Agribulletin 160527

Page 1

Mei 2016

bl4

Mullers boer vooruit

bl6 Water is grootse kommer bl7 Danie Meyer is SA se grootste kiwi-boer — Bl 2 & 3

Goggas skep asem


2

Mei 2016

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543

jacques@bulletin.us.com

Nuwe kiwi’s by Nooyenskopje Die gesogte kiwi-vrug se grootste produsent in Suid-Afrika het sy vesting tussen Haenertsburg en Mooketsi in Limpopo, waar die koeler klimaat in Houtbosdorp die produk soos ‘n handskoen pas. Met die sagmoedige naam Nooyenskopje spog die plaas ook met die eerste volle produksielyn van goue kiwi’s in die land — in hierdie stadium die gesogste variëteit onder die wêreld se kiwi-liefhebbers. Dit is ook die teelaarde (kweekplek) vir 52 nuwe kiwi-variëteite, wat in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se genetika-departement en die departement van landbou, bosbou en visserye oor ‘n tydperk van minstens drie jaar met ‘n entingsprogram op die proef gestel word. Nooyenskopje is die eiendom van mnr Danie Meyer, wat sedert 1985 voluit met kiwi’s boer. Hy het aanvanklik met ‘n klein, bestaande plantasie begin en is in 1993 as kiwi-produsent geakkrediteer, maar het vandag 28 ha onder skadunet tussen die heuwels van Houtbosdorp. Drie variëteite, Berry, Kiwi Gold en Kiwi Green, lewer tot 180 ton per jaar, waarvan vier ton per week tussen Februarie en Mei (oestyd) na Marks & Spencer in Brittanje uitgevoer word. Die Berry is eerste plukryp en word reeds vroeg in Februarie gelewer, gevolg deur Kiwi Gold twee weke later. Die groen kiwi’s het ‘n dra-tydperk van drie maande tot einde Mei. Die Berry is ‘n piepklein kiwi en soos sy naam aandui, dra dit byna soos appelliefies aan ‘n tros. Dit word met skil en al geëet en is ‘n groot lekkerny op die tafels van die hoër inkomstegroepe in Europa en Amerika. Die vrug het sy oorsprong in die Ooste, waar dit as inheemse plant as die Chinese Gooseberry bekend is, sê Meyer. Nieu-Seeland het dit later vertroetel en vandaar die naam kiwi. NZ is die grootste produsent en verskaf 60

Wynboere stel belang in kiwi’s Die kiwi is benewens sy aanloklikheid as vrug ook ‘n aantrekking vir landbouers wat die regte klimaatstoestande het om dit te verbou. Na aanleiding van die berigte oor Meyer se produksie het die Bulletin navrae van verskeie mense gekry oor meer inligting vir die plant van kiwi’s. Een van hulle was mnr Ernst Bruwer van die wynplaas Mont Blois in die Robertson-distrik, Wes-Kaapland, wat weens ‘n insinking in die wynbedryf oor-

weeg om kiwi’s as alternatiewe boerdery op die bekende wynplaas te begin. Hy het gesê die wynbedryf sukkel met ‘n stut in die uitvoerbedryf en etlike boere is reeds op soek na ander landbouprodukte wat net so goed as wingerd in hul gebiede sal aard. Hoe sy en ander se planne in die verband gevorder het, is nog nie bekend nie. Hy sou egter laat weet wat hul vooruitsigte op die gebied van kiwi’s kan meebring.

miljoen ton per jaar, gevolg deur Italië, wat die naasgrootste leweraar is. Dit word ook in Griekeland, Chili, China, Kalifornië en Frankryk verbou. Streng planttelersregte word internasionaal op die verbouing van kiwi’s gehandhaaf, om die produksie daarvan te beskerm. In Suid-Afrika is die hanteerders van die regte in Stellenbosch, waar elke aansoek om verbouing noukeurig ondersoek en beheer word. Meyer sê benewens die uitvoermark lewer hy landwyd aan die Freshmark-groep, wat aan alle

Die geel kiwivrug (Golden) is soeter en meer gewild as ander variëteite en behaal ook hoër pryse op die uitvoermark.

Omdat kiwi’s in beperkte volumes voorsien word, is die produsente nie prysnemers nie. Die gemiddelde prys is R50/kg of R5 per vruggie. Dit word gelewer in klein bakkies (punnets), houers van een kg en drie kg, terwyl uitvoere en grootmaatverkope in kartonner van tien kg bemark word. Die leeftyd van ‘n kiwi-boom hang af van die grondtipe en klimaatstoestande. Meyer het boorde van ouer as dertig jaar en hulle lewer steeds goeie produksie. Hy sê in China is kiwi’s van ouer as tagtig jaar wat steeds dra. Die boorde op Nooyenskopje is almal bedek met skadunet, want haelstorms is die boerdery se grootste vrees. Hulle het die afgelope vyf jaar elke seisoen hael gehad en miljoene rand se skade opgedoen. Benewens kiwi’s verbou Meyer ook avo’s en ander produkte op Die Berry is ‘n kiwivruggie so groot soos ‘n snoeptamatie ‘n kleiner skaal. Hy stel nou apen dra in trosse. Dit is ook vroeër ryp as ander variëteite. pels en pere op die proef, want die klimaat is uiters geskik vir die verbouing daarvan. Nog ‘n produk takke van Checkers en Shoprite voorsien. An- wat in aantog is, is die rooi appelliefie en ook der supermarkte soos Spar en Woolworths rooi kiwi’s, wat in dié stadium nog nuwelinge op die wêreldmarkte is. kry ook hul kiwi’s van Nooyenskopje.

Ape maak amok ‘n Spesiale ry kiwi’s met entings van ‘n Italiaanse variëteit sou vandeesweek deur ‘n Italiaanse kultivar-ontwikkelaar, me Christina Fabriona van Ging Gold, op Nooyenskopje besoek word om die vordering daarmee waar te neem. ‘n Trop ape het egter sowat ‘n week gelede die goedbedekte ry binnegedring en al die

kiwi’s opgevreet. Hulle het die digte netbedekking in die nag oopgebreek en hul vernietigingswerk voortgesit. Meyer sê hulle het nogal heelwat las van ape, terwyl bobbejane ook groot skade in die avo-boorde aanrig. Hy het gelukkig nog klein voorraad van die betrokke kiwi’s wat hy aan Fabriona sou kon wys.

Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543 jacques@bulletin.us.com


3

Mei 2016

Verpakking word naby ‘n hoofroete gedoen vir makliker toegang

Die kiwi-plantasies is met net toegespan om haelskade te verhoed.

Gewilde verpakkings van kiwi’s is in klein houers (punnets) en kartonne van een en drie kilogram, terwyl kartonne van tien kilogram vir die uitvoermark gebruik word.

Werkers in die verpakkingsaanleg vir kiwi’s buite Haenertsburg.

Mnr Danie Meyer staan by ‘n kiwi-plant in volle drag.

Kiwi’s se variëteite het verskillende groottes. Europa hou van klein, ronde vruggies wat in skywe gesny kan word.


4

Mei 2016

Mullers boer volstoom voort Mullersplant in Politsi was die vesting van Henry Lukey Muller, ‘n Duitser van oorsprong en met ‘n voorliefde vir die kweek van groente vroeg in die vorige eeu. Hy was onder die plaaslike handelaars en mense as Harry bekend. Drie geslagte later lyk die oorspronklike Mullersplant heelwat anders. Die grondeienaarskap het verskuif en die bedryf het aansienlik groter geword, maar die Mullers is steeds aan die stuur van sake. Die patriarg het destyds die plase Doornfontein in Politsi en ‘n deel van Laborie op die Eilandpad in Letsitele bygekoop. Vandag boer die kleinseuns (en hul seuns) vooruit op die destydse beleggings. Mnr Henry Lukey Muller boer met avo’s op Doornfontein, Silwerfontein en Bergendal in Politsi, op Frisgewaad en Hansfontein in Modjadjiskloof en Kanfontein naby Haenertsburg. Die produksie staan op nagenoeg 500 000 kartonne avo’s vir die uitvoermark, en met nuwe boorde in drag kan die syfer betekenisvol styg. Die bemarkings-

BO: Mnre Anton en Henry Muller, saam met hul pa, mnr Willie Muller van Letsitele, en mnr Henry Muller van Doornfontein staan in die nuwe pakhuis by Politsi. LINKS: Mnre Adriaan en Michael Muller, die seuns van mnr Michael Muller van Laingsburg, is ingeskakel by die avo-boerdery in Politsi.

naam is “greenvalleyfruit”. Hy is juis besig met die oprigting van ‘n nuwe pakhuis

van nagenoeg R5 miljoen, omdat die bestaande pakhuis onvoldoende vir die

groter produksie geword het. Die moderne pakhuis het ook mnr Howard Blight van Amorentia Boerdery as vennoot om die verpakking van sy avo’s te behartig. Op Laborie in Letsitele boer mnr Willie Muller en sy twee seuns, Anton en Henry, met sitrus. Dit beslaan gedeeltes drie en vier van die Laborie-landgoed wat uit vyf gedeeltes bestaan. Dit was oorspronklik alles Muller-grond, maar ‘n groot deel is deur die oupa se vier dogters geërf en verkoop. Hier is die Mullers besig met oorskakeling van sitrus na makadamias. Hulle produseer nagenoeg 100 000 kartonne sitrus, maar vervang onderpresterende boorde met makadamias. Willie sê die hantering en verpakking van die neute maak ‘n groot verskil aan die kostesyfer en is beslis ‘n goeie belegging. Die derde kleinseun, Antonie Michael Muller, is ‘n gevestigde skaapboer tussen Laingsburg en Prince Albert in die Karoo. Sy twee seuns, Adriaan en Michael, is ingeskakel by Doornfontein as deel van die avo-produksie in Politsi. Groot dele van die oorspronklike plaas, Mullersplant, behoort nou aan ZZ2 en ander eienaars. Die Mullers het egter volstoom voortgegaan en met hul bykomende eiendom gesorg dat die erfenis van die oorspronklike Henry Lukey Muller met voorspoed voortgesit word.


5

Mei 2016

Tamatie-aanleg van R100m open in Modjadjiskloof ‘n Groot herberg vir Limpopo se oorryp tamaties het in Modjadjiskloof tot stand gekom, nadat die minister van handel en nywerheid, mnr Rob Davies, dié week ‘n nuwe fabriek vir die vervaardiging van tamatiepuree en -pasta teen ‘n koste van R100 miljoen geopen het. Die terrein van Tiger Brands, wat vroeër ‘n inmaakfabriek daar bedryf het, is ‘n jaar gelede deur Dursot Food Corporation oorgeneem; met die oog op die vervaardiging van verwerkte tamaties en die skep van ‘n afsetpunt vir talle opkomende tamatieboere wat die afgelope twee jaar sukkel om hul oeste verwerk te kry. Die aanleg is toegerus met die modernste masjiene en toerusting van die vervaardiger Ross Catelli, wat die puree- en pastaproses teen ‘n laer koste kan hanteer as die produkte wat tot nou toe uit die buiteland ingevoer word. Dursot (ook Dursat) en All Joy is die twee handelsname wat jaarliks meer as 50 000 eenhede met waardetoevoeging in die tamatiemark produseer. Dit kom hoofsaaklik uit vyf fabrieke in Eikenhof, Johannesburg. ‘n Groot tekort in dié produkte het Suid-Afrika genoop om dit in te voer, maar die koste van ingevoerde byvoegings het weens die swak Rand gestyg, terwyl heffings op die invoer van tamatiepasta wêreldwyd gestyg het. Dursot wil sy plaaslike gebruik van roumateriaal van 80% tot 95% uitbrei, om groter koste met invoere te bespaar. Die Bulletin het effe kort avan drie jaar gelede berig oor ‘n verwerkingsaanleg in Politsi wat nie die vermoëns gehad het om oorskottamaties te verwerk nie. Hulle moes toesien hoe R200 000 se tamaties daagliks op die ashoop beland, tot groot skade van veral kleiner boere.

Die nuwe aanleg in Modjadjiskloof kan groot verligting en hoop bring vir talle produsente wie se oeste in die verlede op die ashoop beland het. Limpopo produseer meer as sestig persent van SA se tamaties. Die oorgrote meerderheid word as vars voedsel op die markte verhandel, maar ‘n aansienlike hoeveelheid kan verlore gaan omdat dit te ryp vir bemarking is. Volgens die departement van handel en ny-werheid is die belegging in Modjadjiskloof aangespoor deur die warm klimaat in Limpopo, wat uiters geskik is vir die uitbreiding van tamatieverbouing. Dursot wil met die aanleg minstens vyftien opkomende boere in die omgewing help om by die waardeketting in te skakel.

Rooiryp tamaties word puree en pasta.

Die verwagting is dat veel meer opkomende tamatieprodusente hierby sal baat, terwyl dit ook ‘n groot voordeel vir die kommersiële tamatieplase in die omgewing het.

Arende word steeds bedreig Suid-Afrika se bekendste onder arende is die witkruisarend, maar word soos verskeie ander groot voëlsoorte bedreig, sê dr Gerhard Verdoorn van die Predasiebestuursforum. Die arend word in sommige streke ook die tiervoël genoem, omdat dit soos ‘n tier in bergagtige dele woon. Verdoorn sê die witkruis is ‘n hoogs intelligente arend en goeie jagter. Hulle leef hoofsaaklik van

dassies, maar sal ook likkewane, skilpaaie, duiwe, tarentale, meerkaaie en muishonde vang Dit gebeur soms dat skaap- of boklammers die prooi is, veral wanneer lammerooie in die jaggebiede van arende loop. Daar is egter maniere om dié arende die skrik op die lyf te jaag, deur ‘n skoot naby hulle af te vuur. Hulle skrik gewoonlik hul lus vir lammervleis weg.


6

Mei 2016

Water is landbou se grootste kommer, waarsku Human

Die avo’s onder skadunet vorder fluks.

Die beskikbaarheid van water gaan die heel grootste kopsorg vir landbou in Suid-Afrika word. Deur dit reg te bestuur, sal minstens die helfte van die uitdagings vorentoe bygelê kan word. So sê mnr Nick Human, suksesvolle avokadoprodusent van Tzaneen, wat nou met avo-produksie onder skadunet doenig is. Hy reken dat die beskikbaarheid van landbougrond vir ewig as ‘n geskilpunt in die boere se midde sal bly, maar die grond sal nie oornag verdwyn nie. Die groot kwessie is waterverbruik, want daarsonder is boerdery nie moontlik nie. Human het die afgelope jaar sowat tien hektaar avo’s onder skadunet net buite Tzaneen geplant, as ‘n (duur) proeflopie om te sien hoe dit produksie kan beïnvloed, terwyl die net ook as beskerming teen haelstorms moet dien. Die koste

Mnr. Nick Human pryk tussen sy opgeleide avo’s.

het R193 000 per hektaar beloop. opgestoot het. Groot moeite is gedoen met grondOral is meters aangebring, wat die temvoorbereiding om die regte basis vir die perature, windsnelheid en ander faktore boord te vorm. Die eerste saailinge is ‘n bepaal. Die data word weekliks ontleed jaar oud, maar het reeds ‘n ongekende en hiervolgens kan die waterverbruik gestalte bereik. Selfs dele wat net ses maande oud is, staan skouerhoogte en kerngesond. Human is nou besig om die avo’s intensief op te lei, met drade wat dit soos ‘n moderne perske- of peerboord sal laat lyk. Die saailinge is ook digter op mekaar geplant, om Dié mamba het ook by Human se avo’s kom hoër produksie per hektaar besoek aflê. te verseker. Hy sê voorlopige toetse het gewys dat die skadunet ‘n besparing van tot 25% in water van die boorde binne en buite die skameegebring het. Sy komposbehandelde dunette bepaal word. grond het bykomende waterhouvermoë Hy beoog om die avobome met snoei besorg, wat die waterbesparing tot 35% tot ‘n maksimum van drie meter te laat

groei, wat die oes van vrugte baie makliker maak. Die opleidingsdrade word ook so gespan dat sydelingse groei sterker sal wees as opwaartse groei. Die projek word aangepak in samewerking met Westfalia, wat twee kenners beskikbaar gestel het vir die insameling van inligting en vordering in die nuwe boord. Langs die beskutte boord lê grond wat reeds die afgelope twee jaar in voorbereiding vir avo’s is. Human sê ‘n tekort aan saailinge het hom verhoed om te plant, maar eintlik is dit ‘n bedekte seën. Die beddings is nou beter voorberei en hy verwag buitengewone groei in die aanplantings wat kom. “Ek speel hier rond met proefnemings, maar dis my hoop dat die resultate tot produsente sal deurdring en die produksie van avo’s in die toekoms sal baat.”

Hou jou water drinkskoon Die eienaar van Absolutely Water in Tzaneen glo vas die volgende wêreldoorlog gaan oor die verskaffing van skoon water wees. Me Elsie Degenaar sê elkeen moet daagliks bydra om die besoedeling van drinkwater te beperk. Afvalstowwe soos flitsbatterye, gloeilampe, ink en rekenaaronderdele moet by die regte plekke vir vernietiging ingedien word. Dit geld ook motorolie, verf en medisyne, en die miljoene plastiekbottels en babadoeke wat daagliks op ashope beland. Sy sê al die gevaarlike stowwe gaar op in damme, riviere en ondergrondse water, wat dit vir almal gevaarlik maak om in te neem. Degenaar beveel ‘n RO-watersuiweraar

aan, wat beskou word as die gevorderdste tegnologie om suiwer water uit die stelsel te kry. Daar is ‘n wye reeks produkte in die verband, wat aan die stelsel van koue en warm water gekoppel kan word. Haar maatskappy gebruik twee groottes filters om sediment uit water te haal. Dit bevat Mega Char, wat die hele huis se water vry van sediment, chloor en organiese stowwe maak. Voorraad is altyd beskikbaar en verhuuropsies kan oorweeg word. Ander produkte soos waterversagters, pH-regstellings en die verwydering van yster is ook beskikbaar. Sy het ook groter suiweraars vir nywerheidsaanlegte en pakhuise. Degenaar is bereikbaar by 083 458 4746, of Danna by 083 560 8636.


7

Mei 2016

Plaasgoggas skep nog asem Limpopo se landbougoggas kan vir ‘n paar maande asem skep, want die volgende lugspuitprogram word beplan vir die eerste Maandag in Augustus, sê mnr Billie Erasmus, die eienaar van Sandriver Crop Protection. Dit is teen die blaaspootjie by sitrus, wat dan sy kop met geweld begin uitsteek. Erasmus is ‘n ervare lugspuitvlieënier, wat die maatskappy met een vliegtuig in 2000 van mnr Rob Taylor in Polokwane oorgeneem het. Verlede jaar het hy die besigheid uitgebrei met die aansluiting van sy seun, Lardus, as vlieënier en mnr Leon de Lange as finansiële bestuurder. Erasmus se broer, Ockie, het intussen ook as logistieke bestuurder by hulleaangesluit. Sandriver Crop Protection is nou permanent in Tzaneen gevestig en sal voortaan al hul spuitwerk hiervandaan in die res van Limpopo doen. Hulle konsentreer hoofsaaklik op sitrus, wat hulle die grootste deel van die jaar besig hou. Benewens die twee vliegtuie wat hier beskikbaar is, het die maatskappy ‘n permanente vliegtuig op ‘n groot piesangplaas in Nampula, Mosambiek, en in Citrusdal in die WesKaap, waar gesteriliseerde valskodlingmotte uit die lug op die sitrusboorde losgelaat word. Die motte is ‘n paringsontwrigter en word deur die maatskappy Xsit vervaardig.

De Lange

onder meer die evaluering van die spuitgebied in, soos die voorkoms van hindernisse soos kragpale, hoë bome en ander gevaarlike teikens. Die spuitproses word so akkuraat moontlik gedoen deur satellietnavigasie en is sekuur tot ‘n Karton gesteriliseerde valskodlingmotte is gereed om een meter op die instrulosselaat to word. mentpaneel aangedui. Die hoogte bo die grond Om lugbespuiting te doen, het jy eer- en draai-aksie aan die einde van ‘n spuitstens ‘n handelsvlieënierslisensie nodig, slag is ook deurslaggewende faktore in maar ook ‘n landbougradering wat ver- die spesialisopleiding. kry word deur spesialisopleiding. Dit sluit Erasmus sê net geregistreerde spuit-

Erasmus

stowwe word aangewend en dit word streng volgens die etiketvoorskrif gedoen. Die uitwissing van bye word te alle tye verhoed. Wanneer ‘n boer bespuiting op sy plaas laat doen, moet hy die byeboer of eienaar van byekorwe vooraf waarsku om hulle te verwyder of die korwe te verseël, tot na die spuiting. Dit is die boer se verantwoordelikheid en die vlieënier kan nie vir skade aan byekorwe aanspreeklik gehou word nie. Of hy al noue ontkomings oor die afgelope sestien jaar gehad het, swyg Erasmus met ‘n glimlag. “Ja, daar was ‘n voorval in Mosambiek, maar daaroor sal ek jou later vertel,” was al wat hy wou sê.


8

Mei 2016

Groentepryse laat koopkrag afneem Hoë groentepryse het ‘n duidelike invloed op die koopkrag van die verbruiker, met ‘n ongedwonge weerstand om voor die voet te koop, sê groenteprodusente in Limpopo. Een van die grootste produsente en verspreiders, Beerseun Boerdery van Ofcolaco, sê sommige groentelyne is laer, terwyl gewilde soorte soos boontjies en soetmielies verdere stygings getoon het. Mnr Kobus de Beer van Beerseun sê daar is geen gulsigheid aan die kant van die produsent nie. Mense moet

onthou dat die tekort aan water veroorsaak het dat boere nie altyd kon aanplant wat hy wou nie. Daarby bly produksiekoste op dieselfde stygende vlak. As in ag geneem word dat baie saad van Amerika af ingevoer word, speel die wisselkoers ‘n groot rol in die uiteindelike koste. “Maak nie saak wat die verbruiker betaal nie, die plaaspaaiemente bly met of sonder oes dieselfde.” Oor die verskil tussen die hekprys en dit wat die verbruiker in die winkel betaal, sê hy dit moet in ag

geneem word dat die aankoper net soveel oorhoofse kostes as die produsent het. Om die groot vragmotors te koop en op die pad te hou, kos die groot leweransiers baie geld. Hulle is sakemanne en moet ook ‘n wins wys. “Onthou, as die produk hoog in aanvraag is, betaal die aankoper die boer ook meer vir sy groente. Dis nie net die verbruiker wat opdok nie.” Hy voorsien dat groente se pryse nog ‘n geruime tyd stabiel hoog sal bly.

Transformation summit held in Tzaneen

Subtrop held its first annual transformation summit in Tzaneen this month and was well attended by some 200 delegates from all over the province. The main character of the summit was to inform people of initiatives and resources to facilitate transformation and access to the global market. It was also a forum for connecting people interested in transformation initiatives and addressing the challenges relating thereto. Among the delegates were Messrs Patrick Butsulu, KD Baloyi and MT Bila from the Limpopo department of agriculture.

Ms Nomvuyo Matlala of Subtrop explained the concept of transformation.

Mr Derek Donkin, the CEO of Subtrop, addressed the summit on the essential elements of transformation.

Mr Howard Blight of Agricoll promoted education for growth.

Dr Alidzulwi Naledzani pledged support to farmers by the Department of Rural Affairs and Land Reform.

Mr Johan Botha of the IDC explained the hub system as a means to support smallholders.

Minder pomelo’s uitgevoer Minder pomelo’s is tot dusver gepak as in vorige jare en die jongste vooruitskatting is ook laer as wat vroeër bereken is. Volgens syfers van die PPECB is 2,2 miljoen kartonne gepak en 1 miljoen verskeep. Die nuwe vooruitskatting is nou 12,3 miljoen kartonne, vergeleke

met verlede jaar se 16,1 kartonne. Met die suurlemoene gaan dit goed. In die eerste week van Mei is 4,4 miljoen kartonne gepak en 3,1 miljoen verskeep. Die oesskatting van 16,1 miljoen is ook hoër as verlede jaar se 15,1 miljoen.

Mr Ronald Ramabulana of the National Agricultural Marketing Council and Dr Naledzani (DRDLR).


Mei 2016

9


10

Mei 2016


11

Mei 2016

Botterskorsies het goeie uitvoermark Botterskorsies is by verre die gewildste in die Suid-Afrikaanse mark en het ‘n goeie uitvoermark — veral vir die Pluto-variëteit. Volumegewys het die verkope van botterskorsies op die nasionale vars-produktemarkte reeds gedurende die 2005/6 seisoen díe van pampoene oortref. Vanuit die verbruiker se oogpunt lê hierdie gewildheid daarin dat botterskorsies so verbruikersvriendelik is. Dit het ‘n uitstekende houvermoë, is maklik om voor te berei, smaaklik, kan op verskeie maniere opgedis word en is net groot genoeg vir een of twee persone wat vermorsing feitlik uitskakel. Sakata se kweekprogram op F1 baster botterskorsies stel totaal nuwe standaarde in die wêreld van hierdie groentesoort. Voeg hierby die verskeidenheid wat in die program voorkom en daar word aan elke behoefte van die markplek voldoen. Die resep is eenvoudig, dit gaan oor ‘n goeie opbrengs, interne gehalte, eenvormigheid in vruggrootte en vorm en die groeikragtigheid van die plant. Hierdie reeks bestaan uit die volgende variëteite: ATLAS (2 – 3 kg) is ‘n unieke bastervariëteit weens sy vruggrootte, opbrengs en uitstaande interne gehalte. Die variëteit het hom reeds in die markplek en verwerkingsbedryf gevestig weens hierdie redes. Die plant is besonders groeikragtig en lewer uitstekende opbrengste en die interne gehalte maak dit moontlik om vrugte vir maande op te berg. Weens die sterk wortelstelstels moet daar teen oorbemesting gewaak word. Doen besonders goed met halforganiese bemesting. Waar groot vrugte vir verwerking verlang word, word ‘n plantpopulasie 10 000 tot 12 000 plante per ha voorgestel. PLUTO (0,9 – 1,5 kg) is vir alle praktiese doeleindes ‘n kleiner weergawe van Atlas met medium grootte vrugte met dieselfde uitstaande vruggehalte en eenvormigheid as Atlas. Die sterk groeiende basterplante is wyd aanpasbaar en weerstandbiedend teen poeieragtige meeldou. Die opbrengspotensiaal van Pluto is besonders hoog en opbrengste van meer as 50 t/ha is al in kommersiële proewe verkry. Vrugte set oor ‘n lang groeiperiode en die vrugvorm is soortgelyk aan Waltham. Pluto doen goed met half-organiese bemesting. Ideale plantestand is 12 000 plante per ha. Besonders gewild vir uitvoer en verwerking weens die eenvormige vrugte met ’n besonderse interne gehalte en hoë suikergehalte. Pluto is ‘n markwenner wat ‘n

nuwe hoofstuk skryf in die produksie van botterskorsies. Voorgestelde plantpopulasie is 10 000 tot 12 000 per hektaar.

VEENAS (0,6 – 1,2 kg) is ‘n kleiner weergawe van Pluto, en is spesifiek ontwikkel vir die uitvoermark en vir verpakking vir die kettingwinkelgroepe. Die vrugte is klein tot medium met ‘n eenvormige vruggrootte. Vrugte het ‘n basiese Waltham-vorm. Soos Pluto en Atlas het dit ‘n hoë vruggehalte wat ‘n voorvereiste is vir die uitvoermark. Die plante is sterk groeikragtig wat oor ‘n lang tydperk vrug set en bied weerstand teen poeieragtige meeldou. Doen besonders goed met halforganiese bemesting. Voorgestelde plantpopulasie is 12 000 tot 15 000 plante per ha. Veenas moet verkieslik gedurende die somer verbou word aangesien die vrugte kleiner word gedurende koeler groeitydperke. COSMOS (0,8 – 1,2 kg) is die eerste bostipe botterskorsie in die mark. Hierdie eienskap maak verbouing soveel makliker deurdat dit tot op ‘n laat stadium meganies geskoffel kan word. Cosmos het weerstand teen poeieragtige meeldou. ‘n Plantestand van tot 15 000 plante per ha kan met gemak gehandhaaf word. Cosmos het ‘n goeie opbrengs van besonderse eenvormige vrugte van ongeveer 8 vrugte per sak. By uitstek geskik vir vroeë seisoen-produksie om vroeg in die mark te wees. Cosmos word slegs aanbeveel vir varsmarkproduksie teen ‘n voorgestelde

plantdigtheid van 15 000 plante per ha. APOLLO (1,5 – 2,2 kg) dra mediumgroot vrugte (in vergelyking met Pluto

Pluto se uitstaande vruggehalte en eenvormigheid maak van hierdie botterskorsie ‘n wenner vir die uitvoermark.

en Waltham) met uitstekende vruggehalte en eenvormige vrugte. Die plante is sterk groeikragtig met weerstandbiedendheid teen “Zucchini Yellow Mosaic Virus” (ZYMV) en “Papaya Ringspot Virus” (PRSV). Vrugset is uitstekend oor ‘n lang produksieseisoen. Vrugte weeg tussen 1,5 – 2,2 kg en die vrugvorm is uniek aangesien die nek verleng is en sodoende verbruikersvriendelik is. Dit het ‘n besonderse geur, tekstuur en diep-oranje kleur wat dit by uitstek geskik maak vir verwerking, soppe en botterskorsiekoekies. Sodanige aanplantings sal goeie medium grootte vrugte met uitstekende vorm en eenvormigheid verseker. Apollo sal groot tot ekstra groot vrugte produseer indien dit in die lente en somer geplant word. Voorgestelde plantdigtheid van 12 000 plante per hektaar. Apollo is ideaal om in die laatsomer en winter (in rypvrye gebiede) geplant te word. Kontak gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181. Hy kan meer inligting oor die variëteite, verskaf en het ook baie tegniese kennis om u in staat te stel om die beste opbrengs en gehalte uit u oes te verkry.

Cosmos* het groeikragtige plante met ‘n uitstekende opbrengspotensiaal vir ‘n bostipe botterskorsie.

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur

implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.


12

Mei 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.