Larrie
Leeuloop 7 November Laerskool Tzaneen Primary
Everyone Welcome!
Kom stap saam met ons om die skool om dankie te sê vir die groot jaar Meet on the B-rugbyfield at 17:45 Bring a blanket to enjoy a slideshow as we look back on 2016 Kinders kom in gewone klere. 015 307 3602
Laerskool Tzaneen Primary www.laerskooltzaneen.com
Fear lessl y the tr uth 4 November 2016
www.bulletin.us.com
015 307 7248
R4
Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS
Lees binne Read inside Of ghosts and gouls Page 4
Maake Plaza turns eight
Dean Moller (10) from Tzaneen, takes his 100cc Big Boy Zuka around the Tzaneen enduro track near Fairview Lodge. The sport has seen some renewed interest among locals lately and it is the hope of clubs in the region that this could spark the rebirth of motocross championships in the province by next year. Photo: Joe Dreyer
Page 7
Letaba rugby day Page 16
Avo-plan gaan voort Die projek om Sapekoe Landgoed se teeplantasies deur winsgewende avo-boorde te vervang, is steeds op dreef, ondanks vals gerugte dat dit in ‘n doodloopstraat beland het. Dit is ‘n stadige maar deursigtige proses wat onder die wakende oë van die Makgoba Trust, die grondeisekommissaris en die Meester van die Hooggeregshof gekoordineer word. Planne om die teelandgoed tot ‘n volhoubare ekonomiese eenheid te ontwikkel, het reeds twaalf jaar gelede ontstaan. In grondeise is die gebied aan die Makgoba-stam toegestaan, maar die verbouing van tee was weens verskeie ekonomiese redes nie lonend nie. ‘n Lys van ander moontlikhede is toe ter tafel gelê, maar deur onderlinge geskille in die Makgoba-groep gekelder. Die Makgoba Batebestuursgroep (MAM) is op die been gebring en saamgestel uit lede van die Makgoba Trust en die tamatiereus ZZ2. Dit is reeds gevestig as die anker van die onderne-
ming om die uitgebreide teeplantasies met avo’s te vervang as deel van ‘n plan om die sukkelende landgoed weer op dreef te kry. Mnr BJ van Zyl van ZZ2 en voorsitter van die MAM, het bevestig dat ontwikkeling van die projek voortgaan. Die herverkiesing van betroubare trustees in die dagbestuur van die landgoed is dié maand onderneem, nadat die vorige “steering committee” nie aan die verwagtinge voldoen het nie. Dit was deel van ‘n dispuut in Makgoba-geledere wat selfs tot gesprekke met Tzaneen se polisiehoof, genl Maggie Mathebula, gelei het, maar sonder oplossings. Die MAM gaan intussen voort met die ontbossing van teelande ter voorbereiding van beddings vir avo-boorde. Dit is deel van ‘n R500 miljoen-plan wat oor die volgende vier dekades groot buitelandse valuta vir die gebied kan verdien.
Van Zyl het bevestig dat die handelsmerk “Makgoba Afrika” reeds in Suid-Afrika en Europa geregistreer is. Die eerste avo’s van die volgende seisoen sal onder dié handelsmerk bemark en uitgevoer word. Nuus hieroor is reeds wyd onder die Makgoba-gemeenskap verwelkom. Kartonne met die handelsnaam is reeds gedruk en wag vir die uitvoermark.