
2 minute read
ANOTHER FAIL

Personeel | Personnel
Advertisement
■ Joe Dreyer
Daar is nog geen antwoorde vanaf die Groter Tzaneense Munisipaliteit (GTM) oor die omvang van skade wat aan hul ingeneursdepartement gerig is ontvang nie. Dit na die onlangse reën die boonste vloer van hul gebou, waar die bouplanne en argiewe geberg word, in Agatha Straat beskadig het.
Bulletin het Februarie die munisipale gebou besoek na ons inligting ontvang het dat die splinternuwe dak wat steeds onder konstruksie is, onder die gewig van die reënwater ingetuimel het. Dit het grootskaalse water skade aan kantoormeubels en elektoniese toerusting meegebring en die moontlikheid bestaan dat daar belangrike dokumente in die argiewe ook beskadig is.

Volgens Vutivi Makhubele, woordvoerder van die GTM, konsolideer die munisipaliteit tans die omvang van die skade en sal sy terug rapporteer oor die finansiële verliese wat gely is as gevolg daarvan.
In reaksie op ‘n amptelike navraag deur Bulletin, het Makhubele gesê die kontrak om die nuwe dak op die munisipale geboue te installeer is aan Mbanga Trading Enterprises toegeken. Die kontrak het verstryk en die kontrakteur werk tans op ‘n verlenging.
Connect with us
Visit
GET THE BEST OF US WITH EXTRA PERKS! CLICK SUBSCRIBE ON THE BULLETIN FACEBOOK PAGE FOR EXCLUSIVE CONTENT.
Die waarde van die kontrak was R6 473 615,42. Bulletin het berigte ontvang dat die kontrakteur ‘n aantal EPWP-werkers op die perseel in diens het en volgens Makhubele was dit standaard prosedure. Die “Expanded Public Works Programme” (EPWP) is een van die regering se sleutelprogramme wat daarop gemik is om armoede en inkomsteverligting deur tydelike werk vir werkloses te verskaf. Die EPWP is ‘n landwye program wat alle sfere van regering dek (ter verduideliking is hierdie werkers gekenmerk deur die oranje oorpakke wat aan hulle gegee word om in te werk).
Die munisipale gebou val onder wyk 15 van die munisipaliteit en word deur die DA se wyksraadslid, Chrizelle Dreyer, gediens. Volgens haar het sy ook nog geen terugvoering vanaf haar werkgewers oor die dak-kwessie ontvang nie.
“Ek het tot op hede nog geen antwoorde hieroor gekry nie. Ek kon hulle nog nie sien om dit te bespreek nie, maar hoop om volgende week Maandag of Dinsdag met die betrokke direkteure te sit en antwoorde te kry. Ek het ook die vorderingsverslag in die Infrastruktuur portefeulje aangevra.”
Kriminele slaan tydens beurtkrag toe
Nie net is daar ernstige water probleme in Tzaneen nie, maar met die daaglikse beurtkrag waaronder die inwoners en sakelui gebuk gaan, word die huidige kragprobleme deur diefstal net vererger. In die nuwe industriële gebied, in Industria Straat, is daar deur die loop van die nag ‘n mini-substasie vernietig en die transformer gesteel.
Toe die werkswinkels hul masjienerie Donderdagoggend (gister, die 9de Maart) wou aansit, was daar nie krag nie. Een van die eienaars van ‘n paneelklopper in die area het toe die munisipaliteit laat weet dat daar nie krag was nie, ten spyte daarvan dat die area nie vir beurtkrag geskeduleer was nie.
“Die man in die beheerkamer was verbaas toe hy hoor dat ons nie krag het nie,” het Wynand de Jager van Motormaster aan Bulletin gesê. “Hy het toe ‘n span uitgestuur en ek is saam met hulle af na die mini-sub toe waar ons op die toneel afgekom het.”
Booswigte, heel moontlik agter die koper binne in die transformator aan, het vermoedelik gewag tot beurtkrag inskop en hul kans gebruik om die transformator uit die mini-substasie te sny en is vort voor die eerste daglig.
“Ons sit nou sonder krag en moet ons kragopwekkers konstant hardloop om enigsins enige werk gedoen te kry. Dit kos ons reeds in die omgewing van R40 000 ‘n maand aan brandstof en ons het geen idee hoe lank die munisipaliteit nou gaan vat om ons krag te herstel nie, so ons gaan moontlik hierdie maand dubbel ons gemiddelde brandstof verbruik.”
Teen druktyd gistermiddag kon die munisipaliteit nie vir ons ‘n tydlyn gee vir die herstelwerk nie en was die area steeds in die donker gedompel. Besighede wat deur hierdie kriminele negatief geraak word sluit ongeveer helfte van die nuwe industriële gebied in.