Bulletin 7 October 2011

Page 1

Fear lessl y the tr uth 7 October 2011

Tzaneen, Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Phalaborwa, Gravelotte, Giyani, Hoedspruit, Lenyenye, Mica, Mooketsi, Nkowankowa, Ofcolaco, Trichardtsdal

 3838, Tzaneen • 8 Crown Street/Straat 8 •  015 307 7248 •  015 307 7684 •  editor@bulletin.us.com • www.bulletin.us.com

Agt Vorsters = 1 miljoen kartonne

R3

Tzaneen wil blom Louis Roux en Francois Aucamp

louis@bulletin.us.com / francois@bulletin.us.com

Op drie nuwe plase by Hoedspruit wat agtien maande gelede deur die Vorster-familie van Letsitele gekoop is — BJ Blyde Portsmouth, Essex Landgoed en Liverpool — is die afgelope seisoen een miljoen kartonne sitrus verpak. In die eerste seisoen is 635 000 kartonne gepak en vanjaar is die Vorsters se verwagtings oortref: nie net is die vorige jaar se oes oorskry nie, maar ‘n volle miljoen kartonne is verpak! Mnr Piet Vorster sr sê “ons is baie bly dat ons span so sleg geskat het aan die begin van die seisoen; hulle het

egter hul kant mooi gebring”. Sy broer, mnr Edward Vorster, sê “dit is besonder heuglik om na een jaar so ‘n ongelooflike prestasie te behaal”. Op die foto is mnre Gerhard Vorster, Ben Vorster (uitvoerende direkteur van BJ Blyde), Pieter Vorster sr, Altus Geldenhuys (hoofbestuurder van BJ Blyde met die miljoenste karton bo sy kop), Edward Vorster, Barend Vorster, Pieter Vorster jr en Francois Vorster. Mnr Eddie Vorster was afwesig toe die foto geneem is. — LiN Nuus/Kruger2Canyon

Aanvaller op plaas geskiet Drie vermeende plaasaanvallers het Vrydagaand die plaas van mnr Michael Prasha by Trichardtsdal waarop mnr Barend Meyer boer, onwettig betree en toe hulle in die pakhuis vasgekeer is, het hulle Meyer en Prasha se vrou glo probeer oorrompel. Die vermeende aanvallers was gewapen met ‘n panga, ‘n mes en nog ‘n skerp voor-werp. Meyer het in ‘n stadium glo ‘n waarskuskoot gevuur, wat die een aanvaller getref het. Sy ’n Vragmotor van Quality Plant Hire het in Waitarastraat in Pompagalana, lyk is die volgende oggend naby die pakhuis Tzaneen, in ‘n beboude woonbuurt omgeslaan en ‘n kragpaal beskadig. ontdek. Die ander twee word deur die polisie Die bestuurder beweer dat die remme onklaar geraak het. Die bestuurder gesoek en die voorval word ondersoek. van die vragmotor en nog insittendes is nie beseer nie.

Ontwikkelaars in Tzaneen berei stilweg ‘n ekonomiese blombedding voor, wat die dorp en sy mense grootliks kan baat. Sake-aktiwiteite wat die afgelope paar jaar gekwyn het, hoofsaaklik vanweë die moratorium op elektrisiteitsuitbreiding, toon skielik nuwe bloeisels, wat ontwikkeling prikkel en vertroue in die dorp se groeikrag versterk. In die nuwe LifeStyle-sentrum langs die R71 gaan etlike nuwe winkels eersdaags sake doen. Langs die sentrum, by die afrit na Mediclinic, verrys ‘n nuwe vulstasie met ‘n wegneemeterestaurant as trekpleister. Die Sasol-diensstasie se eienaars, oorkant die pad, is besig met finale planne vir ‘n sentrum, en die kanalisering van die rivier en ‘n brug wat Bert Booysenstraat met die R71 sal verbind. Op die suidwestelike hoek van die vierweg-kruising beplan Simpson Motors ‘n spoggerige nuwe vertoonlokaal, werkswinkel en onderdele-afdeling wat ‘n paar verdiepings hoog sal staan. ‘n Entjie verder langs die R71 kan nog ‘n sakesentrum deur Retail Africa ook eersdaags verrys. Die terrein oos van Fruit & Veg in Skirvingstraat gaan omgeskep word in ‘n motormekka, waar voertuie verkoop sal word, asook werkwinkels, bakherstelwerk en ander voertuigverwante

dienste aangebied sal word. HiQ-bande se mnr Stoffel Vermaak het pas die perseel van die Kolonnade gekoop — op die hoek van Skirving- en Claude Wheatleystraat — waar hul bandebesigheid volgende jaar voortgesit sal word. Die ou Bankkafee in Danie Joubertstraat, wat sy deure onlangs na jare gesluit het, is deur Ou Mutual oorgeneem. Net ‘n blok hoër op het Fabric & Décor reeds sy vlerke wyer gesprei, terwyl Shoe City, die vorige huurder van dié perseel, glo dringend ‘n nuwe perseel in die dorp soek. Langs die inrit na die Tzaneen Mall by BB Motors het ‘n nuwe handelaar in onder meer motoronderdele geopen. Die staal- en ingenieursgroep Stewarts & Lloyds het vastrapplek in die nuwe nywerheidsgebied gekry. Die Central Mall staan stil, maar volgens mnr Alex Murray van die bougroep Alminic, kan die herskepping van die sentrum hopelik vroeg in die nuwe jaar hervat word. Daar is ook sprake van ‘n nuwe boetiekhotel in Tzaneen, waarvan ons bewus is. Al die ontwikkelings — en ander wat eersdaags aangekondig kan word — dui op ‘n nuwe bloeitydperk vir die dorp en kan ‘n broodnodige positiewe stimulant vir Tzaneen se ekonomie wees.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin 7 October 2011 by Far North Bulletin - Issuu