregte daarop behou. Die markreguleerder in Suid-Afrika is Citrogold in Stellenbosch, ‘n maatskappy in die Du Roi-groep. In Agatha buite Tzaneen het mnre Keith en Garth
Lancefield onlangs ‘n toewysing vir die plant van 25 hektaar Nadorcott ontvang, hoewel plantmateriaal eers in 2018 gelewer kan word. Die mark vir dié produk word streng beheer en ‘n nuwe produsent moet eers nege verpligte stappe volg, voor ‘n lisensie vir plantmateriaal toegeken word. Die saailinge is duur en kos vandag meer as R100 elk, sê Keith. Die Nadorcott-variëteit is ontwikkel uit ‘n pitbelaaide Murcott-mandaryn wat in 1964 in Marokko, Noord-Afrika, verbou is. Vandag besit Citrogold in SA die planteregte in die Suidelike Halfrond en is die alleenhouer om lisensies vir die plant aan SA en lande soos Australië, Argentinië en Uruguay te verskaf. Die produksie word ook deur Citrogold beheer, deur aanplantings te beperk by wyse van kontrakte met kwekers. Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar die woord “nartjie” vir mandaryne gebruik word, sê me Michelle Kruger van Citrogold in Stellenbosch. Dit is afgelei van die Tamil-woord nartei, wat sitrus beteken. Nartjies, wat oorspronklik uit China kom en ‘n paar eeue gelede wêreldwyd versprei het, bestaan reeds sedert 1790 in Suid-Afrika. Die grootste produsente is
in die OosKaap, wat vir ‘n derde van die land se sagte sitrus verantwoordelik is. Die WesKaapse sitrusstreek rondom Citrusdal het ook groot nartjieboorde. Sedert 2009 het nartjies nege persent van die vrugtemark in SA uitgemaak en die verwagting is dat dit binne die volgende paar jaar skerp sal toeneem. Klimaatstoestande is deesdae op almal se lippe, maar landbou-ekonome waarsku lank reeds dat voedsel- en veral vrugteprodusente ook die veranderende eetpatrone van die eindgebruiker in ag moet neem. Weens sy dun en maklik verwyderbare skil is die nartjie geriefliker om te eet. Dit is soeter en rooier van kleur as ander sitrus. Omdat dit heelwat kleiner is as ‘n lemoen, pas dit makliker in die skoolgaande kind se kospakkie. Vorster sien ‘n belowende toekoms vir sagte sitrus, maar besef ook dat dit ‘n stadium sal bereik waar aanbod die vraag sal inhaal en die winsgewendheid daarvan kan beïnvloed.
8
Januarie 2016