Fear lessl y the tr uth 8 Januarie 2016
www.bulletin.us.com
Matrics Drie plaaslike hoërskole — die Hoërskool Merensky, Stanford Lake College (privaat skool) en die Hoërskool Ben Vorster — se 2015-matriekleerlinge het hul kant gebring en die skole spog met verskeie presteerders. Wat onderskeidings betref was die oes weer lekker groot. Vier leerlinge het uitgestaan: Andrea Devenish van Merensky is een van Limpopo se dertig toppresteerders. Sy het nege onderskeidings behaal, is negende in Limpopo en sy is die provinsie se topmatriek in die vak rekenaartoepassingstegnologie. Thokozile Khoza,
015 307 7248
R4
Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS
Matrikulante ook van Merensky, het agt onderskeidings behaal en Kristie Badenhorst van Merensky het sewe onderskeidings en is een van die topdertig in Limpopo, nadat sy as die provinsie se toppresteerder in die vak besigheidstudies aangewys is. Conrad Schmidt van Stanford het sewe onderskeidings behaal (hy word deur die onafhanklike eksamenraad lof toegeswaai) en hy is een van slegs een persent leerlinge landwyd wat topprestasies in Afrikaans en lewenswetenskappe behaal het. • Berigte en foto’s op bladsye 7 tot 12.
Andrea Devenish
Thokozile Khoza
Kristie Badenhorst
Conrad Schmidt
• Droogte raak nou sorgwekkend vir landbou
Beurtwater kan red
Gister (Donderdag) se versengende hitte het sommige boere byna paniekbevange laat opmerk dat die droogte nou “baie erger is as wat ons besef”. Vanuit alle oorde in die Mopanidistrik, die groter Laeveld-streek en die wye gebied van Limpopo styg ‘n noodkreet op: “Mag dit tog gou kom reën!”. Twee van die Bulletin se joernaliste, Louis Roux en Joe Dreyer het met boere, die weerdiens, konsultante en landbouleiers gesels en ook enkele plase en damme besoek, om eerstehands te hoor en sien wat die uitwerking van die erge droogte is. Joe het die foto hiernaas van die Tzaneedam geneem, waar die daling van die watervlak nou daagliks met die blote oog waargeneem kan word. • Lees hul berigte op bladsy 6