Bulletin_161014

Page 1

Diagnostic Radiologists R200 off all mammograms done in October —

Breast Cancer Awareness month

015 307 7248

www.bulletin.us.com

R4

Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS

Vleiland wen

Staat kom tot rivierloop se redding

Die rivierloop word met klip belyn om natuurlike watervloei te verseker.

Lees binne Read inside

SMIT ADVISEURS FSP: 44595

Shanty town in business centre Page 3

Inferno under control Page 4

Farewell matrics of 2016 Page 11

Mediclinic Tzaneen • 015 306 0098 • www.afrirad.co.za

Beduidende vordering word gemaak met die reddingspoging om Tzaneen se bekendste vleiland weer tot sy orde te bring, danksy die departement van waterwese en sanitasie se drastiese ingryping meer as ‘n jaar gelede. Die rivierloop wat parallel met die R71 aan die oostekant van die Lifestyle Centre verby vloei, was jare onder druk weens ekologies onaanvaarbare ontwikkelings, toeslikking en algemene verwaarlosing. Dit strek van Aquapark deur die hooftoegang tot die dorp tot in die Groot Letabarivier. Die spruit was sedert sy ontstaan ‘n vleiland, maar het deur ontwikkeling omsingel geraak en uitwissing was sy voorland. Die Bulletin het die afgelope drie jaar verskeie kere oor die verwoesting van die vleigebied berig, totdat regeringsamptenare ingegryp het om tot die redding te kom. ‘n Direktief is aan die aangrensende eienaars gerig om die vleiland dermate te herstel dat dit aan die toestande voldoen soos wat vir vleilande in SA neergelê is voor enige verdere ontwikkeling toegelaat sal word. Werkspanne en stootskrapers het sedertdien aan die gang gekom om die spruit te herstel. Dit word belys met draadgebinde kliplae, wat so ontwerp is dat die gang van vloedwater in die toekoms matig sal geskied en erosie voorkom. Die kontrakteur, mnr Flip van Rooyen, is gereeld op die terrein om toe te sien dat alles reg verloop. Sy seun, mnr Abri van Rooyen, is die ingenieur wat vir die ontwerp van die belyning verantwoordelik is. Mnr Frederick Pohl, ‘n regskenner en ekoloog van Modjadjiskloof, is deur Waterwese aangewys om toe te sien dat die herstel van die vleigebied reg verloop. Hy stel weekliks verslae oor die vordering op en doen maandeliks aan Waterwese verslag oor die vordering. Dit het ook aan die lig gekom dat groter sakebetrokkenheid in die gebied verwag kan word. Met die herstel van die spruit en die omgewing is daar sprake dat die motorhandel in Tzaneen in die toekoms hier kan laer trek. Sakelui beskou dit as ‘n trekpleister wat die hoofingang na Tzaneen nuwe krag kan gee. Daar is egter besorgdheid oor die verdere ontwikkeling van die Lifestyle Centre aan die oorkant van die R71. Die tweede fase van ontwikkeling is reeds drie jaar gelede beoog, maar nog niks het daarvan gekom nie. Die Bulletin het die eienaars, Resilient, hieroor genader en sal in die volgende uitgawe meer inligting oor die toekomstige ontwikkeling van die Lifestyle Centre verskaf. — Louis Roux louis@bulletin.us.com

VERSEKER JOU LEEFSTYL!

INSURE YOUR LIFESTYLE!

Mediese fondse | Korttermynversekering | Lewensversekering Aftreebeplanning | Beleggings Testamente | Boedelbeplanning Pensioen- en voorsorgfonds Dood- en ongeskiktheidsversekering Aandele

Medical aid | Short term insurance Life insurance Retirement planning investments Investments | Testaments | Estate planning | Pension funds | Disability insurance | Stocks

info@smitadvisors.co.za

10 Windsor Street, Tzaneen | Tel: 015 307 5587

bulletin©a160909tb

14 Oktober 2016

SMIT GARRUN FSP: 11184

info@smitgarrun.co.za

bulletin©10088sg150123tb

Fear lessl y the tr uth

Book your mammogram today!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.