9 minute read

KAAPJAG PRESIDENT

KAAPJAG VOORSITTER

FRANCOIS ROSSOUW

Advertisement

Op 23 April 2022 is die nuwe bestuur van Kaapjag verkies. Die dagbestuur soos dit bekend staan, is verantwoordelik vir die daaglikse bestuur van die vereniging en is dan ook verantwoordelik vir die bestuur van die kantoor te Graanendal. Kaapjag se Uitvoerende beampte, Matt Relihan, en die kantoor se administratiewe assistent, Mimi Reyneke, val ook onder die verantwoordelikheid van die dagbestuur. Die dagbestuur verskaf leiding aan die nege Kaapjagtakke en werk nou saam met die uitgebreide bestuur wat deur die takke se voorsitters en belangegroepe verteenwoordig word. Kaapjag se bestuur word deur sy lede genomineer en verkies. Elke lid van Kaapjag het dus ‘n stem en insae in die werking van die vereniging. Dit maak die vereinging baie deursigtig en help om die fokus op ledebelang te hou. Dit is egter so dat die bestuurslede nie altyd erkenning kry vir hul onbaatsugte diens en hul tyd wat hulle gratis opoffer nie. Ek het dit goed gedink om iets oor elkeen te skryf sodat die lede hulle beter kan leer ken. Alhoewel die bestuur uit verskillende oorde kom met verskillende vaardighede, is dit mos hoe ‘n goeie span saamgestel word. Almal kan tog nie skrumskakels in die rugbyspan wees nie. Ek glo dat ons bestuurspan met hul verskeidenheid van vaardighede Kaapjag van krag tot krag sal neem. Ek werk al reeds ‘n paar jaar saam met die span en kan getuig van hul ywer en toegewydheid jeens Kaapjag se visie om jag, sportskiet en wapeneienaarskap te bevorder.

MATT REILHAN - UITVOERENDE BEAMPTE VAN KAAPJAG VANAF 2011 Gebore in 1960. Groot geword op Cavalla plaas, Inyazura, Rhodesië. Daarna op Spes Bona Plaas in Malmesbury distrik. Matriek (1978) Hoërskool Swartland, Malmesbury. Diensplig: 1979 tot 1980 – 1 SA Infanterie Battaljon Bloemfontein en Infanterieskool Oudtshoorn. Universiteit Stellenbosch 1981 – 1983 B.Econ Groothandelsaak (Raimondi’s Malmesbury) 1994 – 2005 (eienaar). Wapenwinkel op Malmesbury en Beroepsjagter 2005 – 2011 (eienaar). Raak Kaapjag CEO. Stokperdjies: Jag soveel as wat hy kan. Gunsteling gewere: 8 X 60S en 9.3 x 62 Hou baie van swartkruitgewere, -haelgewere. Lief vir kleiduifskiet en voëls jag. Maak tabak pype in sy klein bietjie vrye tyd wat oorbly. Op CHASA dagbestuur 2012 tot 2018.

JOHAN STRAUSS - PRESIDENT KAAPJAG VANAF 2020 Gebore in 1952 op Calvinia. Matriek (1971) Hoërskool Calvinia. Diensplig: 1972 Kimberley Danie Theron Weermag Krygskool. 1973 Universiteit Stellenbosch ,Elsenburg en studeer landbou. Gaan boer op pa se plaas te Calvinia met skape vanaf 1975 tot 2022. Hou van Baan en vlakteskiet kompetisies met .260 Savage en .243 Savage gewere. Vir Jag verkies hy sy .243 Savage en 7 X 57 Brno gewere. Hou baie van reis en wêreld te gaan sien en natuurlik jag ook. Het in 2022 verhuis na Malmesbury. Lank betrokke by die Kommando in Boesmanland. Op Kaapjag bestuur sedert 2016. Kaapjag-tak Boesmanland voorsitter vanaf 2008 tot 2019. Lid van Kaapjag sedert 2008.

FRANCOIS ROSSOUW - VOORSITTER KAAPJAG VANAF 2022

Gebore in 1967 in Vishoek. Matriek (1984) Hoërskool De Kuilen, Kuilsrivier. Sluit aan by Suid Afrikaanse Polisie, 1985 tot 2000. Voltooi Nasionale Polisie eksamens en word bevorder tot Kaptein 1995. Word Polisie media skakel-offisier in 1998. Studeer verder bemarking met kommunikasie as hoofvak en verlaat polisie in 2000. Word aangestel as Korpratiewe en besigheidsbestuurder vir Dunrose Investments. Begin Pharmacor SA in 2005. Later ook redakteur van Gun Africa tydskrif van 2011 tot 2015. 2016 tot tans die Nasionale Operasionele Bestuurder van SA Locums. Belangstellings is vuurwapens, jag, kamp, bote en motorfietse. Gunsteling geweer Musgrave RSA .308Win. Gevordere taktiese vuurwapen instrukteur. Toegewyde sport- en jagterstatus sedert 2010. Kaapjag bestuur sedert 2018. Lid van Kaapjag sedert 2009. YASEEN HANWARE - ONDER-VOORSITTER KAAPJAG VANAF 2022 Gebore in 1974. Groot geword in Rylands, Gatesville. (1992) Hoërskool Islamia, Athlone. Begin werk by sy familie-besigheid in die motorhandel en neem die besigheid oor in 2002. Stokperdjies: Versamel grensoorlog memoribilia. Hy is ‘n toegewiede sportskut en jagter. asook ‘n IKAPA vuurwapen versamelaar. Gunsteling gewere: .375 H&H Winchester en .22 250 Tika. Versamelaar van Colt pistole en rewolwers. Jag gewoonlik in die Oos Kaap, Jansenville distrik, buffel jag en swart witpens. Neem deel aan Kaapjag se veld en baanskiet kompetisies asook die “Big Bore” kompetisies Op Kaapjagbestuur 2022. Kaapjag Sentraal-tak voorsitter vanaf 2018 tot tans. Lid van Kaapjag sedert 2016.

NELIUS OOSTHUIZEN - SEKRETARIS KAAPJAG VANAF 2019 Gebore in 1980. Groot geword op Reitz in die Vrystaat. Matriek (1998) Hoërskool Reitz. 1999 doen ambag as Trekker en Grondverskuiwings tegnikus asook Meganies. Verhuis na Stellenbosch in 2008 en werk by John Deer se korporatiewe afdeling as area-bestuurder. Verwerf MBA essential diploma aan Universiteit Stellenbosch en is tans die Oplossing spesialis vir John Deer se Afrika en Midde Ooste se strategiese rekeninge. Stokperdjies: Jag soveel as wat hy kan, maar skiet ook gereeld Kaapjag baan- en veldskiet kompetisies. Gunsteling geweer: .308Win Musgrave RSA aksie. Koedoes is sy gusteling bokke om te jag. Hy het ook betrokke geraak by PCP gewere en gebruik die gewere om sy 2 dogters skietvaardig te maak. Op Kaapjagbestuur sedert 2019

JOHANNES SAAIMAN - TESOURIER KAAPJAG VANAF 2017 Gebore in 1983. Groot geword op Riebeeck Wes. Op Hoërskool Swartland, Malmesbury. Matriek (2001). Begin by Price Waterhouse Coopers (2002 tot 2008) en studeer te Universiteit Suid Afrika vir geoktroeerde rekenmeester CA(SA) Verlaat PWC in 2008 en word Audit betuurder. (2016 tot tans) Vernoot by Bester Groenewald en Vennote (Geoktroeerde Rekenmeesters) op Moorreesburg. Stokperdjies: Visvang, jag en kamp. Gunsteling gewere: .308Win Tika Koski asook .22 250 Savage. Hou van baan- en vlakteskiet kompetisies. Jag in Namibia by Aroub en Koës. Gemsbok en koedoe is sy gunsteling bokke om te jag. Kamp gereeld by Tietiesbaai en verkies kushengel. Op Kaapjag dagbestuur sedert 2017

HORST KETNER - DAGBESTUUR KAAPJAG VANAF 1986 Gebore in 1942 op Keetmanshoop, Suid-Wes. Groot geword op Styria plaas naby Gobabis. Matriek (1961) Hoërskool Swakopmund. (1962) Na Iscor, Suid Afrika te Vanderbijlpark om vakleerlingskap te begin. Daarna na UCT, Kaapstad om ingenieurswese te studeer. By Ferris Instrumentation gewerk (1973) en daarna by die Nasionale versnellerssentrum tot met sy aftrede in 2003. Jag reeds van baie jong ouderdom en is een van slegs twee Kaapjag-lede wat die gevorderde jagterstoekenning van CHASA ontvang het. Gunsteling gewere: 30-06 Sauer 25-06 Sauer. Jag laaste 3 jaar meestal met sy .375 Sauer. Sluit aan by Kaapjag in 1984 en was die 86ste lid van die vereniging. Op CHASA uitgebreide bestuur sedert 1995 en op Kaapjag bestuur vanaf 1986 (36jaar).

LUDY STARKE - DAGBESTUUR VAN KAAPJAG VANAF 2020 Gebore in 1953. Groot geword op Contermanskloof plaas Durbanville area. Matriek (1972) Rondebosch Boys High. Diensplig in die lugmag as vliegtuig monteerder. (1974) Werk saam met sy pa in die konstuksie van geboue. (1992) Kwalifiseer as vuurwapen smid, ‘n beroep wat hy tot vandag beoefen. Hy is een van die bekendste wapensmede in Westelike Provinsie. Betrokke by verskeie sportskiet verenigings. Voorsitter van MSA vir 20 jaar, voorsitter van WCSU, en ook Kaapjag se sportskiet kommitee voorsitter. Provinsiale en nasionale kleure in praktiese en silhoeëtskiet. Stokperdjies: Jag en herlaai. Gunsteling jaggeweer: .280 RSA en kompetisie geweer 6mmSLR met Defiance aksie. Vir praktiese pistoolskiet - 1911 Colt .45ACP en skyfskiet .22 Hammerli. Lid van Kaapjag sedert 2003.

PATRIOT OUTDOORS THE NEW BOYS ON THE BLOCK

Patriot Outdoors: the official local distributor for FX Airguns and new Element Optics scope range

Patriot is located in Baruch Business Park in Cape Town Stikland, next to the R300 and runs under the helm of General Manager, Johan Kemp. Their newly built state-of-the-art indoor shooting range is a beauty to behold. Definitely, a one of a kind in South Africa and a must to visit for all airgun enthusiasts. Airguns have entered a new dimension over the past few years. The days of shooting at tin cans over 25 meters and barely denting the can are long gone. The new airguns have become a very competitive business. That is to say, the Pre-Charged Pneumatic type of airguns. How it works is by contained air in an air cylinder or air tube, which is released when the trigger is pulled. The air then rushes through the valve opening behind the projectile and propels it down the barrel. When you speak of PCP airguns and accuracy, one name that always rises to the top is FX Airguns.

General Manager, Johan Kemp, on the shooting range with the staff / range officers. From left to right: Dehan Lotz, De Wett

Visser, Johan Kemp and Range Manager, Jordan Rose-Forbes

Patriot is the official importer and distributor for FX Airguns and a new scope range called Element Optics in South Africa. Various models of airguns that FX has to offer are supplied by Patriot and they have a dedicated service and airgun-tuning centre as well. FX Airguns has a big selection of guns to choose from, catering for standard airguns that shoot pellets, or for those who want to shoot airgun slugs that deliver superior knockdown power and long-range shooting abilities.

At the Patriot gunshop you will find the Indoor Airgun Shooting Range.

The range is equipped with a wide variety of reactive steel targets that really can test your shooting skills, or be used for dialling in your airgun. Inside are ten fullyadjustable shooting benches that provide comfortable seating for right- and left-handed shooters. Down-range at 40 m is a bullet trap with an easy clip-on paper target system together with reactive targets. Patriot offers an ‘easy air’ top-up system for your gun to keep you going if you do run out of air.

At the shooting range there is a mezzanine level overlooking the range with a coffee lounge situated on top of the pavilion for hot or cold beverages. The lounge is also open to the public if you want to just spectate from the top and enjoy the atmosphere. Free Wi-Fi is also available for shooters to enjoy and keep them connected. This modern and up-to-date indoor shooting facility strives to show you the latest and greatest of what the airgun world can offer. Patriot also offers a free custom power tuning with any new FX Airgun purchased directly from

Johan Kemp outside the Patriot office and shooting range with the airgun smiths

them, ensuring that your airgun can be tuned for your shooting needs before it leaves their retail store. Other services on offer are airgun tuning, accessories, and repairs. Shop the latest in airguns, optics, accessories, airgun ammunition, and more.

Contact information: www.patriot-outdoors.com Tell: +27 (0)21 001 8301 Email: info@patriot-outdoors.com Website: www.patriot-outdoors. com General Manager: Johan Kemp PATRIOT OUTDOORS (PTY) LTD BARUCH PARK #6, SOUTH CORNER OF VIRO CRESCENT AND BUCHAN STREET STIKLAND, CAPE TOWN 021 0018301

The upstairs coffee lounge where you can relax and enjoy some snacks and refreshments The perfect place for a kids’ birthday party. We host parties for kids from 6 years and older

This article is from: