Fear lessl y the tr uth 23 September 2011
Tzaneen, Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Phalaborwa, Gravelotte, Giyani, Hoedspruit, Lenyenye, Mica, Mooketsi, Nkowankowa, Ofcolaco, Trichardtsdal
3838, Tzaneen • 8 Crown Street/Straat 8 • 015 307 7248 • 015 307 7684 • editor@bulletin.us.com • www.bulletin.us.com
Yet another lovely homestead gutted by flames
Knoeiwerk Die boer ruil sy John Deere-trekker wat altoos in bome vasry, in op ‘n Massey Ferguson maar verseg om die trekkerdrywer te vervang. Dit is die status van die regering se dreigemente met die Groenskrif en om die Grondwet vir grondhervorming te verander, sê AgriSA oor die jongste uitlatings van mnr Gugile Nkwinti, die minister van landelike ontwikkeling en grondsake. “Dit het as ‘n totale skok gekom, omdat AgriSA se gesprek met die regering sedert Nkwinti se oorname van De Jager die departement geskoei was op die grondslag dat die Grondwet die vertrekpunt sou bly,” sê AgriSA se adjunk-president, dr Theo de Jager. Hy sê die minister se uitlating bring die integriteit van die gesprek tussen die regering en AgriSA in die gedrang, want AgriSA kan geen samewerking
gee as billike kompensasie op grondoordrag nie gewaarborg is nie. De Jager sê ook dit is die groot verskil tussen SuidAfrika en Zimbabwe wat grondkwessies betref. Die rede hoekom daar so ‘n groot uitvloei van beleggings uit SA is, is omdat die regering se houding jeens die Grondwet onder verdenking is. “Dit is vir SA boere veel makliker om belange en finansiering in lande soos Mosambiek en die Kongo te kry, as hier.” Hy sê die rede vir die mislukking van die grondhervormingsplan het niks te make met die Grondwet nie. “Dit gaan oor korrupsie en die onbevoegdheid van amptenare wat dit in ‘n geknoei omgeskep het.” Inmiddels sê die voorsitter Enslin van AgriLetaba, mnr Dries Enslin, die aankondiging skok in die sin dat die Grondwet nie gewysig kan word om by regeringsbeleid in te skakel nie. “Regeringsbeleid moet aangepas word om aan die grondwet gevolg te gee, en as die omgekeerde gebeur, het ons moeilikheid,” sê Enslin.
Spring Festival. From this weekend in the Haenertsburg area. Don’t miss it.
Local Marquis presents colours to the queen — Turn to p 3
Oorlog @ plakkers in Tzn
Puselastraat in Tzaneen se plakkers is in sak en as nadat die polisie Vrydagoggend toegeslaan en minstens dertien plakkershutte afgebrand het. Die plakkers skuil reeds vir maande en selfs jare onder bome op die onbeboude gebied langs die rivierloop. Die meeste is werkloos en aangewese op tydelike werk by boukontrakteurs en ander informele takies. Hulle het geen was- of toiletgeriewe nie. ‘n Groot getal polisievoertuie het vroegdag op die terrein toegesak en al die strukture aan die brand gesteek. Een van die plakkers sê hy woon al ‘n hele paar jaar daar en dis die tweede keer dat sy hut deur die polisie afgebrand word. Hy gaan ‘n rukkie wag tot die stof (as) gaan lê het en dan maar weer ‘n skuiling aanmekaar timmer. Skaars ‘n honderd meter daarvandaan staan drie skuilings wat die brand misgeloop het. Hulle is goed ingerig en het elkeen ‘n florerende groentetuin, maar die terrein is net soos die afgebrande deel bemors met leë bottels en ander vullis. Dit is nie bekend hoekom hulle juis gespaar gebly het nie. — Louis Roux
Louis Roux
louis@bulletin.us.com
Cellphone photo provided
The Pirie farmhouse outside Haenertsburg burnt down in the early hours of Wednesday morning. A case of arson has been opened and forensic experts from Pretoria ares at the scene to determine the cause of the fire. Police at the scene reported that an electrical fault was suspected. Owner David Pirie and his wife Josie were in Pretoria at the time of the fire and only the two
youngest children, Gavin and Michael, were in the house. It is understood that when the alarm went off the fire was already everywhere and the boys had to jump off the balcony. One of the family dogs, a Dachshund named Tyson, died in the fire and two cars exploded. Our Haenertsburg reporter says the family has lost everything, is in shock and not able to speak to the media at the time of Bulletin going to print. Dit is weer dié tyd van die jaar... die clivias blom. By Cheerio Garden in Magoebaskloof en die Atherstones in Georges Valley is ‘n blommeprag wat ‘n fees vir die oog is. Moenie vanjaar se kleurskouspel mis nie. Op die foto is ‘n pryswenner clivia van die Atherstones. Gaan kyk sommer nog dié naweek, voor dit te laat is!
R3