AgriBulletin_150129

Page 1

Januarie 2015


2

Januarie 2015

Panama-plaag kry wêreldhulp ‘n Inspuiting van minstens R500 miljoen is deur die VN se organisasie vir voedsel en landbou (FAO) beskikbaar gestel om die wêreld se piesangbedryf van uitwissing te red. Rooi ligte het reeds ‘n dekade gelede begin flikker, toe duisende hektaar piesangs in die Ooste deur die Fusarium-swam Tropical Race 4 (TR4) vernietig is. Dit is ook bekend as Panama-siekte. Die onlangse verspreiding van die siekte na Mosambiek en die Midde-Ooste het landbouleiers laat regop sit, want sonder ingryping kan dit in ‘n internasionale ramp ontaard., soos minder as honderd jaar gelede, toe die piesangmark weens ‘n soortgelyke swam heeltemal in duie gestort het. Nagenoeg 400 miljoen mense is regstreeks afhanklik van piesangs as stapelvoedsel en inkomste, wat jaarliks ‘n omset van R400 miljard voortbring. ‘n Deskundige op die gebied wat deel is van die globale poging om die siekte in te perk, is prof Altus Viljoen van die

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: David Morrison david@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Your agriadvertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543

jacques@bulletin.us.com

Universiteit van Stellenbosch. Hy sê op die oomblik is daar geen regulasies of algemene fitosanitêre gebruike wat die verspreiding van die virus op ‘n geordende wyse kan keer nie. Dit moet opnuut deur die wêreldkenners saamgestel word, om ‘n beheerstelsel op die been te bring. Viljoen is intensief betrokke by die uitbreek van die siekte in Mosambiek en in gesprek met die minstens dertig organisasies wat by die ingryping betrokke is. In die vroeë jare van die twintigste eeu was die variëteit Gros Michel oorheersend by piesangboere regoor die wêreld, hoewel ander variëteite ook op kleiner skaal bestaan het. Toe kom die swam Fusarium TR1 en versprei soos ‘n veldbrand in Suid-Amerika se piesangproduserende lande. Verliese van meer as R20 miljard is gely en het die wêreld se uitvoermark tot op die rand van uitwissing gedryf. ‘n Nuwe variëteit, Cavendish, het weerstand teen TR1 gebied en het Gros Michel vervang. Nou het Cavendish TR4 ten prooi geval en versprei vinnig deur middel van

plantmateriaal, toerusting en voertuie wat deur ‘n besmette gebied beweeg. Die grond waar die besmetting voorkom, is vir minstens dertig jaar vir die piesangprodusent verlore. Van die eerste uitbrake van die nuwe pes was in Indonesië, waar die uitvoer van 100 000 ton net in Sumatra tot ‘n verlies van 134 miljoen Amerikaanse dollar gelei het. Hierna is 6 000 ha in die Fillippyne besmet, gevolg deur China, waar 40 000 ha in die slag gebly het. Plantkenners het reeds jare gelede gewaarsku teen die ontwikkeling van die nuwe swam, maar die FAO het nou eers besluit om in te gryp. Die grootste kommer is dat dit in Afrika vinnig kan versprei. Taiwan se navorsingsinstituut vir piesangs doen nou toetse op ‘n nuwe variëteit wat weerstand bied. Dit is bekend as GCTCV–219. Kenners sê daar moet ook gekyk word na nie-eetbare piesangsoorte, waarvan genetiese materiaal verkry kan word, om weerstand teen die verwelksiekte te kweek.

Doen die bestuiwing self Tzaneen en die omgewing is ryklik bedeeld met die broodboomspesies Cycas Revoluta en Cycas Thorsii, wat suksesvol deur kwekers gekweek word. Dié tyd van die jaar staan baie van hulle in blom, maar is hoofsaaklik afhanklik van windbestuiwing wat nie baie doeltreffend is nie. Dis veral in dorpstuine waar bestuiwing nie behoorlik geskied nie. ‘n Jarelange kweker, mnr Uwe Kroh, sê die beste manier om die vroulike blomme bevrug te kry, is om die stuifmeel uit die keël van die manlike plant te oes en dit in ‘n houer in die yskas te bêre, anders dra die bye alles weg om heuning te maak. Sodra die vroulike plant se blom begin oopgaan, kan die stuifmeel in water gemeng minstens een keer per week daarin gespuit word. Sodoende kan tot 90% bevrugting behaal word. Kroh sê die manlike keëls is gewoonlik vroeër ryp as die vroulike blom. Dis hoekom dit raadsaam is om die stuifmeel betyds op te Die Cycas Thorsii se keel vol stuifmeel is gereed om geoes vang voordat die bye alles Die vroulike blom van die Cycas Thorsii gaan oop en is reg te word. om bestuif te word. wegdra.


3

Januarie 2015

Avo-kansvatters word vasgevat Daar is steeds avo-produsente in Limpopo wat te vroeg begin oes met die hoop om beter pryse vir hul produkte te kry, sê Subtrop se hoof- uitvoerende beampte, mnr Derek Donkin. Die verkoop van onvolwasse avokado’s (wat nie ryp is nie) is verbode kragtens die Wet op Landbouprodukstandaarde. Inspekteurs van die departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF) sal avokado-volwassenheid van vroeg in die seisoen op die markte begin toets. As onvolwasse avokado’s gevind word, sal die verkoop

van dié vrugte verbied word. In die verlede is onvolwasse avokado’s wat deur die inspekteurs gevind is, afgegradeer na “laagste graad”, maar dit kon nog steeds verkoop word. Sedert 2014 is die verkoop van onvolwasse vrugte egter verbied. Avokadoprodusente word aangeraai om seker te maak dat hul vrugte voldoen aan die vereiste volwassenheidstandaard, voor dit gepluk word. Vir die kultivar Fuerte moet die vrugte se voginhoud 80% of minder wees. Betroubare avokado-pakhuise is

almal in staat om die vereiste volwassenheidstoetse uit te voer. Inspekteurs sal avokado-volwassenheid op die Nasionale Varsproduktemarkte kontroleer. Daarom moet produsente seker maak dat hul vrugte aan die nodige vereistes voldoen voordat hulle oes, en sodoende nie die risiko loop dat die verkoop van hul vrugte verbied word nie. Vir verdere inligting oor die volwassenheidsbepalings kontak die Subtropiese Kwekersvereniging (Subtrop) by 015 307 3676/7.

Halls-pakhuis toets gereeld avo’s Die meeste pakhuise in Limpopo word vooraf deur avoprodusente genader om toetse vir volwassenheid van avo’s te doen. Een van die pakhuise is Halls Limpopo Packers in Tzaneen. Die bestuurder, me Annetjie Kruger, sê toetse word per blok per week op die avo’s van leweraars aan die pakhuis gedoen. Hulle hanteer hoofsaaklik avo’s uit die onmiddellike omgewing, maar ontvang ook besendings van Levubu, Louis Trichardt en ‘n paar ander streke. Sy sê dis veral produsente wat nie noodwendig pakhuise benut nie wat die onryp vrugte vroeg lewer, om beter pryse te probeer kry.

1 3

2

4

Avo-kwekers word versoek om vooraf hul vrugte vir volwassenheid te laat toets. Dit word deur meeste betroubare pakhuise gedoen. Die reeks foto’s toon hoe dit by Halls Limpopo Packers se pakhuis in Tzaneen deur die toetsbeampte, mnr Peter Modiela, gedoen word. (1)Die avo word in twee gesny, (2) die pit en skil word verwyder en (3) ‘n hoeveelheid word gerasper en geweeg. (4) Dit word vir ‘n kort ruk in ‘n mikrogolfoond verhit en (5) dan weer geweeg om die vrug se voggehalte te bepaal. Avo’s wat nie die toets slaag nie, sal as vragte in geheel afgekeur word en mag nie verkoop word nie.

5


4

Januarie 2015

Sitrusboere hou spitsberaad Die Sitruskwekersvereniging van SA (CGA) saal vanjaar ‘n nuwe perd op om sitrusprodusente se belange bloots te ry. Pleks van ‘n reeks streekvergaderings word ‘n spitsberaad vir 11 en 12 Maart in die noorde beplan. Dit is uitsluitlik vir sitrusboere, wat tydens registrasie hul produksie-eenheidskode (PUK) sal moet verskaf om aan die beraad deel te neem. In die verlede het die CGA streekvergaderings aan die begin van elke jaar gehou om produsente in te lig oor

nuus van die vorige seisoen en planne vir die komende seisoen, asook oor die groep se strategieë, strukture en bedrywighede. Die spitsberaad sal elke tweede jaar gehou word en in die jaar tussenin met streekbyeenkomste afgewissel word. Vanjaar se beraad word in die Hans Merensky Hotel in Phalaborwa gehou en oor twee jaar kom die suide aan die beurt. Produsente word aangespoor om voor of op 1 Februarie te registreer teen R1 000 per lid. Laat inskrywings kos R1

500. Dit sluit die verwelkomingsgeleentheid, middagete en gala-aandete in. Volgens die organiseerders is beperkte verblyf teen spesiale afslag in die hotel beskikbaar, maar alternatiewe verblyf kan ook gereël word. Aanbiedings by die spitsberaad dek alle aktiwiteite van die CGA en groepsmaatskappye soos die CRI, River Bioscience, Citrus Academy, CGA Cultivar Company en Xsit. CGA-verteenwoordigers uit Moskou, Brussel en Washington sal ook die beraad bywoon.

SACAU urges UN on climate change The important role of the farming community in climate change was brought to the urgent attention of the United Nations at their climate change conference held in Lima, Peru, by the president of SACAU, Dr Theo de Jager, recently. He said no constituency is more vulnerable to climate change

than the world’s farmers, but agriculture is still not part of a legally binding agreement. “We are the custodians of the lands, forests and rivers that give life to this planet. Our determination to protect this sacred heritage is unwavering. Despite our diversity we have all committed to play our part

in climate change. But without international support, farmers cannot do it.” He urged the conference delegates to agree on a framework for far-reaching actions to support adaption and mitigation in agriculture when a new climate agreement will be reached in Paris, France, later this year. “Despite the many years of waiting, we continue to be clear in our wishes: we are all for parties to agree on a new climate deal that outlines concrete actions for supporting farmers who otherwise face a bleak future.”

Swakker trekkermark lê voor Trekkerverkope kan vanjaar tot tien persent swakker wees as in 2014, voorspel die SA Landboumasjinerie Assosiasie (Salma). In Desember verlede jaar was daar ‘n styging van 5,5% teenoor dieselfde tyd in 2013, toe 344 nuwe trekkers landwyd verkoop is. Die totale syfer vir die jaar was egter 2,5% laer as die vorige jaar, toe verkope van 6 464 (6 630) aangeteken is. Salma sê dringende opvolgreën is tot einde Februarie nodig om somergewasse tot volwassenheid te bring, maar die verwagting is dat aanplantings in die res van die jaar sal afplat. Desondanks is die landbousakegroep NTK en sy vennoot VKB vol vertroue dat die landboubedryf beter sal vaar as wat verwag word. NTK is besig om

by al sy takke groter ruimte te skep, vir veral trekkers en plaasimplemente. Mnr Frikkie van Vuuren, die bestuurder van NTK in Tzaneen, sê die takke kry ook nuwe naamborde en ‘n vars laag verf, as deel van ‘n nuwe strategie om meer sigbaar te wees. Die groter ruimte sal ook beter dienslewering in die hand werk. Die departement van handel en nywerheid (Dti) open tenders in April vir die verskaffing van trekkers en implemente wat vir opkomende boere bestem is. Volgens Van Vuuren bly die New Holland-reeks steeds gewild en landwyd in aanvraag. Die Tzaneen-tak vaar steeds puik met die verkoop van implemente en ander plaastoerusting, sê hy.

REDISA glaringly absent in Limpopo

Superheroes go nuts about nuts Nuts and dried fruits consumption has been associated with a reduced risk of major chronic diseases, including cardiovascular disease, and the International Nut & Dried Fruit Council aims to make such benefits known through its new application INC Cartoons, reports Subtrop’s marketing and liaison agent in Tzaneen, Ms Bonnie Buthelezi. In just one minute, the superheroes from INC Cartoons will fight the enemies to win the battle over the baddies. Nuts and dried fruits have the nutrients and essential properties to fight cardiac illnesses, bone fragility or slow intestinal transit. This makes them a vital daily food both for adults and children. Through the instructive video, children can learn the main benefits of nuts and dried

fruits and also compete to win a year’s worth of products. With this initiative, the International Nut and Dried Fruit Council has two goals; the first is to raise awareness about the importance of including nuts and dried fruits for a healthy and balanced diet. The second is to amuse children with a fun quiz that they’ll be able to access through the INC Facebook page. The video can be watched on Youtube (https://www.youtube.com/ watch?v=mW6Fgt_E_8o).

About the INC: The International Nut & Dried Fruit Council (INC) groups nearly 700 companies of the nut and dried fruit sector from over 70 countries. The INC is the international organisation of reference as regards nuts and dried fruits, health, nutrition, food safety, statistics, international standards and regulations.

A total of 45 690 tonnes of waste tyres have been collected by the Recycling and Economic Development Initiative of SA (REDISA) since December 2013 to October last year — but not a single used tyre in Limpopo. According to REDISA 26 depots are operational nationally and 1 532 new jobs have been created, but Limpopo is nowhere to be seen in their report. REDISA is currently collecting from 1 453 dealers, and as the plan continues in its five year rollout, more dealers and collection points will be collected from nationwide, except in Limpopo. Last year REDISA initiated an independently run industry survey aimed at measuring the current sentiments of the organization among key industry players, as well as identifying issues or concerns that need to be addressed by REDISA, but tyre dealers in Tzaneen have not heard from them yet.


Januarie 2015

5


6

Januarie 2015

Skadunette vir avo’s vorder

Tzaneen spog met die vooruitsig van die eerste tien hektaar Hass-avokado’s onder skadunet, links van die hoofroete na Modjadjiskloof. Dit is ‘n duur projek en in dié stadium eksperimenteel, maar die skadunet kan ‘n oplossing wees teen verskeie probleme waarmee avoprodusente al jare lank in ooplandboorde sukkel. Die projek sou maande gelede reeds voltooi gewees het, maar probleme is met die lewering van material ondervind. Die net word 7,5 meter hoog gespan en spesiale masjinerie word in die proses gebruik. Die eienaar, mnr Niek Human van Tzaneen, sê die projek word in samewerking met Westfalia aangepak, wat twee M-graadstudente beskikbaar stel om die projek te monitor. Twee soorte skadunet word gespan, as deel van die proefneming. Die een is ‘n digte 40% skadunet en die ander het ‘n 20% digtheid. Die koste beloop tussen R160 000 en R175 000 per hektaar en die oprigters kan een baan per dag span. Human sê vier Hass-variëteite sal vir die eerste keer in SA onder die skadunet geplant word. Dit sal bestaan uit Maluma, Carmen, en nog twee variëteite waarvan die name weerhou word. Volgens Human is die variëteit Tinkerton die enigste avo’s wat tot dusver elders in die land onder skadunet geplant is.

Nuwe uiereeks betree die mark Sakata Saad het onlangs ‘n nuwe reeks uie variëteite van Seminis bekend gestel. Hierdie variëteite beskik oor al die eienskappe wat die produsent se bemarkingsopsies kan verbeter: beter opbrengs en gehalte, uitstekende opbergvermoë en verlengde bemarkingstyd weens die vroeë aanplantings en siekteweerstand. Hierdie variëteite is: AKAMARU* • Uitstekende opbrengs en gehalte • Vroeë tot medium bekwaamheid • Eenvormige goudbruin kleur • Baie goeie opbergvermoë • Hoë siekteweerstand

Akamaru is ‘n vroeg tot medium bekwame F1 baster kortdag bruin ui. Die goudbruin bolle is afgeplat koepelvormig, baie eenvormig en medium tot groot in grootte. Akamaru skiet nie maklik saad nie en kan in die meeste grondtipes geproduseer word. Die bolle het ‘n dun nek en klein wortelplaat. Akamaru is ferm met baie goeie skutblaarretensie wat ‘n kenmerk is van goeie opbergvermoë. Die ui het ook ‘n sterk wortelstelsel wat ‘n bydrae lewer in die hoë weerstand teen Pienkwortel (Pt) en Plaatvrot (Foc). Akamaru is geskik vir direk saai, uitplant en produksie. SHINJU* • Hoë pienkwortelweerstand • Baie vroeë tot vroeë bekwaamheid • Uitstekende opbrengs en gehalte • Eenvormige goudbruin kleur • Baie goeie opbergvermoë Shinju is ‘n baie vroeë tot vroeg bekwame F1 baster kortdag bruin ui. Die koepelvormige, goudbruin bolle is eenvormig en medium tot klein in grootte. Shinju skiet nie maklik saad nie en is geskik vir produksie in die meeste grondtipes. Die bolle het ‘n dun nek en klein wortelplaat. Shinju is ferm met baie goeie skutblaarretensie en dus ook goeie stoorvermoë. Shinju raak vroeër bekwaam as Mikado. Dit het ‘n hoë weerstand teen Pienkwortel (Pt) en Plaat-

vrot (Foc) en is geskik vir direk saai, uitplant en produksie.

Skakel gerus Sakata se verskoopsverteenwoordiger, Leon Labuschagne, by 083 585 1181 vir meer tegniese inligting oor saaitye van die uie. *Verkoop onder die Seminis Handelsnaam, ‘n geregistreerde handelsmerk van Seminis Vegetable Seeds AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.


Januarie 2015

7


8

Januarie 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.