27 Mei 2011
Tzaneen, Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Phalaborwa, Gravelotte, Giyani, Hoedspruit, Lenyenye, Mica, Mooketsi, Nkowankowa, Ofcolaco, Trichardtsdal
3838, Tzaneen • 8 Crown Street/Straat 8 • 015 307 7248 • 015 307 7684 • editor@bulletinnews.co.za • www.bulletinnews.co.za
R3
Mmetle lei die GTM Vroue lei in 60% van die munisipaliteite
Francois Aucamp Het die ANC ter elfder ure begin twyfel oor hul burgemeesterskandidaat, me Dikeledi Mmetle (foto links), vir die GroterTzaneen Munisipaliteit? Dit was gister die groot vraag, nadat ‘n eerste stadsraadsvergadering vir gister (Donderdag) belê is — hoofsaaklik om ‘n nuwe burgemeester, speaker en lede vir die uitvoerende komitee aan te wys — en toe Woensdagmiddag tot volgende week uitgestel is. Aanvanklik is mnr Mudumo Napoleon Mboweni beskou as die gunsteling om as burgemeester oor te neem. Hy gaan nou glo as speaker aangewys word. Mmetle, van Lenyenye, se naam het egter die laaste tyd sterk opgeduik en teen Woensdag was dit ‘n uitgemaakte saak
Agter die GTM se gordyn The winner is... see p 12
dat sy die GTM se volgende eerste burger sal wees. Dit sal meebring dat die GTM se mees senior verkose lid en die mees senior amptenaar (me Conny Mametja) dames is. Die uitstel kan ook die gevolg wees van ‘n gebrek aan eenstemmigheid oor van die ander ampte en dat Mmetle steeds veilig agter die verhoog wag om die volgende groot sprong te maak. Sy is ook die skakelpersoon by die Letaba Hospitaal. Die ANC in Limpopo het met die aanwysing van burgemeesters duidelik bevestig dat hul vroue wil bemagtig. Minstens agtien van die dertig munisipaliteite (60%) — distriksmunisipaliteite inkluis — sal deur vroue gelei word. Alhoewel mnr Joshua Matlou aanbly as burgemeester van die Mopani Dis-
Volgende week in die Bulletin trek ons die gordyn weg voor ‘n baie vreemde ooreenkoms waarby die Groter Tzaneen Munisipaliteit direk betrokke is
Just rewards for community service: p 9
triksmunisipaliteit, sal Vhembe en Waterberg deur vroue gelei word. Mnr Godfrey City Modjadji (foto onder) is die kandidaat vir die Groter Letaba Munisipaliteit (Modjadjiskloof) en mnr Pat Hlungwani sal die Groter Giyani Munisipaliteit lei. In Ba-Phalaborwa is me Anna Sono die ANC-uitverkorene en by Maruleng (Hoedspruit) sal mnr Pule Mafologelo die span agter hom Modjadji moet konsolideer.
Dis weer tyd vir die groot & gewilde kuier by The Hub se 4x4-dag. P 14
Groot skrik oor sinkgat by Gravelotte: p 8