015 307 7756 40 Danie Joubert Street, Tzaneen
Colour of the Year 2016 OCHRE GOLD
The Specialist Paint Centre Tzaneen Gold and gold tones are being used everywhere in the design world.
bulletin©10685d160129tb
Fear lessl y the tr uth 5 Augustus 2016
www.bulletin.us.com
015 307 7248
R4
Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS
Onmin broei in agri
President Zuma het verlede week die ondenkbare gedoen en sy eie ANC stootskapers in die parlement en die Nasionale Raad van Provinsies ‘n hou op die neus gegee, deur die nuwe Onteieningswet na hulle terug te verwys. Gegewe eergister se hoogs mededingende verkiesing was dit ‘n buitengewone stap om soveel risiko van verleentheid te waag. Intussen kook dit in die geledere van AgriSA en sommige van hul strukture en ons hoor daar is sprake van ‘n wegbrekery. AgriSA het geen moeite gespaar om die omstrede onteieninswet se lof te besing nie. Die organisasie was op die oog af vasbeslote dat hulle geen vinger sou verroer om Zuma te probeer oortuig om nie die wet te onderteken nie. Hulle was tevrede dat die wet die beste belang van SA se boere dien. Die TLU, FW de Klerk- en Helen Suzman stigtings, SA Instituut vir Rasseverhoudings, Afrikanerbond en vyf-tien ander nasionale belange-organisasies, die DA en VF+, kerke en sakestrukture het in ‘n sogenaamde Ad-hoc Groep vir Eiendomsreg besluit om die wet te beveg. Hulle het as eerste stap Zuma versoek om die wet op grondwetlike, prosedurele, ekonomiese en morele gronde nie te bekragtig nie. Een van die versoeke op sy tafel wat Zuma oortuig het om vyf dae voor die munisipale verkiesing die politieke verleentheid eerder as die drakoniese wet te sluk, was dié van AgriLimpopo, ‘n filiaal van AgriSA. AgriLimpopo waarsku reeds die afgelope agtien maande dat die vaaghede in die wet grondeienaars op
risiko plaas om òf geen vergoeding te kry waneer die staat (soos met minerale regte) die grond ontneem om dit aan ‘n derde party oor te dra nie, òf dalk net die helfte van die waarde kan kry waneer die staat sy grondwetlik toegelate afslagte neem. AgriLimpopo is ook ontsteld oor die duur regsprosedure wat op die slagoffer van onteiening bedien word, as hy enige aspek van die onteiening wil bevraagteken. Die boere in Limpopo het ook ‘n morele probleem daarmee dat die slagoffer van onteiening self vir alle kostes vir die ontruiming van die eiendom, asook hervestiging verantwoordelik is. Hoe daar sulke radikale verskille in die mandate binne een organisasie kan wees, is moeilik vir enige buitestaander om te verstaan. Hoe Zuma ‘n groter probleem met die onteieningswet het as wat AgriSA daarmee het, is nog meer verwarrend. AgriLimpopo het ‘n lang geskiedenis van onafhanklike denke, en Bulletin het al dikwels in die verlede berig oor standpunte waar die Limpopo-boere in jeukstap met die res van die land is. In 2005 het mnr Philé van Zyl en De Jager ‘n nasionale struktuur buite AgriSA gestig om grondeise te hanteer, wat binne enkele maande onder AgriSA uitpresteer het. In 2011 het mnr Francois van den Berg vir AgriSA geloop oor kwetsende optrede teenoor die TLU, met wie AgriLimpopo tot vandag ‘n baie noue verhouding van samewerking hand-
haaf. AgriLimpopo se verhouding met die swart landbou-organisasie AFASA is op provinsiale- én nasionale vlak beter as enige ander struktuur in AgriSA, word gesê. AgriLimpopo het formele samewerkingsprojekte met AFASA, TLU en die mega-boeregroep Pro-Agri, onder meer met die implementering van veiligheidstelsels en die grondhervormingsmodel van die Nasionale Ontwikkelingsplan. In Januarie was AgriLimpopo die enigste affiliasie van AgriSA wat sy lede bymekaar geroep het om oor die voorgestelde handves vir swart ekonomiese bemagtiging te besin, en vanweë die kommentaar wat hulle daarop gelewer het, is die handves steeds nie gefinaliseer nie. In die aanloop tot die openbare kommentaar op die handves, waarin AgriSA geen inligting of leiding aan boere gegee het, of kommentaar van hulle gevra het nie, was dit opvallend hoe nou die samewerking tussen AgriLimpopo, Agbiz (die landboubesigheidskamer), TLU en AFASA was. Hulle het almal aktief aan die slypskool deelgeneem, en AgriLimpopo se amptelike kommentaar is met hulle uitgeklaar. Gerugte dat AgriLimpopo se aansoeke om droogtehulp, veral vir opkomende boere in die provinsie wat reeds al hulle vee verloor het, deur AgriSA afgekeur, of selfs aan voorwaardes rakende hul onafhanklike denke gekoppel is, kon teen druktyd nie bevestig word nie.
Letsitele Kaskar
7
Brug val uitmekaar
2
Local product for Italy
4
Drie na NZ vir rugby
8
Vrouedag 9 Augustus
visit www.bulletin.us.com
TROPHY TOYOTA TELEPHONE LINES ARE DOWN DUE TO CABLE THEFT please contact on the below numbers: 074 169 7776 074 138 8103 074 162 0649
Me Magriet Engelbrecht van die Laerskool Tzaneen help om ‘n aasvoël by die Moholoholo-rehabilitasiesentrum te voer, tydens ‘n besoek van 120 gr
2-leerlinge van die skool. Die Lugmagbasis (Hoedspruit), die Cheetah-projek, Moholoholo, Kinyonga Reptielpark en Swadini Forever Resort is besoek.