Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
29 November 2013
Jail fail Fear lessl y the tr uth
Kapingskok SAPD-lede glo by kapings betrokke Die kaping en vinnige opsporing van ‘n brandstoftenkwa wat aan mnr Muis Joubert van Platinum Petroleum Supplies (PPS) in Tzaneen behoort, kan lei tot die blootlegging van ‘n yslike skandaal aan die Oos-Rand waarby etlike polisiebeamptes na bewering betrokke is. Joubert se tenkwa is een van minstens tien wat die afgelope ses weke op die snelweg tussen Heidelberg en Meyerton in die teenwoordigheid van polisiemanne gekaap is. Groot sindikate is glo betrokke en polisielede is na bewering deel van hulle. Die toestand het so vererger dat die polisie self ‘n spesiale provinsiale taakspan aangestel het, om die kapings te ondersoek. In Joubert se geval is die tenkwa verlede week op die N3 naby Meyerton deur mans in polisiedrag voorgekeer. Een van hulle het egter ‘n geel T-hemp gedra en ‘n vuurwapen op die drywer gerig. Voor die trok tot stilstand kon kom, het die drywer sy beheerbeampte oor die toestand laat weet. Hierna het die selfoonverbinding met die drywer weggeraak en die voertuig het van die satellietopsporingstelsel verdwyn. Danksy ‘n bykomende opsporing-antenna op die agterste deel van die tenkwa kon die ligging daarvan bepaal en gevolg word. Die trok, sleepwa en vrag diesel was sowat R3,355 000 werd. Die voertuig en drywer is 56 minute na die kaping ongedeerd in Meyerton opgespoor. Een kaper is in hegtenis geneem en nog een het weggehardloop. Die kapers gebruik ‘n toestel bekend as ‘n “jammer”, om alle kommunikasieseine binne die gekaapte voertuig buite werking te stel. Selfs die selfone raak stil. Inligting wat na die kaping na vore gekom het, dui daarop dat die tenkwa deur Heidelberg en Meyerton deur ‘n Amarokbakkie agtervolg is. Die registrasienommer van die bakkie word verbind met die SAPD se honde-eenheid in Soweto. Die vermeende kaper wat aangekeer is, het ook die naam van ‘n polisielid van Hillbrow verstrek, wat glo betrokke is. Hy het boonop ‘n polisieman R8 000 omkoopgeld aangebied om hom te laat gaan. ‘n Ondersoekbeampte van Pretoria wat met die polisie saamwerk om die voorvalle hok te slaan, sê polisiebetrokkenheid is beslis teenwoordig by tenkwaens wat gekaap word. Volgens hom is die ondersoek nog in ‘n sensitiewe stadium, maar hy verwag dat die bom eersdaags sal bars.
015 307 7248
Construction work at Tzaneen’s new more than R200 million state-of-the-art prison has come to a standstill and subcontractors fear further losses in months to come. Some workers were laid off and only a skeleton staff of workers are busy with minor construction tasks on the building site. A subcontractor who wishes not to be identified in fear of losing his contract with the builder, Keren Kula Construction, told the Bulletin work has stopped because money “has dried up.” The project was due to be handed over to Correctional Services in December this year, but he believes that a further extension of the contract was or will be given until at least May 2014. We tried to get confirmation on this from local officials involved, but none of them were prepared to talk. We also contacted the Department of Public Works on the issue, who requested our
Samantha de Freitas (eerste prinses) van Tzaneen, Sikelelwa Tola (Queen of the North) van Polokwane en Theona Maswangane (tweede prinses) van Phalaborwa staan hier by die aanbieder van die skoonheidskompetisie, Katryn Barwise (Miss Humanity International, SA) van Tzaneen. Meer as honderd jong meisies het aan die kompetisie deelgeneem.
www.bulletin.us.com R4
enquiries in writing. By noon yesterday, they had not responded to any of our questions. Some workers, who lost their jobs on the site, said they were told that construction had to slow down because of financial shortages. Plans for the erection of a modern, medium security prison in Tzaneen was announced in 2008. In 2009 the building costs were estimated at more than R200 million and the construction time at three years. In the mean time certain extras were added to the original project, which should raise the total cost substantially. The Bulletin trusts to hear from the Department of Public Works soon and we will keep our readers informed on the developments at the prison site. Our efforts to communicate with the contractor failed. Ms Anah Tsatsawani Makaringe of Giyani turned 104 years last week. The Mopani Spar’s manager, Mr Johan Clack, personally delivered a birthday cake and food parcel to her. Speaking of her health, her granddaughter, Ms Violet Makaringe, said she was still very strong. “Sometimes she walks around without the support of her kierie.” Violet said her grandmother loved milk and vegetables. She often still does the cooking herself. Clack said they have adopted the pensioner, and told her family to let them know if there was anything they could do for her.
Motoriste wat deur Letsitele ry, stop gereeld by ‘n kwekery in die dorpie se verstommende struik-beeldhouwerk. Die snoeiwerk wat oor jare gedoen is, sorg vir ‘n prentjie wat mense aangryp en in vervoering bring. Kyk gerus as u weer deur Letsitele ry; of ry spesiaal om te gaan kyk. Dit is die moeite werd.