September 2016
Step forward Read more about it on pages 3
Weet jou water
2
Bok-modegier
4
Piesangs bly bo
8
2
September 2016
’n publikasie van Bulletin
Uitgewer: Laeveld Bulletin editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Joe Dreyer joe@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
If you would like to advertise in the AgriBulletin, please contact:
Jacques Smuts
071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Your agri advertising solution provider
Woeker water met waarde Die droogtetoestand in Suid-Afrika is ‘n swaar slag vir die landbou, met net ‘n geringe persentasie boere wat dit vorentoe sal kan bekostig om water volhoubaar te gebruik. Die dae van tradisionele metodes van besproeiing deur na gevoel “nat” te maak is vir goed verby. Boere sal moet aanpas by die heersende waterskaarste asof dit die normale gang van sake is. Verlede maand het mnr Zhann Meyer van Nedbank gesê dat net boere wat hul waterbehoeftes optimaal benut, nog oor ‘n dekade in die bedryf sal wees. (SakeBeeld 25 Augustus). Tzaneen se lewensgewende dam met ‘n bakmaat van 157 miljoen m3 was ‘n week gelede op die kritieke vlak van net 21%. Op 20% word water nie meer vir huishoudelike gebruik onttrek nie, weens slik, versouting en die ophoop van minerale. Dit kan vir besproeiing gebruik word, maar hou ook vir landbougewasse gevare in. Die keerpunt is op 10% water in die dam. Op die oomblik word water uit die Ebenezerdam na die Tzaneendam oorgeplaas om water aan besproeiingsboere langs die Groot Letabarivier te verskaf. Die koms van ‘n vroeë reënseisoen is reeds deur weerkundiges as ‘n “vae hoop” beskryf weens die trae ontwikkeling van die groot reënbringer La Niña. AgriBulletin het gaan kers opsteek by een van die land se grootste kommersiële boerderye. ZZ2 in Mooketsi spesialiseer in tamatieproduksie en nagenoeg 190 000 ton per jaar word geproduseer. Water is ‘n kritieke hulpbron. Toe wyle oom Bertie van Zyl in die middel van die vorige eeu in die Mooketsi area met tamaties begin boer het, was hy afhanklik van boorgate en die Koedoesrivier. Met die aanskaf van nog plase rondom hom, is daar deurgaans nuwe water stoorvermoë ontwikkel. ‘n Geïntegreerde waternetwerk van nagenoeg 50km wat water strategies kan rondskuif bied die nodige buigsaamheid ten tye van droogte. Die grootste dam in die Koedoesrivier netwerk, die Frydam, se bakmaat staan vandag op 6,5 miljoen kubieke meter water. Indien dit vol is, kan dit water vir vier tot
ses jaar voorsien. Dit was uit die staanspoor nie ‘n skielike waterplan nie, maar is oor jare met die regte beplanning geskep. Met die droogtetye nader aan die einde van die vorige eeu het ZZ2 sy geografiese verspreiding van grond hersien om genoegsame waterbronne te kan ontwikkel en volhoubaar te boer. Nuwe hulpbronne naby Polokwane is ontwikkel. Grond is ook noord van die Soutpansberg
bekom, waar nuwe produksie eenhede gevestig is. Met die aanslag het ZZ2 daarin geslaag om ‘n voortgesette produksievermoë tot stand te bring wat volhoubare opbrengste lewer. So drie jaar gelede is die Voorwaartsdam langs die Limpoporivier gebou met ‘n houvermoë van 1,3 miljoen m3 water. Met vloedwater wat klokslag in die rivier afkom in reëntyd, neem dit veertig dae om te vul. Dit is genoeg water om in seisoen 400 ton tamaties per dag te kan produseer. Die voordeel van die Limpopo is dat water van sover as die Witwatersrand of vanuit Botswana en Zim-
babwe via die Sashe in die Limpopo beland. Die opvangarea is sewe keer so groot soos Holland. ‘n Intydse geografiese inligtingstelsel (GIS) word ontwikkel en gebruik om ZZ2 se totale waterbron meer proaktief te kan bestuur. Deel van die optimale gebruik van water is om die produksieproses te intensifiseer deur van nethuise vir die produksie van tamaties gebruik te maak. Sodoende word net 20 liter per kg tamaties benodig in plaas van die tradisionele 60 liter per kg in oop lande. Mnr Johannes Grobler van die Tegniese Afdeling by ZZ2 noem dat die klem in die droogte verskuif het van oppervlakte water (damme en riviere) na boorgate. Daar is vele boorgate by ZZ2 waarvan water onttrek word. Grondwaterbestuur is uiters belangrik en daar word verseker deur gereelde monitering dat die belangrike bron nie oorbenut en uitgeput word nie. Nuwe tegnologie en tegnieke word deurgaans ondersoek om watersekerheid te help skep, en die bestuur, aanwending en hervulling van die grondwaterbron gaan ‘n belangrike rol in die toekoms speel. Volgens navorsing van die Waternavorsingskommissie is die wêreld se varswater hoofsaaklik vasgevang in die yskappe van die pole. Grondwater maak 30% van beskikbare varswater uit terwyl oppervlakte water in dieselfde verhouding slegs 0,9% van beskikbare water uitmaak. ZZ2 het in samewerking met kundiges van AGES ‘n omvangryke ondersoek geloods om die beskikbare ondergrondse water op ZZ2 plase te bepaal en hoe dit bestuur moet word om die grondwater volhoubaar te benut. Die ondersoeke en die uitvoering van so ‘n omvangryke bestuursprogram is koste-intensief en ekonomie van skaal is ‘n vereiste. Vir opkomende boere wat ook aan waterskaarste onderworpe is en nie sulke ondersoeke kan bekostig nie, is daar oor jare baie goeie riglyne opgestel oor hoe boorgate ontwikkel, getoets, gebruik en gemonitor moet word om volhoubaar te wees. Kundiges sal moet help om die kennis van waterbestuur na die ontwikkelende boere oor te dra. ZZ2 is van mening dat entrepreneurskap en tegnologie ‘n baie goeie grondslag is vir watersekerheid en aldus voedselsekerheid.
Can’t get to the store for your favourite monthly newspaper? We’ve got you covered... visit our website at www.bulletin.us.com
for all the lastest agricultural news. From desktop to palm — office to field.
3
September 2016
Step forward into growth The name says it all, right? Well, if you only take into account that they grow and supply seedlings to major players in the retail and agricultural field - both locally and abroad - then perhaps. But then you wouldn’t want to read another lengthy introduction to the fantastic world of plants and how one particular nursery was setting the industry standard in the supply of world-class cell-grown seedlings. Nor would you want to hear how they’ve grown in their own capacity to adapt to the growth of their industry. Or would you? Your senses are bombarded daily with slogans like “under one roof” and “for all your needs” when the fact is that only you truly know what your needs are – and every place that claims to stock
all your requirements “under one roof” hardly ever has that one item you really need. It’s called marketing. Lazy marketing for the most part as often businesses rely on “word of mouth” and so pay little attention to the small stuff when it comes to the promotion of their business. Small stuff carry relevance because it makes the big stuff mean something. The small stuff like seedlings. You see, relevance describes something that is appropriate to the matter at hand. To be relevant, one needs to maintain and deliver a relevant customer experience by being competent enough to treat individual customers appropriately. To label P&A Seedlings as just another nursery would be a gross-underesti-
mation of the relevance they bring to the modernised industry. An industry dependent on top-quality seedlings to guarantee only the best plants and produce to their respective markets. “We realized that most people in this area already know us, or at least know of our brand by now. But the trick was to explain why we are still here - why is P&A Seedlings still relevant. That was difficult to put into words. So we decided not to… we would rather show them,” Jason Kinnear, Manager. They’ve been around a long, long time. Long enough to make their origins seem irrelevant in fact. With their main operation being the two nursery sites in Mooketsi, this family owned and managed business has blos-
somed through close on three decades to become one of the province’s most notable nurseries. Just the other day P&A Seedlings added a third nursery to their operation, this time situated in Musina, close to the Zimbabwean border. They supply mainly tobacco, peppers, tomatoes, chillies, citrus and cabbage to the local market and export some selected produce to Mozambique and Botswana. For more information and perhaps, if you ask nicely, a guided tour of their pristine setup in Mooketsi, feel free to contact their central office on 015 395 4109 or drop an email at jason@paseedlings. co.za and they will get back to you. P&A Seedlings – We grow tomorrow, today. — Joe Dreyer
Tomatoes • Peppers • Cabbage • Tobacco • Vegetable Seedlings
SEEDLINGS| SAAILINGE The difference is in the quality
Tel: 087 751 1043 Cell: 083 276 3177 email: nursery@paseedlings.co.za
joe@bulletin.us.com
4
September 2016
Gekleurde bokke is ‘n modegier Die teel van gekleurde wild, soos goue wil- voordelig, terwyl andebeeste en swart rooibokke, is bloot ‘n mo- der sektore – soos die degier van die afgelope dekade wat stadi- biltongjagters – erg gaan besig is om te vervaag. beswaard geraak het. Hy het die voorbeeld geDit het die wêreldwye Safari Club International se statistiek deurmekaar gekrap, noem dat ‘n wildboer met ‘n terwyl die aanbod van swart rooibokram (wat ten duurste anderskleurige diere nou die vraag daarna oorskry. gekoop is) sorg dat sy trop norAgriBulletin het meer gaan uitvind oor die vermale rooibokooie skynsel wat die laaste uit die skietveld klompie jare by wildveilgehou word om van ings kop uitgesteek het, die genetiese gemuasook die groot prysverteerde ram dragtig te skil tussen normale en raak. Die gene slaan gekleurde wild. Wildboere nie dadelik deur nie, is dit eens dat horingmaar kom eers in die lengtes steeds die norm is tweede of derde gewaarvolgens wildsbokke slag na vore. So ‘n se waarde bepaal word, al gekleurde bok is dan Hannes Maree is hulle blou, swart, pienk baie meer werd as of groen. die normale rooibok. Mnr Hannes Maree, ‘n wildboer met plase Waar die biltongjagter voorin Gravelotte en Noordwes, sê die muta- heen ‘n bok vir minder as R1 sies het ‘n omwenteling in die wildbedryf 000 kon skiet, kos die mutameegebring wat verskeie uitvloeisels siebok hom duisende rande meer. tot gevolg gehad het. Vir sommige is dit Biltongjagters kon dit gevolglik nie meer
bekostig nie en het ‘n weerstand opgebou, terwyl wildtelers hul hoop op skatryk oorsese jagters gevestig het. Met die langdurige droogte, die swak ekonomie en politieke onsekerheid het dié mark verswak, wat meegebring het dat gekleurde kuddes groter geword het as die vraag daarna. Die buitengewoon hoë pryse wat die diere vroeër behaal het, het deesdae met tot 80% gekrimp. “Die welgestelde oorsese jagters soek steeds trofeë om hul name in die rekordboeke van SCI en Rowland Ward te laat verskyn. Met rooibokke sal hulle vir die sogenaamde “grand slam” gaan. Dis trofeë van wit, rooi en swart rooibokke in een uitstalling. Uit ‘n groot trop van gekleurde rooibokke maak enkele trofeë nie juis ‘n indruk op die wildteler se begroting nie.”
Mnr Ferdie du Toit is onlangs aangestel as bestuurder van NTK in Letsitele. Hy kom van Heilbron in die Vrystaat, waar hy takbestuurder van Senwes was. Du Toit het allerhande planne met die NTK-tak in Letsitele, maar sê die belangrikste taak is om ‘n diens te lewer wat boere en klante die graagste wil hê.
A Daimler Brand
Mercedes-Benz Vito, Viano and V-Class tyres* now available at participating Mercedes-Benz dealerships. *Offer on Continental tyres.
MERCURIUS COMMERCIAL POLOKWANE TEL: 015 298 4700
Mercedes-Benz Sprinter tyres are also available.
5
September 2016
Gericke du Plessis 082 442 5473 gericke@smitgarrun.co.za
Cornel van Schalkwyk 083 706 9571 cornel@smitgarrun.co.za
Johan Venter 082 464 1265
Retief Jacobsz 082 850 9499
Johan Smith 082 367 5397 johan@smitgarrun.co.za
Mariette van der Westhuizen 083 497 2702
retief@smitgarrun.co.za
johan.venter@smitgarrun. co.za
mariette@smitgarrun.co.za
Renee Vogel 082 335 4422
André Roelofse 083 449 0186
Louis Naudé 082 300 9957
renee@smitgarrun.co.za
andre@smitgarrun.co.za
louis@ngbrokers.co.za
Liesl Pohl 079 496 8921
Francois du Toit 082 893 4041
Leon Roode 0833453171
liesl@smitgarrun.co.za
francois@smitgarrun.co.za
leon@smitgarrun.co.za
VERSEKER JOU LEEFSTYL! Mediese fondse | Korttermyn-versekering | Lewensversekering | Aftreebeplanning | Beleggings Testamente | Boedelbeplanning | Pensioen- en voorsorgfonds | Dood- en ongeskiktheidsversekering Aandele
SMIT ADVISEURS
SMIT GARRUN
FSP: 44595
FSP: 11184
Medical aid | Short term insurance | Life insurance | Retirement planning investments Investments | Testaments | Estate planning | Pension funds | Disability insurance | Stocks info@smitadvisors.co.za
10 Windsor Street, Tzaneen | Tel: 015 307 5587
info@smitgarrun.co.za
bulletin©11283sg160930tb
INSURE YOUR LIFESTYLE!
6
September 2016
Boere moet traak op versekering Die tipiese vrae wat gevra word wanneer dit by versekering en finansiële beplanning kom is: • Watter bates moet ek verseker ? • Watter risiko’s kan ek self dra? • Wanneer moet ek aftree? • Het ek ‘n opvolg plan? • Het ek genoeg voorsiening gemaak om my lewensstyl vol te hou? • Is my Testament uitvoerbaar? • Hoe help ek my werknemers? Smit Garrun Makelaars wil ‘n paar gedagtes laat vir oorweging. Die doel van Bateversekering is om die boer in dieselfde posisie te plaas as wat die boer was voor ‘n verlies. Hoewel die term korttermynversekering gebruik word, word ‘n langtermyn verhouding opgebou. Die
gedagte is om die premies van baie te gebruik om die skade van min te vergoed. Die hersiening van jou polis jaarliks is van uiterste belang. Van die belangrike punte waarna gekyk moet word, is; Ramprisikoblootstelling: • Brand – Nie-motor bates – Die huidige vervangingskoste van geboue (moet grensmure, heinings, private rypaaie, spoorlyne ens. insluit). Pakhuistoerusting, voorraad, pakmateriaal, spuitstof, gereedskap ens. • Sakeonderbreking – gevolglike verlies na brand of verwante skade • Getrouheid/handelsmisdaad • Aanspreeklikheid/ Direkteure, amptenare, kontrakteurs. Wat van die groter prentjie? ‘n Boer het nie net tasbare bates nie, maar het ‘n gesin, sakevennote en werknemers, daarom is dit dan ook be-
langrik om aan die Nie Tasbare Bates ook te dink. Ons by Smit Adviseurs spits ons toe op dié gedeelte. Het u geweet dat sedert Maart 2016 u tot 27,5% van u belasbare inkomste (‘n maksimum van R350 000 per jaar) kan belê vir aftrede en dat hierdie bydrae belasting aftrekbaar is? Boonop kan ‘n groepfonds met slegs 5 lede gestig word. Daar moet aan die volgende gedink word: testamente, beskerming van die boer se verdienvermoë teen ongeskiktheid, mediese fondse, pensioen- en groepfondse, likiditeit in boedel, koop- en verkoopoor-eenkomste, sleutelpersoon versekering, beleggings en buitelandse valuta. Smit Adviseurs maak gebruik van verskeie ander professionele persone om die dienste wat hulle aanbied effektief aan kliente voor te hou. Inligting verskaf deur Smit Adviseurs
Merensky se landbou gedy afgebaken tot ‘n groot terrein met die spognaam Agri-Park, waar vyf splinternuwe klaskamers in aanbou is. Op dieselfde terrein staan ‘n nuwe gebou wat sestien eenhede het vir leerlinge in landboutegnologie (voorheen bekend as landboumeganika). Elke eenheid kan ses leerlinge op ‘n dag huisAan die stuur van Agri-Park by Merensky is mnre AJ le Roux, Louis Fourie en me ves en is toegerus met Stephanie Perold, hoofkoordineerder van die landbouseksie. sestien sweismasjiene, staalsnyers en ander verLandbou gedy op akademiese vlak by die Hoërskool wante toerusting. Dit is die skeppingswerk van mnr Merensky buite Tzaneen, waar die belangstelling van Louis Fourie, die houtwerkonderwyser wat nou landagri-leerlinge jaarliks bogemiddeld groei. boutegnologie aanbied. Dit is ‘n nuwe verlenging van Dis deesdae pure genot om te sien hoe ‘n “skool binne die oorspronklike klein vertrekkie met drie sweismas‘n skool” ontwikkel en uitbrei as deel van Merensky se jiene en ‘n groot gebrek aan ruimte. gesonde groeivlak. Dit is alles deel van groot planne wat Merensky onder Die landbou-afdeling, wat tot in dié stadium met drie leiding van sy skoolhoof, mnr Magnus Steyn, vir die klaskamers en ‘n houtwerkkamer moes klaarkom, is nou landbouafdeling het.
Die oorhoofse koordineerder van die afdeling, me Stephanie Perold, sê belangstelling het so uitgebrei dat talle leerlinge van ander groot skole in Limpopo reeds gretig is om by Merensky in te skryf. Alle leerlinge is deel van die skool se kurrikulum, maar kry reeds in gr 10 blootstelling aan landbouwetenskap en vir die keuse van drie vakke in die afdeling. Dit is landbouwetenskap, landbou-bestuurspraktyk en landbou-tegnologie. na bl 7...
Jacques Prinsloo 082 564 2284
gravelotte.fencing@gmail.com
bulletin©11193gf160930tb
Gates • Electric Gates Security Fencing Game Fencing Boma’s
7
September 2016 Vervolg van bl 6... Merensky is die enigste skool in die provinsie wat laasgenoemde as ‘n vak aanbied. Die volgende groot stap vorentoe is die oprigting van ‘n laboratorium wat oor die nuutste toerusting en tegnologie beskik vir die ontleding en ontwikkeling van tegnologie op navorsingsvlak. Hier sal leerlinge kennis kan opdoen oor aspekte soos grondontleding, plantsiektes en ‘n verskeidenheid inligting wat wyer strek as wat die leerplan van hulle verwag.
Merensky se Agri-park wag egter op een van hul grootste oomblikke. Oor twee jaar word die kongres van die SA Landbou-onderwysersvereniging hier gehou. Die kongres staan hoog aangeskryf op die opvoedkunde-kalender en is in die verlede jaarliks in Kroonstad gehou. Vanjaar was Oakdale Landboukollege in die SuidKaap aan die beurt en volgende jaar word dit in Douglas gehou. Teen daardie tyd, sê Perold, behoort hul Agri-Park meer as gereed te wees om die geleentheid aan te bied.
Die vyf nuwe klaskamers is in aanbou.
Agri-afdeling kry eie lappie grond AJ Fourie maak gereed vir sy volgende opdrag.
Eduard O’Reilly sny aan ‘n staalstruktuur.
Die houtwerkklas van voorafvervaardigde beton is die oudste gebou op die terrein.
‘n Halwe hektaar van Merensky Hoërskool se kosbare landbougrond is nou tot die beskikking van die landbouseksie vir uitsluitlike gebruik. Dit gaan met avo’s beplant word vir leerdoeleindes. Die plaasgedeelte van die skool word vir kommersiële doeleindes ingespan en is net toeganklik vir onderrig. Dié lappie grond is die eerste wat vir eie gebruik beskikbaar gestel is. Me Stephanie Perold, hoof van die landbouseksie, sê Allesbeste Boerdery het drie onderstamme en sewe kultivars van avo’s geskenk om geplant te word. “Ons het leerlinge wat geen landbou-agtergrond het nie en hulle wil ook graag in die grond vroetel. Dis een van die doelstellings van die projek.” Sy sê dit sal ook gebruik word om leerlinge te wys op onvoorsiene foute in die aanpak van enige landbouprojek. As voorbeeld het sy
gewys op ‘n moedswillige snoeimetode van ‘n avo-boom deur die onderwyser, wat dan deur die leerling uitgewys sal kan word. Etlike planne met dié boord lê in die vooruitsig. Die lewendige deel van landbou by Merensky Hoërskool is sy kuddestoet van vyftien Pinz2yl verse uit die stal van ZZ2 se vee-afdeling. Die skool het aan verskeie skoue deelgeneem en ‘n handvol pryse ingesamel. Onder vanjaar se prestasies is die reserwekampioenvers op die Royal-skou in Bloemfontein. In Pretoria het ‘n stoetvers in die kategorie 18-24 maande eerste gekom, terwyl hulle ook in die groepklas vir verse ‘n eerste en derde plek behaal het. Nege leerlinge van die skool gaan volgende week (2-5 Oktober) aan ‘n nasionale skou vir beeste en bokke by Morgenzon in Standerton deelneem.
Landbou Agriculture
Hier slyp ons landbouers. Here we educate the farmers of the future.
www.hsmerensky.co.za
015 305-7901/2/4 074 888 5975/6042/6165
8
September 2016
Die piesang bly vrugte se koning Piesangs is steeds verreweg die gewildste vrug vir menslike gebruik wêreldwyd, want dit is maklik om sommer op straat te eet sonder om jou hande vuil te maak. So sê mnr Pierre Broodryk, vrugteboer en koordineerder van piesangs in die Tzaneenomgewing. Hy boer eintlik met avo’s, maar het ‘n groot belangstelling in die verbouing van piesangs. Die piesangboere in die suide van Afrika is egter ook slagoffers van die droë toestande wat vir langer as ‘n jaar die landbou-opbrengs dikteer. Mosambiek en Komatipoort loop behoorlik deur onder ‘n nypende watertekort. Dit het hul verspreidingsMnr Etienne de Lange, bestuurder van Mahela se piesangs buite Tzaneen. volumes erg ingekort en die pryse laat styg ten gunste van ander produserende gebiede, terwyl piesangboere maande laas ‘n boorgatpomp aangeskakel om te bevan Limpopo en Mpumalanga skade gely het met laer sproei. Die droogte wurg hulle.” Piesangboere in Afrika bly steeds kortasem oor die drag en ligter piesangs. Broodryk sê die waterkwessie het verskeie kleiner pro- gevreesde Panama-siekte se verspreiding, wat groot dusente laat oorskakel na ander produkte soos maka- gebiede in Asië en Suid-Amerika se plantasies verwoes damias, wat minder water nodig het. Dit bespaar ook het. ‘n Enkele voorkoms in Mosambiek van ‘n jaar geop arbeid en insetkostes, terwyl boorgat- en damvlakke lede is onder beheer, maar dit kan met die geringste misstap na elders versprei. konstant bly. AgriBulletin het verneem dat Panamasiekte net “Daar is boere in Komatipoort wat sê hulle het ses
meer as ‘n jaar gelede op ‘n piesangboord van die Hoërskool Merensky waargeneem is. Al die piesangbome is verwyder en met makadamias vervang, terwyl diep loopgrawe rondom die terrein gegrawe is om die verspreiding van die siekte vas te trek. Die opgrawings was van die hoofroete tussen Tzaneen en Modjadjiskloof sigbaar, maar dit is nooit aan die groot klok gehang nie. Soos voorheen in AgriBulletin berig is, kan die siekte vir tot dertig jaar in die grond oorleef. Dit val die wortels aan en lei tot vergeling en verdorring van die piesangplant totdat dit uiteindelik vrek. Die spore van die kiem kan maklik versprei by wyse van skoene, voertuigbande en selfs die oordra daarvan deur die hantering van piesangs uit ‘n besmette gebied. Intussen sê Broodryk piesangs kan met gemak as stapelvoedsel geniet word. Dit is ryk aan magnesium en kalsium. Boonop gee dit jou krag en energie om elke dag op ‘n hoë noot af te sluit.
9
September 2016
Landbou in Limpopo staan al sterker Die grondslag vir ‘n bedrywiger landbou-aandeel in die ekonomie van Limpopo is vanjaar by die kongres van AgriLimpopo vasgemessel, waar die praktiese inhoud van die program gesorg het dat elke boer en verteenwoordiger iets gekry het om huis toe te neem. Mnr Willem van Jaarsveld, uitvoerende hoof van AgriLimpopo, het gesê die kongres is vanjaar in ‘n ander gedaante aangebied, met die eerste dag as ‘n indaba, waartydens almal kon saamgesels en nie net die leiers nie. Die kongres was toeganklik vir ander landbougroepe soos Afasa, TLU SA, Naapa en Nerpo, maar net TLU SA
Noord het opgedaag. Van Jaarsveld het gesê die program was Limpopo-gedrewe, maar TLU SA het verkies om landbou op nasionale vlak te bespreek. Twee uitstaande bydraes was dié van dr Theo de Jager oor korporasies vir boere in Limpopo, waarby alle boere betrek word, en mnr Mike Mlengana, nuwe direkteur-generaal van landbou (self ‘n boer), wat ‘n eerlike weergawe gegee het oor die werklike toestand van landbousake in die land. Hy sal hom veral toespits op voedselsekerheid, werkskepping en die landbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk.
Van houtskool tot heinings Gravelotte Fencing is ‘n bloedjong maatskappy wat skaars vyf maande aan die gang is, maar reeds ‘n klomp groot kontrakte het om af te handel. Mnr Jacques Prinsloo van Gravelotte Charcoal het ‘n ruk gelede besluit om ‘n nuwe rigting in te slaan en heinings op te rig. Dit sluit wildheinings, sekuriteitsheinings en palisades van alle groottes in. Die vraag het die hoogte ingeskiet en hy het soms tot sestig mense in diens. Groot projekte waarmee hy op die oomblik besig is, sluit ‘n wildheining van
25 km naby Orighstad in, asook nog een van agt km in die omgewing.
Met vier voertuie voorsien hy heinings tot by plekke soos Louis Trich-
ardt, Lydenburg en ander omliggende gebiede. Hy doen enige omheining, maar konsentreer hoofsaaklik op groot kontrakte. Drie projekbestuurders sorg dat elke kontrak so spoedig moontlik afgehandel word. Die materiaal vir die heinings kry hy hoofsaaklik van Pretoria en Naboomspruit. Sy produkte was te sien by vanjaar se Letaba Skou, waar Gravelotte Fencing die helikopter-landingsplek omhein het. Prinsloo is bereikbaar by 082 564 2284.
Nog sprekers wat groot indruk gemaak het, was dr Mathews Phosa en dr Roelof Botha. AgriLimpopo het agt resolusies die lig laat sien, wat deur die kongres goedgekeur is. Onder hulle is die implementering van die Karaan-plan, groter beskerming van AgriSA-lede se belange elders in Afrika en beter samewerking met TLU SA Noord en Afasa. Van Jaarsveld het ook verwys na die dagbestuur van AgriLimpopo, wat nie in eie belang optree nie, maar eerlik vir landbou optree en niks wegsteek nie. “Jy kan net ‘n leier wees as jy jouself in die oë kan kyk.”
Krokodille glo vir moeti vergiftig Limpopo se krokodille is deesdae die teiken vir moeti-handelaars, wat die reptiele vergiftig en dele van die karkasse aan sangomas verkoop. Die kop word afgesny en word teen R6 000 verkoop, terwyl die voor- en agterpote ook van die hand gesit word. Boere in die Letsitele-omgewing sê dié nuwe gier het die afgelope paar weke die eerste keer sy kop uitgesteek. ‘n Boer van Constantia het ‘n dooie krokodil in die rivier op sy plaas gewaar en het vermoed dat dit aan natuurlike oorsake gevrek het. By nader ondersoek is egter bevind dat die kop en pote afgesny was.
‘n Paar dae daarna is nog so ‘n geval by ‘n buurman opgemerk, en sedertdien is nege gevalle aangemeld. Selfs ‘n dooie seekoei is in die rivierbedding gewaar, maar dit was reeds erg opgeblaas en skade aan die karkas kon nog nie vasgestel word nie. Lede van AgriLetaba is by ‘n vergadering in die boeresaal op Leydsdorp oor die voorvalle ingelig en is deur ‘n klompie lede beaam. Nader besonderhede sal egter eers bekend wees nadat natuurbewaring se personeel met hul ondersoek na die voorvalle afgehandel is. Hulle was tot einde verlede week steeds met die ondersoek besig.
10
September 2016
Grow more with less Elektronika maak
sitrusroete gladder
Drip irrigation technology is the solution to the biggest global challenge to feed the world between now and the year 2050, when there will be 30 percent more human beings dependable on resources from agriculture. Mr Gaby Miodownik, the head of Netafim in Europe, the Middle East and Africa, said agricultural production must increase by 70% in the next 35 years to realise food for an additional two billion people. At the same time, there is limited availability of key natural resources such as arable land, energy and water, while climate change is making a significant impact across the globe. These factors are forcing the world to come up with new ways
to produce food. Netafim is a pioneer in drip irrigation since its establishment by Israeli kibbutz farmers in 1965 and grew to a global leader in irrigation solutions ever since. Some 70% of all fresh water in the world is used for agriculture, especially for flood irrigation, a highly inefficient method but one that is responsible for 80% of all irrigation in the world. In contrast, drip technology leads to water savings of 50% or more, while increasing yields by up to 300% compared to flood and furrow irrigation. Delivering small drops of water and nutrients in a controlled manner directly to the plant’s root zone, drip also improves crop quality by giving the plant
exactly what it requires. Miodownik said despite proven success with drips over the last five decades, only four to five percent of all irrigated land is drip irrigated. To successfully penetrate the world’s more than 500 million smallholders for drip irrigation, partnerships among the public and private sector and players across the agricultural value chain are needed. In South Africa a growing momentum and awareness in the use of drip as an irrigation method is experienced. It is, however, very important that farmers realise that when they decide to change to drip for irrigation they must also make sure they find the right advice on how to use the system to grow more with less.
Die mobiele tegnologieplan bekend as Projek Titan is in Oktober 2014 deur die PPECB ingespan om sitrus uit SA makliker in die buiteland te kry. Titan is ‘n elektroniese stelsel wat daarop gemik is om hanteerfoute met gehaltetoetse en uitvoerkwalifikasies uit te skakel. Dit is goed deur produsente ontvang en het die afgelope jaar vinnig versprei. Die stelsel is veral waardevol in
pakhuise. Tot dusver het 102 sitruspakhuise reeds daarby ingeskakel, waar meer as 12,6 miljoen kartonne hanteer is. Dit het ook gelei tot 169 uitvoersertifikate wat foutloos op die stelsel geregistreer is. PPECB is die sitrusprodusent se paspoort na die buiteland. Met die Titanprojek kan verskeie struikelblokke in die uitvoerproses uitgeskakel word.
Levubu boere hou skou Levubu se landbouers kom op 7 Oktober byeen vir hul jaarlikse Boeredag by MacLands Landgoed tussen Louis Trichardt en Thohoyandou. Die program en uitstallings is gerig op “Boer vir die toekoms” en het ‘n positiewe boodskap vir almal in die landbousektor. Vanjaar se hoofspreker is prof Erik Holm, emeritus-hoogleraar in entomologie van Pretoria. Hy sal praat oor ‘n holistiese benadering tot insektebestuur in boorde en sal soos gebruiklik met fyn besonderhede na elke gogga verwys. Saam met hom sal prof André Louw die verskeidenheid
risiko’s in die landbou-omgewing bespreek. ‘n Verskeidenheid landboutoerusting soos trekkers, spuitmasjiene, neutoptellers, misstrooiers en kettingsae sal gedemonstreer word. Landboudiensverskaffers en motorhandelaars sal ook daar wees. ‘n Spesiale program word vir dames aangebied, waar die Kokkedoor-span van KykNet hul slag sal wys. Die hekke open om 09:00 vir registrasie en die program begin om 10:00. Koste is R50/pp. Enige navrae kan gerig word aan Elsje Joubert by 079 517 2005.
11
September 2016
Tamaties is deel van gesonde lewensstyl Suid-Afrika is een van die lande waar die plante optimaal produseer en makgewasverbouing toenemend onder simum opbrengste behaal word op die druk verkeer - nie net vanuit ekono- oppervlakte. Ander voordele sluit ook in miese oorde nie, maar ook as gevolg van verbeterde sanitasie, wat veral insekvekomgewings- en klimaatsverandering. tore beter kan beheer. Plante wat nie Tamaties is een van die belangrikste aan omgewingstres of siektedruk blootgroentegewasse wat geproduseer word gestel word nie, produseer derhalwe en vorm deel van die stapeldieet van ’n beter. groot deel van die populasie. Tamaties Sakata Saad is op die voorgrond van is baie veelsydig en kan regdeur die jaar ontwikkeling en die plaaslike kweekin slaaie, bredies en sop gebruik word. program wat reeds in 1956 begin is, is Meer navorsing dui op al die voordele diep gegrond in die hele tamatiebedryf wat tamaties vir die mens inhou as deel wêreldwyd. Die kennis en ervaring van ’n gesonde lewensstyl. Tamaties is hierin word toegepas om vandag leierdus in groot aanvraag regdeur die jaar. variëteite vry te stel wat in Suid-Afrika Marktendense wys egter dat die prys gekweek word en aangepas is vir die van tamaties grotendeels deur vraag plaaslike markte met al die vereistes wat en aanbod bepaal word. Produsente daarmee gepaard gaan. word hierdeur onder groot druk geplaas Durene produseer groeikragtige plante met stygende insetkostes, wisselvallige met eenvormige vruggrootte regoor die opbrengste en ’n laer aanvraag op die markte. Hierdie faktore dwing die produsent om deeglike strategieë in plek te kry om te verseker dat die produsent op die regte tyd die hoogste moontlike gehalte tamaties op die mark te kan plaas. Wêreldtendense in die verbouing van tamaties is besig om Durene radikaal te verander - verbouing onder beskerming is nie meer net ’n luukse nie. Met die verander- plant. Die plante bied ing in klimaat en die aanvraag na hoër ’n goeie blaarbedekgehalte, gekoppel aan die druk van die king en is baie groeiverbruiker om minder chemiese stowwe kragtig. Vruggehalte te gebruik, noodsaak dit die produsent is uitstekend met ’n om sy produksie te optimaliseer. Ver- goeie raklewe. Durene bouing onder beskerming moet nie net is weerstandbiedend gesien word as hoë tegnologiestruk- teen Tomato curly ture wat vergelyk kan word met dìe in stunt virus (ToCSV) en Esty byvoorbeeld Nederland of Kanada nie. Kromnek virus. Eenvoudiger strukture en selfs nethuise Esty is by uitstek verbeter die opbrengspotensiaal van ’n geskik vir oopland produsent, deurdat die produsent beter verbouing met vruggroottes van 180 beheer het oor verskeie faktore. Die be- tot 220g. Die vrugte is baie ferm en het langrikste beginsels in die bestuur, is om ’n baie goeie houvermoë wat vergelyk die omgewing tot ’n mate te bestuur, dat kan word met van die beste variëteite
ter wêreld. Die opbrengspotensiaal van Esty is uitstekend en goeie vruggehalte en -grootte word perfek gekombineer in hierdie variëteit. Esty is gevoelig vir die oortoediening van veral stikstofbemesting en gepaardgaande met oorbesproeiing lewer die variëteit nie die verwagte resultate nie. Esty het die afgelope jaar uitstekende opbrengste behaal by van ons land se grootste tamatieprodusente. Heidi* is ‘n opwindende nuwe onbeperkte slaaitamatie van Sakata se internasionale kweekprogram. Heidi* beskik oor goeie gehalte vrugte met eenvormige vruggrootte en ‘n goeie siektepakket. Die sterk groeikragtige plante neig om die variëteit minder vatbaar te maak vir algemene blaarsiektes onder normale toestande. Heidi* se goeie vrugset en grootte sorg vir hoë uitpakpersentasies wat die variëteit geskik maak vir produksie onder beskerming sowel as oopland.
Jasmine* is ‘n plaaslik gekweekte, onbeperkte slaaitamatie met baie goeie vruggehalte, eenvormige vruggrootte en ‘n baie goeie siektepakket. Jasmine*
se vrugte beskik oor ‘n baie goeie raklewe. Jasmine* kan verbou word in die oopland of onder beskerming as gevolg van die goeie vrugset wat die variëteit lewer wat hoë uitpakpersentasies tot gevolg kan hê.
Heidi
Die bemesting en besproeiing van enige variëteit is seker van die mees kritiese bestuursaspekte wat die potensiaal van die gewas bepaal. Hierdie twee faktore het ’n invloed op al die ander aspekte soos pes en plaagbeheer, siekteweerstand, gehalte en opbrengs. ’n Plant wat nie onder enige stres verkeer nie se produksiepotensiaal is beter en kan ook die eksterne omgewings- en klimaatstoestande beter hanteer. Vir meer inligting oor Sakata se tamaties of produksiepraktyke, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181. * Eksperimenteel: Hierdie variëteite is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse kultivar lysting.
AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
12
September 2016
SAKATA
‘n Tamatie vir elke area!
Durene
Esty
Heidi*
Jasmine*
*Eksperimenteel: Hierdie variĂŤteit is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse kultivar lysting.