12 jun 2016

Page 1

12 Junie 2016

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur ds. Christman Krige Skriflesing Rom 8:15 Die Deurkollekte vandag: SorgAksie

Lief en leed Wyk

Vir voorbidding

Kontakno:

E1

Innige simpatie aan Ben & Kobie Bouwer met 082 614 1089 die skielike afsterwe van Kobie se tante, Lizzie Kruger.

B3

Baie geluk aan Hennie & Cathy Botha wat

071 399 2482

Woensdag hul 49ste huweliksherdenking vier! E2

Baie geluk aan Alfred & Theresa Bam wat ‘n

A3

Marie Marais is al dr ie weke in die bed met

kleindogter ryker geword het!

082 344 7975 073 149 8275

die varicella-zoster virus (VZV )

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur Blok Diensbeurte

Blok Diensbeurte So 12 Jun. Blok D / So 19 Jun. Blok C

Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/ koffie/rooibos! • Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure Wo Wo— —Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton • Leraar: Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794 / Kapl. Christman Krige 083 655 9783

• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 • https://www.facebook.com/Ngkerk-Meyerton-Oos-864259320360029/? ref=bookmarks

1


Byeenkomste die week Sondag 12 Junie MITS (musiek, IT & Sang) — 07:30 - die voorsang en diensliedere word in plek gekry vir vanoggend se diens. Baba bediening—09:00 in die Jeugsaal. Alle babas en peuters (voorskool: 6 jaar en jonger) is welkom om daar met die Woord bedien te word.. Kategese kinders verlaat die diens na die bankoffer en gaan na die onderskeie lokale

Vrydag 17 Junie FK — 09:00 in die kantoor.

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

Jeug gebedsgroep Alle jeug wat graag by hul eie portuur gebedsgroep betrokke wil raak, WhatsApp jou naam na Andrea om jou by die groep te voeg— 079 512 8596 Kom bid saam met ons vir ons land, familie en vriende!

Baie dankie vir diegene wat Andrea reeds laat weet het en ernstige gebeds-” warriors” geword het! 2


Geluk elke verjarende!! So 12 —Sa 18 Jun So 12

Ian du Toit B2 076 101 1575

Almeine Geyer B4 073 505 1722

Wo 15

Di 14

George Greeff D5 072 107 3300

Ma 13

Di 14

Kobus Small E1 082 346 0926

Adrie Bezuidenhout C7 082 710 6654

‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2016 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Marco d’Angelo C7 082 318 9827

Peppie Supra B5 076 142 9725

Doop verjaarsdae So 12

Kim Brits E6 072 505 5924

Jeané Pitout DEW 071 514 2723

Vr 17

Haidee Koen C7 079 591 7478

Vier jou doop verjaarsdag só: ∗ Gesinslede gee geskenke met geestelike inslag; ∗ Blaai deur foto album en vra jou ouers uit oor jou doop geleentheid, wie daar was, wat jou naam beteken, wat spesiaal was die dag. ∗ Doop jou vingers in ‘n bietjie water. Druk jou nat vingers teen jou voorkop. Onthou daarmee dat God jou eerste gekies het en liefhet. ∗ Het jy al die Here in jou lewe toegelaat? Het jy Hom al genooi om jou Verlosser te wees? Lees gerus Joh.3:16 en 1:12. 3


Nuwe lidmate Die volgende lidmate se attestate is ontvang: Baie welkom aan:

Lourens & Retha Geldenhuys Gedeelte 13 van gedeelte 3 (B1) vanaf NG Potchefstroom-Oos

Lourens

Retha

Martin & Ina Venter, Kliprivier Manor 6, Akkerstr (C3) vanaf NG Brackenhurst

Martin

Ina

Francois

Francois Venter, Ronald str. 142, Nelsonia (B4) vanaf NG Klipvallei

Hoop julle sal gou inskakel by die bediening waar julle die Here voluit kan dien met die gawes en talente wat Hy aan julle gegee het!

Herdenkingsfees Tydens die Oesfees is daar heelwat “windbreakers� gesoek in ander groottes en kleure. Indien jy ook graag een wil bekom, skryf asseblief jou naam op die lysie by die I-toonbank. Die

koffiebekers is nou beskikbaar @ R30 elk.

penne, sleutelhouers, herdenkings boeke (met die gemeente se hele geskiedenis saamgevat) en pette Daar is ook nog heelwat

beskikbaar.

4


Biddag vir jeug & kategese Vandag is dit biddag vir ons jeug en kategese. Nie al ons jeug het die voorreg om in goeie omstandighede groot te word nie. Ons kerke en skole neem toenemend die huisgesin se opvoedingsrol oor. Vir baie kinders is skole en kerke die enigste bron van morele opvoeding. Bid dat ons ouers, leraars, jeug werkers, kategete, jeug leiers, onderwysers en gemeentelede die toerusting van die Heilige Gees sal ontvang om ons jongmense en kinders met wysheid op hul geestelike reis te begelei, hulle met regverdigheid korrigeer, hulle te vertroos en te beskerm waar ons kan.

‘n Gebed vir ons kinders en jongmense. Vader, ons dra ons kinders en jong mense aan U op. Ons vra dat U hulle sal beskerm en bewaar, dat U hulle sal sterk maak, bemoedig, onderrig en op die regte pad sal hou. Ons bid dat hulle u liefde sal ervaar en dat hulle standvastigheid en vertroue in U sal vind. Ons bid vir ons kinders wat grootword in ’n wêreld vol uitdagings en beproewings, waar dinge soos dwelms, drank, promiskuïteit, misbruik en mishandeling alledaags geword het, en waar hulle dikwels in die versoeking gebring word om hiervoor te swig. Mag hulle in U ’n sterk vesting en veilige skuilplek vind. Gee vir hulle die krag om te kan ‘nee’ sê wanneer hulle voor versoekings te staan kom. En wanneer hulle die seer ervaar van misbruik of mishandeling, mag hulle die stem vind om daaroor te praat en die bevryding en genesing te ervaar wat net U kan bring. Ons bid dat hulle die hulp mag vind wat hulle so nodig het. Bring heling in hul gesinne waar dit nodig mag wees en bind hulle as gesin saam met u onbreekbare band van liefde en aanvaarding. Ons bid vir die kinders wat sonder ’n vader grootword. Vader, breek hierdie bose kringloop en herbou verhoudings tussen vaders en hul kinders, sodat ons jongmense ook u Vaderhart mag leer ken uit hul 5


vaders se voorbeeld. Wees ’n Vader vir dié wat vaderloos is, en vertroos hulle en leer hulle om in u liefde vrede te vind. Ons bid vir ons jongmense se studies, hetsy op skool of naskools. Ons bid vir uithouvermoë en helderheid van verstand. Mag hulle altyd hul beste gee en die gawes wat U hulle skenk, volkome benut. Mag hulle mekaar bemoedig en aanmoedig en mag hulle altyd die goeie nastreef. Help leerders en studente om teleurstelling nie te sien as ’n maatstaf van hul waarde as mens nie, maar as ’n kans op ’n nuwe begin. Gee hulle die krag om hul geloof in U en hul lewensvreugde te behou. Vader, ons bid vir onderwysers en dosente, en dat hulle ’n positiewe voorbeeld ’n inspirasie sal wees, ’n ligbaken in die leerskool van lewe. Ons dank U vir mentors en onderwysers, jeugwerkers en geestelike leiers wat kinders en jongmens begelei en toerus vir die lewe. Ons dank U vir elkeen wat hulle help om U beter te leer ken, vir elkeen wat daar is om te gesels en te luister. Ons bid vir kinders wat sonder positiewe rolmodelle moet grootword. Ons bid dat U die harte van mense in hul gemeenskappe sal aanraak, sodat hulle ook na hierdie jongmense sal uitreik en begelei om volgens u waardes te leef en die plan wat U vir hul lewe het, te ontdek. Mag hierdie kinders en jongmense U ook as liefdevolle Vader leer ken en vertrou. Vader, ons dank U vir die jongmense wat reeds op ’n jong ouderdom u stem hoor en gehoor gee aan u opdrag om dissipels te maak. Ons dank u vir elkeen wat ander leer en bemoedig en in en deur wie se lewens u Naam grootgemaak word vir die wêreld om te sien en te hoor. Seën hulle en hou hulle in u hand vas, naby aan u Vaderhart. Vader, ons bid hierdie gebed omdat ons weet dat ons kinders en jongmense u hart se punt is, en dat U ’n wonderlike plan vir elkeen van hulle het. 6

Amen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.