1 minute read

Rooies reg vir Lim Kampioenskappe

■ Roelof de Jonge

Nie minder as 15 atlete van die Hoërskool Ben Vorster het onlangs daarin geslaag om vir die opkomende Limpopo Kampioenskappe in Polokwane te kwalifiseer.

Advertisement

Kian Lötter gaan aan die 100m en 200m naellope deelneem en Cohen van Vuuren gaan sy man in die gewigstoot-item staan. Lourens Harmse gaan die Vossies in die werpskyf-item verteenwoordig.

Ashley Chipo gaan hoop om die botoon te voer in die 110m hekkies en Tristan Buglas gaan saam met tientalle spoedvrate die 100m naellope hardloop. Theto Maake gaan ondermeer aan die 110m hekkies en 400m hekkies asook aan die driesprong-item meeding.

Peggy Phakula (90m hekkies en 300m hekkies) tesame met Nkateko Nkwinika (400m, 200m) en Muofhe Modau (100m) is ook van Ben Vorster naelloop-atlete om vir goeie vertonings dop te hou.

Die gedugte Megan-Lee Mans gaan weereens een van die gunstelinge wees om met die louere in die gewigstoot en werpskyf items weg te stap. Nog ‘n atleet wie aan die gewigstoot en werpskyf gaan deelneem is Vumu Mashele.

Chanelle de Swardt het gekwalifiseer vir deelnames aan die 400m en 800m items en Nkoka Mngoni gaan die hoogspring-item aanpak. Princess Maake (200m) en Dineo Letsoalo (100m hekkies) is nog twee naelloop atlete wie nie buite rekening gelaat kan word nie en van verwag word om onder die voorste atlete te eindig.

This article is from: