Bulletin 14 Januray 2011

Page 1

14 Januarie 2011

Tzaneen, Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Phalaborwa, Gravelotte, Giyani, Hoedspruit, Lenyenye, Mica, Mooketsi, Nkowankowa, Ofcolaco, Trichardtsdal

R3

 3838, Tzaneen • 8 Crown Street/Straat 8 •  015 307 7248 •  015 307 7684 •  editor@bulletinnews.co.za • www.bulletinnews.co.za

Boere lek hul nat wonde Louis Roux Boere in Trichardtsdal, die Harmonieblok en Letsitele lek hul wonde na een van die grootste reënneerslae in dekades, toe meer as 400 mm die afgelope naweek binne twaalf uur oor sekere gebiede uitgesak het. Paaie by Ofcolaco het Sondag soos riviere gevloei en mense moes halflyf in die water voortsukkel om veiligheid te bereik. Grensdrade het in die slag gebly en gefrommeld op ander plase beland, terwyl groot skade aan groenteplantings aangerig is. Tot 420 mm is Sondagnag en Maandagoggend aangeteken. In die ou taal beteken dit byna sewentien duim reën in minder as ‘n dag! Water uit die opvanggebied het deurgevloei na die Harmonieblok, waar dit by tye erger gelyk het as met die vloed in 2000. Die stroom water wat deur die gebied gevloei het, was volgens boere meer as wat ‘n hele seisoen ervaar word. Mnr Gideon Goosen sê strome van 500 meter breed het meer as ‘n meter diep oor paaie gespoel. “Dit was erger as tydens die vloed in 2000” Die gebied se plaasdamme loop reeds se-

dert die begin van Desember verlede jaar oor. Die skielike invloei het die oorloop so vererger dat stukke beton losgekom en die vrees laat ontstaan dat die damwalle sou meegee. Die boere in die gebied probeer nog om die water onder beheer te kry en beskadigde damwalle te herstel, voor hulle met groenteaanplantings kan begin. Vervoerkontrakteurs verseg om die gebied vir die oplaai van produkte te besoek, omdat die meeste grondpaaie tot ‘n byna onrybare toestand verspoel het. Op plekke het ondergrondse pype in paaie heeltemal oopgespoel. Dele van sitrusboorde in Letsitele was ook onder water, waar dit soos klein riviere in die boordrye afgestroom het. Geen noemenswaardige skade is aangerig nie en boere is dankbaar oor die uitsonderlike neerslag. Die Tzaneendam loop reeds langer as ‘n week oor. Dit vergelyk uitstekend met die afgelope ses jaar se stand van sake. Op 12 Januarie 2005 was die damvlak op 34,45 %, en op 13 Januarie in 2006 het dit net meer as 11% water gehad. Die daaropvolgende jaar (2007) was dit 59,17%, in 2008 was dit 47,22%, in 2009 was dit 49,61% en in Januarie verlede jaar 82%.

Die foto’s op dié bladsy is deur ’n leser van die Bulletin met sy selfoonkamera by Ofcolaco geneem, die oggend na die groot reën. Dit gee ‘n beeldoorsig van hoe erg die water daar gevloei het en hoe mense in ‘n stadium selfs opblaasbote nader gesleep het, om die omgewing te verken en die skade te bekyk.

Bulletin goes

electronic and digital — P 7 & 8

Top Matrics: Pages 8 & 9 MERENSKY


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.