11 Februarie 2011
Tzaneen, Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Phalaborwa, Gravelotte, Giyani, Hoedspruit, Lenyenye, Mica, Mooketsi, Nkowankowa, Ofcolaco, Trichardtsdal
3838, Tzaneen • 8 Crown Street/Straat 8 • 015 307 7248 • 015 307 7684 • editor@bulletinnews.co.za • www.bulletinnews.co.za
R3
Paaie eis hoë tol
Slaggate verniel bande, wielvellings, veerstelsels Bandehandelaars werk oortyd Tzaneen en omgewing se slaggatpaaie het die afgelope paar maande duisende rande se skade aan voertuie veroorsaak en motoriste ervaar ‘n gevoel van desperaatheid.. Bandehandelaars in die dorp sê hulle word oorval deur mense wat splinternuwe bande laat vervang, omdat dit weens slaggate onherstelbaar beskadig is. In die meeste gevalle maak die band ‘n gevaarlike knop weens die skade en dit sal nie veilig wees om verder daarmee te ry nie. Mnr Hennie Snyman van HI-Q sê hulle vervang sommer baie meer “slaggatbande” as in die verlede. Etlike hiervan is laeprofiel-bande en dikwels is die wielvelling ook beskadig. ‘n Magnesuimwielvelling vir die duurder klas motors kos tot R6 000 elk en die skade aan wielvellings is deesdae baie erg. Mnr Gerhard Strydom, die bestuurder by Supa Quick, sê die afdeling vir die vervanging van bande kry weekliks mense wat met ‘n hartseer storie oor slaggate daar aankom. By KwikFit sê mnr Jan Gilbert hy moes ‘n klomp sement koop om die gate in die parkeerterrein langs die bandewinkel self reg te maak, omdat klante skaars sy plek kon bereik. Hy vervang ook al hoe meer dikwels bande wat in slaggate beland het. Nog ‘n aspek wat gereelder as voorheen aandag geniet, is wielsporing. Wanneer hedendaagse
BINNE
Tzaneen library in a crisis and closed
motors die geringste stamp in die pad ervaar, is die wielsporing daarmee heen en moet dit weer ingestel word. Skokbrekers word ook baie verniel en in sommige gevalle breek van die voertuie se veerstelsels op een of ander wyse. Goeie nuus kom van Tiger Wheels & Tyres. Hulle is gekoppel met die versekeraar Hollards en gaan voortaan versekering vir slaggatbande uitreik. Nuwe bande word vir ‘n maand of 2 000 km tot ‘n maksimum van R2 500 elk verseker, terwyl gebruikte bande ook versekerbaar sal wees tot ‘n mate wat deur die bandloopvlak bepaal sal word. Die versekering sal nie geld aan motoriste vir beskadigde bande uitbetaal nie, maar wel die beskadigde band of bande vervang. Meer besonderhede sal eersdaags bekend gemaak word. Intussen versleg die toestand van hoofpaaie soos die R71, die Georges Valley-pad, die pad na Mooketsi en verderaan en selfs die R71 van Tzaneen na Phalaborwa byna daagliks. Motoriste word gemaan om uiters versigitg te bestuur en op die pad te konsentreer, sodat slaggate vermy kan word. • Ons het alle pogings om kommentaar van die Roads Agency of die paaiedepartement te kry, laat vaar. Niemand kan of wil iets sê nie en mens word na hoër gesag verwys, wat nooit beskikbaar is nie.
INSIDE
Nuwe radiostasie stotter met die wegtrek