015 307 7248
www.bulletin.us.com
R4
Fear lessl y the tr uth We wish all our readers and advertisers a Blessed Christmas and a Prosperous New Year
Hi rhandza ku navelela vahlayi na vanavetisi va hina Khisimusi lerinene na mikateko hinkwayo eka Lembe Lerintshwa.
Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
20 December 2013
Eksklusief
Ons wens al ons lesers en adverteerders ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwe Jaar toe.
Re rata go lakaletsa babadi le babapatsi ba rena Keresemose le mahlatse le mahlogonolo Ngwageng o Moswa.
net in besture dien nie, maar as presidente van nasionale en streekorganisasies optree, het die geslagsdoelwitte en -debat hoog op die agenda gehou. PAFO is die enigste kontinentale landboustruktuur in die wêreld, en koördineer die aktiwiteite en beleidstandpunte van vyf streekorganisasies, naamlik: Umagri (NoordAfrika), Roppa (Wes-Afrika), ProPAC (Sentraal-Afrika), EAFF (Oos-Afrika) en Sacau (Suidelike Afrika). As sodanig geniet dit erkenning en toegang by die Afrika-Unie, en word die bestuur gereeld oor landboubesluite op ‘n kontinentale vlak gekonsulteer. Die moontlikheid van ‘n AU-ondersteunde pensioenfonds vir boere in Afrika, ‘n boer-
beheerde landboufonds om korttermyn- en produksiefinansiering te vergemaklik, meganisasie en opleiding is kwessies waaroor gemagtigde standpunte vroeg in 2014 met die AU uitgetrap moet word. By die afwesigheid van die president van PAFO, mnr Jibo Bagna van Niger, is die byeenkoms deur De Jager, PAFO se vise-president, gelei. Hy is ook aangewys om PAFO in April 2014 by die Hoofde van State-vergadering ter viering van die Internasionale Jaar van die Familieboerdery, asook die Afrika Jaar van Landbou en Voedselsekerheid te verteenwoordig, en die konsensusstandpunte daar voor te lê.
Nuwe dagbreek vir boere
Die vise-president van AgriSA, Dr Theo de Jager (foto hiernaas), is pas terug van ‘n uitmergelende besoek waartydens hy in drie weke verskeie Europese lande besoek het, en uiteindelik in Kameroen ’n vergadering van die Pan-Afrika Boere-organisasie (PAFO) bygewoon het. Hy het ‘n eksklusiewe onderhoud hieroor aan die Bulletin toegestaan, waarin ons by hom kon vasstel waarheen die georganiseerde landbou in Afrika op pad is. Landbouleiers uit 46 Afrika-lande het vir die eerste suksesvolle gespreksessie van die Pan-Afrika Boere-organisasie (PAFO) in Yaounde, Kameroen, vergader, om eenstemmigheid oor ‘n gesamentlike visie en aksieplan te soek. Vorige pogings het vanweë die diversiteit van landboupraktyke, botsende belange en verskille in benaderings tot veral kleinskaal- en bestaanslandbou, tot geen konsensus gelei nie. Verteenwoordigers van die Afrika-Unie, die Europese Unie en die Afrika Ontwikkelingsbank, wat ook die sessies bygewoon het, het hul verrassing en tevredenheid uitgespreek met ‘n konsensusdokument van 28 stellings wat aanvaar is — en administratiewe, finan-
siële en logistieke steun aan PAFO beloof. Landbou-organisasies op die vasteland was eenparig in hul oproep aan regerings om die Maputo-ooreenkoms, waarvolgens 10% van nasionale begrotings aan landbou bestee moet word, te eerbiedig. Gebrekkige infrastruktuur, waardekettings, markte (en veral inter-Afrikahandel) en landbou-onvriendelike beleidsomgewings is ook onder die loep geneem, en op die agenda van die Afrika-unie geplaas. ‘n Omvattende strategie om klimaatsverandering die hoof te bied, terwyl op ‘n koöperatiewe basis onder leiding van georganiseerde landbou gemeganiseer word, het wyd byval gevind. Die groot aantal vroueboere wat nie