11 Maart 2011
Tzaneen, Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Phalaborwa, Gravelotte, Giyani, Hoedspruit, Lenyenye, Mica, Mooketsi, Nkowankowa, Ofcolaco, Trichardtsdal
3838, Tzaneen • 8 Crown Street/Straat 8 • 015 307 7248 • 015 307 7684 • editor@bulletinnews.co.za • www.bulletinnews.co.za
R3
Padmakers dieselloos Boere en ander inwoners langs die Vergelegen-pad in Georges Valley is al sedert Januarie van die buitewêreld afgesny, nadat vloedwater ‘n deel van die pad weggespoel het. Hulle kan met ‘n ompad na die hoofpad ry, maar dit is nie geskik vir gewone motors nie. Die groot probleem lê by die Mopani Distriksmunisipaliteit (MDM) se paaiedepartement, wat ‘n groot kruiptrekker vir ‘n dag of wat ingespan het om die pad
reg te maak, maar toe raak die diesel op. Twee bestellings vir 20 000 liter diesel is glo uitgereik, maar niemand weet wat daarvan geword het nie. Die kruiptrekker staan nou al vir vier weke voor die Grys Appel-skool. Die inwoners kla gereeld, maar het einde Januarie laas van die MDM gehoor. Intussen moet mense soos mnr Hilton Atherstone, bekende clivia-boer, mnr Hannes Enslin en ander
inwoners vrot ompaaie ry, om hul sake te doen. Die Vergelegenpad is net gangbaar tot by die skool, maar kinders wat in die kampong oorkant die pad bly, moet deur die verspoelde deel klouter om by die skool uit te kom. Enslin vrees die moontlikheid van swaar reën vorentoe kan ‘n gevaar vir dié kinders inhou. • Ons kon nie betyds voor ons druktyd kommentaar van die MDM oor die krisis kry nie.
Twintig van die Hoërskool Merensky se Gasvryheidstudies- en toerismeleerlinge het onlangs per vliegtuig na Durban gereis. Hulle het eers die oggend by die Ushaka Marine World deurgebring, voordat hulle die middag aan boord van die Melody vir ‘n onvergeetlike reis na Kaapstad gegaan het. Die bemanning, wat “uiters professioneel” is, het baie moeite gedoen om die Plasies ter wille te wees. Daar was genoeg tyd om die heerlike kos en vermaak op die skip te geniet, voordat hulle in Kaapstad se hawe geanker het. Die Plasie-reisigers was na
drie dae se opwinding veilig terug by die huis. Gizela Blignaut, Angelique Eager, Natasha Rossouw, Brylene Pretorius, Amor Bronkhorst en Elisna Boshoff ontspan hier op die skip se dek.
Die Vergelegen-pad in Georges Valley (onder) is na vloedskade on onbegaanbaar, maar die distriksmunisipaliteit se paaie-afdeling het nie diesel nie. Op die foto bo is die kruiptrekker wat al ‘n volle drie weke voor die Grysappel-skool staan, nadat die diesel opgeraak het.
Price Watch: P 4
Find a job : P 12
Unusual taxi war: P 8
Drug dealer nabbed: P 3