
11 minute read
DR KAS HAMMAN - KLEIN KARNIVORE
Boesmanland-tak

Advertisement

Anthony Swift - Voorsitter
Boesmanland Jagklub het op Saterdag 25 Junie 2022 vir belangstellendes ‘n inligtingsessie aangebied oor ‘n aktuele en kontroversiële onderwerp – Selfverdediging, oftewel Noodweer. Een-en-twintig mense het die praatjie bygewoon, wat gelei is deur Boesmanland- tak se voorsitter, Anthony Swift. Tydens die sessie is die wetgewing rondom Artikel 49 van die Strafreg uiteengesit, asook wat landsburgers daarvolgens mag, en nie mag doen nie. Kaapjag President, Johann Strauss, het die gehoor toegespreek en meegedeel oor die funksies van Kaapjag as ‘n instansie, asook die voordele van lidmaatskap. Daar is uitgebrei oor die nuwe webtuiste “Hunters’ Portal” en verduidelik tot watter mate die webtuiste tot voordeel van Kaapjag-lede kan wees. Daarna het ons spesiale gasspreker, Prokureur Santie Human (Human Van Der Merwe Prokureurs, Vredendal), ‘n insiggewende praatjie gelewer oor die onderwerp van Noodweer. ‘n Paar interessante punte is gelug, en scenarios bespreek…wat stof tot nadenke was vir ‘n paar manne rakende vooraf beplande en bespreekte idees! Gedurende die praatjie het die manne en vrouens vrymoedig saam gesels en vrae gevra, wat gemaak het vir ‘n gemaklike en gesellige kuier. Na afloop van die aand was daar lekker gebraai, gekuier en gesels oor wat almal geleer het uit hierdie praatjie. Boesmanland-lede met gasspreker Santie Human 2de van regs


Skuts gesellig saam na afloop van Vlakteskiet. Van hulle was moeg, want dit was ‘n lang week
Ghong-uitdaging
Saterdag, 4 Junie, het Boesmanland Jag ‘n ghong-uitdaging aangebied en twintig skuts het saam met ‘n effense wind by Ramskop Skietbaan opgedaag. Skuts moes die ghonge uit ‘n sit-, lê- en staanposisie raakskiet. By die knielposisie oor ‘n stomp kon die skuts dobbel: 5 ghonge vanuit hierdie posisie of 1 skoot op ‘n skottel wat iewers tussen 500 en 600 meter tussen die bosse uitgeloer het. Heelwat skuts het groot sukses behaal. Ander weer het opgemerk: “Ek weet nou hoe my leerlinge voel wat opdaag vir ‘n toets waarvoor hulle nie geleer het nie.” Baie geluk aan Andries Thiart wat die wenner was. Maar die groot wenner was Ramskop Skietbaan: nog steeds die beste plek om ‘n Saterdag deur te bring en ‘n warm brakkie op die stoep te eet met die beste uitsig op Rebunieberg.
Boesmanland-tak


Andries Thiart wys hoe staan ‘n man met ‘n drievoet Kaapjag President Johann Strauss altyd beskikbaar om hand by te sit en baanoffisier te wees
Chasa Vlakteskiet
Op Saterdag 07 Mei 2022 het Boesmanland ‘n chasa vlakteskiet aangebied teen die hange van Rebunieberg agter Ramskop skietbaan. Hierdie kompetisie het ook gesorg vir een van die mooiste uitsigte oor ons skietbaan en veld, voorwaar ‘n voorreg. Ongeveer 20 skuts het deelgeneem in hierdie dissipline wat altyd vir pret en baie stories sorg. Twintig skote in verskillende posisies van oor melkkrat skiet laat ‘n paar manne altyd kop krap oor wat die beste manier is om hierdie krat te gebruik. Steeds het die skuts hul vernuf gewys en die telkaarte het die die storie van sukses en hartseer vertel. Na afloop van die kompetisie is daar soos ouder gewoonte die dag bespreek. Op so ‘n skiet dag word die woordjie “AS” baie rond gegooi deur die skuts. As ek maar net so gesit het en daar gemik het…… die woordjie AS hou ons almal nederig in ‘n sport wat ons baie geniet.


Sentraal-tak


Yaseen Hanware - Chairman
Activities and Events Since the last edition of Bontebok the following activities and events have been held by Central Branch.
1. The Safari Outdoor .22 Range Shoot was held on 2nd of April at Durbanville Shooting Range. 2. A reloading Course was held on 21st of May. This was presented by Mr Jack Nel at the Cape Hunt Head Office. 3. Our Member’s Evening on 21 st April had guest speakers Simone De Biase and Pamela Fibbian from Verona, Italy. They are the owners of Dell’Amore which specialises in homemade Italian goods. They demonstrated their famous recipes and an enjoyable evening tasting with their delicacies was had by all. 4. Captain Kevin Williams, Head of Corporate Communications, Colonel Jacobs, Station Commander and their DFO were the guest speakers at the Member’s Evening on 26th May. The evening was very informative and provided our members with information on their rights, procedures and protocols in various police related situations. For more information regarding our upcoming activities and events please visit our website – www.kaapjag.co.za. Skietgroete Yaseen Hanware Yaseen Hanware, Matt Relihan, Kaptein Kevin Williams en Francois tydens die fondsoorhandiging aan die polisie vir die Nasionale Vrouedag Konferensie.


Ludy Stark with the ladies winners of the day

Sentraal-tak

Die manne lê aan, of altans, sit aan om te skiet

Daar is altyd groot besprekings onder die skietbaan afdak Anton deel wyshede met ‘n gemaskerde Yaseen


Junior wenner kry haar prys by Safari & Outdoor
Spring into Action ! this Hunting Season with…..CELEBRATING SERVING CAPE HUNT FOR 23 YEARS Buck ‘n Bass Taxidermy
Mariandahl Farm, Adderley Road, Durbanville, Cape Town Tel: 021 972-1441 Mobile: 060 560-0681 Email: bucknbass@mweb.co.za 33° 43´55.02”S 18° 38´18.06”E Follow us on Instagram buck_n_bass_taxidermy
46 DIE BONTEBOK
HANDGUN & MULTIDISCIPLINE SHOOTING



Ludy Starke CHASA SPORTSKIETVERSLAG EN DIE VERANDERINGE IN DIE TOEKOMS
Die meeste van die toegewyde sportskuts sal al weet dat in die laaste paar jare was daar ‘n geweldige toename in die sportskiet-oefeninge was en ons by CHASA het bygehou met die belangstelling en het nuwe skietprogramme ingebring. Ter selfdertyd het ons baie van die reëls aangepas om beter vloei te skep en ook om ʼn paar potensiële veiligheidsrisiko’s aan te spreek. Die eerste verandering by die vlakteskiet is dat die ou melkkrat weggeneem en verplaas is met ʼn driepoot stut. Ek dink baie van die skuts sal hierdie besluit verwelkom. Die driepoot moet of ʼn U-vormige of ʼn V-vormige bopunt hê en ʼn maksimum lengte van 1500mm. Die geweer kan nie self staan nie. Die tweede verandering in die vlakteskiet is dat ons gesien het dat daar ‘n geweldig “home ground advantage” is met die gongbaan en die besluit is geneem om die afstande van die gongs vooraf aan te kondig. By die haelgeweer het ons besluit om al die semi-auto en pompaksie haelgewere saam te laat skiet in een klas en die standaard gewere in hul eie klas. By die pistool “action shoot” het ons ʼn sub-kaliber ingebring. Dit beteken dat net vir toegewyde punte kan ons skuts die oefening met ʼn .22 of .32 kaliber pistool skiet. Hulle sal sportskiet punte kry, maar ongelukkig gaan hulle nie op die ranglys in ag geneem word nie. So ook by die “Big bore” sub-kaliber skiet sal die punte nie vir die ranglys tel nie, maar wel vir die toegewyde punte .
Organiseerders van kompetisies moet die skuts se punte op die ranglys plaas en aangee binne 30 dae nadat die kompetisie plaasgevind het by die Kaapjag kantoor. Daar is ook ʼn spesifieke formaat wat hulle more volg. Julle kan meer inligting van die formaat by Matt by die hoofkantoor kry. As die sportskiet komitee die finale reëls uitgelê het, sal ons vir elke tak die volledige stel reëls stuur. Hierdie reëls sal vanaf die 1ste Augustus in werking tree en sal vir die hele CHASA jaar onveranderde bly. Ek wil net mooi vra dat alle takke die reëls streng toepas. Dit is onregverdig teenoor die ander lede as van die takke hulle eie reëls maak en kompeteer teen mede-lede wat die regte reëls volg. Oor die laaste jaar het ons gesien dat dit baie moeilik is om spanne te kies om Kaapjag te verteenwoordig. Redes hiervoor is dat die skuts dit moeilik vind om op hul eie koste die skiet by te woon en ook die tyd daaraan verbonde. Indien ‘n skut hom of haar verbind tot deelname, sal dit hoog op prys gestel word indien die skut nie op die laaste minuut kanselleer nie. So maak dus seker dat u wel die tyd en die fondse het om ‘n skiet by te woon.
Daar is baie spanskiete wat gedurende die volgende paar maande gaan plaasvind. Maak seker dat julle aktief bly en neem deel aan jul tak se skietrooster. Die datum vir die “Multigun” is 24 September 2022 in Rustenburg en die baanskiet is die 29ste Oktober 2022 in Bloemfontein. Ons sien uit om julle op die baan te verwelkom.
Skiet groete Ludy
Koup-tak

Jacobus Nel - Voorsitter
Op Saterdag, 7 Mei 2022 het Kouptak sy algemene jaarvergadering gehou en ‘n vlakteskiet aangebied. Saam met die skiet het die winter ook aangebreek. Dit was baie koud en daar het selfs ‘n paar druppels reën geval. Die weersomstandighede het egter veroorsaak dat daar nie so baie skuts vir die kompetisie opgedaag het nie, maar lede wat vir die eerste keer die vlakteskiet bygewoon het was baie opgewonde oor die formaat daarvan. Yaseen Hanware, Kaapjag se ondervoorsitter, het ons jaarvergadering namens Kaapjag bygewoon. Hy het ook ‘n .22-skiet vir die juniors aangebied. Die dag se verrigtinge kon ongelukkig nie soos gebruiklik onder die doringboom afgesluit word nie as gevolg van die weer, maar moes in die stoor plaasvind. Sodoende is die tradisie vir die eerste keer in jare verbreek. Die dag is met Tant Poppie se legendariese roosterkoeke en gebraaide Karoo padkos afgesluit.
Tydens die vergadering is die volgende jaarwenners met die wisseltrofees vereer:
Saterdag 7 Mei Vlakteskiet
1. J.J. Nel (junior) 2. F.H. Botes 3. C.A. Groenewald Beste sportmansgees: Liezel Marais Die dag se wenners: 1. J.J. Nel (junior) 2. A.P. Theron 3. H. Landman



Weskusjag-Tak


Adri Basson - Voorsitter
Die koue weer wat die manne begroet het op 9 Julie 2022 het nie die geesdrif gedemp vir die pretskiet van die dag nie.
Die kompetisie het bestaan uit 4 bane met 5 skote elk en die teikens was, ‘n gongbaan, ‘n springbok-kop, ‘n vlakvark en kombinasie- baan van 1xgong, 2xskote op ‘ndassie en 2xskote op ‘n tarentaal
Die springbok-kop was ‘n treffer en van die skuts was baie in hul noppies met die dag se baan. Tan spyte van die koue is daar na die tyd heerlik gekuier om die vuur.
Weskusgroete Marlene Basson

Skuts op handwapenbaan vlnr: Johan du Plessis, Marius Ungerer, Erik van Zyl en Marius Kok
Johan Ellis mik na gongs terwyl Thys Basson telling hou


Weskusjag-Tak

Johan Esterhuyse (regs) in 3de plek ontvang sy trofee van Abri Basson Louis Engels ontvang die Skut van die dag trofee Puntewenner vir die dag is Thys Basson


WESKUS TAK AJV EN WENNERS
Weskusjag het op 26 Maart 2022 na ‘n gong-uitdaging, wat meestal deur besoekers ondersteun was, hul Algemene Jaarvergadering gehou. Die Algemene Jaarvergadering is gehou en daar is besluit dat die huidige bestuur net so sal voortgaan vir 2022 aangesien daar nie genoeg lede was om verkiesing te hou nie. Die bestuur bestaan uit:- Abri Basson (voorsitter), Johan Esterhuyse (sekretaris), Koos Brink, Stephan Esterhuyse, Louis Engels, Thys Basson, Johan du Plessis, Johan Ellis en Marius Ungerer. As gevolg van die effek van die Covid pandemie kon daar nie baie byeenkomste in die voorafgaande jaar plaasvind nie, maar ons het wel paar wenners gehad vir die jaar. Hierdie jaar sal ding hopenlik beter daaruit sien.


